Tuis

geluk

Lewer kommentaar


DagvanGeluk

 

Doen vandag wat jou gelukkig maak!

ligte uit

Lewer kommentaar


earth hour

 

Dit is amper skoolvakansie en EARTH HOUR val op die 29ste Maart.  Skakel die krag vir ‘n uur af, steek die kerse aan en ontspan saam as gesin.  Maak solank ‘n oorlewingshouer gereed en vul dit met bordspeletjies (slangetjies en leertjies, Scrabble, kaarte, ens.), storieboeke, stories of liedjies op die iPod en die kwartaal se flitskaarte.  Dink aan herwinningsprojekte om te probeer en probeer een of twee in dié uur.  Voeg items soos ‘n groot kombers, eetgoed en ‘n flitslig by om die oorlewingsproses lekkerder te maak, MAAR hou die houer toe om eers Saterdag om 20:30 oop te maak.  Hoe lank duur ‘n uur?  Stel die aftel wekker.  Geniet die aandjie saam!

earth hour

verjaarsdag

Lewer kommentaar


verjaarsdaeverjaarsdaghofie

Screen Shot 2015-12-06 at 9.30.04Screen Shot 2015-12-06 at 9.15.00

Hoe vier julle verjaarsdae in die klas?  Dit gaan dikwels met ‘n kroon gepaard.  Gebruik viltlap indien jy die kroon weer gaan gebruik of dikkerige karton.  As jy nie die kroon lank genoeg kan maak om rondom die kop te pas nie, gebruik ‘n rekkie met klitsgras (velcro) of draai ‘n “alice band” dwars voor die voorkop.  Versier die krone met groot, glinsterende stene (verkrygbaar by kunsvlyt- of materiaalwinkels) of teken met vloeibare gom en besprinkel dit met blinkertjies.  Vir ‘n ietsie ekstra, kan jy die ouderdom voorop die kroon aanbring.  Maak ‘n getal of twee en heg dit met klitsgras indien julle die kroon weer wou gebruik.   Neem ‘n foto van die kroondraer voor die datumbord en siedaar!

 Hiermee dan so ‘n paar kroonpatrone:

Ouderdom

Ouderdomme vir die krone:

Gebruik op kroon, kaartjie, as ‘n medalje om die nek of steek dit op die klere vas.

Verjaarsdaglyste vir die muur of om in ‘n boekie te bind (bv. as geskenk):

Vlaggies en boodskappe:

Druk op gekleurde velle of bruin karton.  Pons gate bo-in en ryg gare, lint, tou, rafia of ‘n vislyn deur.

verjaar (kaartjiewoorde)

verjaarsdagvlaggies

verjaarsdagvlaggies 2

Engelse verjaarsdaglyste/maande en met kleurvolle vlaggies

wie-verjaar-500x500

Water

2 Kommentaar


Waterweek

Dit is amper waterweek.  Leer die outjies om waterwys te wees en loer na die idees in hierdie Engelse boekie.  Leer die kleingoed om water op ‘n verantwoordelike wyse te benut deur:

  1. waterbekers/gieters te gebruik.  Maak die klas se potplante met spesifieke hoeveelhede (bv. 1 blikkie) nat en maak dit ‘n reël.
  2. waterspel water te herbenut om die plante nat te lei.
  3. die waterspel water te gebruik om op die teer- of sementoppervlakte te skryf.  Gebruik skoon kwaste en oefen patrone, syfers en klanke.
  4. ballonne met waterspel water te vul.  Gooi en vang die ballonne met herwonne melkbottels.
  5. reënwater op te vang.  ‘n Skool se dak het ‘n groot opvangsgebied en behoort heelwat water vir die tuin te kan opgaar.
  6. geld in te samel vir ‘n gerekenariseerde besproeiingstelsel vir die skooltuin.
  7. waterspel aktiwiteite bo-op gras uit te pak.
  8. druppende krane aan te meld.
  9. druppende krane toe te draai.
  10. ‘n loodgieter as gasspreker te kry.
  11. water uit ‘n opvangsbak te herwin tydens waterspel.  Maak ‘n pypsisteem met tregters – sodat verskeie outjies gelyktydig kan speel.
  • Vries ‘n strooitjie of ‘n kort stokkie in ‘n ysblokkie.  Gee vir die kinders ‘n klein driehoekie om uit te knip en pons gate in twee van die hoeke.  Gebruik dit as die seil vir jou ysbootjie en sien hoe dit op ‘n vlak dammetjie seil.
  • Meng verf (bv. akriel) met water en vries.  Plaas ‘n vel papier in ‘n vlak skinkbord en “verf” of “skryf” met die yskleure.
  • Blaas borrels deur die onderkant van ‘n water- of sapbotteltjie af te sny.  Trek ‘n ou sokkie oor die opening en bind met ‘n rekkie.  Vul die bottel met ‘n sterk seepoplossing en water.  Blaas!
  • Drukbare waterbottelplakker

waterweek

waterwyshede

Waterwys

Inhoud

 

