Tuis

Boeke Dag en Nag

Lewer kommentaar


Op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag en baie mense vier ook Wêreld Boeke Dag. Dit is ook Kopieregdag. Wat is dit en hoe kan ‘n mense met ouer kinders oor kopiereg gesels wanneer hulle navorsing doen en take skryf? Moedig gerus ‘n bronnelys of bibliografie aan.

Deel gerus ‘n leeslysboekmerkie, lees boeke op ‘n toestel (rekenaar, slimfoon, tablet), skakel die onderskrifte vir videos aan lees saam. Trek soos ‘n boekkarakter aan of versier die klasdeur soos jou gunstelingboek se voorblad.

Nasionale Boekweek en Geletterdheidsdag

Lewer kommentaar


Vanjaar, is die tema van die Internasionale Geletterdheidsdag gefokus op “Literacy for a human-centered recovery: Narrowing the digital divide”. Hoe oorbrug julle moeilike situasies waar die skool nie ‘n goeie internettoegang of toestelle het nie?

Gebruik die eerskomende Boekweek om stories te lees wat in boekvorm én as rolprente of televisie stories beskikbaar is en kyk die rolprent/program weergawe Vrydag. Dink aan kinderboeke soos:

  • Alice in Wonderland
  • The Lorax
  • Heidi (Engels)
  • Ferdinand (the Bull)
  • Horton hears a Who
  • Pinocchio
  • Peter Pan
  • Sneeuwitjie
  • Beauty and the Beast (Skoonlief)
  • Aspoestertjie
  • Paddington
  • Matilda
  • Winnie-the-Pooh
  • The Jungle Book
  • Mary Poppins
  • Charlie and the Chocolate Factory
  • Stuart Little
  • Charlotte’s Web
  • Peter Rabbit
  • Mr Popper’s Penguins
  • Wonder

E-boeke

Stories op die internet

Skool stories

Stories vir ‘n iPad

Stories vir ‘n Androidtablet

Gratis leesboeke

Luisterboeke:

Wêreld Boeke Nag

Lewer kommentaar


Met Wêreld Boeke Nag, kan ons ‘n bietjie later wakker bly om ‘n gunstelingboek, rympies, lirieke en nog vele meer te lees. Maak gerus beurte en skryf alles neer wat julle kon lees.

Boekedag en Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Wêreld Boekedag is vanjaar op die 5de Maart en die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek sal van die 16de tot die 22ste duur.

Dink aan ‘n tema vir Biblioteekweek, bv. Skatte, Sprokies, ens. Stal al die boeke wat by die tema inpas uit en lees soggens ‘n stukkie uit ‘n boek voor vir ‘n reg-raai kompetisie.

Vra opvoeders om hul gunstelingsprokies, ens. te noem en hou ‘n kompetisie om te kyk of die kinders die opvoeder en boeke bymekaar kan pas.

Versier die gange en klasdeure volgens die tema.

Hou ‘n leesmiddag en trek volgens die tema aan.

Nooi gaste (bekendes, ouers, besigheidsmense…uit die gemeenskap) om boeke aan die kinders voor te lees.

Besoek naburige tehuise om boeke aan die inwoners voor te lees.

Maak kontak met buurskole om boeke daar voor te lees of skryf briewe vir mekaar. Hou julle van dieselfde boeke? Watter karakters is jul gunstelinge?

Biblioteke verskil van plek-tot-plek. Hoe verskil die dorp se biblioteek van die skoolbiblioteek? Gaan lê besoek af en loer gerus 🙂

Stories op die Internet, Leeslyste, Stories in verskeie tale, Elektroniese Boeke, Boekmerkies

Wêreld Boeke Dag en Nag

Lewer kommentaar


Dit is byna Wêreld Boeke Dag en Nag.

  • Stel lysies saam van wat julle graag wil lees en neem dit saam as julle weer die biblioteek besoek.
  • Boeke Dag vind ‘n dag na Aarde Dag plaas.  Kan julle interessante boeke oor die aarde en natuur kry om te lees?
  • Gee vir elke opvoeder die geleentheid om ‘n lootjie met ‘n boek se besonderhede te trek.  Neem die persoon op terwyl hy/sy die storie voorlees en stuur die versameling beeldmateriaal aan gesinne om voor bedtyd te speel.
  • Stuur ‘n herinneringsboodskap of -grafika via sosiale media en elektroniese boodskapdienste uit.
  • Mik daarna om 15 – 30 minute lank te lees.
Lees Idees: Boeke Dag(drukbaar)
Boekmerkies, ens.
Tik gerus soekterme soos “leeslys, leesreeks, boekmerk, boeke dag, boeke nag, biblioteek…stories” by die soekblokkie vir soortgelyke idees in.

