Tuis

Februarie

2 Kommentaar


Luidleesdag is om die draai. Haal gerus interessante leesstof byderhand (bv. storieboeke, advertensies, tydskrifte, gedigte, lirieke, flitskaarte, opskrifte, ens.). Wat is die oudste boek op die rak? Het julle nog plate, kasette of kompakskywe met lirieke in die omhulsels? Lees ou verjaarsdagkaartjies, poskaarte en briewe. Skryf ons nog so? Lees boodskappe op boekmerkies, stal voorblae (afskrifte of die los omslae) uit of plak die leesstof teen die dak en mure in die skool se gange. Hoe het ‘n spesifieke storie se omslae deur die jare verander? Dink sommer net aan boeke soos ”Heidi”.

Die Biddag vir Onderwys en Opvoeding is vanjaar op die 9de Februarie. Bid gerus voor of na die dag by die skool.

Op Internetveiligheidsdag kan ons die skool se internet opknap en ook met die kinders oor internetveiligheid gesels. Waarom beskerm en verander ‘n mens wagwoorde gereeld en hoe kan ‘n mens jouself en jou toestelle beveilig? Het jul skool selfoonreëls en is daar ‘n beleid vir die veilige gebruik van die internet by die skool?

Die Internasionale Dag vir Vroue in die Wetenskappe word op die 11de Februarie gevier. Ken jy van hierdie dames en hoeveel artikels of boeke kan jy oor dames in die veld lees? Deel gerus jou kennis met ander.

Fokus op vriendskap en mooi wense op Valentynsdag.

Dink aan idees om iemand anders se dag op te helder. Hoe kan ‘n mens medemenslikheid of buurmanskap betoon? Loer gerus hier na velerlei idees.

Op Moedertaaldag vier ons die tale wat ons elkeen in die skool praat. Kan jy iemand in sy of haar moedertaal groet?

Die eerste Disney Pinocchiorolprent is op die 23ste Februarie 1940 bekend gestel. Ken jy die Afrikaanse reeks of Mynie Grové se temaliedjie?

Op die 26ste dra baie lande pienk hemde om ‘n bewusmakingsdag teen bullebakkery te ondersteun. Dit word gedoen na aanleiding van ‘n seun wat gespot is omdat hy ‘n pienk hemp gedra het.

Stal sprokiesboeke uit, trek soos karakters uit ‘n sprokiesverhaal aan en spandeer oomblikke gedurende die dag om na sprokiesverhale in Afrikaans en Engels te luister.

Moedertaaldag

Lewer kommentaar


Hoe vier julle Moedertaaldag? Groet gerus jou klasmaats in jou of hul moedertale. Gesels gerus oor die uitspraak van woorde en oefen ‘n bietjie om die woorde korrek uit te spreek. Doen vandag ekstra moeite om boodskappe in volsinne te tik 🙂

Moedertaaldag

Lewer kommentaar


Dit is amper Moedertaaldag. Hoeveel verskillende tale praat die leerders in jou klas. Kan julle mekaar in die onderskeie tale groet?

Moedertaaldag, Boekedag en Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Moedertaaldag word op die 21ste Februarie gevier. Daarna volg Wêreld Boekedag op die 4de Maart en duur die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek van die 15de tot die 21ste Maart. Gebruik gerus hierdie volgende paar weke om klanke te hersien, flitskaarte te lees, sigwoorde te hersien, rympies, lirieke en stories te lees of om na stories te luister. Maak boekmerkies en vertel mekaar van goeie leesreekse of interessante boeke. Kan julle Afrikaanse en Engelse weergawes van dieselfde stories vind? Is daar weergawes in ander tale beskikbaar?

Stap deur die biblioteek en verduidelik weer aan die outjies waar om boeke te vind of hoe om spesifieke boeke op te spoor. Neem beurte om na voorlesings in die biblioteek te luister en deel gerus ook video opnames met die onderskeie klasse. Is daar ouers of lede van die gemeenskap wat sal deelneem en opnames deel? Dit kan ‘n lekker interaktiewe projek word.

Lekker lees!

Moedertaaldag

Lewer kommentaar


Moedertaaldag word internasionaal op die 21ste Februarie gevier. Op dié dag vier ons elkeen se unieke moedertaal.

Loer gerus na vorige skrywes en idees deur op die onderstreepte woorde hier bo te klik.

