Tuis

Medemenslikheidsdag, 17 Februarie

Lewer kommentaar


Random Acts of Kindness Day of Medemenslikheidsdag is ‘n dag waarop ons mekaar aan klein gebare van onbaatsugtige medemenslikheid kan herinner.

Neem foto’s van kinders wat ander help deur bv. ‘n maat se veters vas te maak of ‘n tas op te tel wat om geval het. Raam die foto’s of voeg dit in die raamwerk van groot letters of die agtergrond vir ‘n slagspreuk. Elders word die letters K…ND gebruik – met ‘n die slagspreuk “Be the I in Kind”. Kinders poseer dan in die gaping.

In Afrikaans, kan ‘n mens groot letters gebruik om Ons is gaaf uit die beeld. Plak weereens foto’s binne die lyne of skryf kortliks wat gebeur het. Hou dit sigbaar en verwys gereeld na elke poging – al is dit klein of min. Só kan ons mekaar inspireer.

Watter slagspreuke kan jy gebruik?

Biddag vir Opvoeding en Onderwys

2 Kommentaar


Die Biddag vir Onderwys en Opvoeding is vanjaar op die 9de Februarie.

Luidleesdag, 5 Feb.

1 Kommentaar


Luidleesdag is vanjaar op die 5de Februarie. Maak spesiale boekmerkies vir die jaar se lekker leestye of neem verskeie leesboeke op hierdie leeslyste uit en rangskik dit op ‘n interessante wyse in jou leeshoekie. ‘n Nuwe uitstalling sal beslis die nuuskierigheid prikkel.

Lees elektroniese boeke, rympies of lirieke. Luister na stories op die internet, oor die foon of na die voorlesing deur ‘n maat. Nooi verskillende graadvlakke om vir mekaar te lees of betrek selfs ouers en verskillende onderwysers om minstens ‘n periode lank ‘n boek saam te geniet.

Tik gerus ook soekterme soos flitskaart, sigwoord, lees, boeke, biblioteek, taaldag… by die soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

Lekker lees!

A fresh new school year

Lewer kommentaar


Vergroot

Voorspoedwense vir ‘n nuwe skooljaar

Lewer kommentaar


Gereed vir die nuwe skooljaar

Lewer kommentaar


Iemand het onlangs idees gevra oor die aanvullende dekor idees in die klaskamer. Vind hiermee dan so ‘n paar idees vir die nuwe skooljaar.

Gaan staan in die middel van jou klas en kyk na die uiteensetting van die banke of tafels en meubels. Besluit of elkeen goed kan sien en met gemak kan beweeg voordat jy aan die dekor dink.

Heelwat onderwysers hou van ‘n natuurtema wat met insekte, blomme of ‘n woud te make het. Dink aan ‘n kleurskema wat daarby sal pas – soos ‘n sagte groen en verskillende skakerings daarvan. Jy sal jou tema jaarliks kan verander – van die onderskeie insekte (bv. bye, lieweheersbesies…), na diere in die woud (bv. ‘n vos, ‘n beer, ‘n krimpvarkie, ens.), na uile, kabouters, feëtjies en blomme.

Indien jy self die mat kan kies, kan ‘n mens beslis iets dienliks kies om die stowwerigheid en kolle te verbloem of dalk na iets soos fopgras (sagte, kamma-gras of groen matte) loer. Indien jy groot rubber teëls kies, kan ‘n mens kyk na gepaste kleurskemas. Hardeware winkels verkoop swart teëls, maar ‘n mens kan dit met kleurvolle rubber teëls elders afwissel. Dit vee vinnig skoon.

Loer ook na moontlikhede soos die groot klitsgraskolle (velcro) wat aan die mat sal kleef. Jy kan dit lig en rondskuif om sitplekke aan te dui en om struwelinge op die mat te vermy.

Indien jou klas houtvloere het, kan ‘n mens groot vinyl-kolle plak waar elkeen op die vloer sal sit. Jy kan ook vinyl-vorms met die hand of met ‘n Cricut-masjien sny. Wat van vorms wat by jou tema pas – soos die insekte, paddastoele en blomme? As jou dakligte te helder is, kan jy ‘n plastiese bedekking met magnete bo-oor aanbring. ‘n Mens kry verskillende prente en temas aanlyn.

‘n Kollega het ‘n ou boomstomp in stoelhoogte stompe op gesaag en wieletjies aan gebring. Dit word nou as ekstra sitplek in sy klas gebruik. Watter alternatiewe (en sakpas) moontlikhede is daar in jou omgewing?

As jy van blou hou, kan ‘n mens iets soos vliegtuie, lugballonne, wolke, seevaart of die see betrek. Hang mandjies met toue aan papierlanterns van verskillende groottes om lugballonne te maak of omskep dit in kleurvolle visse.

Vir ‘n seetema, kan ‘n mens helder dakligte met seegroen of blou lap bedek. Steek silhouette van seediere bokant die lap in vir ‘n interessante effek. Maak jellievisse uit papierlanterns en hang linte van verskillende diktes onderaan. Versprei die visse regoor die plafon of hang dit voor, nader aan die venster.

