
Ons het almal verlore en verdwaalde sokkies iewers in ‘n laai. Grawe hulle uit en skenk die onpare (of selfs nuwe pare) aan welsynsorganisasies. ‘n Onpaar sokkies kan ‘n paar voete warm hou.
Soktober
7 Oktober 2016
afrikaans omgee, sokkies, soktober 4 Kommentaar
Voorspoed
5 Oktober 2016

Voorspoed met die nuwe (en laaste) skoolkwartaal!
- kleur flitswoorde (nog)
- eu flits (nog)
- aa flits
- aai flits
- Woordsom 1 – 20 aftreksom (nog)
- Woordsom 1 – 20 optel
- maaltafelwaaier (nog)
- vermenigvuldiging-een-maal-een-syfer
- vermenigvuldiging-twee-maal-eensyfer-getal
- deelsomme-in-woordvorm (nog)
- iPad Apps / Toeps
- Android Apps / Toeps
- Nog oulike Apple en Android toeps/apps
- Leeslyste
- Studietegnieke/-metodes
- Huiswerk en roetine
Voorbeelde van soekterme om by die soekblokkie op My Klaskamer in te tik. Loer gerus…
Onderwysersdag
4 Oktober 2016
afrikaans onderwyser, onderwysersdag Lewer kommentaar
Wêreld Onderwysersdag word gewoonlik op die 5de Oktober gevier, maar aangesien ons nog vakansie hou, kan ‘n mens dit ook op die 10de Oktober vier.
Stuur gerus ‘n boodskap aan ‘n spesiale opvoeder 😉




