Ek het onlangs die volgende idees met Teacha! and Onnies Online gedeel. Loer gerus 🙂
Ondersteuning of Intervensie Idees
11 November 2021
2021, afrikaans, Inklusiewe Onderwys intervensie, intervention, ondersteuning Lewer kommentaar
Boelieteenkampingsweek
9 November 2021
afrikaans boelie, bullebak, bullebakkery, kuberboelie Lewer kommentaar
Die teenkampingsweek vir bullebakkery of boeliegedrag word elders gevier, maar ‘n mens kan van die geleentheid gebruik maak ook hier aandag daaraan te skenk. Bespreek gerus wat dit beteken, hoe dit lyk en wat ‘n mens kan doen om die gedrag teen te veg. Gesels oor boelies wat ‘n mens kan sien – asook boelies wat van sosiale media gebruik maak.
Wat is die reëls of verwagtinge in jul skool en wat kan kinders doen om hulp te bekom?
Redenaars 2022
14 Oktober 2021
afrikaans redenaars Lewer kommentaar

Die ATKV redenaarstemas vir volgende jaar is beskikbaar.
Huistaal Graad 1 tot 3
- Ore
- Groei
- Storie
Huistaal en Addisionele Taal Graad 4 en 5
- Boeke
- Patrone
- Groen
Huistaal en Addisionele Taal Graad 6 en 7
- Humor
- Digitaal
- Applous
Huistaal en Addisionele Taal Graad 8 en 9 (Voorbereid)
- Krake
- Gids
- Erfenis
Huistaal en Addisionele Taal Graad 10 tot 12 (Voorbereid)
- Keuses
- Grense
- Maatstaf
Onderwysersdag, 5 Oktober
4 Oktober 2021
afrikaans onderwyser, onderwyseres, onderwysersdag 2 Kommentaar
Vanjaar, is die tema “Teachers at the heart of education recovery”. Gebruik julle steeds afstandsonderrig of is julle reeds besig met intervensiewerk? Is daar leerders wat meer opvoedkundige agterstande as ander het? Hoe maak ‘n mens om almal optimaal te ondersteun?
Ek skat dat elke skool en situasie uniek is. Bekyk die planne wat jy en jou kollegas het en dink aan maniere om mekaar te ondersteun en te bemoedig. Maak ‘n ekstra sterk koppie koffie of tee en bederf jouself met ‘n ekstra stukkie koek of biltong. Hou moed 🙂
Soktober
3 Oktober 2021
afrikaans sokkies, soktober Lewer kommentaar
Tydens Soktober (Oktober), tel ons sokkies, tel ons sokkies op, versamel ons sokkies en skenk ons sokkies aan mense wat nie hul eie sokkies kan bekostig nie. Dink aan tehuise en organisasies in jul gemeenskap wat by hierdie projek kan baat vind en moedig die onderskeie klasse aan om ‘n sekere hoeveelheid sokkies bymekaar te maak. Daar is mos altyd ‘n verlore sokkie iewers 😉
Langnaweek
24 September 2021
Webwinkel afslag tot 50%
18 September 2021

