17 Januarie 2012
Juffer
afrikaans
appél, arkade, big books, CAPS, DBE, doof, gebare taal, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, guirlande, KABV, kode, kurrikulum, leerplan, moderation tool, patrone, progressie, promosie, reënboogboeke, resource kit, SBA, slaag, slaagvereistes, tema, temas, werkboek, werkboeke

**VOORGESTELDE AANPASSINGS:
Die Lewensoriënteringsgidse (CSE)
Die CAPS-kurrikulum is aanlyn beskikbaar. Jy kan ook die departementele werkboeke vir gesyferdheid en geletterdheid aflaai. Ons het gemerk dat die dokumente ingewikkelde terme rakende skrif gebruik…”arkade” en “guirlande” patrone. Ek verstaan dit as volg:
Garlands/Guirlande is die rondings soos in ‘n “apieswaai patroon”. Dit sinspeel op die “Garlands”, tinselof kersversierings wat ‘n mens kan drapeer. Die Arkade patrone is die hoppies van ‘n “hasiehop” patroon (“arches”).
Die Aangepaste CAPS (leerders met spesifieke/spesiale onderwysbehoeftes) – DCAPS:
- Wiskunde
- Wiskunde
- Wiskunde
- Eng. FAL
- Eng. FAL
- Eng. FAL
- Eng. FAL
- Eng. FAL CAPS
- Creative Arts R – 5
- KABV – Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Tweede Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede… (Intermediêre Fase)
- KABV – Grondslagfase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
- KABV – Intermediêre Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
- KABV – Senior Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
- DBE_Curriculum_Differentiation
- GUIDELINES FOR RESPONDING TO LEARNER DIVERSITY THROUGH CAPS (FINAL)
- SLES_BOOKLET_Apr_2014SLES BOOKLET Apr 2014_3TkbDx
- Differentiated CAPS
Die sewe-punt kodes:

Die 2013 slaagvereistes (Wat is deur?)

- Nasionale Protokol vir Assessering GR R-12 web
- Assessment task guidelines 2018
- Foundation Phase: First Additional Language: School Based Assessment (SBA)
- Foundation Phase: Home Language: School Based Assessment (SBA)
- Foundation Phase: Mathematics: School Based Assessment (SBA)
- Foundation Phase: Life Skills: School Based Assessment (SBA)
- Foundation Phase: Grade R: School Based Assessment (SBA)
- School Based Assessment (SBA) Exemplars: Grade 4 – 12
- MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 1
- MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 2
- MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 3
- SCREENING_FORM_FOR_EARLY_IDENTIFICATION_OF__AT_RISK_LEARNERS
- KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Afrikaans HT
- KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Wiskunde
- KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Mathematics
- KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: English HL
- CAPS ENGLISH FAL GR 1-3 FS
- CAPS AFRIKAANS FAL GR 1-3 FS
- GRADE R REPORT (Voorbeeld van ‘n Graad R-rapport)
- Skoolgereedheidsvraelys
- Grade R Mathematics_TERM_1_
- Graad R_ WISKUNDE_FOKUSLESSE_KW2
- Grade R Home_Language_TERM_3
- Grade R Home_Language Term 4
- Voorbeelde van beplanning – Grondslagfase
- Motoriek Engels TERM_3 MetroEast
- MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 1
- MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 2
- MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 3
- MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 4

- 2020 – Boek 1 (Graad R – 6)
- 2020 – Boek 2 (Graad R – 9)
- 2019 – Boek 1 (Graad R – 9)
- 2019 – Boek 2 (Graad R – 9)
- 2018 – Boek 1 (Graad R – 9)
- 2018 – Boek 2 (Graad R – 9)
- 2017 – Boek 1 (Graad R – 9) Boek 2
- 2016 – Boek 1, Boek 2
- Wiskunde Werkboeke: Antwoorde
- English First Additional Language Grade 1
- English First Additional Language Grade 2
- Maths Resource Grade 1 – 3
- Mathematics Grade 1
- Mathematics Grade 2
- 2013 Werkboek 1
- 2013 Werkboek 2
- 2013 NW Werkboeke Graad 4 – 6 (aan die regterkant)
- Grade R Resource Kit (Big Books, Lesson Plans, Posters)
- Grootboeke, Muurprente, Werkboeke
- Graded Readers/Leesboeke