Bind ‘n ou swemspons (pool noodle) in ‘n groot ring en plak dit met sterk kleefband vas. Draai wit, blou en rooi wol of tou om die ring totdat die spons verberg is en versier verder om ‘n reddingsboei vir ‘n seevaarttema te maak. Maak soortgelyke opsies en hang elkeen in die middel van ‘n venster of teen jou deur.

Saag ou stompe of houtpale in verskillende lengtes. Bind dit met rou tou vas as ‘n klasversiering of draai groot emmers en blikke in soortgelyke tou (van bo tot onder) toe. Sit ‘n neutrale kussing bo-op die deksel (bv. vlootblou) om stoel-stoorplek kombinasies te maak. Jy kan hiérdie tipe sitplekke ook met kratte of buitebande maak.

Besoek gerus tweedehandse winkels of vra kennisse om eers met jou te gesels voor hulle meubels weg maak. ‘n Mens kan altyd ou stoele, koffietafels en rakke verf of aanvanklik met ‘n lappie bedek.

In terme van gordyne, kan ‘n mense seker gordyne koop. Jy kan ook repe lap om ‘n gordynstok knoop of stroke kleurvolle net uit blikke laat hang – soos verf wat daaruit stroom. Hou aspekte soos privaatheid en ‘n helder son in gedagte as jy die tipe lap kies. Moet jy toe maak of kan jy die lig in laat?

Klik gerus hier onder vir ‘n paar GRATIS items en loer ook na die skakels in die skrywes heel onder. Daar is heelwat ander moontlikhede.

Naamkaartjies: Volstruis, Olifant, Uiltjies, Bytjies

Naamkaarte vir die tafel

Sien ook: Pasella (Gratis klasreëls, naamkaarte…), Eerste dag, ‘n Nuwe skooljaar (dinge om te doen aan die begin van die jaar), “Welkom Terug” idees

Stuur gerus foto’s van jou klasdekor en ek sal dit hier plaas met erkenning: remediering@hotmail.com.

Ekstra afslag

Lewer kommentaar


Kry 10% afslag van 9 tot 16 Januarie 2020 deur teacha10 by die ‘coupon code‘-blokkie in te tik en klik dan op ‘apply coupon‘.

Vakansie!

Lewer kommentaar


Klaskamerdekor en Dinge: Loer gerus

Lewer kommentaar


Vind hiermee ‘n paar goedjies waarmee jy jou klas kan optof. Vir werk en ander hulpmiddels, kan jy soekterme soos “klanke, lees, hersien, verwarring, flitskaart, sigwoord, lees, leesreeks, leeslys, stories, liedjies, rympies, wiskunde huiswerk, woordsom, meer en minder, voor en na, breuke…hulpmiddels, beplan…” by die soekblokkie aan die regterkant in tik. Loer ook na die “Drukbare Bladsye”- en “Produkte“-hofies.

Klaskamer Dekor:  Temas: ‘n Verjaarsdagkalender, Vlaggies, Kalenderwoorde (dae, maande en 31 syfers) in flitskaartvorm…soms ‘n bietjie meer 😉

