Tuis

Werkersdag

2 Kommentaar


werkersdag

Lekker rus 😉

Boeke Nag, 23 April

2 Kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag.

boekenag

Klik gerus op die onderstreepte woorde om na verskillende skrywes te gaan.  Tik ook soekterme soos “biblioteek, boek, boekedag, lees, boekmerk, nuwe leser, taal” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees om tuis te probeer.

boeknag boekmerk boekmerk nag Boekmerk wit Lees boek

Werksvelle, Muurkaarte en ander hulpmiddels

Lewer kommentaar


jufferteachablad

Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is.

  1. hulpmiddels
  2. muurkaart
  3. naamkaart
  4. eerste dag
  5. klanke
  6. abc uitspraak
  7. alfabet
  8. sigwoord
  9. dubbelklank
  10. tweeklank
  11. drieklank
  12. klanksamevloeiings
  13. hersien
  14. meervoud
  15. verkleinwoord
  16. leestekens
  17. flits
  18. oefen self
  19. e klink soos i (be-, ge-, ver-…)
  20. f en v
  21. omkering
  22. b en d
  23. woordeinde (-d/-t)
  24. woordsoort
  25. tydsvorm
  26. lees
  27. komponente
  28. rym
  29. rympies
  30. stories
  31. leesreeks
  32. biblioteek
  33. boeke dag
  34. boeke nag
  35. fondsinsameling
  36. liedjies
  37. e-boek
  38. toeps
  39. apps
  40. inklusiewe onderwys
  41. wiskunde huiswerk
  42. woordsom
  43. geld
  44. breuke
  45. voor en na
  46. meer en minder
  47. Hoe laat is dit? (tyd)
  48. vorms
  49. patroon
  50. patrone
  51. handspier
  52. skrif
  53. skryf
  54. lopende skrif
  55. abc skryf
  56. knip
  57. skryf stadig
  58. potloodgreep
  59. ogies
  60. oog
  61. oogsorg
  62. VMI
  63. visuele
  64. ouditiewe
  65. taal ontwikkeling
  66. woordeskat
  67. Graad R
  68. Graad 1
  69. posisie
  70. middellynkruising
  71. links en regs
  72. spiertonus
  73. tuis idees
  74. tuis oefen
  75. speel-speel
  76. Engels
  77. vraestel
  78. studietegniek
  79. JNA / ANA
  80. CAPS

Daar is heelwat tema’s en ander idees ook beskikbaar.  Vra gerus 😉

Loer gerus elke nou en dan op Teacha/Teaching Resources in vir winskopies.

Hulp / Pay it Forward

2 Kommentaar


pif1

Vanjaar vier ons Pay it Forward dag op die 28ste April.  Is daar iemand in jou gemeenskap wat kan baatvind by ‘n klein of groot gebaar?  Help iemand as ‘n klas, ‘n gesin of doen dit selfs anoniem.  Dit hoef nie finansiële implikasies te hê en deur bv. papiere op te tel, onkruid uit te trek, ‘n boodskappie te skryf, gaan jy beslis iemand anders se dag opkikker.

help

Downsindroom

2 Kommentaar


21 Maart is die Wêreld Bewustheidsdag vir Downsindroom en vanjaar dra ons ons bontste sokkies.

Down

Earth Hour en Waterweek

Lewer kommentaar


earthhour

Skakel die elektroniese toestelle af en begin nuwe bewarings- en besparingsprojekte.  Loer gerus na herwinningsaksies in jou omgewing of begin jou eie.  Verseker dat die krane nie lek nie en bespaar soveel jul kan.  Is daar ‘n rivier, damme of strandgebied om skoon te maak?  Dit kan ‘n ideale klasuitstappie maak so ‘n dag of twee voor die skole sluit.

Tik gerus soekterme soos “aarde, grond, water, waterweek, herwin, earth hour, groen…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

waterweek

Paastyd

2 Kommentaar


paasfees

Hiermee nog ‘n paar ekstra werksvelle:

Kies ‘n ontwerp en druk genoeg om ‘n muurlys of ingang te dek.  Druk die velle op verskillende kleure papier en wissel dit in patroonvorm af.

Screen Shot 2016-03-11 at 19.22.40

Tik gerus soekterme soos “Paasfees” of “Bybel” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir ouer inskrywings en drukbare velle.

 

Boekedag

Lewer kommentaar


boekedag

Tik gerus soekterme soos “boekmerk, boekedag, biblioteek, lees, klanke, sigwoord, Engels…” by die bruin soekblokkie in vir verskeie idees.

