**VOORGESTELDE AANPASSINGS:
Die Lewensoriënteringsgidse (CSE)
Die CAPS-kurrikulum is aanlyn beskikbaar. Jy kan ook die departementele werkboeke vir gesyferdheid en geletterdheid aflaai. Ons het gemerk dat die dokumente ingewikkelde terme rakende skrif gebruik…”arkade” en “guirlande” patrone. Ek verstaan dit as volg:
Garlands/Guirlande is die rondings soos in ‘n “apieswaai patroon”. Dit sinspeel op die “Garlands”, tinselof kersversierings wat ‘n mens kan drapeer. Die Arkade patrone is die hoppies van ‘n “hasiehop” patroon (“arches”).
Die Aangepaste CAPS (leerders met spesifieke/spesiale onderwysbehoeftes) – DCAPS:
- Wiskunde
- Wiskunde
- Wiskunde
- Eng. FAL
- Eng. FAL
- Eng. FAL
- Eng. FAL
- Eng. FAL CAPS
- Creative Arts R – 5
- KABV – Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Tweede Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede… (Intermediêre Fase)
- KABV – Grondslagfase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
- KABV – Intermediêre Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
- KABV – Senior Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
- DBE_Curriculum_Differentiation
- GUIDELINES FOR RESPONDING TO LEARNER DIVERSITY THROUGH CAPS (FINAL)
- SLES_BOOKLET_Apr_2014SLES BOOKLET Apr 2014_3TkbDx
- Differentiated CAPS
Die sewe-punt kodes:
Die 2013 slaagvereistes (Wat is deur?)
- Nasionale Protokol vir Assessering GR R-12 web
- Assessment task guidelines 2018
- Foundation Phase: First Additional Language: School Based Assessment (SBA)
- Foundation Phase: Home Language: School Based Assessment (SBA)
- Foundation Phase: Mathematics: School Based Assessment (SBA)
- Foundation Phase: Life Skills: School Based Assessment (SBA)
- Foundation Phase: Grade R: School Based Assessment (SBA)
- School Based Assessment (SBA) Exemplars: Grade 4 – 12
- MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 1
- MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 2
- MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 3
- SCREENING_FORM_FOR_EARLY_IDENTIFICATION_OF__AT_RISK_LEARNERS
- KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Afrikaans HT
- KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Wiskunde
- KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Mathematics
- KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: English HL
- CAPS ENGLISH FAL GR 1-3 FS
- CAPS AFRIKAANS FAL GR 1-3 FS
- GRADE R REPORT (Voorbeeld van ‘n Graad R-rapport)
- Skoolgereedheidsvraelys
- Grade R Mathematics_TERM_1_
- Graad R_ WISKUNDE_FOKUSLESSE_KW2
- Grade R Home_Language_TERM_3
- Grade R Home_Language Term 4
- Voorbeelde van beplanning – Grondslagfase
- Motoriek Engels TERM_3 MetroEast
- MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 1
- MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 2
- MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 3
- MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 4
- 2020 – Boek 1 (Graad R – 6)
- 2020 – Boek 2 (Graad R – 9)
- 2019 – Boek 1 (Graad R – 9)
- 2019 – Boek 2 (Graad R – 9)
- 2018 – Boek 1 (Graad R – 9)
- 2018 – Boek 2 (Graad R – 9)
- 2017 – Boek 1 (Graad R – 9) Boek 2
- 2016 – Boek 1, Boek 2
- Wiskunde Werkboeke: Antwoorde
- English First Additional Language Grade 1
- English First Additional Language Grade 2
- Maths Resource Grade 1 – 3
- Mathematics Grade 1
- Mathematics Grade 2
- 2013 Werkboek 1
- 2013 Werkboek 2
- 2013 NW Werkboeke Graad 4 – 6 (aan die regterkant)
- Grade R Resource Kit (Big Books, Lesson Plans, Posters)
- Grootboeke, Muurprente, Werkboeke
- Graded Readers/Leesboeke
Nog skakels na werkboeke is aan die regterkant gelys – sien Hulpmiddels.
- Instrument vir die Monitering en Ondersteuning van die Kurrikulum vir Distrikte en Skole Graad 1-6
- Moderation Tools Grade 4-9
- Grade 7 Maths
- Grade 7 HL, FAL
- Grade 8 Maths
- Grade 8 HL, FAL
- Grade 9 Maths
- Grade 9 HL, FAL
- More subjects
- Foundation Phase: Survival Guide to the Curriculum and Assessment Policy Statements (CAPS)
- CAPS / KABV GF
- Intermediate Phase: Survival Guide to the Curriculum and Assessment Policy Statements (CAPS)
- CAPS / KABV IF
- Senior Phase: Survival Guide to the Curriculum and Assessment Policy Statements (CAPS)
- CAPS / KABV SF
Jan 17, 2012 @ 16:38:17
dankie
LikeLike
Jan 17, 2012 @ 18:17:06
😉 Plesier
LikeLike
Mei 13, 2016 @ 10:59:50
Goeie dag
Is dit moontlik om die Gr. 2 wisk boek af te laai? Indien wel waar kan ek dit kry? Dankie
LikeLike
Mei 13, 2016 @ 15:35:48
Middag, Bernadette 😉
Loer gerus onderaan die skrywe. As jy op die rooi boek klik neem dit jou na die blad waar al die boeke is.
LikeLike
Jan 18, 2012 @ 07:47:04
Dankie DAT JY SOVEEL MOEITE DOEN OM ONS AS OUERS OP HOOGTE VAN SAKE TE HOU DIT HELP GEWELDIG BAIE. eK SELF HET AL HEELWAT VAN JOU HULPMIDDELS AFGELAAI EN GEBRUIK. DANKIE WEEREENS. kARIN (BETHLEHEM FS)
LikeLike
Jan 18, 2012 @ 19:58:47
Middag, Karin 😉 Dis ‘n groot plesier! Ek is bly as die idees gehelp het.
LikeLike
Jan 27, 2012 @ 11:07:56
Ek het twee seuns Gr:4 en Gr:6.wil uitvind het jul skool inligting net tot gr:3.Hul in Laerskool Bakenkop,Centurion.Hoop om gou van jul te hoor.
