Tuis

Internasionale Geletterdheidsdag en SA Boekweek

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-08-30 at 13.30.46Op 8 September vier ons Internasionale Geletterdheidsdag en van 7 – 13 September is dit Nasionale Boekweek in Suid-Afrika.

  1. Stel hope ou tydskrifte en koerante beskikbaar sodat die outjies die opskrifletters in nuwe woorde en sinne kan gebruik.  Bou slagspreuke of idiome en laat die outjies hul eie prente daaroor teken.  Plak dit in die gange op, sodat ander ook kan leer.
  2. Maak soutklei of speelklei.  Gebruik ‘n verskeidenheid letterkoekiedrukkers om letters uit te druk en bou woorde daarmee.  Andersins kan ‘n mens die deeg uitrol en met gewone stempels woorde uitdruk.  As julle soutklei gebruik, kan ‘n mens die stempel eers op die inkkussing druk.  Sodra die deeg droog is, glasuur dit met deursigtige vernis of spuitverf dit.
  3. Gebruik koekiedeeg om woorde of letters soos bo te pons/druk en bak dit vir ‘n pouse happie.
  4. Neem die onderskeie leesgroepe (groeplees) op en speel die opnames later terug as daar ‘n ruskans is.
  5. Speel stories op die rekenaar – waar die outjies kan saam lees.
  6. Indien jou skool die gratis Kindle toep gebruik om stories op die rekenaar of ander toestelle te lees, stel dit beskikbaar.
  7. ‘n Mens kry gratis storie toeps om op Android en op Apple toestelle (fone, tablette, ens.) te laai.
  8. Indien jou skool nie allerhande duur toerusting het nie, kan ‘n mens stories op jou selfoon of ‘n ou bandopnemer opneem.  Die kinders kan dan na stories luister.  As die klank te sag is, kan hulle in klein groepies kom luister.
  9. Skryf gesamentlik ‘n klas storie en maak aantekeninge of sketse op die bord om later oor te tik.  Tik byvoorbeeld een sin per A4-bladsy (bo-aan) en laat ruimte vir illustrasies.  Herinner die outjies om hul name op die voorblad te plaas (langs “illustreerder”) en stal die boekies uit.  Hierdie aktiwiteit sal oulik by boekopvoeding en biblioteekkennis in pas.  Deel die boekies met ‘n ander skool of instansie.
Tik gerus soekterme soos “lees, leeslys, e-boek, biblioteek, boek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

Lente en Boomplantweek

1 Kommentaar


Lente

Lentedag word tradisioneel op die 1ste September gevier – al skyn die sonnetjie nog nie heeltemal so skerp nie.  Om voorbrand vir die nuwe seisoen te maak, kan ‘n mens die volgende idees in die klas probeer…

 1.  Indien jy ‘n rol rekenaar- of ongedrukte koerantpapier het, kan jy lengtes vir jou kennisgewingsborde of ‘n ruit afmeet.  Trek ‘n golwende kurwe lengte-gewys deur die middel of in die onderste derde van die papier, sodat die kurwe soos ‘n heuwellandskap lyk.  Ouer kinders kan die boonste helfte blou (waterverf of verdunde voedselkleursel) en die onderste helfte groen verf.

As jy met die kleintjies werk, kan jy die bladsy op die golwende lyn deursny en apart laat spuitverf.  Gee vir hulle verskillende soorte spuitbottels met verdunde voedselkleursel (verskillende skakerings van blou of groen) om die fynspiertjies te ontwikkel.  Die maklikste sal wees om die papier bo-op plastiek te plaas en om dan vir elkeen ‘n sekere aantal spuite toe te staan.  Hou ‘n ogie sodat die papier nie te nat word nie.

‘n Mens kan ook verskillende vlak bakkies (met skakerings van pastadikte wit en blou of geel en groen verf) en sponsies (bv. dié wat jy in pille botteltjie kry) verskaf, sodat die outjies die velle kan bedruk.  Herinner hulle daaraan dat ‘n mens die spons afvee of uitdruk voordat jy die sponsie op die papier kan druk.

