Tuis

Nuwe skooljaar

5 Kommentaar


skool toe

Stories (sommige aanlyn en sommige in die biblioteek) vir die nuwe skooljaar:

  1. Skool toe
  2. Piempiempie en Jan viool se skool (voorgelees deur Bertha le Roux)
  3. Die Blou Mensies: Daantjie gaan skool toe
  4. Loebi gaan skool toe
  5. Tjiff en Tjaff gaan skool toe (ook op die Storierak toep)
  6. Bollie-Blaps gaan skool toe
  7. Jasper: Krisis op skool (Engels)
  8. Ons gaan skool toe
  9. Skool toe
  10. Skool toe (Nou is ek groot)
  11. Sisi gaan skool toe
  12. Toppie gaan skool toe
  13. Skool Toe (Gr.1 – Ruimland)
  14. Pierewiet:  Skool toe
  15. Liewe Heksie gaan skool toe (op die Storierak toep)
  16. Otto gaan skool toe
  17. Skoolstories

Voorspoed met die nuwe skooljaar!

Bly koel

4 Kommentaar


Screen Shot 2016-01-05 at 10.12.04

  • Probeer dik, donker of enige sonblok gordyne.
  • Maak al die vensters vroeg oop en draai die waaiers daarheen, sodat die benoude lug uitblaas.
  • Trek die gordyne toe en indien daar lugversorging is, maak die vensters en gordyne toe.
  • Vries blokke ys in 2l of 5l-roomysbakke en pak dit voor die waaiers. Laat die outjies waterbottels bring en hou dit bo-op die roomysbakke koel.
  • Maak katoenlapserpe (sny lap in lang stroke), sit elkeen in ‘n sakkie en bêre oornag in die vrieskas. As die dag baie warm raak, hang die serpe om die nekke.
  • Maak sponsies nat, bêre in ‘n seëlbare sakkie en vries.  Trek die skoene onder die lessenaar uit en rus op die sakkie of plaas die sponse agter die nek (in die kraag).  Dit werk ook sommer as ‘n goedkoop noodhulpyssakkie.
  • Maak ou lakens nat, droog uit, vou op en bêre op ‘n skinkbord in die vrieskas.  Hang voor die vensters gedurende die warmste tyd van die dag.
  • Maak ysstokkies of klein yssakkies.  Koop (of vra donasies) die vormpies of ysblokkiesakkies en deel ‘n ysie uit ná pouse of ‘n LO-klas.
  • Gebruik oulike, klein vormpies om ‘n klein ysblokkie in die kies te gooi.  Skud die blokkies in ‘n bak en deel die los blokkies uit.
  • Koop water “coolers” by tweedehandse winkels.
  • Probeer hierdie doen-dit-self lugversorger met ‘n toeklap krat of ‘n plastiese houer met ‘n deksel.
  • Nommer of merk glasies en hou dit in ‘n mandjie of krat.  Sodoende kan ‘n mens die mandjie vinnig na verskillende groepe aangee of uitdeel.  Gee vir elke groep ‘n groot houer water (dié met ‘n kraantjie werk goed).  Laat ‘n leiertjie water skink en aangee by die tafel.  ‘n Vinnig glasie water voor of na pouse
  • Moedig die klas aan om persoonlike, gemerkte waterbottels saam te bring.  Hou die bottels op ‘n spesifieke plek in die klas en gee streng reëls (neem ‘n slukkie ver van papier en boeke.  As jou bottel nie in die krat is nie, gaan dit terug tas toe….) om ongelukke te vermy.

Ken mekaar

Lewer kommentaar


2016busDit is die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar sit ‘n nuwe groep leerders voor jou.  Hoe gemaak?