Dankie
Groete
Juanita
LikeLike
Jan 28, 2012 @ 14:18:05
Middag, Juanita 😉 Ek is net opgelei in die Grondslagfase-gebied, maar sal kan help om vir jou Graad 4+ inligting op te spoor. Vra gerus 😉
LikeLike
Apr 16, 2013 @ 09:34:54
goeie more. ek is nou al moedeloos. my dogter is nou in graad 4 en sukkel vreeslik met die wiskunde die nw vakke waar kan ek inligting kry oor hoe om haar te help die werk is nie die selfde as toe ek op skool was nie. jou hulp sal so waardeer word.
dankie byvoorbaat
christo noordkaap
LikeLike
Apr 16, 2013 @ 19:58:44
Hallo, Christo 😉
Webtuistes soos Impies bied voorbeelde van vraestelle en dan het ek voorbeelde van wiskunde werk hier aan die regterkant gelys (loer onder “blogroll” – veral AMESA). Kyk ook daar na die skakels vir THINK ONLINE en THINKING CAPS. CNX.org het verskeie Graad 4-werk (bv. NW). Nokkie Hartman verkoop verskeie ondersteuningsgidse…
Vir die toekoms kan julle alle toetse, assesserings en werk liaseer sodat ‘n mens die opvoeders se manier van vraagstelling kan dophou vir toetse en die eksamen. Só kan julle op hoogte van sake bly en altyd vorige werk opsoek om werk te hersien. Kyk gerus ook na die departementele werkboeke in hierdie skrywe (daar is ook taalgidse – met baie voorbeelde). Loer na ‘n laer vlak se wiskunde werk. Dit help dikwels om die outjies se selfbeeld te versterk as hulle sukses ervaar in ‘n laer getalgebied. Sodra sy lus het om te waag, kan ‘n mens altyd ‘n paar moeiliker somme probeer.
Ek hoop dat dit ‘n goeie beginpunt kan wees. 😉
LikeLike
Jun 03, 2013 @ 18:39:54
Hi, ek is dringend opsoek na graad4 NW vraestelle om te kan sien hoe hulle dit vra in die eksamen, my kind skryf Vrydag eksamen en ek weet nie hoe hulle die vrae en sketse kan vra in die NW nie die juffrou het ook nie veel inligting gegee nie. Ons moet al die werk leer maar kinders se boeke is nie eers gemerk nie en hulle verstaan ook nie die werk nie. Ons het ook nie eers die regte antwoorde om te leer nie ek moes als opsom en nou kom die verduideliking maar ek het nie n idee hoe hulle dit kan vra nie, ons werk uit die Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad4-A (CAPS) SASOL HANDBOEK. as enige iemand my asb kan help met voorbeelde. Baie dankie
LikeLike
Jun 05, 2013 @ 18:54:43
Hallo, Minnette 😉
Loer gerus hier aan die regterkant onder die skakels “blogroll”. Daar is hofies gemerk met “Vraestel”, “Wiskunde” en “werkboeke”. Omdat CAPS so nuut is in die InterSen-fases, sal jy min aanlyn werk kry. As jy egter na die skakels loer of na die kurrikulum se eerste 6 maande kyk, sal jy die vereistes/verwagtinge sien.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jul 23, 2012 @ 16:02:19
Hi daar, My dogtertjie is nou 5 en ek wil graag kyk of sy al skoolgereed is – Kan jy my uithelp met ‘n paar hulpmiddels en ook dalk ‘n paar hulpmiddels wat ek kan aflaai. Dankie
LikeLike
Jul 23, 2012 @ 17:43:05
Middag, Maritza 😉
Jy sal heelwat inligtingstukkies hier kan kry deur bv. die volgende soekterme telkens by die bruin soekblokkie aan die regterkant in te tik. Onder die “blogroll”-skakels aan die regterkant, is ‘n paar skakels i.v.m. skoolgereedheid gelys. Daar is spesifiek ‘n lys van aspekte op Kobus Weyers (‘n sielkundige) se webtuiste.
Ek hoop dit kan help 😉
Soekterme, bv.: “skoolgereed, Graad R, Graad 1, abc, klanke, ogies, spiertonus, syfers, vorms, patrone, fynspier, handspier, middellynkruising/middellyn, visuele persepsie, ouditiewe, tuis idees…”
LikeLike
Nov 07, 2012 @ 18:33:16
Hi, nice blog, ek wil net graag ook weet waar kan ek vd ace werkboeke vir graad r bestel, dankie
LikeLike
Nov 08, 2012 @ 18:02:28
Middag, Louise 😉 Jy kan gerus na Graffiti Boeke se webtuiste loer 😉
LikeLike
Jan 26, 2013 @ 14:49:40
Middag Juffer… Kan u my asb behulpsaam wees met liggaamlike oefeninge vir graad 1. Baie dankie. Groete.
LikeLike
Jan 27, 2013 @ 07:44:02
Môre, Denielle 😉 Ek het ongelukkig nie LO-programme as sulks nie, maar kan vir jou oefeninge voor stel om tydens lesse te gebruik. Kyk gerus na die volgende inskrywings:
middellynkruising
verskeie
spiertonus 😉
LikeLike
Apr 04, 2013 @ 21:00:55
Goeie naand. ek is opsoek na hulp vir my graag 4 seun. vrastelle om deur te werk. Met dank Jacqueline
LikeLike
Apr 05, 2013 @ 08:02:04
Môre, Jacqueline 😉 Loer gerus hier aan die regterkant na die lysie skakels onder “blogroll”. Daar is skakels gemerk “Vraestelle” en ook “Wiskunde” wat toepaslik kan wees. Dan kan jy ook na think online en Mnr. Vermeulen se webbladsye loer (skakels aan die regterkant) 😉
LikeLike
Mei 10, 2013 @ 11:43:37
Goeiedag,
Ek wil uitvind of die Vraestelle hier langsaan dalk opgestel is uit die CAPS kurrikulum? My dogter in Gr 4 sukkel ook vreeslik met die wiskunde (woordsomme, breuke, tyd…). Ek is ook al redelik moedeloos, so enige raad / hulp sal BAIE waardeer word.
Groete
Celest
LikeLike
Mei 10, 2013 @ 18:26:20
Middag, Celest 😉 Die CAPS-kurrikulum het eers vanjaar vir die Graad 4’s begin en ek dink dat hierdie vraestelle uit vorige jare kom. Julle kan egter die vraestelle probeer skryf – aangesien dit vaardighede dek wat deurgaans in wiskunde aangespreek word 😉 Sterkte
LikeLike
Apr 09, 2013 @ 14:45:47
Goeie Middag, ek het ‘n dogter in graad 5 die jaar en soos jul weet het hul ook begin op “cabs”. Sy sukkel vreeslik met wisk, wil weet of die wisk baie verander die jaar as die vorige graad 5’s? en soek drukbare wisk vraestelle of aktiwiteite vir haar.
