Tuis

September

Lewer kommentaar


September is My Klaskamer se verjaardagmaand en vanjaar word My Klaskamer 16 jaar oud! Baie dankie vir jou getroue ondersteuning.

In September, skenk ons aandag aan gehoorverlies en kyk ons hoe ons meer kan doen om mense met gehoorverlies te ondersteun. Gesels met kundiges en win ‘n bietjie kennis in.

Ons vier Lente Dag op die eerste en Boomplantweek van die 29ste Augustus tot die 4de September. Samel gerus kompos of kunsmis vir die skool se plante in of kikker die skool se beddings op. Saai blom-, kruie en groente sade wat ‘n mens later by funksies, ens. kan gebruik. Maak ‘n projek daarvan om uit te vind wat die beste in jul tuine sal aard en wat die beste moontlikhede kan wees. Stem en saai.

Die witpeer is die skaars boomsoort van die jaar en die karee of rooikaree is die meer algemene boom van die jaar.

Sekretaresse Dag word vanjaar op die 4de September gevier. Bederf gerus al die administratiewe personeel so ‘n bietjie.

Loslitdag/Casual Day, is ‘n dag waarop ‘n mens fondse kan insamel om mense met alle soorte gestremdhede te ondersteun. Sommige mense is so gebore en sommige mense het die gebruik van sintuie of liggaamsdele mettertyd verloor. Ondersteun gerus organisasies of skole in jou omgewing en vind uit hoe julle verskillende leerders kan insluit.

Die Paralimpiese Spele vind vanaf die 28ste Augustus tot die 8ste September plaas en daar is vanjaar 26 Suid-Afrikaanse atlete om te ondersteun.

Tradisioneel, het ons Bandana of Sonneblomdag in die middel van September gevier om ‘n bewusmakingveldtog vir bloedkanker te loods (Leukemiebestryding). Dit verg steeds ons aandag en is beslis iets om mee te help.

Internasionale Geletterdheidsdag word op die 8ste September gevier en Nasionale Boekweek duur van die 5de tot die 11de September. Spandeer ‘n bietjie meer tyd om deur die klas se leesboeke te blaai en om boeke te lees wat julle gewoonlik vermy of vergeet.

Roald Dahl se verjaarsdag word op die 13de gevier. ‘n Mens kan heelwat van sy boeke in Afrikaans en Engels kry. Lees gerus.

Op die 15de September, vier ons Spikkeldag na aanleiding van Peter H Reynold se book: The Dot. Hoe kan jy ‘n betekenisvolle merkie of spikkel in die samelewing maak?

Op die 19de praat ons soos seerowers. Dit is die ideale dag om die Engelse ”ar” in woorde te hersien.

Oogsorgmaand begin teen die einde van die maand. Praat gerus oor verskillende maniere om die ogies op te pas, doen visuele oefeninge en moedig oogtoetse aan. Is daar oogkundiges in jul omgewing wie gratis oogtoetse doen? Vra gerus.

Vou en plant gerus waaiertjies vir vrede in die voortuin. Skryf jou wense op die waaiers en deel dit met ander.

Op die 22ste leer ons oor Renosters en oor die bewaring van hierdie wonderlike diere. Maak Erfenisdag, op die 24ste, ekstra spesiaal. Spandeer die dag saam met spesiale mense en eet iets uniek aan jou erfenis 🙂 Mag jy ‘n besonderse mooi September hê.

September

Lewer kommentaar


September begin met Boomplantweek, Lente dag en Loslitdag (op die eerste). Loslitdag se tema is ”Deel ‘n glimlag”. Wat laat jou glimlag?

Die Nasionale Boom van die Jaar is die basboom. Plant gerus ‘n boom wat in jul omgewing aard en versorg die skool se tuine met ‘n bietjie kompos of kunsmis.

Die Nasionale Boekweek duur van die 5de tot die 11de September en die Internasionale Geletterdheidsdag is op die 8ste. Lees ‘n boek deur Roald Dahl op sy verjaarsdag (13de) en vier Spikkeldag op die 15de September. Sonneblomdag is vanjaar op die 15de en bly ‘n baie spesiale projek om lewens te red. Op die 19de praat ons soos seerowers. Onthou Waaierdag vir Vrede op die 21ste.