  • Stel jouself op ‘n prettige manier bekend.
  • Gee vir elkeen ‘n persoonlike inligtingsvorm om te voltooi en neem foto’s om daarby te plaas.  Plak dit teen die kennisgewingsbord in jou klas op of bind dit in individuele boekies.
  • Hou “ken mekaar“-besprekingsgroepe of onderhoude.  Hou ‘n stel vrae in ‘n houer, laat ‘n maat een trek en hardop beantwoord of stuur die kaartjie deur die klas, sodat elkeen sy antwoord verskaf (bv. “Wat is jou naam?”  “My naam is…”).
    [Engels]
  • Ek is…/I am…
  • Gee vir elkeen sy naamkaartjie en laat hulle dan die verjaarsdagdatums byvoeg en op die verjaarsdagmuur aanbring…of laat elkeen sy/haar naam en verjaarsdag op die verjaarsdagkalender aanbring.
  • Gee vir elkeen ‘n rits vrae om vir die maat langsaan te vrae.  Indien die klas ‘n ongelyke aantal kinders het, kan Juffrou of Meneer ook inspring.  Bind die vraelyste en deel dit uit, sodat die outjies meer oor hul maats kan lees en leer.  ‘n Mens kan heerlik verras word deur al die nuwe inligting.
  • Neem van Dag 1 af dikwels foto’s van die klas en gebeure.  Aan die einde van die jaar sal julle vir elkeen ‘n stel foto’s of ‘n CD met foto’s kan gee van “My jaar in Graad 3”.
  • Welkomvlaggies
  • Probeer ‘n klasjoernaal (soos Google Classroom) of ‘n individuele een (soos SeeSaw).  SeeSaw werk veral goed in ‘n klas waar outjies nog nie goed kan lees en skryf nie, ‘n tweede taal klas of in ‘n klas vir outjies met spesiale onderwysbehoeftes.  Die onderwyser skep ‘n klasprofiel en gee vir elke leerder ‘n profiel.  Elke ouer kry dan ‘n kode om sy/haar kind se profiel te volg en die inligting bly privaat.  ‘n Mens kan nou foto’s en video’s met die ouer deel en hulle kan daarop kommentaar lewer.  Ek gebruik hierdie toep gereeld (kamera, selfoon, rekenaar, tablet).

Wat doen julle op die eerste dag?

Tik gerus soekterme soos “hulpmiddels, alfabet, abc, syfers, muurkaart, vorms, patrone, Engels, geld, tyd, flits, klanke…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer hulpmiddels en drukbare idees.

agtergrond

background

‘n Voorspoedige 2016

3 Kommentaar


2016silwer20162016A2016E


Screen Shot 2014-12-04 at 16.36.26

2016Kalender

‘n Geseënde Kersfees

4 Kommentaar


Screen Shot 2015-12-24 at 10.28.18

vakansie

2 Kommentaar


vakansie2015

Klik op die prente om na hierdie bladsye te gaan…

Screen Shot 2015-12-10 at 6.36.29

Screen Shot 2015-12-10 at 6.41.08

Screen Shot 2015-12-10 at 6.44.01

Screen Shot 2015-12-24 at 7.20.24Screen Shot 2015-12-24 at 7.19.18

Geskenk idees

4 Kommentaar


Heelwat mense het begin loer na moontlike idees vir geskenke.  Daar is geskenk idees in verskeie skrywes op my blog beskikbaar.  Hiermee ‘n paar idees vir…

Tik gerus soekterme soos “valentyn, moedersdag, vadersdag, onderwyser, waardering, waardeer, kaartjie, Kersfees, dankie, boodskap, geskenk…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

Kersfees

Lewer kommentaar


Kersfees is om die draai en is ‘n opwindende tema.  Wat kan ons in die klas doen om vir Kersfees voor te berei?

