Die teenkampingsweek vir bullebakkery of boeliegedrag word elders gevier, maar ‘n mens kan van die geleentheid gebruik maak ook hier aandag daaraan te skenk. Bespreek gerus wat dit beteken, hoe dit lyk en wat ‘n mens kan doen om die gedrag teen te veg. Gesels oor boelies wat ‘n mens kan sien – asook boelies wat van sosiale media gebruik maak.
Wat is die reëls of verwagtinge in jul skool en wat kan kinders doen om hulp te bekom?
Ek skat dat elke skool en situasie uniek is. Bekyk die planne wat jy en jou kollegas het en dink aan maniere om mekaar te ondersteun en te bemoedig. Maak ‘n ekstra sterk koppie koffie of tee en bederf jouself met ‘n ekstra stukkie koek of biltong. Hou moed 🙂
Tydens Soktober (Oktober), tel ons sokkies, tel ons sokkies op, versamel ons sokkies en skenk ons sokkies aan mense wat nie hul eie sokkies kan bekostig nie. Dink aan tehuise en organisasies in jul gemeenskap wat by hierdie projek kan baat vind en moedig die onderskeie klasse aan om ‘n sekere hoeveelheid sokkies bymekaar te maak. Daar is mos altyd ‘n verlore sokkie iewers 😉
Casual Day is vanjaar 27 jaar oud. Mense word aangemoedig om pers te dra (powerful purple) ter bewusmaking van mense met gestremdhede. Vanjaar val dit toevallig saam met die Paralimpiese Spele. Dra vanjaar sommer enige uitrusting wat jou ‘n ekstra huppel in jou stap gee.
Verf ou koerantpapier in verskillende skakerings groen en bruin afsonderlik. Skeur en plak stukke boombas uit die bruin papier om ‘n boom met boomtakke te bou en bedek die lengte van die klasdeur daarmee. Sny blaarvorms uit die groen papier en plak die blare op die takke. Verdeel spesifieke boomsoorte (of seisoene) tussen die onderskeie klasse en verander die klasdeure in ‘n mini-woud. Indien moontlik, kan julle aspekte soos die belangrikheid van bome op die onderskeie blare skryf.
Kap ‘n gat in die bo- en onderkante van eiers en laat die inhoud in ‘n bakkie uitloop (om in ‘n ete te gebruik). Vul die eierdoppe met grond en ‘n saadjie. Stoor die gevulde eiers in ‘n eierhouer en maak nat. Sodra die saadjie begin ontkiem en groei, kan ‘n mens die eierdop kraak of kneus en in ‘n blompot of tuin plant. Die outjies kan natuurlik elkeen ‘n plantjie huis toe neem om daar te plant.
Skeur en plak kleurstroke uit tydskrifte of verf velle volgens verskillende kleure. Sodra die velle droog is, kan ‘n mens blomdele daaruit knip en op ‘n landskap of tuin agtergrond plak. Dink aan blomme soos tulpe, papawers, proteas en sonneblomme.
‘n Mens kan bekende skilders se kunswerke as inspirasie gebruik en gemengde media (potlood, verf en pastelle) gebruik om unieke, kleurvolle prente te skep. Loer gerus na voorbeelde van skilderye wat bome, bloeisels en blomme insluit om Lente dag én Boomplantweek te vier.
Vanjaar, is die temavan die Internasionale Geletterdheidsdag gefokus op “Literacy for a human-centered recovery: Narrowing the digital divide”. Hoe oorbrug julle moeilike situasies waar die skool nie ‘n goeie internettoegang of toestelle het nie?
Gebruik die eerskomende Boekweek om stories te lees wat in boekvorm én as rolprente of televisie stories beskikbaar is en kyk die rolprent/program weergawe Vrydag. Dink aan kinderboeke soos:
My Klaskamer word deur een mens bestuur. Jou inligting is veilig en word nêrens versprei nie. Dit geld vir alle sosiale media blaaie en groepe ook.
Hersien asseblief jou privaatheidsinstellings om jouself te beskerm. Indien iemand voorts persoonlike inligting (soos ‘n telefoonnommer) plaas, sal ek dit dadelik verwyder om jou identiteit te beskerm. Indien jy ‘n glips raaksien, laat weet my asseblief dadelik.
Vind hiermee verskeie gratisvraestelle [400+] wat op die internet beskikbaar is. Enkele basislyn vraestelle is hier beskikbaar. Loer gerus ook laer af aan die regterkant na die hofie waar meer vraestelle gelys is.
Die lewensiklus van ‘n skoenlapper bestaan uit die fases: eier, ruspe/larwe, papie en volwasse skoenlapper. Loer gerus hier na idees en hulpmiddels om te gebruik:
Woorde