 

 

soutklei

3 Kommentaar


Soutklei resepte:

1/2 koppie sout

1/2 koppie water

1 koppie meel

Meng in elektriese menger tot styf en knie dan vir 5 – 7 minute tot glad soos speelklei.  Rol uit en begin vormpies druk.

of

1 koppie sout

1 koppie meel

1/2 koppie water

Meng en knie tot glad soos speelklei.

of

1 koppie sout

1 koppie louwarm water

2 koppies meel

Meng en knie.

Laat staan die vorms tot droog of bak.

Nog Kersfees en kersversiering idees…

verkleinwoorde

Lewer kommentaar


Screen Shot 2016-02-21 at 18.36.50VerkleinwoordeVerkleinwoorde (Drukbare verduidelikings en oefenvelle).  Dit werk vir beginners.

 

Biblioteekweek

Lewer kommentaar


biblioteekweek2014

  • Hou ‘n muntlegging om boeke vir die biblioteek te kan aankoop.  Pak dit in vorms, rye, patrone, letters, woorde of embleme.   Skryf die vorms of simbole met bordkryt op teer of maak los papierweergawes.  Kies ‘n spesifieke munttipe (soos 5c of 10c) om te versamel vir die dag en pak dit.
  • Betaal 50c om te raai hoeveel boeke daar in die skool se biblioteek is.  Koop boeke met die fondse en gee vir die wenner(-s) ‘n boekprys.
  • Maak advertensies en prente van die klas se gunstelingboeke.
  • Gee vir die kinders karton om boodskappe, reëls en flitskaarte vir die leeshoek of boekrak te skryf (bv. Gunstelinge, Nuut, Mees genotvolle boeke, Engels, Afrikaans).
  • Vir Graad R en 1
    • Ek het nog ‘n boekmerk wat ons in Graad R gemaak het – rafia en ‘n geruite iets met groot gate. Ons het groot, stomp naalde gebruik.  Gebruik verskillende kleure en help die kinders om die rafia te ryg.  ‘n Lekker lang boekmerk sal goed in kinderboeke werk.
    • Ek hou nogal van die idee om volgens ‘n spesifieke beginklank te werk. Dalk kan ‘n mens klinkerprente maak. Gebruik akkerdoppies of halwe appels om verfdrukwerk op ‘n A4-vel papier te maak (patrone van herhalende kleure). Trek bv. ‘n groot a op ‘n x-straalplaat af en laat die kinders dit aftrek en uitknip. Plak die a dan bo-op die agtergrond. Herhaal met ander klanke en versier die aansteekbord met al die letters.  (Sien die alfabetrympies vir idees.)
    • Doen drukwerk met magneetletters (soek die korrekte Graad 1-letters).  Gebruik dikkerige bont verf op bruin of swart papier of selfs bleikmiddel (gebruik groot, plastiek voorskote) op suikerpapier.  Gebruik dit vir ‘n agtergrond, die kennisgewingbord of as die buiteblad van ‘n self gemaakte boekie.
    • Maak soutklei en laat die outjies self ‘n stukkie plat druk (nie te dun nie).  Gebruik hoofletter- en kleinlettermagnete as drukkers of soek alfabet koekiedrukkers om die kleingoed se name uit te druk.  Gee voorbeelde van die name op papier, sodat die spelling korrek is.  Druk die drukkers/magnete eers op ‘n inkkussing en dan in die klei.  Só, gee dit ‘n mooi effek.  Pons ‘n gat in een hoek of beide en hou dit as ‘n geskenk vir Moedersdag.
    • Gee ‘n basiese alfabetkaartjie (plak op die tafel) en ‘n bak vol los letters op die kleispeltafel.  Die outjies sal dan self met die klanke en letters kan speel.  Die alfabetkaartjie sal help om te verseker dat die letters reg geplaas word.
    • Bak en brou:
      • Kies ‘n eenvoudige koekieresep.  Druk letters, name of “boek” in die deeg en bak.
      • Kies ‘n eenvoudige koekieresep.  Druk ‘n koekie met enige koekiedrukker uit.  Plaas die koekiedrukkerletter (waarmee die outjie se naam begin) liggies bo-op en vul met “hundreds and thousands“.  Druk dit liggies met ‘n stomp voorwerp vas en lig die vormpie af.  Bak soos normaal.
    • Doen drukwerk met lapverf op ‘n tafeldoek, lapsakke of kussings vir die klas.  Gebruik die sponsletters in “matteëls” of magneetletters.