  1. ‘n Boekmerk (hang verskeie aan die boom om uit te deel) en ‘n boodskap (rol op, bind ‘n lint om die rol en plaas dit by elke bord).  Jesaja 9 vers 5
  2. Noordpoolkoeverte A5
  3. Gloeilamp-sneeuborrels:  Vra ou gloeilampies of koop ‘n paar.  Indien jy deursigtige kersborrels kan kry, gebruik dit eerder.  Wikkel die skroefkoppie los en breek die filament met ‘n knyptangetjie uit (voorafwerk – met ‘n lappie of ‘n handskoen).  Sny ‘n leë toiletrolletjie in ringetjies om ‘n rusplek vir die gloeilamp te vorm.
    • Vul nou die binnekant met blinkertjies (goud of silwer) of Engelse sout en skroef toe.  Knoop ‘n toutjie om die skroefdeel en hang aan die boom.
    • Werk bo-op ‘n ou handdoek of sagte oppervlak.  Kies een tot drie kleure vetkryt om skerp te maak.  Glip een kleur se was in en verhit met ‘n haardroër sodat die was smelt en rond gly.  Wag totdat die was afkoel en voeg ‘n ander kleur by.  Seël en hang aan die boom of hang verskeie lampies tussen die kersliggies op.
    • Druk die buitelyne van ‘n ster, sneeuvlokkie, ens. op papier.  Plaas die vel papier in ‘n lêersakkie of plaas plastiek bo-oor.  Trek die vorm na met houtlym (‘n botteltjie met ‘n nou/dun punt) en sprinkel blinkertjies bo-oor die nat gom.  Wanneer dit droog is, kan ‘n mens die gom versigtig oplig en met ‘n knyptangetjie binne-in die gloeilampie laat sak – blinkertjies teen die glas.  Spuit ‘n bietjie haarsproei binne-in die lampie om die vormpie aanvanklik te laat heg.  Gebruik alternatiewelik blinkertjiegom.
    • Teken ‘n sneeuvlokkie of skryf ‘n naam buite-op die gloeilamp, trek na met gom en sprinkel poeier bo-oor.
    • Giet of drup naellak binne-in die lampie en beweeg of rol dit rond om die binnekant te dek.  ‘n Blinkerige naellak sal mooi in kerslig skitter.
    • Pons gate uit foelie, spuit spuitbare gom of haarsproei binne-in die gloeilamp, swaai of skud rond en gebruik ‘n knyptangetjie om die foelie confetti binne-in te laat sak.
    • Spuit gom of haarsproei binne-in die gloeilamp en giet blinkertjies met behulp van ‘n tregter binne-in die gloeilamp.  Seël en skud om die blinkers te versprei.
    • Pluis wit watte in ‘n pofferige wolkie.  Plaas dit binne-in die gloeilamp en sprinkel silwer blinkertjies by.  Skud ‘n bietjie om die blinkertjies te versprei.
    • Iemand het vir my ‘n paar groot blinkertjieplakkers gegee.  Ons het dit in stroke gesny en deur ‘n papierversnipperaar gestuur.  Daarna het die outjies ‘n asteriks (*) gevorm en die dele so geplak.  Dit is binne-in die sneeuborrel geplaas en verseël.
    • Kies ‘n kleur en sny die papier in ongeveer 10cm breë stroke.  Stuur dit deur die papierversnipperaar en vul die sneeuborrel daarmee…of plak dit buite-om.
    • As jy ‘n gloeilamp gebruik, kan jy ‘n bietjie olie (kookolie) binne-in giet, skud en uit gooi.  As jy confetti uit ou snesiepapier (vir geskenkpakkies) pons, sal dit aan die olie kleef en glasig of deursigtig word.  Dit lyk soos gebrandskilderde glas in sonlig.
    • As die sneeuborrel in twee helftes oop maak:  Teken ‘n sneeumangesiggie op ‘n styrofoambal en plak hom onder-in die sneeuborrel vas.  Seël of heg die dele met kleurlose naellak.
  4. Versiering:
    • Smeer of bedek ‘n styrofoambal met houtlym of muurpapier-gom en besprinkel met blinkertjies.  Vou bloemistedraad in ‘n lus en steek dit in die versiering.  Rus op ‘n plastiekbotteltjie of ‘n toiletrolringetjie tot droog.
    • Pons gate uit foelie en plak die confetti buite-om die styrofoambal – blink kant bo.
    • Rol of draai gerygde blinkers (sequence) om die styrofoambal en gebruik die punte om ‘n lus te maak.  Hang die versiering daaraan op.
    • Warm gom:  Trek die buitelyne van ‘n sneeuvlokkie op ‘n stuk plastiek.  Gaan dan oor die lyne met ‘n gom geweer en verseker dat jy stadig werk om die lyne dikkerig te trek.  Druk ‘n toutjie (lussie) in een van die punte en drup nog ‘n bietjie gom bo-op.  Sodra dit afkoel, kan ‘n mens die agterkant met water of olie besprinkel om dit teen ‘n ruit te laat vasplak.  Sprinkel ook blinkertjies op die warm gom vir meer sprankel.
    • ‘n Vinnige Kersboom: Sny ‘n basiese boom uit donker papier en vou dit twee of drie keer in die lengte. Laat die outjie gate pons en skuif die voue elke nou en dan. Plak die boom bo-op ‘n kleurvolle agtergrond. Indien dit ‘n ou vel snesiepapier (soos gebruik word in geskenkpakkies) is, plak dit teen ‘n ruit of hang dit voor kersliggies.
    • Probeer ook die bogenoemde met tinfoelie as die agtergrond.  Steek/prik dan gate versigtig deur om ‘n sterrehemel te vorm.  Gebruik ‘n skuifspeld of ‘n tandestokkie – met spons, groot stukke foamalite of oase onder die vel.  Die lig behoort die kolle soos liggies te laat skyn.
    • Gemmerbroodmannetjies:
      Druk prente op bruin, natuurlike karton. Maak ‘n pasta met 1E sout, 1E meel en bietjies-bietjies water. Verf die versierings en plaas in die mikrogolfoond vir 30 sekondes. Vir verskillende kleure, kan jy voedselkleursel én water inmeng.
