Museumdagword op die 18de Mei gevier. Sommige museums bied gratis toegang op die 18de – wat beslis die moeite werd is. Doen gerus navrae by die plaaslike museums.
Wêreld Bye Dag word op die 20ste gevier. Het julle ‘n blomtuin by die skool? Kan ‘n mens een skep om bye te lok (van die speelgrond verwyder)?
Wat kan ‘n mens alles op Speeldag speel? Speletjies buite, sport, bordspeletjies, TV-speletjies, waterspel, fantasiespel, musiek, musiek instrumente, ens. Waar kan ‘n mens speel? In die klaskamer, buite, by die huis, op die sportveld of op ‘n -baan, ens. Betrek gerus verskillende sportsoorte, speletjies en instrumente. Dit kan mos net lekker wees.
Pantoffeldag (ter ondersteuning van Reach for a Dream) word op die 31ste gevier.
Ons vier Pikkewyndag op die 25ste. Loer gerus by ‘n paar pikkewyne in of versier die klas. Op die 27ste, vier ons 30 jaar van vryheid in Suid-Afrika. Trek gerus trots Suid-Afrikaans (in die kleure van die vlag of ‘n nasionale sport) aan.
Op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag en baie mense vier ook Wêreld Boeke Dag. Dit is ook Kopieregdag. Wat is dit en hoe kan ‘n mense met ouer kinders oor kopiereg gesels wanneer hulle navorsing doen en take skryf? Moedig gerus ‘n bronnelys of bibliografie aan.
Deel gerus ‘n leeslysboekmerkie, leesboeke op ‘n toestel (rekenaar, slimfoon, tablet), skakel die onderskrifte vir videos aan lees saam. Trek soos ‘n boekkarakter aan of versier die klasdeur soos jou gunstelingboek se voorblad.
Loer gerus hier na verskillende lyste spelwoorde – op uitdagingsvlak. Vir lyste sigwoorde en flitskaarte of idees in verband met die hersiening van spelwoorde, kan jy hier klik.
Ons vier Internasionale Vrouedag op die 8ste Maart. Geniet ek ‘n ekstra ruskansie, ‘n ekstra blokkie sjokolade of lees oor vroue in jul omgewing wat ander inspireer.
Pi en Wiskunde Dag is om die draai. Loer gerus hier na verskeie vorige plasings.
Ons word op die 20ste daaraan herinner om die mooi in die lewe raak te sien. Wat maak jou gelukkigen hoe kan jy ander laat glimlag?
Op Downsindroomdag dra ons blou en geel of interessante sokkies ter bewusmaking van die dag.
Hersien of herinner mekaar aan Menseregte en Kinderregte (met die gepaardgaande verantwoordelikhede).
Waterdag is amper hier. Hoe kan ‘n mens water bespaar? Drup daar krane in die badkamers of buite op die skoolgronde? Melt dit aan om reg gemaak te word en dink aan maniere om water gebruik te verminder waar moontlik. Hoe kan reënwater benut word en op die skoolgronde gestoor word?
Hoe het Earth Hour begin en waarom vier ons dit? Dink aan maniere om ‘n bietjie meer omgewingsvriendelik te lewe en om bewaring aan te moedig.
Ons vier Sprokiesdag op die 26ste Februarie. Trek soos ‘n sprokieskarakter aan of lees ‘n storie in meer as een taal. Hoe verskil die weergawes en hoe kom dit ooreen?
Op die sewende Maart, is dit Wêreld Boeke Dag en op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag. Lees boeke oor ‘n spesifieke tema of boeke wat deur ‘n spesifieke outeur geskryf is. Kies ‘n bekende storie en kyk of julle dieselfde storie in ander lande kan opspoor. Hoe lyk Rooikappie se voorblaaie in verskillende wêrelddele of hoe lyk die tale (bv. Afrikaans, Engels, Spaans, ens.).
Trek die gordyne toe om die vertrek donkerder te maak en versier die klas met sterre. Bou ‘n fort in die klas en lees met behulp van flitsligte of lampies.
Biblioteekweek duur van die 18de tot die 24ste Maart. Lees ‘n boek of luister gerus na ‘n storie. Herrangskik julle leeshoekie, samel geld in vir ‘n nuwe boek of vra gerus vir skenkings. Lekker lees!
Luidleesdag is om die draai. Loer gerus hier na idees vir Luidleesdag (in Afrikaans en in Engels). Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant vir skakels na flitskaarte, sigwoorde, rympies, e-boeke en gratis leesboeke. Dis ‘n heerlike dag om saam wees, saam te leer en saam te lees. Wie gaan vanjaar die aankondiginge lees en kan julle ‘n rekord opstel om almal op dieselfde tyd te lees?
Volgende week, word ‘n Boelieteenkampingsweek elders gevier. Hoe lyk dit en wat kan ‘n mens doen om kinders te bemagtig? Gebruik gerus hierdie komende Boelieteenkampingsweek om gedrag te identifiseer en om oor moontlike hulp te gesels.
Woorde