Tuis

beskerm

2 Kommentaar


kinderbeskermingsweek

Gesels gerus hierdie week met die klas oor hul regte en veiligheid.

veelvoude

2 Kommentaar


veelvoude Veelvoude is die begin van maaltafels of vermenigvuldiging en dui op herhaalde optelling (herhaling van ‘n getal tydens optelling, bv. 2 + 2 + 2).  Hiermee dan ‘n paar drukbare takies soos elders gekry.

  1. Tel in 2’s
  2. 2’s veelvoud
  3. Tel in 2’s (dot-to-dot)
  4. Tel in 2’s (doolhof)
  5. Tel in 2’s (wurm)
  6. Tel in 2’s (voltooi patroon met Engelse getalname)
  7. Tel in 3’e
  8. Tel in 3’e (dot-to-dot)
  9. Tel in 4’e
  10. Tel in 5’e
  11. Tel in 5’e (getallyn)
  12. Tel in 6’e
  13. Tel in 10’e
  14. Tel in 10’e 2
  15. Verskeie veelvouddoolhowe
  16. Verskeie veelvoude (druk en hou)
  17. Verskeie
  18. Verskeie (maak jou eie blaaie)
  19. veelvoudeblokke
  20. veelvoude-kaartjies
  21. Veelvoudkaarte

 

Kyk ook na maaltafels en die drukbare bladsye vir nog hulp.

maalveelvoud

Aandagafleibaar

7 Kommentaar


villageschooljansteen

  1. Plaaslike navorsing (Prof. A Venter, UFS)
  2. Plaaslike navorsing (Prof Venter – Copy (2))
  3. Dr. Gabriel Malherbe
  4. Verklarings
  5. Dr. Jeeva
  6. 7 feite oor ADHD
  7. Simptome/Kenmerke/Raad
  8. ADHD Aware
  9. Aktiwiteite en Sport vir kinders
  10. ADHASA (Suid-Afrikaanse ondersteuningsgroep)
  11. ADDers (Suid-Afrikaanse ondersteuningsgroepe)
  12. Artikel
  13. Kriewel maar…
  14. ‘n Gonser vir Dagdromery
  15. SoListen/Tomatis
  16. Inligtingstuk

Belangrik…Daar is baie faktore wat aanleiding tot afleibaarheid kan gee.  Skakel eers alle moontlike oorsake uit.  Bv.

  • Kan die outjie se brein die inligting wat hy hoor en sien korrek interpreteer?
  • Pla allergieë en belemmer dit dalk die gehoor (toe oortjies…luister nie)?  Is daar kroniese siektes wat pla?
  • Kriewel die outjie nie dalk weens swak spierbeheer nie?
  • Is die dieet en slaaproetine korrek?
  • Is daar dalk spanning tuis of in die klaskamer?  Is daar emosionele aspekte wat die outjie ontstel?

Gesels eers met ‘n opvoedkundige sielkundige om alle moontlike faktore uit te skakel.   Dalk lê die antwoord by hulp soos spraak- en taalterapie, arbeidsterapie, skolastiese ondersteuning (bv. remediëring), berading en dies meer. 

Kontak ‘n pediater of kinderpsigiater indien ADD/ADHD (AAS) steeds vermoed word.

Sien die skakels aan die regterkant en hierdie stukkie oor aandagafleibaarheid vir verdere besonderhede.

knip

1 Kommentaar


 

knip1Ouers soek dikwels na ekstra knip-oefeninge.  Maak seker dat julle die korrekte stomppuntskêr (vir links-/regshandiges) het.

Begin eers by snipperwerk.

Loer ook na die tuis idees vir verdere tuis oefeninge…
 knipwerk

Hulp

Lewer kommentaar


 

help25 April is Pay it Forward Day.  Hoe kan jy in, by of naby die skool help?