  5. Wassertjies, krale en moere:  Plaas ‘n versameling wassertjies en krale op die tafel.  Buig ‘n skuifspeld in ‘n s-vorm oop en haak aan ‘n gespande toutjie of draad.
    • Verf die krale of wassertjies met gom en besprinkel met blinkertjies.  Haak dit aan die skuifspeld om droog te word.
    • Verf die krale of wassers met blinkerige naellak en laat droog word.
    • Knoop ‘n lint deur die wasser of kraal om as individuele kersversierings te gebruik of hang meer as een aan die lint.
    • Probeer ook stortgordynhake in plaas van linte.  Ryg dan meer as een wasser per haak.
  6. Sneeuflessies:  Gebruik klein flessies (soos Purityflessies of kleiner).  Rasper wit styrofoam (indien jy nie die los korrels kan kry nie).  Verf krale of sade met blinkerige verf.  Plak dít of iets feesteliks aan die binnekant van die dekseltjie (selfs ‘n Legomannetjie).  Vul ‘n kwart tot ‘n derde van die fles met styrofoamkorrels en die res met water.  Los ‘n lugleegte of ‘n effense gaping.  Skroef styf vas en rus die fles op die deksel.  Die mannetjie behoort dan regop te staan.
  7. “Garland”/stringe:
    • Engelse vlaggies:  Merry Christmas
    • Sny leë toiletrolletjies in ringe.  Verf in feestelike kleure.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens dit plat en teenmekaar rangskik.  Heg met sterk gom.
    • Gebruik ‘n harde buis of plastiek pyp.  Knoop heelwat pypskoonmakers individueel om die buis, knip die orige lengtes af en glip af.  Heg die ringetjies deur dit met die afvalstukkies vas te draai.
    • Maak springmielies.  Ryg dit met ‘n dik borduurnaald en -gare.
    • Sny watte in klein pluisies en ryg met ‘n dik borduurnaald en -gare.
    • Soek bruinpapier met ‘n wit, goue of silwer keersy en sny dit in small stroke.  Voer dit lengte gewys in ‘n papierversnipperaar en stop sowat twee sentimeter van die borand.  Vou die borand oor ‘n toutjie en kram of plak vas.
    • Indien jy nie die bogenoemde papier in ‘n winkel kry nie, gebruik gewone bruinpapier.  Doop ‘n ou tandeborsel in dikkerige wit, silwer of goue verf en spat die verf bo-oor die papier.  Hou die tandeborsel sowat 30 cm bokant die papier.
    • Vou papierdoilies in die helfte.  Skuif inkleurprente met die Kersverhaal tussen die lae in en trek na – aan beide kante.  Kleur die prente in en hang of plak die doilies bo-oor ‘n toutjie.  Indien die buitelyne met swart veselpen getrek word, kan ‘n mens die prente met uitdraaikryte (druk hard) inkleur en dan met flouerige voedselkleursel verf.
    • Steek die Kersverhaalprente bo-op foelie en dan op styrofoam of oase vas.  Gebruik ‘n speld om  al op die lyne langs te pons.  Meet en pas die foelie en prente om buite-om ‘n flessie of glasie te pas.  Plak dit vas en plaas ‘n teeliggie binne-in.
  8. Takkies:  
    • Doop takkies in muurpapiergom of houtlym.  Besprinkel met blinkertjies en laat droog word.  Bind ‘n toutjie of ‘n draadjie aan ‘n punt en hang aan die boom.
    • Spuitverf takkies met silwer of goue spuitverf.
  9. Kaartjies:
    • Teken “holly” blare en verf dit groen.  Meng kersierooi of wynrooi pastadikte verf.  Verskaf kurkproppe, doop dit in die verf en druk dit soos kersies waar die blare ontmoet op ‘n kaartjie.
  10. Kinderbederf:
    • Rasper wit badseep met ‘n fyn rasper en vul klein flessies daarmee.  Teken ‘n sneeuman-gesiggie met ‘n veselpen aan die buitekant, plak ‘n oranje driehoek neusie en gee dit vir elkeen in die klas.
    • In plaas van seep, kan jy die flessie met wit malvalekkers of Jellie Tots vul.  Verf die deksel.
  11. Peuselhappie (Doen-dit-self):
    • Doop soutvrye, geknoopte pretzels halflyf in gesmelte kooksjokolade (melk of donker) en haak aan ‘n skuifspeld oor ‘n bakkie om af te koel en te stol.
    • Sneeumanne:  Pas ‘n malvalekker in die middel van en bo-op ‘n koekie (soos ‘n Oreo).  Verhit in die mikrogolfoond (10 sekondes op ‘n slag) totdat die malvalekker oppof en begin smelt.
    • Rol blaardeeg uit.  Druk sirkels met glasies uit. Gebruik ‘n stomp tande- of sosatiestokkie om ‘n sneeumangesiggie te pons.  Spuit ‘n bietjie Spray and Cook op ‘n bakplaat of smeer botter.  Smeer met ‘n bietjie melk oor die deeg en bak tot goudbruin.  Doen dieselfde met kort worsrolletjies.
  12. Hempies:
    • Gebruik wit frokkies of t-hempies en trek dit oor ‘n stuk karton.
      • Sneeuman:  Maak dotjies of kolletjies met ‘n swart veselpen en dan met ‘n lapverfspuitbotteltjie.  Trek ‘n driehoekie neus met oranje verf.  In plaas van die botteltjie, kan ‘n mens die agterkant van ‘n potlood of oorstokkies in die verf doop en druk.
      • Kersboom:  Trek ‘n groot driehoek met groen verf en verf die hele driehoek.  Daarna kan ‘n mens helder kleure kolle al om en oor die boom druk.
    • Belangrik:  Laat die t-hemp bo-op die karton droog word om vlekke te voorkom.  Dop om en stryk aan die binnekant en/of plaas die hempie in ‘n tuimeldroeër.