Nog skakels na werkboeke is aan die regterkant gelys – sien Hulpmiddels.
- Instrument vir die Monitering en Ondersteuning van die Kurrikulum vir Distrikte en Skole Graad 1-6
- Moderation Tools Grade 4-9
5 Julie 2011
Juffer
afrikaans
aa, aai, drieklank, dubbelklank, ee, eeu, ei, eu, FAL, Graad 1, Graad 2, Graad 3, ie, intervensie, klanke, oë, oei, oo, ooi, ou, tweeklank, ui, uu, vakansie

Môre! Vir dié wat graag die dubbel-, twee- en drieklanke wil vaslê of ‘n muurkaart wil maak het ek so ‘n paar voorbeelde geplaas…(loer onder drukbare bladsye)
- Knip elke blok apart uit en plaas dit op ‘n A4-karton sodat julle nog woorde met die klanke daarin kan byvoeg…Steek dit teen ‘n kennisgewingbord vas of liaseer dit in ‘n lêer of selfs ‘n ou skoolboek.
Gebruik die woorde in beskrywende sinne of om dit selfs lekkerder te maak, kan julle ‘n dobbelsteen gooi en daardie aantal woorde aftel om ‘n woord vir die sin te kies. Die dobbelsteen werk goed vir outjies wat regtig nie van sinne hou nie.
- ‘n Ander opsie is om deur ou tydskrifte te blaai en om woorde met hierdie klanke uit te sny. Kies woorde uit opskrifte om op die onderskeie blaaie te plak (natuurlik kan die kleingoed die knip en plak werk doen as jy die bladsy uit geskeur het).
- Kies ‘n woord (bv. met behulp van die dobbelsteen) en kyk hoeveel rymwoorde julle kan vind. Kan julle jul eie rympies vir elke klank maak?
- Druk die dokument genaamd “Tweeklanke woordsoeke” wat ek tydens die Sokker Wêreldbeker opgestel het uit. Gebruik verskillende kleure om die onderskeie woorde te kry.
- Kyk ook na die legkaarte onder “drukbare bladsye” en die verskillende idees of aktiwiteite om volgens kalenderdae te doen.
Lekker speel en lekker leer 😉
28 Maart 2010
Juffer
afrikaans, herwinning, inkleur + aktiwiteite, kinders, klaskamer, ouers, skool
blaar, blare, collage, eekhoring, Graad 1, Graad 2, Graad 3, herfs, inkleur, krimpvark, kuns, seisoen, teken