oogsorg
18 September 2016
afrikaans oog, oogsorg, oogtoets, visuele Lewer kommentaar
Dit is oogsorgmaand en hierdie maand kan ons besondere aandag aan visie, oogbewegings en visuele persepsie skenk.
Loer gerus na hierdie skrywes en hou die pers dop vir gratis oogtoetse vir die jongspan:
- oogsorg
- lees, leer en die ogies
- Wat is ‘n “VMI”?
- visuele persepsie
- Oogprobleme en leerprobleme
- Oog- en fokus oefeninge
- Oogsorgmaand
Klik op die prent, “open image in new tab” en druk uit.
Boomplantweek
23 Augustus 2016
afrikaans boom, boomplantdag 2 Kommentaar
Boomplantweek word van 4 tot 10 September gevier. Die wildepietersielie die gewone witbos, die Bosvaderlandswilg en die Knoppiesboontjieboom word as die bome van die jaar genoem.
Waarom vind ons bome belangrik?
Bome verhoed erosie, verskaf suurstof en skaduwee, word gebruik om papier te maak en hout word in meubels, geboue en bote gebruik. Boomplantweek is ‘n gulde geleentheid om ‘n nuwe boom te plant, een te borg of om voeding en kompos by bestaande bome te voeg.
Spellys
17 Augustus 2016
afrikaans kompetisie, spellys, Spelwoorde, WOW 10 Kommentaar
Die WOW Spellyste word deur die Universiteit van Stellenbosch op gestel. Dit is op ‘n uitdagingsvlak.
EFAL
- Graad 1
- Graad 2
- Graad 3
- Graad 4
- Graad 5
- Graad 6
- Graad 7
- Graad 8
- Graad 9
- Graad 10
- Gr 6 EFAL
- Gr 7 EFAL
- Gr 8 EFAL
- Gr 9 EFAL
2015
2014
Tik gerus soekterme soos “e klink soos i, kappie, meervoud, verkleinwoord, f en v, woordeinde, b en d, omkering, rym, Engels, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiing, klanke, hersien, sigwoord, flits” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir eenvoudige spelwyses en idees.
‘n Paar Engelse opsies:
Boekweek & Geletterdheidsdag
16 Augustus 2016
afrikaans boekweek, Geletterdheidsdag Lewer kommentaar
Nasionale Boekweek vind vanjaar vanaf 5 tot 11 September en Internasionale Geletterdheidsdag vind op die 8ste September plaas.
Pak letterstempeltjies, -plakkers en stensils uit, knip menigte tydskrifopskrifte op in woorde of letters, pak woord- en spelspeletjies uit en gee die geleentheid om muurprente te skep. Skryf rympies, gedigte, trefwoorde of nuwe woorde se betekenisse. Stel spesifieke leesperiodes in of leer woorde in ander tale. Hierdie week is ‘n pretweek om boeke te geniet.
Tik gerus soekterme soos lees, boek, sigwoord, flits, boekmerk, rym, klanke, hersien, Engels, komponente, biblioteek…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees uit vorige vieringe.
Loslitdag
15 Augustus 2016
Dag vir Linkshandige Persone
13 Augustus 2016
afrikaans links, linkshandig Lewer kommentaar
13 Augustus word al 25 jaar lank as die dag vir linkshandige persone gevier. Loer gerus hier vir idees en aanpassings om in die klas in gedagte te hou.
potloodreëls
Sonneblom
11 Augustus 2016
afrikaans blomme, kuns, Lente, sonneblom Lewer kommentaar
Sonneblomdag vervang nou die bekende Bandanadag en word op die 16de September gevier. ‘n Mens kan dalk sade of klein plantjies verkoop as ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van die Sonneblomfonds.
Ontkiem sonneblomsade in watte of grond binne-in ‘n oop glasflessie of deursigtige plastiekglasie. Wanneer die plantjie sterk genoeg is, kan ‘n mens dit in die tuin of diep blompotte oorplant.
Boekmerk, Inkleurprent, Lewenssiklus (kleurprente)
Sonneblomme maak pragtige kunswerke. Dink net aan Van Gogh se skilderye. Gebruik pastelle of dik, pastaverf in skakerings van son- of eiergeel, grasgroen, koningsblou, bruin, swart en wit. Teken die buitelyne met ‘n potlood en begin inkleur. Werk in dieselfde rondings en rigting as die buitelyne en betrek verskillende skakerings van geel in die blomblare, skakerings van groen in die stingel en skakerings van bruin in die blomkop. Gebruik skakerings van blou (met wit) in die lug en hou die kwashale of lyne skerp en duidelik. Geen vermenging.
‘n Mens kan groot bladsye vooraf voorberei deur die lug en grond (gras) met dwars hale of lyne te bedek. Teken of verf die sonneblomme apart, knip uit en plak dit bo-op die droë agtergrond. In plaas van geverfde blomme, kan ‘n mens ook oranje en geel bottelproppies gebruik. Vou koffiefilters herhaaldelik in die helfte totdat daar slegs ‘n smal strokie oor is, vou dit oop en plaas op ‘n bord of ‘n plat bak met ‘n bietjie water daarin. Drup eiergeel voedselkleursel (met ‘n bietjie bruin verf by gemeng) in die middel van die filter en kyk hoe dit versprei. Gebruik die filterblomme bo-op die agtergrond sodra dit droog is.
Bedruk kurkdrupmatjies met verskillende skakerings bruin verf. Knip sonneblomblare uit geel viltlap, vou die reguit randjie toe en gom of kram dit vas. Knip ‘n stingel en blare uit groen viltlap. Spasieer die geel blare en stingel om te drupmatjie en plak die matjie bo-op die lap. ‘n Mens kan ook snesiepapier of gewone geel papier gebruik (skeur en plak).
Tik gerus soekterme soos “lente, bandana, bye…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
TAAL- én Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag, 14 Augustus
3 Augustus 2016
afrikaans boek, koop, taaldag 2 Kommentaar
Merk die 14de Augustus op jou kalender, want op hiérdie dag vier ons Afrikaans as taal en koop ons Afrikaanse boeke (lees-, werk-, e-, handboeke, ens.; oud en nuut). Dit is ‘n Sondag. ‘n Mens kan die dag van die Vrydag tot die Maandag rek.
- Kinderboeke
- Reekse
- Diereboeke
- Die Uile
- Sprokies
- Jeuglandreeks
- Leesreekse
- Leeslyste
- Aanlynwinkel: Loot, Amazon
Plaas nota’s op die kennisgewingsbord om die outjies te motiveer om verskillende boeke te lees en aan te beveel. Maak ‘n afskrif van die boek se omslag en plaas dit daarby, plak die nota met maskeerband in die boek vas of plak dit op die klasdeur sodat ander kinders ook kan lees.
Watter boek het die outjies die meeste geniet? Kan julle nog iets deur dieselfde skrywer opspoor? Lekker lees!
Tik gerus soekterme soos Boekedag, Boekenag, Biblioteek, Toep, e-boek, boekmerk, stories by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskillende idees.
skryfbord
26 Julie 2016
afrikaans bord, sakpas, skoon, swartbord, witbord 2 Kommentaar

