Tuis

groen

2 Kommentaar


 

This slideshow requires JavaScript.

 

Maak kompos vir die skooltuin op die skoolgrond deur die kinders bewus te maak van herwinning.  Plaas twee (of meer) dromme plek-plek op die skoolgrond sodat die kinders met die projek kan help.  Lamineer Drom etikette of verf die dromme om hiermee te help.

  • Hark die herfsblarebymekaar.
  • Maak die skool se geute skoon en gebruik die verrottende slik.
  • Versamel
    • Koffiereste (gebruik)
    • Papier en gebruikte papierprodukte
    • Papierhouers, karton (gebruik/skoon)
    • Oorskietkos (veral skille, stronke, broodkorsies, ens.)
    • Servette

herwinskool1

1 – 8 Junie

1 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Dis eersdaags Kinder Beskermingsweek en dié tyd van die jaar word aan bewusmakingsveldtogte geskenk.

Sien ook noodnommer.

Eet gesond

Lewer kommentaar


16 MeiGesonde eetgewoontes.

 

Graad 1

6 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

“ANA” Jaarlikse Nasionale Assessering

85 Kommentaar


Hiermee skakels na voorbeeldvraestelle vir die ANA/JNA-toetse:

2015 Vertaalde opsies – Graad 4, 5, 6, 7, 8, 9

2012 Vraestelle en Memo’s:

Huistaal:

Graad 1 (2012), Stel 3

Grade 1 (2012, Engels), Stel 3

Graad 2 (2012)

Grade 2 (2012, Engels), Stel 3

Graad 3 (2012), Stel 3

Grade 3 (2012, Engels), Stel 3

Graad 4 (2012)

Grade 4 FAL (2012)

Grade 4 HL (2012)

Grade 5 (2012)

Graad 5 EAT (2012)

Graad 5 (2012)

Grade 5 FAL (2012)

Graad 6 (2012)

Grade 6 (2012)

Graad 9 (2012)

Grade 9 (2012)

Wiskunde:

Graad 1 (2012), Stel 3

Grade 1 (2012)

Graad 2 (2012)

Grade 2 (2012)

Graad 3 (2012)

Grade 3 (2012)

Wat die vraestel mag bevat…

2013 Vraestelle en memo’s

Graad 1 (2013)  Taal en Wiskunde

Grade 1 (2013) HL

Graad 2 (2013)  Taal en Wiskunde

Grade 2 (2013) HL and Maths

Graad 3 (2013) Taal en Wiskunde

Graad 4 (2013) Taal en Wiskunde

Grade 4 (2013) HL and Maths

Graad 5 (2013) Taal en Wiskunde

Graad 5 EAT (2013)

Grade 5 HL (2013) and Maths

Graad 6 (2013) Taal en Wiskunde

Grade 6 HL (2013)

2014 Vraestelle en memo’s

Graad 1 Taal en Wiskunde

Grade 1 HL and Maths

Graad 2 Taal en Wiskunde

Grade 2 HL and Maths

Graad 3 Taal en Wiskunde

Grade 3 HL and Maths

Graad 4 (2014) Taal en Wiskunde

Grade 4 HL and Maths

Graad 5 (2014) Taal en Wiskunde

Grade 5 HL and Maths

Graad 6 (2014) Taal en Wiskunde

Grade 6 HL and Maths

Graad 9 (2014) Taal en Wiskunde

Grade 9 HL and Maths

2015 Riglyne

Graad 1 Afrikaans Huistaal

Graad 1 Wiskunde

Graad 2 Afrikaans Huistaal

Graad 2 Wiskunde

Graad 3 Afrikaans Huistaal

Graad 3 Wiskunde

Graad 4 Afrikaans Huistaal

Graad 4 Wiskunde

Graad 5 Afrikaans Huistaal

Graad 5 Wiskunde

Graad 6 Afrikaans Huistaal

Graad 6 Wiskunde

Graad 7 Afrikaans Huistaal

Graad 7 Wiskunde

Graad 8 Afrikaans Huistaal

Graad 8 Wiskunde

Graad 9 Afrikaans Huistaal

Graad 9 Wiskunde

Handleiding (Engels)

Navorsing

Daar is nog vraestelle in ander tale en grade beskikbaar.  Loer gerus hier en na die skakels aan die regterkant wat met “vraestel” gemerk is.  Indien jy eksamenvraestelle en toetse in gedagte het, loer hier.

beloningskaart

4 Kommentaar


beloningskaart vb

beloningskaart reward chart

Gebruik die beloningskaarte vir take en pligte in en om die huis.  Dit kan ook in die klaskamer of by die nasorgsentrum gebruik word.

