Tuis

Langnaweek

Lewer kommentaar


langnaweek1

TAAL- én Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag, 14 Augustus

2 Kommentaar


taaldag

Merk die 14de Augustus op jou kalender, want op hiérdie dag vier ons Afrikaans as taal en koop ons Afrikaanse boeke (lees-, werk-, e-, handboeke, ens.; oud en nuut).  Dit is ‘n Sondag.  ‘n Mens kan die dag van die Vrydag tot die Maandag rek.

Plaas nota’s op die kennisgewingsbord om die outjies te motiveer om verskillende boeke te lees en aan te beveel.  Maak ‘n afskrif van die boek se omslag en plaas dit daarby, plak die nota met maskeerband in die boek vas of plak dit op die klasdeur sodat ander kinders ook kan lees.

Watter boek het die outjies die meeste geniet?  Kan julle nog iets deur dieselfde skrywer opspoor?  Lekker lees!

taaldagnota taaldagnota

Tik gerus soekterme soos Boekedag, Boekenag, Biblioteek, Toep, e-boek, boekmerk, stories by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskillende idees.

skryfbord

2 Kommentaar


versorgbord

Versorging:

Die volgende voorstelle is deur die jare gevind – ook aanlyn.

  1. Was deeglik met warm water en ‘n sagte lap of spons en dan…
  2. As jy met bordkryt skryf
    • Was idees
    • Trek permanente lyne met ‘n wit of swart veselpen.
  3. Witbord
    • Witbordsproei/skoonmaakmiddel
    • Wit tandepasta
    • Gel Handwasmiddel (Hand Sanitizer)
    • Wit Asyn – verdun met water indien verkies
    • Haarsproei, Sproeibare Kookolies, Q20 of ‘n Sproeibare Antibakteriële skoonmaakmiddel
    • Klam Lappies (wipes)
    • Haal permanente veselpen (koki) af deur met ‘n witbordveselpen bo-oor te skryf/skribbel.
  4. Coke werk om beide skoon te maak.
  5. Trek lyne op ‘n swart-/groenbord:
    • met ‘n wit, permanente veselpen of ‘n wit verfpen – wat ‘n mens by skryfbehoefte of kunswinkels kan aanskaf.
    • Probeer ook dun/smal lynlint of -band – wat soos ‘n lang plakker geplak kan word.
    • Doop of week bordkryt in suikerwater.
    • Plak maskeerband in stroke (met ‘n dun spasie tussen-in) en verf te smal gapings met verf (bordkryt- of muurverf).
  6. Op ‘n wit bord, kan jy lyne met ‘n dun permanente veselpen trek.

*Ou bordskrifriglyne (Sketse, ens.)

Leestekens / Punktuasie

2 Kommentaar


leesteken

  1. Leestekens 1
  2. Leestekens 2
  3. Afkortings
  4. Toets jou kennis
  5. Afrikaanse Taalstudies
  6. leestekensMeer leestekens
  7. Engels
Depicta het oulike muurkaarte.
LEESTEKENS

Olimpiese Spele

Lewer kommentaar


olimpiese

Die Olimpiese Spele duur van die 5de tot die 21ste Augustus en vind in Brasilië plaas.  Dit vind gewoonlik elke vier jaar plaas en Suid-Afrika neem sedert 1904 aan die Somerspele deel.

Gee vir die kinders verskillende sportsoorte om na te vors.  By watter sportsoorte is water, ‘n bal, ‘n baan, ‘n teiken, ‘n span, ‘n fiets, ens. betrokke?  Watter klere word by elke item gedra?

Hoeveel lande neem deel?  Waar is die lande?  Hoeveel van die lande is in die Suidelike en in die Noordelike Halfrond onderskeidelik?  Hoe lyk die lande se vlae?

Ken jy hierdie sportsoorte?