  • Help die biblioteekjuffrou om stukkende boeke te herstel.
  • Help om handboeke met plastiek oor te trek.
  • Skenk meerjarige plante – Wat van steggies of kruie?
  • Verf speelblokke (springblokke) op die speelgrond.
  • Begin ‘n herwinningsprogram by die skool. Dit kan ‘n fondsinsamelingsprojek word.
  • Bied ‘n leesuur na skool aan.  (Lees oulike boeke voor as outjies vir geleenthede moet wag.)
  • Skenk ou skoolklere aan die klerebank.
  • Skenk ou kinderklere aan die klerebank – vir noodgevalle.
  • Skenk ou sambrele, reënbaadjies of -jasse – vir noodgevalle.
  • Help by die skolierpatrollie.
  • Vergesel kinders smiddae na die naaste biblioteek (as daar een naby is).
  • Maak beurte om kinders by sportgeleenthede te besorg.

Wat doen julle om die skoolgemeenskap te ondersteun?

winter

8 Kommentaar


winter

  1. Sambreel en reën:  Sny ‘n papierbord in die helfte en “oefen” dan die apieswaai- of hasie hoppatrone bokant of langs die reguitlyn.  Knip al op die lyn om die kartelrand te maak.  Verf of versier die sambreel met spatwerk.  Gebruik verskillende helder kleure en kyk hoe dit in mekaar vloei.  Só kan die kleingoed ook sien hoe kleure meng (bv. rooi en geel maak oranje…).  Kantel die agtergrondbladsy teen ‘n hoek (bv. ‘n ou hefboomlêer met plastiek oor) en drup pastadikverf of effens verdunde, blou voedselkleursel daarop.  Dit behoort oulike reëndruppels te vorm.  As die verf effens opdam by die onderkant van die papier, vorm dit sommer waterplasse.  Maak dan ‘n oulike mensie wat ‘n sambreel in die reën vashou – om bo-op die agtergrond te plak.
  2. Vir ‘n sneeu-agtergrond, kan ‘n mens ‘n dikker papier of karton gebruik.  Kantel die bladsy teen ‘n helling en drup dan kerswas of wit vetkryt daarop.  Maak seker dat alle veiligheidsmaatreëls goed verduidelik is.  As wit papier gebruik word, kan ‘n mens flou, blou voedselkleursel bo-oor verf.
  3. Drukwerk met dennetakkies:  Druk ‘n dennetakkie in houtlym en druk op ‘n vel papier om sneeuvlokkies te vorm.  Sprinkel fyn, silwer blinkertjies oor die gom en laat droog word…of gebruik wit verf.  Hou dit as ‘n agtergrondbladsy…
  4. Versier ‘n goedkoop wolmussie met ‘n monstergesiggie.  Knip driehoeke uit wit lap (vir die tande), kies ‘n ekstra groot knoop vir ‘n oog en werk een ekstra groot kruissteek uit vir die ander oog.  Afhangende van die outjie se ouderdom, kan die kleingoed gehelp word om self die stekies te maak en om die driehoeke uit te knip.
  5. Sneeu spuitwerk met ‘n tandeborsel en loperige wit verf (dun):  Kies plastiese speelgoeddiere om op ‘n vel papier te plaas.  Doop die tandeborsel in die verf en spat dit bo-oor die diere.  Sodra dit droog is kan die diere gelig en gewas word.  As jy nie speelgoed wil gebruik nie, kan ‘n mens diere uit karton sny vir dieselfde doel.