Beloningskaarte

Engelse weergawe

Ander toekennings, ens.

moedersdag

Lewer kommentaar


 

Hang gedrukte mamma-vlaggies bo-oor die ontbyttafel.  Die driehoekige vorm behoort maklik geknip te word deur klein handjies.  Druk dit op verskillende kleure papier of verf dit.  (ma vlaggies, moedersdag banier, mom ma vlaggies bunting)

Versteek ‘n verrassings-deurkaart binne-in ‘n kaartjie om aan die badkamerdeur se knop te hang.  Gee dit saam met ‘n klein botteltjie badsout of ‘n lekkerruik sepie.  As mamma dit aan die deurknop hang, mag niemand pla nie 😉

Kopieer en spasieer die deurkaarte van jou keuse op ‘n A4-vel voor jy dit uit druk.

  • Verf dit liggies met ‘n klam kwas en druk effens verdunde voedselkleursel bo-op sodat die kleure in mekaar vloei…
  • of verf dit in die kleur van jou keuse en vee die oortollige nattigheid met ‘n snesie of droë lappie af.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens dit lamineer of op karton plak.  Knip die sirkel uit wanneer die kaartjie droog is.
ma rus blouma rus witma rus geelTik gerus “moeder”, “waardeer” of “valentyn” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir nog geskenk idees.

skenk

Lewer kommentaar


Skenk ‘n boek met ‘n boodskap.

 

 

tracing alphabet rhymes

2 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

alphabet rhymes

a rhyme

b rhyme

c rhyme

d rhyme

e rhyme

f rhyme

g rhyme

h rhyme

i rhyme

j rhyme

k rhyme

l rhyme

m rhyme

n rhyme

o rhyme

p rhyme

q rhyme

r rhyme

s rhyme

t rhyme

u rhyme

v rhyme

w rhyme

x rhyme

y rhyme

z rhyme

Author unknown

verdubbel

2 Kommentaar


verdubbel

Verdubbel items deur “net soveel” meer te maak.  Pak 2 borde en verdubbel dit – 4.  Verdubbel jou skoen – 2.  Verdubbel jou 2 lekkers – 4.  Verdubbeling sal lei tot ewe getalle.  As jou antwoord gelykop tussen twee mense verdeel kan word, het jy dit reg verdubbel.

verdubbel

Verskeie blaaie met verklarende flitskaart.

 

drieklank

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Klik op hierdie dokument om oop te maak (en sien ook die drukbare bladsye vir legkaarte):

drieklank sinne 

[meer dubbel-, twee-, drieklanke]

Legkaart

Omkring of skryf byvoorbeeld die oei, eeu, aai of ooi in kleur.

Nog werk.

oupa- en oumadag

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Oupa- en Oumadag word op die eerste Sondag in Oktober gevier.