LikeLike
Apr 10, 2013 @ 19:09:29
Middag, Nicolette 😉 Ek het ongelukkig nie kennis van die InterSen-fase se CAPS-opleiding nie. Jy kan egter hier na die kurrikulum loer en hier na wiskunde werkboeke vir idees. Dan is daar ook die skakels aan die regterkant van hierdie bladsy (onder “blogroll”). Loer na “Vraestelle”, Think Online en “Wiskunde: Amesa” 😉
LikeLike
Mei 28, 2013 @ 12:46:43
Middag juf. ek wil net weet hoekom gebruik die skool lewensvaardigheid in die klas as PSW die nuwe CAPS. My dogter in Gr4. Hulle moet uit handboeke leer. Hoe weet ons as mammas om ons kinders te help want ons weet nie hoe juf die vraag vrae nie.
Dankie Amanda
LikeLike
Mei 28, 2013 @ 18:54:46
Middag, Amanda 😉 Ek werk ongelukkig nie met Graad 4+ nie en is nie seker hoe dinge daar werk nie. Dalk kan mnr.Vermeulen se blog jou beter help. 😉
LikeLike
Mei 30, 2013 @ 18:13:04
Juffer. Baie dankie vir wonderlike hulp en raad. Ek is opsoek na hulp vir GRAAD 6 LEERLING – vrastelle om deur te werk. Baie dankie. Martha
LikeLike
Mei 30, 2013 @ 18:52:38
Hallo, Martha 😉 Loer gerus hier aan die regterkant na die skakels onder die hofie “blogroll”. Daar is skakels gemerk met kernwoorde soos “vraestelle”, “werkboeke” en “wiskunde” – wat heelwat idees bied. Omdat CAPS nog so nuut is, is daar min inligtig aanlyn beskikbaar. Loer gerus ook na thinking caps en think online (skakels hier aan die regterkant) 😉
LikeLike
Jun 06, 2013 @ 14:55:15
Hi, ek is n ma van 2 seuns, Gr R en Gr 4. Ek wil navrae doen oor die skool curriculum, daar is baie sprake dat die skole volgende jaar (2014) terug gaan na die “ou curriculum”. Is dit so? Indien we’ll wat is die “ou curriculum”?
My seun in Gr4 sukkel vreeslik met die CAPS curriculum. Dis so baie skryf werk en ek die Departement maak nie voorsienning sou kinders sukkel vir meer tyd om aan onderwerpe te spandeer nie, dis net x tyd x weke x ure om n onderwerp aan die kinders te verduidelik. Dit voel vir my of die kinders meer werk by die huis doen as wat die onderwysers in die klas met hulle behandel, en vir 2 werkende ouers in ons gesin, is dit vir my n sin van groot bekommernis. Daar is net eenvoudig nie tyd om naskool met hordes skryf werk te sit nie. Bo-op als het hy ADHD, as dit goed gaan is dit fantasies, maar die slegte dae is baie sleg, dan moet hy ditensie sit oor hy nie huiswerk kan voltooi kry nie. Ek lees hieronder dat daar n mamma is wat sukkel met haar Gr4 se wiskunde, my seun blink weer bo almal uit in wiskunde maar die taal (eng en afr) en die hordes skryfwerk maak hom klaar, en vir my ook. Dis soms n stryd en gesukkel, veral as hy nie die werk op die bord klaar afgeskryf het nie, dan leen ons boeke om dit oor die naweke klaar te maak. Ek het op n punt gekom waar ek vir hom gese het hy moet die bord werk eerste doen want mamma kanie dit doen as juf dit van die bord gevee het nie maar ons kan altyd die boekwerk probeer klaar maak. Ek sal wardeer as juffrou vir my ook kan help om werkies vir Gr4’s kan kry sodat ons kan kyk om bietjie “voor” te bly,ek gaan nog vanmiddag die oulikke goedjies vir Gr1’s vir my ander seun aftrek en print. Baie dankie vir die hulp. Eks baie bly ekt hierdie blad van u raak geloop. Groete Joan
LikeLike
Jun 06, 2013 @ 18:24:46
Middag, Joan 😉
Sover ek weet het die CAPS-kurrikulum eers vanjaar vir die Seniors in werking getree en sal dit nie sommer verander nie. Sommige skole het wel langer skoolure ingestel om al die werk aan te spreek (nie meer as ‘n uur per dag nie).
Ek fokus ongelukkig net op die Grondslagfase – aangesien ek nie opgelei is om oor die ouer grade te praat nie. Remediërend-gewys wel 😉
Jy kan hier aan die regterkant na die skakels onder die hofie “blogroll” loer vir skakels gemerk met VRAESTEL en WISKUNDE. Daar is etlike takies wat sal help vir die ouer outjie.
Bied die skool dalk dienste soos leerondersteuning/remediërende hulp smiddae aan (om met moontlike uitvalle/leemtes te help)?
Baie sterkte 😉
LikeLike
Aug 05, 2013 @ 22:59:00
Hi
Ek is dringend opsoek na Graad 4 Begripstoetse vir voorbereiding vir ‘n toets. Waar kan ek dit verniet aflaai?
LikeLike
Aug 06, 2013 @ 17:47:12
Loer gerus na die skakels wat met VRAESTEL (aan die regterkant van die blog onder blogroll) gemerk is 😉
LikeLike
Okt 17, 2013 @ 08:01:30
Goeie dag. Is daar ‘n rekenaar program beskikbaar waarmee n graad 10 leerder wiskunde (CAPS) kan opskerp? En waar kan ek so n program in die hande kry. Baie Dankie
LikeLike
Okt 17, 2013 @ 18:03:28
Middag, Innes 😉 Ongelukkig is ek onkundig as dit by die senior grade kom. Impak en Kenweb mag dalk inligting hê. Ouer rekenaarprogramme behoort steeds te werk.
LikeLike
Okt 17, 2013 @ 12:00:42
Dankie vir al jou hulp aan ons(was te lank terug op skool)
Het jy ‘n idee watse onderwerppe sal hulle vir ‘n graad 4 opstel gee en hoeveel woorde min of meer? die arme kind sukkel met haar Afrikaans en wil haar graag help voorberei
LikeLike
Okt 17, 2013 @ 17:58:54
Middag, Maryna 😉 Dit behoort aan te sluit by die Lewensvaardighedetema’s – tensy daar iets in die nuus is waaraan die juffrou wil aandag skenk. Begin by die tema’s in die Lewensvaardigheidsgids. Dit behoort ‘n goeie beginpunt te wees 😉
LikeLike
Okt 29, 2013 @ 13:31:30
Middag Juffer,
Is daar al miskien nog vraestelle vir nou November 2013 se eksamen wat die Graad 4’s kan begin deurgaan?
LikeLike
Okt 29, 2013 @ 18:03:58
Hallo, Nicky 😉 Ek sal my oë oophou. Tans het ek ‘n lysie skakels hier aan die regterkant (gemerk met “vraestel” of “wiskunde”). Loer ook na Think Online se gratis vraestelle 😉
LikeLike
Jan 24, 2014 @ 23:29:56
Goeie dag Juffer..