  6. Sneeuman:  Trek drie sirkels in verskillende groottes.  Die kleinste een kom bo en die grootste vorm die voetstuk.  Smeer gom in die sirkels en strooi versnipperde papier in elk.  Druk vas en voeg dan items soos ogies, takkies vir die arms en ‘n mond by…’n Ander opsie is om die outjies ‘n dag of twee voor die tyd wit papier te laat pons (fynspier oefening) en om dít dan op die sneeuman te strooi.
  7. Reënspeletjie:  Vul die helfte van ‘n glasflessie met water, spuit skeerroom bo-op die water en drup ‘n paar druppels voedselkleursel bo op.  Só reën dit kamma-kamma.
  8. ‘n Oorsese mamma maak wolke in die mikrogolfoond deur ‘n stukkie seep te verhit.  Ek is te versigtig hiervoor…
  9. Maak wolke.
  10. Eenvoudige wolke om te druk en uit te sny.
  11. Soutkleiwolke:  Rol ‘n ovaalvormige kleibal met soutklei en druk plat.  Druk dan die kepe na binne met ‘n tandestokkie en voeg ‘n gat vir die oorbeldraadjie by.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens die draadjies byvoeg.
  12. Maak ‘n sneeuman in ‘n sakkie:  Laat die outjies sirkels uit swart papier sny, plak dit in ‘n halfmaan (mond) en plak die twee oë bokant dit.  Sny ‘n oranje mond uit spons/skuimrubber (vir die neus) en plaas dít en goedkoop skeerroom binne in ‘n waterdigte sakkie.  Die outjies kan dan met die vingers die neus tot op die regte plek skuif – ‘n ideale fynspier oefening.
  13. Verf die onderkant of boom van ‘n plat dosie in reënboogkleure.  Strooi ‘n lagie wit poeier, sout of meel bo-oor en laat die kleingoed hul klanke, syfers, vorms en patrone met die vinger hierin trek. Die reënboog sal dan tussen die wolke deur loer.
  14. Sneeu-speelklei:  Maak gewone klei en meng silwer blinkertjies by.  Gebruik dit om klanke, woorde, syfers en vorms te vorm.
  15. Teeligte:  Gebruik ‘n skoon glasfles – bedek met ModPodge.  Laat die glasfles in ‘n bordjie Epsomsout staan en rol dit dan om die kante te bedek.  Laat dit regop staan en sprinkel nog Epsomsout om die rand.
  16. Weerlig in ‘n fles:  Verf ‘n glimverfwolkie (glow in the dark) bo om die fles met weerligstrale wat afwaarts beweeg.  As die handjies nog onhandig is, kan ‘n mens die buitelyne (apieswaaipatroon en ‘n sigsagpatroon na onder) met ‘n swart veselpen teken.  Die outjies trek dan basies die lyne met verf na.  Gebruik ‘n wattestokkie as die kwas smeer.  Dié fles behoort vir ‘n rukkie te skyn na ligte uit…’n mens kan ‘n gewone wintersprent met ‘n glimweerligstraal afrond.  Dit sal dieselfde effek hê.
  17. Glinsterdruppels of -sneeuvlokkies:  Buig ‘n pypskoonmaker of enige dun draad in die vorm van jou keuse en hang dit aan ‘n stokkie/potlood binne in ‘n fles.  Kook water en voeg by.  Meng ongeveer ‘n 1/3 koppie Boraks by.  Teen die volgende dag behoort die vormpie met kristalle gevul te wees.  Hang dit in die venster op.
  18. Pastavlokkies:  Pak wielvormige pasta in konsentriese sirkels – om soos ‘n groot sneeuvlokkie te lyk – of maak heksagone (seshoeke).  Plak dit dan met houtlym aan mekaar vas en verf wit.  ‘n Mens kan dit ook met muurpapiergom plak, verwit met spuitverf en fyn blinkertjies bo-oor sprinkel.  Sodra die een kant droog is, draai om en herhaal aan die anderkant.  Hang dit in die venster op of hou dit vir die Kersboom.