Skryf in

2 Kommentaar


skryfinvirskool

Tik gerus soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed, skoolpligtig, vaardighede, ouditiewe, visuele, VMI, ogies, handspier, fynspier, potloodgreep, abc uitspraak, klanke, syfers, vorms, patrone, abc skrif, robotkaart, middellyn, spiertonus, posisie, linkshanding, knip, links en regs, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir enkele idees.

dae en tydsverloop

Lewer kommentaar


dae

‘n Prettige weergawe.  Sien ook “Hoe laat is dit?”

dag-en-tydwoorde

365 dae

weke in 1 jaar

skoolweek

7 dae week

12 maande

eeu

1-31-syfers

kalenderwoorde

Tik ook soekterme soos “kalender, hoe laat is dit?, skrikkeljaar, 12-12-12″ by die bruin soekblokkie in, vir voorbeelde van tyd, drukbare kalenders en ander werksvelle.dae flitsTyd

 

Skrikkeljaar

Lewer kommentaar


Dit is vanjaar Skrikkeljaar en ons kan die 29ste Februarie ekstra lekker maak.  Doen unieke wiskunde werksvelle of deel die dag in periodes van 29 minute in.  Hoe lank voel/duur 29 minute?  Hoe lyk die getal? :wink:.

29 Eng.

29 Afr.

366dae

366days

 

Biblioteekweek

1 Kommentaar


bibweek

Biblioteekweek duur vanjaar 10 dae – van 11 tot 21 Maart.  Fokus op lewenslange leer en die bemagtiging van jong lesers.

  • Besoek die dorpsbiblioteek en die skool s’n.  Hoe vergelyk die twee en wat is anders?  Kry jy soortgelyke boeke by soortgelyke aanwinsnommers?
  • Neem ‘n selfie met jou gunstelingboek en maak ‘n muurcollage van die klas se foto’s.
  • Selfie kunswerke gaan beslis die oog vang.  Gebruik media soos pastelle om die bladsye helder en aanloklik te maak.  Skryf die boek se titel en aanwinsnommer onderaan die kunswerk en versier dan die gange daarmee.
  • Gebruik groot rolle/velle papier om bo-oor deure te pas.  Teken ‘n groot boekomslag daarop en skryf as ‘n klas kort aanbevelings daarop.
  • Gebruik ‘n toep en ‘n webwerf om QR-kodes te skep waar jong lesers na stories kan luister.  Verskaf oorfone en tablette hiervoor.
  • Betrek luisterstories – CD’s en boeke.
  • Gebruik ‘n Kindle toep (of storie toeps) waar outjies saam-saam of alleen na stories kan luister.
  • Rol die omslae van verskeie boeke af, laat die outjies dit inkleur en versier die gange.  Dit behoort die belangstelling te prikkel vir later.
  • Hou ‘n pajamadag of trek soos ‘n karakter aan.
  • Laat die outjies kort dialoë oor ‘n boek skryf.  Voer dit op of hou ‘n poppekas.
  • Ouer kinders kan boekbesprekings hou.  Verskaf dieselfde boek aan klein groepies en gee 15 minute sodat hulle daaroor kan gesels.  Vra dat hulle na mekaar luister en indien hulle by die kommentaar of gedeelte aanklank vind, kan hulle ‘n bydrae lewer.  (Watter deel was vir jou interessant? Waaraan het dit jou laat dink?)
  • Deel klasse uit die verskillende fases by makker leesgroepe in en kies kort stories om aan mekaar voor te lees.  Kies ‘n periode daarvoor en hou gereelde leestye.
  • Hou ‘n “spog met ons leeshoekie” of “spog met ons biblioteek” aand.  Nooi die ouers en gesinne (of selfs inwoners van ‘n plaaslike ouetehuis) om saam met ‘n graadgroep stories te lees, muurprente te maak, woordspeletjies te speel (soos Krabbel/Scrabble), ens.  Vra vir ‘n vrywillige donasie waarmee die skool nuwe boeke kan aankoop.
  • Biblioteekbronne

Sien ook:  BiblioteekweekLees

 

 

#libraries4lifelonglearning

Moedertaaldag, 21 Februarie

2 Kommentaar


Grafiek Opname [Drukbare vel]

Navorsing

Medemenslikheid en Internasionale Dag van Geluk

4 Kommentaar


 

Vandag is Random Acts of Kindness Day en 20 Maart is die Internasionale Dag van Geluk.  Ek sou dit egter nie tot een dag wou beperk nie…Hoe kan ons in het kleine iemand anders se dag opkikker?