2.  Gebruik ‘n basiese blom ontwerp of blomblare.   Trek ‘n templaat of patroon op ‘n ou x-straalplaat (of dik karton) af en sny uit.  Só kan jy meer as een patroon hê en versprei.  Gebruik ou papier of sny ‘n paar lae snesiepapier van ‘n eenderse kleur (soos dié wat ‘n mens in geskenksakkies sien) per blom.  Die idee is om die blare met muurpapiergom (‘n klein koevertjie strek ver) te smeer en lagie-vir-lagie te verdik of te versterk.  Laat die blare op ‘n rakkie droog word.

Trek ‘n sirkelvorm af en doen dieselfde smeer- en plakwerk vir die binnekant van die blom.  Sodra die dele droog is, kan ‘n mens die blomblare met houtlym aan die -kelk vasplak.  ‘n Mens kan ook die nat of klam dele met behulp van ekstra kolletjies muurpapiergom heg.

Verf die blomme met helder kleure en plak dit teen jou geverfde agtergrond.

3.  As julle nie so baie tyd het om aan die gomblomme te spandeer nie, kan ‘n mens steeds blomme aftrek op karton en dan met pastelle of verf versier.  Los dit net so of heg ‘n klein plastieksakkie (selfs ‘n ballon) met blomsade daarin aan.  As julle die blomme klaar uitgestal het, kan die outjies die sade huistoe neem of in ‘n spesiale bak/bedding by die skool saai.

4.  Versier die vensterbanke of ingang:  Gebruik ou speelgoed (emmertjies, ens.) of buitespeltoerusting vir julle eie herwinbare blombakke.  Samel herwinbare plastiekbakke in (verkieslik groot), kap dreineringsgate daarin en vul met blompotgrond.  Plant blomplantjies, saai sade of plant julle papierblomme (op stokkies geplant) daarin.  Die natleiwerk kan ‘n ekstra werkie word (verskaf dalk eerder net spuitbotteltjies met fyn gate eerder as ‘n gieter).

5.  Berei ou koeldrankdoppies voor deur dit te spuitverf (bv. wit).  Gee dan ‘n verskeidenheid permanente veselpenne (koki’s), sodat die outjies sonneblomme, tulpe, madeliefies, ens. binne-in die doppies kan teken.  Plak dan ‘n borsspeldjie agterop en dra die lapelblommetjies op Lentedag.

6.  Knip eenvoudige blomme uit viltlap en plak dit op die borsspeldjie vas.  Heelwat borsspeldjies het gate sodat ‘n mens dit aan die lap kan vas werk (ouer kinders).

boom

Aangesien Lentedag en die begin van Boomplantweek/-maand (1 – 7 September) saam val, kan ‘n mens die twee in dieselfde week vier.  Vanjaar se boomsoort is die Bosvaderlandswilg en die skaars soort is die Wildepieterseliebos.  Indien julle kan, soek jong boompies om op die skoolgrond te plant en maak beurte (leiertjies, klasse, grade, ens.) om die bome nat te lei.

Indien die skool genoeg skadubome het, kan ‘n mens skenkings aan organisasies of tehuise maak om bome elders te plant.  ‘n Mens kan ook as klasgroepe spesifieke bome bemes en beddings opknap.  Reël ‘n gesinsdag en kry ouers om te help indien die hande tydens skooltyd beperk is.

Wat van ‘n uitstappie na ‘n plaaslike natuurtuin, park of kwekery?  Nooi ‘n boomkundige (dendroloog) om die klas toe te spreek – selfs ‘n knap, plaaslike tuinier.

Hoe dit ook al sy, September is die maand vir groei, vernuwing en laf wees.  Geniet dit as ‘n klas saam.

*Tik ook soekterme soos “boom, lente, boomplantdag” by die bruin soekblokke regs bo-aan dié bladsy in vir ouer idees.

Breuke vir beginners

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-08-21 at 19.07.41

Ons praat van breuke wanneer ons ‘n item of ‘n hoeveelheid in gelyke dele opbreek.  Dink aan ‘n groterige sjokolade (soos ‘n Kit-Kat) wat 4 lang stawe of blokke het.  Die blokke is gelyk of ewe groot.  As ons die sjokolade in 4 dele opbreek, het ons 4 uit 4 stukke.  As jy een stafie geëet het, het jy een uit 4 ewe groot stawe geëet.  As jy 2 stawe geëet het, kan ons sê dat jy die helfte geëet het of 2 uit 4 stukke.