  19. Maak pofferige sneeumanne of ysbere met skeerroom.
  20. Versier die yskas of klasdeur soos ‘n sneeuman (met vorms).  Sny sirkels en driehoeke uit om die hempsknopies, oë, mond en neus te vorm.  Dit maak ‘n vrolike prentjie, oefen die handspiere en lê die kennis van vorms vas.
  21. Bou ‘n igloo-lees of fantasiespelhoekie  uit ou melkbottels – vir herwinning later.
  22. Kap die boom van wit roomysbakke vol gate en bedek met watte.  Plaas dit by die waterspelpunt en kleur die water blou vir ekstra pret.  Nou kan die kleingoed hul wolke laat reën.
  23. Maak ‘n windmeter met vyf dun, plastiese koeldrankglase, drie stewige strooitjies en ‘n blik vol grond.  Pons gate deur die teenoorstaande sye van een glas, sodat twee strooitjies ‘n kruis in die middel vorm.  Pons gate deur die kante van die ander glase, druk die strooitjies daardeur en plant die windmeter met ‘n strooitjie (of sosatiestok) in die blik vol sand.  Die glase behoort die wind te skep en sodoende te draai.  Vir ekstra sprankel, kan ‘n mens klokkies of koeldrankblik “tabs” aan die glase hang.  Só sal die windmeter aandag trek wanneer die klokkies begin lui of klingel.
  24. Sneeuvlokkies om uit te sny as klasversiering.
  25. Bak ‘n reënweer cupcake/kolwyntjie met pofferige, wolkerige versiersel en blou voedselkleursel as reënwater.  Skep bloot ‘n lepel voedselkleursel onder in die papiertjie vóór die beslag bygevoeg word.
  26. Lugruim met wolke:  Maak blou jellie (Moir’s) aan en laat stol.  Skep dit in deursigtige bakke – met hier en daar ‘n lepel room as wolke.  Wat van wit malvalekkers in plaas van room?
  27. Wolkebewers (mobiles):  Sny ‘n wolk uit karton en pons dan gate hier en daar.  Bind ‘n toutjie, lint of wol vanuit die middelste gat aan ‘n “hangertjie” of ringetjie (ringetjie om bruistabletproppe werk goed) vas.  Bind nou tou of vislyn van verskillende lengtes deur die ander gate vas.  Laat dit plat lê.  Gebruik blou papier (verf vooraf met blou voedselkleursel of waterverf) om reëndruppels te verteenwoordig en geel papier of foelie om weerlig uit te beeld.  Sny druppels en weerligstrale uit en plak dit op die toutjies vas.  Verseker dat die weerlig na aan die wolke begin – sodat die strale uit die wolke kom.  Om die bewertjie af te rond, kan die wolke met gepluisde watte bedek word.  Hang dit voor ‘n venster.
  28. Sny ‘n enorme wolk uit wit papier.  Snipper kleurryke A4-bladsye in ‘n snippermasjien en vra die kleingoed om dit volgens kleure te sorteer.  Plak die gegroepeerde kleure op die keersy van die wolk vas en plak die wolk ligweg bokant ‘n venster, luggat of naby ‘n waaier vas.  Die reën behoort in die briesie te ritsel.
  29. Indien julle twee wit bladsye bo-op mekaar pas en die wolk dán aftrek en uitsny, kan ‘n mens dimensie aan die wolk gee. Volg die stappe van punt 28 en pas die tweede wolk bo-op die eerste een.  Kram die sye al om die rand vas en hang die wolk dan uit die dak uit.

