
Alles wat mooi is vir die laaste kwartaal!
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
1 Oktober 2019
afrikaans voorspoed 2 Kommentaar

1 Oktober 2019
afrikaans, lees Intermediêre Fase 2 Kommentaar

As ‘n voormalige Engels-huistaalonderwyser in graad 4 – 6, weet ek ‘n ding of twee oor hoe Engels beskou word in klasse waar die meerderheid leerders nie Engels as hul huistaal praat nie – ‘n norm in Suid-Afrika. Dit kan dikwels ‘n stryd wees om leerders te oorreed om te lees vir plesier (dis nou as jy tyd daarvoor kry gedurende die dag!). Dis elke onderwyser se stryd om kinders te kry om te lees.
Om ‘n liefde vir lees te kweek, moet die volgende eers in plek gesit word. Dit help natuurlik dan om lees en begrip te verbeter:
Die meerderheid van Suid-Afrikaanse skole het nie die voorreg van ‘n skoolbiblioteek nie. Selfs ‘n biblioteek in die dorp is dalk te ver. Hoe kry ons leerders dan toegang tot leesstof?
Toe ek begin skoolhou het, het ek ‘n klein persentasie (soos enige onderwyser maar eintlik doen) van my salaris gebruik om in my klas in te ploeg. Ek het boeke, tydkskrifte en selfs gegradeerde leesreekse gekoop. Gek, ja, maar ek het die voordeel daarvan gesien.
Dis natuurlik nie moontlik vir alle onderwysers nie en dit hoef ook nie so te wees nie. Suid-Afrikaanse skole het begrotings. Dit is egter diegene wat daarvoor verantwoordelik is wat die geld op die regte plekke moet toeken en om na onderwysers se behoeftes te luister.
Toe ek op laerskool was (darem nie TE lank terug nie!), het ons toegang gehad tot ‘n leesboks. Hierdie boks het gelyk of dit uit die tagtigerjare gekom het, maar die inhoud was steeds relevant. Deesdae is daar baie meer hulpbronne om van te kies. Daar is ook interaktiewe leesreekse en e-boeke wat mens gratis kan aflaai.
Wanneer jy jou klas binnetree, is daar onmiddellik ‘n wye verskeidenheid van leerders met vlakke van leesvaardigehede. Almal het verskillende sterk- en swakpunte. Leerders leer natuurlik nie op die selfde tempo nie. Hoe kan ons dan almal op verskillende vlakke bystaan? Dis nie maklik nie. ‘n Begin is om te fokus op ‘n goeie grondslag en van daar af te bou om kinders se vaardighede. Maak seker dat jy ook ‘n verskeidenheid van aktiwiteite het wat kinders kan doen op verskillende vlakke. Dit help nie mens forseer ‘n kind om op ‘n graadvyf-vlak te lees, indien hulle die vaardighede van ‘n graad 3-leerder het nie. Bou hulle saam op tot hulle op ‘n aanvaarbare vlak is en moedig dan leerders aan om moeiliker tekste aan te pak.
“It is only through reading that children learn to read. Trying to teach children to read by teaching them the sounds of letters is literally a meaningless activity.” – Frank Smith (Psycholinguist, Development of Reading Theory Contributor, Harvard University)
Begrip, begrip, begrip! Dit is definitief die belangrikste.
Hierdie laaste is stap is nie net vir die leerders nie, maar vir almal wat betrokke is in die proses. Leerders kan gefrustreerd raak met die leesproeses – veral as hulle bewus is dat hulle leesvaardighede op standaard is nie. Leerders moet tyd gegee word om te lees vir genot. Nie net vir “punte” nie! Onthou, literatuur is nie net boeke nie. Dit kan ook ander tekste wees soos strokiesprente, rolprentskrifte, nuusartikels, kortverhale, prenteboeke en nie-fiksieboeke. Selfs die lees van onderskrifte van ‘n fliek is goeie oefening – skakel die klank af en dwing hulle om te oefen!
Probeer iets anders, nie net omdat dit anders is nie, maar omdat dit waarskyblik belangstelling by jou leerders sal wek. Jou leerders kan hul eie kort stories skryf en dit dan “publiseer” in ‘n klas boek. Of jy kan ‘n klasblog begin (dis gratis – soek vir WordPress) en julle kan dan saam stories lees. Praat met jou HODs en skoolbestuurspan om ‘n klasbiblioteek te begin opbou, stel ‘n “wenslys” op van boeke wat jy graag sal wil hê en deel dit op die internet. Wie weet, dalk is daar ‘n boekwurm wat reeds al hierdie boeke het en dit graag wil skenk.
‘Daar is nie iets soos ‘n kind wat haat om te lees nie; daar is slegs kinders wat nog nie die regte boek gevind het nie.‘ – Frank Serafini
Wanneer daar dele van Afrikaans is wat moeilik is om te verstaan, is dit wonderlik om ’n helpende hand te hê om dinge makliker te maak. Die Woordwys-reeks bied presies hierdie soort hulp aan!
Die vyf Woordwys-boeke dek grade 4, 5 en 6, en werk deur al die grondbeginsels wat leerders nodig het vir hulle taalreis vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal:
Taalonderrig vind op ’n geïntegreerde wyse plaas in die klaskamer. Die Woordwys-boeke is ontwikkel om leerders die kans te gee om een vaardigheid of konsep op ’n slag te oefen en onder die knie te kry. Dit help leerders om probleemareas te oorkom sodat dit onmiddellik in die kiem gesmoor word en nie later meer probleme veroorsaak nie.
Elke Woordwys-boek dek grade 4, 5 en 6 en werk deur al die basiese kennis wat noodsaaklik is.
Kenmerke van die reeks:
29 September 2019
afrikaans onderwysersdag Lewer kommentaar

