Tuis

geld

4 Kommentaar


Iemand het onlangs werksvelle in verband met geld gesoek.

Hoe lyk die geld?

Ouer Munte en nuwer Munte (nuwe R5, ou en nuwe R5)

Omdat die nuwe note nog kraakvars is, is dit redelik skaars in werksvelle.  Loer gerus na die volgende webtuistes en take vir moontlikhede:

  1. Geld (somme)
  2. Munte Toets jou kennis
  3. Geld note
  4. Coins
  5. Math-Aids
  6. Homeschool Math
  7. Practical Pages
  8. Lesidees
  9. geld drukbaar
  10. Toep/App [Laai TinyTap af en speel die Toep/App.]

Regs-klik en “open in a new tab”.

R50 2 r10 r100 r50 r20 r20 2r200
r5 10c 5c  r2  50c 20cr1r52
Screen Shot 2015-04-10 at 16.16.56
Aflaaibaar op die TinyTap toep/app
geld

wiskunde huiswerk

18 Kommentaar


Klik op die onderstreepte woorde of op die prente onderaan die skrywe.

  • Tel elke dag:  As die outjie sukkel met telling – met begrip – tel eers net in ene. Gebruik tellers (soos knope of doppies) en skuif dit weg soos julle aftel. Later skuif ‘n mens twee-twee as jy in tweë tel en drie-drie as jy in drieë tel. Skuif eers vir die kind en laat die outjie dan self skuif as hy/sy genoeg selfvertroue het.  Dis belangrik dat julle nie te ver tel nie – eers net tot by tien, dan 20, dan 30. As julle genoeg in veelvoude en ene vorentoe getel het, kan julle ook terug tel (Kom ons tel terug vanaf 30. Mooi! Kan jy in tweë terug tel?) Prys elke poging en motiveer met ‘n Steers-roomys aan die einde van die week. :wink:

Speel ook speletjies soos Slangetjies en Leertjies.  Dit help die outjie om die volgorde (of posisie) van getalle spelenderwys aan te leer.  Wanneer jy aan- of terugskuif, is dit in werklikheid aantel en terugtel.

  • Bespreek die getal:  Gee ‘n getal in jou kind se getalgebied (bv. 23). Vra nou vrae soos:  Pak vir my 23 krale in die bakkie. Hoe sal jy dit groepeer? (bv. 10, 10 en 3 of 5 en 5 en 5 en 5 en 3…).  Hoe skryf ‘n mens die syfer / getal? Skryf vir my die getalnaam. Tussen watter getalle staan 23 as ek tel? (Tel hardop van 1 af as die outjie sukkel of sleep vlugtig die 100-blok nader.)  Ontbind die getal – skryf die tiene en ene apart: 20 + 3 en dan 20 + 3 = 23! Praat en bespreek voortdurend. Dit help nogal as jy gemaak “onkundig” voorkom (Haai, kyk hoe slim dink jy. Jy het nou ‘n slim manier gekry om die getal op te breek!)  Ontbinding is maklik met flard-/spreikaarte (plaas die regtersye van die kaarte op mekaar om die syfer te vorm en skuif uit mekaar om die tiene en ene apart te sien).  Hoe lyk die getal as ek die honderde, tiene, ene apart teken? Wat is * meer en * minder?
Flardkaarte 1, Flardkaarte 2
  • Kombinasies:  Trek ‘n “hoofletter T” en skryf 23 bo-op die boonste lyn. Skryf bv. 20 aan die linkerkant van die streep en vra vir die outjie wat hy/sy moet by tel om 23 te kry. Sy skryf dan die antwoord regs van die lyn. Skryf verskeie getalle (23 en kleiner) onder mekaar en vra dat die outjie die res van die getal aan die anderkant sal skryf. Hou na die tyd ‘n liniaal onder elke lyn en skryf die somme op ‘n bladsy neer: bv. 15 + 8 = 23, 16 + 7 = 23.  Hierdie webtuiste laat jou toe om jou eie getalle te kies en gee dan verskeie kombinasiesomme om te oefen.
  • Woordprobleme: Nou kan julle die woordprobleem aanpak. Begin aanvanklik slegs met plussomme (antwoorde kan dan toevallig 23 wees).

Jan het 16 sokkies en Johan het 7 sokkies. Hoeveel het hulle altesaam?

Minus bv.: Jana het 23 rekkies gehad. Sy het 4 verloor. Hoeveel rekkies het Jana oor?