  1. Boogskiet
  2. Gimnastiek (Artistiese)
  3. Ritmiese Gimnastiek
  4. Gimnastiek Tuimel / Trampolien
  5. Atletiek
  6. Pluimbal
  7. Basketbal
  8. Vlugbal (strand)
  9. Vlugbal (binneshuis)
  10. Kano Slalom Hindernesbaan
  11. Kano Snelresies
  12. Fietsresies (BMX)
  13. Fietsresies (Bergfiets)
  14. Fietsresies (Pad)
  15. Fietsresies (Baan)
  16. Sierduik
  17. Perdry
  18. Skermkuns
  19. Sokker
  20. Gholf
  21. Handbal
  22. Hokkie
  23. Judo
  24. Swem marathon
  25. Driekamp
  26. Vyfkamp
  27. Roei
  28. Rugby Sewes
  29. Skyfskiet
  30. Seiljagwedvaart
  31. Swem
  32. Gesinkroniseerde Swem
  33. Tafeltennis
  34. Taekwondo
  35. Tennis
  36. Waterpolo
  37. Gewigstoot
  38. Stoei

Probeer:

Kennispret

Olimpiese Spele

Kaarte: Afrika, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Europa, Asië, Australasië
Velerlei inkleurprente
Engelse woordeskat
Engelse taalwerk
Verskeie werksvelle
‘n Mengelmoes van aktiwiteite

Pantoffeldag

Lewer kommentaar


pantoffeldag

Pantoffeldag word vanjaar op die 5de Augustus gevier.  As deel van die veldtog, fokus Reach for a Dream daarop om feëverhale en betowering aan siek kinders te bring.  Skryf en illustreer as ‘n klas jul eie feëverhale om by die plaaslike hospitaal af te lewer op die 5de Augustus.  Vergroot dit sommer tot ‘n A3- of selfs A2-vel om teen die mure in die wagkamers aan te bring 🙂

Die fondse wat ingesamel word, word ten bate van die “Reach for a Dream”-program gedoen om lewensgevaarlike siektes te probeer bekamp.  Koop jou plakker en dra jou pantoffels.

Vakansie

2 Kommentaar


vakansie

Madibadagvakansie

…nog omgee idees…

Langnaweek

Lewer kommentaar


langnaweek

Vlindersomme, Spinnekopsomme, Treinsomme

4 Kommentaar


somtreinvlinspin

spinnekopsom vb

vlindersom vb

vlindersomme

Klik op die prente:

wiskmathmathwisk

bstsom

Studietegnieke

2 Kommentaar


studiemetodes

  1. Wat is die boublokke van studie?
  2. DEVELOPING EFFECTIVE STUDY HABITS
  3. Slim Studie
  4. Alternatiewe en Aangepaste Wyse van Eksaminering/Assessering vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes
vraestelle, huiswerk en roetine, eksamen idees

Koeverte, Boekmerkies

Lewer kommentaar


 

koeverttoeken

  1. A5 report envelopes _ rapport koeverte
  2. Rapportkoeverte
  3. Boekmerkies Bookmarks (Toekennings/Belonings)
  4. Boekmerkies
  5. Boekmerk bookmark
  6. Gedrag toekennings
  7. A5-koeverte (lente)

 

Speeldag

1 Kommentaar


speel28 Mei is Wêreld Speeldag.  Pak vandag (Vrydag/Maandag) ekstra apparaat vir water-, fantasie- en sandspel uit.  Maak speelgoed vir sandspel (verf en versier wasgoedpennetjies, bottelproppies of selfs spoelklippies), deel IF/SF kinders (en onderwysers) by Grondslagfase klasse as maats in en staan ‘n periode (of lang pouse) aan gerigte spel en vaardighede (balgooi, balansering, touspring, ens.) af.  Die kinders mag dit dalk geniet om ‘n mentor te hê of te wees.

Jeugdag

Lewer kommentaar


jeugMaak dit ‘n positiewe ervaring en laat die outjies drome en ideale uitbeeld. Skryf dalk sinsnedes soos “Met harde werk, kan ek eendag ‘n ….word.” op die bord. Elkeen gee sy ideale beroep (plak dalk ‘n handgeskrewe flitskaart in die spasie) en Juffrou of Meneer neem dan ‘n foto van hom / haar daarby.  Slagspreuke soos “Ek kan ‘n verskil maak” – met klein omgee aksies daarby en “Ek is die toekoms van my land”, kan ook werk.
Druk die foto’s groot op A4-velle uit (al is dit swart en wit) en plak dit net so in die gange op of trek die bewoording met pastelle en bordkryte na.  Speel die foto’s op ‘n skyfievertoning in die saal of plaas dit op die skool se webtuiste.

