
Die WOW-webblad sluit verskeie toetsies in. Loer gerus 🙂
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
27 September 2023
31 Augustus 2023
afrikaans boekweek, boomplantweek, Geletterdheidsdag, Juffer, Lente, My klaskamer, oogsorg, rugby, Sonneblomdag, spikkeldag Lewer kommentaar

September begin met Boomplantweek, Lente dag en Loslitdag (op die eerste). Loslitdag se tema is ”Deel ‘n glimlag”. Wat laat jou glimlag?
Die Nasionale Boom van die Jaar is die basboom. Plant gerus ‘n boom wat in jul omgewing aard en versorg die skool se tuine met ‘n bietjie kompos of kunsmis.
Die Nasionale Boekweek duur van die 5de tot die 11de September en die Internasionale Geletterdheidsdag is op die 8ste. Lees ‘n boek deur Roald Dahl op sy verjaarsdag (13de) en vier Spikkeldag op die 15de September. Sonneblomdag is vanjaar op die 15de en bly ‘n baie spesiale projek om lewens te red. Op die 19de praat ons soos seerowers. Onthou Waaierdag vir Vrede op die 21ste.

Renosterdag is op die 22ste September en Oogsorgmaand duur van die 21ste September tot die 18de Oktober. Snuffel gerus hier na vorige idees in verband met visuele oefeninge en oogsorg.
Tussendeur vier ons ons erfenis en geniet ons rugby saam as ‘n land. Om alles te kroon, word My Klaskamer vanjaar 15 jaar oud!
Baie dankie vir die ondersteuning en gereelde inloer. Kom kuier gerus weer.
26 Julie 2023
19 Julie 2023
afrikaans DBE, departementele werkboeke, reënboogboeke, werkboek Lewer kommentaar
Die departementele werkboeke is beskikbaar. Die boeke is gratis beskikbaar en mag nie verkoop word nie. Indien daar tekorte by skole is, kan ‘n mens dit aflaai en druk. Nie alle graadvlakke het tale of FAL- en EAT-boeke beskikbaar nie. Boeke uit vorige jare is hier beskikbaar. Loer ook hier na punte 15 en 16. Afrikaans Eerste Addisionele Taal boeke (EAT) vir Grade 1 tot 6, is hier heel onder gelys.
Nie al die skakels op die Onderwysdepartement het die korrekte dokumente beskikbaar gehad nie. Met geduld, sal dit weldra beskikbaar wees 🙂
1 Junie 2023
afrikaans eksamen, toets Lewer kommentaar

1.Plak die eksamenrooster en -inligting teen jou deur of ‘n spieël vas – iewers waar jy dit gaan sien. Lees mooi en kyk wanneer jy elke vak of toets skryf.
2.Pak jou boeke, lêers en notas uit en kyk of jy alles het wat nodig is om vir elke leerarea of vak te leer. As jy onseker is, praat met jou onderwyser daaroor. Moenie te lank wag nie en vra vandag nog.
3.Hou jou vorige toetse, werksvelle en opdragte naby, want dit gee dikwels voorbeelde van jou opvoeder se manier van vraagstelling.
4.Rig ‘n leerhoekie in (bv. ‘n lessenaar, ‘n spesifieke stoel…) – met kleurvolle penne, potlode of glimpenne (highlighters) en papier vir notas. As jy Post It-velletjies het, kan jy dit gebruik om inligting te merk wat meer aandag kort, wat belangrik is, wat jy saam met iemand wil deur gaan, ens.
5.Lees jou notas, maak aantekeninge en teken jou sketse weer – rofweg – om jou aan die uitleg te herinner. Breinkaarte kan jou help om inligting te herroep wanneer jy hersiening doen. Ek het altyd belangrike aspekte oor geskryf, verlig en rympies met die aanvangsklanke van sleutelterme gemaak
6.Maak ‘n afspraak met ‘n maat en bespreek die inligting wat julle geleer het tot op ‘n spesifieke bladsy. Is daar ‘n som wat moeilikheid gee? Werk saam deur die bewerking. ‘n Mens hoef nie te kuier nie en kan mekaar op WhatsApp, Zoom, Skype, ens. help. ‘n Vinnige geselsie help soms om ‘n struikelblok te oorbrug.
7.As jy iets nie verstaan het nie, gesels met jou opvoeder daaroor – lank voor die toets of eksamen – en wees spesifiek. Bv. Ek verstaan hoe om hierdie deel te doen, maar sukkel met die volgende stap. Maak ek sus of so?
8.As musiek help, speel dit saggies in die agtergrond. Vermy musiek wat jou aandag sal aftrek of gebruik dit as ‘n beloning nadat jy klaar geleer het.
9.Skakel die televisie en selfoon af, sodat jy op die werk kan fokus.
10.Hou genoeg eetgoed en water naby. ‘n Mens wil iets gesonds eet, maar ‘n peuselhappie hier en daar help om die energievlakke te lig terwyl jy leer. Kougom help dikwels.
11.Rek en strek of loop ‘n vinnige draai deur die huis na elke 30 – 45 minute. Hou jou breuke kort en begin so gou en vroegtydig as moontlik met die studietye.
12.Laai jul herlaaibare lampies of beplan vir beurtkrag.