  • Halveer:  Neem ‘n vel papier en vou dit in die helfte. Vou oop. Wys novheou dat die een heel papier presies in die helfte gedeel is. Die twee dele is presies ewe groot. Dit beteken dat die kleiner blokkies die helfte van die grootte is.  Deel ook “slab” sjokolade op. Tel dan die blokkies – bv. 12. Werk nou uit hoeveel elkeen sal kry as julle die sjokoladeblokkies tussen net julle twee gaan verdeel. (Een vir jou en een vir my…) Hoeveel kry jy? Hoeveel kry ek? Dis dieselfde hoeveelheid. Die groot sjokolade is presies in die helfte verdeel. Doen hierdie tipe aftellery gereeld. :wink:
GPLMS Revision Programme:
Grade 1 GPLMS
Grade_2_booklet
Grade_3_booklet
Grade_4_booklet
Grade_6_booklet
GPLMS Grade 3 Term 1 2014
GPLMS Grade 3 Term 2 2014 GPLMS-Grade-3-Term-2
GPLMS Grade 3 Term 3 2014
GPLMS Grade 3 Term 4 2014
Tik gerus ook soekterme soos verdubbel, halveer, woordsom, deling, uitdeel, geld, hoe laat is dit, breuke, vorms, syfermaaltafels en bewerking by die “soekblokkie” aan die regterkant in of loer na die lysie skakels onder die hofie “wiskunde” én die drukbare bladsye.  Klik op die prente in hierdie skrywe vir meer beskrywende inligting.
*Konsepte Stories:  

Olimpiese Spele

14 Kommentaar


 

 

Die Olimpiese Spele is om die draai en daar is lekker baie om te beplan.  Hiermee so ‘n paar voorlopige gedagtes…

Die ringe

Vir die kleintjies kan ‘n mens by die embleem begin en aan hulle verduidelik wat die vyf ringe beteken.  Dié kleure is gekies, omdat dit die meeste op wêreldvlae voor kom en die ringe verteenwoordig die vyf hoof kontinente:  Asië, Afrika, Europa, Amerika en Australië.

  • Daar is vyf ringe.  Wie kan tot by vyf tel?  Wie kan in vywe tot by ‘n gegewe getal tel?  Watter vorm is die ringe?
  • Gebruik verf en iets sirkelvormigs (soos plastiekglasies) om die ringe met drukwerk na te boots.  Maak ‘n raam reg rondom die rand van ‘n papier om later vir ‘n uitstalling of kreatiewe skryfwerk te gebruik.
  • Verf papierborde in die onderskeie kleure, knip die middelste deel uit en skakel dit aan mekaar.
  • Versier toiletrolletjies met skeur-en-plakwerk.
  • Draai pypskoonmakers in sirkels en heg die skakels aan mekaar.
  • Bak ringvormige koekies en laat elke outjie sy vyf koekies met helder versiersuiker versier.
  • Gebruik smarties om die verskillende ringe voor te stel.  Kom lifesavers dalk in die kleure voor?

Die fakkel

Die gelukbringers

Toekennings

  • Verander toekennings, beloningskaarte en motiveringsertifikate volgens ‘n olimpiese tema.
  • Maak medaljes uit soutklei en verf dit in goud, brons en silwer.  Elke outjie kan sy eie medaljes maak of dit kan vir goeie gedrag, behulpsaamheid, en dies meer gebruik word.
  • Draai ‘n rolletjie lekkers soos ‘n aflosstokkie toe.  Dit behoort ‘n lekker beloning vir goeie werk te wees.
  • Dink aan verskillende belonings – nie net akademies van aard nie.  Hou dan ‘n klein seremonie om die belonings te oorhandig.  Gebruik bankies van verskillende hoogtes as jy wil.
  • Die simboliek van die wennerspodium kan lekker ingespan word om trappe van vergelyking te verduidelik (vinnig, vinniger, vinnigste).

Buitespel / Liggaamlike oefeninge

  • Maak julle eie ritmiese gimnastiekstokkies.  Kap ‘n metaal ogie aan die een kant van ‘n ronde stokkie (dowel) in, haak ‘n ogie (swivel) daarin en buig toe.  Knoop ‘n lang, breë lint daaraan vas en gee vir die kleingoed om mee te speel.  Onthou om spesifieke reëls daar te stel soos beperkte getalle, afgebakende “dans”-ruimte en veiligheidsmaatreëls.
  • Grawe in die LO-stoor en gebruik al die vergete toerusting.  Is daar dalk iets soos gimnastiekringe wat ‘n mens buite aan die klimraam kan hang?
  • Betrek toerusting soos die groot matte vir bollemakiesie, klein trampoliens, balle (vir gimnastiek) en lae bankies vir balansering.
  • Bied ‘n demonstrasieles aan om vir die outjies meer oor sporte soos Gimnastiek te leer.
  • Gooi balle of boontjiesakke na teikens.
  • Watter ander sportsoorte se vaardighede kan op geskerp word?

