Tuis

waterbesparing

3 Kommentaar


Watter planne maak julle by die skool om water te bespaar?  Versamel julle water vir die tuin, die gemeenskap of ander  redes (dalk vir ‘n dierebeskermingsvereniging)? Herwin julle dalk water om die skooltuin mooi te hou?  Hoe doen ‘n mens dit?

Water Muurprente (A4

Aanlyn speletjie

Biddag

Lewer kommentaar



Vanjaar fokus my gedagtes nie net op dít wat ons deur middel van die kurrikulum meedeel nie, maar ook op die lewensnoodsaaklike vaardighede wat ‘n mens graag wil aanleer (bv. bewaring, besparing, medemenslikheid, respek, empatie…aspekte wat sal lei tot die verryking van elkeen se menswees).  Mag elkeen wat by die Onderwys en Opvoedingstake betrokke is, die nodige insig, rustigheid en ondersteuning van kollegas, die gemeenskap en kleingoed ervaar…

Potloodgreep

2 Kommentaar


Op die 23ste Januarie vier ander lande Skrifdag.  ‘n Vinnige idee om met die ontwikkeling van ‘n goeie potloodgreep te help, is ‘n vinnige manier om die potlood op te tel…

Plaas die potlood “vertikaal” voor jou op die tafel – met die punt na jou lyf (maag/bors) – asof dit in die vou van ‘n oop boek lê.  Plaas jou skryfhand se vingerpunte teen mekaar en rus die naelpunte op die tafelblad.  Glip die duim aan die een kant en die ander vingers aan die ander kant oor die potlood.  Knyp die potlood tussen die wysvinger en duim vas, lig die agterkant op en oor tot in die webspasie.  Siedaar!  As jy nou die “okay”-teken met jou vingers moet maak, kan jy dit vorm sonder om vingers van die potlood te lig of om die potlood te laat val.  Jou duim maak ‘n perfekte bergpiek na buite.  Krul die middel-, ringvinger en pinkie liggies na jou handpalm en ontspan jou hand wanneer jy skryf.

Hoe lyk die duim as jy jou potlood vas hou?  Maak dit ‘n berg, duik dit in of staan dit stokstyf?

potloodoptel

Tik gerus soekterme soos “potloodgreep, handspier, skrif, skryf, patrone, abc, skryf, lopende skrif…knip, linkshandig” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

herinnering

Lewer kommentaar


Ek geniet dit vreeslik om my hulpmiddels in klaskamers te sien. My blog is juis as ‘n aanvullende hulpmiddel vir juffrouens en ouers (meer spesifiek – die kinders) gestig.  Die blog is na bykans 10 jaar steeds ‘n gratis forum waar ouers en onderwysers gratis kan inloer en idees inwin.
…Sedertdien het heelwat juffrouens my produkte as hul eie begin/probeer verkoop. Alles op My Klaskamer (www.juffer.wordpress.com) is onderhewig aan kopiereg – of jy dit oor tik of nie. Ek is bewus van mense wat tans my materiaal in pakkette en huiswerkboeke gebruik. Daar is ook dié wat tans op Facebook daarmee spog as hul eie werk en in kusdorpies daarmee woeker.
Ek beantwoord alle navrae hier, per e-pos en op die sosiale media forums.  Plaas gerus skakels hierheen of na ‘n artikel op My Klaskamer.  Almal is welkom en ek sal steeds probeer om vrae so goed as moontlik te beantwoord.
Ek vra net dat my produkte nie herversprei of -verkoop sal word nie.

gedrag en dergelike dinge

Lewer kommentaar


gedragIemand het navrae gerig oor beloningskaarte.  Dit wissel van ouderdomsgroep tot ouderdomsgroep… Ek het al met sukses ‘n inkleurkaart gehad wat ek dateer het en huis toe gestuur het as dit vol is. Dit is later verklein en gelamineer, sodat ons klein plakkertjies daarop kon plak en ‘n string van elkeen se hangende kaarte kon maak.

Ek het onlangs ‘n beloningskaart met tien kaartjies gebruik. Dit word met klitsgras (velcro) aangevul of weg geneem. Na tien kaartjies, kry die outjie 5 minute ekstra speel- of leestyd, ens.  Een outjie het dié tydjie gebruik om die klas skoon te maak, omdat hy van stofsuiers hou 😉

Party juffrouens gebruik ‘n groot pennetjiebord – waarin ‘n stokkielekker verskuif word totdat die outjie die eindpunt bereik en dit mag eet. Ander gebruik ‘n soortgelyke stelsel in die vorm van ‘n leer wat jy opwaarts met pennetjies klim.  (Toets gholfpennetjies in ‘n pennetjiebord.)