winter

DSCN1254

gemeenskapsdiens

Lewer kommentaar


pif

25 April is Pay It Forward-dag.  Gebruik dié dag om die kleingoed bewus te maak van eienskappe of omgee-aspekte soos gemeenskapsdiens en bedagsaamheid.  Is daar iemand wie julle in die stilligheid kan help?  Loer gerus na hierdie stories vir inspirasie.

vakansie

2 Kommentaar


rus

 

Dit is vakansie!  Indien jy graag meer oor die kodes op die rapport wil weet, tik “CAPS” by die soekblokkie aan die regterkant in.  Loer gerus ook na “Paasfees” en skooldinge soos “potloodgreep, skrif, skryf, klanke, hersien, halveer, voor en na, meer en minder, vermenigvuldig, Graad R, Graad 1, middellynkruising, visuele persepsie, handspier, fynspier, links en regs…herfs, somer, lente, plaasdier, karnivore, wilde diere, sokker, rugby, olimpiese spele, krieket, beroepe…“.

Lekker rus!

woordsoort

6 Kommentaar


woordsoortDie ouer kinders begin reeds na woordsoorte soek.  Hiermee dan so ‘n paar idees.

woordsoort vb

woordsoorte

Depicta het muurkaarte vir die onderskeie woordsoorte.

beroepe

2 Kommentaar


beroepeJuffrou T het idees in verband met beroepe (voorskoolse vlak) gevra.  Hiermee dan so ‘n paar idees…

As ‘n mens oor beroepe (of werke) praat, kan ‘n mens na die ouers se beroepe kyk of vooraf ‘n opname maak oor wat elkeen wil word “as jy groot is”.  Betrek ‘n paar van hierdie beroepe of kies ‘n paar opwindende beroepe.

Dink aan vrae soos:

Onthou dat die besprekingskring ‘n ideale geleentheid is om die woordeskat uit te brei.
  • Wat sal jy dra?  (uniform, gewone klere, kleurskema/kleure)
  • Sal mense weet wat jou beroep is deur net na jou te kyk?  (unieke besonderhede aan die uniform – skoene, stewels, pet, balkies, lapelwapens, spesifieke voertuig…)
  • Wat doen jy by die werk?
  • Wat gebruik jy in jou beroep?  (rekenaar, toerusting…)
  • Werk jy binne-in of buite ‘n gebou?
1.  Wildtuin- of dieretuinbewaarder:

Maak diere

  • Maak ‘n leeumasker en trek strepies vir snywerk al om die rand van ‘n papierbord.  Die outjies teken dan die gevreet, kleur die rand (maanhare) in en sny die strepies al om die rand om wippende maanhare te maak.  Vir die jonger outjies, kan ‘n mens die oë, snoet en bek met ‘n swart veselpen teken.  Hulle kleur die leeu dan met vetkryt in en verf bo-oor met effens verdunde oranje en/of eiergeel voedselkleursel.  Sodra dit droog is, kan hulle die maanhare sny (dalk ‘n tweede dag se ekstra taak).
  • Groter kinders kan die leeumasker maak deur ‘n sirkel uit karton te sny.  Afhangende van hul vaardighede, kan ‘n mens die oë, snoet en bek vooraf binne-in die sirkel teken en afrol.  Die outjies sny die sirkel uit en ook die gate vir die oë.  Daarna verskaf ‘n mens smal strokies gekleurde papier (dalk vooraf gekleurde papier) om die maanhare te vorm.  Wys vir hulle hoe om die repies styf om ‘n potlood te rol, sodat die hare effens krul.  Verskaf verskillende kleure en skakerings en wys vir hulle hoe om die kleure al om die rand te herhaal (soos ‘n patroon).
  • Maanhare kan ook met drukwerk gemaak word.  Druk ‘n bladsy vol geelbruin hande.  Sodra dit droog is, kan die outjies al om die buiterand knip.
  • Maak ‘n sebra en ‘n kameelperd deur ‘n handafdruk te maak en die besonderhede by te voeg met druk- of verfwerk.
  • As julle oor ‘n wildbewaarder praat, kan elkeen ‘n “selfportret”-gesig met ‘n safari-hoed maak.  Maak dan ‘n enorme Jeep en gee vir outjies byvoorbeeld groot blare of ‘n savanna-grasveld om te verf.  Maak dan ‘n muurtoneel met die hele klas op in die Jeep.
  • Versier die tafels (of leeshoekie) soos ‘n wildbewaarder se Jeep.
  • Soms gee dieretuine vir die diere ‘n yshappie.  Dalk kan die outjies self ysies deur ‘n stokkie te merk (skryf naam op) en geure te giet.
  • Koppe en sterte speletjie:  Sny alles uit en bedek met breë kleeflint of lamineer die prente.  Sny die diere dan middeldeur.  Die outjies moet dan die korrekte dele bymekaar pas.