This slideshow requires JavaScript.

leesislekkerEk lees graag...

Biblioteekweek e-pos, Biblioteekweek 1, Biblioteekweek 2, Biblioteekweek 3

Luidleesdag, 5 Maart

Lewer kommentaar


luidleesdag2014

This slideshow requires JavaScript.

5 Maart is Luidleesdag.  Lees stories, nuus en rympies vir mekaar…dalk op Skype?

kappie

Lewer kommentaar


 


kappie

Eenvoudige kappie sinne  vir die jonger outjies.

-d en -t

Lewer kommentaar


d en t aan die einded-en-t-einde-taak 

Vaslegging/Hersiening

abc

2 Kommentaar


 

alfabet klanke muurkaart

 

abcjuffer

Tik ook abc, klanke, skrif, skryf of alfabet by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die “drukbare bladsye” en TEACHA.

Boekedag, 6 Maart

2 Kommentaar


boekedag

6 Maart is Wêreld Boekedag en vanjaar is daar vele ekstra idees om in die klas te probeer.

  • Verdeel die klanke wat reeds aangespreek is (hetsy enkel-, dubbel-, twee- of drieklanke) en laat die kinders volgens die klanke aan trek – bv. a vir appel, akkers, anker, aartappel, b vir bal, bok, ballonne.  Sien alfabet rympies vir inspirasie.
  • Kies ‘n boek per klas.  Elke klas trek dan volgens die boekkarakters aan en versier die klasdeure.  Neem foto’s en versier die gangmure, biblioteek of kennisgewingborde om die boeke aan ander bekend te stel.  Onthou om die titel by te voeg.
  • Druk of maak boekmerkies om uit te deel.

 

Kies en spasieer verskeie boekmerkies op ‘n A4-bladsy.
Boekmerk witBoekedag Boekmerk wit Boekedag Boekmerk

breuke

4 Kommentaar


breuke

Sparklebox Appels [pizza]

Graad 3

Graad 4

Flits en hersien

Breuke vir beginners – sluit video’s in

moedertaal

2 Kommentaar


IMD2014

Leer om mekaar in die onderskeie moedertale van die klasmaats te groet.

Tik gerus moedertaal by die soekblokkie in.

 

 

klanke en patrone

4 Kommentaar


RAAMWERK VIR DIE AANLEER VAN KLANKE IN DIE GRONDSLAGFASE

Dit is nie ‘n moet dat die skryf van klanke noodwendig in dieselfde volgorde aangebied of aangeleer word nie.  ‘n Gids wat uit 1997 dateer gee die volgorde as:  “v, w, m, n, r, h, b, p, a, o, l, k, t, j, u, y, i, d, g, s, f, e, aa, ee, oo, uu, ou, ui, eu, ei.”

Hier volg ‘n moontlike kombinasie van klanke en patrone:

wolfpatroon

Perdjiespring– of wolfpatroon:  

Drukskrif:  v, w en (y as die skool die “skerp y” gebruik) – ook later x en z

hasiehop

Hasie hoppatroon:  

Drukskrif:  m, n, r, l, h, b, p 

apieswaai

Swaaiof “Tarzan”patroon:  

Drukskrif:  u, y, i, j (as die skool die “geronde y” gebruik)

branderpatroon

Brander– of seepatroon:  

Drukskrif:  o, a, e, s, d, g, f, t – en later c en q

Loer ook na Patrone, ABC Skryf, Skrif voorbeelde en die skrif-oefeninge.