Vanjaar val Onderwysersdag op ‘n Saterdag en kan ons dit van die Vrydag tot die Maandag vier. Hoekom nie? 😉
Maak ‘n kaartjie of skryf ‘n briefie. Versier ‘n geskenk (iets kleins soos ‘n sjokolade of koekies) met ‘n oulike boodskap, maar hou die bederf sakpas en klein. Dis die gedagte wat tel.
29 September 2019
afrikaans omgee, Socktober, sokkies, soktober Lewer kommentaar

Elders in die wêreld verander Oktober in Soktober – ‘n maand waarin sokkies versamel word om aan behoeftiges te skenk en om die voete warm te hou. Hou ‘n muntlegging om fondse in te samel of vra vir sokkie-skenkings om aan tehuise of organisasies in jou omgewing te gee.
27 September 2019

Dit is oogsorgmaand en ‘n ideale geleentheid om meer te wete te kom. Loer gerus na idees en inligting in verband met die ogies en hersien aspekte soos visuele persepsie. Is daar ‘n oogkundige en ‘n arbeidsterapeut wat die personeel meer inligting oor goeie oogsorg, visie en visuele persepsie kan gee? Kontak gerus die kundiges in jou area en vind uit.
20 September 2019

Sit 5 minute langer op die bank met ‘n lekker koppie koffie, lees die stowwerige boek op jou bedtafeltjie of geniet ‘n middagslapie in die laatmiddag son. Jy verdien die rus. 🙂
3 September 2019
afrikaans sonneblom, Sonneblomdag Lewer kommentaar

Sonneblomdag het Bandana dag vervang, maar word steeds gevier om bewustheid vir leukemie te skep. Loer gerus na vorige inskrywings en idees om die Sonneblomfonds te ondersteun.
29 Augustus 2019

Tydens Nasionale Boekweek, kan ons na die oulike boeke in die huis, in die klaskamer of in die biblioteek loer. Kan jy ‘n boek aanbeveel of vir ‘n aanbeveling vra?
Watter boeke het julle in die klas of huis? Werkboeke, handboeke, tydskrifte, ‘n atlas, ‘n Bybel, woordeboeke, digbundels, sangbundels, inkleurboeke, strokiesprente, ou boeke en nuwes? Hoe stal julle die boeke uit of waar word dit gebêre? In ‘n boekrak, in houers of in ‘n uitstalrak?
Herrangskik gerus elke dag boeke volgens ‘n ander kriteria, bv. van groot na klein en klein na groot, volgens die kleur van die omslag (maak ‘n reënboog), volgens soort, volgens tema, ouderdom (publikasie datum), ens.
Kies ‘n paar boeke en laat die outjies ‘n opname maak van hoeveel karakters daar in die boek is. Watter boek het die meeste of minste karakters? Watter boek is die gunsteling en watter een is nie? Maak ‘n groot papier weergawe van die gunstelingboek se voorblad vir die klasdeur. Doen navorsing oor die skrywer (en illustreerder) om in die gang aan te bring. Betrek al die gekose boeke en vertel ander ‘n paar feite oor die boeke deur middel van ‘n advertensie, pamflet of ‘n kort paragraaf.
Tik gerus soekterme soos “boek, lees, biblioteek, leeslys, leesreeks, boeke, boekweek…” by die soekblokkie in vir soortgelyke idees.
19 Augustus 2019
afrikaans boom, boomplantweek, Lente, seisoen Lewer kommentaar

