Vanjaar, is die temavan die Internasionale Geletterdheidsdag gefokus op “Literacy for a human-centered recovery: Narrowing the digital divide”. Hoe oorbrug julle moeilike situasies waar die skool nie ‘n goeie internettoegang of toestelle het nie?
Gebruik die eerskomende Boekweek om stories te lees wat in boekvorm én as rolprente of televisie stories beskikbaar is en kyk die rolprent/program weergawe Vrydag. Dink aan kinderboeke soos:
Die Paralimpiese Spele het pas begin. Wie is ons atlete en watter sportsoorte beoefen hulle? Heelwat van die sportsoorte het bekende name, maar het enkele aanpassings om deelname te vergemaklik. Kyk gerus en ondersteun ons atlete.
Heuningbydag is ‘n dag waarop ons meer oor bye kan lees en ‘n tuin kan beplan om bye te lok. Dink aan kruie wat blommetjies maak of blomplante wat hierdie spesiale bestuiwers lok.
Maak geel speelklei en vorm jul eie korwe (betrek wielpasta) met bye of bak koekies met heuning. Verf velle borrelplastiek (bubble wrap) met verskillende skakerings geel verf en druk dit op papier om ‘n agtergrond vir kunswerk te maak of druk dit op seshoeke. Knip die seshoeke uit en maak ‘n raampie al om die kennisgewingbord, om ‘n vensterraam of ‘n spieël.
Die tweede werkboek vir Kwartale 3 en 4 is beskikbaar. Die boeke is gratis beskikbaar en mag nie verkoop word nie. Indien daar tekorte by skole is, kan ‘n mens dit aflaai en druk. Nie alle graadvlakke het tale of FAL- en EAT-boeke beskikbaar nie. Boeke uit vorige jare is hier beskikbaar. Loer ook hier na punte 15 en 16.
Enkele mense het vir antwoordstelle gevra. Ek is nie van antwoordgidse bewus nie – buiten die 2014 Wiskunde antwoorde nie. Loer gerus onder hierdie lysie (net onder die werkboekprentjie) – na punt 9 🙂
Tik gerus soekterme soos Hulpmiddels, Gratis Leesboeke, KABV, Werkboeke, Flitskaarte, Klanke, Sigwoorde… by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees en voorbeelde.
My Klaskamer word deur een mens bestuur. Jou inligting is veilig en word nêrens versprei nie. Dit geld vir alle sosiale media blaaie en groepe ook.
Hersien asseblief jou privaatheidsinstellings om jouself te beskerm. Indien iemand voorts persoonlike inligting (soos ‘n telefoonnommer) plaas, sal ek dit dadelik verwyder om jou identiteit te beskerm. Indien jy ‘n glips raaksien, laat weet my asseblief dadelik.
Vind hiermee verskeie gratisvraestelle [400+] wat op die internet beskikbaar is. Enkele basislyn vraestelle is hier beskikbaar. Loer gerus ook laer af aan die regterkant na die hofie waar meer vraestelle gelys is.
Die lewensiklus van ‘n skoenlapper bestaan uit die fases: eier, ruspe/larwe, papie en volwasse skoenlapper. Loer gerus hier na idees en hulpmiddels om te gebruik:
Die 8ste Junie, is Wêreld Oseane dag. As julle naby die see woon, gaan maak die strande skoon of probeer om fondse in te samel vir organisasies wat help om die oseane te versorg of te beveilig.
Besoek ‘n akwarium aanlyn, bv. Two Oceans of die akwarium in Georgia.
Watter tipe museums is in jou stad of dorp? Heelwat dorpe en stede het ‘n museum wat die geskiedenis van die dorp of stad vier. Sommige museums fokus op voertuie (bv. ‘n motor museum) en ander op unieke items soos speelgoed. Hoeveel museums het jy al besoek en wat was interessant in elkeen? Vertel gerus jou maats daarvan.
Woorde