Sommige juffrouens gebruik ligte met byskrifte om die geraasvlakke aan te dui en ek het onlangs gelees van juffrouens wat afstandbeheerde klokkies het (amper soos dié een).  Die eenheid sit na aan die interkom, is versteek op ‘n kas of in ‘n groot Kersversiering (gemerk as Santa’s camera).  As die klas raserig raak, druk sy die klokkie.

Daar is rekenaarprogramme en toeps (apps) wat geraasvlakke aandui, bv. Too Noisy, ClasscraftClassDojoToo Loud Kids Noise Meter & Timer Free en Bouncy Balls.  Chrome het die Zero Noise Classroom aanvulling.

Elders koppel kundiges die karakters van Inside Out aan die program: Zones of Regulation.  Die basiese prente word sigbaar gehou en leiding word gegee om die outjies na die “kalmer” vlakke te bring.  Daar is heelwat idees op die internet beskikbaar.

Trek gerus ‘n eenvoudige, lang horisontale lyn iewers op die bord of span ‘n toutjie teen die muur.  Aan die een kant teken jy ‘n prentjie van ‘n groot probleem (bv. ‘n dak wat af waai) en aan die ander kant ‘n prentjie van ‘n geringe probleempie (bv. ‘n onpaar sokkies).  Wanneer die outjies dan oor iets kla of probleme aanmeld, kan julle ‘n prentjie teken en saam besluit of dit ‘n groot probleem of ‘n kleintjie is.  Bel ons die nooddienste, nader ons die grootmense om hulp, vra ons ‘n maat se hulp of kan ‘n mens dit self oplos?  Skryf jou raad by die probleem en plak dit by die prentjie.  Sodoende kan maats mekaar help.

Die nuutste is die beloningsbandjies/spogbandjies of “brag tags” – wat jy om die arm bind.  Ek het enkele spogbandjies gemaak wat ‘n mens kan inkleur en aanpas vir die unieke situasie.  Dit kan om ‘n tas se band gekram word – in plaas van ‘n gewrig.  Indien julle ‘n boodskapplatform (soos e-posse of SeeSaw) gebruik, neem ‘n foto van die outjie met die bandjie en stuur dit aan die ouers.  Dít sal onmiddellik tot interessante geselsies oppad huis toe lei.

Hoe dit ookal sy…verseker dat jy konsekwent is en prys wanneer jy kan of aan praat wanneer dit moet.

Ek hoop dit kan help 😉

 

This slideshow requires JavaScript.

 

 

talente

Lewer kommentaar


‘n Kollega het onlangs die volgende oulike idees tydens oordenkings gedeel…Die voorlesing was uit Mattheus 25 (vanaf vers 14).

Begin deur elkeen se gawes en talente te vier, maar ook te noem dat ons nie ons gawes vir onsself behoort te hou nie en dit behoort te deel.  Dit kom van nature vir onderwysers – wat soveel met die kleingoed deel.  Wat is uniek aan elkeen op julle personeel?  Watter kennis en wyshede is beskikbaar?  Wat kan jy bydra?  Waarmee kan jy woeker?

Hoe kan jy hierdie ondersteuning en hulp uitdra na die kinders in jou klas?  Klein reseptekaarte is aan die leerders gegee om gebedsversoeke neer te pen.  ‘n Fototjie en die naam is daarop aangebring. Elke onderwyser kon een neem en ‘n tweede kaartjie is aan elkeen verskaf, sodat die onderwysers boodskappe kon terug skryf.  ‘n Plakker (met die teksvers) is bo-op ‘n muntstuk geplak en bo-op ‘n magneet vas gegom.  Dít is saam met die kaartjies uitgedeel sodat ons die outjies altyd sigbaar (en in ons gedagtes) kan hou.

Sou ‘n mens dit wedersyds met jou klas en personeel kon deel?

Rooimierblussers

Lewer kommentaar


Aan die begin van die skooljaar moet ‘n mens die nuwe roetine inoefen en deurgee.  Die lyfies is nog met vakansie en so ook die eetgewoontes.  Verduidelik aan hulle hoe die rooster werk, wanneer julle sal eet, hoe julle aantree in rye en hoe julle deur die skool gaan stap (bv. hande agter die rug).