Ek wil baie graag weet ons die GR. R Departementele Werkboeke kan bestel? Indien ons kan,weet Juffer dalk waar? Ek wil dit nie van die internet aflaai nie…
LikeLike
Jan 27, 2014 @ 18:58:51
Middag, Boadicea 😉
Kontak gerus jou naaste skoolkliniek (OBOS/MEED/MOOD/distrikskantoor) of preprimêre skool. Hulle sal vir jou met die regte adviseur in aanraking kan bring. 😉
LikeLike
Feb 10, 2014 @ 10:42:17
Goeie dag juffer…
Ek wil net graag weet volgens die CAPS watter tafels die Gr 2’s moet leer in die jaar. Ek weet hul moet die 2x tafel ken maar watter nog?
LikeLike
Feb 10, 2014 @ 18:05:02
Middag, Anneline 😉 Deur die jaar sal hulle in 2’s, 3’e, 4’e, 5’e en 10’e tel (aan en terug) en later die maaltafels aanspreek.
LikeLike
Feb 25, 2014 @ 12:49:07
Goeie dag, waar kan ek gratis wiskunde vraestelle vir gr 6 aflaai asb?
LikeLike
Feb 25, 2014 @ 18:48:31
Middag, Ester 😉 Loer gerus hier aan die regterkant na die skakels wat met Wiskunde, Werkboek of Vraestel gemerk is. Daar is ook skakels na Think Online, Thinking Caps, Onnies Online en Mnr. Vermeulen se blog. Hulle behoort almal te kan help. 😉
LikeLike
Mar 01, 2014 @ 22:05:24
Goeie naand
Kan u my dalk help ek is opsoek na ‘n oulike rekenaarprogram vir Wiskunde graad 7?
LikeLike
Mar 02, 2014 @ 19:38:30
Iemand het CAMI, Maths Story, Evalunet voor gestel 😉
LikeLike
Mar 11, 2014 @ 00:02:43
Haloe daar eke is besig om te studier vir my BED graad in grondslafse eke is op die oomlik besig met n semsteropdrag en eke wil net graag weet of jy dalk vir my verwyssing het oor waar eke inligting kan kry oor versklillende onderrigmetodes, eke sal dit regtig waardeur as jy kan help
LikeLike
Mar 12, 2014 @ 18:15:19
Middag, Bianca 😉
Loer gerus hier aan die regterkant na die skakels wat met “studietegnieke” gemerk is :wink:.
LikeLike
Mar 29, 2014 @ 07:58:49
Enige DVD’s vir graa 12 wiskunde en fisika beskikbaar
LikeLike
Apr 01, 2014 @ 16:00:36
Middag, David 😉 Kan hierdie skakel dalk help?
LikeLike
Jun 14, 2014 @ 08:15:52
Quanta books of Kwanta boeke. Skeinat boeke met 2 dvd’s ingesluit. Dit het my dogter baie gehelp.
LikeLike
Mei 29, 2014 @ 11:23:52
Goeie middagm ek is opsoek na voorbeelde van begripstoetse vir my dogtertjie in graad 5. Waar kan ek so iets kry?
LikeLike
Jun 01, 2014 @ 13:31:17
Middag, Tania 😉 Loer gerus hier aan die regterkant na die lysie skakels. Daar is ‘n paar wat met “Vraestel” gemerk is. Die 7de een van bo is ‘n skakel na Conquesta se vraestelle en laer af is leesstukke. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jun 04, 2014 @ 16:30:28
Goeie middag, ek is opsoek na vraestelle met memorandums vir CAPS, vir gr. 4 en gr. 6, groot asb…. Dankie vir ‘n puik blad.
LikeLike
Jun 04, 2014 @ 16:58:54
Middag, Joline 😉 Daar is enkele vraestelle aan die regterkant gelys (met “vraestel” of “Wiskunde” gemerk). Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jun 04, 2014 @ 16:31:12
Natuurwetenskap, asb, gr.4 & gr.6
LikeLike
Jun 14, 2014 @ 08:11:45
Ek het ‘n vreeslike oulike boek vir my dogter in Graad 11 bestel vir Skeinat. Dis ‘n boek met verduidelikings en oefeninge en dit sluit 2 dvd’s in. Ek het dit bestel van Kwanta boeke (Quanta books) Dit help my dogter baie. Die boeke is vir gr. 10 -12 beskikbaar.
LikeLike
Jan 15, 2015 @ 20:27:53
Hallo Juffer waar kan ek kyk vir lesplanne vir Graad R? Baie dankie
LikeLike
Jan 16, 2015 @ 01:21:15
Hallo, Katriena 😉 Jy kan na die kurrikulum of cnx.org loer. Hier op my blog kan jy soekterme soos “Graad R, abc, uitspraak, syfer, patroon, vorm, potloodgreep, posisie, VMI, spiertonus, liedjies, rympie, storie, dokter, veiligheid, beroepe, dier, vervoer, water, somer, herfs, lente, winter, valentynsdag, knip, fynspier, tuis idees… by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant van my blog in tik. Dit sal jou na verskeie idees neem. Loer ook na die skakels wat aan die regterkant gelys is. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Feb 17, 2015 @ 11:31:37
Hallo Ek is opsoek na graad 7 HULPMIDDELS in wiskunde.en afrikaans
LikeLike
Feb 17, 2015 @ 17:08:19
Hallo, Loraine 😉 Dit hang af van waarna jy soek. Ek het skakels hier aan die regterkant na “geletterdheid”, “wiskunde” en “vraestelle”. As jy soekterme soos “vraestelle, JNA, woordsoort” by die die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in tik, gaan daar ook idees wees. Loer ook na die skakel aan die regterkant vir Think Online, Thinking Caps en Onnies Online. As jy met die pyltjie oor ‘n skakel beweeg, sal dit die graadvlak/vakgebied wys.
LikeLike
Mei 25, 2015 @ 13:22:44
Hi almal,
Help my tog asseblief! 🙂 Ek het myself nou al moeg gesoek aan die regterkant vir die blogroll deel waar ek grad 4 Caps vraestelle sal kan aflaai, is daar enige iemand wat my sal kan help?
Groete,
Christelle 🙂
LikeLike
Mei 25, 2015 @ 16:03:38
Christelle, die blogroll het nou hofies en die heel boonste groep skakels lei na verskillende vraestelle. Loer ook hier.
LikeLike
Jun 25, 2015 @ 11:38:32
Help my asb! My dogter is in gr.10 sy sukkel met wiskunde wil weet hoeveel moet sy op haar rapport he om die einde van die jaar deur wees.
LikeLike
Jun 27, 2015 @ 16:13:57
Middag, Nicky 😉 Sover ek kan vasstel, is die volgende inligting geldig: slaagvereistes.