Dit is eintlik alreeds Herfs en ek het nog niks daaromtrent gesê nie. Dis seker omdat dit nog onlangs 40° C in my klas was! Kom ons dink aan ‘n paar gedagtes om die kleurvolle seisoen in te wy. (Dalk meer op Graad R en 1 gefokus.)
Uitstallings:
As juffrou moeite doen en die uitstalling aanloklik maak, sal die werk sommer ekstra lekker wees om te doen. Gebruik ‘n herfstafeldoek of gebruik groot velle bruinpapier – met herfskleur drukwerk daarop. Plaas houers met blare en sade in afsonderlike houers. Die outjies kan hieraan voel, ruik en skud. Dink net aan al die geluide wat sade en peule kan maak. Gebruik dié natuurlike musiekinstrumente sommer tydens sanglessies.
Collage:
‘n Collage word nie in een dag voltooi nie. Dit bou op. Elke takie wat jy elke dag doen, kan op die ou einde ‘n stukkie van die finale kunswerke wees. Jy kan ‘n klassikale werk maak of individuele prente.
- Berei ‘n groot vel papier voor (las dalk so twee A1-velle ongedrukte koerantpapier vir die klas of ‘n A3-vel vir ‘n individu) deur drie tot vier verskillende mengsels verf dikkerig aan te maak. Dit moet soos “tandepasta” wees en kan in kleure soos ‘n gelerige oranje, rooierige oranje en ‘n roesbruin gemeng word. Moet nooit die poeierverf net so uit die potjie gebruik nie – dis vervelig. Plaas ‘n paar sponsies (sommer dié in pillehouertjies en ou kombuissponsies) by elke kleur neer en laat die outjies die verf op die groot vel “spons”. Verduidelik vir hulle dat die sponsies nie moet drup van die verf nie en amper droog moet wees. Hou maar ‘n ogie oor die takie, want die kleur kan dalk op een kol gekonsentreer wees. Versprei die kleure in ‘n lekker bont “blare bed”.
- Maak ‘n krimpvarkie. Jy sal die sjablone moet verskaf of die buitelyne vooraf moet afrol. Verf die verskillende dele met vingerverf, plak bewegende ogies (soos die plastieksoort wat jy in materiaalwinkels se knope-afdeling kry. Onthou dat die buitelyne dik en donker moet wees om die knippery te vergemaklik. In Graad R kan jy dalk die “pelsies” uit watte laat maak en dit met voedselkleursel kleur. Groen en rooi kleursel behoort bruine te maak – voeg geel by en maak dit ligter met water. Die krimpvarkie sal later op die gesponsde agtergrond verskyn.
- Maak ook ‘n eekhoring. Koop A4-velle bruinpapier (die soort waarmee boeke oorgetrek word) en rol die sjabloon daarop af. Die kleingoed knip die eekhoring uit en rol verskillende skakerings bruin verf met ‘n droërige rollertjie daaroor. Hou stukkies bruin gekleurde pypskoonmakers byderhand vir snorbaarde, ‘n swart knopie of bewegende ogie en selfs regte akkers vir die afronding. ‘n Mens moet altyd aan iets dink wat diepte sal gee aan ‘n collage. Indien jy lus het, kan jy ou stukkies lap (monsters) by ‘n mat- of gordynwinkel vra en die lappies in klein blokkies opsny. Dit sal oulike teksture vir die lyfie gee…of ou snippers hare by ‘n haarsalon (siesa!). Wees kreatief en maak die aktiwiteit prettig..
- Plak nou die diere bo-op die agtergrond en gee ekstra stukkies akkerdoppe of boombas om om die voetjies te strooi. Indien jy lus het, kan julle stukkies gom of alkant-kleefkant sponsstrokies onder die diere plak vir ‘n 3D-effek. Stal die prente in die gang uit – op die kinders se ooghoogte.
- Maak eenvoudige sjablone van eikeblare uit x-strale of dik karton. Sny dit uit. Die kleingoed teken dit af met ‘n vetkryt of ‘n dik potlood. Onthou dat die vorm nie te vol detail moet wees vir die kleinste outjies nie. Elkeen kan oor die getekende lyn gaan met ‘n platpunt veselpen (swart koki). Kleur in met vet, Jumbo pastelle (druk hard…oranjes, rooie, bruine) en gebruik die helder blare in ‘n raam vir jou uitstalborde, vir die klas se deur, die vensterrame, ens.