Wiskunde

  • Watter vorm is ‘n gimnastiekmat?  ‘n Hokkiebal? Watter vorms kruip op ‘n sokkerbal weg?  Watter vorm is ‘n atletiekbaan?  ‘n Atletiekbaan se is bane ewewydig.  Wat is dit?
  • Watter item is die langste op ‘n atletiekbaan?  Die kortste?  Wat is die verskil in lengte tussen hierdie twee items?
  • Hoe hoog word die hekkies vir mans en vir dames gestel?  Wat is die verskil?
  • Hoeveel atlete kan op ‘n slag wegspring?  Dus hoeveel bane is daar?
  • Hoeveel atlete is in die onderskeie items se spanne (bv. sokker, hokkie, swem)?
  • Hoe lank is ‘n minuut (meet dit af met ‘n “aftel-wekker”) of ‘n uur?
  • Doen somme in verband met tyd.  Bv.  Elana neem 10 minute en 20 sekondes om die wedloop te voltooi en dit neem Jana 12 minute en 20 sekondes.  Wat is die verskil in tyd?
  • Posisie Ordinale Getalle
  • posisie eerste

Geletterdheid

  • Trappe van vergelyking gaan redelik baie voor kom.  Bv. langste afstand, vinnigste tyd, vinniger, hoër..Hou rekord van al hierdie woorde deur dit op die bord aan te bring.  Dit kan in skryfwerk of ‘n taalleerles (Graad 3+) gebruik word.
  • Skryf opstelle uit die oogpunt van ‘n atleet – nie noodwendig ‘n “wen”-verhaal nie, maar oor ervaring (bv. wat jy sien, hoor, voel, ruik…).
  • Engelse begrippe, woordeskat en raaisels (sommige take is ietwat moeiliker).
  • Tydens skriflesse kan die kleintjies die Olimpiese ringe natrek – antikloksgewys.  Dit kan ‘n voorganger wees vir lesse in verband met klanke a, d, g, s, f.

Ander

halveer

21 Kommentaar


 

J en H het onlangs navrae gerig oor die verduideliking van halvering vir ‘n Graad 1-outjie.  Hiermee dan my manier van verduidelik…

Die maklikste manier om halvering te verduidelik is met ‘n paar lekkers (of kamma-lekkers).  Bespreek die term “helfte” – iets word in twee ewe groot stukke verdeelHalveer is net die “doen-woord” en beteken dat jy iets in twee stukke gaan deel.  As ons na somme of getalle kyk, deel jy gewoonlik iets tussen twee mense uit sodat elkeen dieselfde hoeveelheid kry.

Aanvanklik leer die outjies net om ewe getalle te verdeel.  Neem ‘n paar lekkers of tellers en verdeel dit gelykop tussen twee mense.  Volg die speletjie van “een vir jou, een vir my” totdat alles uit gedeel is.  Vra dan vrae soos hoeveel het jy? Hoeveel het ek?  Is dit dieselfde hoeveelheid? Speel met ‘n paar getalle tussen 1 en 10. Verdeel sommer ‘n papier om aan te teken watter getalle verdeel kon word en watter nie.  Alle skole leer nie dieselfde tipe terme vir die outjies aan nie, maar dit sal seker nie te voor op die wa wees om te wys na die ewe getalle en te noem dat hierdie getalle in “ewe veel vir jou en vir my” verdeel kon word nie.  Hulle is EWE getalle en die ander is ONEWE getalle. AS die outjies ‘n “res” moet verdeel, kan die lekkergoed in koekies verander.  Dan verdeel julle dus ‘n onewe getal tussen twee maats (maak sommer ‘n paar stories op) en as een koekie oorbly – deel hulle dit.  As jy 5 verdeel is dit dus 2 en ‘n half (of 2 en ‘n halwe koekie).

Alle wiskunde verduidelikings begin met fisiese of konkrete items, sodat die outjies dit kan skuif en manipuleer (by pak, weg neem, verdeel…).  Later teken hulle prentjies om die konkrete tellers voor te stel en heelwat later werk hulle net met syfers en simbole.  Dit is egter baie voordelig om maar altyd ‘n houer met tellers naby te hê om met die somme te help. Skryf so 3 tot 4 woordprobleme op ‘n bladsy neer en werk dit saam uit…(lees hardop saam in Graad 1)  bv.:

  • Pappa koop 4 stukke droëwors.  Hy verdeel dit gelykop tussen julle twee.  Hoeveel stukke kry elkeen?

Pappa: ___ Johan:  ___

  • Mamma koop 6 weense worsies.  Sy deel dit gelykop tussen julle twee.  Hoeveel worsies kry elkeen?

Mamma:  ___ Johan:  ___

  • Pappa koop ‘n pizza.  Daar is 8 skywe.  Hy deel dit gelykop tussen julle twee.  Hoeveel stukke pizza kry elkeen?

Pappa:  ___ Johan: ___

Laat weet gerus watter metodes vir jou werk…

Halveer

Halveer Semi-Konkreet

Halveer 0 – 10

Halveer dekades

Halveer 0 – 50 

Halveer 40 – 100

Verskeie blaaie met verklarende flitskaart.

vheo

Halvering in die groot getalgebiede:

Bv. 64.  Breek die getal op of trek die flardkaarte nader.  Is dit ‘n ewe of ‘n onewe getal?  Onthou dat ewe getalle op 0, 2, 4, 6 en 8 eindig.  ‘n Ewe getal sal gelykop tussen twee mense verdeel kan word en netjies kan halveer.