LikeLike
Sep 15, 2015 @ 12:03:53
Goeie dag juffrou.
Ek is dringend opsoek na wiskunde en ebw vraestelle vir gr.8 en gr.9
NW en Tegnologie vraestelle sal ook handig wees asb.
As jy my kan laat weet waar ek dit kan aflaai sal ek dit baie warder.
Groete
Anne-Mare
LikeLike
Sep 15, 2015 @ 23:02:18
Hallo, Anne-Mare 😉
Ek het ongelukkig min vraestelle vir die hoërskool outjies. Jy kan egter aan die regterkant van my blog na die lysie vraestelle loer en die pyltjie bo-oor ‘n beskrywing hou. Dit sal vir jou meer besonderhede soos die graadvlak/vakgebied gee. Tik ook “vraestel” bo by die bruin soekblokkie in vir ander opsies.
Webtuistes soos Onnies Online, Thinking Caps, Cnx.org, Teacha, Skooltake…behoort ook vraestelle te hê.
Ek sal ook op my Facebookmuur vra.
Ek hoop dit kan help. 😉
LikeLike
Okt 28, 2015 @ 07:30:25
Hi ek will net hoor of julle eenige invormasie het oor gestremde kinders in die skool
LikeLike
Okt 28, 2015 @ 14:00:16
Middag, Rika 😉
Ek werk self met outjies op die Outisme-spektrum en enetjie wat Apraksia het. Ek het ‘n stukkie oor inklusiewe onderwys, ‘n LSEN-kurrikulum vir enkele vakke…Daar is skakels na spesialisskole onder die “verwysings” en “skakels na skole”-hofies.
LikeLike
Nov 12, 2015 @ 17:53:15
Goeiedag, ek het hulp nodig om die memo vir GR 5 Afr huistaal
toets 2014 te kry
LikeLike
Nov 13, 2015 @ 14:14:20
Middag, Hannah 😉
Is dit die JNA/ANA-toets? Loer gerus hier. As jy op die blou opskrifte klik, sal dit jou na die vraestel/memo-bladsy neem 😉
LikeLike
Jan 11, 2016 @ 08:46:31
Die PracMaths reeks is werklik wonderlik! Ek dink ‘n kind kan dit op haar/sy eie deurwerk en Wiskunde slaag! Tik net “PracMaths” op jou soekenjin en kry die besonderhede.
LikeLike
Jan 12, 2016 @ 19:02:18
Hi daar. vreeslik dankie vir al die informasie en hulp wat jy vir ons as ouers mee “voer”. Ek het die departementele werkboeke probeer aflaai maar kom nie reg nie. My seuntjie is hierdie jaar in Gr 1 en ek wil hom graag soveel as moontlik help. Kan jy miskien werkboeke of hulpmiddels voorstel?
Dankie
LikeLike
Jan 14, 2016 @ 16:44:48
Middag, Michelle 😉
Jy gaan heelwat gratis idees hier op my blog kry indien jy soekterme soos “klanke, abc, hersien, motivering, lees, sigwoord, leesreeks, rympies, stories, dubbelklank, drieklank, tweeklank, e-boek, iPad, Android, rym, visuele, ouditiewe…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Daar is ook heelwat gratis toeps/apps en ander hulpmiddels onder die skakels aan die regterkant gelys (sien “Hulpmiddels” en “Geletterdheid”).
Die skole gaan die departementele kleurwerkboeke vir 2016 ontvang. Neem dit stap-vir-stap en kyk eers wat die juffrou voorstel. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Feb 17, 2016 @ 10:22:15
More
Ek wil graag weet my seun sukkel met lees, hy kan lees en hy doen goed, maar hy lees te stadig. Sy juffrou se hy mag ni spel ni, wat vir my bietjie onmoontlik is. Ons lees elke dag sy leesles en ekstra boekies om te help. Hy is in Gr2, hoeveel woorde moet hul nou al kan lees. Hy is 7
LikeLike
Feb 19, 2016 @ 01:17:53
Hallo, Cornelia 😉
‘n Kombinasie van aspekte gaan help om die leesspoed en -begrip te versnel. Speel “snap” speletjies met hom en hersien die sigwoorde en klankgroepe so met hom. Pak die woorde in 2 of 3 rye (3 of 4 in ‘n ry) en gee vir hom ‘n pantoffel of ‘n vlieëslaner. Sê ‘n woord en laat hom op die woord slaan. Hou tyd en maak beurte. Kyk of julle dan só tydens ‘n tweede probeerslag beter kan doen 😉
Tik gerus ook soekterme soos “lees, motivering, flits, hersien, sigwoord, klanke, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiing…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant vir soortgelyke idees.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Mar 22, 2016 @ 16:48:37
I’m looking for lesson plans for Gr: 0
LikeLike
Mar 24, 2016 @ 11:05:51
Môre, Ansie 😉
Jy gaan les idees kry indien jy soekterme soos “Graad R, Graad 1, abc uitspraak, klanke, rympies, stories, liedjies, Bybel, troeteldier, wildtuin, plaasdier, beroepe, dokter, waterspel, water, grond, skelet, liggaam, higiëne, tande, handspier, posisie, knip, potloodgreep, winter, somer, lente, herfs, olimpiese spele, rugby, sokker, kleur, vorms, patrone, syfers, robotkaart…padveilig…Paasfees, Kersfees, Moedersdag, Vadersdag…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Apr 11, 2016 @ 19:37:23
Hallo. Ek het n dagsorg. Op die oomblik net tot ouderdom 3. Ek wil graag weet waar ek kan kyk wat ek moet doen, sodat my kids nie agter sal wees nie. Maw ek wil graag weet of caps n program of inligting het vir kiddies voor hul graad 1 of R toe gaan?
LikeLike
Apr 13, 2016 @ 01:53:17
Hallo, Marie 😉
Die voorskoolse/dagsorg outjies het nie ‘n formele kurrikulum (soos CAPS) nie. Daar is webtuistes soos http://www.preschoolthemes.co.za/, wat ‘n paar idees deel. Ek het tema’s soos “wildtuin, troeteldier, plaasdier, liggaam, skelet, mond, tande, padveilig, beroepe, dokter, sokker, rugby, olimpiese spele, kleurwiel, kleur…syfer, vorms, klanke, uitspraak, rym, Engels, rympies, liedjies, Bybel…Graad R…handspier, tuis oefen, tuis idees, posisie, ouditiewe, visuele, VMI, middellyn, spiertonus, links en regs”. Jy kan hierdie soekterme by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir idees. Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Apr 12, 2016 @ 00:43:34
Jy is n ster. Baie dankie vir die gratis werkies wat ons kan aflaai. Dit gelp ons ouers baie
LikeLike
Apr 13, 2016 @ 01:47:33
Dankie, Heila 😉
LikeLike
Apr 12, 2016 @ 00:45:49
Het jy enige spel toetse vir graad 1
LikeLike
Apr 13, 2016 @ 01:47:10
Hallo, Heila 😉
Ek het idees in verband met klanke. Tik gerus soekterme soos “klanke, dubbeklank, tweeklank, drieklank…rym” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer ook na die “Geletterdheid”-hofie aan die regterkant. Daar is ‘n paar “WOW”-Spellyste – ook vir Graad 1.