Loer hier, na Breuke en na Spesiale breukname vir werksvelle en idees.

 

Screen Shot 2016-02-18 at 15.36.19

[Engels]

Vrouedag, 9 Augustus

1 Kommentaar


Screen Shot 2015-08-06 at 22.09.26

Bye

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-08-06 at 21.46.20

Saterdag, 15 Augustus, is Wêreld Heuningbydag.  Wat kan ons doen as ons “bye” bespreek?

Soek seshoekige vorms om tydens kleiwerk of wiskunde te gebruik.  Die ou vormpasballe, het ‘n stewige blokkie in die stel.  Jy kan koekies uit deeg druk, byekorwe uit geel klei druk of drukwerk met dikkerige verf doen.

Knak leë toiletrolle aan drie kante.  Druk dit plat, vou oop, druk plat, vou oop…totdat jy ‘n seshoekvorm kry.  Sny die rolletjie in die helfte en weer in die helfte – totdat jy die breedte van jou keuse kry.  Verf dit geel en oranje en plak dit met houtlym om ‘n byekorf te maak.

Verf ‘n vel karton of papier met ‘n oranje-geel verf (gooi bietjie rooi by geel).  Giet dan geel (of ligte bruin) verf in ‘n plat skinkbord en druk ‘n groot vel borreltjieplastiek (bubble wrap) daarin en druk dit op die oranje-geel vel.  Siedaar!  ‘n Byekorf.  Jy kan ook die verf op die plastiek verf of smeer.  Gebruik die velle as ‘n agtergrond of druk by- en opskrifte op A4-velle voordat jy die bladsy met verdunde (water-) verf bedruk.  Knip die vet woorde uit en daar het jy ‘n unieke opskrif.

Bye vingerdrukwerk.  Doop duime in dikkerige geel verf en druk dit op ‘n blommetjie of korf agtergrond.  Sodra dit droog is, kan julle swart lyne oor die lyfies trek (veselpen) en vlerke in teken.

Maak ‘n 3D-byekorf deur ‘n opvoubare papierlantern te spuitverf of met geel snesiepapier te bedek (gebruik pastadikte muurpapiergom).  Maak bye van pom-poms (fluff balls) en hang of plak dit op/aan die korf.

Smeer houtlym aan ‘n akker, wasgoedpennetjie of ‘n klein klippe.  Buig en wen ‘n geel pypskoonmaker om en om die kern.  Wen dan ‘n bruin of swart pypskoonmaker in breë ringe om die gele.  Knip ‘n swart of bruin pypskoonmaker in twee gelyke dele en knoop in ‘n druppelvorm.  Laasgenoemde vorm die vlerke.  Druk die ekstra draadpunte by die lyfie in en voeg gom as versterking in.  Plak twee wikkelogies bymekaar.  Plak die sye of pensies op die korwe of agtergronde.  As jy verkies om die bye te laat hang, knoop ‘n vislyntjie of gare aan ‘n vlerk.

Gee ‘n ovaalvormige deksel (of knip een uit ‘n ou x-straalplaat).  Plak met wondergom op papier, trek af en knip uit.  Skeur en plak verskillende stukkies geel papier op die ovaal.  Indien julle snesiepapier gebruik, kan ‘n mens ‘n lagie kookolie oor verf om dit ‘n glans te gee.  Plak ligte bloue op die vlerk en druk ‘n swart vel deur ‘n snippermasjien om swart stroke vir die lyfies te kry.  Gebruik dan gelyke stukke donker pypskoonmakers vir die pote en groot wikkelogies vir die oë.  [bytjie]

Ek sal aan nog ‘n paar idees dink. 😉

 Sien ook:

lente insekte goggas

Pantoffeldag

4 Kommentaar


slipperday

Tik gerus ook “pantoffeldag” by die bruin soekblokkie in vir ouer inskrywings.

Augustus Huiswerk

9 Kommentaar


Screen Shot 2015-08-19 at 21.12.08

Augustus Huiswerk

Gebruik jou kennis van veelvoude, maaltafels, klanke, vorms, rym, woordsoorte en kleur.