  • Gooi ‘n ekstra munt in iemand anders se parkeermeter.
  • Het jy afslagkoepons iewers gekry?  Plaas dit hier en daar op die winkelrakke vir ander om te kry.
  • Laai ‘n ekstra pakkie koekies in die winkelmandjie vir die werkers by die skool of by die huis.
  • Werk saam aan ‘n maaltyd (soos lasagna) en lewer dit by iemand af wat dit nooit sal verwag nie.
  • Nie ‘n goeie kok nie?  Steek ‘n blom in ‘n ou speserybottel en plaas dit op ‘n buurvrou se stoep of ‘n juffrou se tafel.
  • Gooi die week se snoepiekleingeld in ‘n spaarbussie tot ‘n week voor die dag van jou/jul keuse.  Tel dit en besluit op ‘n skenking – hetsy kontant of byvoorbeeld kos aan iemand of ‘n instansie.
  • Is geld ‘n bietjie min?  Verskaf jou dienste gratis – om byvoorbeeld ‘n buurman te help.  By die skool, kan die klas die gang namens die opsigter vee of die dromme leegmaak.
  • Skenk klere.
  • Skenk orige verf om die klimrame te verf.
Tik gerus ook soekterme soos “hulp, pay it forward, omgee” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Luidleesdag, 2016

2 Kommentaar


Luidleesdag

Wat kan ‘n mens alles op Luidleesdag lees of doen?

  • Knip en plak sigwoorde, rymwoorde en ander ouderdomstoepaslike woorde uit tydskrifte of bou dit uit los opskrifletters.  Flits die woorde, plaas dit op die woordmuur, skryf dit oor in die individuele woordeboekies of tik dit oor tydens rekenaarlesse.
  • Luister na voorlesings op die mat, e-boeke of op die rekenaar.

luidlees2016

Tik gerus ook soekterme soos “luidlees, biblioteek, lees, geletterdheid” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die skakels onder die “Geletterdheid”-hofie.

uitdeel en deling

3 Kommentaar


‘n Vinnige en eenvoudige manier om deling te verduidelik, is deur items uit te deel.  Dié outjie het ‘n rits somme gekry wat hom oorweldig het.  Dit mag dalk die konsep van deling óf die bewerkingsteken gewees het…Ons het watte en albasters byderhand gehad en dít as mense en lekkers ingespan.

Bv.  Hoeveel lekkers is daar? 10 (albasters). Tussen hoeveel mense gaan ons die lekkers uitdeel? 5 (watte pluisies).

‘n Ander idee is om ‘n ou ysbakkie te gebruik – as die mense.

Dit het ‘n paar oefenslae geverg, maar teen die derde som het dinge voor die wind gegaan.  Binnekort sal ons ‘n groter ysbakkie benodig 😉

deling VB
Deling skoon taak

 

Biddag

Lewer kommentaar


Screen Shot 2016-01-19 at 11.53.30

Biddag vir Opvoeding en Onderwys.

Nog oulike Apple en Android toeps/apps

Lewer kommentaar


Na aanleiding van versoeke, het die volgende toeps geplaas ter aanvulling van die skrywe oor Apple/iPad toeps.

Ek het onlangs op ‘n toep af gekom wat jou van gratis toeps inlig.

Appsgonefree gee jou ‘n daaglikse lysie om af te laai en te kies.  Daar is dikwels iets vir ‘n bietjie intervensiewerk.

Screen Shot 2016-01-28 at 16.29.52 Screen Shot 2016-01-28 at 16.29.49

Clock Puzzle help met die uitleg van ‘n analoog horlosie.

Screen Shot 2016-01-28 at 17.19.50

DocScanHD is ‘n vinnige skandeermasjien – veral wanneer jy gou nota’s moet neem of huiswerk moet kopieer.

Screen Shot 2016-01-28 at 17.23.04

Indien jy dikwels na video’s, webtuistes, ens. verwys, kan jy die skakel by enige van die QR Kodemakers in tik en die kode in jou werksvelle druk.  Die leerder(s) mik dan die QR Reader na die kode en word onmiddelik na die leesstuk of inligting geneem.  Ek gebruik dit met outjies wat nie kan lees nie – asook ter verryking. [Android se weergawe]

Screen Shot 2016-01-17 at 8.15.40

Dragon Dictaion:  Herken Engels en tik. [Android weergawe]

dictation

Writing Wizard gee vir die outjie die opsie om Engelse klanke, syfers, patrone en kort woordjies te “skryf” (na te trek).  Daar is ook ‘n opsie om jou eie woorde (soos spelwoorde – ongeag van die taal) te tik, op te neem en te stoor.  Die t het nie ‘n ronding nie, maar die ander letters is 99% korrek. [Android]

This slideshow requires JavaScript.