LikeLike
Apr 28, 2016 @ 21:32:14
I am interested in buying the books for my preschool.
LikeLike
Apr 29, 2016 @ 00:09:07
Hallo, Liza 😉
These books are available from your school district offices – free of charge. You can download the free books by clicking on the picture of the books in the article. They may not be sold. 😉
LikeLike
Jun 09, 2016 @ 07:57:46
Hi daar.. ok het raad nodig.. graad 6 wiskunde kapasiteit en volume? Hoe ver leer hulle die SI eenheid? Asb.. het raad vinnig nodig
LikeLike
Jun 09, 2016 @ 10:51:04
Hallo, Natasja 😉
Die volgende word behandel:
“Omskakeling tussen kiloliters, liters en
milliliters – Omskakelings behoort gewone
breuke asook desimale breuke tot 2
desimale plekke in te sluit”
Loer ook hier van bladsye 238 af 😉
LikeLike
Jun 26, 2016 @ 21:02:42
Juff ek mal oor al jou hulp.ek wil graag meer hulp he met afrikaans om seuns te help met briewe en opstelle skryf en in die regte sin kombinasie of wat ook al en instruksie tekse en s een in Gr 5 en een in Gr 3 seblief
LikeLike
Jun 28, 2016 @ 01:42:32
Hallo, Nicky 😉
Dink aan ‘n opstel as ‘n hamburger. Die broodjies is die begin en die slot – met die vulsel as interessante paragrawe.
Met sinne kan ‘n mens basies onthou dat ‘n basiese sin gewoonlik ‘n lewendige wese het wat iets doen. Die kat sit. Vra dan “hoe? wat? waar? waarmee? waarom? wie?…wanneer? hoekom?” Kan ‘n mens iets meer omtrent die persoon/dier sê? Die bruin kat sit…Die bruin kat sit op die mat…Die bruin kat sit op die mat en wag vir haar kos.
As dit ‘n stelsin/opdrag is, sal die doenwoord of werkwoord aan die einde van die sin pas: Jy moet jou naam skryf. Die kind moet sy tas dra.
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Jul 19, 2016 @ 14:49:33
Hi, ons doen tans tuisonderrig en is opsoek na n kurrikulum wat Afrikaans as eerste adisionele taal, op genotvolle wyse oordra. Wat sou jy aanbeveel?
Groetnis
Karin
LikeLike
Jul 19, 2016 @ 16:33:18
Middag, Karin 😉
Ek weet ongelukkig nie veel van alternatiewe kurrikulums nie, maar sou voorstel dat jy na Tuisskolers en Tuisskool Kurrikulum Gids loer. PretmetAfrikaans lyk na ‘n oulike reeks. Trumpeter Publishers het oulike werkboekies. Hier op my blog, kan jy soekterme soos “ABC uitspraak, rympies, stories, liedjies, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiings, flits, sigwoord, oefen self, leesreeks, leeslys, verkleinwoord, meervoud, e klink soos i, verwarring, f en v, woordeinde…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik vir verskeie idees en drukbare bladsye. Daar is ook enkele ander idees onder die Drukbare Bladsye-hofie beskikbaar.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jul 28, 2016 @ 21:05:17
Kry jy die boeke in afr ook
LikeLike
Jul 28, 2016 @ 22:59:28
😉 Hallo, Marleze
Ja, dit is in Afrikaans Huistaal en Tweede Taal beskikbaar.
LikeLike
Aug 04, 2016 @ 12:46:23
Ek is opsoek na Gr9 rekenkunde,afr en eng se werksboeke?
LikeLike
Aug 04, 2016 @ 16:06:20
Middag, Marleze 😉
Ek is ongelukkig onkundig in Hoërskoolboeke, maar het die vraag op my Facebookmuur herhaal. Indien jy die departementele werksboeke vir Graad 9 benodig, sal jy die wiskunde skakels (in Afrikaans en Engels) in hierdie skrywe kry [sien “2016 – Boek 1, Boek 2”]. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Aug 22, 2016 @ 16:04:26
Goeie midddag my outjie is in grad een, hulle praat van prisma en sfeer vorms……..wat is dit en waar kry ek voorbeelde om hom e help?
LikeLike
Aug 22, 2016 @ 16:07:59
Middag, Nikki 😉 Dit klink asof hulle nou na 3 Dimensionele vorms begin loer. Loer gerus hier: vorms.
LikeLike
Aug 23, 2016 @ 10:33:58
Hi wil graag gr R boeke bestel as moontlik.
LikeLike
Aug 23, 2016 @ 13:41:40
Hallo, Lucy-Anne 😉
Die CAPS “reënboogboeke” is gratis by die skooldistrikskantore beskikbaar en mag nie verkoop word nie. Jy kan dit egter aanlyn aflaai deur op die skakels onder die prentjie in die skakel te klik.
Vir meer Graad R idees hier op my blog, kan jy soekterme soos “abc uitspraak, abc skryf, syfer, vorm, posisie, tuis idees, oefen self, patroon, patrone, middellyn, spiertonus, Graad R, Graad 1, karnivore, wilde dier, troeteldier, plaasdier, bye, dokter, beroepe, lente, somer, herfs, winter, waterspel, links en regs, kleurwiel, flits…” by bruin soekblokkie aan die regterkant in tik of na my produkte op Teacha loer 😉
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Sep 04, 2016 @ 10:28:25
Hello jille
Wil net hoor of jille my kan help met die veduidelikings van
Tweeledige modus
En
Datasiklus
LikeLike
Sep 04, 2016 @ 23:56:18
Hallo, Drieka 😉
By watter vakgebied of graadvlak word dit genoem?
LikeLike
Jan 13, 2017 @ 09:37:25
Goeie dag ek is opsoek na n wiskunde afrikaans graad 4 boek my meisie kind het nie een gekry nie waar kan ek een bestel om te koop asb
LikeLike
Jan 13, 2017 @ 16:16:28
Hallo, Sonja 😉
Die boeke is slegs gratis beskikbaar en word volgens die skool se klaslyste afgelaai. Dit is egter ook gratis aanlyn beskikbaar (om af te laai). Indien die skool nie ‘n ekstra eksemplaar kan kry nie, kan ‘n mens dit by die skakel (2017 – Boek 1) in die skrywe aflaai. Dit is in kleur en mag dalk ‘n bietjie duur uitwerk.
