Tuis

Kersfees

2 Kommentaar


Kersfees2013

Kerskaartjies (“tags”)

Hiermee so ‘n paar kaartjies vir Kersgeskenke.

  • Druk dit op stywe wit, rooi, groen of selfs gewone bruin karton.
  • ‘n Mens kan ook die kaartjies op wit papier druk, dit bo-op karton spasieer – met ‘n kleur randjie of raampie – en dan ‘n gat bokant die wit papier pons.
  • Knoop die kaartjie met gewone verpakkingstou of laplint om die geskenk vas.
Vir ander Kersfees idees kan jy soekterme soos “Kersfees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.

Lekker rus!

Lewer kommentaar


somervakansie

Liewe Heksie

Lewer kommentaar


liewe heksie

Liewe Heksie is 50 jaar oud en is vanaand om 19:00 op RSG.

20 November

2 Kommentaar


kinderdag

eksamen

2 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

eksamen-groen

Screen Shot 2015-11-05 at 16.27.35eksamentyd1

Oogsorgmaand, 20 Sept. – 20 Okt.

Lewer kommentaar


oogsorgmaand

Dit is oogsorgmaand.  Hoe ingelig is jou klas se ouers?  Kry ‘n spreker of ‘n uitdeelstuk om beide ouers en opvoeders beter in te lig.  Daar is oogkundiges wat kinders se oë gratis toets.  Maak ‘n lysie en voeg die besonderhede by.

Nasionale Bandanadag, 12 Oktober

Lewer kommentaar


Sonneblomfonds

Op 12 Oktober is dit die Sonneblomfonds se Nasionale Bandanadag.

 

Onderwysersdag, 5 Oktober

2 Kommentaar


Onderwysersdag

Die laaste kwartaal het aangebreek!  Ek hoop jy kry verrassings soos ‘n dankie aan die einde van ‘n lang skooldag, ‘n verrassingsblom of -briefie, ‘n pouse met ‘n paar minute ekstra, ‘n stroopsoet klas, nuwe hulpbronne vir die klas, ‘n verrassingsbesoek van iemand wat stories kom lees of die kinders iets leersaams kom vertel…of ‘n lekker koppie koffie sommer net. 😉  Mag die laaste kwartaal gladder verloop.

 

boekweek

2 Kommentaar


Boekweek2013

Gebruik hierdie week om die mooiste rympies en storieboeke te lees.

  • Soek spesifieke klanke in die storie of rympie (bv. woorde met ‘n oo of ‘n oe) en skryf dit neer.  Hoeveel woorde kan julle kry?  Kan julle sinne met dié woorde maak?  Plak die lyste teen die muur op en kyk of julle dit later in speletjies soos Junior Scrabble kan gebruik.
  • Skryf nuwe of onbekende woorde uit die stories en rympies neer.  Vind uit wat dit beteken.
  • Skryf kort beskrywings oor jou gunstelingboeke neer en illustreer dit.  Stal die boeke dan saam met die beskrywings uit, om die ander klasmaats te interesseer.
  • Neem foto’s van kinders saam met hul gunstellingboeke.  Druk dit (selfs swart op wit) en stal dit in die gange uit.  Gebruik slagspreuke soos “Ja!  Dié boek is in ons biblioteek.”
  • Stel leeslyste vir verskillende graadgroepe op en plak dit in die biblioteek op.  Só kan die leerders boeke op hul eie graadvlak soek.
  • Maak boekmerke vir ander klasse en deel dit as Lenteweek geskenke uit.
  • Maak ‘n leesfoontjie sodat die outjie na sy eie stemtoon en uitspraak kan luister.  ‘n Mens kan ‘n toestel aanskaf of self maak.
Tik gerus soekterme soos lees en boek by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.  Probeer klank, hersien, abc, sigwoord, dubbelklank…vir taal idees.

Lente!