IMG_20151215_153255IMG_20151213_100031_edit

Screen Shot 2015-12-14 at 9.03.52
Tik gerus soekterme soos “Kersfees” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Basiese meervoude

Lewer kommentaar


Screen Shot 2016-02-21 at 18.36.35Kry die woord ‘n -s, -e of -we?  Hoe gemaak met die verdubbeling van ‘n medeklinker in meervoude soos katte?  Hoe gemaak met die weglating van ‘n klinker in meervoude soos tone?

Hierdie pakket som basiese spelwyses van meervoude op en verskaf ‘n skyfievertoning om die verdubbeling van die medeklinker of weglating van ‘n klinker te verduidelik.

Loer gerus ook na die lysie skakels aan die regterkant – onder “Geletterdheid” – vir enkele idees.

 

basiese meervoudemeervoude

einde van die jaar

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-11-17 at 18.03.31

Iemand het onlangs gevra wat ‘n mens kan doen om die skooljaar af te sluit.

  • Gebruik die onderstaande boodskappe voor-op ‘n kaartjie of op vlaggies.
  • Druk vlaggies en hang dit op.
  • Maak soutklei en laat die klas sirkels met plastiese glasies uitdruk.  Druk ‘n duimafdruk in ink en dan op die klei (of sonder ink), skryf die outjie se naam en die datum by en pons ‘n gat vir die toutjie. Ryg ‘n stelletjie aan ‘n toutjie vir die klas se kroonlysie en maak duplikate wat die outjies aan hul kersbome kan hang.  Skryf ‘n boodskap op elke versiering se keersy om dit ekstra spesiaal te maak.
  • Druk ‘n klasfoto (of rol een af) op ‘n A4-grootte en laat elkeen sy/haar naam agter-op skryf voordat jy dit vir elkeen in die klas afrol (swart/wit of kleur).
  • Indien julle foto’s gedurende die jaar geneem het, maak ‘n collage van verskillende foto’s en heg ‘n verjaarsdagkalender onderaan.  Skryf elkeen se verjaarsdag op die kalender, sodat die maats mekaar kan onthou.
  • Vra dat die ouers gloeilampe skenk en verskaf glasverf.  Die outjies kan ‘n boodskap, woord, jaartal, patrone, ens. op papier ontwerp (vet simbole) en dan met ‘n permanente veselpen (koki) oorteken op die gloeilamp.  Verdeel die lampie in blokkies soos gebrandskilderde glas en verf die dele in verskillende kleure.  Hierdie kunswerkie gaan die outjies lank aan hul jaar herinner.
  • A5 Koeverte (nog koeverte)
  • Afskeidsrympies

Screen Shot 2015-10-05 at 15.16.06

verjaarsdagnamedankie1dankie8 dankie7 dankie6 dankie4 dankie3 dankie2 dankie5

Sien ook einde van die jaar.

Beurse

8 Kommentaar


onderwysbeurs

Klik op hierdie skakels vir meer besonderhede.

Onthou

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-11-08 at 14.15.55

Op 11 November dra ons ‘n rooi papawer om oorlogsoldate te onthou en om hul opoffering te herdenk.  Op die 11de dag van die 11de maand, om 11:00 vm, word ons vir 2 minute stil.  Tradisioneel is die stiltetyd om 12:00 rondom die middagsein of -skoot in Kaapstad gehou.