Rym

4 Kommentaar


Screen Shot 2015-12-20 at 7.55.50

Rym en rymende sinne, is ‘n heerlike manier om ouditiewe vaardighede op te skerp en om taalontwikkeling te doen.  Die kleintjies geniet rympies en kan dikwels onsinrympies spontaan voltooi.  Byvoorbeeld:  Vandag is dit baie koud…Ek dra ‘n serp van …goud.

Soos met die jong huistaalleerders, kan ‘n mens ook rymwoorde gebruik om die taal vir tweede taal leerders interessant te maak.

  • Kies ‘n woord en kyk hoeveel onsin en/of sinvolle rymwoorde julle kan kry.
  • Skryf die woorde neer en sorteer dit in onsin en sinvolle woorde.
  • Maak muurprente of rymwoordlyste per rymgroep – om teen die muur op te plak.  Sodoende, kan ‘n mens vinnig die maats op spoor.
  • Maak sinne met die sinvolle woorde.
  • Weet julle wat die woorde beteken?  Vind gerus uit.
  • Skryf julle eie rympies.  Onthou dat die rymwoorde gewoonlik aan die einde van ‘n versreël staan.
  • Maak ‘n afskrif van die klas se rympies en bind dit in ‘n klasbundel (vir die leeshoekie).

Afhangende van die outjies se vaardigheidsvlakke, kan ‘n mens die rymwoorde tot kort woorde (een lettergreep) – met ‘n klinker, dan dubbelklanke, tweeklanke en drieklanke beperk.  Vir uitdagings, kan ‘n mens dan aan woorde met meer lettergrepe dink.

rymprent/muurkaart

rym pakket

Sien ook:  Flitswoorde/Woordfamilies

Fondsinsameling

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-07-20 at 22.22.04

Goue oues en ‘n paar nuwes…

  1. Hou ‘n dans:  Verskaf die tafels, stoele en musiek en verkoop die tafels of kry lede van die komitee om gasheer/-vrou per tafel te wees.  Gee pryse vir die kreatiefste tafel, ens.  Verkoop ‘n beperkte verskeidenheid eet- en drinkgoed soos koppies sop, water, koeldrank, skyfies of eenvoudige hamburgers.  Verskaf ys teen donasies.
  2. Hou ‘n pretloop/-draf.
  3. Sekere maatskappye neem hande met skole.
    1. Verkoop speserye.
    2. Verkoop sandale.
    3. Verkoop plante.
    4. Verkoop plakkers.
    5. Verkoop deeg.
    6. Reël ‘n boekverkoping by die skool.
    7. Smelt kooksjokolade en giet in vormpies.  Koel af en verkoop dit een-een.
    8. Smelt skywe glycerin seep (1 – 2 cm vir 30 sekondes op ‘n slag) in ‘n beker in die mikrogolfoond.  Giet in vormpies en plaas in die vrieskas.  Sodra geset, kan jy dit met kleefplastiek oortrek en verkoop.
      • Plaas ‘n 10c-stuk of plastiese speelding in die vorm voordat jy die seep giet.
  4. Reël ‘n musikant om by die skool op te tree.
  5. Doen navorsing oor fondsinsamelingsprojekte wat aan herwinning gekoppel is.
  6. Hou ‘n muntlegging en pak embleme en woorde wat aan die doel (bv. sporttoer) of skool gekoppel is.
  7. Sekere eetplekke hou spesiale aande (shadow evenings).  Doen gerus navrae.
  8. Sluit aan by My School.
  9. Doen navorsing oor fondsinsamelingswebwerwe.

Watter idees werk vir julle?

Julie Huiswerk

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-07-20 at 9.00.18

Julie Huiswerk

Hierdie maand hersien ons die Engelse sigwoorde en kombinasies.  Gebruik dit vir Graad 2 en 3 (of vir Graad 1 HL).

sight words 2015

Tik soekterme soos “Engels” by die bruin soekblokkie in en loer ook na die Drukbare Bladsye hier bo.

eksperimente

4 Kommentaar


eksperimenteVerskuif water (kapillêre werking)

Benodigdhede:

2 glase IMG_20160217_143141

Water

‘n Servet of handdoekrol

Voedselkleursel (jou keuse)

Veselpen

Proses:

  • Vul een glas met water en hou die ander een leeg.
  • Maak ‘n merkie by die borand van die vol glas en voeg kleursel by die water (indien verkies).
  • Rol of vou die servet op en knak in die middel.
  • Plaas een “been” van die servet in leë glas en die ander been in die vol glas.
  • Los dit so vir ‘n uur of twee en kyk wat gebeur!