Skryf opstelle met soortgelyke tema’s, dateer dit en plaas dit in ‘n “tydkapsule” om eendag in Graad 12 oop te maak.

‘n Mens kan altyd kinderbeskermingsweek ook hierby betrek. Gesels net eers met die skoolhoof oor jou idees.

Afrikadag

Lewer kommentaar


afrikadag

Watter aspekte van die kontinent gaan ons vandag bewonder?  Hoeveel unieke en mooi foto’s kan ons opspoor?  In watter lande is dit geneem?  Weet jy waar op die kontinent hierdie lande is?  Wat is hul hoofstede?  Maak byskrifte vir die Afrikakaart en benoem die lande.  Onthou om die foto’s daarby aan te bring.

54

Afrikadag

Vadersdag

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

‘n Mens kry deesdae heelwat gebruike vir paletplankies.  Waarom dan nie ‘n geskenkie vir Pa nie?

  • Saag ‘n lengte in korter dele op en sorg dat daar ‘n gedeelte van sowat 5 – 8cm ekstra is. Gom die kort stukkie loodreg aan die onderpunt van die plankie en kap met spykertjies vas sodra die gom slegs klewerig in plaas van loperig is.  Knip die woord Pa* (pa dad) netjies en versigtig uit en plak dit met ‘n gomstiffie bo-aan die plankie. Hierdie papierwoord gaan slegs tydelik hier verskyn.  Kap nou klein spykertjies ewe diep al op die buitelyn van die woord in, sodat die woord selfs sonder die papiergids herkenbaar sal wees.  Sodra jy tevrede is, kan jy die papier los wikkel en ‘n bietjie water gebruik as dit lol.  Wikkel en weef nou borduurgare of bruin verpakkingstou (“twine”) kruis en dwars tussen die spykertjies om die letters in te kleur.  ‘n Mens kan mens ‘n lussie oor of om ‘n spyker begin en ook so eindig.  Smeer gom of kleurlose naellak op die knopie om dit te versterk.

Trek ‘n sigsagpatroon met ‘n potlood en kap spykertjies op die omdraaipunte, sodat ‘n mens sleutels of dasse daaraan kan hang en ‘n selfoon op die rakkie kan laat lê.

Draai die rakkie om en skroef ‘n koeldrankringetjie bo, in die middel of aan die hoekie vas.

  • ‘n Mens kan twee plankies loodreg, in die lengte vasplak – óf soos ‘n T in die middel van een plank, óf aan die rand.  Gebruik dan die bokant van die T of die plat kant as die vooraansig.  Kap spykertjies vir hangplek hierop vas.  As jy die rakkie nou teen die muur ophang, gaan daar ‘n rakkie vir die selfoon agter die vooraansig wees – met hangplek vir dasse en jasse voor.

Skroef koeldrankringetjies agter die rakkie vas.

Hierdie plankie is lank genoeg sodat jy die woord Pa* aan die linkerkant kan aanbring en dan ander spykertjies aan die regterkant kan versprei.

  • Spuit skeerroom op ‘n stuk foelie.  Drup voedselkleursel daarop en trek lyne kruis en dwars met ‘n stokkie daardeur.  Druk ‘n vel papier bo-op of selfs ‘n dun plankie.  Gebruik die bladsy as geskenkpapier of skroef hakkies by die plankie in vir dasse en sleutels.

vadersdagfathersday

*’n Mens kan die plankie ook vir ‘n oom of ‘n oupa maak.  [Oom Oupa]

 

 

Tik gerus ook soekterme soos “vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir vorige idees.