Ons het dikwels beide ‘n bekende en ‘n skaars boomsoort as Boom van die Jaar. Vanjaar se bome is die Maroelaboom en die Appelblaar. Bespreek gerus die ooreenkomste en verskille van hierdie boomsoorte. Wat maak elkeen uniek? Waar sou ‘n mense die bome kry en sou dit in jou agterplaas aard? Wat kan ‘n mens tydens hierdie paar dae doen?
Tik gerus soekterme soos “boom, groen, lente, herwin, sonneblom, insek…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
9 Augustus 2019
afrikaans afrikaans, boek, taaldag Lewer kommentaar
Op Taaldag, vier ons ook Koop-‘n-Boek dag. Weet jy wie Afrikaans eerste gepraat het en wanneer die eerste mense Afrikaans in skole gebesig het? Daar bestaan meer as een monument ter verering van Afrikaans, maar die bekendste is seker die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl. Afrikaans word meer en meer gewild op die internet. Loer gerus ‘n bietjie.
As jy ‘n boek sou koop, watter een sou jy graag wou hê? Watter boek is jou gunsteling? Koop jy nuwe boeke of snuffel jy in tweedehandse winkels? Ruil jy boeke met ‘n maat uit of gaan jy graag biblioteek toe? Dink gerus aan ‘n boek wat jy op Taaldag wil koop en begroot daarvoor – al is dit ‘n elektroniese boek. Tik gerus ook soekterme soos “boek, lees, rympies…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
7 Augustus 2019
afrikaans vrouedag Lewer kommentaar
In die jonger grade, is dit dalk moeilik om die geskiedenis van Vrouedag in Suid-Afrika te verduidelik, maar ‘n mens kan dit beslis steeds vier.
Bespreek goeie of respekvolle gedrag (teenoor seuns en dogters) en maak dit ‘n instelling in jou klas, skool of huis.
Kies (as ‘n klas, ‘n gesin of ‘n groep vriende) ‘n organisasie om te ondersteun. ‘n Mens hoef nie alles op een dag te doen nie. Spandeer tyd om daaraan te werk of skenk items wat ander sal bemagtig om die gemeenskap te help.
28 Julie 2019
afrikaans Grondslagfase, intervensie, ondersteuning Lewer kommentaar
5 Julie 2019
afrikaans 67 minute, Madiba, Madibadag Lewer kommentaar
Elke jaar probeer ons om minstens 67 minute op die 18de Julie aan welwillendheidswerk te spandeer. Vanjaar val dit op ‘n Donderdag.
Besluit as ‘n skool, klas of gesin saam oor omgee aksie wat julle graag sou beplan. Maak lysies (dalk 67 opsies) en kies dan een of twee gunstelinge. Dit hoef nie groot of duur gebare te wees nie. Elke bietjie help.
30 April 2019
afrikaans boelie, bullebakkery Lewer kommentaar
Brave Heart Day, is ‘n dag om bullebakkery of boelie gedrag te bekamp. Mense wat die dag reël, raai aan dat ondersteuners rooi en blou sal dra ter ondersteuning.
22 April 2019
afrikaans gemeenskapsdiens, medemens, medemenslikheid, onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar
Dit is byna Pay-it-Forward Dag of ‘n Dag ter bewusmaking van Onbaatsugtigheid. In die skool, kan ‘n mens outjies aan goeie gewoontes herinner om mense by die skoolgemeenskap te betrek en om gaaf te wees.
Dink aan klein dingetjies wat ‘n mens kan doen om iemand se dag ‘n klein bietjie beter te maak. ‘n Glimlag of ‘n klein gebaar kan wondere verrig.
11 April 2019
afrikaans, lees, storie boeke, boekmerkies, lees, wêreld boeke dag, wêreld boeke nag Lewer kommentaar
Dit is byna Wêreld Boeke Dag en Nag.
9 April 2019
Woorde