Skei soutwater en sien hoe die water verkleur

Benodigdhede:

1K Warm Watersout

1/4K Sout

9V-battery

2 Vurke

Glasbak

Proses:

  • Vul die bak met water en sout.  Meng totdat die sout oplos.  Ons het dit vir ‘n minuut in die mikrogolfoond geplaas.
  • Hou die vurke regop in die oplossing en plaas die pole van die battery op/teen elkeen.  Wat gebeur?  Wat gebeur na sowat 5 minute?  en 10?

Vulkaan of Bruis-aksie

Benodigdhede:

Wit asyn

Koeksoda

Glas fles (een met ‘n nouer nek of ‘n wyer een – soos ‘n groter Purity bottel)

Kommetjie of ‘n wasbak.

Proses:

  • Kies ‘n dieperige fles en giet sowat ‘n ½ koppie asyn daarin.
  • Skep ‘n eetlepel bakpoeier en voeg dit by die asyn.
  • Plaas die fles in die kommetjie.
  • Staan terug en kyk hoe dit bruis.
  • Vir ‘n beter effek, kan ‘n mens voedselkleursel byvoeg.

Lawa: Olie en Water

Benodigdhede:

Kookolie

Water

Bruistablette (bv. Panado – selfs 1 teelepel Eno)

Voedselkleursel

Plastiekbottel of fles

Kommetjie of ‘n wasbak.

Proses:

  • Vul die bottel halfpad met olie en voeg dan water by tot net onder die nek.
  • Drup voedselkleursel by.
  • Plaas die bottel in die kommetjie.
  • Voeg die bruistablet by en kyk hoe die vloeistowwe vloei. Vir veiligheid kan ‘n mens die tablet in kwarte verdeel en stuk-stuk byvoeg.
  • Draai die prop op, skud en kyk hoe lank dit sal neem totdat die vloeistowwe weer skei.
  • ‘n Mens kan nog tablette by voeg.

Pofferige VerfDis

Benodigdhede:

Voedselkleursel

1E Bruismeel

1E Sout

Water

Kwas of skoon oorstokkies.

Dikkerige papier of karton.

Proses:

  • Meng die droë bestandele en drup water bietjies-bietjies by. Begin met ¼ t water en wissel af met druppels voedselkleursel. Meng dit totdat dit ‘n pasta vorm.
  • Skryf jou naam en spelwoorde of verf ‘n prentjie.
  • Plaas die kunswerk op ‘n bord in die mikrogolfoond. Verhit vir 30 sekondes en sien hoe die verf rys.
  • Dit behoort dadelik te set. Sodra die papier koel genoeg is, kan ‘n mens die prente en woorde uitknip en op ‘n groter karton plak.

Skrikkerige Peper

Benodigdhede:

1 teelepel fyn peper

Piering of bakkie

Water

Skottelgoedwasseep

Proses:

  • Skink genoeg water in die piering om die bodem te bedek.
  • Sprinkel die peper oor die oppervalkte van die water.
  • Doop ‘n vinger in die middel van die piering. Wat gebeur?
  • Smeer nou ‘n bietjie seep een jou vinger en doop dit weer in die water. Wat gebeur?

Reën in ‘n fles

Benodigdhede:

Flesrainglass

Skeerroom of spuitroom

Water

Blou voedselkleursel

Medisynedruppertjie of ‘n strooitjie

Proses:

  • Spuit die room in ‘n dik laag bo-op ‘n halwe fles water.
  • Suig die voedselkleursel in die druppertjie of strooitjie op en drup bietjies-bietjies deur die room.

Stel suurstof uit ‘n aartappel vry

Benodigdhede:

Aartappelskywe

Waterstofperoksied (Hydrogen Peroxide)

‘n Glas of glasbak

Proses:

  • Pak aartappelskywe in ‘n glasbak of in ‘n glas.
  • Giet sowat 125ml waterstofperoksied bo-oor die aartappel.  Wat sien jy?