- Maak herfsblaarbrille. Gee ‘n paar bril sjablone, laat dit aftrek op dik karton, knip uit en versier met herfsblare (wat van wingerdblare?). Julle kan ook die pastelblare hiervoor gebruik of die brilletjies in herfskleure spons. Knip die skrefies of kykgleuwe vir die kleingoed uit.
- Maak herfslanterns. Gebruik ou glasflesse (vra vir Puritybottels by dagmoeders) of goedkoop glase. Smeer styselpap of (my gunsteling) muurpapiergom aan beidekante van lekker bont herfsblare EN aan die binnekant van die skoon glas. Plak die blare aan die binnekant van glas en spasieer die blare sodat dit net een lagie maak. As dit relatief droog is, kan die outjies bo-oor verf met nog gom. Was maar die glas buite-om skoon met ‘n bietjie opwasmiddel en skryf die outjies se name onder-aan die klas. Nou kort hulle net ‘n teeligkersie en siedaar! ‘n Oulike geskenk vir Moedersdag.
- Maak ‘n groot boom. Teken die boom se buitelyne op koerantpapier of selfs ‘n oop gerolde vel bruinpapier. Teken duidelike graslyne. Hierdie is ‘n “ekstra tafel” aktiwiteit… Die outjies kry skakering van blou en witterige verwe om die lug mee te verf…of sê bv. dat elkeen 5 drukke met ‘n sponsie mag maak (tel word ook by gewerk). Die gras-deel kan weer met bruine en oranjes bedruk word of met gom en strooiwerk versier word. Gebruik sommer budjiesaad en droë blare vir die grond. Die boom kan met growwe bas en fyn gedukte (“crushed”) akkerdoppe bestrooi word. Sodra dit droog is, kan jy dit agter ‘n deur of op ‘n fokusarea in die gang opplak. Vir ouer leerders kan jy BITTER versigtig wys hoe om herfsblare met was te preserveer. Smelt kerse, knyp die blaarstingels in ‘n pennetjie was en doop dit in die was – 2 tot drie maal. Hang die blare op om droog te word (dit gebeur gou) en plak die blare op die boom. Die blare is veronderstel om die kleur te behou – met ‘n oulike glans. Dalk kan ‘n mens die draadwerkies vir tuisgemaakte oorbelle koop en sulke blare as oorbelle inspan (vir Moedersdag natuurlik).
- Doen “afvryf” werk. Gee vetkryte, houtskool en conté kryte (as julle het). Die kleingoed gaan soek dan oulike teksture, plaas die papier daarop en “vryf” met die lengte van die kryt daaroor. Growwe boombas en blare met prominente are sal goed werk. Laat hulle die bladsy lekker vol maak en gaan bo-oor met ‘n bietjie verdunde voedselkleursel. Eiergeel kleursel gee ‘n warm effek. Jy kan egter flou rooi en geel mengsels met ‘n spuitjie oor die “vryfwerk” spuit. Klad dit met sneesdoekies, handdoekrol of ou lappe. Wees versigtig, want ‘n nat bladsy kan frommel as jy hard vryf. Hierdie blaaie kan as voorblaaie, agtergronde, versierings, ens. ingespan word…of gebruik dit vir skeur-en-plak werk op ‘n volgende Collage.
- Drukwerk…dink aan verskillende kleure…teksture soos bas, sade, blare (dik are!) en selfs halwe appels. Gebruik dik verf (pastarig), kerswas (ouer kinders…smelt afval stukkies) wat met voedselkleursel gekleur is…kleursel in muurpapiergom gemeng – vir glans…wees kreatief.
- Vir Graad 1’s (en ander outjies wat dalk intervensie en ekstra oefening benodig) kan jy selfs letters / klankies met blare en sade laat bou…of strooi dit bo-oor gomletters…Laat die outjie spelwoorde met gom skryf en gee dan budjiesaad of krummelbare droë blare om te sprinkel. Lekker vaslegging en dit ontwikkel sommer die fynspiere ook!
Ander:
Herfsstorie en werksvelle
Gedigte
Simmetrie
Verskeie
Tel
Takies
Voorskools
Inkleurwerk
Engelse stories
Tik ook soekterme soos somer, winter, lente en weer by die bruin soekblokkie in.