LikeLike
Jan 15, 2017 @ 17:48:51
Waar kan ek die boeke koop
LikeLike
Jan 15, 2017 @ 17:53:57
Hallo, Elizna 😉 Die boeke is gratis verkrygbaar by die skooldistrikskantore en kan af gelaai word by die skakel in die skrywe. Dit mag nie verkoop word nie.
LikeLike
Jul 16, 2017 @ 21:32:04
Hoe mk ek as ek dit wil he
LikeLike
Jul 17, 2017 @ 00:38:58
Hallo, Lee-Ann 😉
Jou seuntjie behoort reeds hierdie werksboeke te hê – aangesien die regering dit gratis aan elke skoolkind verskaf. Loer gerus na die skakels in my vorige antwoord en ook hier na ekstra werkies. Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Jul 16, 2017 @ 21:34:41
Hi juffrou my seuntjie doen nie so goed in Afrikaans n wiskunde ni hy is graad 2. Kan u my help asb
LikeLike
Jul 17, 2017 @ 00:36:47
Hallo, Lee-Ann 😉
Ek het verskillende wiskundige konsepte en idees hier op my blog beskikbaar. Tik gerus soekterme soos “wiskunde huiswerk, geld, hoe laat is dit, breuke, woordsom, vorms, halveer, uitdeel, veelvoude, maaltafels, verdubbel…Teacha…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Onder die “Drukbare Bladsye”-hofie, sal jy ‘n hele paar ander gratis werksvelle ook kry.
LikeLike
Aug 07, 2017 @ 11:59:49
Opsoek ma gr r boeke
LikeLike
Aug 07, 2017 @ 14:13:07
Hallo, Elizabeth 😉
Jy sal die boeke by die plaaslike OBOS/Skoolkliniek kan bestel of loer na die skakels onder die prentjie in hierdie skrywe.
LikeLike
Aug 14, 2017 @ 10:32:46
Hallo Ons is ‘n spesiale skool (Tugela in Newcastle) wat graag van die Departement se handboeke wil bekom vir graad R tot 5. Wie kan ons kontak? Mev. Vosloo, Media Sentrum
LikeLike
Aug 14, 2017 @ 13:58:03
Middag, Veronica 😉
Die hoof en adviseurs van die plaaslike MEED/OBOS/departementele distrikskantore behoort hiermee te kan help. Hulle werk gewoonlik streng volgens getalle, maar die boeke is gratis.
Loer na voorbeelde deur op die skakels onder die prentjie in die skrywe te klik.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Des 05, 2017 @ 12:06:58
het hul die resource kit vir Graad R in afrikaans
ek is opsoek vir boeke ens vir graad R
LikeLike
Des 05, 2017 @ 14:13:21
Hallo, Maryke 😉
Die onderwysdepartement verskaf die “reënboog werkboeke” en kits – sover ek verstaan (die skool moet met die distrikskantore kontak maak). Hier op my blog, kan jy soekterme soos “abc uitspraak, abc skryf, potloodgreep, knip, abc, ouditiewe, visuele, ogies, tuis idees, tuis oefen, oefen self, syfers, vorms, rympies, liedjies, stories, skoolgereed, voorskoolse, Graad R…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.
Loer ook hier na moontlike opsies (werksvelle/-boekies) en hier (sertifikate, ander werksvelle, muurkaarte, ens.).
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Jan 27, 2018 @ 19:03:23
Hoe kan ek vam die boeke kry?
LikeLike
Jan 27, 2018 @ 19:11:07
Hallo, Jeanette 😉
Klik gerus op die skakels onder die prentjies en in die skrywes. Dit is gratis aflaaibaar. Jou skool kan ook die plaaslike kurrikulum adviseurs vir die papierweergawe nader. Ongelukkig het die onderwysdepartement nog nie die 2018-skakels beskikbaar gestel nie.
LikeLike
Jan 29, 2018 @ 08:04:56
Goeie môre is daar dalk ñ moontlikheid dat ek die Wisk Gr4&6 boeke vir die jaar kan kry? Groot asb en baie dankie
LikeLike
Jan 29, 2018 @ 14:01:07
Hallo, Hilary 😉
Jy behoort die ouer boeke (2017 en ouer) by die skakels onder die prentjie af te laai. Die onderwysdepartement het nog nie die 2018-boeke beskikbaar gestel nie.
Dit is alles gratis, so jy hoef net die klik en uit te druk (‘n ietwat groot dokument).
LikeLike
Feb 05, 2018 @ 10:39:22
Hello Juffer. Ek het die Graad R handboeke almal afgelaai vir my seuntjie, weet jy moontlik waar n mense die plakkers kry wat in die boeke geplak moet word?
Groete
LikeLike
Feb 05, 2018 @ 14:40:06
Hallo, Landi 😉 Die onderwysdepartement sal die oorspronklike boeke aan skole verskaf en mag dalk ekstra plakkerblaaie hê. Hoor gerus by die plaaslike distrikskantore of by die laerskole.
LikeLike
Feb 10, 2018 @ 23:58:53
Hallo
Ek sukkel om die Survival Guide vir Foundation Phase af te laai.
Dit sê die website kan nie gevind word nie. Kan jy dalk help asb? Dankie vir AL die oulike idees
LikeLike
Feb 11, 2018 @ 05:53:47
Hallo, Adri 😉 Ek vra om verskoning. Die skakel het verander. Hierdie is die Grondslagfasegids 😉
LikeLike
Feb 12, 2018 @ 20:21:25
Goeiedag,
Ek wil graag die DBO werkboeke vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Wiskunde asook Engels Eerste Addisionele taal aflaai vir gebruik met die dataprojektor in my klas. Waar en hoe kan ek dit aflaai?
Baie dankie
Alana Louw
Gansbaai
LikeLike
Feb 12, 2018 @ 21:04:22
Hallo, ek het toe reggekom met die aflaai van die DBO werkboeke. Het dit net mis gekyk.
Groete
Alana Louw
Gansbaai
LikeLike
Feb 12, 2018 @ 23:07:08
😉 …net toe ek wou antwoord 😆 . Die 2018 boeke is nog nie aanlyn beskikbaar nie. Ek sal die skakels plaas sodra ek dit kry.
LikeLike
Feb 26, 2018 @ 05:57:18
Goeie dag ek is op na graad R hulpbronne en so ook klaar uit gewerkte dagbeplanning.