Blaas ballonne op

Benodigdhede:

Koeksoda

Asyn

‘n Ballon

‘n Tregter

‘n Plastiek bottel

‘n Kommetjie

Proses:

  • Werk binne-in die kommetjie.
  • Trek die ballon oor die tregter se pypgedeelte en vul met koeksoda.
  • Vul die bottel halfpad met asyn.
  • Span en trek die nek van die ballon oor die opening van die bottel, maar moenie die ballon lig nie.
  • As die ballon netjies pas, kan jy die ballon lig.  Wat gebeur?

Eier in ‘n bottel

Benodigdhede:

1 hardgekookte, afgedopte eier

‘n klein kersie (soos op verjaarsdagkoeke)

vuurhoutjies

‘n bottel met ‘n nek wat effens nouer/smaller as die eier is

Proses:

  • Steek die kers aan en gly dit versigtig binne-in, teen die kant van die bottel af.
  • Plaas die eier regop in die opening van die bottel.  Wat gebeur?

Flubberflubberjuffer

Benodigdhede:

3/4K Koue water

1K wit gom (soos houtlym)

Voedselkleursel (eksperimenteer met kleure)

1/2K Warm water

1t Boraks

Twee bakke en ‘n teelepel

Proses:

  • Bak 1: Meng die koue water, gom en kleursel.
  • Bak 2: Los die Boraks in die warm water op.
  • Voeg die gommengsel stadig by die Boraksoplossing by en meng goed.
  • Gooi die oortollige water af en meng die flubber met die hand totdat dit geset het.
  • Hou die flubber in ‘n plastieksakkie of ‘n lugdigte houer.

3de Kwartaal

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-07-19 at 9.11.57 Screen Shot 2015-07-19 at 9.46.22

67 minute

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Madibadag het begin met 67 minute gemeenskapsdiens of -hulp op die 18de Julie, maar ‘n mens hoef dit nie tot een dag en ‘n paar minute te beperk nie.

  • Maak “Omgee”-pakkies (saam met jou ouers) op om by tehuise (bv. ouetehuise), gemeenskapsdienswerkers (bv. maatskaplike dienste, brandweer, polisie, verpleegsters, weermag…) uit te deel.  ‘n Motiverende boodskap is dikwels skaars en beteken baie.
  • Help vir Mamma of Pappa by die huis.  Probeer dit meer gereeld.
    • Maak die badkamer of kombuis netjies.
    • Vou die skoon wasgoed op.
    • Dek die tafel en dek dit na ete af.
    • Help hulle om inkopies te doen.
  • Help iemand in jou woonbuurt.
  • Skakel jou Oupa en Ouma of skryf vir hulle ‘n brief.
  • Maak jou kamer aan die kant en versamel ou speelgoed, kryte, inkleurboeke en krale om by ‘n skooltjie, ‘n nasorgsentrum of die kerk af te gee.
  • Lees ‘n boek vir ‘n boetie of sussie.
  • Hou jou ou flitskaarte en skoolwerk om vir ‘n maat, ‘n boetie of sussie te gee.
  • Kuier by bekendes en onbekendes in die hospitaal of ouetehuis.
  • As jy oulike vaardighede het (bv. rekenaarvaardighede, handwerk, kunstig), kan jy dit inspan om iets vir ander te skep of om vir iemand te help.
    • Bied aan om die rekenaaronderwyser te help – al is dit net om die rekenaars af te skakel aan die einde van die skooldag.
    • Brei of hekel lappies om ‘n wêreldkombers te skep.
    • Brei komberse in samewerking met jou klas of familie.
    • Ontwerp en stuur serpe vir Story Scarves.

Onthou dat jy nie noodwendig geld hoef te spandeer nie.  Hulpvaardigheid en ‘n glimlag is gratis.

madiba

Die getal: 67

Engels: Aanleer en Vaslegging

2 Kommentaar


English
Klik op die skakels in die skrywe om na enkele dokumente te gaan.  Die prente is voorbeelde daarvan.

Hoe spreek ‘n mens die klanke uit?  Kan die outjie die klanke uitken deur na die woorde te luister?  Kan hy/sy eenvoudige woorde ontsluit en met die meegaande prente verbind?