 

This slideshow requires JavaScript.

 

Wêreld Boekedag

Lewer kommentaar


1 Maart en 23 April word onderskeidelik as Wêreld Boekedag beskou.  23 April is ook Boekenag.

lekker om te lees [boekmerk]

Het jy ‘n wenslys van boeke wat jy graag sou wou lees?  Vir wie sou jy dit lees?  Sou jy vir jou maat, ‘n onderwyser, ‘n troeteldier of ‘n speelding wou lees?

Wat kan jy lees?  ‘n Digbundel, lirieke, stories, resepte, advertensies, die koerant, flitskaarte, ‘n tydskrif of wat van iets op ‘n tablet?

Trek soos jou gunstelingkarakter aan en vier dié dag op ‘n prettige wyse saam met jou klasmaats.

Tik gerus soekterme soos “lees, komponente, flits, sigwoord, leeslys, leesreeks, boeke dag, boeke nag, boekmerk, biblioteek…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir idees uit vorige jare.

 

Biblioteekweek 2017

Lewer kommentaar


Biblioteekweek strek vanjaar van 18 tot 26 Maart.

Weet jy hoe om boeke in die biblioteek op te spoor?  Ken jy die Deweystelsel?  Wat is ‘n outeur, ‘n titel, illustreerder en ‘n uitgewer?

Hoe bêre ‘n mens ‘n boek en hoe haal jy dit uit die rak? Wikkel jy die boek uit of haak jy jou vinger bo by die rug in?  Gooi jy boeke op die vloer neer of tel jy dit van die vloer af op?

Boekopvoeding

Klik gerus op die skakels in die skrywe vir meer idees en inligting.

skenk

Lewer kommentaar


Skenk ‘n boek met ‘n boodskap.

 

 

Boekedag, 6 Maart

2 Kommentaar


boekedag

6 Maart is Wêreld Boekedag en vanjaar is daar vele ekstra idees om in die klas te probeer.

  • Verdeel die klanke wat reeds aangespreek is (hetsy enkel-, dubbel-, twee- of drieklanke) en laat die kinders volgens die klanke aan trek – bv. a vir appel, akkers, anker, aartappel, b vir bal, bok, ballonne.  Sien alfabet rympies vir inspirasie.
  • Kies ‘n boek per klas.  Elke klas trek dan volgens die boekkarakters aan en versier die klasdeure.  Neem foto’s en versier die gangmure, biblioteek of kennisgewingborde om die boeke aan ander bekend te stel.  Onthou om die titel by te voeg.
  • Druk of maak boekmerkies om uit te deel.

 

Kies en spasieer verskeie boekmerkies op ‘n A4-bladsy.
Boekmerk witBoekedag Boekmerk wit Boekedag Boekmerk

boeke: soggens en saans

Lewer kommentaar


bookday

7 Maart is Wêreld Boeke Dag en 23 April is Wêreld Boeke Nag.  Laasgenoemde blyk wel vir grootmense te wees, maar ‘n mens kan van enige dag ‘n leesdag maak!

Stel ‘n paar leeslyste beskikbaar vir ywerige lesers, laat hulle hul gunstelingboeke kom wys, hou ‘n spesiale leesuur of selfs ‘n marathon en laat ander onderwysers boeke in jou klas kom lees.  As die skool die geriewe het, kan jy ‘n ouer selfs vra om deur middel van Skype ‘n boekie voor te lees.  Trek aan soos ‘n gunstelingkarakter of die leesboekies se hoofkarakters (Biebie, Kalla, Boet, Saartjie, Kleinsus…) Maak opnames van die lesery en bou julle eie storie versameling op.  As jou klas ‘n verveelde oomblik het, kan jy die video op die rekenaar of televisie wys.  Hulle sal dit geniet om vir juffrou so-en-so, die snoepietannie of Meneer te sien.  

Vir intervensie en motiverings-idees kan jy soekterme soos lees, sigwoorde, klanke…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik.

boekenag

biblioteek

Lewer kommentaar


boekwurm

Biblioteekweek is weer hier en duur van 22 tot 26 Maart.