Valentynsdag

Lewer kommentaar


  • Druk hartjievlaggies op gekleurde papier en gee dit vir die kinders om uit te knip.  Ouer kinders kan die hartjies en agtergrond met uitdraaikryte inkleur (druk hard)…verf dit met effens verdunde voedselkleursel of hou dit so.  Wat van pastelle?
  • Kies boodskapvelletjies (hier onder) en spasieer dit op ‘n A4-vel.  Druk dit op ‘n gekleurde vel of wit papier.  As wit papier gebruik word, kan ‘n mens die prentjies met uitdraaikryte inkleur.
    • Laat die outjies opbouende sinne skryf en plaas dit op die aansteekbord.  Dis soms net lekker om positiewe boodskappe te lees.
    • Versier die personeelkamer se deur met die opbouende boodskappe of…
    • verklein ‘n paar boodskappe op een bladsy en plaas dit in die onderwysers se vakkies.
    • …vergroot ‘n paar boodskappe, kleur die prentjies lekker helder met pastelle in en versier ‘n ingangsportaal of -deur.
    • …plaas foto’s van die boodskappe op die skool se webtuiste.

valentyn1 valentyn2 valentyn3 valentyn4

Sien ook Valentynsdag, My Valentyn en My hartjie…my liefie

e klink soos i

4 Kommentaar


 

e klink soos ie klink soos i 2e-klink-soos-i2e-klink-soos-i

e klink soos i (takie)

Werksvelle

 

9 Februarie

Lewer kommentaar


  • Verrassings vir die Biddag vir Opvoeding en Onderwys.
  • Bak oulike koekies en versier soos die voorbeelde hier bo.
  • Plak boodskappies bo-op sjokolade (bv. klein Lindt-sjokolade slabs).  Kies uit die volgende boodskappe, spasieer dit op A4-blaaie en druk uit.
  • Koop ‘n klein botteltjie vloeibare seep (pompbotteltjie) en haal die plakker af.  Tik ‘n mooi boodskap of ontwerp ‘n embleem.  Rol dit op ‘n transparantvel af (vir oorhoofse projektors), knip uit, rol op en spasieer dit versigtig voor en binne-in die bottel.  ‘n Ander idee is om ‘n leë houer te koop, die boodskap binne-in te plaas en om dan die seep by te voeg…
  • Gebruik ‘n glasflessie, plaas ‘n transparantboodskap binne-in en vul met bordkryt.  ‘n Mens kan natuurlik die boodskap op gewone papier druk en buite-op plak.  Loer gerus na die prente heel onder.  Selekteer die prent, spasieer op ‘n A4-vel en druk uit.
  • Druk ‘n boodskap op ‘n lang strokie en plak om ‘n kolwyntjie (cupcake).

sjokolade 1 sjokolade2 sjokolade3 sjokolade4aan'nbakonderwyser

bordkrytseep2 dankiebordkryt2 seepthankyou

bewerkingstekens

12 Kommentaar


 

E het gevra hoe ‘n mens die plus-, minus- en gelyk aan-tekens kon bekendstel.

Ek sou dit koppel aan kort storietjies. Gebruik iets soos lekkergoed. Bv. Jannie en Pierre wil lekkers eet. Hulle eet Smarties en besluit om dit bymekaar op die bord te pak. Wanneer ons hoeveelhede of syfers bymekaar sit, gebruik ons ‘n +-teken (sit ‘n groot voorbeeld neer). Jannie haal 3 uit en Pierre haal 2 uit die pakkie. Daar was 3 en toe word dit 2 meer. Hoeveel lekkers het hulle bymekaar? Hoeveel is dit altesaam?” Gebruik baie woordeskat en terme wat die begrip kan oorbring.

Met aftrekking, kan die outjies in die storie iets eet of voëltjies kan byvoorbeeld weg vlieg. As jy 2 strepies of stokkies van dieselfde lengte vir die + gebruik het, kan die vertikale strepie dan “weg vlieg”.  Gebruik stokkies of kort strooitjies van dieselfde lengte – vir iets meer tasbaar.

As jy later = gebruik, kan die outjies sien dat die stokkies ewe lank of gelyk is. Gebruik dalk ook ‘n skaal om te wys dat wat jy aan die linkerkant van die = het, dieselfde as die hoeveelheid aan die regterkant moet wees.  Watter metodes gebruik jy?

Bewerkingstekens

Skrifdag

Lewer kommentaar


skrifdag23Jan2014

 

Skrif tel vir punte en maak deel uit van die algemene assesserings.  Oefen solank.

Older Entries Newer Entries