Hersien die Engelse sigwoorde deur dit te lees en in sinne te gebruik.  Kies ‘n flitskaartgroep en gebruik die woorde saam met die verskillende sigwoorde in beskrywende sinne.  Skryf sinne met die kleurwoorde (of selfs hoeveelhede en dae) in die spesifieke kleure.  Speel “snap” of ‘n geheuespel indien jy twee stelle van die woorde (flitskaarte) gedruk het.  Indien jy die stippelsigwoorde gebruik, kan jy die woorde natrek wat jy reeds gebruik het om sodoende rekord te hou.

Hersien die klinker kombinasies (vowel blends/digraphs) en voltooi sinne met die onderskeie woorde.  Bespreek die moontlike vangplekke.  Kan die outjie ‘n persoonlike inligtingsvorm in Engels voltooi?  Hersien die skrif tesame met Engelse letterrympies.

Loer in die biblioteek na reekse soos Letterland – ‘n goue oue wat stories en liedjies vir elke letter of klank het.  Die storieboeke (ABC, Beyond ABC en Far Beyond ABC) sluit dikwels ‘n liedjie CD in en is ook in skryfbehoefte winkels beskikbaar.  Daar is heelwat gratis toeps (apps) vir selfone en tablette beskikbaar – wat aktiwiteite en luisterstories insluit.  Indien jy hierdie aspekte wil ondersoek, tik gerus soekterme soos iPad, Android, Leesreeks, e-boek, EngelsTeacha…by die bruin soekblokkie regs bo-aan dié blad in of loer na die lysie skakels onder die “Geletterdheid”-hofie aan die regterkant.

Phonics Stories
Letterland Teacher’s Guide
Jolly Phonics
Loer gerus hier na nog opsies.
Traditional-Alphabet-Names

English FAL Grade 1

English FAL Grade 2

‘n Vinnige waterspel aktiwiteit

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-04-14 at 18.35.54

“Water babies”, “water beads” of Jelliekrale vir sensoriese/waterspel:

  • Plaas in ‘n (deursigtige) plastiekbak – ‘n groter oppervlakte speel lekkerder – en vul met water. Voeg kort-kort water by totdat die krale lekker vet is.
  • Gebruik ‘n plat bak en vul die bak met opgepofde krale.  Versteek magneetletters en syfers op die bodem en vra dat die outjie sekere letters of syfers soek en uitlig.  Gebruik die tone indien julle lus het.
  • Indien jy bont kleure het, gee ‘n bakkie vir elke kleur en merk die bakkies met daardie kleure (kolle of woorde). Sorteer dan die kleure.
  • Smeer ‘n laag skeerroom op ‘n vlak skinkbord en bou prente, syfers, vorms of klanke in die room.
  • Kyk of die krale kan bons – in ‘n bak of bad.
  • Tap ‘n bietjie water in ‘n bad of klein swembadjie.  Skep die krale met ‘n klein netjie of ‘n lepel uit.
  • Indien julle kleurlose krale het:  Verflou verskillende kleure voedselkleursel (of waterverf) met water – in verskillende bakkies – en kyk hoe dit die krale in die onderskeie bakke verander.
  • Indien die skool ‘n ultravioletlig (black light) het:  Breek highlighters (veral heldergeel verligters) oop en sny die inkveselkussing oop.  Laat dit in ‘n bak dreineer en voeg ‘n paar jelliekrale daarin.  Voeg ‘n bietjie water by, skyn die lig daarop en kyk hoe die krale gloei.  Maak seker dat die verligter veilig is om te gebruik (non toxic).  Hierdie eksperiment kan dalk beter werk as ‘n mens ‘n deursigtige bak bo-op ‘n glas of draad tafel plaas – met die lig onder.
  • Voeg ‘n paar vet krale in ‘n plastiekglasie (of in ysbakkies) en vries.  Voeg die gevriesde blokkies in ‘n waterbak en speel daarmee totdat dit smelt.  Kyk wat sal gebeur as ‘n mens die krale in ballonne laat swel en vries.

Lekker speel!

Vakansie!

