Tuis

ATPs/Onderrigplanne 2023

9 Kommentaar


Grondslagfase (Gr. 1 – 3)

Intermediêre Fase

Senior Primêr

FET

Vorige Onderrigplanne (ATPs) – met ‘n paar basislynassesserings

2023

Lewer kommentaar


Druk gerus ‘n gratis 2023-Kalender uit en begin om aan die nuwe jaar te skaaf. Loer gerus na idees om die nuwe skoolboeke oor te trek en druk gratis voorblaaie uit. Kies leë naamkaartjies of voltooi naamkaartjies om boeke, skryfbehoeftes, ensovoorts te merk. Dink aan goedjies wat julle gereed moet hê vir die kleinspan en ook vir jou klaskamer. Beplan stuk-stuk, maar maak seker dat jy genoeg rus in kry voor die nuwe skooljaar begin.

Mag die voorspoed van 2023 jou nooit verveel!

Rekenaarweek

Lewer kommentaar


Fokus hierdie week op prettige gebruike van die rekenaar en hersien alternatiewe metodes om programme te gebruik, bv. diktasie en vertaling. Wat werk en hoe kan ‘n mens elke program of aanvulling optimaal gebruik? Toets ‘n paar nuwe funksies so op die vooraand van die vakansie.

Geniet die ruskans!

Lewer kommentaar


Tik gerus soekterme soos ”somer, Kersfees, syfers, abc uitspraak, abc skryf, stories, liedjies, rympies…gratis, pasella, voorblaaie, klaskamerdekor…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en snuffel deur die hofies bo-aan My Klaskamer. Mag jy ‘n heerlike vakansie hê 🙂

Uniek: Eenders, Anders en Besonders

Lewer kommentaar


Op die derde Desember, vier ons Internasionale Dag vir Mense met Gestremdhede. In my klaskamer vier ons elkeen se unieke vermoëns. Indien ons nie verstaan nie, soek ons nuwe stories en inligting om lig op die onderwerp te werp. Daar verskyn al hoe meer inligting, storieboeke en webinare aanlyn om elke outjie beter te verstaan en om inklusiewe onderwys aan te help. Wat weet jy nie en waaroor wil jy graag meer lees? Is jou skool toeganklik en hoe maak ‘n mens jou klaskamer toeganklik vir elkeen? Hoe is ons eenders? Hoe is ons anders? Hoe is ons elkeen uniek?

Buiten die inligting oor Outisme, Downsindroom, Aandagspan Verskille, Gehoorverlies, Disleksie* (‘n spesifieke lees- en spelprobleem)… op My Klaskamer, kan jy deesdae baie oulike stories aanlyn vind om kinders in te lig. Loer gerus en deel jou gunstelingstories in die kommentare.

*Disleksie (Dyslexia) word elders in die wêreld as ‘n aanvaarbare term gebruik. Elke verskil of unieke vermoë word gevier en die positiewe sy word raak gesien.

Outisme

All my stripes

Uniquely Wired (A Story About Autism and Its Gifts)

Nathan’s Autism Spectrum Superpowers

The girl who thought in pictures

ADHD

Serebrale Gestremdheid

Downsindroom (Eli, Included)

Hannah’s Down Syndrome Superpowers

AAC

Outisme
Downsindroom
Downsindroom
ADHD

Boelieteenkampingsweek

Lewer kommentaar


Boelieteenkampingsweek duur van 14 – 18 November, maar kan voortdurend bespreek of aangespreek word. Loer gerus hier na vorige idees.

Voorspoed!

Lewer kommentaar


Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Onderwysersdag is om die draai. Gebruik gerus die afslagkode hier onder om jouself te bederf 🙂

Sonneblomdag

Lewer kommentaar


Sonneblomdag (die voormalige Bandanadag) word vanjaar op die 16de September gevier. Daar is ‘n aparte Bandanadag op die 28ste Oktober sal wees – ter ondersteuning van kankernavorsing (spesifiek: Leukemie). Loer gerus na vorige jare se idees, deur op die onderstreepte woorde hier bo te klik 🙂

14 Jaar!

Lewer kommentaar


🍎 Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning.  Kom loer gerus weer in ☺️

#myklaskamer

Boekweek en Geletterdheidsdag is hier

Lewer kommentaar


Vanjaar fokus die Internasionale Geletterdheidsdag op die verskillende leer- en leesruimtes. Hoe het leeswerk gedurende die afgelope drie jaar verander? Lees julle steeds slegs fisiese boeke of betrek julle deesdae luisterboeke (ook oudioboeke), elektroniese en digitale boeke? Oefen julle steeds leesvaardighede soos van tevore of het dit gedurende die afgelope 2 tot 3 jaar verander?