Moedertaaldag

Lewer kommentaar


Moedertaaldag word jaarliks op 21 Februarie gevier.  Watter tale praat jou klasmaats tuis?  Praat julle almal dieselfde taal?  Probeer om die maats in hul eie tale te groet 😉

Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag

4 Kommentaar


luidleesmoedertaalboekedag

Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot:  Luidlees-Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas.

1.  Bou woorde met los kaartjies:

  • Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou.
  • Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of…
  • Plak die woordbouwerk op groot velle papier om die spogwerk teen mure aan te bring.
  • Bou die name van gunstelingboeke.
  • Bou kort gediggies.
  • Bou liedjies.

2.  Maak boekmerke:

  • Vir persoonlike gebruik.
  • Vir die klas se leeshoekie.
  • Vir die biblioteek.
  • Om aan ‘n ander klas of graadgroep te gee.

3.  Hou ‘n muntlegging vir nuwe leesboeke.

4.  Begin ‘n tradisie waar kinders leesboeke of ‘n geldjie skenk wanneer hulle verjaar.  (As die outjie 7 jaar oud word – R7, ens.)

5.  Sny oulike artikels uit ou tydskrifte om in ‘n leesbundel te bind of plaas dit in ‘n plastieklêer (flip file) in die leeshoekie.

6.  Stel ‘n aftelwekker (timer) waartydens die outjies lees.  Indien hulle daarin slaag om stilletjies vir byvoorbeeld 5, 10, 15 of 20 minute te lees, kan Juffrou of die skoolhoof later in die dag vir die klas ‘n storie lees.

7.  Maak ‘n groot kopie van ‘n gunstelingboek se voorblad om op die klasdeur te plaas.  Die Grondslagfase kan byvoorbeeld boeke uit hul leesreekse kies en pastelle, vetkryt en verf gebruik om die groot deurprent mee mooi te maak.  Na afloop van die spesiale dae, kan die prente dan na die biblioteek skuif en gereeld om geruil word.

8.  Laat die outjies byvoorbeeld aan oulike plekke dink waar hulle graag sou lees (ook saam met wie, vir wie, wanneer, ens.).  Neem ‘n foto van die outjie, druk dit op ‘n bladsy (groot of klein) en voeg die sin by.  Bv. Ek lees graag op die swaai.  Ek lees graag op die mat.  Betrek bekende sigwoorde of gebruik selfs die tweede taal.  Bv.  Ek lees graag op die blou mat.  I love to read on the blue swing…Bring die mini-stories teen die gangmure aan of bind dit in ‘n boekie.  Indien dit op ‘n karton (manilla – dalk A6-grootte) gedruk word, kan ‘n mens die individuele foto’s of kaartjies as boekmerke gebruik.

9.  Daar is deesdae stories op Android en Apple toestelle beskikbaar – asook stories op die internet om vir die klas te speel.  (Loer gerus ook na hierdie e-boeke.)

10.  Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om  na die stories te kyk.

11.  Geniet die outjies rympies?  Vergroot die rympies tot een rympie per bladsy en lamineer of plaas dit in ‘n lêersakkie.  Sódoende kan dit apart of in ‘n lêer gestoor word.  ‘n Mens kan dieselfde met die lirieke van gunstelingliedjies doen.

12.  Het jul skool ou ensiklopedieë?  Merk bekende onderwerpe met boekmerke, sodat die outjies self kan lees.

Sien gerus ook vorige skrywes soos die volgende en tik soekterme soos “ABC, flits, sigwoorde, hersien, lees, Luidleesdag, Moedertaaldag, Boekedag, boekmerk” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees:

Lees: motivering en aanmoediging

I love to readEk lees graag, *a-z-kaartjiesVersprei die boodskap

Lekker lees en loer gerus weer in 😉

Moedertaal

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Op 21 Februarie vier ons Internasionale Moedertaaldag.  Kyk of jy inligting oor die moedertale in jou omgewing kan in win.  [moedertaal opname]  Watter taal word die meeste of die minste in jou woonbuurt gepraat?

moedertaal

2 Kommentaar


IMD2014

Leer om mekaar in die onderskeie moedertale van die klasmaats te groet.

Tik gerus moedertaal by die soekblokkie in.

 

 

moedertaaldag 2012

2 Kommentaar


unesco mother tongueDinsdag is dit weer Internasionale Moedertaaldag.

Eikestadnuus 20120217‘n Skrywe deur Dr. Marié Heese.  (Kliek om te vergroot.)