Tuis

Boeke en Sprokies

Lewer kommentaar


Ons vier Sprokiesdag op die 26ste Februarie. Trek soos ‘n sprokieskarakter aan of lees ‘n storie in meer as een taal. Hoe verskil die weergawes en hoe kom dit ooreen?

Op die sewende Maart, is dit Wêreld Boeke Dag en op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag. Lees boeke oor ‘n spesifieke tema of boeke wat deur ‘n spesifieke outeur geskryf is. Kies ‘n bekende storie en kyk of julle dieselfde storie in ander lande kan opspoor. Hoe lyk Rooikappie se voorblaaie in verskillende wêrelddele of hoe lyk die tale (bv. Afrikaans, Engels, Spaans, ens.).

Trek die gordyne toe om die vertrek donkerder te maak en versier die klas met sterre. Bou ‘n fort in die klas en lees met behulp van flitsligte of lampies.

Biblioteekweek duur van die 18de tot die 24ste Maart. Lees ‘n boek of luister gerus na ‘n storie. Herrangskik julle leeshoekie, samel geld in vir ‘n nuwe boek of vra gerus vir skenkings. Lekker lees!

Sprokiesdag, Wêreld Boekedag, Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Die 26ste Februarie is Sprokiesdag. Lees ‘n sprokie of luister na een. Op die 2de Maart, vier ons Wêreld Boekdag. Biblioteekweek duur van die 20ste tot die 26ste Maart. Vanjaar fokus Biblioteekweek op kragtige of ”powerfulstories. Waar kry ‘n mens dit? Dink aan boeke oor kinderhelde of biografieë en spandeer ‘n periode of twee om ‘n goeie boek te lees.

Geletterdheidsdag en SA Boekweek

2 Kommentaar


Vanjaar se SA Boekweektema is Passport to Tomorrow.  Hulle vier ook ‘n dekade van boekbetowering.  Betrek gerus die gedagte van reis of betowerende sprokies tydens hierdie dae en geniet die wegbreekkansie.

Die Internasionale Geletterdheidsdag val in die middel van die SA Boekweek – op die 8ste September.  Gebruik dié besonderse dag om sommer ekstra boeke te lees.  Maak ‘n lysie van al die klanke, sigwoorde of leesboeke wat julle vanjaar bemeester het en stel doelwitte vir die geletterdheidswerk wat julle graag nog wil bespreek.

Tik gerus soekterme soos “lees, klanke, boekmerk, boek, leeslys, leesreeks, gratis leesboeke…Engels, flitskaart, sigwoord…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir vorige jare se idees.

Boekpaspoort                  Book Passport

Lekker lees!

Taaldag, Koop ‘n Boek

Lewer kommentaar


Op Taaldag, vier ons ook Koop-‘n-Boek dag.  Weet jy wie Afrikaans eerste gepraat het en wanneer die eerste mense Afrikaans in skole gebesig het?  Daar bestaan meer as een monument ter verering van Afrikaans, maar die bekendste is seker die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl.  Afrikaans word meer en meer gewild op die internet.  Loer gerus ‘n bietjie.

As jy ‘n boek sou koop, watter een sou jy graag wou hê?  Watter boek is jou gunsteling?  Koop jy nuwe boeke of snuffel jy in tweedehandse winkels?  Ruil jy boeke met ‘n maat uit of gaan jy graag biblioteek toe?  Dink gerus aan ‘n boek wat jy op Taaldag wil koop en begroot daarvoor – al is dit ‘n elektroniese boek.  Tik gerus ook soekterme soos “boek, lees, rympies…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Vraelys
Boekmerkies 1
Boekmerkies 2

Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Dis vakansie én Biblioteekweek!  Wie kan nou ‘n goeie boek en ‘n sonkolletjie weerstaan?  Besoek jou plaaslike biblioteek vir nuwe leesstof en loer ook ‘n bietjie na al die ander opsies wat hulle bied.

Loer gerus hier na Boekmerkies, leeslyste, e-boeke

Biblioteekweek 2018

Lewer kommentaar


Biblioteekweek is ‘n ideale tyd om die dorpsbiblioteek te besoek.  Wat kan ‘n mens alles daar doen?  Lees ‘n mens slegs boeke?  Wat kan ‘n mens alles uitneem?