Renosterdag is op die 22ste September en Oogsorgmaand duur van die 21ste September tot die 18de Oktober. Snuffel gerus hier na vorige idees in verband met visuele oefeninge en oogsorg.

Tussendeur vier ons ons erfenis en geniet ons rugby saam as ‘n land. Om alles te kroon, word My Klaskamer vanjaar 15 jaar oud!

Baie dankie vir die ondersteuning en gereelde inloer. Kom kuier gerus weer.

Boekweek en Geletterdheidsdag is hier

Lewer kommentaar


Vanjaar fokus die Internasionale Geletterdheidsdag op die verskillende leer- en leesruimtes. Hoe het leeswerk gedurende die afgelope drie jaar verander? Lees julle steeds slegs fisiese boeke of betrek julle deesdae luisterboeke (ook oudioboeke), elektroniese en digitale boeke? Oefen julle steeds leesvaardighede soos van tevore of het dit gedurende die afgelope 2 tot 3 jaar verander?

Die Suid-Afrikaanse Boekweek duur van die 5de tot die 11de September en gee ons meer geleenthede om boeke, gedigte, lirieke, opskrifte en tydskrifte te lees. Loer gerus na stories op die internet, stal vergete leesreekse uit of lees stories in verskillende tale. Kyk gerus na leesruimtes in jou klaskamer (of by die huis) en pas dit aan om ontspanne leeshoekies te verseker. Betrek groot kussings, ‘n oulike boekmerk en selfs ‘n interessante leeslampies of -flitsligte. Trek volgens boekkarakters aan, dra sokkies met boekprente of klanke daarop en nooi die outjies om ‘n kussing vir ‘n leesmiddag skool toe te bring. Versier julle klasdeur volgens ‘n boekvoorblad, haal ‘n klomp lees- en spelspeletjies uit vir die volgende dae en kyk of julle kleingeld kan spaar vir nuwe storieboeke. Geniet die ekstra lees kanse!

Nasionale Boekweek en Geletterdheidsdag

Lewer kommentaar


Vanjaar, is die tema van die Internasionale Geletterdheidsdag gefokus op “Literacy for a human-centered recovery: Narrowing the digital divide”. Hoe oorbrug julle moeilike situasies waar die skool nie ‘n goeie internettoegang of toestelle het nie?

Gebruik die eerskomende Boekweek om stories te lees wat in boekvorm én as rolprente of televisie stories beskikbaar is en kyk die rolprent/program weergawe Vrydag. Dink aan kinderboeke soos:

  • Alice in Wonderland
  • The Lorax
  • Heidi (Engels)
  • Ferdinand (the Bull)
  • Horton hears a Who
  • Pinocchio
  • Peter Pan
  • Sneeuwitjie
  • Beauty and the Beast (Skoonlief)
  • Aspoestertjie
  • Paddington
  • Matilda
  • Winnie-the-Pooh
  • The Jungle Book
  • Mary Poppins
  • Charlie and the Chocolate Factory
  • Stuart Little
  • Charlotte’s Web
  • Peter Rabbit
  • Mr Popper’s Penguins
  • Wonder

E-boeke

Stories op die internet

Skool stories

Stories vir ‘n iPad

Stories vir ‘n Androidtablet

Gratis leesboeke

Luisterboek:

Geletterdheidsdag en SA Boekweek

2 Kommentaar


Vanjaar se SA Boekweektema is Passport to Tomorrow.  Hulle vier ook ‘n dekade van boekbetowering.  Betrek gerus die gedagte van reis of betowerende sprokies tydens hierdie dae en geniet die wegbreekkansie.

Die Internasionale Geletterdheidsdag val in die middel van die SA Boekweek – op die 8ste September.  Gebruik dié besonderse dag om sommer ekstra boeke te lees.  Maak ‘n lysie van al die klanke, sigwoorde of leesboeke wat julle vanjaar bemeester het en stel doelwitte vir die geletterdheidswerk wat julle graag nog wil bespreek.