Bou die getal (4 op 60 en pas teen die regtersy) en trek dit uitmekaar.  Dit is nou 60 en 4.  Wat is die helfte van 4? 2.  Wat is die helfte van 60?  Hoe kan ek maklik tot by 60 tel?  Gebruik groepies of veelvoude van 10.  Daar is 6 groepies.  Wat is die helfte van 6 groepies? 3 groepies.  3 groepies van 10 maak 30.  Ons het dus ‘n 30 en ‘n 2.  Bou dit met die kaarte – 32.

Halvering met ‘n breuk:

Bv. 25.  Is dit ‘n ewe of ‘n onewe getal?  Onewe.  Trek die flardkaarte nader.  Hoe lyk 25?  Dit bestaan uit ‘n 20 en ‘n 5.  Kan ek 5 blokkies kaas gelykop tussen 2 mense verdeel? Amper.  Elkeen kry 2 en dan is daar 1 oor.  Ons kan daardie blokkie presies in die helfte sny, sodat elkeen ‘n halwe een kan kry.

Die helfte van 20…20 bestaan uit twee tiene.  ‘n Tien vir jou en ‘n tien vir my.  Die helfte van 25 is dus 12 en ‘n half (12 1/2).

Sien ook die stukkie oor deling en breuke.

 

burt books

Lewer kommentaar


Coreen Burt het ‘n splinternuwe webtuiste vir onderwysers en ouers begin.  Sy is ‘n oud-Suid-Afrikaner wat in Engeland woon en is al jare lank ‘n opvoeder.  Sy het verskeie boeke geskryf – wat syferkundigheid en taal in sluit.  Dit bevat baie oulike lesmateriaal en werksvelle.  Dit is ideaal vir outjies wat Engels moet leer skryf, lees en spel.  Gaan loer gerus in.

rots reeks

2 Kommentaar


Die Rots Reeks is ‘n program wat julle tuis kan volg om aandag aan lees en wiskunde te gee.  Besoek gerus hulle webtuiste vir meer inligting.

voor en na

Lewer kommentaar


voornaC het idees gevra om “voor” en “na” vas te lê.  Betrek voorbeelde soos kinders wat in ‘n ry loop.  Nommer 1 is altyd voor en die groter getal altyd agter (1 = eerste).  Dit maak nie saak of die ry na links of regs loop nie – die kleinste getal is altyd voor die groter een.

  • Pak die speelgoed agter mekaar in ‘n ry.  Wie staan voor?  Wie staan voor die beertjie? Wie staan agter die robot?
  • Betrek die honderdblok of ‘n slangetjies en leertjies speletjie.  As jy die speletjie speel, tel jy altyd aan en skuif NA die volgende of groter getal – tensy die slang jou in sluk 😉
  • Knip strokiesprente uit ‘n ou tydskrif (bv. Liewe Heksie).  Lees dit, sny die blokke op en skommel dit.  Vra dat die outjie dit in die korrekte volgorde pak. (Wat het eerste gebeur?  Wat gebeur daarNA, NA dit?…en toe?  Wat het gebeur VOOR… en …?)
  • Trek die almanak nader.  Vra vragies soos “Wat kom na Februarie? Wat kom voor April?”
  • Vee getalle uit ‘n honderdblok en vra die outjie om dit in te vul.  (Sien honderdblok onder die drukbare bladsye)

voor en na (werksvel)

voorna500

posisie eerste

meer en minder

10 Kommentaar


F het gevra hoe ‘n mens wiskundige konsepte soos meer as en minder as aan ‘n Graad 1’tjie kan verduidelik.  Die maklikste is seker met behulp van lekkergoed.  Trek ‘n pakkie Smarties nader vir hierdie een en druk die onderstaande werksvelle uit…

  • Begin eers deur ‘n getalgebied vas te stel.  Bv. Ons somme strek van 1 tot 10.
  • Tel 10 lekkers uit.  Tel hulle van 1 tot 10 en dan van 10 af terug tot by 1.  Vir die laaste deel kan jy die lekkers byvoorbeeld op ‘n bordjie pak.
  • Kyk na die werksvel.  Begin eers met een minder en meer as. Tel 8 lekkers uit.  Wat is 1 minder? (Pak 1 lekker terug op die bordjie.)  7! Goed…en as ons 8 het en ons dit 1 meer maak beteken dit ons moet een meer by sit.  Dit is 9.
  • Gaan deur die getalle en hou die proses telkens dieselfde.  Druk op die prentjie met die min of met die meer lekkergoed – ter herinnering.
  • As die bewoording lol, kan jy drie hopies lekkers uittel.  Bv. 2, 4 en 5.  Gee die 2 aan die kleinding, gee die 4 aan pappa of  ‘n boetie en hou die groepie van 5.  Vra vrae soos “Wie het die meeste?”, “Wie het die minste?”, “Wie het meer as jy?”, “Hoeveel is dit meer as joune?”…Hier kan jy die groepies dan uittel en afpaar…Jy het 1. Jannie het 1. Jy het ‘n 2de lekker. Jannie het ‘n 2de lekker. Jy het niks meer nie, maar Jannie het ‘n 3de en ‘n 4de lekker.  Hy het 2 meer as jy.  Jy het 2 minder.
  • Goedkoop speletjies soos Slangetjies en Leertjies sal ook verdere vaslegging kan aanhelp, want die outjie moet ‘n sekere aantal plekke aanskuif of terug skuif (i.e. meer maak of minder maak).