Kort die boeke in die skoolbiblioteek herstelwerk?  Kry vrywilligers om boeke te herstel, die rakke af te stof of om die vertrek ‘n bietjie reg te ruk.

Dink aan ‘n tema en betrek dit gedurende lesse en leestye.  Speel ‘n liedjie (wat by die tema aansluit) oor die interkomstelsel om ‘n leestyd aan te kondig en lees dan totdat die liedjie weer speel (bv. 10 minute lank).  Stal verskeie stories in verband met die tema uit en hou raaiselkompetisies waar kinders aanhalings uit die boeke oplos.  Nooi gaslesers (soos ouers, besigheids eienaars, ens.) om boeke aan individuele klasse of aan graadgroepe voor te lees.  Versier elke klas se deur soos die voorblad van ‘n storieboek en wees lekker kreatief.

Werksvelle
Tik gerus soekterme soos “biblioteek, lees, boekmerk, leeslys, leesreeks, rympies, luidlees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

TAAL- én Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag, 14 Augustus

2 Kommentaar


taaldag

Merk die 14de Augustus op jou kalender, want op hiérdie dag vier ons Afrikaans as taal en koop ons Afrikaanse boeke (lees-, werk-, e-, handboeke, ens.; oud en nuut).  Dit is ‘n Sondag.  ‘n Mens kan die dag van die Vrydag tot die Maandag rek.

Plaas nota’s op die kennisgewingsbord om die outjies te motiveer om verskillende boeke te lees en aan te beveel.  Maak ‘n afskrif van die boek se omslag en plaas dit daarby, plak die nota met maskeerband in die boek vas of plak dit op die klasdeur sodat ander kinders ook kan lees.

Watter boek het die outjies die meeste geniet?  Kan julle nog iets deur dieselfde skrywer opspoor?  Lekker lees!

taaldagnota taaldagnota

Tik gerus soekterme soos Boekedag, Boekenag, Biblioteek, Toep, e-boek, boekmerk, stories by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskillende idees.

Internasionale Geletterdheidsdag en SA Boekweek

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-08-30 at 13.30.46Op 8 September vier ons Internasionale Geletterdheidsdag en van 7 – 13 September is dit Nasionale Boekweek in Suid-Afrika.

  1. Stel hope ou tydskrifte en koerante beskikbaar sodat die outjies die opskrifletters in nuwe woorde en sinne kan gebruik.  Bou slagspreuke of idiome en laat die outjies hul eie prente daaroor teken.  Plak dit in die gange op, sodat ander ook kan leer.
  2. Maak soutklei of speelklei.  Gebruik ‘n verskeidenheid letterkoekiedrukkers om letters uit te druk en bou woorde daarmee.  Andersins kan ‘n mens die deeg uitrol en met gewone stempels woorde uitdruk.  As julle soutklei gebruik, kan ‘n mens die stempel eers op die inkkussing druk.  Sodra die deeg droog is, glasuur dit met deursigtige vernis of spuitverf dit.
  3. Gebruik koekiedeeg om woorde of letters soos bo te pons/druk en bak dit vir ‘n pouse happie.
  4. Neem die onderskeie leesgroepe (groeplees) op en speel die opnames later terug as daar ‘n ruskans is.
  5. Speel stories op die rekenaar – waar die outjies kan saam lees.
  6. Indien jou skool die gratis Kindle toep gebruik om stories op die rekenaar of ander toestelle te lees, stel dit beskikbaar.
  7. ‘n Mens kry gratis storie toeps om op Android en op Apple toestelle (fone, tablette, ens.) te laai.
  8. Indien jou skool nie allerhande duur toerusting het nie, kan ‘n mens stories op jou selfoon of ‘n ou bandopnemer opneem.  Die kinders kan dan na stories luister.  As die klank te sag is, kan hulle in klein groepies kom luister.
  9. Skryf gesamentlik ‘n klas storie en maak aantekeninge of sketse op die bord om later oor te tik.  Tik byvoorbeeld een sin per A4-bladsy (bo-aan) en laat ruimte vir illustrasies.  Herinner die outjies om hul name op die voorblad te plaas (langs “illustreerder”) en stal die boekies uit.  Hierdie aktiwiteit sal oulik by boekopvoeding en biblioteekkennis in pas.  Deel die boekies met ‘n ander skool of instansie.
Tik gerus soekterme soos “lees, leeslys, e-boek, biblioteek, boek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