Lewer kommentaar


Lentedag

Tik gerus soekterme soos Lente of Seisoen by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir kreatiewe idees 😉

 

getallyn

5 Kommentaar


getallyn
Hoe kan ‘n mens Graad 1’s met getallyne help?  Ongelukkig is daar min getallyn voorbeelde in Afrikaans beskikbaar.  Loer egter gerus na die Engelse opsies.
‘n Belangrike aspek om te onthou is dat die outjie moet kyk na die rigting waarin die getalle styg of daal.  Loop die getallyn van links na regs?  af?  op?  (Dink aan ‘n termometer.)   Begin by ‘n gegewe getal en tel dan terug/aan (plus/minus).  Speletjies soos “slangetjies en leertjies” help om  hierdie konsep te ontwikkel en dan kan ‘n mens natuurlik ‘n liniaal inspan as plaasvervanger as die regte opsie ontbreek.  Kyk na ‘n kalender en probeer om dit as ‘n getallyn te gebruik.

geletterdheidsdag

2 Kommentaar


8 en 9 Sept

Internasionale Geletterdheidsdag word op 8 September gevier, maar omdat dit vanjaar op ‘n Sondag val gaan ons dit ook op die 9de vier.

Lees ‘n bietjie meer op dié dae, hersien die klanke of speel woordspeletjies.

Loer gerus na Lees 1, Leeslyste, Biblioteek ideesMotivering, klanke, hersien klanke, flitskaarte

8,9 Sept

lengte

6 Kommentaar


lengtelengte eenheid

Screen Shot 2015-08-30 at 12.41.53Screen Shot 2015-08-24 at 22.14.31 lengtegeel

Eenvoudige taak: Lengte

inhoud

2 Kommentaar


inhoudinhoud vloeistof Screen Shot 2015-08-30 at 12.35.00

Inhoud

massa

9 Kommentaar


massamassa eenhedeScreen Shot 2015-08-30 at 12.41.59

Gewig

vars vrugte

Lewer kommentaar


vrugte

Vrugte

Wanneer ‘n mens na vrugte en groente kyk, kan ‘n mens dit bespreek en sorteer volgens hoe hulle groei (aan ‘n boom, ‘n rank, in die grond, aan ‘n bos…), hoe dit geëet word (gaar, rou, in ‘n slaai, wiggies, gedroog…), kleur, grootte…

Watter tipe vrugte kry ‘n mens?  (bv. tropies, sitrus, bessies…)

Kan jy ‘n reënboog vol kleure eet?  Watter vorms is die vrugte?  Sommige vrugte lyk soos druppels – ander soos sterre.  Party het punte – ander het stekelrigheid.  Watter vorms sien ek in die vrugte as ek dit oop sny?  (driehoekige wiggies/segmente, ronde sade/korrels, ovaalvormige sade)

‘n Mens speel nie met jou kos nie, maar watter kreatiewe idees kan jy gebruik om ‘n gesonde bord te skep?  Gee vir die outjies opsies op ‘n vrugtebord en ‘n lappie om die hande skoon te hou.

  • Sny vrugte soos druiwe lengtegewys in die helfte om wurms te bou op die bord.  As die outjies klein is, kan jy ‘n gidslyn op die papierbord teken – waarop die outjie kan bou.
  • ‘n Mens die halwe korrels as blare in bome gebruik en takke van pretzel- of vrugtestokkies maak.
  • Maak vrugteslaai volgens die tipe vrugte van die dag.
  • Maak vrugtedrankies (smoothies).
  • Sny die vrugte in kleiner stukkies en sorteer dit op ‘n groot bord…of gee koekdrukkers om vorms uit te druk.  Maak sosaties volgens patrone.
  • Kan ‘n tannie of ‘n mamma vir die outjies wys hoe om ‘n eenvoudige konfyt te maak?  Eet dit later saam met klein panne- of plaatkoekies.
  • Bou patrone volgens ‘n prentekaart.
  • Voltooi die patroon
  • Watter vrug lyk anders?
  • Maak vrugte-ysies.  Skryf die outjie se naam op ‘n roomysstokkie, steek die roomysstokkie in ‘n houertjie met sap en bessies van sy/haar keuse.  Vries en bedien teen die einde van die dag.
  • Sny dun skywe of snye vrugte.  Knyp dit aan ‘n vislyn of gespande tou vas.  Laat die outjies na die verskillende teksture en kleure loer.  As jy wil, kan ‘n mens ‘n lig agter die vrugte skyn.  Dit mag gou verlep, dink dus aan ‘n plan om die vrugte koel te hou.
  • Maak verskillende kleure klei.  Watter tipe vrugte kan ‘n mens met daardie kleur (bv. pienk, rooi, groen, oranje, geel, pers) maak?
  • Soek Engelse vrugtewoorde
  • Tel die vrugte / kies die getal /meer en minder
  • Maak vrugteklossies (pom-poms)
  • Vou 3D-vrugte (lekker speel)
  • Vrugte en Groente Inkleurprente