Dit gaan baie herhaling en konkrete werk verg, maar sodra die outjie die konsep begryp, is daar ‘n vuis vol lekkergoed as beloning! 😉 Baie sterkte!

minder as meer as (werkvel)

meerminder

meermin

 

 

 

 

 

0 tot ‘n 100

2 Kommentaar


‘n Oorsese juffrou het laat weet dat sy baie graag ‘n uitruilprojek met ‘n Suid-Afrikaanse juffrou (-ens) wil reël.  Hulle vier op die 16de Februarie ‘n 100 dae van skool en maak die dag jaarliks spesiaal.  Vanjaar wil sy voorstellings van die getalle tot ‘n 100 voorstel.  Dit behoort ‘n lekker uitdaging vir alle Grondslagfase-outjies te wees.

Die gedagte is dat julle enige getal van 0 tot 100 kies om visueel voor te stel.  Neem soveel vingers, tone, pare hande, pare voete, ore, neuse, doppies, skoene, kosblikke, ens. af.  Kies iets wat julle sommer vinnig kan reël of maak ‘n spesiale gebeurtenis daarvan.  Gesien in die lig dat hulle nie ons land en sy mense ken nie, kan ‘n mens dalk ‘n aantal munte uit pak of Suid-Afrikaanse vlaggies uitstal.  Laat die jaargroep ‘n getal op die sportveld uitbeeld (bv. 42 kinders staan of sit in die vorm van ‘n reuse 42) en neem dit af.

Ons oorsese juffrou-vriendin sou ook graag iets oor seisoene wou doen. Dalk kan die klas ‘n aantal reëndruppels uitknip (fynspier ontwikkeling) en ‘n winter collage maak…sirkels sny om sonne voor te stel (somer)…bloeisel of blomme maak (lente) of oranje, bruin en geel blare (herfs) maak.  Speel lekker met die gedagtes en neem ‘n foto van julle projek.  Merk dit asseblief met die klassie of skool se naam sodat ons daarmee kan spog.

Julle kan die foto’s via Facebook of na my e-pos adres toe stuur (remediering@hotmail.com of die oorsese juffrou: ssoltauheller@gmail.com).

oefen self

55 Kommentaar


Klik op die skakels onder die prente vir nog voorbeelde.

Ek het onlangs hierdie “stilspeletjie” herontdek.  Dit is eenvoudig om op te stel en is ‘n handige huiswerk hulpmiddel – veral as Ma en Pa gou iets anders moet doen.

Ek maak my raamwerk gewoonlik op MS Powerpoint – bloot omdat ek die prentjies makliker kan manipuleer.  Jy kan natuurlik Word of enige ander program gebruik.  Trek ‘n reghoek en gebruik die “lines“-skakels (onder die AutoShapes-gids) om die lyne te manipuleer.  Jy kan jou skeidslyne verander om elke reghoek uniek te maak.  Sodra jy die bladsy vol uniek rame getrek het, kan jy met die text box funksie somme, klanke, woorde en selfs sinne op die kaartjies tik.  Die doel van die unieke skeidslyne is dat jou kind die twee dele bymekaar kan pas en hom- of haarself kan korregeer.  As die rande nie pas nie, staan die foutjie duidelik uit en moet die kleingoed self die regte antwoord soek.

Druk gerus so ‘n paar stelle, knip die reghoekige kaartjies uit, plak breë deursigtige kleeflint bo-oor en knip die skeidslyn deur.  Siedaar! Jou eie stel opvoedkundige speelkaarte.  Die kleeflint kan voor en agter geplak word om die kaartjies te beskerm en behoort vir ‘n kind of twee te hou.  Jy kan die kaartjies byvoorbeeld in klanke op deel:  ‘n bladsy vir a-woorde, ‘n bladsy vir b-woorde, ens.  As jou kleinding die oe-klankie geleer het, kan jy sommer dieselfde aand ‘n stelletjie maak en vir die res van die week die woorde oefen.  Na ‘n dag of twee kan jou kleinding die speletjie onafhanklik aanpak terwyl jy kos maak of jou aandag moet verdeel.

legkaartraam

Self-correcting puzzles

Legkaarte

Afrikaans / Engels

Skriflegkaarte

*Hou die legkaarte heel en gebruik dit as flitskaarte.

Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 3

20 Kommentaar


TEL MET BEGRIP
• Tel tot 1004 (NB om te skat!)
• Tel in spronge (veelvoude)
• Tel in groot eenhede (10, 15, 20, 25, 30, 50, 100 – vanaf enige gegewe getal)…tel aan en terug

WERK MET GETALPATRONE
• Verwantskap tussen getalgebiede
10, 20, 30
210, 220, 230
• Oorbrugging van 10e, 100e, 1000e…
• Getalpatrone om + te bevorder:
• 12 + 3, 112 + 3, 212 + 3
• Getalpatrone om gemaklike aftrekking aan te moedig
• Patrone om x uit te bou

LEER KEN DIE GETAL
• Kenmerke van getalle en simbole
• Ontbinding van getalle: Tiendelig en ander
• Brei uit binne 100e (oorbrug 10e en 100e)

POSISIE VAN DIE GETAL
• Volgorde en vergelyking
• Ordening van getalle

DIE VIER HOOFBEWERKINGS

+

• Soos vir Graad 2 met oordrag
• Ronde getalle
• Driesyfer met eensyfer
• Driesyfer met tweesyfer
• Driesyfer met driesyfer
• Verdubbeling

• Soos vir Graad 2 met ontbinding
• Ronde getalle
• Eensyfer van driesyfer
• Tweesyfers van driesyfers
• Driesfyers van driesyfers
• Halvering
x


• Soos Graad 2 met oordrag
• Tweesyfer met tweesyfer
• Driesyfer met tweesyfer
÷
• Strategieë

GETALFEITE
• + en – tot 19
• Voorbereidende werk
• Vaslegging van tafelfeite (2x, 10x, 5x, 3x, 4x)
• Patroonwerk

INVRAGING is BELANGRIK…HOEKOM?  HOE?

wiskunde

15 Kommentaar


Woensdag is Internasionale Wiskunde Dag. Tel ekstra lekker en doen ekstra interessante wiskunde werkies. Wat van ‘n paar wiskunde of hoofreken uitdagings by die skool of om die koffietafel?

By Superkids kan jy jou eie werkvelle opstel om spesifieke velde te dek (vir jonk en oud).

Dan is daar ook die Math Worksheet Generator waar jy selfs werksvelle oor tyd, meting en honderdblokke kan maak.

Nog werkvelmakers:

Treintjie-, spinnekop- en vlindersomme.

Wiskundige aspekte vir Graad 2

26 Kommentaar


teachrule

 

Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 2

Graad 2

TEL MET BEGRIP

· Aftel in 10e tot 100 (begin met knopies, dan prentjies…)

· Tel in ene tot 104

· Aantel vanaf enige getal (oor dekades)

· Terugtel (ook oor dekades…oor 10, 20, 30…bv. 33, 32, 31, 30, 29)

· Tel in spronge (2e, 3e, 4e, 5e, 10e)

·

WERK MET GETALPATRONE

· Ontdek getalpatrone

1, 2, 3, 4, 5

10, 20, 30, 40, 50

· + en – van 10 (konkreet)

· Ontdek getalpatrone

1 + 2 = 3 10 + 20 = 30

· Verdubbeling van tientalle

1 + 1 = 2 10 + 10 = 20

· Halvering van tientalle

· Tel onewe getal by ‘n onewe getal

· Tel ‘n ewe getal by ‘n onewe getal

· Patrone t.o.v. veelvoude as voorloper vir x en ÷ (herhaalde + en -)

LEER KEN DIE GETAL

· Soos Graad 1

· Kenmerke van die getal

· Tiendelige ontbinding: 13 = 10 + 3

· Ander ontbindings: 13 = 9 + 4

· Getal 10

· Getalle 11 – 20

· Tientalle 10 – 100

· Getalname tot 20, getalsimbole tot minstens 104)

POSISIE VAN DIE GETAL

· Ordening en vergelyking

· Herrangskik ongeordende getalle (van klein na groot, groot na klein)

· Brei getallelyn uit

DIE VIER HOOFBEWERKINGS

· +

· Sonder oordrag (sonder om ‘n tweesyfer of driesyfer antwoord te kry…2 + 7 + 9)

· Ronde getalle (10 + 20)

· Tweesyfer met eensyfer (28 + 1)

· Tweesyfer met tweesyfer (24 + 23)

· Verdubbelings / naby-verdubbelings

14 + 15 = (12 + 12) + 3 = 24 + 3

·

· Sonder ontbinding

· Eensyfer van tweesyfer

· Tweesyfer van tweesyfer

· Halvering / naby-halverings

28 – 17 = (28- 14) – 3 = 14 – 3

· X

· Sonder oordrag

· Eensyfer met eensyfer (tafels)

· Tweesyfer met eensyfer

· ÷

GETALFEITE

· + en – tot 19

· x en ÷

· Voorbereidende werk (5x, 4x, 3x)

· Versnelde aantelling (het 6…8, 10, 12, 14…)

· Herhaalde optelling (4 + 4 + 4 = 12)

· Invoer van x en ÷ simbole (begin gebruik)

· Verdubbeling en halvering

· Mondelinge tafelfeite (2x, 10x) (÷2, ÷10)

Tel in veelvoude Interaktiewe telwerk (tel in veelvoude en vorm ‘n prentjie)

vorms

38 Kommentaar


 

vorms-2013Ek het gemerk dat ouers soms inligting oor vorms soek. Ek het ‘n paar oulike webwerwe ontdek wat oor vorms praat. Ongelukkig is die taakkaarte in Engels en sal ‘n mens maar moet knip, spoeg en plak om jou eie werkvel daaruit te bou.

