Menseregtedag word op die 21ste Maart gevier. Vind hiermee ‘n paar riglyne om in skole te gebruik.

© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
12 Maart 2017
afrikaans menseregte, regte Lewer kommentaar
Menseregtedag word op die 21ste Maart gevier. Vind hiermee ‘n paar riglyne om in skole te gebruik.

11 Maart 2017
afrikaans water, waterweek Lewer kommentaar
Dit is binnekort waterweek – wanneer ons mekaar aan die waarde van water en die belangrikheid van besparing herinner. Loer gerus na vorige jare se idees en ook na hierdie skakels vir meer inligting om te betrek.
10 Maart 2017
afrikaans Down, Downsindroom 2 Kommentaar
Hou ‘n fondsinsamelingsdag deur onpaar of helderkleurige sokkies te dra ten bate van Downsindroom SA of ten bate van hulpmiddels vir leerders met Downsindroom in jou skool.
7 Maart 2017
afrikaans fynspier ontwikkeling, lsen, olso, oog-hand koördinasie, outisme, sensories, taktiel Lewer kommentaar
Van my leerders benodig alternatiewe hulpmiddels en idees om hul skooldag makliker te maak. Sommige outjies is tasdefensief en hou nie van sekere teksture nie (bv. etikette in klere, growwe papier, klei), ander hou nie van sekere geluide nie (bv. skril skree geluid van ‘n foutiewe klankstelsel of interkom), ander sukkel om te fokus, party benodig speelgoed om mee te vroetel, party kort bewegingsbreuke, ens. Wat kan ‘n mens doen om die dag meer suksesvol te maak?
Heelwat kinders gebruik ‘n vroetelspeelding om die hande besig te hou. Vir die outjies wat nie van sekere teksture hou nie, het ons slym of flubber gemaak en binne-in ‘n geseëlde sakkie* gebêre. Hulle speel dus met die sakkie – eerder as met die slymerigheid self. Soms lees die outjies die resep voor en ander kere gooi hulle die droë bestanddele by, maar hoe dit ookal sy…daar is blootstelling. Die slym of flubber is ‘n snaaksigheid en die outjies geniet dit om die resepte vir die ander maats te maak. Ons het onlangs ‘n druppel vanieljegeursel, kaneel, skeerroom en haaropknapper liggies of bietjie-vir-bietjie by onderskeie mengsels gevoeg en die outjies het beslis meer aandag aan die mengsels geskenk. Nie net is die spelery ‘n goeie fynspier aktiwiteit nie, maar hou dit hulle gefokus tydens luistertake. Elkeen kry ‘n stukkie om mee te speel.
‘n Mens kan natuurlik koekiedrukkers betrek, woorde met lettervorms bou of somme met syfervorms uitlê. Indien die outjie lang wurms vorm, kan ‘n mens spesifieke letters, vorms, syfers, ens. probeer vorm. 
In plaas van die slym of flubber, kan ‘n mens meel met ‘n tregter in ‘n ballon ingooi en die ballon toeknoop. Die outjie gebruik dit dan soos ‘n stresballetjie. Gebruik ook gladde of stekelrige rubberballetjies, ryg krale aan ‘n tou-armband, rubber potloodgrepies of gebruik stukkies mediese/chirurgiese pyp of buise. Die mediese pyp/buise kan ook om stoel- of tafelpote gebind word om teen te skop of om die voete op te rus – indien theraband nie beskikbaar is nie.
Jelliekrale is baie gewild. Ons meng soms gelyke dele mielieblom en haaropknapper in ‘n kleinerige, waterdigte sakkie en voeg slegs ‘n paar jelliekrale by. ‘n Mens kan ook ‘n doolhof buite-op ‘n groot seëlbare sak teken of met stroke maskeerband plak. Maak dan slym met kleurlose gom en beweeg ‘n jelliekraal binne-in die mengsel en binne-in die sakkie deur die doolhof.
Vir die outjie wat gril vir die tekstuur van sekere boeke se blaaie, gee ons handskoene (met of sonder vingerpunte), ‘n knipbord om die boek mee vas te hou of ons plaas die los bladsye in ‘n lêersakkie.
Vir die outjie wat sensitief is vir harde of skril geluide, hou ons oorbeskerming naby of ons laat hom ver van die interkom af sit.
‘n Hangmat werk goed vir ‘n paar minute se eie tyd en werk soms goed as ‘n binneshuise swaai. Sommige outjies geniet ‘n hop– of ‘n groot jogabal (om oor te lê, te bons, op en af teen die muur te rol…) en ander wil net vir ‘n paar minute eenkant sit. Die vollengte spieël kry baie aftrek en een outjie geniet dit om op ‘n balanseerbord te staan terwyl hy gesels.
Hierdie spesiale speeltye word gewoonlik beperk tot ‘n paar minute (2 – 5) wanneer die skoolwerk (of afdelings) klaar is.
Gesels gerus met ‘n arbeidsterapeut om idees nommerpas vir jou klas te beplan. Watter idees gebruik julle?
6 Maart 2017
afrikaans behoort, emosies, geluk, gelukkig, hoort Lewer kommentaar
20 Maart is die Internasionale Dag van Geluk. Fokus op emosies en op dinge wat ‘n mens se lewe verryk. Wat laat jou voel asof jy behoort of inpas? Wat kan jy doen om ander te betrek?
26 Februarie 2017
22 Februarie 2017
afrikaans Graad 1, Graad 2, Graad R, hersien, klanke, patrone, sensories, sintuie, syfers, vorms, woorde Lewer kommentaar