Plak/teken prente in die volgorde van die basiese rooster (iewers op die bord of muur) en skuif ‘n magneet of wasgoedpennetjie heen en weer gedurende die eerste dae.  Bv. Ons gaan vandag werk, ‘n peuselhappie neem, badkamer toe gaan en ‘n storie lees voor pouse…Jy mag jou kosblik saamneem as jy uitgaan, maar onthou om iets vir tweede pouse te hou. 

Die jonger outjies sal steeds vrae vra, maar verwys gereeld na die visuele opsie sodat hulle daaraan gewoond kan raak.  Probeer ook die volgende idees gedurende die eerste dae…

Middellynkruising/Ruimtelike Oriëntasie:

Tussen take:  Trek ‘n vertikale lyn om vir die outjie te wys waar sy neus min of meer moet wees.  Teken dan die bekende skrifpatrone lekker groot op ‘n skryfbord van links na regs oor die streep.  Ek maak ‘n begin- en eindkol vir die jonger outjies en plak ‘n voorbeeld bokant die skryfspasie.  Die outjies trek die patroon aanvanklik van linkerkol tot regterkol en daarna doen ons dit weer met die oë toe.  Hulle hoef natuurlik nie op ‘n skryfbord te werk nie en kan in die sandput of met ‘n vinger op die tafel (- later die bad se rand, op die stortdeur of ‘n gestoomde spieël) oefen.  Gebruik ou koerante, vetkryt, verf of gewone bladsye ook.

Spiertonus/Postuur:

Raak ‘n outjie maklik moeg aan die tafel of sak hy/sy ietwat weg in die stoel?  Draai die stoel om, sodat hy/sy wydsbeen en regop teen die rugleuning kan sit.  Dis nie die ideaal nie, maar die lyfie word ondersteun terwyl mens gedurende die dag aan die spiertonus werk.

Kriewelrig:

Is die outjie kriewelrig?  Sny ‘n kepie in twee afsonderlike tennisballe en glip dit onder twee teenoorstaande stoelpote in, sodat die outjie geluidloos heen en weer kan wip.  Indien jou skool klein wiegstoele (rocking chairs) het, kan jy dít inspan of die knobbelrige rubberkussings gebruik wat gewoonlik deur arbeidsterapeute aanbeveel word.

Stel ‘n aftelwekker op jou foon of stel ‘n eierwekkertjie.  Indien jy toegang tot die internet het, kan jy verskeie wekkers aanlyn opsoek.  Gebruik dit om ‘n aanduiding van die werkperiode te gee óf die pouse (bv. 3 minute) tussen take.  Sing dan ‘n aksieliedjie, doen Brain Gym of soortgelyke strekke.  GoNoodle het YouTube video’s wat die ouer outjies dalk kan geniet (loer net eers vooraf om te kies).

Skop die voetjies? Plaas ou telefoonboeke onder die voete sodat die voete geanker is of ruil stoele en tafels om.

Ekstra fynspier oefeninge: 

Hou ‘n ekstra stasie gereed indien die outjies die klaswerk vinniger as verwagting voltooi het:

  • Span ‘n toutjie ooghoogte waar die outjies mooi prente of popklere kan vas knyp.  Verskaf wasgoedpennetjies en metaalklampies, sodat hulle ‘n keuse het.
  • Verskaf middelslag en groot krale in ‘n bak met veters en toutjies – sodat die outjies patrone kan ryg.  Neem foto’s as voorbeelde en lamineer dit as inspirasie.
  • Verskaf groot en klein boublokke.  Neem foto’s van eenvoudige strukture – as inspirasie vir latere bouwerk.  Kan julle letters/klanke/syfers/vorms bou?
  • Gee klei, flubber of slym op ‘n plastiekblad of skinkbord.
  • Verskaf ‘n metaal skinkbord waarop skeerroom gespuit word.  Drup voedselkleursel bo-oor en laat die outjies met ‘n ou potlood of ‘n stokkie daarin teken en druk ‘n bladsy bo-op.  Lig op en skraap die room af met die rand van ‘n liniaal.  Gebruik die droë bladsy as die voorblad of agterkant van ‘n skryfboek.

Verseker dat daar ‘n geleentheid is om saam op te pak en na ‘n storie op die mat te luister.  Wat was die lekkerste deel van jou dag?  Onthou en geniet elke oomblik.