Die eerste vorms wat ‘n kind gewoonlik leer ken is die driehoek, vierkant en sirkel. Reghoeke, ruite (diamante), vlieërs en harte volg gewoonlik – tesame met die ovaal. Behandel die vorms een-een. Dit is belangrik om die eienskappe van elkeen te noem. Byvoorbeeld:

Twee dimensioneel [vorms pdf]

Sirkel Dit is rond soos ‘n ring. Dit is plat. Dit het geen hoeke nie.  vorms

Vierkant Dit het vier sye of kante. Die sye is ewe lank. Dit het vier hoeke.

Driehoek Dit het drie hoeke en drie sye.

Reghoek Dit het vier hoeke. Twee sye is lank en twee is kort.

Ovaal Dit lyk amper soos ‘n sirkel wat ‘n bietjie teen die kante gedruk is. Dit lyk soos ‘n eier.

Rombus/Ruit (“Diamant” is nie die regte term nie.) Dit het vier sye en vier hoeke, MAAR staan op ‘n hoek…of dit is ‘n vierkant wat skeef staan.

Drie dimensioneel (“vet vorms”)

3 D = soliede vorms

Sfeer Dit is ‘n ronde vorm en lyk soos ‘n bal.

Driehoekige piramide  ‘n Piramide met ‘n driehoek as basis.

Vierhoekige piramide  ‘n Piramide met ‘n vierkantige basis.

Kubus Dit lyk soos ‘n vierkantige blokkie.

Keël Dit lyk soos ‘n roomyshorinkie.

Silinder Dit is soos ‘n blikke – met een of beide ente wat toe is.

Buis Dit is ‘n pyp – met oop ente.

Hoe kan ek by die huis help om die vorms vas te lê?

Gebruik weer die sintuie:

  • Voel om die rand van die vorm.
  • Ry met ‘n speelgoedmotortjie al om die vorm.
  • Gooi verskillende karton vorms in ‘n sak of kussingsloop.  Die kind steek dan sy hand in en haal die regte een uit.  Vra byvoorbeeld:  “Haal asseblief ‘n driehoek uit.”
  • Teken die vorm in sand (met ‘n vinger).
  • Teken die spesifieke vorm met gom en strooi sand, meel, kraletjies… daaroor.  Voel nou bo-oor die droë vorm.  NB:  Dit help nie om die vorms nou weg te steek nie.  Skryf die vorm se naam onder aan en plak dit teen die muur of teen die yskasdeur vas.
  • Knip vorms uit en bou ‘n prentjie soos ‘n huis, stokkielekker, ens.
  • Opdrag:  soek ‘n spesifieke vorm in ‘n tydskrif (bv. sirkel), knip uit en plak op ‘n mini-plakaat (A4).
  • Kyk of jy die vorm met jou lyf kan vorm.
  • Soek items in die huis wat ‘n sirkel, vierkant, driehoek…in het (horlosie, oond, stoofplate…).  Teken die items op ‘n bladsy:  Al die sirkels op ‘n bladsy, al die reghoeke op ‘n bladsy…
  • Tel hoeveel van elke vorm daar is.  Watter vorm kry ons die meeste in die kombuis, badkamer, slaapkamer?  Watter vorm kry ons die minste in die vertrekke?
  • Maak dominoes waar die kind net eenderse vorms bymekaar moet pas.
  • Maak dominoes waar die kaartjie ‘n vorm aan die een kant en ‘n item aan die ander kant het.  Hy moet dus die vorm in ‘n alledaagse voorwerp (‘n driehoekige, halwe toebroodjie, die son, ‘n bal) kan raaksien en die assosiasie maak.
  • Gee ‘n patroonkaart en los vorms.  Die kind moet nou die patroon naboots en pak (rooi driehoek, geel driehoek, blou sirkel, groen sirkel).

vorms

  • Strooi versiersuiker op ‘n skoon skinkbord.  Die kind doop nou sy vinger in ‘n bietjie water en teken die vorm in die suiker (en lek dan die vinger af).
  • Speletjies soos Brainy Blocks en Pattern Play maak gebruik van vorms.
  • Bou prente met Tangramme.
  • Sodra drie dimensionele vorms in die klas behandel word, kan jy items soos tandepastabokkies, roomyshorinkies, rubik cubes en balle begin nader trek en bekyk.
  • As julle in die winkel of in die straat stap – vra sommer so terloops watter vorms die kleinding raak sien.  “Watter vorm is die wiel?  Watter vorm is die padteken?”