  • Doen ‘n bietjie boek opvoeding, spreek die versorging van boeke aan en kyk na aspekte soos die “regte en verantwoordelikhede” van ‘n leser. Noem aspekte soos die Dewey-stelsel en verduidelik aan die outjies dat die boeke in afsonderlike groepe gepak word om navorsing te vergemaklik. Dalk kan die outjies in groepe verdeel en kaartjies maak om die verskillende Dewey-afdelings aan te dui. Dit kan ‘n lekker kleurvolle muur-collage word. Gebruik sommer swart veselpenne (koki’s), pastelle en helderkleurige voedselkleursel om die vaal syfers op te kikker.
  • Maak ook boekmerkies met die Dewey-stelsel daarop en versier dit met oulike inkleurprentjies. Dit kan sommer saam geneem word biblioteek toe en help met die kies van boeke.

(dewey-boekmerk-uitleg)

boek oortrek

Lewer kommentaar


Book Covers Voorblaaie

Voorblaaie 1

Voorblaaie 2

Voorblaaie 3

Voorblaaie 4

Voorblaaie My Klaskamer

Voorblaaie My Klaskamer 2020

Voorblaaie 2021

Voorblaaie 2021

Flaminke Voorblaaie Flamingo

Die skooljaar het al plek-plek begin en dit raak nou tyd vir boeke oortrek.  In baie skole is daar spesifieke voorskrifte.  As die skool dit toelaat, kan julle die volgende ontwerpe probeer…(Weereens voeg ek ‘n paar “groen” idees by om die beursies te laat asem haal.)

Die boeke:
1.  Grawe in die motorhuis vir ou verf om hardebandboeke te verf.  Plaas die boek oop – met die swart buiteblaaie na bo – bo-op ‘n ou koerant. Skuif ‘n koerantvel tussen die blaaie en die buiteblad in om die bladsye te beskerm.  Gebruik lang hale van bo na onder en maak seker dat die verf nie tranerig voorkom nie.  Jy kan verskillende kleure gebruik of sommer net een kleur.  Sodra die boek droog is, kan jy dit met plastiek oor trek of met ‘n kleurlose vernis verf.  Plastiek* bly egter ‘n wenner om die kleur skoon te hou en om te verseker dat die verf nie afskilfer nie.  Akrielverf werk ook baie goed. (*Belê in duursame, dik oorglipplastiek wat jy in die toekoms kan hergebruik.)

2. Gebruik bruinpapier (of die gekleurde tipe) om boeke oor te trek – growwe kant na bo.  Kies helder verf of kleure wat die outjie aan iets soos ‘n vakansie by die see (helder blou) sal herinner.  As dit ‘n groot boek is (A4), kan Ma of Pa se hand geverf word.  Druk ‘n handafdruk in die middel van die voorblad en een op die agterblad.  Vir ‘n benoude outjie is ‘n herinnering aan sy mamma en pappa nogal gerusstellend. Gebruik die outjie se eie handpalm (of ‘n boetie / sussie s’n) vir A5-boeke.

3. Knip en plak:  As jy baie kreatief wil wees, kan jy die bruinpapier met stukkies oorskiet geskenkpapier opkikker. Knip oulike prentjies uit en maak jou eie collage.

4. Rol- en drukwerk: Trek die boeke oor met een kleur. Sny ‘n kartelrand uit ‘n strook rubber, heg vas aan ‘n rollertjie (iets soos ‘n koekroller of ‘n glasbottel) en rol ‘n patroon oor die papier. As jy die driehoekige vlaggies gebruik, kan jy selfs ‘n naam in die vlaggies skryf.

Naamkaartjies:
1. Kies drukbare etikette en naamkaartjies op die internet.

2. Hartjies.

3. Skoolbusse.

4. Juffrou se boek.

5. Voëltjies (skryf op die magies)

6. Naamkaartjies

7. Kies ‘n vel “scrapbook”-papier om ‘n vorm uit te knip soos ‘n hasie, vis of voëltjie. Sny dit uit en plak dit bo-op die bruinpapier as ‘n naamkaartjie.