Letter School is ook baie vermaaklik en leer die outjies hoe om Engelse klanke (hoofletters / kleinletters) en  syfers in ‘n keuse van 3 lettertipes (fonts) te skryf. [Android]

Screen Shot 2016-01-20 at 18.03.05

Touch and Write

screen-shot-2016-10-03-at-20-08-04

Khan Academy gaan vir jou lank besig hou met Wiskunde, Kuns, Geskiedenis, Musiek, Biologie, Wiskunde, ens.  Loer gerus. [Android]

Screen Shot 2016-01-28 at 17.42.39

PRC Language Lab:  Gebruik dit vir taalontwikkeling (Engelse woordeskat).  Jy kan foto’s van familielede en klasmaats laai om die name te leer ken.

Screen Shot 2016-01-29 at 8.11.02

Animal Math 1 [Android]

Screen Shot 2016-02-13 at 18.39.03

Animal Math 2 [Android] Patrone, Plekwaarde, Ewe/Onewe getalle, Groter as/Kleiner as…

Screen Shot 2016-02-13 at 18.40.44

Division for kids

division

Epic Stories [Android]

Screen Shot 2016-02-13 at 18.43.16Screen Shot 2016-02-13 at 18.46.57

Air Projector gee jou die geleentheid om inligting op jou foon of iPad met ander – op ‘n rekenaar – te deel.  Dit is nie heeltemal so duidelik nie, maar as jy vinnig na iets wil verwys in ‘n vergadering/les/mondeling/aanbieding, sal dit deug.

projekteer

Langdeling – Stap vir stap

lang

Breuke – Stap vir stap

breuk

Photomath bereken die som, sodat jy jou antwoorde kan vergelyk.

photomath

This slideshow requires JavaScript.

MyScript Calculator [Android]

screen-shot-2016-10-03-at-13-19-35

Mastermind Pro [Android weergawe]

mastermind

Chatterkid – laat enige foto praat of opdragte gee.

chat

Tellagami – skep ‘n karakter wat klas gee of mondeling praat – in jou eie stem!

tellagamiimg_20160924_172206

Speak and Translate

 

Screen Shot 2017-04-26 at 4.48.38 PM Hidden Pictures [Android, Apple]

Screen Shot 2017-04-26 at 4.56.47 PM Letter Cross Tracking [Android, Apple]

Screen Shot 2017-04-26 at 4.58.35 PM Spatial Line Puzzle [Android, Apple]

 

iPad toeps

Android toeps

Verskeie

Huiswerk en Roetine

4 Kommentaar


huiswerk

  • Merk elke vak se boeke met ‘n kleurkol op die rugkant om dit makliker in die tas of kas op te spoor.  Gebruik dieselfde kleure op die skoolrooster.
  • Plak ‘n kalender en rooster teen die muur op.  Merk inhandigings- en toetsdatums in dieselfde kleure as die boeke en steek die besonderhede teen die notabord vas.  Maak nota’s op die rekenaar of selfoon se kalender om datums te onthou.
  • Wys vir die outjie hoe om die tas volgens die rooster in te pak. Smiddae kan hy/sy die boeke daarvolgens uitpak en deurgaan om die huiswerk te voltooi.
  • Sorg dat daar ‘n stil hoekie is om die huiswerk te doen.  Geen gedruis, geen televisie en geen speletjies.  Sagte musiek (sonder lirieke) help wel vir sommige outjies.
  • Stel ‘n wekker (timer op die rekenaar of selfoon) om leer- of huiswerktyd af te baken (15, 20, 30…minute) en neem breuke tussen-in.  Doen ‘n fisieke aktiwiteit (ry fiets, spring op die trampolien, loop om die huis, doen strekke), drink ‘n bietjie water en gaan voort.
  • Let op na die onderwyser se vraagstelling in take of werksvelle, want dit duik dikwels in toetse op.  Bespreek die woordeskat en maak aantekeninge (Bespreek beteken…, Beskryf beteken…).
  • Hou nota’s en opsommings in ‘n lêer.  Dit kan handig te pas kom tydens die eksamen.
  • Hou ‘n eksamenblok, skoon blaaie, verligpenne (highlighters) en plakkerige vlaggies (sticky tags) byderhand.
  • Maak ‘n tydlyn al om die muurrand as julle na iets uit die Geskiedenis kyk.
  • Soek prente, diagramme, sketse, atlasse, boeke, ens. oor die onderwerpe sodat ‘n mens ‘n beter beeld oor bv. die bou van ‘n duif, kaarte, ens. kan kry.  Die internet is propvol inligting.
  • Gaan deur die opsommings en formules.  Kan julle aan ‘n prettige kletsrymliedjie (rap) of ritme dink om die werk te onthou?  Maak ‘n opname en hou dit gereed vir later.
  • Is daar aspekte wat ‘n mens in die motor oppad huistoe kan oefen?  Dink aan spelwoorde, veelvoude, ens.
  • Maak flitskaarte van die woorde (twee stelle):  trek na, speel “Snap” of ‘n geheuespel.
  • Maak “self oefen” legkaarte van woorde, maaltafels, ens.
  • As julle toegang tot tablette het, skep spelwoordspeletjies op forums soos TinyTap.  Die outjie kan die woorde op die rekenaar, Android en/of Apple toestelle hersien.
  • Onderwysers kan toeps (apps) soos SeeSaw of Google Classroom gebruik om ouers op hoogte van sake te hou.  Neem ‘n foto van jou huiswerkbord en plaas eenmalig.  Deel ook dokumente deur Google Classroom.
Tik gerus soekterme soos “huiswerk, vraestel, JNA, hersien, eksamen, leer…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die hofie “Vraestelle, Studietegnieke en Toetse” bo-aan die lysie skakels vir meer riglyne en idees.