Só maak jy…
‘n reghoekige prisma
‘n kubus
‘n piramide

3D-Nette

Nog 3D-nette

*Eksterne les idees

Gaan na “drukbare bladsye” vir enkele werksvelle (vorms-en-verskillende-name).  Kyk graag na die een oor “Posisie” (ordinale getalle) – waar daar ook vorms verskyn.

Vorms video

Screen Shot 2015-03-26 at 16.13.24 Screen Shot 2015-03-30 at 14.41.26

Bennie

Maaltafels

13 Kommentaar


Screen Shot 2015-11-25 at 23.07.16.png

maaltafelsscpuzzlelegkaarte

Die internet is vol webwerwe (Engelses) waar kinders hul maaltafels kan oefen.  Van die maniere waarvolgens dit oorgedra word, is ‘n storie assosiasie, ‘n Grafiek, outomatiese flitskaarte, die drukbare vorm en prentjies. ‘n Vroeë stadium van maaltafels is om in veelvoude te tel.  Dít word ingelei deur normaalweg in ene te tel en om die spesifieke veelvoude harder te sê terwyl die tellers aangeskuif word: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8 Skuif die krale een-een, maar as jy die getal hardop sê vat jy die laaste twee krale saam om te wys dat jy begin om in groepe te tel.  Hoe meer dit gebeur, hoe makliker begin die kind die voorbeeld volg. Gebruik ‘n honderdblok – dit lyk soos ‘n slangetjies en leertjiesbord sonder al die prente en kleure.  Vra dan die kind om elke tweede blokke in te kleur binne ‘n bepaalde getalgebied (bv. 1 tot 20).  Is daar ‘n patroon.  Ja, al die getalle eindig op ‘n 2, 4, 6, 8 of 0.  As ek hierdie getalle tussen my en ‘n maat uit deel, kry ons ewe veel lekkers! Tel (lees) die getalle ritmies terwyl julle aksies doen soos hande klap, knieë tik, ens.  Belewing help baie… Tel weer soos bo (op dieselfde ritme) terwyl jy tellers twee-twee van een posisie of houer na ‘n ander skuif.  Dis goed as ouer en kind elkeen sy eie honderdblok en tellers het, sodat julle albei aktief besig is. ‘n Getallyn is ‘n ander manier om die skuif of aantellery aan te dui.  Gebruik ‘n knoop of Monopoly-skuifstuk en hop na die getalle soos julle tel (Ma se maatband werk baie goed hier). Nou ‘n stappie verder: 2 x 3 = … 2 maal 3 beteken 2 keer 3…of 2 groepies van drie Pak nou krale in 2 groepe van 3.  Tel: 1, 2, 3 en 4, 5, 6 Herhaal die proses en vat dan saam.  “3 en 3 maak 6” 2 keer 3 gee vir ons (maak ‘n gebaar van samevatting of groepering bo-oor die krale)…6 krale. 2 x 3 is dus 6 Op die honderdkaart wat reeds die veelvoude wys, druk ons op die eerste “3” en dan op die volgende “3”.  Waarop druk jy? 6! Ek het gevind dat ‘n verskeidenheid honderblokke – elk ingekleur volgens ‘n afsonderlike veelvoud (2, 3, 5, 10…selfs 4, 6, 7) ‘n goeie visuele hulpmiddel is en ‘n goeie verwysingsbron is – teen die muur. Oefen ook eers die patroon van: 2×1=2 2×2=4 2×3=6 en wys die kind daarop die antwoorde telkens “2 meer” is.  Hou maar eers by ‘n spesifieke veelvoud per lessie en moenie die tafels sommer net meng nie.  ‘n Mens moet darem die bult eers in ‘n laer rat op kruie voordat jy die langpad teen ‘n hoër rat aandurf!

Het iemand nog idees?

maalveelvoud

maaltafels

Afrikaanse Maaltafelliedjies [iTunes, Google Play/Android]

Engelse Maaltafelliedjies [iTunes, Google Play/Android, Amazon]

Tik ook veelvoud by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

Nuttige skakels vir huiswerkhulp

4 Kommentaar


huiswerk

Ekstra werk en idees:

1. Kinderwerf

2. Rotsreeks

3. Onnies Online

4. Pret met Afrikaans

5. Wiskunde hulp

6. Nog wiskunde werkvelle

7. Speltake:  Maak jou eie “word search” of “skommeltakie”

8.  Hoe jy kan help

9.  Voorstelle deur die WKOD (Graad R – 6)

10.  Geletterdheid/Taal riglyne (Graad 3)

11.  Wiskunde/Syferkundigheid/Gesyferdheid (Graad 3)

12.  Huiswerk:  Hoe om te help/beplan

13. Verskeie: Teacha

14. Wiskunde Werkboek (Graad 7)

15. Mental Maths/Wiskunde met Telrympies

Kyk asseblief ook onder die lysie skakels aan die regterkant of tik spesifieke soekterme by die bruin soekblokkie in.

Newer Entries