2.  Polisie en Veiligheid:

  • Maak ‘n pet deur ‘n donkerblou bladsy in die helfte te vou en die helfte van die pet met ‘n swart veselpen te teken.  Die outjies leer dan van simmetrie as hulle hul geknipte patroon oop vou en ‘n pet sien!  Gebruik onverdunde, blou voedselkleursel om die papier te kleur (kinders kan die vorige dag verf).  Kies die polisie of verkeersdepartement se kentekens om voor op die pet te plak.
  • Vir oog-hand koördinasie, kan jy ‘n paar padletters uitsny (kies die korrekte Graad 1-skrif), sodat die outjies met motortjies daarop kan ry.

3.  Vervoer Industrie?

4.  Nooddienste en die dokter

  • Graad R:  Wys prente van nooddienste en speel die klank van die sirene saam. Dan kan jy dalk ‘n storie soek met nooddienste daarin. Speel later ‘n ouditiewe geheue speletjie. Gee vir elkeen ‘n keuse van nooddiensprente (dieselfde as jou voorbeelde). As jy die sirene speel, moet hulle die korrekte diens of prent herroep en wys. Dalk kan julle die noodnommers in verskillende ritmes sê om dit aan te leer.

5.  Beroepe in sport:

6.  Bak-en-brou:

  • Kyk na die werk van ‘n bakster/bakker op bak-en-brou dag.  Maak papierkoekies vir fantasiespel.
  • Maak chefkepse deur ‘n wit platieksak met ‘n papierstrook af te rond (meet die strook nommerpas vir elkeen en kram vas).
  • Bak dan broodjies (sien die idees in die Paasfeesstukkie).

beroepe inkleurprente

‘n Kindle boek oor beroepe.

Screen Shot 2015-08-19 at 18.12.34

Speel op die Tiny Tap toep/app (laai eers die toep af)

Paasfees

Lewer kommentaar


Ek het voorheen ‘n stukkie oor Paasfees geplaas.  Hiermee nog so ‘n paar idees.

  • Sny ‘n kruis uit foelie en versier met patroonwerk.
  • Sny ‘n groot kruis uit ‘n dikkerige karton (soos bokse/dose).  Hou dan ‘n muntlegging om die kruis te bedek.  Plak dit vas en versier om aan bv. die plaaslike dierebeskermingsvereniging te skenk.  Reël met die hoof en lig die ouers net vooraf in van die projek.  Dalk voeg hulle ook ‘n ekstra ietsie by.
  • Maak ‘n Paashaasknippie uit filtlap.  Ouer kinders kan dit dalk self uit knip en gesiggies plak.  Dit kan ook by die troeteldiertema pas.
  • Wortels:  Kry oranje servette vir die bak-en-brou les.  Draai die eetgerei daarin toe en versier met groen linte of pypskoonmakers.
  • Kosblik:  Gebruik blaardeeg om ‘n lang wurmpie te rol.  Buig dit in die helfte en vleg of verstrengel die twee bene soos ‘n koeksuster.  Rol ‘n balletjie om as stertjie te dien en plaas dit in die lussie.  Verf met melk voordat dit gebak word tot goudbruin.
  • Kleur wit sjokolade oranje.  Doop dan aarbeie daarin en laat droog word.  (Kamma wortels)
  • Intiem Tydskrif het oulike brooddeeghasies op Facebook gedeel.  Rol ‘n balletjie, knip twee snitte vir ore en maak ogies met ‘n tandestokkie.
  • Maak vrolike eierhempies.  Hierdie voorbeeld is deur ‘n mamma gemaak, maar as ‘n mens materiaalverf ‘n ovaaldrukker en ‘n skoon hempie gebruik, kan die outjies hul eie hempies versier.  As jy nie ‘n ovaalvormige stempel het nie, kan jy ‘n ovaalvorm uit ‘n halwe aartappel kerf en vooraf patrone uit die plat oppervlakte kerf. Sodra die verf droog is, stryk mens dit aan die verkeerde kant (dalk huiswerk saam met die geskenkie).
  • Drukbare naam- en plekkaartjies (haastema) is hier beskikbaar.
  • Perseptuele takies.

