
Ons vier Pikkewyndag op die 25ste. Loer gerus by ‘n paar pikkewyne in of versier die klas. Op die 27ste, vier ons 30 jaar van vryheid in Suid-Afrika. Trek gerus trots Suid-Afrikaans (in die kleure van die vlag of ‘n nasionale sport) aan.

© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
25 April 2024
afrikaans pikkewyn, pikkewyndag, Suid-Afrika, Vryheidsdag Lewer kommentaar

Ons vier Pikkewyndag op die 25ste. Loer gerus by ‘n paar pikkewyne in of versier die klas. Op die 27ste, vier ons 30 jaar van vryheid in Suid-Afrika. Trek gerus trots Suid-Afrikaans (in die kleure van die vlag of ‘n nasionale sport) aan.

22 April 2024
afrikaans boeke, boeke dag, boeke nag, kopieregdag Lewer kommentaar

Op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag en baie mense vier ook Wêreld Boeke Dag. Dit is ook Kopieregdag. Wat is dit en hoe kan ‘n mense met ouer kinders oor kopiereg gesels wanneer hulle navorsing doen en take skryf? Moedig gerus ‘n bronnelys of bibliografie aan.
Deel gerus ‘n leeslysboekmerkie, lees boeke op ‘n toestel (rekenaar, slimfoon, tablet), skakel die onderskrifte vir videos aan lees saam. Trek soos ‘n boekkarakter aan of versier die klasdeur soos jou gunstelingboek se voorblad.



21 April 2024
afrikaans help, omgee, onbaatsugtigheid, pay it forward Lewer kommentaar

Ons vier Aarde Dag op die 22ste April. Wat kan julle in die klas, by die skool of by die huis doen om ons aarde beter op te pas?
Doen iets om ander te help sonder om iets terug te verwag. Verras iemand met ‘n bederfie of ‘n ekstra gawe woord.


28 Maart 2024
28 Maart 2024
afrikaans spellyste, spelwoord, Spelwoorde Lewer kommentaar

Loer gerus hier na verskillende lyste spelwoorde – op uitdagingsvlak. Vir lyste sigwoorde en flitskaarte of idees in verband met die hersiening van spelwoorde, kan jy hier klik.
2 Maart 2024
2024 dag van geluk, Downsindroom, earth hour, geluk, menseregte, vrouedag, water, wiskunde dag 2 Kommentaar

Ons vier Internasionale Vrouedag op die 8ste Maart. Geniet ek ‘n ekstra ruskansie, ‘n ekstra blokkie sjokolade of lees oor vroue in jul omgewing wat ander inspireer.

Pi en Wiskunde Dag is om die draai. Loer gerus hier na verskeie vorige plasings.

Ons word op die 20ste daaraan herinner om die mooi in die lewe raak te sien. Wat maak jou gelukkig en hoe kan jy ander laat glimlag?

Op Downsindroomdag dra ons blou en geel of interessante sokkies ter bewusmaking van die dag.

Hersien of herinner mekaar aan Menseregte en Kinderregte (met die gepaardgaande verantwoordelikhede).

Waterdag is amper hier. Hoe kan ‘n mens water bespaar? Drup daar krane in die badkamers of buite op die skoolgronde? Melt dit aan om reg gemaak te word en dink aan maniere om water gebruik te verminder waar moontlik. Hoe kan reënwater benut word en op die skoolgronde gestoor word?

Hoe het Earth Hour begin en waarom vier ons dit? Dink aan maniere om ‘n bietjie meer omgewingsvriendelik te lewe en om bewaring aan te moedig.
21 Februarie 2024
2024, afrikaans, lees biblioteek, boek, boeke dag, boeke nag, sprokiesdag Lewer kommentaar

Ons vier Sprokiesdag op die 26ste Februarie. Trek soos ‘n sprokieskarakter aan of lees ‘n storie in meer as een taal. Hoe verskil die weergawes en hoe kom dit ooreen?
Op die sewende Maart, is dit Wêreld Boeke Dag en op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag. Lees boeke oor ‘n spesifieke tema of boeke wat deur ‘n spesifieke outeur geskryf is. Kies ‘n bekende storie en kyk of julle dieselfde storie in ander lande kan opspoor. Hoe lyk Rooikappie se voorblaaie in verskillende wêrelddele of hoe lyk die tale (bv. Afrikaans, Engels, Spaans, ens.).
Trek die gordyne toe om die vertrek donkerder te maak en versier die klas met sterre. Bou ‘n fort in die klas en lees met behulp van flitsligte of lampies.
Biblioteekweek duur van die 18de tot die 24ste Maart. Lees ‘n boek of luister gerus na ‘n storie. Herrangskik julle leeshoekie, samel geld in vir ‘n nuwe boek of vra gerus vir skenkings. Lekker lees!