Sien ook: Studietegnieke, Ou Vraestelle
13 April 2023
afrikaans bewegingsbreuke, pouse, speletjies, wikkelbreuk, woemabreuke Lewer kommentaar
Wat kan ‘n mens op reëndae doen om van ‘n bietjie energie ontslae te raak? Wat kan ‘n mens doen om ‘n bietjie te wikkel en om die lyfies gereed te kry vir nuwe werk?
Verf of teken ‘n sensoriese voetpad op ‘n sementstoep, op ‘n los mat of plak plakkers in die gang. Maak nadoenmatte of verf die speletjie op ‘n stoep. Een persoon spring ‘n patroon uit en die maat(s) doen dit na.
Wie gaan die leiertjie wees?
20 Maart 2023
2023 emosies, geluk, happiness 2 Kommentaar

Die 20ste Maart is die VN se Dag van Geluk. Doen dinge wat jou gelukkig maak, bederf jouself (en ander) met ‘n lekker eetding, kyk ‘n gunstelingfliek of speel jou gunstelingliedjie.
7 Maart 2023
afrikaans aarde, earth hour, water, waterdag Lewer kommentaar

Earth Hour en Waterdag is baie na aan mekaar. Wat kan jy doen om water te bespaar? Is daar krane wat drup en geute wat lek? Noem dit aan iemand wat herstelwerk kan doen.
Gebruik Earth Hour om batterye te ruil en onthou om nie ou batterye in die drom te gooi nie. Wat doen julle as die krag af is? Wat kan ‘n mens gereed hou vir ete? Dink aan ‘n paar idees (soos om die gasbottel af te stof vir later) en begin om ‘n houer met speletjies (bv. bord- en kaartspeletjies), flitsligte, boeke, tydskrifte, inkleurboeke en versnapperinge byderhand te hou.
Kan ‘n mens Earth Hour en Waterdag by die skool vier? Natuurlik! Klik gerus op die onderstreepte skakels in hierdie skrywe en op die werksvelle heel onder. Tik ook soekterme soos ”aarde”, ”water”, ”waterwys” en ”besoedeling” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees 🙂

7 Maart 2023
2023 vrou, vroue, vroue dag, vrouedag Lewer kommentaar
Internasionale Vrouedag word op die 8ste Maart gevier. Dit fokus op gelyke behandeling op verskillende vlakke. Wat beteken dit vir jou? Skryf gerus ‘n sin of twee op hierdie velle:
22 Februarie 2023
afrikaans, wiskunde Pi dag, wiskunde, wiskunde dag Lewer kommentaar
Wêreld Wiskunde Dag word in sommige wêrelddele op die 8ste en in ander op die 23ste Maart gevier. Pi Dag, vier ons op die 14de.
Loer gerus hier na verskillende moontlike wiskunde idees en werksvelle om te probeer of te hersien (in geen spesifieke volgorde):
21 Februarie 2023
2023 biblioteek, biblioteekweek, boek, boekdag, Boekedag, sprokiesdag Lewer kommentaar
Die 26ste Februarie is Sprokiesdag. Lees ‘n sprokie of luister na een. Op die 2de Maart, vier ons Wêreld Boekdag. Biblioteekweek duur van die 20ste tot die 26ste Maart. Vanjaar fokus Biblioteekweek op kragtige of ”powerful” stories. Waar kry ‘n mens dit? Dink aan boeke oor kinderhelde of biografieë en spandeer ‘n periode of twee om ‘n goeie boek te lees.
11 Februarie 2023
2023 redenaars Lewer kommentaar
Onthou om vir die koorkompetisie en redenaars in te skryf.
Temas
Graad 1 – 3:
Kleur
Speel
Klein
Graad 4 en 5:
Klank
Luister
Flits
Graad 6 en 7:
Reis
Tradisie
Wedren
Graad 8 en 9:
Kruispad
Angel
Hutsmerk
Graad 10 – 12:
Bemagtig
Inklusief
Ideologie
5 Februarie 2023
2023, afrikaans moedertaal, moedertaaldag Lewer kommentaar