Luidleesdag

Lewer kommentaar


litworld.org

6 Maart 2013 is Luidleesdag en ‘n mens kan dié dag gebruik om lees aan te moedig.  Kyk hoe wys hierdie onderwyser nuwe boeke aan sy leerders en hul ouers.  Sou dit moontlik wees om ‘n soortgelyke opname vir jou skool se webtuiste te maak?

  • Staan 20 minute vroeër op om ‘n gediggie of ‘n kort storie voor te lees.
  • Lees die begin van ‘n nuwe storie vroeg oggend voor en los die lekkerste deel vir die 10 minute voor huis-toe-gaan-tyd.
  • Laat die kinders vir mekaar lees (paarlees).
  • Lees of speel ‘n storie oor die interkomstelsel.
  • Maak ‘n skoolopname van ‘n gunstelingboek.  Só sal ‘n mens kort-kort wil loer na bekendes se opnames.
  • Laat die outjies buiteblaaie vir ‘n boek teken (ontwerp) en uitknip of knip ‘n prent uit.  Neem ‘n foto van elkeen met ‘n boek en plaas die foto agter die boek.  As jy nie foto’s wil neem nie, kan die outjies selfportrette teken.
Tik gerus soekterme soos lees by die bruin soekblokkie aan die regterkant in – vir nog idees.

afronding

Lewer kommentaar


afrondHiermee twee kort gedagtes in verband met afronding.  Druk die bladsye uit en hou byderhand om die geheue te verfris.

afrondinghulp en afrond

biblioteekweek

Lewer kommentaar


Biblioteekweek

Biblioteekweek skop op die 16de Maart af.  Dit is die ideale tyd om die biblioteek of die klas se leeshoekie ‘n nuwe baadjie te gee.

  • Verf die trappe naaste aan die biblioteek soos die rugkante van geliefde boeke (of gebruik papier as dit net tydelik so gaan lyk).
  • Vra die outjies om die leesboeke volgens kleur, grootte of onderwerp te rangskik.
  • Maak groot KRABBEL-stukke, lamineer en plaas in ‘n houer langs ‘n oop muur.  Dit kan ‘n lekker speletjie raak. (Scrabble)
  • Gebruik die Deweystelsel om raaisels oor bekendes op te stel.  Bv. Mnr. Bester hou baie van …(spesifieke boek se nommer) en Juffrou Coetzee lees graag stories oor

Tik ook soekterme soos boekmerk, bookmark, lees, sigwoorde, stories en rympies by die bruin soekblokkie aan die regterkant in…

volgdieskakels

4.bp.blogspot.com

Kry nog inligting by LIASA.




linkshandig

4 Kommentaar


linkshandig

Hoe hou ‘n linkshandige kind die potlood vas?  Hoe vorm die linkshandige letters?

Het jy geweet daar is ‘n spesiale dag vir linkshandigheid?  Dit is die 13de Augustus.

WOH het my so 'n bietjie laat dink...

WEG

Lewer kommentaar


WEG2013

Die Wêreld Opvoedkundige Speletjiesdae is om die draai.  Die Geletterdheidsdag is op 5 Maart, Wiskundedag is op 6 Maart en op die 7de is dit Wetenskapdag.  Dit is heeltemal gratis en daar is reeds oefenspeletjies beskikbaar.  Skryf in en hou die “tickers” aan die regterkant dop om die dae af te tel.

