Tuis

Olimpiese Spele

Lewer kommentaar


olimpiese

Die Olimpiese Spele duur van die 5de tot die 21ste Augustus en vind in Brasilië plaas.  Dit vind gewoonlik elke vier jaar plaas en Suid-Afrika neem sedert 1904 aan die Somerspele deel.

Gee vir die kinders verskillende sportsoorte om na te vors.  By watter sportsoorte is water, ‘n bal, ‘n baan, ‘n teiken, ‘n span, ‘n fiets, ens. betrokke?  Watter klere word by elke item gedra?

Hoeveel lande neem deel?  Waar is die lande?  Hoeveel van die lande is in die Suidelike en in die Noordelike Halfrond onderskeidelik?  Hoe lyk die lande se vlae?

Ken jy hierdie sportsoorte?

  1. Boogskiet
  2. Gimnastiek (Artistiese)
  3. Ritmiese Gimnastiek
  4. Gimnastiek Tuimel / Trampolien
  5. Atletiek
  6. Pluimbal
  7. Basketbal
  8. Vlugbal (strand)
  9. Vlugbal (binneshuis)
  10. Kano Slalom Hindernesbaan
  11. Kano Snelresies
  12. Fietsresies (BMX)
  13. Fietsresies (Bergfiets)
  14. Fietsresies (Pad)
  15. Fietsresies (Baan)
  16. Sierduik
  17. Perdry
  18. Skermkuns
  19. Sokker
  20. Gholf
  21. Handbal
  22. Hokkie
  23. Judo
  24. Swem marathon
  25. Driekamp
  26. Vyfkamp
  27. Roei
  28. Rugby Sewes
  29. Skyfskiet
  30. Seiljagwedvaart
  31. Swem
  32. Gesinkroniseerde Swem
  33. Tafeltennis
  34. Taekwondo
  35. Tennis
  36. Waterpolo
  37. Gewigstoot
  38. Stoei

Probeer:

Kennispret

Olimpiese Spele

Kaarte: Afrika, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Europa, Asië, Australasië
Velerlei inkleurprente
Engelse woordeskat
Engelse taalwerk
Verskeie werksvelle
‘n Mengelmoes van aktiwiteite

Pantoffeldag

Lewer kommentaar


pantoffeldag

Pantoffeldag word vanjaar op die 5de Augustus gevier.  As deel van die veldtog, fokus Reach for a Dream daarop om feëverhale en betowering aan siek kinders te bring.  Skryf en illustreer as ‘n klas jul eie feëverhale om by die plaaslike hospitaal af te lewer op die 5de Augustus.  Vergroot dit sommer tot ‘n A3- of selfs A2-vel om teen die mure in die wagkamers aan te bring 🙂

Die fondse wat ingesamel word, word ten bate van die “Reach for a Dream”-program gedoen om lewensgevaarlike siektes te probeer bekamp.  Koop jou plakker en dra jou pantoffels.

Vakansie

2 Kommentaar


vakansie

Madibadagvakansie

…nog omgee idees…

Langnaweek

Lewer kommentaar


langnaweek

Vlindersomme, Spinnekopsomme, Treinsomme

4 Kommentaar


somtreinvlinspin

spinnekopsom vb

vlindersom vb

vlindersomme

Klik op die prente:

wiskmathmathwisk

bstsom

Studietegnieke

2 Kommentaar


studiemetodes

  1. Wat is die boublokke van studie?
  2. DEVELOPING EFFECTIVE STUDY HABITS
  3. Slim Studie
  4. Alternatiewe en Aangepaste Wyse van Eksaminering/Assessering vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes
vraestelle, huiswerk en roetine, eksamen idees

Koeverte, Boekmerkies

Lewer kommentaar


 

koeverttoeken

  1. A5 report envelopes _ rapport koeverte
  2. Rapportkoeverte
  3. Boekmerkies Bookmarks (Toekennings/Belonings)
  4. Boekmerkies
  5. Boekmerk bookmark
  6. Gedrag toekennings
  7. A5-koeverte (lente)

 

Speeldag

1 Kommentaar


speel28 Mei is Wêreld Speeldag.  Pak vandag (Vrydag/Maandag) ekstra apparaat vir water-, fantasie- en sandspel uit.  Maak speelgoed vir sandspel (verf en versier wasgoedpennetjies, bottelproppies of selfs spoelklippies), deel IF/SF kinders (en onderwysers) by Grondslagfase klasse as maats in en staan ‘n periode (of lang pouse) aan gerigte spel en vaardighede (balgooi, balansering, touspring, ens.) af.  Die kinders mag dit dalk geniet om ‘n mentor te hê of te wees.