Boeliegedrag / Bullebakkery

5 Kommentaar


  1. Hoe bemagtig ek my kind?
  2. Verskeie oogpunte
  3. Afknouery
  4. ‘n Voorbeeld van ‘n Boeliebeleid 1, 2, 3
  5. LO Graad 5-les
  6. Betrek ‘n appel om die boodskap oor te dra
  7. Wat is ‘n Kuberboelie?
  8. Wat is ‘n Kuberboelie?
  9. Sosiale Media (Facebook)
  10. Sosiale Media en Kuberboelies
  11. ‘n Artikel (bl.13)
  12. ‘n Artikel (LitNet)
  13. ‘n Artikel
  14. Beskerm jouself
  15. Pak die boelie by die horings
  16. Navorsing 1
  17. Navorsing: In die werksplek
  18. Moontlike leesboeke
  19. How full is your bucket?
  20. The Berenstain Bears And The Bully 
  21. How to Beat the Bully Without Really Trying
  22. Die Boelie
  23. Die Anti-Boelie-Masjien, Fase 13
  24. Hoezit-riglyne
  25. Internasionale Anti-Boelieweek

Leerder Dissipline en Skoolbestuur

boantihowbbhowbully

Wêreld Oseane Dag

Lewer kommentaar


oseanedag

Op die 8ste Junie vier ons Wêreld Oseane Dag.  Vanjaar se tema is Gesonde Oseane, Gesonde Planeet. Fokus op die see en omgewingsbewaring.

Maak groot muurprente om gangmure te bedek en vul dit met gesonde en besoedelde seetonele.  As julle naby die see is, maak die strand as ‘n klas of skool skoon.  Nooi die gemeenskap en kyk of daar ‘n manier is om die rommel te herwin.

Resepte

Lewer kommentaar


peuselresepte

Eenvoudige bederfies en peuselresepte vir die jongspan…Ons gebruik hierdie resepte nou en dan in die klas.

resepte

Kinderbeskermingsweek

2 Kommentaar


beskerm

Hierdie is die tyd van die jaar wanneer die skool se hulpspan kontakbesonderhede van ondersteuningsorganisasies in hul onmiddelike omgewing kan vernuwe en aanvul.  Dit sluit organisasies soos maatskaplike dienste, nooddienste, kundiges wat terapie aanbied, ens. in – almal wat fisiese en emosionele welstand kan verseker.

Praat as ‘n personeel oor die onderwerpe (en grense daarvan) wat julle wil aanspreek. Gaan julle ‘n spreker kry (bv. ‘n maatskaplike werkster, lid van die polisie, brandweer, mediese personeel)?  Watter storieboeke is daar in die skoolbiblioteek?  Weet die outjies wat om te doen as hulle van hul ouers af wegdwaal?  Ken hulle ‘n telefoonnommer en hul ouers se name?  Wie gaan hulle in hierdie geval vertrou?

noodnommers

beskerm regte

Persoonlike Inligting (vorm)

Tik gerus ook soekterme soos “beskerm”, “boelie“, “liggaam” en “noodnommer” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir vorige inskrywings en drukbare werksvelle.

Moedersdag

Lewer kommentaar


moedersdagHiermee ‘n inkleurblad vir Moedersdag.  Verklein dit om voor-op ‘n kaartjie (ongeveer A6-grootte) te plak of maak dit heelwat kleiner om te lamineer en dan op ‘n magneet te plak.  ‘n Ander idee is om dit tot ‘n A3-grootte te vergroot en dan as ‘n skinkbord- of plekmatjie in te span.

moedersdag

 

Moedersdag

Ons het ‘n klein kunsdoekie met vetkryt  ingekleur (hoofsaaklik in een rigting) en toe met wit houtlym geverf.  Die outjie het soene sywaarts en vorentoe geblaas en die beste foto gekies.  Dit is in kleur gedruk en uit geknip.  Tesame met sy eie boodskap en ‘n paar hartjieplakkers, is dié geskenkie vinnig afgerond.  Lang stroke magnete is agterop aangebring, sodat ‘n mens dit teen ‘n metaal liaseerkabinet of die yskas kan opsit. As jy ‘n hartjie en letters stempels het, kan ‘n mens die boodskap en hartjies daarmee vervang.

 

‘Ma’ – Antjie Krog

Tik gerug “Moedersdag” of “Ma se dag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees en drukbare bladsye.

Older Entries Newer Entries