Tuis

Paralimpiese Spele

Lewer kommentaar


Die Paralimpiese Spele het pas begin. Wie is ons atlete en watter sportsoorte beoefen hulle? Heelwat van die sportsoorte het bekende name, maar het enkele aanpassings om deelname te vergemaklik. Kyk gerus en ondersteun ons atlete.

Afslag

Lewer kommentaar


Loer gerus na die winkelrak hier.

Heuningbydag

Lewer kommentaar


Heuningbydag is ‘n dag waarop ons meer oor bye kan lees en ‘n tuin kan beplan om bye te lok. Dink aan kruie wat blommetjies maak of blomplante wat hierdie spesiale bestuiwers lok.

Maak geel speelklei en vorm jul eie korwe (betrek wielpasta) met bye of bak koekies met heuning. Verf velle borrelplastiek (bubble wrap) met verskillende skakerings geel verf en druk dit op papier om ‘n agtergrond vir kunswerk te maak of druk dit op seshoeke. Knip die seshoeke uit en maak ‘n raampie al om die kennisgewingbord, om ‘n vensterraam of ‘n spieël.

Vrouedag

Lewer kommentaar


‘n Gelukkige Vrouedag!

Tekkie Tax

Lewer kommentaar


Tekkie Tax’ maand begin op die 6de Augustus. Dra jou tekkies om die gemeenskapsdiensprojek te ondersteun, skenk direk op hul webblad of koop plakkers en veters. Oefen om veters te ryg en veters vas te maak.

Hoe kan julle soortgelyke ondersteuning in jul gemeenskap bied?

KABV-Werkboeke / CAPS Workbooks 2021 [Deel 2]

6 Kommentaar


Die tweede werkboek vir Kwartale 3 en 4 is beskikbaar. Die boeke is gratis beskikbaar en mag nie verkoop word nie. Indien daar tekorte by skole is, kan ‘n mens dit aflaai en druk. Nie alle graadvlakke het tale of FAL- en EAT-boeke beskikbaar nie. Boeke uit vorige jare is hier beskikbaar. Loer ook hier na punte 15 en 16.

Enkele mense het vir antwoordstelle gevra. Ek is nie van antwoordgidse bewus nie – buiten die 2014 Wiskunde antwoorde nie. Loer gerus onder hierdie lysie (net onder die werkboekprentjie) – na punt 9 🙂

Beplanning

Lewer kommentaar


Vind hiermee voorbeelde van gratis beplanning:

Huistaal Graad 1 – 3: Kwartaal 1 – 2 (HT/HL), Kwartaal 3 en 4

EFAL Graad 7 – 12

Wiskunde Graad 1 – 3, 4 – 12

Meer dokumente in verskillende huistale.

Meer vakke

Tik gerus soekterme soos Hulpmiddels, Gratis Leesboeke, KABV, Werkboeke, Flitskaarte, Klanke, Sigwoorde… by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees en voorbeelde.

Voorskoolse kurrikulum

Voorspoed

Lewer kommentaar


Alle voorspoed met die derde kwartaal! Alles wat mooi is en mag elke dag net beter gaan. Ons is darem nou al oor die halfpad merkie 🙂

Olimpiese Spele

Lewer kommentaar


Die Olimpiese Spele word van die 23ste Julie tot die 8ste Augustus beplan. Die Suid-Afrikaanse Olimpiese Span het hard gewerk om voor te berei. Volg die span gerus in die nuus, laai gerus hierdie gratis velle af en loer hier na vorige idees.

Die Rooster.

Verken wêreldlande, -kaarte en landsvlae.

Afslag

Lewer kommentaar


POPIA

Lewer kommentaar


Stamp, Secret, Top, Spy, Agent, Restricted, Vintage

My Klaskamer word deur een mens bestuur. Jou inligting is veilig en word nêrens versprei nie. Dit geld vir alle sosiale media blaaie en groepe ook.

Hersien asseblief jou privaatheidsinstellings om jouself te beskerm. Indien iemand voorts persoonlike inligting (soos ‘n telefoonnommer) plaas, sal ek dit dadelik verwyder om jou identiteit te beskerm. Indien jy ‘n glips raaksien, laat weet my asseblief dadelik.

Lees meer hier: POPIA

Afslag

2 Kommentaar


10%-afslag wanneer jy “teacha10” by die betaalpunt invoer.

Loer gerus in 🙂

Jeugdag

Lewer kommentaar


Gelukkige Jeugdag 🙂

Vraestelle 2

4 Kommentaar


Vind hiermee verskeie gratis vraestelle [400+] wat op die internet beskikbaar is. Enkele basislyn vraestelle is hier beskikbaar. Loer gerus ook laer af aan die regterkant na die hofie waar meer vraestelle gelys is.

Graad 3 Diagnostiese Toetse

Graad 4 Velerlei vakke

Meer Graad 7 Wiskunde Hersieningswerk

Loer gerus ook hier na ander vakke en moontlikhede:

Skoenlappers

Lewer kommentaar


Die lewensiklus van ‘n skoenlapper bestaan uit die fases: eier, ruspe/larwe, papie en volwasse skoenlapper. Loer gerus hier na idees en hulpmiddels om te gebruik:

Die Lewensiklus van Skoenlappers

Oseaan

Lewer kommentaar


Die 8ste Junie, is Wêreld Oseane dag. As julle naby die see woon, gaan maak die strande skoon of probeer om fondse in te samel vir organisasies wat help om die oseane te versorg of te beveilig.

Besoek ‘n akwarium aanlyn, bv. Two Oceans of die akwarium in Georgia.

Kyk hoe seekatte hul kleur verander.

Leer oor die versorging van pikkewyne.

Leer oor die versorging van ‘n seeskilpad.

Hoe diep is die see?

Oefen vandeesweek die branderpatroon tydens skriflesse.

Skryf somme of spelwoorde op vis flitskaarte.

Laat vissies swem. Kan jy dieselfde met seesterre, seekatte en krappe doen?

Oseaandag natrekwerk en ‘n woordsoek.

Kinderbeskermingsweek

Lewer kommentaar


Die Kinderbeskermingsweek begin op die 30ste Mei. Loer gerus na dokumente soos die Kinderwet (Engels) of na vorige skrywes oor kinderregte, veiligheid en beskerming.

PSW velle

Graad 5

Kinderregte pdf

Children’s Rights pdf

Afrikadag

Lewer kommentaar


Die 25ste Mei, is Afrikadag. Hersien ‘n bietjie jou kennis van Afrika of dra klere wat ons kontinent vier.

Afrika (kaarte)

Museumdag

Lewer kommentaar


Watter tipe museums is in jou stad of dorp? Heelwat dorpe en stede het ‘n museum wat die geskiedenis van die dorp of stad vier. Sommige museums fokus op voertuie (bv. ‘n motor museum) en ander op unieke items soos speelgoed. Hoeveel museums het jy al besoek en wat was interessant in elkeen? Vertel gerus jou maats daarvan.

Bye dag, 20ste Mei

Lewer kommentaar


Op die 20ste Mei vier ons Wêreld Bye dag. Versier gerus die klas, skryf die spelwoorde en somme op bytjie flitskaarte of gesels gerus oor die belangrikheid van bye. Luister na stories en sing liedjies oor bye.

Het julle blomme in die tuin? Plant gerus ‘n paar 🙂

Older Entries Newer Entries