  • Berei ‘n lang strook papier vir ‘n muurtoneel voor, deur die boonste deel blou en die onderste helfte groen te verf.  Indien jy die verf met sponsdrukwerk wil aanwend, kan ‘n mens selfs die kleure effens in mekaar laat vloei.  Gebruik ‘n ou kam om vertikale strepe in die groen gras te trek.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens skakerings van rooi en donker oranje verf meng.  Verseker dat dit dikkerig (soos tandepasta) is en skep dit in plat bakkies of borde.  Laat die outjies die vuis bal en doop die pinkiekant in die verf voordat die papawers op die “veld” gedruk word.  Skryf die name liggies by elke blom by.  Wanneer die rooi verf droog is, kan ‘n mens ‘n duim in geel en dan swart verf doop en in die middel van die blom druk.  Rond die muurtoneel af met gepaste woorde soos “Ons onthou…“.
  • Doop koffiefilters in flou rooi waterverf of ‘n voedselkleurselmengsel.  Die filters absorbeer die kleur baie vinnig.  Vou die filters soos blomme (met ‘n tuit) toe en laat dit droog word.  Doop ‘n kwas in swart verf en laat die ergste waterigheid af drup.  Maak die blomme effens oop en verf die binneste of middelste deel.  Sodra dit droog is, kan die blomme op individuele prente of ‘n muurtoneel geplak word.
  • ‘n Mens kan bogenoemde met kolwyntjiepapiertjies doen.  Indien jy die papier ‘n bietjie stewiger of stywer wil maak, verf dit met muurpapiergom (koop koevertjies by hardeware winkels).
  • Doop die onderkant van gaskoeldrankbotteltjies in dikkeringe rooi verf om blomme te druk.  Doop dan ‘n krukprop in swart verf vir die middel.
  • Sny ‘n papawer uit die onderkant van ‘n gaskoeldrankbotteltjie.  Gebruik spuitverf om dit rooi te verf.  Kleur ‘n sagte vilt- of watteballetjie swart en plak dit in die middel.
  • Spuitverf metaal botteldoppies met rooi verf en doop ‘n potlood se uitveër in swart verf vir die kern.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens gom liggies in die middel verf en goue blinkertjies sprinkel.  Plak op ‘n borsspeldjie vas.
  • Maak ‘n rooi wolpom-pom, sprei die wol oop en werk ‘n swart knopie vas…of plak ‘n viltballetjie vas.
  • ‘n Mens kan rooi viltpapawers uitknip, ‘n swart knoop op die geel deel plaas en dit vas werk of gom.  Werk dit aan ‘n klein doekspeldjie vas, plak dit op ‘n klein kaartjie vas of maak ‘n krans uit die klas se versameling.

Dra die papawers tydens ‘n besoek aan die plaaslike tehuis vir bejaardes of neem dit na die dorp se helde-akker.  Nooi gerus families saam…

just niusance

Just N

forbetterorforworselynnjohnston

vlaandere

Google Docs en Google Classroom

Lewer kommentaar


Google het ‘n oulike toep (app) vir ouens wat sukkel met die spel- en tikwerk.  Begin deur ‘n “gmail”-rekening te skep.  Gaan dan na die toep-opsies regs, bo-aan die webblad en klik op die blokkies.

Screen Shot 2015-11-05 at 16.46.18

  1.  Google Docs het ‘n blou prentjie.  Klik daarop om ‘n nuwe dokument oop te maak.

Screen Shot 2015-11-05 at 16.46.31

Dit werk nou net soos ‘n Word-dokument en jy kan jou werk privaat aanlyn (onder jou e-pos inskrywing) stoor.  As jy lus het vir iets nuuts, kan jy die volgende probeer:

Gaan na “Tools” en klik dan op “Voice Typing”.  ‘n Mikrofoon sal links verskyn.  Klik daarop en begin gesels.  Ek tik my leestekens self, maar jy kan dit hardop noem.  In die voorbeeld, het ek in Engels gesels en die dokument vertaal.

Screen Shot 2015-11-05 at 16.41.46Screen Shot 2015-11-05 at 16.41.58

Verlig die teks en gaan na “Tools” en “Translate document”.  Jy kan nou tale soos Afrikaans en Swahili kies en siedaar!

Screen Shot 2015-11-05 at 16.41.00Screen Shot 2015-11-05 at 16.41.07

*In die vertaling is daar nog hier en daar woordorde probleme, maar jy kan die woorde dan net na die korrekte plekke skuif.