Versorging:
Die volgende voorstelle is deur die jare gevind – ook aanlyn.
- Was deeglik met warm water en ‘n sagte lap of spons en dan…
- As jy met bordkryt skryf
- Witbord
- Witbordsproei/skoonmaakmiddel
- Wit tandepasta
- Gel Handwasmiddel (Hand Sanitizer)
- Wit Asyn – verdun met water indien verkies
- Haarsproei, Sproeibare Kookolies, Q20 of ‘n Sproeibare Antibakteriële skoonmaakmiddel
- Klam Lappies (wipes)
- Haal permanente veselpen (koki) af deur met ‘n witbordveselpen bo-oor te skryf/skribbel.
- Coke werk om beide skoon te maak.
- Trek lyne op ‘n swart-/groenbord:
- met ‘n wit, permanente veselpen of ‘n wit verfpen – wat ‘n mens by skryfbehoefte of kunswinkels kan aanskaf.
- Probeer ook dun/smal lynlint of -band – wat soos ‘n lang plakker geplak kan word.
- Doop of week bordkryt in suikerwater.
- Plak maskeerband in stroke (met ‘n dun spasie tussen-in) en verf te smal gapings met verf (bordkryt- of muurverf).
- Op ‘n wit bord, kan jy lyne met ‘n dun permanente veselpen trek.
*Ou bordskrifriglyne (Sketse, ens.)
Leestekens / Punktuasie
22 Julie 2016
afrikaans hoofletter, komma, leesteken, punktuasie, punt, uitroepteken, vraagteken 2 Kommentaar
Olimpiese Spele
20 Julie 2016
afrikaans Olimpiese Spele Lewer kommentaar
Die Olimpiese Spele duur van die 5de tot die 21ste Augustus en vind in Brasilië plaas. Dit vind gewoonlik elke vier jaar plaas en Suid-Afrika neem sedert 1904 aan die Somerspele deel.
Gee vir die kinders verskillende sportsoorte om na te vors. By watter sportsoorte is water, ‘n bal, ‘n baan, ‘n teiken, ‘n span, ‘n fiets, ens. betrokke? Watter klere word by elke item gedra?
Hoeveel lande neem deel? Waar is die lande? Hoeveel van die lande is in die Suidelike en in die Noordelike Halfrond onderskeidelik? Hoe lyk die lande se vlae?
Ken jy hierdie sportsoorte?
- Boogskiet
- Gimnastiek (Artistiese)
- Ritmiese Gimnastiek
- Gimnastiek Tuimel / Trampolien
- Atletiek
- Pluimbal
- Basketbal
- Vlugbal (strand)
- Vlugbal (binneshuis)
- Kano Slalom Hindernesbaan
- Kano Snelresies
- Fietsresies (BMX)
- Fietsresies (Bergfiets)
- Fietsresies (Pad)
- Fietsresies (Baan)
- Sierduik
- Perdry
- Skermkuns
- Sokker
- Gholf
- Handbal
- Hokkie
- Judo
- Swem marathon
- Driekamp
- Vyfkamp
- Roei
- Rugby Sewes
- Skyfskiet
- Seiljagwedvaart
- Swem
- Gesinkroniseerde Swem
- Tafeltennis
- Taekwondo
- Tennis
- Waterpolo
- Gewigstoot
- Stoei
Probeer:
Kaarte: Afrika, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Europa, Asië, Australasië
Velerlei inkleurprente
Engelse woordeskat
Engelse taalwerk
Verskeie werksvelle
‘n Mengelmoes van aktiwiteite
Pantoffeldag
18 Julie 2016

Pantoffeldag word vanjaar op die 5de Augustus gevier. As deel van die veldtog, fokus Reach for a Dream daarop om feëverhale en betowering aan siek kinders te bring. Skryf en illustreer as ‘n klas jul eie feëverhale om by die plaaslike hospitaal af te lewer op die 5de Augustus. Vergroot dit sommer tot ‘n A3- of selfs A2-vel om teen die mure in die wagkamers aan te bring 🙂
Die fondse wat ingesamel word, word ten bate van die “Reach for a Dream”-program gedoen om lewensgevaarlike siektes te probeer bekamp. Koop jou plakker en dra jou pantoffels.






























































Meer leestekens


































Woorde