My Klaskamer se webwinkel het ‘n nuwe funksie wat afslag met die merk van ‘n blokkie vergemaklik en ek het pas lekker gespeel.
Oogsorgmaand
15 September 2021
afrikaans ogies, oog, oogsorgmaand Lewer kommentaar
Oogsorgmaand begin eersdaags en fokus beide op oog gesondheid en visie of sig. Betrek gerus visuele persepsie take en oog-hand koördinasie aktiwiteite.
Is daar oogkundiges wat gratis oogtoetse in jou omgewing aanbied? Vra gerus en maak ‘n afspraak om moontlike uitvalle betyds aan te spreek.
Renoster
11 September 2021
afrikaans renoster, wilde diere Lewer kommentaar
Die 22ste September is Wêreld Renosterdag – ‘n dag ter bewusmaking van die beskerming en bewaring van renosters.
Dertien Jaar
8 September 2021
Casual Day en Sonneblom Dag
27 Augustus 2021
afrikaans bandana, casual day, sonneblom, superheld, superhero Lewer kommentaar
Casual Day is vanjaar 27 jaar oud. Mense word aangemoedig om pers te dra (powerful purple) ter bewusmaking van mense met gestremdhede. Vanjaar val dit toevallig saam met die Paralimpiese Spele. Dra vanjaar sommer enige uitrusting wat jou ‘n ekstra huppel in jou stap gee.
Sonneblom dag het Bandana dag vervang, maar het steeds dieselfde doel voor oë.
Boomplantweek en Lente dag
27 Augustus 2021
2021, afrikaans blomme, boom, boomplantweek, Lente Lewer kommentaar
Boomplantweek strek vanjaar vanaf die 30ste Augustus tot die 5de September – met Lente dag op die 1ste September. Die algemene Boom van die Jaar is die Soetdoring en die skaarser boomsoort, is die Spekboom.
Verf ou koerantpapier in verskillende skakerings groen en bruin afsonderlik. Skeur en plak stukke boombas uit die bruin papier om ‘n boom met boomtakke te bou en bedek die lengte van die klasdeur daarmee. Sny blaarvorms uit die groen papier en plak die blare op die takke. Verdeel spesifieke boomsoorte (of seisoene) tussen die onderskeie klasse en verander die klasdeure in ‘n mini-woud. Indien moontlik, kan julle aspekte soos die belangrikheid van bome op die onderskeie blare skryf.
Kap ‘n gat in die bo- en onderkante van eiers en laat die inhoud in ‘n bakkie uitloop (om in ‘n ete te gebruik). Vul die eierdoppe met grond en ‘n saadjie. Stoor die gevulde eiers in ‘n eierhouer en maak nat. Sodra die saadjie begin ontkiem en groei, kan ‘n mens die eierdop kraak of kneus en in ‘n blompot of tuin plant. Die outjies kan natuurlik elkeen ‘n plantjie huis toe neem om daar te plant.
Skeur en plak kleurstroke uit tydskrifte of verf velle volgens verskillende kleure. Sodra die velle droog is, kan ‘n mens blomdele daaruit knip en op ‘n landskap of tuin agtergrond plak. Dink aan blomme soos tulpe, papawers, proteas en sonneblomme.
‘n Mens kan bekende skilders se kunswerke as inspirasie gebruik en gemengde media (potlood, verf en pastelle) gebruik om unieke, kleurvolle prente te skep. Loer gerus na voorbeelde van skilderye wat bome, bloeisels en blomme insluit om Lente dag én Boomplantweek te vier.
Tekkie Tax
2 Augustus 2021
afrikaans tekkie tax Lewer kommentaar
‘Tekkie Tax’ maand begin op die 6de Augustus. Dra jou tekkies om die gemeenskapsdiensprojek te ondersteun, skenk direk op hul webblad of koop plakkers en veters. Oefen om veters te ryg en veters vas te maak.
Hoe kan julle soortgelyke ondersteuning in jul gemeenskap bied?
POPIA
1 Julie 2021

My Klaskamer word deur een mens bestuur. Jou inligting is veilig en word nêrens versprei nie. Dit geld vir alle sosiale media blaaie en groepe ook.
Hersien asseblief jou privaatheidsinstellings om jouself te beskerm. Indien iemand voorts persoonlike inligting (soos ‘n telefoonnommer) plaas, sal ek dit dadelik verwyder om jou identiteit te beskerm. Indien jy ‘n glips raaksien, laat weet my asseblief dadelik.
Lees meer hier: POPIA
Vraestelle 2
15 Junie 2021
afrikaans, English, vraestelle, wiskunde eksamen, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, gratis, question papers, toets, vraestel, vraestelle 4 Kommentaar
Vind hiermee verskeie gratis vraestelle [400+] wat op die internet beskikbaar is. Enkele basislyn vraestelle is hier beskikbaar. Loer gerus ook laer af aan die regterkant na die hofie waar meer vraestelle gelys is.





Meer Graad 7 Wiskunde Hersieningswerk
Loer gerus ook hier na ander vakke en moontlikhede:
- Gratis Graad 1 – 12 Wiskunde Hersieningswerk
- Hoërskool Pretoria-Noord
- Graad 12 Hersieningsboekies (Wiskunde)
- Graad 1 – 12
- Graad 12 Vraestelle en riglyne
- Graad 12 Vraestelle
- Mathematics Literacy: https://bit.ly/3KrZvsD
- Mathematics: https://bit.ly/3ksHPma
- Accounting: https://bit.ly/3vuGpy7
- Agricultural Science: https://bit.ly/3kqDTCI
- Business Studies: https://bit.ly/3Ks9zBV
- Consumer Studies: https://bit.ly/3vsRe3D
- Dramatic Arts: https://bit.ly/3LCyxjK
- Economics: https://bit.ly/37Yl8nc
- Engineering graphics and design: https://bit.ly/3y70IDh
- Geography: https://bit.ly/37RoOas
- History: https://bit.ly/38vTZbj
- Information Technology: https://bit.ly/3LxcydI
- Life Sciences: https://bit.ly/3EYDTDk
- Music: https://bit.ly/3KnOAQQ
- Physical Sciences: https://bit.ly/3rXWGcI
- Religion Studies: https://bit.ly/3707Ru7
- Visual Arts: https://bit.ly/3s3gbk6
- Afrikaans: https://bit.ly/38EcF8Y
- English: https://bit.ly/3OFxv8t
- IsiNdebele: https://bit.ly/39glcz2
- IsiXhosa: https://bit.ly/3MCgE4z
- IsiZulu: https://bit.ly/3OJJZMd
- Sepedi: https://bit.ly/3LHE1JG
- Sesotho: https://bit.ly/3F1yifh
- Setswana: https://bit.ly/3vQiOXn
- Siswati: https://bit.ly/3Lw5fmJ
- Tshivenda: https://bit.ly/3kIt5jv
- Xitsonga: https://bit.ly/37UzPHV






















































Woorde