2.  Skep ‘n aanlyn, interaktiewe klaskamer vir jou vakgebied.  Hierdie toep werk goed as beide die leerders en hul ouers ‘n gmail-rekening het.

Gaan na die toep-opsies en soek “Classroom”.

Screen Shot 2015-11-05 at 17.05.33

Skep nou ‘n klaskamer met versierings en beskrywings van jou keuse.  Bv. Graad 6 Huistaal, Grade 4 FAL…

Screen Shot 2015-11-05 at 17.05.44

Wanneer jy tevrede met die uitleg is, kan jy die klas se wagwoord met jou leerders en hul ouers deel.

Screen Shot 2015-11-05 at 17.11.09 Screen Shot 2015-11-05 at 17.10.20

Klik op die plusteken regs onder en begin opdragte en take byvoeg.  As die ouers die toep op hul slimfone of rekenaars laai, sal hulle die huiswerk kan sien en volg.  Dit verskyn op Google Calendar – waar jy hulle voor die inhandigingsdatum daaraan kan herinner.

Screen Shot 2015-11-05 at 17.20.20Screen Shot 2015-11-05 at 17.25.29Screen Shot 2015-11-05 at 17.30.02

Spotprente

Lewer kommentaar


spotprente

Gids 1

Gids 2

Tik ook soekterme soos “liggaam, skelet…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

Onderwysersdag, 5 en 16 Oktober

7 Kommentaar


Screen Shot 2015-10-04 at 10.06.07

Ons vier vanjaar Onderwysersdag op 5 én 16 Oktober.

Wêreld Onderwysersdag gaan nie oor geskenke nie, maar eerder oor die bewustheid en ondersteuning van die persone wat nuwe generasies onderrig en opvoed.  Om hierdie dag spesiaal te maak, kan ‘n mens die volgende geskenkies oorweeg, maar ‘n briefie of ‘n boodskap bly altyd ‘n wenner.  Loer gerus na die skakels aan die einde van hierdie skrywe.

Indien jy ‘n onderwyser/-es is, sit vandag agteroor en ontspan lekker.

Klik hier om ‘n Dankie-vlaggie (bunting) te druk:  dankie

Screen Shot 2015-10-05 at 15.16.06

Screen Shot 2015-10-04 at 10.12.54 Screen Shot 2015-10-04 at 10.12.44

Screen Shot 2015-10-04 at 10.31.43

Screen Shot 2015-10-04 at 19.40.03 Screen Shot 2015-10-04 at 11.20.05

Onderwysersdag, waardering

Oogsorg

Lewer kommentaar


Screen Shot 2015-09-16 at 6.44.26

Dit is Oogsorgmaand.  Fokus hierdie maand op visuele persepsies, deur verskeie takies en speletjies beskikbaar te stel, reël ‘n optometris as spreker of verskaf inligtingstukke aan ouers oor die belangrikheid van oogsorg en oogtoetse.  Bv.

Visuele geheue:

  • Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit geskommel. Die kind moet dit weer in die regte volgorde pak.
  • Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en dan word dit bedek. Die kind moet sê / noem wat hy gesien het.
  • Skryf ‘n klank of syfer neer. Tel tot drie en hou toe. Die kind moet dit herroep en skryf.
  • Voeg telkens ‘n klank by totdat die hele naam geskryf word.

Visuele diskriminasie:

  • Speel met enige tipe domino.
  • Teken ‘n klomp prente van verskillende tema’s op ‘n bladsy. Die kind moet nou bv. al die kosprente omkring, ens. Dieselfde kan met klankies (kleinletters) gedoen word.
  • Skryf ‘n klomp klanke rond en bont op ‘n bladsy neer. Die kind kan nou klanke soek wat in sy naam voor kom.

Aanlyn oefeninge:

  1. Visuele Diskriminasie
  2. Visuele Geheue
  3. Visuele Opeenvolging
  4. Ruimtelike Oriëntasie
  5. Visuele Voorgrond-Agtergrond
  6. Sluiting
  7. Vormkonstantheid
  8. Visual Learning
  9. Visual Learning 2
  10. Verskeie oefeninge
  11. Letter- of klankdoolhowe
  12. Woordvorms of vormkonstantheid
  13. Oefeninge

Roald Dahl

Lewer kommentaar


roalddahllogo

Die skrywer van stories soos “Charlie and the Chocolate Factory“, “James and the Giant Peach”,Charlie en die Groot Glashyser” en “Matilda” het op 13 September verjaar.  Hierdie dag word gebruik om Roald Dahl se boeke te lees en om sy karakters te vier.