  1. Bedien tee in geblomde teekoppies/-stelle (soek in goedkoop winkels of leen).  Bedien regte moerkoffie en voorsien die opsie van vars plaasmelk.  As daar botter bedien word – botter in plaas van margarien.
  2. Verskaf eetgoed op koekborde met doilies.  Indien die outjies self gehelp bak het, gaan die impak soveel groter wees.
  3. Maak handafdrukke van oupa/ouma en die kleinkind saam op ‘n voorskoot of vatlap.  ‘n Lap-inkopiesak kan goed werk.
  4. Druk ‘n foto op aanstrykpapier en stryk dít op ‘n voorskoot of ‘n strooikussingslopie.  As ‘n mens dit tuis doen, kan ‘n mens ‘n hele blokkieskombers of tafeldoek van gesins- of familiefoto’s maak.
  5. Sing liedjies uit oupa/ouma se jeug of stal boeke uit hul jeug uit.  Dalk het die biblioteek voorbeelde wat hulle aan die kinders kan voorlees.
  6. Lei Oupa en Ouma op ‘n skooltoer en neem foto’s om later aan elkeen te stuur (bv. met ‘n magneet agter-op vir die yskas).
  7. Maak oulike raampies om vir oupa/ouma te gee.  Neem foto’s van die kinders met ‘n boodskap daarby (bv. magneetletters op ‘n bordjie/bordkryt op bordjie/Scrabble) en plaas dit in die raam.
  8. ‘n Mens kan ook na afloop van die verrigtinge ‘n braai hou waar die res van die gesinne betrokke is en kan ontspan.  As die dag op ‘n Saterdagoggend gehou word, kan die ouers solank om die braaivure vergader en kampstoele uitpak.
  9. Sing by ‘n tehuis of ‘n aftree-oord.
  10. Reël ‘n “Skype-” of “FaceTime”-afspraak.
  11. Stuur ‘n spesiale boodskap per selfoon – veral as Oupa en Ouma ver is.
Vir nog geskenk idees, tik soekterme soos “waardering, valentynsdag, moedersdag, vadersdag, Kersfees, onderwysersdag…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

mondeling

9 Kommentaar


Lees saam boeke oor die onderwerp en laat die outjie dan ‘n opstel daaroor skryf.  Lees dit saam deur om seker te maak dat dit goeie inligting bied en interessant is.  Die woordeskat moet op die kind se vlak wees en indien ‘n nuwe woord bekend gestel word, kan die outjie dit aan sy maats verduidelik.  ‘n Kwinkslag of twee kan die mondeling interessant hou.

  • Stap vorentoe, kry die bladsye gereed, haal asem, kyk op en glimlag.  Raak kalm.
  • Dink aan ‘n juffrou wat boeke voor lees of iets interessants vertel.  Wissel die stemtoon af en praat harder of sagter om klem op sekere terme of beskrywings te lê.
  • Maak kartonkaarte met kernwoorde,-sinne of -prente daarop.  A5- of A4-grootte behoort goed te werk.  As ‘n mens dit dupliseer in ‘n blaaiboekvorm, kan julle die kaarte met sleutelringetjies bind en blaai tydens die mondeling. Sodoende hang die prent waaroor die outjie praat na die klas se kant om belangstelling te behou en kan hy na sy eie weergawe op die keersy loer as hy verward raak.
  • Indien die onderwyser ‘n groot plakaat wil sien, plak ‘n A2-karton teen die bord en staan langs die prent.  Vir klein lyfies, kan ‘n mens ‘n stok of liniaal gee om na prente of dele van die plakaat te wys.  Maak seker dat die woorde of prente groot genoeg is.
  • Dit is belangrik om die mondeling te ken en op te kyk na die sprekers.  As die outjie benoud is, kan ‘n mens dit aanmoedig dat die outjie bo-oor die koppe kyk.  Oefen dit.
  • Maak seker dat die woorde korrek en duidelik uit gespreek word.
  • Moenie die mondeling aframmel na die einde se kant toe nie.