Probeer om soveel sintuie as moontlik te betrek en gee vir die outjie ‘n verskeidenheid maniere om die werk te hersien.
Ons skryf dikwels die woorde groot op “flitskaarte” (gebruik sommer ou papbokse en dergelike kartonnetjies) en verf dan pofferige verf met ‘n oorstokkie bo-oor. Die outjie kan dit self in die mikrogolfoond plaas en laat verhard (onder toesig). Sodra dit afkoel, kan hy bo-oor die woorde voel of ‘n bladsy bo-oor plaas en met ‘n vetkryt inkleur om ‘n afdruk te maak.
Plaas die woorde sigbaar teen die muur en gee vir hom/haar meel, suiker of klei om in/op te skryf of waarmee hy die woorde kan vorm en kopieer. Skryf of teken die los letters, syfers, vorms en patrone groot op ‘n bladsy. Trek dit na met ‘n gomstiffie en strooi dán die suiker of sand bo-oor.
Die los kaarte kan gekram word om dit sommer in die motor te hersien.
Die los letters van “Scrabble” werk goed. Kyk sommer hoeveel punte elke “Scrabble”-spelwyse tel vir ‘n bietjie wiskunde hersiening.
‘n Ander idee is om ‘n groot vel tinfoelie op ‘n skinkbord/tafel te plaas. Spuit skeerroom daarop (‘n bietjie) en laat die outjie dan die woorde daarin skryf – met die vinger of ‘n kwas.
Op SENTEACHER.org, kan julle jul eie “woordsoeke” skep, sodat die outjie sy woorde só soek en hersien. Fokus aanvanklik net op horisontale woorde, dan ook vertikale woorde en heelwat later – diagonale woorde.
Loer gerus ook na hierdie opsies en tik ook soekterme soos syfers, skrif, skryf, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiings, vorms, patrone, flits, sigwoorde, robotkaart…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.
8 Februarie 2017
afrikaans Boekedag, lees, luidleesdag, moedertaaldag 4 Kommentaar

Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot: Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas.
1. Bou woorde met los kaartjies:
2. Maak boekmerke:
3. Hou ‘n muntlegging vir nuwe leesboeke.
4. Begin ‘n tradisie waar kinders leesboeke of ‘n geldjie skenk wanneer hulle verjaar. (As die outjie 7 jaar oud word – R7, ens.)
5. Sny oulike artikels uit ou tydskrifte om in ‘n leesbundel te bind of plaas dit in ‘n plastieklêer (flip file) in die leeshoekie.
6. Stel ‘n aftelwekker (timer) waartydens die outjies lees. Indien hulle daarin slaag om stilletjies vir byvoorbeeld 5, 10, 15 of 20 minute te lees, kan Juffrou of die skoolhoof later in die dag vir die klas ‘n storie lees.
7. Maak ‘n groot kopie van ‘n gunstelingboek se voorblad om op die klasdeur te plaas. Die Grondslagfase kan byvoorbeeld boeke uit hul leesreekse kies en pastelle, vetkryt en verf gebruik om die groot deurprent mee mooi te maak. Na afloop van die spesiale dae, kan die prente dan na die biblioteek skuif en gereeld om geruil word.
8. Laat die outjies byvoorbeeld aan oulike plekke dink waar hulle graag sou lees (ook saam met wie, vir wie, wanneer, ens.). Neem ‘n foto van die outjie, druk dit op ‘n bladsy (groot of klein) en voeg die sin by. Bv. Ek lees graag op die swaai. Ek lees graag op die mat. Betrek bekende sigwoorde of gebruik selfs die tweede taal. Bv. Ek lees graag op die blou mat. I love to read on the blue swing…Bring die mini-stories teen die gangmure aan of bind dit in ‘n boekie. Indien dit op ‘n karton (manilla – dalk A6-grootte) gedruk word, kan ‘n mens die individuele foto’s of kaartjies as boekmerke gebruik.
9. Daar is deesdae stories op Android en Apple toestelle beskikbaar – asook stories op die internet om vir die klas te speel. (Loer gerus ook na hierdie e-boeke.)
10. Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om na die stories te kyk.
11. Geniet die outjies rympies? Vergroot die rympies tot een rympie per bladsy en lamineer of plaas dit in ‘n lêersakkie. Sódoende kan dit apart of in ‘n lêer gestoor word. ‘n Mens kan dieselfde met die lirieke van gunstelingliedjies doen.
12. Het jul skool ou ensiklopedieë? Merk bekende onderwerpe met boekmerke, sodat die outjies self kan lees.
Sien gerus ook vorige skrywes soos die volgende en tik soekterme soos “ABC, flits, sigwoorde, hersien, lees, Luidleesdag, Moedertaaldag, Boekedag, boekmerk” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees:
Lekker lees en loer gerus weer in 😉
31 Januarie 2017
afrikaans Valentyn, Valentynsdag Lewer kommentaar
Ouer idees:
22 Januarie 2017
afrikaans Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, handskrif, skrif, skrifdag, skryf 2 Kommentaar
Vind hiermee ‘n paar skakels in verband met skrif ingesluit. Tik gerus ook soekterme soos “knip, perseptuele, skrif, skryf, handspier, patroon, patrone, syfers, tuis…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in (of loer na die “Drukbare Bladsye“-hofie) vir meer idees.
16 Januarie 2017
Met die aanvangs van die skooljaar, is daar so ‘n paar nuwe goedjies beskikbaar – hier in My Klaskamer en ook in my winkeltjie. Klik gerus op die volgende skakels en tik ook soekterme* by die bruin soekblokkie aan die regterkant van my blog in vir velerlei idees en drukbare opsies.
Voorspoed met die week en loer gerus weer in 😉
* soekterme soos:
6 Januarie 2017
afrikaans gereed, hulpmiddels Lewer kommentaar


Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar is gewoonlik verskeie dae om tydens die skooljaar te vier. Loer gerus na die 2017 Kalenderpakket vir ‘n rekenaar én ‘n drukbare weergawe om te volg. Hierdie kopie sluit ook verjaarsdagkalenders (12 Bla
dsye) as ‘n ekstratjie in. Hierdie kalenderpakket is ook in Engels beskikbaar.
Indien jy ‘n veeltalige klaskamer het, kan jy ‘n drietalige een probeer (Engels, Afrikaans, isiXhosa).
Kleurvolle dagprogramtydsgleufflitskaarte kan gebruik word om aspekte soos buitespel, peuseltyd, besprekingskring, ens. aan te dui, maar sluit ook naam- en rakkaartjies in 11 temas in.
Kleurvolle klanke muurkaarte (ideaal vir die Grondslagfase-klaskamer) in Afrikaans en Engels, is as ‘n pakket beskikbaar.
Indien jy dit as skrif- of kleikaarte verkies, is daar kleurvolle kaarte in
beide tale beskikbaar. Soortgelyke prente (bv. a is vir appel) is in ‘n meer gevorderde Klankhersieningsboekie (vir die enkelklanke én klinkerkombinasies) beskikbaar – in Engels en Afrikaans onderskeidelik.
Meer ontwikkelings- en hersieningstake is in die Dubbel-, Twee- en Drieklanke of Vowel Blends pakkette beskikbaar.

Die Enorme Klanke Mengelmoeskardoes dek die enkel-, dubbel-, twee- en drieklankgidse, asook kleurvolle geïllustreerde flitskaarte – ‘n bietjie meer as 400 bladsye in totaal.
My Klaskamer het ook woordelyste (woordeboeke vir beginners), sigwoordflitskaarte en oggendbundels vir Engelse én Afrikaanse leerders.
Wil julle graag op die visuele persepsies fokus? Loer gerus na die twee gidse in een pakket. Merk jy b/d-verwarrings? Loer gerus na hierdie werksvelle.
Vir skrifvelle, kan jy na die drukskrifvelle en lopende skrif velle loer. Die lopende skrif velle sluit ook
muurkaarte (‘n letter per bladsy) in of fokus op natrekwerk.
Beginners, kan aanvanklik na syfers en hoeveelhede loer (bv. prente en getalname) en ‘n getalnaamgidsie gebruik in hul werk. Loer ook na kons
epte soos “meer en minder”, “voor en na”, “halvering en verdubbeling”, “ewe en onewe getalle”, geld, tyd (en tydwerksvelle), woordsomme, maaltafels (en veelvoude), maal- en deelsomme en breuke. Die meeste van hierdie dokumente is onderskeidelik in Engels en Afrikaans verkrygbaar.
Kom loer gerus by My Klaskamer vir ‘n verskeidenheid van ongeveer 160 produkte in.

1 Januarie 2017

Kom loer gerus in en stuur ‘n kollega of ouers na My Klaskamer. Ek help graag 😉
13 Desember 2016
afrikaans, Graad R, klaskamer dagprogram, Graad R, hulpmiddels, kleuterskool, ladybird, lieweheersbesie, naamkaartjies, olifant, see, temas, uil, vissie, volstruis, voorblaaie, voorblad, voorskool 7 Kommentaar
Hiermee gratis hulpmiddels vir jou klaskamer. Verklein die naamkaartjievelle tot twee op ‘n A4-bladsy indien jy dit so verkies 😉
(tik besonderhede op ‘n skoon dokument en druk op die voorbladvelle)




liewenheersbesie-naamkaartjies


4 Desember 2016
18 November 2016
afrikaans inkleur, kersfees, kerskaartjie, versierings, woordeskat, woordsoek Lewer kommentaar
Woorde