LikeLike
Feb 26, 2018 @ 15:30:07
Middag, Amy 😉
Ek het nie uitgewerkte lesse nie, maar heelwat les idees. Tik gerus soekterme soos “beplan, Graad R, middellyn, knip, potloodgreep, handspier, abc uitspraak, abc skryf, liedjies rympies, stories, liggaam, skelet, gesonde mond, higiëne, plaasdier, wildtuin, troeteldier, pasella, voorskools, ouditiewe…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in of loer ook hier na verskeie hulpbronne om na te loer.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jun 11, 2018 @ 18:48:56
hello wil graag net bietjie hul hê hoe ek my gr.5 seun kan help voorberei vir nwt ,geskiedenis en psw. dalk met aflaai van verlede jaar se vaestelle??? asb???
LikeLike
Jun 11, 2018 @ 22:14:06
Hallo, Nadia 🙂
Ek het enkele ou vraestelle hier beskikbaar. Loer ook na die inligting oor leer en studietegnieke.
Ek hoop dit kan help. 😉
LikeLike
Jun 19, 2018 @ 14:06:12
Hallo. Ek is ‘n tuisonderrig mamma van 3. Ek wil graag die caps werkboeke vir hulle aflaai, alle vakke, om te sien dat ons voldoen aan al die caps vereistes. Ek het die link hierbo gebruik, maar kom glad nie reg nie. Ek is ook opsoek na jaareind vraestelle om ons te toets. Ek sal hulp waardeer.
Ek sal ook ander mammas se insae waardeer van wat is die beste kurrikulums beskikbaar vir tuisonderrig, veral as dit op die rekenaar kan wees.
Baie dankie
LikeLike
Jun 19, 2018 @ 17:32:26
Hallo, Michelle 😉
Dit lyk asof die onderwysdepartement se webblaaie ‘n fout het, maar dit behoort binne ‘n dag of twee weer reg te wees. Maryna Moolman is ‘n kenner in terme van tuisonderrig en behoort waardevolle inligting te hê. Kontak haar gerus.
Hierdie skakels is wat ek hier op my blad gelaai het en behoort intussen te kan help 😉
Skole hou hul vraestelle gewoonlik streng privaat, maar hier is ‘n paar voorbeelde.
KABV Wiskunde Grondslagfase
KABV Afrikaans Huistaal
Engels Huistaal
LikeLike
Jul 18, 2019 @ 10:02:05
My dogtertjie is in Graad 1, en juffrou het my gister gevra ek moet ekstra oefening met haar doen rakende omkerings, dit is omkerings van b & d, s, p, 5, 2, 3 getalle 32 wat sy skryf as 23 (dit is nou net voorbeelde wat erg uitgestaan het) watse oefeninge kan ek alles met haar doen? Indien iemand dalk vir my oefeninge het wat ek kan aflaai en print sal dit baie waardeer word
LikeLike
Jul 18, 2019 @ 16:12:15
Middag, Erica 🙂
Van die oefeninge, kan/moet ‘n mens fisies doen. Ek het heelwat inligting in verband met b en d verwarrings/omkerings, algemene verwarrings, die vaslegging van syfers, visuele persepsie (ogies) en posisie.
Wanneer die outjie byvoorbeeld 13 omruil en as 31 skryf, het dit met die begrip van die waarde van die onderskeie getalle te make. Ek gebruik tellers (los items) en flardkaarte om die waarde van die aparte getalle te wys. ‘n 13 bestaan uit ‘n 10 en ‘n 3 teenoor 31 wat uit 30 en ‘n 1 bestaan. Loer gerus hier na verskeie aspekte van wiskunde (en drukbare flardkaarte).
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jan 23, 2020 @ 09:09:37
Juffer, ons dogtertjie het met Graad R begin. Ons bly egter op ‘n plaas en ry slegs twee maal per week met haar en boetie (4jr) na die naburige dorp vir skool. Sal die Gr. R werkboek van 2019 steeds gebruik word hierdie jaar? Ek wil graag tuis uit ‘n gepaste wekboek saam met haar werkies doen totdat ons die 2de kwartaal ‘n ander plan kan maak met saamry geleenthede vir haar om meer gereeld skool by te woon. Ek wil jou bedank vir hierdie wonderlike webblad met al sy idees en inligting. Ek bewonder jou! Hier gaan baie ure se arbeid ín. X
LikeLike
Jan 23, 2020 @ 13:04:12
Baie dankie, H 😉 Dit beteken baie.
Begin by konsepte soos liggaamsdele, potloodgreep, kleure, liedjies, stories, rympies, ens. Ons doen baie fisiese aktiwiteite, speel, ontdek en doen kunswerk in Graad R. Hoor gerus by die juffrou wat hulle behandel en verf julle eie prente of knip tydskrifprente in legkaarte op om aanvullende werk te doen. As hulle van sintuie leer, kan julle byvoorbeeld geurige koekies bak (ruik en proe) en liedjies sing en rympies leer. Die plaaslike biblioteek behoort baie waardevolle materiaal te hê.
Tik gerus soekterme soos ‘liggaamsdele, higiëne, gesonde mond, handspier, posisie, knip, potloodgreep, tuis idees, tuis oefen…rympies, liedjies, stories…somer, herfs, winter, lente, troeteldiere, plaasdier…’ by die soekblokkie hier aan die regterkant in en loer ook na die onderstreepte skakels in hierdie boodskap vir verskillende idees.
Die 2020-boeke sal eersdaags beskikbaar wees, maar intussen behoort die vorige boeke te help (Werkboek 1 van die onderskeie jare).
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike
Jan 23, 2020 @ 15:00:58
GROOT waardering vir jou Juffer! Weereens dankie vir hierdie webblad met al sy hulpmiddels. Ek sou bietjie verlore gewees het sonder hom. X
LikeLike
Jan 23, 2020 @ 18:25:26
Dis ‘n groot plesier 😉
LikeLike
Feb 13, 2020 @ 11:18:11
IS DIT MOONTLIK OM
AFRIKAANS 1STE TAAL
ENGELS 2DE TAAL
WISKUNDE GELETTERDHEID
LEWENSORIENTERING AS VERPLIGT VAKKE TE NEEM
EN DAN NOG 3 ADDITIONEL KEUSE VAKKE VIR GRAD 8 SERTIFIKASIE
LikeLike
Feb 13, 2020 @ 23:34:02
Hallo, Heilana 😉
Ek is ongelukkig nie seker hoe hoërskool vakkeuses werk nie, maar is seker dat die voorligtingsopvoeder of graadhoof kan help. Tans gaan kinders skool tot en met die ouderdom van 15 of tot aan die einde van Graad 9. Praat gerus met die skoolhoof indien jy steeds wonder.
LikeLike
Des 01, 2020 @ 13:29:13
Good day
I AM LOOKING FOR THE grade R Term 2 Life Skills ATP’S
Kind Regards
LikeLike
Des 02, 2020 @ 20:05:14
Hallo, Karen 🙂
These are the latest ATPs that I have found.
LikeLike