Die Suid-Afrikaanse Boekweek duur van die 5de tot die 11de September en gee ons meer geleenthede om boeke, gedigte, lirieke, opskrifte en tydskrifte te lees. Loer gerus na stories op die internet, stal vergete leesreekse uit of lees stories in verskillende tale. Kyk gerus na leesruimtes in jou klaskamer (of by die huis) en pas dit aan om ontspanne leeshoekies te verseker. Betrek groot kussings, ‘n oulike boekmerk en selfs ‘n interessante leeslampies of -flitsligte. Trek volgens boekkarakters aan, dra sokkies met boekprente of klanke daarop en nooi die outjies om ‘n kussing vir ‘n leesmiddag skool toe te bring. Versier julle klasdeur volgens ‘n boekvoorblad, haal ‘n klomp lees- en spelspeletjies uit vir die volgende dae en kyk of julle kleingeld kan spaar vir nuwe storieboeke. Geniet die ekstra lees kanse!

Lente en Boomplantweek is om die draai

Lewer kommentaar


Boomplantweek duur vanjaar van die 29ste Augustus tot die 4de September. Die Kannabasboom (Pompontree) is die algemene Boom van die Jaar en die Swartwattel is die skaarser boomsoort vir 2022. Vind gerus uit hoe hierdie boomsoorte lyk en kyk of daar van hierdie bome in jul omgewing groei. Kan ‘n mens afdrukke (met kryt en papier) van die bas maak? Gebruik dit om julle eie bome te skeur en plak vir ‘n lente collage.

Loer gerus hier na velerlei idees in verband met Lente dag (op die eerste September) en boomplantdag of –week. Watter tradisies volg julle?

Afslag

2 Kommentaar


23 – 27 Augustus

Loer gerus na my winkelrak vir heelwat afslag op verskeie produkte. Koekeloer, kies en druk vandag nog die dokumente uit.

Snuffel gerus ook deur die skakels wat in die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant van My Klaskamer gelys is of tik soekterme soos ”klanke, hersien, flits, sigwoorde, wiskunde huiswerk…ATP, vraestel” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die hofie genaamd ”Drukbare Bladsye” hier bo.

Loer gerus weer in 🙂

Loslitdag

Lewer kommentaar


Loslitdag word op die 2de September gevier en vanjaar kan jy die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper of enige kledingstuk aantrek om ons land te vier.

Leeudag

Lewer kommentaar


Op die 10de Augustus word daar op die bewaring van leeus gefokus. Versier jou klas, sing liedjies, lees stories en besoek dalk sentrums waar leeus bewaar word.

https://www.teachingresources.co.za/vendors/my-klaskamer-juffer-se-winkel/

Vrouedag

Lewer kommentaar


9 Augustus: Gelukkige Vrouedag!

Tweeling

Lewer kommentaar


Elders vier tweelinge ‘n tweelingdag op die derde Augustus en ‘n tweelingfees gedurende die eerste week in Augustus. Loer gerus hier na ‘n paar prettige idees om te probeer.

Kameelperddag

Lewer kommentaar


Op die 21ste Junie fokus ons op die bewaring van kameelperde. Maak kunswerke, maak vingerpoppe, verbind die kolletjies, volg ‘n doolhof, maak ‘n kunswerk of maak ‘n masker.

Kinderbeskermingsweek

Lewer kommentaar


Dra hierdie week ‘n groen lint of groen klere ter bewusmaking van Kinderbeskermingsweek.

Onbaatsugtigheid / Pay it Forward

Lewer kommentaar


Dis een van die dae Onbaatsugtigheidsdag of Pay it Forward Day. Gebruik die 28ste om navorsing oor omgeeprojekte te doen of om idees in te samel wat haalbaar en uitvoerbaar kan wees.

Older Entries Newer Entries