Klik op die onderskeie skakels in hierdie skrywe om verskeie idees te kry en sien ook die hofie “Geletterdheid” aan die regterkant vir Roald Dahl toeps.

Tydsvorme

4 Kommentaar


tydsvormejufferScreen Shot 2015-09-07 at 9.45.06

‘n Eenvoudige manier om die tydsvorme te verduidelik, sal wees om ‘n tydlyn te gebruik met aanduidings van “nou”, “voor nou = verlede = verlede tyd” en “na nou = toekomende = dit kom nog”.
Sinne wat in die verlede afspeel, het gewoonlik “het”, “was” en “ge-” daarin.
Teenwoordige sinne het “is” en werkwoorde wat tans afspeel (doen, sien, klim).
Toekomende sinne kom nog, is amper ‘n wens of ‘n vooruitskatting. (sal, gaan…)

tydsvorme

Tenses

http://www.slideserve.com/zola/my-stompv2i-gids

Spikkeldag

1 Kommentaar


spikkeldag

Elders in die wêreld vier skole Dot Day op die 15de September na aanleiding van Peter H. Reynold se boek – The Dot.  Die gedagte is om jou merk te maak.  Hoe kan ons diė gedagte op ‘n prettige manier vier?

  • Loer in al die aktiwiteitsboeke vir “dot-to-dot” aktiwiteite en stel ‘n verskeidenheid beskikbaar.
  • Ondersoek die Pointilisme kunsbeweging en skep julle eie kolletjies- of spikkelkuns.  Gebruik pastadikte verf en kies ‘n verskeidenheid drukkertjies, oorstokkies en sponsies wat kolle en spikkels sal druk.  Druk letters, bo-op letters (sommer op die robotkaarte), syfers, patrone en selfs woorde.  ‘n Mens kan dit ook met ink op ‘n inkkussing doen.
  • Gebruik die bogenoemde verfdruktegniek of plak ronde plakkertjies (van verskillende groottes) bo-op ‘n lang patroon om later om die deurraam, kroon- of vloerlysie te plak.
  • Doen skrif oefeninge deur spikkelwoorde en skrif na te trek.  [skrif oefeninge – drukskrif]
  • Hoeveel sinne kan julle met spikkelwoorde (sinonieme) maak?  Wie kan ‘n rympie, ‘n storie of ‘n liedjie skryf?
  • Verdeel die spelwoorde (of spikkel- en kolletjie woorde) tussen ouer kinders, deur verskillende woorde in ‘n groot lettertipe te druk en vir elkeen ‘n speld te gee.  Pons dan spikkels al op die woorde langs en plak dit teen ‘n ruit sodat die sonlig kan deur skyn.  Dit sal groot konsentrasie verg.
  • Plaas verskillende kleure papier, bakkies wat gemerk is met kleure se name en ‘n papierpons op ‘n tafel.  Wanneer die outjies ‘n kans kry, kan hulle een kleur op ‘n slag pons en die confetti in ‘n gemerkte bakkie uitskud.
  • Gebruik die confetti later in die week in strooiwerk.  Teken groot vorms, vet letters of syfers en smeer gom oral op die agtergrond.  Strooi die confetti van jou keuse.  Wanneer die agtergrond droog is, kan jy die letter met ander kleure vul.  Kies byvoorbeeld primêre of sekondêre kleure en selfs skakerings van ‘n spesifieke kleur soos rooi.
  • Doen tekstuurwerk met borreltjieplastiek of Lego deur dit te verf en bo-op velle papier te druk.  Gebruik die papier om prentjies uit te knip of as die agtergrond vir ‘n collage.
  • ‘n Tydjie gelede, het ek ‘n foto elders gesien waar iemand die borreltjieplastiek teen ‘n muur opplak en dan sorgvuldig die onderskeie blasies met kleursel in spuit om ‘n syfer of ‘n woord te vorm.  Dit kan ‘n oulike idee vir ‘n opskrif in die klas wees.
  • Onder toesig, kan ‘n mens ou vetkryte bo ‘n kersvlam verhit en op papier druk of drup.  Gebruik dit as ‘n agtergrond.  ‘n Mens kan kan ook plastiek stensils bo-op die papier laat rus terwyl die waskryte binne-in gedrup word.  Sodra die was droog is, kan ‘n mens die stensil lig en skoon maak.

spikkeldag agtergrond

spikkelwoorde

Loer gerus na Dot Day se webwerf vir meer idees.

September Huiswerk

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-09-01 at 14.31.26

September Huiswerk (Drukbaar)

Gebruik die volgende inligting tesame met die kalender:

Older Entries Newer Entries