 

bessies

Kyk ook na idees vir ‘n gesonde kosblik…

idioom

16 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

appelidioom kaarteidioom idioom fluitidioom

nuwe kwartaal

4 Kommentaar


terugskooltoe

hemelruim

3 Kommentaar


ruimte

Die aarde (luister)

Kaptein Kadoef se avonture

Iemand het onlangs navrae gerig in verband met ‘n ruimte-/musiek-les.  Ek het lanklaas musiek gegee en slaan nou heeltemal toe.  Aspekte waaraan ‘n mens kan dink is seker instrumente om planete en sterre voor te stel.  Sterre laat my dink aan klokkies en ‘n xilofoon – hoë note.  Planete is weer groot en swaar…wat van lae note op ‘n klavier en dromme?  Behandel dan ‘n eenvoudige liedjie soos “Twinkle, twinkle, Little Star” en gebruik die instrumente in ‘n slagorkes.  “Mannemarak” is ‘n ou bekende, maar mag dalk moeilik wees om met musiekinstrumente te begelei.  Lesson Plans het verskeie Engelse liedjies – as ‘n mens musiek en EAT kan integreer.

Ander idees:

  • Maak ‘n collage-agtergrond deur groot velle swart papier plat in ‘n sonnige area te laat lê.  Spuit dit met ‘n flou bleikmiddeloplossing.  Die sproei behoort fyn wit spatsels te maak.  Gebruik stervormige koekiedrukkers en los sterkaartjies om oral op die droë papier te laat lê.  Na ‘n dag of twee in die son, sal die papier bleik en sterretjies onder die vorms los.  Begin vroegtydig met hierdie projek.  Gebruik die swart vel as agtergrond of sny letters daaruit – vir jou aansteekbord.
  • As jy die bogenoemde agtergrond vir die kleingoed wil gee om te maak, sou ek die water eerder met wit waterverf meng.
  • Verskaf ronde stensils of deksels van verskillende groottes om planete na te trek.  Indien die outjies sukkel om die stensils vas te druk en jy nie die vetkolle van wondergom wil hê nie, kan jy vooraf gedrukte planete gee om in die kleur.  Gebruik vetkryt of pastelle en verf bo-oor met voedselkleursel.  Knip dan uit.
  • Sny ‘n ekstra groot sirkel vir die son uit of gebruik ‘n papierbord.  Verf met heldergeel en skakerings van oranje verf.  As jy voedselkleursel gebruik, behoort die kleure in mekaar te vloei.  Dit kan ‘n mooi effek gee.
  • Kombineer die onderskeie planete en son bo-op die swart agtergrond, maar lig dit met stukke polistereen of double sided tape.