Wêreld Boeke nag

Lewer kommentaar


  • Pak vanaand die boekrak reg,
  • rangskik dit op ‘n interessante manier (bv. volgens kleur),
  • maak boekmerkies vir elke gesinslid,
  • begin ‘n boeke spaarblikkie,
  • besoek die biblioteek,
  • raam oulike leesprente of aanhalings vir die leeshoekie,
  • lees vir mekaar,
  • maak opnames van voorlesings en luister daarna wanneer julle ‘n aftydjie het en
  • neem ‘n “selfie” met jou gunstelingboek.  Druk die foto’s uit maak ‘n muurcollage.  Indien jy dit in jou klas se leeshoekie wil begin, neem maandeliks foto’s en inspireer mekaar.
  • Indien julle boeke het om te skenk, plaas ‘n boodskappie voor-in.

Lekker lees!

Tik ook soekterme soos “boek, biblioteek, taaldag, lees, eboek, leeslys, leesreeks” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

Leesreekse

4 Kommentaar


Na aanleiding van navrae, plaas ek skakels na die volgende leesreekse vir die Grondslagfase.  Watter leesreekse word in jou skool gebruik?

Afrikaans

Engels

Sien ook “Geletterdheid/Taal” en “Hulpbronne” aan die regterkant of tik soekterme soos “e-boek, leeslys, iPad, Android” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke uitgawes.
*Aangesien Letterland ‘n Britse program is, is daar nie ‘n Afrikaanse opsie nie.

Boeke Nag

Lewer kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag.

  • Hou ‘n Gesinsaand.  Nooi gesinne na die biblioteek met die belofte van sagte kussings, koffie, warm sjokolade en malvalekkers.  Hou uitstallings van die skool se nuutste biblioteekboeke en lees vir mekaar.
  • Nooi die ouers om saam na nuwe moontlikhede te kyk en om saam om oulike boeke vir die klas of biblioteek te besluit.  Los kleingeld kan dan aangewend word om boeke names die klas aan te skaf en aan die biblioteek te skenk.  
  • Skryf ‘n klasboek met behulp van die kinders en ouers.  Neem foto’s ter illustrasie en bind die boek.
  • Verf,  versier en organiseer die boekrakke.
Moontlike…

Boekmerkies om te druk:

bookmark night book night bookmark boekmerk nagboeknag boekmerk

Plak in geskenkte boeke:boeknagborg2boeknagborg

boeknagborg3

boeknag

Tik ook soekterme soos boek, biblioteek, lees, boekmerk…by die bruin soekblokkie in vir soortgelyke idees.

boekweek

2 Kommentaar


Boekweek2013

Gebruik hierdie week om die mooiste rympies en storieboeke te lees.

  • Soek spesifieke klanke in die storie of rympie (bv. woorde met ‘n oo of ‘n oe) en skryf dit neer.  Hoeveel woorde kan julle kry?  Kan julle sinne met dié woorde maak?  Plak die lyste teen die muur op en kyk of julle dit later in speletjies soos Junior Scrabble kan gebruik.
  • Skryf nuwe of onbekende woorde uit die stories en rympies neer.  Vind uit wat dit beteken.
  • Skryf kort beskrywings oor jou gunstelingboeke neer en illustreer dit.  Stal die boeke dan saam met die beskrywings uit, om die ander klasmaats te interesseer.
  • Neem foto’s van kinders saam met hul gunstellingboeke.  Druk dit (selfs swart op wit) en stal dit in die gange uit.  Gebruik slagspreuke soos “Ja!  Dié boek is in ons biblioteek.”
  • Stel leeslyste vir verskillende graadgroepe op en plak dit in die biblioteek op.  Só kan die leerders boeke op hul eie graadvlak soek.
  • Maak boekmerke vir ander klasse en deel dit as Lenteweek geskenke uit.
  • Maak ‘n leesfoontjie sodat die outjie na sy eie stemtoon en uitspraak kan luister.  ‘n Mens kan ‘n toestel aanskaf of self maak.
Tik gerus soekterme soos lees en boek by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.  Probeer klank, hersien, abc, sigwoord, dubbelklank…vir taal idees.