  1. Weerkaart, Kalender en Seisoene Pakket / Weather & Calendar Chart and Seasons Bundle
  2. Muurkaarte: Klanke/Phonics
  3. Alfabetvlaggies en Syfers (Blou, Wit, Geel)
  4. A-Z, 1-10 Potlood Bunting / Vlaggies WK
  5. A-Z, 1-10 Potlood Bunting / Vlaggies GP
  6. Skeepstema
  7. Kaboutertema / Gnome Theme
  8. Feëtjies en Elfies / Fairies and Elves 
  9. Bye Tema / Bees Theme
  10. Swartbordtema / Chalkboard Theme
  11. In die Oerwoud / In the Jungle (Tema)
  12. Diere in die Woud / Forest Critters (Tema)
  13. Wonderkinders / Wonder Kids (Tema)
  14. Blokkies Tema/ Blocks (Lego) Tema
  15. Ruimte / Space (Tema)
  16. Op die plaas / On the farm (Tema)
  17. Seetema / Sea Theme
  18. Haai Dekor / Shark Theme
  19. Gesiggietema / Smiley Theme
  20. Uiltema / Owl Theme
  21. Uiltema / Owl Theme (Groen/Geel)
  22. Lieweheersbesietema / Ladybird Theme
  23. Voëls Tema / Birds Theme
  24. Rame/Borders
  25. Bunting/Vlaggies
  26. Basiese Tydsgleuwe vir ‘n Voorskoolse Dagprogram 1
  27. Basiese Tydsgleuwe vir ‘n Voorskoolse Dagprogram 2
  28. Birthday Calendar
  29. Birthday Calendar (A/E/X)
  30. Verjaarsdagkalender
  31. Sirkus Tema / Circus Theme
  32. Leeu Tema / Lion Theme
  33. Lugballon Kalender (verjaarsdae)
  34. Lugvaart Dekor / Flight Decor
  35. Kat en Hond Kalender (verjaarsdae)
  36. Flamink Kalender (verjaarsdae)
  37. Vetplant Kalender (verjaarsdae)
  38. Vetplant Kalender / Succulent Calendar
  39. Vetplant Tema / Succulent Theme
  40. Uiltjie Verjaarsdagkaarte / Owls Birthday Chart
  41. Pineapple Birthday Calendar/Pynappel Verjaarsdagkalender
  42. Groen en Goud: Alfabet- en Syfervlaggies & Kalenders
  43. Kalenderwoorde (A/E)
  44. Afrikaanse Enkelklanke Muurkaarte
  45. Alphabet Wall Charts
  46. Muurkaarte (Syfers, Afrikaanse/Engelse Enkelklanke)
  47. Muurprente: Dubbel-, Twee-, Drieklanke
  48. Muurkaarte: Klanke met Drukskrif en Lopende Skrif Kleinletters
  49. Tweeklanke: Muurkaart+
  50. Muurkalenders vir verjaarsdae
  51. Wall Calendars
  52. Tafelbladkaarte
  53. Tafelblad / Table Top Graad R
  54. Voorblaaie / Book Covers 1
  55. Voorblaaie / Book Covers 2
  56. Vowel Blends Posters
  57. Welkomvlaggies
  58. A – Z, 1 – 10 Geel Potlood Bunting / Vlaggies
  59. Kleur Vlaggies / Colour Bunting
  60. Potlood: A-Z, 1-20 Bunting / Vlaggies WK
  61. Potlood: A-Z, 1-20 Bunting / Vlaggies GP

Rekenaarwetenskappe

Lewer kommentaar


Dis byna Rekenaarwetenskapweek. Is daar iets waaroor jy nog altyd gewonder het? Vind meer oor die funksie of program uit en kyk of jy dit in die nuwe jaar kan aanwend.

Afslagtyd!

Lewer kommentaar


Loer gerus hier.

16 Dae

Lewer kommentaar


Die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld het pas begin. Gesels gerus met die outjies oor aspekte soos persoonlike veiligheid op die vooraand van die skoolvakansie.

Lewensoriëntering: Leerder- en Opvoedersgidse

Lewer kommentaar


Die volledige inligting is hier beskikbaar.

Die nuwe leermateriaal (in Engels) is op 13 November gepubliseer.

Graad 4 Leerderboek [Opvoedersgids]

Graad 5 Leerderboek [Opvoedersgids]

Graad 6 Leerderboek [Opvoedersgids]

Graad 7 Leerderboek [Opvoedersgids]

Gidse vir ouer grade.

Boelie Teenkampingsweek

1 Kommentaar


Gesprekke oor goeie gedrag, medemenslikheid, vriendskap en anti-boelie gedrag vind voortdurend plaas. In November is daar ‘n internasionale week waar die aandag spesifiek op ‘n teenkampingspoging gevestig word. Wat is reg en verkeerd? Hoe kan jy beter keuses aanwakker en wie kan help?

Boelie Teenkampingsweek

Hersien Engelse woorde

Lewer kommentaar


Spelling Training gee jou die opsie om jou eie lyste te skep, te deel, na die uitspraak te luister of om op die groen blokke onderaan te klik vir speletjies.

Eenvoudiger werk, Engelse sigwoorde en woordsoeke.

Die volgende woorde is op ‘n uitdagingsvlak:

ai words

ay words

oi words

oy words

ea words

ee words

oo words

igh words

ie words

ei words

oa words

ou words

oe words

ow words

ui words

ue words

ew words

aw words

au words

Suid-Afrika

Lewer kommentaar


Blokkiesraaisel en raaisels

Rugby

Tik gerus soekterme soos “rugby, krieket, sokker…rympies…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir ouer idees.

How do I support learners who speak other languages?

Lewer kommentaar


Loer gerus hier na die oorspronklike artikel.

Redenaarstemas: 2020

Lewer kommentaar


Redenaarstemas vir 2020:

Graad 1 – 3

Kaalvoet
Wonder
Fees

Graad 4 – 5: Huistaal en Addisionele Taal

Letters
Voetspore
Voel

Graad 6 – 7: Huistaal en Addisionele Taal

Toekoms
Liefhê
Afronding

Graad 8 – 9: Huistaal en Addisionele Taal

Lees
Instinktief
Seine

Graad 10 – 12: Huistaal en Addisionele Taal

Murg
Alternatief
Erodeer

Onderwysersdag

Lewer kommentaar


🍎 My Klaskamer: Onderwysersdag Afslag

Jy maak ‘n verskil!

Voorspoed!

2 Kommentaar


Mag die jaar se harde werk dié kwartaal vrugte af werp.
Alles wat mooi is vir die laaste kwartaal!

Older Entries Newer Entries