Meer GRATIS idees is hier in MyKlaskamer.com beskikbaar. Loer na die inhoudsopgawe aan die regterkant en tik gerus soekterme soos die volgende by die soekblokkie aan die regterkant vir verskeie idees in:
Die Onderwysdepartement het verskeie Grootboeke en Leesboeke in Afrikaans en Engels – 11 tale in totaal – op hul webbladgeplaas. Loer gerus hier na spesifieke voorbeelde. Die dokumente is baie groot. Laai die boeke (dalk verkieslik in ‘n WiFi-area) af om herhaaldelik te lees en om data te spaar.
Die departementele werkboeke is GRATIS en mag nie verkoop word nie. Nie al die boeke is tans op die Onderwysdepartement se blad beskikbaar nie. Loer gerus hier en hier na ouer werkboeke.
Letterland (Gratis toegang tot aktiwiteite en stories.)
Sny ‘n bladsy uit ‘n ou tydskrif of ‘n artikel uit ‘n ou koerant.
Hoeveel woorde met drie letters/klanke kan julle omkring?
Hoeveel woorde met die volgende klanke onderskeidelik – kan julle omkring?: aa, ee, oo, uu, ie, ei, ou, eu, ui, oe, aai, ooi, eeu, oei...? (In ‘n Engelse tydskrif of koerant: oo, ee, ea, ai, ay, oi, oy, oa, ow, oe, ou, ew, aw, au, ui, ue, igh, ie, ei…)
Lys die woorde op verskillende bladsye in ‘n boek en kyk of die outjie elkeen kan illustreer. Kan julle ‘n beskrywende sin vir sommige woorde skryf?
Magneetletters of Scrabble-letters: Bou 4 woorde uit elke lys – een-vir-een. As jy Scrabble-letters gebruik, tel elke woord se punte op. Watter woord tel die meeste in elke lysie?
As jy nie Scrabble– of magneetletters het nie, sny groot letters uit dosies soos papbokse en hou dit gereed vir woordbou takies.
Druk ‘n gratis 2020-Kalender uit. Dui die dag se weerstoestande en temperatuur in die onderskeie blokkies aan en skryf daaroor.
Tel die voëls in die tuin. Hoeveel hop? Hoeveel eet?
Sny herwinbare papier in stroke en maak ‘n ketting. Kan die outjie die ringe self kram of met kleeflint bind?
Teken ‘n prent of skryf ‘n brief vir ‘n maat, familielid of onderwyser. Vra ‘n ouer om ‘n foto elektronies te stuur – aangesien ons nie tans seëls of koeverte wil lek nie.
Gebruik verskillende Lego-stukke om in dikkerige verf of ink te doop. Druk dit soos stempels om prente te bou. Soek sommer allerhande proppies, doppies of speelgoed om te betrek.
Het jy verf oor? Druk verskillende kleure in verskillende bakkies van ‘n ysbakkie, steek ‘n stokkie (oorstokkie, roomysstokkie, takkie) in elke bakkie en vul met water. Vries tot hard. Plaas ‘n vel papier op ‘n skinkbord of ‘n bakplaat en verf met die blokkies daarop.
Plaas ‘n vel papier onder-in ‘n diep, plastiese houer of ‘n vlak dosie. Spuit dikkerige verf in lyne of kringe bo-oor die papier. Plaas ‘n albaster in die houer en beweeg die houer deur die kante heen en weer te swaai of te kantel. Laat die velle droog word en hou dit vir geskenkpapier later.
Loer gerus na Gratis opsies hier en tik gerus ook soekterme soos “klanke, hersien, flitskaarte, sigwoorde, syfers, sinne en paragrawe, stories, liedjies, rympies, leestekens, knip, lees, leeslys, leesreekse, biblioteek, boekmerk, e-boek…, app… herfs, Paasfees…tuis idees, studietegnieke, vraestelle, ATP, CAPS…Engels” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskeie idees en skrywes.
Pi Dag is op die 14de Maart. Die jonger grade weet nog nie wat dit is nie. Probeer gerus om tydens die komende week op allerlei ander wiskundige aspekte te fokus. Loer gerus dié week na toeps (Android, iPad, ‘n bietjie van beide) en webwerwe soos A+ Click, Math Seeds en IXL. Die volgende skakels dek vorige inskrywings hier in My Klaskamer.
Praat gerus oor waterbesparing, die gebruike van water, die belangrikheid van water en waarom skoon water so belangrik is. Waar en wanneer gebruik ons dit? Wie gebruik water en kan ons daarsonder?
Plant ‘n Spekboom of twee. Wat van ‘n heining of ‘n rytjie al langs die skool se grensdrade langs? Is daar waterbronne om skoon te maak (bv. spruite, rivierwalle, ‘n strandgebied)?
Bepaal dalk ‘n tydperk waar ‘n mens by die dag by die skool kan vier. Skakel die ligte af, skakel die elektronika af en raai die outjies aan om lanterns, kopligte of flitsligte te bring. Gebruik die uur om boeke te lees, bordspeletjies te speel of om tyd aan kuns en kunsvlyt te spandeer.
Hoe maklik of moeilik is dit om sonder elektroniese toebehore of elektrisiteit te wees?
Wêreld Boekedagis vanjaar op die 5de Maart en die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek sal van die 16de tot die 22ste duur.
Dink aan ‘n tema vir Biblioteekweek, bv. Skatte, Sprokies, ens. Stal al die boeke wat by die tema inpas uit en lees soggens ‘n stukkie uit ‘n boek voor vir ‘n reg-raai kompetisie.
Vra opvoeders om hul gunstelingsprokies, ens. te noem en hou ‘n kompetisie om te kyk of die kinders die opvoeder en boeke bymekaar kan pas.
Versier die gange en klasdeure volgens die tema.
Hou ‘n leesmiddag en trek volgens die tema aan.
Nooi gaste (bekendes, ouers, besigheidsmense…uit die gemeenskap) om boeke aan die kinders voor te lees.
Besoek naburige tehuise om boeke aan die inwoners voor te lees.
Maak kontak met buurskole om boeke daar voor te lees of skryf briewe vir mekaar. Hou julle van dieselfde boeke? Watter karakters is jul gunstelinge?
Biblioteke verskil van plek-tot-plek. Hoe verskil die dorp se biblioteek van die skoolbiblioteek? Gaan lê besoek af en loer gerus 🙂
Woorde