Tik ook soekterme soos “eerste dag” of “nuwe jaar” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

matriek

Lewer kommentaar


Skouer aan die wiel

Lewer kommentaar


My Klaskamer word vanjaar 10 jaar oud! Kan jy glo?! 😀

Snuffel gerus deur die vorige inskrywings na velerlei gratis drukbare bladsye, muurkaarte, flitskaarte, kalenders en meer.  Voer jou e-pos adres by die E-pos subskripsie-blokkie aan die regterkant in om kennisgewings van nuwe skrywes te ontvang of sluit by my Facebookblad aan.  Ek probeer tans om meer van die gratis produkte op die Facebookwinkeltjie en –groep te lys.  Loer gerus in 😉

 

My Klaskamer Pryslys 2018

Blou Maan

Lewer kommentaar


Wanneer die volmaan twee keer in een maand skyn, word die tweede volmaan ‘n Blou Maan genoem.  Vanjaar skyn die Blou Maan op die 31ste Januarie én Maart.

Die helder lig is ‘n ideale geleentheid om ‘n skoolfunksie onder die sterre aan te bied.  Wat van ‘n Ken Mekaar Skoolbraai, ‘n atletiek aand, ‘n maanlig piekniek of ‘n “colour run”?   Dra blou en samel ‘n fooitjie in ten bate van die skool of ‘n ander organisasie.

Loer gerus hier na les idees in verband met die maan en die hemelruim.

2018 is hier!

2 Kommentaar


2018 is hier!

2018 A4-Kalenders met spesiale dae:  AfrikaansEngels

2018 A4-Kalenders (Blanko):  Uil, Owl, Appel, Apple

welkomwelcome

Welkomvlaggies

Voorblaaie (inkleur)

Snuffel gerus hier na idees en drukbare velle of loer na my winkelrak.

🤳📲😁 Loer na die kieslys op my Facebookblad (via jou slimfoon) vir Afrikaanse “Profile Frames” of snuffel tussen die Facebook fotoraam opsies op jou slimfoon.  Op die rekenaar kan jy die soekterm “klaskamer” gebruik.

nuusflits

10 Kommentaar


klaskamer copy 2Ek verneem dat een van die lede op My Klaskamer se “gratis items” Facebookgroep ander se produkte as haar eie verkoop (slegs die voorblad is verander) – dalk myne ook – aangesien sy gediggies gekoop het. Die persoon is verwyder.  Indien iemand van my produkte elders “te koop” sien, kontak my asseblief.  Ek is reeds van ‘n dame aan die Weskus (Laaiplek), Reebok, George, PE, Groot Brakrivier, Centurion, Pretoria (Villiera), Wesrand, ‘n Facebook Admin en een in Richardsbaai bewus.
Daar is ‘n groep wat ‘n Werkboek en CD-reeks in Reebok/Groot Brakrivier/Centurion/Pretoria (Villiera)/Wesrand (teen ‘n groot bedrag) versprei – met my gratis rympies daarin en -op. Die boekies het ook die gedrukte weergawe daarin.

Ek vra by voorbaat om verskoning indien iemand jou so in geloop het.

 

‘n Geseënde Kersfees!

Lewer kommentaar


Baie dankie vir jou ondersteuning!  

Loer gerus na die Facebook foto opsies op jou slimfoon vir verskillende gratis feestydraampies in Afrikaans en Engels.  Loer gerus hier vir Kersfees idees om tuis te probeer.

 

vakansie

Lewer kommentaar


Rekenaarwetenskappe

2 Kommentaar


Vandeesweek begin die Rekenaarwetenskappe week elders, maar dit sal ook interessant wees om dit jou eie klas of tuis te probeer.  Weet jy wie die rekenaarpioniers was?

The Hour of Code het interessante aktiwiteite wat die outjies spelenderwys leer om programme te skep…Loer gerus hier na oulike toeps,  e-boeke (elektronies boeke), Google aanvullings en hulp vir outjies wat alternatiewe hulpmiddels gebruik.

Scratch vir die jongspan

beplan

2 Kommentaar


Dis die einde van nog ‘n opwindende skooljaar.  Loer gerus hier na idees vir die nuwe jaar.

Uil Kalender 2018
Owl Calendar 2018
Kalender 2018 Appel
Calendar 2018 Apple
*2018 Pynappel Kalender met spesiale dae
*2018 Appel Kalender met spesiale dae
*Kersfees
*Spog- en Herinneringshorlosies
*Sertifikate
My Klaskamer Pryslys Maart 2018

Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is.