Indien dit meer soos ‘n redenaarstoespraak is, kan julle hier loer vir idees 😉

nuwe kwartaal

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

  • Pak die tas uit, verstel die bande sodat die tas reg op die rug pas en verseker dat die naamkaartjie duidelik sigbaar is.
  • Gaan deur die inhoud van die tas en besluit saam oor die nut of belangrikheid van elk.
  • Gaan saam deur die week se rooster en buite muurse aktiwiteite en stel ‘n roostertjie saam waarvolgens die tas reeds die vorige aand gepak kan word.
  • Hou ‘n boekrak, mandjie of houer gereed om die onbenutte boeke te hou vir die volgende dag.  As die boeke regop kan staan, blaai ‘n mens makliker daar deur.
  • Hou ‘n eenvoudige stelletjie gereed om die skoene blink te poets.
  • Kyk na die pennesakkie.  Verseker dat die potlode skerp en gemerk is.  Ander benodigdhede sou gom, ‘n uitveër, kleurpotlode of uitdraaikryte, ‘n swart veselpen (ronde punt), ‘n skêr, ‘n liniaal en ‘n goeie skerpmaker kon insluit.
  • Vou een of twee plastieksakke op en bêre dit saam met ‘n goedkoop poncho in ‘n seëlbare sakkie vir die reëndae.
  • Kram ‘n geld-/banksakkie agter-in die huiswerkboek vas en bêre ‘n foonkaart daarin vir noodsituasies.  Plak die gesin se kontaknommers onder die sakkie af langsaan vas.  Naamkaartjie
  • As die skool selfone toelaat, laai genoeg geld daarop en merk die omhulsel deeglik.
  • Hou hierdie kwartaal die huiswerkvelle, opdragte, toetse en take dop vir interessante vraagstellings.  Die eksamens lê om die draai en al die vaslegging gaan beslis help.

Voorspoed aan elke ouer, opvoeder en kind 😉

Paasfees

4 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

  • Druk ‘n groot ovaal, reghoek of sirkel uit soutklei.  Plaas ‘n kruisvormige koekiedrukker in die middel en “pons” ‘n kruis uit die middel.  Strooi ‘n verskeidenheid deursigtige krale in die middel en bak totdat die krale gesmelt het.  Hierdie sonvanger kan in die venster of aan die Kersboom gehang word.  Indien die outjie vooraf ‘n teksvers in die raam wil skryf (gebruik tandestokkies), kan dit ‘n spesiale boodskap oordra.
  • Maak ‘n sonvanger met roomysstokkies en deursigtige plastiek.
  • Maak ‘n eie soutkleistempel deur ‘n ontwerp met mooi knope en proppies saam te stel.  Laat dit droog word, bak en gebruik.  As ‘n mens ‘n kruis-ontwerp gebruik, kan jy die stempel gebruik om inkkruise op soutklei te druk.  Druk die kruis met ‘n koekiedrukker uit en sodra dit droog is, kan ‘n mens ‘n borsspeld agterop plak.
  • Rol soutklei uit, plaas ‘n growwe doilie of lap bo-op en druk die motief in die klei in.  Druk daarna kruise, ovale of sterre met koekiedrukkers uit.  Onthou om ‘n gat in die hoek of kant te pons indien jy die ornament iewers wil hang of as ‘n hangertjie wil gebruik.
  • Hemelvaart:  Verf ‘n papierglasie blou en voeg wit wolkies by.  Pons ‘n gat in die boom en ryg ‘n veter of lint deur.  Plak ‘n teksvers aan die onderpunt van die lint.  Trek die boodskap op na die koppie.
  • Maak ‘n graf– met ‘n groot rots wat die opening oop en toe kan rol.
  • Ryg ‘n boekmerkkruis.
  • Drukbare Paastyd prente
  • Paastyd hersiening
  • Druk Paasfeeswoorde om op die rand van die kennisgewingbord te plak of gebruik dit as boekmerkies.  [Paasfees drukbaar]
  • Vissers van mense:

Inkleurprent, inkleurprent, inkleurprentkruis, Paasfeestake

 

“font”

22 Kommentaar


font

‘n Verskeidenheid “fonts” * (soos hierbo) vir die Verskeidenheid “fonts”. (Cami, ABCPrintArrow)

Om die woorde of letters te “bind”, gaan na FORMAT en dan FONT in jou dokument.  Klik op ADVANCED.  Verstel die SPACING na CONDENSED en skakel die KERNING aan.  Verstel die KERNING se getalwaarde soos nodig. Voeg ‘n “forward slash /” in voor jy letters soos ”s, e…” met ABC Cursive tik om die letter en aanvangstrepie te bind.

