My Klaskamer word vanjaar 10 jaar oud! Kan jy glo?! 😀
Snuffel gerus deur die vorige inskrywings na velerlei gratis drukbare bladsye, muurkaarte, flitskaarte, kalenders en meer. Voer jou e-pos adres by die E-pos subskripsie-blokkie aan die regterkant in om kennisgewings van nuwe skrywes te ontvang of sluit by my Facebookbladaan. Ek probeer tans om meer van die gratis produkte op die Facebookwinkeltjie en –groep te lys. Loer gerus in 😉
Wanneer die volmaan twee keer in een maand skyn, word die tweede volmaan ‘n Blou Maan genoem. Vanjaar skyn die Blou Maan op die 31ste Januarie én Maart.
Die helder lig is ‘n ideale geleentheid om ‘n skoolfunksie onder die sterre aan te bied. Wat van ‘n Ken Mekaar Skoolbraai, ‘n atletiek aand, ‘n maanlig piekniek of ‘n “colour run”? Dra blou en samel ‘n fooitjie in ten bate van die skool of ‘n ander organisasie.
Loer gerus hier na les idees in verband met die maanen die hemelruim.
Loer gerus na die Facebook foto opsies op jou slimfoon vir verskillende gratis feestydraampies in Afrikaans en Engels. Loer gerus hier vir Kersfees idees om tuis te probeer.
Vandeesweek begin die Rekenaarwetenskappe week elders, maar dit sal ook interessant wees om dit jou eie klas of tuis te probeer. Weet jy wie die rekenaarpioniers was?
The Hour of Code het interessante aktiwiteite wat die outjies spelenderwys leer om programme te skep…Loer gerus hier na oulike toeps, e-boeke (elektronies boeke), Google aanvullings en hulp vir outjies wat alternatiewe hulpmiddels gebruik.
Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is.
hulpmiddels
muurkaart
naamkaart
eerste dag
ken mekaar
boek oortrek
klanke
abc uitspraak
alfabet
sigwoord
dubbelklank
tweeklank
drieklank
klanksamevloeiings
hersien
meervoud
verkleinwoord
leestekens
flits
oefen self
e klink soos i (be-, ge-, ver-…)
f en v
omkering
b en d
woordeinde (-d/-t)
woordsoort
paragrawe
tydsvorm
lees
komponente
rym
rympies
stories
leesreeks
biblioteek
boeke dag
boeke nag
fondsinsameling
liedjies
e-boek
toeps
apps
inklusiewe onderwys
wiskunde huiswerk
woordsom
geld
breuke
voor en na
meer en minder
Hoe laat is dit? (tyd)
vorms
patroon
patrone
handspier
skrif
skryf
lopende skrif
abc skryf
knip
skryf stadig
potloodgreep
ogies
oog
oogsorg
VMI
visuele
ouditiewe
taal ontwikkeling
woordeskat
Graad R
skoolgereed
Graad 1
voorskool
posisie
middellynkruising
links en regs
spiertonus
tuis idees
tuis oefen
speel-speel
Engels
vraestel
studietegniek
JNA / ANA
CAPS
Daar is heelwat tema’s* en ander idees ook beskikbaar. Vra gerus 😉
*Bv. Suid-Afrika, wildtuin, troeteldier, plaasdier, beroepe, dokter, lente, somer, herfs, winter, weer, liggaam, skelet, higiëne, gesonde mond, die see, grond, herwin, water, groen, insekte…Kersfees, Paasfees…
Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) begin vandag. Alhoewel ons voortdurend met die outjies daaroor gesels, kan ‘n mens weer die veiligheidsmaatreëls en aspekte soos noodnommers aanspreek. Loer gerus hier:
Insekte het 6 pote wat in pare verdeel is. Die lyf het ‘n kop, ‘n borsstuk en ‘n agterlyf. Sommige insekte het voelers (antennae), sommige het vlerke, sommige het ‘n angel en ander het ‘n kragtige stel kake. Loer gerus na die bou van die onderskeie insekte.
Watter insekte sien julle dikwels in die klas, by die huis, in die veld of elders?
Wat lok hierdie insekte? Is dit oorskietkos, krummels of suiker (lekkers)? Wat kan julle doen om die insekte op ‘n omgewingsvriendelike manier weg te hou?
Onderwysersdag word wêreldwyd op die 5de Oktober gevier, maar aangesien Suid-Afrika se dag in die skoolvakansie val, kan ‘n mens dit ook op die 9de vier.
Dit is een van die dae Oogsorgmaand. Herinner die outjies aan gesonde eetgewoontes en veiligheid. Tik gerus ook soekterme soos oogsorg of visueleby die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer ook na die Oog- en Fokus oefeningewat help met die egalige beweging van ogies (oor die leesstuk). Watter oogkundiges in jou dorp/area gee gratis oogtoetse aan jong leerders? Stel gerus ‘n lysie op om met die ouers te deel om moontlike probleme uit te skakel.
‘n Mens kan hierdie dae verweef of apart vier. Plant ‘n Blinkblaar-Wag-‘n-Bietjie of bome wat groot skadu’s kan gooi. Plant sonneblomme vir die nuwe seisoen en skenk ‘n ietsie aan die Sonneblomfonds of hou muntleggings vir nuwe storieboeke. Vier groei – die groei van kennis, gesondheid en plante.
Ons vier Afrikaanse Taaldag op die 14de Augustus om die ontstaan of erkenning daarvan in 1875 te vier. Probeer om vandag suiwer Afrikaans te praat. Is daar woorde waarmee jy worstel? Skryf dit neer en wend ‘n poging aan om dit sinvol te gebruik.
Woorde