Jeugdag

Lewer kommentaar


jeugMaak dit ‘n positiewe ervaring en laat die outjies drome en ideale uitbeeld. Skryf dalk sinsnedes soos “Met harde werk, kan ek eendag ‘n ….word.” op die bord. Elkeen gee sy ideale beroep (plak dalk ‘n handgeskrewe flitskaart in die spasie) en Juffrou of Meneer neem dan ‘n foto van hom / haar daarby.  Slagspreuke soos “Ek kan ‘n verskil maak” – met klein omgee aksies daarby en “Ek is die toekoms van my land”, kan ook werk.
Druk die foto’s groot op A4-velle uit (al is dit swart en wit) en plak dit net so in die gange op of trek die bewoording met pastelle en bordkryte na.  Speel die foto’s op ‘n skyfievertoning in die saal of plaas dit op die skool se webtuiste.

Skryf opstelle met soortgelyke tema’s, dateer dit en plaas dit in ‘n “tydkapsule” om eendag in Graad 12 oop te maak.

‘n Mens kan altyd kinderbeskermingsweek ook hierby betrek. Gesels net eers met die skoolhoof oor jou idees.

Afrikadag

Lewer kommentaar


afrikadag

Watter aspekte van die kontinent gaan ons vandag bewonder?  Hoeveel unieke en mooi foto’s kan ons opspoor?  In watter lande is dit geneem?  Weet jy waar op die kontinent hierdie lande is?  Wat is hul hoofstede?  Maak byskrifte vir die Afrikakaart en benoem die lande.  Onthou om die foto’s daarby aan te bring.

54

Afrikadag

Vadersdag

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

‘n Mens kry deesdae heelwat gebruike vir paletplankies.  Waarom dan nie ‘n geskenkie vir Pa nie?

  • Saag ‘n lengte in korter dele op en sorg dat daar ‘n gedeelte van sowat 5 – 8cm ekstra is. Gom die kort stukkie loodreg aan die onderpunt van die plankie en kap met spykertjies vas sodra die gom slegs klewerig in plaas van loperig is.  Knip die woord Pa* (pa dad) netjies en versigtig uit en plak dit met ‘n gomstiffie bo-aan die plankie. Hierdie papierwoord gaan slegs tydelik hier verskyn.  Kap nou klein spykertjies ewe diep al op die buitelyn van die woord in, sodat die woord selfs sonder die papiergids herkenbaar sal wees.  Sodra jy tevrede is, kan jy die papier los wikkel en ‘n bietjie water gebruik as dit lol.  Wikkel en weef nou borduurgare of bruin verpakkingstou (“twine”) kruis en dwars tussen die spykertjies om die letters in te kleur.  ‘n Mens kan mens ‘n lussie oor of om ‘n spyker begin en ook so eindig.  Smeer gom of kleurlose naellak op die knopie om dit te versterk.

Trek ‘n sigsagpatroon met ‘n potlood en kap spykertjies op die omdraaipunte, sodat ‘n mens sleutels of dasse daaraan kan hang en ‘n selfoon op die rakkie kan laat lê.

Draai die rakkie om en skroef ‘n koeldrankringetjie bo, in die middel of aan die hoekie vas.

  • ‘n Mens kan twee plankies loodreg, in die lengte vasplak – óf soos ‘n T in die middel van een plank, óf aan die rand.  Gebruik dan die bokant van die T of die plat kant as die vooraansig.  Kap spykertjies vir hangplek hierop vas.  As jy die rakkie nou teen die muur ophang, gaan daar ‘n rakkie vir die selfoon agter die vooraansig wees – met hangplek vir dasse en jasse voor.