Woorde:  

Gebruik in jou eie voorblaaie.  Kyk ook na boodskappies.

english      english words     readwords

Pasop vir bonkige, knobbelrige etikette of lap-oortreksels.  Wanneer die outjie moet skryf, kan dit ‘n tekstuur gee en inmeng met die netheid.

TAAL- én Boekedag, 14 Augustus

6 Kommentaar


Die 14de is Koop-‘n-boek-dag.  Doen asseblief iets om ‘n liefde vir lees en vir tale aan te moedig.

Screen Shot 2015-07-29 at 9.22.35

  • Hou ‘n leesuur.  Laat almal toe om ‘n kussing of kombers te bring en lees die kleingoed se gunstelingboeke voor…of
  • kry iemand uit die gemeenskap om die boeke te lees.
  • Laat die kleingoed kreatiewe stories skryf en bind dit in groot boeke.  Maak ‘n paar afskrifte, versier met kleurvolle kinderkuns en skenk dit aan gemeenskapsentrums (wagkamers, ouetehuise…).  Tydskrifte is mos tog te vervelig! 😉
  • Laat die kleingoed ekstra oulike stories skryf, versier die blaaie en plak dit in die gang op sodat ander maats dit in die verbygang kan lees.
  • Vra die opvoeders om stories te skryf en bind dit in ‘n klein boekie (‘n A4-vel voor en agter , wat in ‘n A5-grootte gevou word is voldoende).
  • Vra die Intersen personeel om vir die kleintjies te lees en die Grondslagfasepersoneel om vir die ouer kinders te lees.  Die groottes verlang mos na die juffrouens en die kleintjies sal “groot” en “belangrik” voel as meneer so-en-so vir hulle kom lees.
  • Kies ‘n tema per klas, skryf kreatiewe stories daaroor, versier die klas volgens die tema en trek daarvolgens aan.  Kies een storie per klas om vir die ander klasse voor te lees.  Volg dan die Vrydag, die 13de, ‘n leesprogram waar die klasse vir mekaar lees – binne die graad of fase.  Die “gehoor” luister na ‘n leser terwyl die hele klasse op die verhoog is vir ondersteuning.
  • Hou ‘n muntlegging vir nuwe biblioteekboeke…of
  • verkoop Milo by die leesuur.
  • Besoek ‘n literêre instelling soos die Taalmuseum.
  • Kry ‘n spreker soos ‘n skrywer van kinderboeke om te gesels oor die lekkerte van lees.

 

Biblioteekweek

2 Kommentaar


Dit is Biblioteekweek vanaf 15 tot 19 Maart.  Wat kan jy doen om hierdie week te vier?

  • Indien jou skool ‘n biblioteek het, kan jy individuele foto’s van die kleingoed (veral Graad R of 1) neem.  Die gedagte is dat jy die foto in of voor die biblioteek neem – met ‘n boek of lidmaatskapkaartjie in die hand.
  • Druk dit dan op ‘n A4-vel uit (“print” in die middel) en help die outjies om ‘n raam rondom te teken met helder uitdraaikryte of pastelle.  Maak letterpatrone, skryf woorde of ‘n slagspreuk (bv. “Ek kan lees.” “Lesers is oulik.”) in die raam.  Verf ‘n verdunde voedselkleursel lagie bo-oor en siedaar!  Nou kan jy ‘n uitstalling in die gang maak om te wys hoe oulik jou lesertjies is.  Blok dit op ‘n aansteekbord of maak ‘n lang lyn (op die outjies se ooghoogte), sodat die ander maats die slim lesers kan raak sien.
  • Reël ‘n ouer, ‘n ouma of iemand uit die gemeenskap om oulike kinderboeke vir die kleingoed te kom lees.  Die persoon moet darem so ‘n bietjie met gevoel kan lees en weet hoe om met kleingoed te kommunikeer.  Wat van ‘n Graad R-juffrou?  Die kinders sal dit geniet om hul ou juffrou weer te sien en om met hul uniforms te spog.  Dalk kan een van die groter grade se juffrouens kom inloer of selfs die skoolhoof.
  • Vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n spreker reël.  Dalk is daar ‘n kinderboekskrywer of –illustreerder in jou omgewing.  Lees van die persoon se boeke en doen ‘n bietjie navorsing.  Stel ‘n paar vrae op wat die kinders tydens ‘n onderhoud of vraag-antwoord sessie moet beantwoord.
  • Maak julle eie boeke en plaas dit in die klas se leeshoekie / bibliotekie – vir die hele klas se leesgenot.  (Bv. My boekie oor vorms.  My boekie oor sjokolade.  My boekie oor die skoolhoof.  Juffrou se boekie oor dinge waarvan sy hou.) Kry dan ‘n ander opvoeder om die boekies te lees.  Dit behoort ‘n aardigheid te wees vir die kleingoed 😉
  • Ouer grade kan vir die kleintjies gaan lees of tydens ‘n leesles vir die kleingoed help met hulle leeswerk…
  • Wat van ‘n biblioteek “make over”?  Die moontlikhede is legio.