Tik gerus soekterme soos “lees, klanke, boekmerk, boek, leeslys, leesreeks, gratis leesboeke…Engels, flitskaart, sigwoord…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir vorige jare se idees.

Boekpaspoort                  Book Passport

Lekker lees!

Internasionale Geletterdheidsdag en SA Boekweek

2 Kommentaar


 

This slideshow requires JavaScript.

SA Boekweek duur van 3 tot 9 September en Internasionale Geletterdheidsdag is tradisioneel op die 8ste September.

Tik gerus soekterme soos “biblioteek, boek, lees, leeslys, leesreeks, boekmerk, klanke, hersien…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees om tydens hierdie week te gebruik.

Lekker lees!

Boekweek & Geletterdheidsdag

Lewer kommentaar


Nasionale Boekweek vind vanjaar vanaf 5 tot 11 September en Internasionale Geletterdheidsdag vind op die 8ste September plaas.


boekweek

Pak letterstempeltjies, -plakkers en stensils uit, knip menigte tydskrifopskrifte op in woorde of letters, pak woord- en spelspeletjies uit en gee die geleentheid om muurprente te skep.  Skryf rympies, gedigte, trefwoorde of nuwe woorde se betekenisse.  Stel spesifieke leesperiodes in of leer woorde in ander tale.  Hierdie week is ‘n pretweek om boeke te geniet.

Tik gerus soekterme soos lees, boek, sigwoord, flits, boekmerk, rym, klanke, hersien, Engels, komponente, biblioteek…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees uit vorige vieringe.

 

Internasionale Geletterdheidsdag en SA Boekweek

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-08-30 at 13.30.46Op 8 September vier ons Internasionale Geletterdheidsdag en van 7 – 13 September is dit Nasionale Boekweek in Suid-Afrika.

  1. Stel hope ou tydskrifte en koerante beskikbaar sodat die outjies die opskrifletters in nuwe woorde en sinne kan gebruik.  Bou slagspreuke of idiome en laat die outjies hul eie prente daaroor teken.  Plak dit in die gange op, sodat ander ook kan leer.
  2. Maak soutklei of speelklei.  Gebruik ‘n verskeidenheid letterkoekiedrukkers om letters uit te druk en bou woorde daarmee.  Andersins kan ‘n mens die deeg uitrol en met gewone stempels woorde uitdruk.  As julle soutklei gebruik, kan ‘n mens die stempel eers op die inkkussing druk.  Sodra die deeg droog is, glasuur dit met deursigtige vernis of spuitverf dit.
  3. Gebruik koekiedeeg om woorde of letters soos bo te pons/druk en bak dit vir ‘n pouse happie.
  4. Neem die onderskeie leesgroepe (groeplees) op en speel die opnames later terug as daar ‘n ruskans is.
  5. Speel stories op die rekenaar – waar die outjies kan saam lees.
  6. Indien jou skool die gratis Kindle toep gebruik om stories op die rekenaar of ander toestelle te lees, stel dit beskikbaar.
  7. ‘n Mens kry gratis storie toeps om op Android en op Apple toestelle (fone, tablette, ens.) te laai.
  8. Indien jou skool nie allerhande duur toerusting het nie, kan ‘n mens stories op jou selfoon of ‘n ou bandopnemer opneem.  Die kinders kan dan na stories luister.  As die klank te sag is, kan hulle in klein groepies kom luister.
  9. Skryf gesamentlik ‘n klas storie en maak aantekeninge of sketse op die bord om later oor te tik.  Tik byvoorbeeld een sin per A4-bladsy (bo-aan) en laat ruimte vir illustrasies.  Herinner die outjies om hul name op die voorblad te plaas (langs “illustreerder”) en stal die boekies uit.  Hierdie aktiwiteit sal oulik by boekopvoeding en biblioteekkennis in pas.  Deel die boekies met ‘n ander skool of instansie.
Tik gerus soekterme soos “lees, leeslys, e-boek, biblioteek, boek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.