Skroef koeldrankringetjies agter die rakkie vas.

Hierdie plankie is lank genoeg sodat jy die woord Pa* aan die linkerkant kan aanbring en dan ander spykertjies aan die regterkant kan versprei.

  • Spuit skeerroom op ‘n stuk foelie.  Drup voedselkleursel daarop en trek lyne kruis en dwars met ‘n stokkie daardeur.  Druk ‘n vel papier bo-op of selfs ‘n dun plankie.  Gebruik die bladsy as geskenkpapier of skroef hakkies by die plankie in vir dasse en sleutels.

vadersdagfathersday

*’n Mens kan die plankie ook vir ‘n oom of ‘n oupa maak.  [Oom Oupa]

 

 

Tik gerus ook soekterme soos “vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir vorige idees.

Boeliegedrag / Bullebakkery

5 Kommentaar


  1. Hoe bemagtig ek my kind?
  2. Verskeie oogpunte
  3. Afknouery
  4. ‘n Voorbeeld van ‘n Boeliebeleid 1, 2, 3
  5. LO Graad 5-les
  6. Betrek ‘n appel om die boodskap oor te dra
  7. Wat is ‘n Kuberboelie?
  8. Wat is ‘n Kuberboelie?
  9. Sosiale Media (Facebook)
  10. Sosiale Media en Kuberboelies
  11. ‘n Artikel (bl.13)
  12. ‘n Artikel (LitNet)
  13. ‘n Artikel
  14. Beskerm jouself
  15. Pak die boelie by die horings
  16. Navorsing 1
  17. Navorsing: In die werksplek
  18. Moontlike leesboeke
  19. How full is your bucket?
  20. The Berenstain Bears And The Bully 
  21. How to Beat the Bully Without Really Trying
  22. Die Boelie
  23. Die Anti-Boelie-Masjien, Fase 13
  24. Hoezit-riglyne
  25. Internasionale Anti-Boelieweek

Leerder Dissipline en Skoolbestuur

boantihowbbhowbully

Wêreld Oseane Dag

Lewer kommentaar


oseanedag

Op die 8ste Junie vier ons Wêreld Oseane Dag.  Vanjaar se tema is Gesonde Oseane, Gesonde Planeet. Fokus op die see en omgewingsbewaring.

Maak groot muurprente om gangmure te bedek en vul dit met gesonde en besoedelde seetonele.  As julle naby die see is, maak die strand as ‘n klas of skool skoon.  Nooi die gemeenskap en kyk of daar ‘n manier is om die rommel te herwin.

Resepte

Lewer kommentaar


peuselresepte

Eenvoudige bederfies en peuselresepte vir die jongspan…Ons gebruik hierdie resepte nou en dan in die klas.

resepte

Kinderbeskermingsweek

2 Kommentaar


beskerm

Hierdie is die tyd van die jaar wanneer die skool se hulpspan kontakbesonderhede van ondersteuningsorganisasies in hul onmiddelike omgewing kan vernuwe en aanvul.  Dit sluit organisasies soos maatskaplike dienste, nooddienste, kundiges wat terapie aanbied, ens. in – almal wat fisiese en emosionele welstand kan verseker.

Praat as ‘n personeel oor die onderwerpe (en grense daarvan) wat julle wil aanspreek. Gaan julle ‘n spreker kry (bv. ‘n maatskaplike werkster, lid van die polisie, brandweer, mediese personeel)?  Watter storieboeke is daar in die skoolbiblioteek?  Weet die outjies wat om te doen as hulle van hul ouers af wegdwaal?  Ken hulle ‘n telefoonnommer en hul ouers se name?  Wie gaan hulle in hierdie geval vertrou?

noodnommers

beskerm regte

Persoonlike Inligting (vorm)

Tik gerus ook soekterme soos “beskerm”, “boelie“, “liggaam” en “noodnommer” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir vorige inskrywings en drukbare werksvelle.