  1. hulpmiddels
  2. muurkaart
  3. naamkaart
  4. eerste dag
  5. ken mekaar
  6. boek oortrek
  7. klanke
  8. abc uitspraak
  9. alfabet
  10. sigwoord
  11. dubbelklank
  12. tweeklank
  13. drieklank
  14. klanksamevloeiings
  15. hersien
  16. meervoud
  17. verkleinwoord
  18. leestekens
  19. flits
  20. oefen self
  21. e klink soos i (be-, ge-, ver-…)
  22. f en v
  23. omkering
  24. b en d
  25. woordeinde (-d/-t)
  26. woordsoort
  27. paragrawe
  28. tydsvorm
  29. lees
  30. komponente
  31. rym
  32. rympies
  33. stories
  34. leesreeks
  35. biblioteek
  36. boeke dag
  37. boeke nag
  38. fondsinsameling
  39. liedjies
  40. e-boek
  41. toeps
  42. apps
  43. inklusiewe onderwys
  44. wiskunde huiswerk
  45. woordsom
  46. geld
  47. breuke
  48. voor en na
  49. meer en minder
  50. Hoe laat is dit? (tyd)
  51. vorms
  52. patroon
  53. patrone
  54. handspier
  55. skrif
  56. skryf
  57. lopende skrif
  58. abc skryf
  59. knip
  60. skryf stadig
  61. potloodgreep
  62. ogies
  63. oog
  64. oogsorg
  65. VMI
  66. visuele
  67. ouditiewe
  68. taal ontwikkeling
  69. woordeskat
  70. Graad R
  71. skoolgereed
  72. Graad 1
  73. voorskool
  74. posisie
  75. middellynkruising
  76. links en regs
  77. spiertonus
  78. tuis idees
  79. tuis oefen
  80. speel-speel
  81. Engels
  82. vraestel
  83. studietegniek
  84. JNA / ANA
  85. CAPS

Daar is heelwat tema’s* en ander idees ook beskikbaar.  Vra gerus 😉

*Bv. Suid-Afrika, wildtuin, troeteldier, plaasdier, beroepe, dokter, lente, somer, herfs, winter, weer, liggaam, skelet, higiëne, gesonde mond, die see, grond, herwin, water, groen, insekte…Kersfees, Paasfees…

Nuut op die winkelrak…

16 Dae

Lewer kommentaar


16 dae Des

Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) begin vandag.  Alhoewel ons voortdurend met die outjies daaroor gesels, kan ‘n mens weer die veiligheidsmaatreëls en aspekte soos noodnommers aanspreek.  Loer gerus hier:

Tik gerus ook soekterme soos “beskerm, noodnommer, veilig…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

 

13 – 17 November 2017

7 Kommentaar


Dit is een van die dae die Internasionale Boelie Teenkampingsweek.  Loer gerus hier na ‘n paar idees, artikels en beleide wat aanlyn beskikbaar is.

 

Insekte

4 Kommentaar


Insekte Insects [Inkleur]

Insekte

Insects

Insekte het 6 pote wat in pare verdeel is.  Die lyf het ‘n kop, ‘n borsstuk en ‘n agterlyf.  Sommige insekte het voelers (antennae), sommige het vlerke, sommige het ‘n angel en ander het ‘n kragtige stel kake.  Loer gerus na die bou van die onderskeie insekte.

Watter insekte sien julle dikwels in die klas, by die huis, in die veld of elders?

Wat lok hierdie insekte?  Is dit oorskietkos, krummels of suiker (lekkers)?  Wat kan julle doen om die insekte op ‘n omgewingsvriendelike manier weg te hou?

Betrek goggas in telwerk en perseptuele werksvelle, luister na stories oor Manie Mier, leer gediggies oor goggas en kleur hulle in.  Dis ‘n lekker kriewelrige tema 😉

Nog gediggies

Insekte:

Mier:

 

Tik gerus ook by en heuningby by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Redenaars 2018

10 Kommentaar


redenaarsDie nuwe temas is bekend.  Loer gerus ook hier na moontlike hulp en idees.

GRAAD 1 – 3

  • goud
  • druppeltjies
  • miere

GRAAD 4 – 5

Huistaal en Addisionele Taal

  • smaak
  • vingers
  • drup

GRAAD 6 – 7

Huistaal en Addisionele Taal

  • Uurglas
  • Hoop
  • Teken

GRAAD 8 – 9

Huistaal en Addisionele Taal

  • Hekkies
  • Simbool
  • Tralies

Graad 10 – 12

Huistaal en Addisionele Taal

  • Agenda
  • Baan
  • Kluis

Older Entries Newer Entries