9 Januarie 2010
Juffer
afrikaans, inkleur + aktiwiteite, kinders, skool
agtergrond, Graad 1, Graad 2, Graad 3, inkleur, skool, terug skool toe

Die nuwe skooljaar begin binnekort. Hiermee so ‘n paar inkleurprente en gedagtes vir ouers en die jongspan.
- Kry vandag nog al die skryfbehoeftes, kosblik–items en die uniform gereed.
- Onthou dat die aanvangs van die nuwe skooljaar dikwels gepaard gaan met ‘n bekendstellingsproses. Daar sal moontlik van julle verwag word om foto’s van die gesin of familie skool toe te stuur. Loer solank vir gepaste foto’s…
- Verseker dat jou kleinding julle telefoonnommers en adres ken (agtergrondbladsy vir ‘n klaswerk- of huiswerkboek).
- Indien die skool nie skryfbehoeftes (boeke, oortrekpapier en plastiek) verskaf nie, kan jy solank seker maak dat die benodigdhede gereed lê vir die eerste skoolnaweek (alias “oortrek naweek“). Ek het ‘n paar voorbeelde van basiese voorblaaie onder “drukbares” gestoor. Gebruik dit gerus indien die skool nie voorblaaie verskaf nie.
- Merk vandag nog ALLE skryfbehoeftes en kry die skooltas gereed. Dit is altyd beter om die roetine so ‘n paar dae voor die tyd te begin as om dit op nommer 99 te probeer toepas (persoonlike ervaring het my geleer 😉 )…
Begin solank met die opgewondenheid…
Elizabeth Dulemba het ‘n hele paar oulike inkleurprente wat sy gratis aan die publiek bekend stel en Friends Accross America s’n is net so kreatief. Kaboose se prente het oulike lyne en hier kan jy leer hoe om die letters van die alfabet met jou lyf te vorm (Graad 2 en ouer). Dan is daar ook verskeie skoolgaande diere kinders!
15 Maart 2009
Juffer
afrikaans, kind, kinders, klaskamer, onderwys, skool, wiskunde
aftrekking, deel, Graad 3, maal, minus, optelling, plus, syferkundigheid, vermenigvuldiging, wiskunde
TEL MET BEGRIP
• Tel tot 1004 (NB om te skat!)
• Tel in spronge (veelvoude)
• Tel in groot eenhede (10, 15, 20, 25, 30, 50, 100 – vanaf enige gegewe getal)…tel aan en terug
WERK MET GETALPATRONE
• Verwantskap tussen getalgebiede
10, 20, 30
210, 220, 230
• Oorbrugging van 10e, 100e, 1000e…
• Getalpatrone om + te bevorder:
• 12 + 3, 112 + 3, 212 + 3
• Getalpatrone om gemaklike aftrekking aan te moedig
• Patrone om x uit te bou
LEER KEN DIE GETAL
• Kenmerke van getalle en simbole
• Ontbinding van getalle: Tiendelig en ander
• Brei uit binne 100e (oorbrug 10e en 100e)
POSISIE VAN DIE GETAL
• Volgorde en vergelyking
• Ordening van getalle
DIE VIER HOOFBEWERKINGS
+
• Soos vir Graad 2 met oordrag
• Ronde getalle
• Driesyfer met eensyfer
• Driesyfer met tweesyfer
• Driesyfer met driesyfer
• Verdubbeling
–
• Soos vir Graad 2 met ontbinding
• Ronde getalle
• Eensyfer van driesyfer
• Tweesyfers van driesyfers
• Driesfyers van driesyfers
• Halvering
x
• Soos Graad 2 met oordrag
• Tweesyfer met tweesyfer
• Driesyfer met tweesyfer
÷
• Strategieë
GETALFEITE
• + en – tot 19
• Voorbereidende werk
• Vaslegging van tafelfeite (2x, 10x, 5x, 3x, 4x)
• Patroonwerk
INVRAGING is BELANGRIK…HOEKOM? HOE?
17 Februarie 2009
Juffer
afrikaans, kind, klaskamer, mamma, ouers, pappa, skrif
cursive, Graad 2, Graad 3, kursief, letters, lopende skrif, skrif, vas skryf

Hiermee ‘n voorbeeld van lopende skrif se letterformasies. Lekker oefen!
Sien ook die ABC’s van skryf, patrone, Hand- of vingeroefeninge as deel van ‘n skrifles, stadige skrif en die aspekte van perseptuele ontwikkeling.
CNX se voorbeelde (mag dalk na ‘n ekstra skakel verwys. Klik daarop.):
- Lopende Skrif Spikkelskrif Robotkaarte
- Oefeninge: Cursive Lopend VB (meer)
- Lopende Letters (Druk op wit, A4-papier: Gebruik saam met die muurkaarte, soos die robotkaarte of sommer as verspotte bordlysies.)
- Legkaarte
- a en d
- d skrifstukkie
- m en n
- r, m, n verbindings
- e en verbindings
- l, k en b
- t en f – met hoofletters
- i en t – met patroon
- f en j woorde
- j, g en y
- j, g en y met woorde
- s – met patroon
- h – skrifstukkie
- p – met patroon
- p en b
- o en c
- c – skrifstukkie
- c en x
- x en z
- w met woorde
- v, w, u
- skrifstukkie (rympie)
- skrifstukkie (liriek)
- verbindings
- kleinletters en patrone
- Lopende Skrif flitskaarte om na te trek (Afrikaans/Engels) of as voorbeeld
Begin eers aan die einde van Graad 2…
PS: Lees ook hier oor die waarde en doel van lopende skrif. Nog ‘n stukkie…
19 September 2008
Juffer
afrikaans, education, mamma, onderwys, ouers, pappa, school, skool
geletterdheid, Graad 1, Graad 2, Graad 3, huiswerk, idees, Skakels, spelling, syferkundig, webwerf, wiskunde
Newer Entries
Woorde