Teachers Pet en Teachers Pet Thin**, Mallard, Open Dyslexia, Grade 1 font, ABC, ens. (**Wes-Kaapskrif)

Tik gerus ook soekterme soos “Lopende Skrif, ABC Skryf, Robotkaart, Handspier, Patroon, Syfers” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir skrifwerksvelle.  Loer ook na die onderskeie werksvelle op Teacha.
*Nie al hierdie fonts verbind korrek nie, maar met die “insert shapes”-funksie kan jy soliede of stippellyne invoeg soos nodig.

Epilepsie

4 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

  • Gesels met kollega’s oor ‘n plan van aksie.  Wie kan help?  Wat gaan julle doen?
  • Verseker dat die skool nood-kontakbesonderhede van die ouers het.

noodnommer

 

bewus

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

April is Outisme Spektrum Bewustheidsmaand en die 2de is ‘n spesiale bewustheidsdag.

Loer na die skakels vir Aspergersindroom of Outisme aan die regterkant, asook na die skole op die Verwysingsblad.

Koeverte

Lewer kommentaar


koevertekoevert

Hiermee verskillende koeverte vir boodskappe of rapporte.  Druk dit op koeverte, wit papier of kardoes sakkies van die toepaslike grootte.  Toets eers voordat jy dit in groot maat druk.

  • Druk die kind se naam met Graad 1-skrif op ‘n strook papier en skuif dit binne-in die koevert.  Laat die kind die deurslag met ‘n dik veselpen natrek.
  • Druk die kinders se name groot op die koevert en laat hulle dit met fyn skeur- en plak-werk vul.
  • Teken gesinsprente of ‘n tema van die kwartaal met ‘n veselpen en kleur met uitdraaikryte in.  Los dit so of verf met ‘n effense verdunde voedselkleursellagie.
  • Soek en knip die letters in die naam uit tydskrifopskrifte en plak dit voor op die koevert.
  • Druk ‘n foto van die kind op die koevert.
  • Knip vorms uit verskillende kleure en bou ‘n prent (soos Brainy Blocks se idees).
  • Lamineer die koevert op die rand van die plastiekvel as jy dit vir die hele jaar wil beskerm of gebruik kleefbare plastiek.
  1. Raam DL Koevert
  2. Graad R A4 Koevert 
  3. A4 Graad R
  4. Graad 1 DL Koevert
  5. Graad 1 A4 Koevert
  6. Graad 1 Koevert
  7. Graad 2 DL Koevert
  8. Graad 2 A4 Koevert
  9. Graad 2 Koevert 
  10. Graad 3 A4 Koevert
  11.  2014 A4 Koevert Hart
  12. 2014 Koevert A4 
  13. A4 Koevert 2014
  14. A4 Koevert FDL
  15. A4 Koevert Yum
  16. A4 Koevert
  17. koevertraam
  18. abc 123 A4 Koevert
  19. Vertroulik DL Koevert
  20. Vertroulik 2 DL Koevert
  21. A5 koeverte PAASFEES
  22. A5 Kersfees Koeverte Envelopes
  23. A5 Koevert

Boeke Nag

Lewer kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag.

  • Hou ‘n Gesinsaand.  Nooi gesinne na die biblioteek met die belofte van sagte kussings, koffie, warm sjokolade en malvalekkers.  Hou uitstallings van die skool se nuutste biblioteekboeke en lees vir mekaar.
  • Nooi die ouers om saam na nuwe moontlikhede te kyk en om saam om oulike boeke vir die klas of biblioteek te besluit.  Los kleingeld kan dan aangewend word om boeke names die klas aan te skaf en aan die biblioteek te skenk.  
  • Skryf ‘n klasboek met behulp van die kinders en ouers.  Neem foto’s ter illustrasie en bind die boek.
  • Verf,  versier en organiseer die boekrakke.
Moontlike…

Boekmerkies om te druk:

bookmark night book night bookmark boekmerk nagboeknag boekmerk

Plak in geskenkte boeke:boeknagborg2boeknagborg

boeknagborg3

boeknag

Tik ook soekterme soos boek, biblioteek, lees, boekmerk…by die bruin soekblokkie in vir soortgelyke idees.

Older Entries Newer Entries