4 Februarie 2024
2024, afrikaans departementele werkboeke, werkboek, werkboeke 3 Kommentaar

Die departementele werkboeke is gratis beskikbaar en mag nie verkoop word nie. Indien daar tekorte by skole is, kan ‘n mens dit aflaai en druk. Nie alle graadvlakke het tale of FAL- en EAT-boeke beskikbaar nie. Boeke uit vorige jare is hier beskikbaar. Loer ook hier na punte 15 en 16. Afrikaans Eerste Addisionele Taal boeke (EAT) vir Grade 1 tot 6, is hier heel onder gelys.
30 Januarie 2024
30 Januarie 2024
2024, lees lees, leesdag, luidleesdag Lewer kommentaar

Luidleesdag is om die draai. Loer gerus hier na idees vir Luidleesdag (in Afrikaans en in Engels). Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant vir skakels na flitskaarte, sigwoorde, rympies, e-boeke en gratis leesboeke. Dis ‘n heerlike dag om saam wees, saam te leer en saam te lees. Wie gaan vanjaar die aankondiginge lees en kan julle ‘n rekord opstel om almal op dieselfde tyd te lees?
Geniet die dag 🙂
13 Januarie 2024
2024 ATP, Basislyn Assessering, Onderrigplanne Lewer kommentaar
Grondslagfase (Graad 1 – 3): 2023-2024
Intermediêre Fase (Graad 4 – 6): 2023-2024
Senior Fase (Graad 7 – 9): 2023-2024
FET (Graad 10 – 12): 2023-2024
Basislyn Assessering en ATPs
1 Januarie 2024
24 November 2023
2023 16 dae, veilig, wit lint Lewer kommentaar

Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) duur van die 25ste November tot die 10de Desember. Dra gerus ‘n wit lint tydens hierdie tydperk ter ondersteuning van die projek.
24 November 2023

Afslag op produkte. Loer gerus.
Snuffel ook op My Klaskamer – vir velerlei gratis idees en gedagtes.
9 November 2023
afrikaans boelie, boeliegedrag, boelieteenkampingsweek, bullebakkery Lewer kommentaar

Volgende week, word ‘n Boelieteenkampingsweek elders gevier. Hoe lyk dit en wat kan ‘n mens doen om kinders te bemagtig? Gebruik gerus hierdie komende Boelieteenkampingsweek om gedrag te identifiseer en om oor moontlike hulp te gesels.


17 Oktober 2023
3 Oktober 2023
afrikaans soktober Lewer kommentaar

27 September 2023
31 Augustus 2023
afrikaans boekweek, boomplantweek, Geletterdheidsdag, Juffer, Lente, My klaskamer, oogsorg, rugby, Sonneblomdag, spikkeldag Lewer kommentaar

September begin met Boomplantweek, Lente dag en Loslitdag (op die eerste). Loslitdag se tema is ”Deel ‘n glimlag”. Wat laat jou glimlag?
Die Nasionale Boom van die Jaar is die basboom. Plant gerus ‘n boom wat in jul omgewing aard en versorg die skool se tuine met ‘n bietjie kompos of kunsmis.
Die Nasionale Boekweek duur van die 5de tot die 11de September en die Internasionale Geletterdheidsdag is op die 8ste. Lees ‘n boek deur Roald Dahl op sy verjaarsdag (13de) en vier Spikkeldag op die 15de September. Sonneblomdag is vanjaar op die 15de en bly ‘n baie spesiale projek om lewens te red. Op die 19de praat ons soos seerowers. Onthou Waaierdag vir Vrede op die 21ste.

Renosterdag is op die 22ste September en Oogsorgmaand duur van die 21ste September tot die 18de Oktober. Snuffel gerus hier na vorige idees in verband met visuele oefeninge en oogsorg.
Tussendeur vier ons ons erfenis en geniet ons rugby saam as ‘n land. Om alles te kroon, word My Klaskamer vanjaar 15 jaar oud!
Baie dankie vir die ondersteuning en gereelde inloer. Kom kuier gerus weer.
Woorde