Hoe vier julle Moedertaaldag? Groet gerus jou klasmaats in jou of hul moedertale. Gesels gerus oor die uitspraak van woorde en oefen ‘n bietjie om die woorde korrek uit te spreek. Doen vandag ekstra moeite om boodskappe in volsinne te tik 🙂
28 Januarie 2023
afrikaans medemenslikheidsdag, Random Acts of Kindness Lewer kommentaar
Random Acts of Kindness of Medemenslikheidsdag is om die draai. Eintlik moet elke dag goeie gewoontes vier, maar soms het ‘n mens ‘n spesiale datum nodig om jou daaraan te herinner.
28 Januarie 2023
2023, afrikaans, lees Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, lees, luidleesdag, luisterboeke, luisterstories Lewer kommentaar

Ons vier vanjaar Wêreld Luidleesdag op die 1ste Februarie. Luister gerus na boeke wat deur mense regoor die wêreld voor gelees is. Daar is deesdae heelwat Engelse en Afrikaanse stories op YouTube en toeps (apps) beskikbaar.
Loer gerus na die dokumente wat hier onder gelys is en ook na die lysie skakels wat aan die regterkant (onder die verkorte inhoudsopgawe) beskikbaar is. Lekker lees!
27 Januarie 2023
23 Januarie 2023
afrikaans, skrif skrifdag Lewer kommentaar
Op die 23ste Januarie, kan ‘n mens ekstra spesiale aandag aan fynspier– en skrif oefeninge skenk om Skrifdag te vier. Oefen patrone, drukskrif, lopende skrif en syfers. Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe (aan die regterkant) vir meer skakels in verband met skrif.












14 Januarie 2023
2023, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R DBE, departementele werkboeke, EAT, reënboogboeke, werkboeke 10 Kommentaar
Die departementele werkboeke is beskikbaar. Die boeke is gratis beskikbaar en mag nie verkoop word nie. Indien daar tekorte by skole is, kan ‘n mens dit aflaai en druk. Nie alle graadvlakke het tale of FAL- en EAT-boeke beskikbaar nie. Boeke uit vorige jare is hier beskikbaar. Loer ook hier na punte 15 en 16. Afrikaans Eerste Addisionele Taal boeke (EAT) vir Grade 1 tot 6, is hier heel onder gelys.
Graad R Meer Tale / More Languages
Graad 1 Afrikaans Huistaal Boek 1
Grade 1 English Home Language Book 1
Grade 1 English First Additional Language Book 1
Graad 1 Lewensvaardighede Boek 1
Grade 1 Izakhono zoBomi ngesiXHOSA Book 1
Graad 1 Meer Tale / More Languages
Graad 2 Afrikaans Huistaal Boek 1
Grade 2 English Home Language Book 1
Grade 2 English First Additional Language Book 1
Grade 2 ISIXHOSA ULWIMI LWASEKHAYA Book 1
Graad 2 Lewensvaardighede Boek 1
Grade 2 Izakhono zoBomi ngesiXHOSA Book 1
Grade 2 MATHEMATICS IN XHOSA Book 1
Graad 2 Meer Tale / More Languages
Graad 3 Afrikaans Huistaal Boek 1
Grade 3 English Home Language Book 1
Grade 3 English First Additional Language Book 1
Grade 3 ISIXHOSA HOME LANGUAGE Book 1
Graad 3 Lewensvaardighede Boek 1
Grade 3 Izakhono zoBomi ngesiXHOSA Book 1
Grade 3 MATHEMATICS IN XHOSA Book 1
Graad 3 Meer Tale / More Languages
Graad 4 Afrikaans, English HL, English FAL, Mathematics
Graad 5 Afrikaans, English HL, English FAL, Mathematics
Graad 6 Afrikaans, English HL, English FAL, Mathematics
Ou Graad R – 3 Onderwysersgidse
EAT Graad 1 – 6 Werkboeke 1 en 2 (Zip file – Groot dokument, 314MB)
Antwoorde vir die 2014 Wiskunde Werkboeke
Onderwysgidse vir Graad 2, 3 en 7 – asook alternatiewe werkboeke vir 2016
Graad R – 4 Interaktiewe Werkboeke (Graad R het Afrikaanse boeke by, Graad 1 – 4 Engels en Wiskunde) – Meer boeke (tale) is aan die regterkant gelys. 2014
12 Januarie 2023
2023, afrikaans ATP, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad 4, Graad 5, Graad 6, Graad 7, Graad 8, Graad 9, Graad R, Onderrigplan 9 Kommentaar
Vorige Onderrigplanne (ATPs) – met ‘n paar basislynassesserings
Woorde