Tuis

Wiskunde, ‘n Tikkie Geluk en baie meer

2 Kommentaar


Ons vier Internasionale Vrouedag op die 8ste Maart. Geniet ek ‘n ekstra ruskansie, ‘n ekstra blokkie sjokolade of lees oor vroue in jul omgewing wat ander inspireer.

Pi en Wiskunde Dag is om die draai. Loer gerus hier na verskeie vorige plasings.

Ons word op die 20ste daaraan herinner om die mooi in die lewe raak te sien. Wat maak jou gelukkig en hoe kan jy ander laat glimlag?

Op Downsindroomdag dra ons blou en geel of interessante sokkies ter bewusmaking van die dag.

Hersien of herinner mekaar aan Menseregte en Kinderregte (met die gepaardgaande verantwoordelikhede).

Waterdag is amper hier. Hoe kan ‘n mens water bespaar? Drup daar krane in die badkamers of buite op die skoolgronde? Melt dit aan om reg gemaak te word en dink aan maniere om water gebruik te verminder waar moontlik. Hoe kan reënwater benut word en op die skoolgronde gestoor word?

Hoe het Earth Hour begin en waarom vier ons dit? Dink aan maniere om ‘n bietjie meer omgewingsvriendelik te lewe en om bewaring aan te moedig.

Aarde en Water

Lewer kommentaar


Earth Hour en Waterdag is baie na aan mekaar. Wat kan jy doen om water te bespaar? Is daar krane wat drup en geute wat lek? Noem dit aan iemand wat herstelwerk kan doen.

Gebruik Earth Hour om batterye te ruil en onthou om nie ou batterye in die drom te gooi nie. Wat doen julle as die krag af is? Wat kan ‘n mens gereed hou vir ete? Dink aan ‘n paar idees (soos om die gasbottel af te stof vir later) en begin om ‘n houer met speletjies (bv. bord- en kaartspeletjies), flitsligte, boeke, tydskrifte, inkleurboeke en versnapperinge byderhand te hou.

Kan ‘n mens Earth Hour en Waterdag by die skool vier? Natuurlik! Klik gerus op die onderstreepte skakels in hierdie skrywe en op die werksvelle heel onder. Tik ook soekterme soos ”aarde”, ”water”, ”waterwys” en ”besoedeling” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees 🙂

Earth Hour

Lewer kommentaar


Earth Hour word wêreldwyd gevier om die aandag op kragbesparing en omgewingsbewaring te fokus. Speel bord- of kaartspeletjies by kerslig of lees ‘n boek voor die kaggel. Wat doen julle graag wanneer al die toestelle gebêre is en ‘n mens ‘n bietjie kan ontspan? 🙂

<object class="wp-block-file__embed" data="https://myklaskamer.com/wp-content/uploads/2022/03/earth-hour.pdf&quot; type="application/pdf" style="width:100%;height:600px" aria-label="Embed of <strong>earth-hourearth-hourLaai Af

Earth Hour: Ligte uit

Lewer kommentaar


Wat kan ‘n mens vanjaar tydens Earth Hour doen? Versier ‘n spesiale houer met aktiwiteite, versnapperinge en bederfies wat julle tydens Earth Hour en ander onverwagse tye kan inspan. Sluit gerus kerse, vuurhoutjies en ‘n lantern daarby in.

Steek kerse en/of lanterns aan waarby julle

  • boeke kan lees
  • speletjies kan speel
  • kan inkleur
  • kan gesels
  • piekniek kan hou…en geniet die uur sonder elektroniese toestelle 🙂

Water Week / Earth Hour

Lewer kommentaar


Praat gerus oor waterbesparing, die gebruike van water, die belangrikheid van water en waarom skoon water so belangrik is. Waar en wanneer gebruik ons dit? Wie gebruik water en kan ons daarsonder?

Plant ‘n Spekboom of twee. Wat van ‘n heining of ‘n rytjie al langs die skool se grensdrade langs? Is daar waterbronne om skoon te maak (bv. spruite, rivierwalle, ‘n strandgebied)?

Earth Hour is vanjaar op die 28ste Maart.

Bepaal dalk ‘n tydperk waar ‘n mens by die dag by die skool kan vier. Skakel die ligte af, skakel die elektronika af en raai die outjies aan om lanterns, kopligte of flitsligte te bring. Gebruik die uur om boeke te lees, bordspeletjies te speel of om tyd aan kuns en kunsvlyt te spandeer.

Hoe maklik of moeilik is dit om sonder elektroniese toebehore of elektrisiteit te wees?

Aarde

Lewer kommentaar


Ons vier dalk Earth Hour ietwat meer gereeld…Gebruik dit om aan omgewingsbewaringsprojekte te dink of om ‘n paar te beplan.

Aarde dag gee ons egter die geleentheid om aan maniere te dink om ons omgewing te versorg en te verbeter.

Hoe lyk die skool se tuin? Is daar goeie ekosisteme – waar erosie beveg…waterbesparing en goeie gebruike aangemoedig word?  Is daar natuurlike plantegroei wat bestuiwing sal aanwakker?  Wat van projekte waar die kinders ertjie-, boontjieplante en sonneblomme aanplant?  Hoe kan ‘n mens hierdie plante natlei?  Vries dalk houers, vang die gekondenseerde druppels op en gebruik die water.  Sal gesnyde plastiekbottels (as mini-kweekhuise) oor die nuwe plantjies werk?  Is daar ‘n manier om skoenlapperruspes te laat ontwikkel en vry te laat in die tuin? Maak die strand of rivier oewer skoon. Plant bome.  Samel geld in om bewaringsprojekte te ondersteun.