Moedersdag

Lewer kommentaar


moedersdagHiermee ‘n inkleurblad vir Moedersdag.  Verklein dit om voor-op ‘n kaartjie (ongeveer A6-grootte) te plak of maak dit heelwat kleiner om te lamineer en dan op ‘n magneet te plak.  ‘n Ander idee is om dit tot ‘n A3-grootte te vergroot en dan as ‘n skinkbord- of plekmatjie in te span.

moedersdag

 

Moedersdag

Ons het ‘n klein kunsdoekie met vetkryt  ingekleur (hoofsaaklik in een rigting) en toe met wit houtlym geverf.  Die outjie het soene sywaarts en vorentoe geblaas en die beste foto gekies.  Dit is in kleur gedruk en uit geknip.  Tesame met sy eie boodskap en ‘n paar hartjieplakkers, is dié geskenkie vinnig afgerond.  Lang stroke magnete is agterop aangebring, sodat ‘n mens dit teen ‘n metaal liaseerkabinet of die yskas kan opsit. As jy ‘n hartjie en letters stempels het, kan ‘n mens die boodskap en hartjies daarmee vervang.

 

‘Ma’ – Antjie Krog

Tik gerug “Moedersdag” of “Ma se dag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees en drukbare bladsye.

Werkersdag

2 Kommentaar


werkersdag

Lekker rus 😉

Boeke Nag, 23 April

2 Kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag.

boekenag

Klik gerus op die onderstreepte woorde om na verskillende skrywes te gaan.  Tik ook soekterme soos “biblioteek, boek, boekedag, lees, boekmerk, nuwe leser, taal” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees om tuis te probeer.

boeknag boekmerk boekmerk nag Boekmerk wit Lees boek

Werksvelle, Muurkaarte en ander hulpmiddels

Lewer kommentaar


jufferteachablad

Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is.

  1. hulpmiddels
  2. muurkaart
  3. naamkaart
  4. eerste dag
  5. klanke
  6. abc uitspraak
  7. alfabet
  8. sigwoord
  9. dubbelklank
  10. tweeklank
  11. drieklank
  12. klanksamevloeiings
  13. hersien
  14. meervoud
  15. verkleinwoord
  16. leestekens
  17. flits
  18. oefen self
  19. e klink soos i (be-, ge-, ver-…)
  20. f en v
  21. omkering
  22. b en d
  23. woordeinde (-d/-t)
  24. woordsoort
  25. tydsvorm
  26. lees
  27. komponente
  28. rym
  29. rympies
  30. stories
  31. leesreeks
  32. biblioteek
  33. boeke dag
  34. boeke nag
  35. fondsinsameling
  36. liedjies
  37. e-boek
  38. toeps
  39. apps
  40. inklusiewe onderwys
  41. wiskunde huiswerk
  42. woordsom
  43. geld
  44. breuke
  45. voor en na
  46. meer en minder
  47. Hoe laat is dit? (tyd)
  48. vorms
  49. patroon
  50. patrone
  51. handspier
  52. skrif
  53. skryf
  54. lopende skrif
  55. abc skryf
  56. knip
  57. skryf stadig
  58. potloodgreep
  59. ogies
  60. oog
  61. oogsorg
  62. VMI
  63. visuele
  64. ouditiewe
  65. taal ontwikkeling
  66. woordeskat
  67. Graad R
  68. Graad 1
  69. posisie
  70. middellynkruising
  71. links en regs
  72. spiertonus
  73. tuis idees
  74. tuis oefen
  75. speel-speel
  76. Engels
  77. vraestel
  78. studietegniek
  79. JNA / ANA
  80. CAPS

Daar is heelwat tema’s en ander idees ook beskikbaar.  Vra gerus 😉

Loer gerus elke nou en dan op Teacha/Teaching Resources in vir winskopies.

Hulp / Pay it Forward

2 Kommentaar


pif1

Vanjaar vier ons Pay it Forward dag op die 28ste April.  Is daar iemand in jou gemeenskap wat kan baatvind by ‘n klein of groot gebaar?  Help iemand as ‘n klas, ‘n gesin of doen dit selfs anoniem.  Dit hoef nie finansiële implikasies te hê en deur bv. papiere op te tel, onkruid uit te trek, ‘n boodskappie te skryf, gaan jy beslis iemand anders se dag opkikker.

help

Older Entries Newer Entries