Ambassador Zeyn Mahomed

Ambassador Amy Coningsby

Pre-Release – World Education Games 2013

emosies

2 Kommentaar


emosies

Kinders sukkel soms om uiting te gee aan emosies of om die regte beskrywing vir hul emosies te vind.  Hier is ‘n paar takies om die kleintjies te help om emosies te verduidelik.  Indien daar egter meer ernstige probleme is, behoort dit deur ‘n kundige aangespreek te word.

alittlelearningfortwo

  • Gee vir die outjies ‘n leë gesig waarin hulle die gelaatstrekke kan teken.  Vandag lyk en voel ek so…
  • Draai en wys:  Teken emosies op ‘n dun rolletjie of pyp (vorm kern en staander soos ‘n overlocker gare tol).  Teken ‘n karakter op ‘n toiletrol – met ‘n gaping in die gesig.  As die rolletjie om die kern draai, verander die emosies.
  • Emosiemeter:  Gebruik kleure, ‘n pyl en ‘n spleetspeld om die pyltjie heen en weer oor die kleure te skuif.
  • Speletjie (gratis) met Engelse woorde.
  • Bou jou emosie met klei – en pak dit op die gesiggie.
  • Kinderwerf het ‘n oulike emosiewiel, Wietske het ‘n paar interessante artikels en hier is ‘n hele boekie.  Die boekie bevat al die Engelse woorde – as die outjies opstelle wil skryf.
  • Gee vir die outjies blaaie met emosiewoorde om opstelle te skryf.  [gevoelens]
  • Engelse emosiewoorde met prente.

Laat weet gerus van nog idees.

geld

4 Kommentaar


Iemand het onlangs werksvelle in verband met geld gesoek.

Hoe lyk die geld?

Ouer Munte en nuwer Munte (nuwe R5, ou en nuwe R5)

Omdat die nuwe note nog kraakvars is, is dit redelik skaars in werksvelle.  Loer gerus na die volgende webtuistes en take vir moontlikhede:

  1. Geld (somme)
  2. Munte Toets jou kennis
  3. Geld note
  4. Coins
  5. Math-Aids
  6. Homeschool Math
  7. Practical Pages
  8. Lesidees
  9. geld drukbaar
  10. Toep/App [Laai TinyTap af en speel die Toep/App.]

Regs-klik en “open in a new tab”.

R50 2 r10 r100 r50 r20 r20 2r200
r5 10c 5c  r2  50c 20cr1r52
Screen Shot 2015-04-10 at 16.16.56
Aflaaibaar op die TinyTap toep/app
geld

Internasionale Moedertaaldag

2 Kommentaar


moedertaaldag

21 Februarie is Internasionale Moedertaaldag.  Wat sê UNESCO?  Dr. Michael le Cordeur?  Neville Alexander?  Marié Heese? Russel BotmanOuers en mense op grondvlak?  ‘n Stukkie navorsing

cvr mlc nm

boeke: soggens en saans

Lewer kommentaar


bookday

7 Maart is Wêreld Boeke Dag en 23 April is Wêreld Boeke Nag.  Laasgenoemde blyk wel vir grootmense te wees, maar ‘n mens kan van enige dag ‘n leesdag maak!

Stel ‘n paar leeslyste beskikbaar vir ywerige lesers, laat hulle hul gunstelingboeke kom wys, hou ‘n spesiale leesuur of selfs ‘n marathon en laat ander onderwysers boeke in jou klas kom lees.  As die skool die geriewe het, kan jy ‘n ouer selfs vra om deur middel van Skype ‘n boekie voor te lees.  Trek aan soos ‘n gunstelingkarakter of die leesboekies se hoofkarakters (Biebie, Kalla, Boet, Saartjie, Kleinsus…) Maak opnames van die lesery en bou julle eie storie versameling op.  As jou klas ‘n verveelde oomblik het, kan jy die video op die rekenaar of televisie wys.  Hulle sal dit geniet om vir juffrou so-en-so, die snoepietannie of Meneer te sien.  

Vir intervensie en motiverings-idees kan jy soekterme soos lees, sigwoorde, klanke…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.

boekenag

Older Entries Newer Entries