Is daar ‘n botaniese tuin waar ‘n mens meer idees kan bekom? Het julle ‘n natuurbewaringspesialis in die omgewing?  Reël praatjies of uitstappies.

‘n Mens kan voortdurend ‘n projek per graadvlak by die skool bekend stel wat ‘n mens kort-kort aan goeie gebruike of die nut daarvoor herinner.

earth hour

Lewer kommentaar


Earth Hour is ‘n gulde geleentheid om as ‘n gesin die elektriese toebehore af te skakel en om tyd saam te spandeer.  Dink aan idees om “skermtyd” (tyd op die rekenaar, selfoon, television, ens.) te verminder of beter te beplan sodat julle projekte in en om die huis kan begin om herwinning aan te moedig of om daaroor te leer.  Het julle ou tydskrifte met relevante artikels?  Knip dit uit en steek dit teen die yskas vas.

Wat verbruik julle baie vinnig?  Is daar ander opsies?  Het julle houers om herwinbare items te sorteer?  Maak dalk ‘n etiket of twee en dink aan eenvoudige, haalbare idees.  Elke probeerslag – al is dit hoe klein, is ‘n tree in die regte rigting.

Earth Hour

Lewer kommentaar


Op 25 Maart, vier ons Earth Hour.  Jy hoef nie al die ligte noodwendig af te skakel nie, maar wend ‘n poging aan om die skerms (rekenaar, televisie, selfone, tablette) af te skakel.

Earth Hour en Waterweek

Lewer kommentaar


earthhour

Skakel die elektroniese toestelle af en begin nuwe bewarings- en besparingsprojekte.  Loer gerus na herwinningsaksies in jou omgewing of begin jou eie.  Verseker dat die krane nie lek nie en bespaar soveel jul kan.  Is daar ‘n rivier, damme of strandgebied om skoon te maak?  Dit kan ‘n ideale klasuitstappie maak so ‘n dag of twee voor die skole sluit.

Tik gerus soekterme soos “aarde, grond, water, waterweek, herwin, earth hour, groen…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

waterweek

aarde

Lewer kommentaar


Staan op 28 Maart ‘n uur aan Earth Hour (20:30 – 21:30) af.earthhour

Tik ook soekterme soos “aarde”, “grond”, “water” en “herwin” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.  Loer hier na ‘n oulike herwinnings- en gemeenskapsdiens projek.

ligte uit

Lewer kommentaar


earth hour

 

Dit is amper skoolvakansie en EARTH HOUR val op die 29ste Maart.  Skakel die krag vir ‘n uur af, steek die kerse aan en ontspan saam as gesin.  Maak solank ‘n oorlewingshouer gereed en vul dit met bordspeletjies (slangetjies en leertjies, Scrabble, kaarte, ens.), storieboeke, stories of liedjies op die iPod en die kwartaal se flitskaarte.  Dink aan herwinningsprojekte om te probeer en probeer een of twee in dié uur.  Voeg items soos ‘n groot kombers, eetgoed en ‘n flitslig by om die oorlewingsproses lekkerder te maak, MAAR hou die houer toe om eers Saterdag om 20:30 oop te maak.  Hoe lank duur ‘n uur?  Stel die aftel wekker.  Geniet die aandjie saam!

earth hour

ligte uit vir “earth hour”

Lewer kommentaar


Skakel op 31  Maart die krag af.

aarde

Lewer kommentaar


geleen
Op die 26ste Maart, om 20:30, sal die wêreld weer hul ligte afskakel vir Earth Hour.

  • Maak lanterns uit ou plastiekbottels, hou ‘n kersligete op die voorstoep of speel al die bordspeletjies wat iewers in ‘n kas vergete geraak het.
  • Skakel die huis se krag summier vir ‘n uur lank af en gebruik dié stiltetyd om kreatiewe kunswerke uit herwonne materiaal te maak.
  • Maak kershouers of -staandertjies met ‘n boodskappie vir ouma of tannie.  Gebruik ou teekoppies hiervoor of as jy dit tydens die earth hour wil maak, kan jy selfs ‘n vrug soos ‘n appel gebruik.  Indien jy nog van die Kerstyd se sneeu sproei oor het, kan jy enige glas flessie in ‘n indrukwekkende kunswerk omskep.
  • Vir die skool kan ‘n mens dalk ‘n rol swartsakke ooprol en gate daarin maak om ‘n woord of slagspreek uit te stip. Maak ‘n prominente ruit heeltemal donker met nog swart sakke en skakel byvoorbeeld ‘n blou gloeilamp (of flitsende kersligte) aan sodat die bewoording aandag kan trek.

Gaan loer gerus na ‘n paar les-idees vir hierdie spesiale dag.  Intussen kan julle met meer raakvat aksies begin soos om die klas se afvalpapier te herwin, herwinningsdromme op die skoolgronde aan te bring en om goeie gewoontes by die kleingoed te kweek.