Sakpas Doen-dit-self Hulpmiddels

3 Kommentaar


 

‘n Vinnige “werkende” woordmuur:

sakpas woordeboek

  • Ons het ‘n ou lêertipe foto-album opgeknip en kaartjies daarin geplaas. Die outjies soek dan die letter/klank teen die muur, neem ‘n kaartjie, skryf die woord neer en bring dit terug.  Hou kaartjies van verskillende kleure in die sakkie of bring meer as een sakkie onder elke letter/klank aan (vir die onderskeie tale).
  • ‘n Aanpassing op die woordmuur:  Ons het ou kartonvouers/-lêers in die helfte geknip, die enkelklank voorop geplak en ‘n woordelys binne-in.  Dit gaan nou oor ‘n toutjie gehang word sodat die outjies die letter-/klankkaart kan afhaal om die woord op te soek.
  • Gee vir elkeen sy/haar eie woordeboek – om woorde aan te vul soos nodig.  Beskerm die bladsye in ‘n flip file.  Hulle kan die woordmuur se woorde hierin oorskryf en die “woordeboek” vir langer as ‘n jaar gebruik.

‘n Permanente woordmuur:

  • Druk sigwoorde (én ander flitskaarte) uit, lamineer en plak dit om die hoogste gedeeltes van die klasmure of hang dit aan ‘n draad dwars oor die klas.
  • Druk die flitskaarte vir dubbel-, twee- en drieklanke uit en plak dit onder elke soort se muurkaart as ‘n vinnige verwysingsbron.  Indien die muurspasie beperk is, kan ‘n mens hierdie velle ook in die flip file liaseer.

‘n Woordhospitaal:

  • Lamineer ‘n groot, rooi vel en skryf kwelwoorde daarop neer (witbordveselpen).  Gewone boekplastiek of ‘n lêersakkie werk ook goed.  Die kinders teken dié woorde in hul eie woordeboeke/-lyste aan.  Sodra die outjies dit reg kan spel, kan ‘n mens die woorde afvee (ontslaan).

Skrifvelle:

  • Plaas skrifvelle in ‘n flip file om na te trek as deel van die huiswerk of intervensie.  Gebruik verkieslik ‘n dun, witbordveselpen.
  • Plaas ‘n natrekvel onder ‘n dik, plastiek tafeldoek in die Geletterdheidshoekie – vir outjies wat ekstra skrifoefeninge wil doen.

Doen-dit-self afskrifte (as die nood druk):

Mure:

  • Skuif jy jaarliks van klas tot klas of het jy nie kans om te verf nie?  Meet die lengte en breedte van ‘n muur, koop lap van jou keuse en dun plankies (selfs paletplankies).  Rol die rand van die lap oor die plankie en kram (kramgeweer) of kap die plankie teen die borand van die muur vas.  Steek jou muurprente met spelde vas of gebruik klitsgras (velcro).  Hang ‘n dik plastiek doek – as ‘n impromptu witbord.

‘n Mens hoef nie aanvanklik alles te lamineer nie.  Beskerm dit in lêersakkies of met boekplastiek totdat die geldsake beter lyk.  Flitskaarte kan met breë, kleurlose kleeflint beskerm word.

Tik gerus soekterme soos “hulpmiddels”, “weer”, “robotkaart”, “tuis idees”…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Klik hier onder om deur die prente te blaai.  Meer besonderhede en prente is by die skakels onderaan elkeen beskikbaar.

 

Older Entries Newer Entries