herwin

Lewer kommentaar


herwinning

Ek het besluit om vanjaar ‘n herwinningsprojek aan te wakker in my klas.  Die besluit is egter makliker as die “oorgaan in aksie”, maar tog behoort dit die moeite werd te wees om te probeer.

Wat kan ek alles herwin?  Basies alles wat weggooibaar is in ‘n gewone klas.  Kontak die volgende plekke om uit te vind waarheen jy die items kan neem of hou jou plaaslike koerant dop vir herwinningsdepots.  Daar is dikwels fondsinsamelingsopsies betrokke.

Cambriarecyles gee oulike idees en lesse. Daar is selfs ‘n reseppie om jou eie papier te maak.

Vir lesidees en werkvelle is Kidzone, abcteach, mieliestronk en planet pals staatmakers. Ek het ‘n paar blogs en webwerwe raak gelees waar oulike en kreatiewe idees gegee word om te gebruik in leerareas soos tegnologie.

Wat van…?

  1. Snippermandjies van snippertjies…Gebruik die skool se snippers en muurpapiergom. Plak en bou die vorm oor ‘n bestaande drommetjie en siedaar!
  2. Plekmatjies en versierings van ou legkaarte…Grawe in die stoorkamer vir ou en halwe legkaarte. Niemand kan dit tog gebruik as die stukke onvolledig is nie. Teken ‘n vorm, knip dit uit en plaas dit onder ‘n deursigtige stuk plastiek of glas. Pak die stukke legkaarte binne die raampie en bou dit op. Muurpapiergom is ‘n lekker dik pasta en gee ‘n “vernisde” gevoel as jy na die tyd ‘n lagie oor die skepping verf.
  3. Versier die klas met ou potlode en penne…Kies ‘n item en versier dit. Maak byvoorbeeld ‘n raam vir die venster of aansteekbord met die opskrif “Kyk hoe hard het ons gewerk” of “Potloodmuseum”. Ek het iets soortgelyks in ‘n klassie gesien – waar die juffrou potlode korter as die kind se middelvinger summier “afgeskryf” het. Kort potlode is immers nie ‘n goeie ding nie, want die belemmer ‘n goeie potloodgreep en postuur.
  4. Penneblikkies…gebruik ou kosblikkies, versier en gebruik dit op die tafels vir skryfbehoeftes…of laat plak ‘n klomp aan mekaar vas en sit dit vas teen ‘n dun plankie. Hang die plankie teen die muur op, merk die blikkies met die leerders se name en siedaar! Briewebussies vir nota’s, huiswerkvelle, omsendskrywes ensovoorts.
  5. Rol die bladsye van ‘n vernielde storieboek styf op en bind met ou haarnaalde vas.  Maak vorms soos harte – vir vinnige potloodhouers.
  6. Afgeskryfde boeke (veral met die harde omslae) se blaaie kan vas geplak word.  Plak so ‘n paar vas aan mekaar om ‘n stewige eenheid te vorm, plaas ‘n kussinkie bo-op en jy het ‘n oulike stoeltjie vir die leeshoekie.  Jy kan hierdie idee selfs inspan om die deur oop te hou of om jou boeke en lêers teen te rus op ‘n lomp boekrak! …of maak ‘n boekrak
  7. Selfoon of i-pod beskermers? Weef of brei ou wol, repies materiaal, sak of fyn draad om ‘n reghoekie te vorm.  Vou dit om en werk die kante toe.
  8. ‘n Kweekhuis gemaak van ou plastiekbottels…
  9. Herbenutting en so ‘n bietjie “eenvoudige tegnologie
  10. Engelse herwinningswerksvelle

Is daar ‘n paar juffrouens of mamma’s met oulike idees?  Kyk sommer na Strijdom van der Merwe se kunswerke.