5 Kommentaar


Screen Shot 2015-06-25 at 21.03.09

Vadersdag

Lewer kommentaar


DSCN1340

Maak vir Pa drupmatjies met bekende embleme.  ‘n Mens kan sommige embleme op die internet kry (bv. Castrol), maar ‘n mens kan ook advertensies of die ware Jakob gebruik.

  • Haal die etiket liggies van die spesifieke blikkie af of skeur die dosie versigtig oop.  Meet en pas ‘n kurkmatjie op die logo, sodat jy nie te veel sal afsny nie.  Indien dit makliker is om eers ‘n vorm op die logo af te trek, kan julle ‘n voorwerp soos ‘n wye glas of ‘n kosblikkie gebruik.  Trek die ring, knip uit, lamineer, knip uit, smeer ‘n dun lagie wit houtlym (of modge podge) agter-op die papier en plak dit in die middel van die kurkmatjie.  Herhaal met nog embleme van Pa se gunstelinge.  Vir ‘n permanente weergawe, kan ‘n mens die embleme lamineer sonder die kurk.
  • ‘n Mens kan ook foto’s of tekeninge (met veselpenne) probeer.  Maak net eerder ‘n afskrif as om die oorspronklike foto te gebruik.

vadersdag drupmatjies

DSCN1341 DSCN1343

Versier bekers of koppies met warm water en naellak.

  • Koop unieke kleure naellak vir Pa (loer by die goedkoop winkels) en ‘n skoon beker of bakkie (verwyder plakkers).  Tap warm water in ‘n 2l roomysbak en drup die naellak in die middel van die bak.  Die kleure gaan begin vloei of versprei, maar dit gaan die ontwerp beslis interessant maak.  Hoe groter die item, hoe meer naellak sal nodig wees om die oppervlakte van die water te bedek.
  • Doop die bak of beker so diep as moontlik in die bak en lig uit.  Indien julle dit ‘n tweede keer wil doen, moet ‘n mens weer naellak drup.
  • Laat die beker of bak drupdroog en “set” die kleure in die mikrogolfoond (1 – 2 minute) of oond.  Indien naellak binne-in die bak of beker beland het, kan julle dit met naellakverwyderaar uitvee.  Was met die hand.
  • Vul die beker of bakkie met lekkernye en draai toe.

Tik gerus ook “vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees en vorige skrywes.

eksamentyd

Lewer kommentaar


Dit is sulke tyd.  Gebruik hierdie boodskappies in e-posse, briewe of op die kennisgewingsbord.  Tik ook soekterme soos “vraestel”, “boodskap” of “eksamen” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die hofies wat met “vraestel”, “wiskunde” en “geletterdheid” gemerk is vir meer idees.

[Klik om te vergroot.]

Eksamengedig

Junie Huiswerk, Vaslegging of Intervensie

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-06-01 at 18.55.02

Junie Huiswerk (drukbaar)

Tik “f en v”, “e klink soos i”, “klanksamevloeiing” of “Vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, om skrywes te kry wat sommige van hierdie huiswerk aktiwiteite sal ondersteun.  Die huiswerk strek vir die volle maand, maar kan gekombineer word soos verkies.

Kinderbeskermingsweek

2 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Om Kinderbeskermingsweek te vier, gaan ons groen linte dra of ‘n groen lint deur ‘n boekmerk knoop.  Herinner die outjies net aan die simboliek of betekenis daarvan.

  • Maak julle eie wasbare, tydelike tatoëermerke.  Tik die boodskap (ouer se kontakbesonderhede) in die spieëlbeeld en druk uit.  As jy op Power Point werk, kan jy die teks tik en “rotate” gebruik om die blokkie te draai.  Seël die boodskap met 2nd Skin, Liquid Bandage of kleurlose naellak.
  • Jy het nie altyd spesiale papier nodig nie, skryf die besonderhede direk op die vel en seël dit soos bo of gebruik kleurlose naellak.
  • Maak ‘n Kinderbeskermingsboekmerk met moontlike noodnommers daarop.  Hou dit in ‘n spesiale boek of maak meer boekmerke om in die skool uit te deel.  Druk die boekmerk op groen karton of lamineer dit indien julle groen papier verkies.  Pons ‘n gat in die middel van die breedte en knoop ‘n groen lint daar deur.
 Sien ook:

Older Entries Newer Entries