Sterre 

  • Maak ‘n flitslig-sterkonstellasie.  Gebruik ‘n buisvorm waarin jou flitslig sal pas – soos ‘n Pringle-houer.  Vergroot die sirkels na die die verlangde grootte, druk op karton en sny uit.  Druk gate deur die kolle.  Om dit makliker te hanteer, kan jy ‘n keep aan die kant van die buis sny/saag (na aan die een eindpunt).  Laat sak dan die onderskeie sirkels in die keep en skakel die flits aan die anderkant van die buis aan.  Siedaar!  Sterre om teen die muur of dag te skyn.
  • Gebruik ‘n sterpons om gate uit foelie of swart papier te druk.  Gebruik die los sterre in latere kuns- of telwerk en plak die oorblywende papier oor flitse en gloeilampies.  Sit dit in die lees- en fantasiehoekies neer vir lekker speel.
  • Bou konstellasies met vuurhoutjies of halwe strooitjies.  Plak op ‘n swart agtergrond.  As jy glimverf (glow in the dark) kan kry, kan jy die strooitjies vooraf daarin week.
  • Hemelruim in ‘n fles.  Meet ‘n stuk tinfoelie om in ‘n fles te pas (dalk ‘n fles vir elkeen?) en prik dit vol gate met skerp potlode of tandestokkies.  Voer die fles daarmee uit en plaas ‘n teeligkersie in die fles.  Ouer kinders kan dalk ‘n gloeilampie binne-in die deksel monteer as deel van ‘n tegnologieles.
  • Verbind sterre (dot-to-dot) as deel van ‘n oog-hand koördinasietaak.  As jy gate in die oorspronklike papier druk en oor ‘n ou polistereenbordjie plaas, kan ‘n mens gate druk en sterrestelsels met wol deur ryg.
  • Laat die outjies sterretjies op swart papier plak en met ‘n wit pastel verbind.  ‘n Mens kan natuurlik klanke hersien deur dit met potlood op die swart vel te skryf.  Die kleingoed plak dan sterre by die begin- en eindpunte…en trek die letters na met pastelle.
  • Bou sterre met roomysstokkies.  Plak twee driehoeke bo-op mekaar.  Versier dit dan met glimstroke, blinkers of foelie.  Hang die dak vol sterre.
  • Maak soutklei aan en vermeng dit met blinkers.  Rol uit laat die outjies vorms met ronde, sekelmaan- en sterdrukkers uit druk.  Druk ‘n gat met ‘n tandestokkie deur voordat dit droog word.  Hang dit later aan ‘n “wasgoedlyn” op.  Vir ekstra glans kan ‘n mens kersliggies om die wasgoedlyn draai – ‘n melkweg 😉
  • Maak speelklei aan en kleur dit lekker donker (bv. skoon blou voedselkleursel).  Vermeng met poeierfyn blinkertjies.
  • Bak en brou sterre koekies.  Druk groot sterre met ‘n koekiedrukker uit en druk ‘n kleiner sterretjie in die middel uit.  As julle kans sien, kan ‘n mens dié gat met ‘n harde lekker (soos Sparkles) vul en bak.  Die lekker sal smelt en die ruimte vul.
  • Maak slym met deursigtige, helder gom en gebruik blou en pers voedselkleursel om dit ‘n donker (nag) skakering te gee.  Voeg dan fyn blou of pers blinkertjies by vir ure se pret.  Gebruik dit soos speelklei of lig ‘n afkoel-draadrakkie bo-oor ‘n skinkbord sodat die slym kan afdrup en laat die outjies die druppende dele snipper. Bêre dit in ‘n lugdigte sakkie of houer om weke lank te hou.

Planete

  • Druk twee stelle planeetkaarte uit om speletjies soos “snap” of ‘n geheuespel mee te speel.  Onthou dat Pluto nie meer ‘n planeet is nie en dat ‘n mens dit eerder kan uit haal.
  • Ruimtemanwoorde (Engelse woordkaartjies)
  • Engelse hemelruim raaiselkaarte om te lees en te pas.
  • Gebruik muurpapiergom, tou (of wol) en opgeblaasde ballonne (van verskillende groottes).  Week die tou in die gom en begin dit dan om die ballon wentel – kruis en dwars, hoog en laag, heen en weer.  Dit gaan lank neem (oornag) om droog te word, maar behoort ‘n stywe, ronde vorm te maak.  Sodra dit droog is kan ‘n mens die ballon bars.  Hang die planete aan ‘n “wasgoedlyn” op.  Eksperimenteer deur kleursel by die gom te voeg of deur die droë planete met spuitverf te kleur.  As die outjies in groepe werk, kan elke groep ‘n sterrestelsel later aan ‘n hanger hang.  Verdeel dus die klas in groepe van 9 en laat die onderskeie “planete” en sonne saam by stasies werk.  Sodra die ballonne klaar is, kan elkeen sy kunswerk na die groepe terug neem.

Maan (klik vir verskeie idees)

Son

  • Meng dikkerige waterverf (pastadik) in geel, ligte en donker oranje.  Laat die outjies dan sponsies gebruik om drukwerk op papierborde of groot sirkels te doen.  Laat die kleure droog word voordat ‘n nuwe kleur bygevoeg word of sorg dat daar genoeg sponse is – om vermenging te verhoed.  (Die sponsies in pillebotteltjies is ideaal.)  As die sirkel geknip moet word, is dit beter om eers die drukwerk te doen – ‘n mooier effek.
Hemelruim inligting vir die juffrou, vir ouer leerders, die klaskamer en ‘n storie

 

pantoffeldag

1 Kommentaar


pantoffeldag

 

Pantoffeldag is ten bate van die REACH FOR A DREAM-projek.  Stof jou pantoffels af en dra dit skool toe.

Older Entries Newer Entries