Loer na die SA Gidshond– of SANCB-bladsye vir verdere inligting.
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
3 Januarie 2014
13 Desember 2013
afrikaans kaartjie, kersfees 2 Kommentaar
Hiermee so ‘n paar kaartjies vir Kersgeskenke.
26 November 2013
13 Oktober 2013
afrikaans oog, oogsorg Lewer kommentaar
Dit is oogsorgmaand. Hoe ingelig is jou klas se ouers? Kry ‘n spreker of ‘n uitdeelstuk om beide ouers en opvoeders beter in te lig. Daar is oogkundiges wat kinders se oë gratis toets. Maak ‘n lysie en voeg die besonderhede by.
2 Oktober 2013
1 Oktober 2013
afrikaans onderwyser, onderwysersdag 2 Kommentaar
Die laaste kwartaal het aangebreek! Ek hoop jy kry verrassings soos ‘n dankie aan die einde van ‘n lang skooldag, ‘n verrassingsblom of -briefie, ‘n pouse met ‘n paar minute ekstra, ‘n stroopsoet klas, nuwe hulpbronne vir die klas, ‘n verrassingsbesoek van iemand wat stories kom lees of die kinders iets leersaams kom vertel…of ‘n lekker koppie koffie sommer net. 😉 Mag die laaste kwartaal gladder verloop.
1 September 2013
afrikaans boek, lees 2 Kommentaar
Gebruik hierdie week om die mooiste rympies en storieboeke te lees.
1 September 2013
27 Augustus 2013
afrikaans getallyn 5 Kommentaar
18 Augustus 2013
afrikaans Geletterdheidsdag, klanke, lees 2 Kommentaar
Internasionale Geletterdheidsdag word op 8 September gevier, maar omdat dit vanjaar op ‘n Sondag val gaan ons dit ook op die 9de vier.
Lees ‘n bietjie meer op dié dae, hersien die klanke of speel woordspeletjies.
Loer gerus na Lees 1, Leeslyste, Biblioteek idees, Motivering, klanke, hersien klanke, flitskaarte…

4 Augustus 2013
afrikaans afstand, kilometer, lengte, meter, meting, millimeter, sentimeter 6 Kommentaar
22 Julie 2013
afrikaans gesond, kosblik, vrug, vrugte Lewer kommentaar
Vrugte
Wanneer ‘n mens na vrugte en groente kyk, kan ‘n mens dit bespreek en sorteer volgens hoe hulle groei (aan ‘n boom, ‘n rank, in die grond, aan ‘n bos…), hoe dit geëet word (gaar, rou, in ‘n slaai, wiggies, gedroog…), kleur, grootte…
Watter tipe vrugte kry ‘n mens? (bv. tropies, sitrus, bessies…)
Kan jy ‘n reënboog vol kleure eet? Watter vorms is die vrugte? Sommige vrugte lyk soos druppels – ander soos sterre. Party het punte – ander het stekelrigheid. Watter vorms sien ek in die vrugte as ek dit oop sny? (driehoekige wiggies/segmente, ronde sade/korrels, ovaalvormige sade)
‘n Mens speel nie met jou kos nie, maar watter kreatiewe idees kan jy gebruik om ‘n gesonde bord te skep? Gee vir die outjies opsies op ‘n vrugtebord en ‘n lappie om die hande skoon te hou.
19 Julie 2013
afrikaans idiome, idioom, spreekwoord, spreekwoorde 16 Kommentaar
13 Julie 2013
afrikaans hemelruim, planeet, planete, ruimte, son, sonnestelsel, sterrestelsel 3 Kommentaar
Iemand het onlangs navrae gerig in verband met ‘n ruimte-/musiek-les. Ek het lanklaas musiek gegee en slaan nou heeltemal toe. Aspekte waaraan ‘n mens kan dink is seker instrumente om planete en sterre voor te stel. Sterre laat my dink aan klokkies en ‘n xilofoon – hoë note. Planete is weer groot en swaar…wat van lae note op ‘n klavier en dromme? Behandel dan ‘n eenvoudige liedjie soos “Twinkle, twinkle, Little Star” en gebruik die instrumente in ‘n slagorkes. “Mannemarak” is ‘n ou bekende, maar mag dalk moeilik wees om met musiekinstrumente te begelei. Lesson Plans het verskeie Engelse liedjies – as ‘n mens musiek en EAT kan integreer.
Ander idees:
Sterre
Maan (klik vir verskeie idees)
Son
Woorde