“Rest is not idleness, and to lie sometimes on the grass under the trees on a summer’s day, listening to the murmur of water, or watching the clouds float across the sky, is by no means a waste of time”
– John Lubbock
“Rest when you’re weary. Refresh and renew yourself, your body, your mind, your spirit. Then get back to work.”
– Ralph Marston
C het idees gevra om “voor” en “na” vas te lê. Betrek voorbeelde soos kinders wat in ‘n ry loop. Nommer 1 is altyd voor en die groter getal altyd agter (1 = eerste). Dit maak nie saak of die ry na links of regs loop nie – die kleinste getal is altyd voor die groter een.
Pak die speelgoed agter mekaar in ‘n ry. Wie staan voor? Wie staan voor die beertjie? Wie staan agter die robot?
Betrek die honderdblok of ‘n slangetjies en leertjies speletjie. As jy die speletjie speel, tel jy altyd aan en skuif NA die volgende of groter getal – tensy die slang jou in sluk 😉
Knip strokiesprente uit ‘n ou tydskrif (bv. Liewe Heksie). Lees dit, sny die blokke op en skommel dit. Vra dat die outjie dit in die korrekte volgorde pak. (Wat het eerste gebeur? Wat gebeur daarNA, NA dit?…en toe? Wat het gebeur VOOR… en …?)
Trek die almanak nader. Vra vragies soos “Wat kom na Februarie? Wat kom voor April?”
Kinderwerf is ‘n webwerf wat fokus op taalontwikkeling by kleingoed en is reeds welbekend vir hul oulike pakkette om klanke en lees bekend te stel. Die program verskaf elke maand ‘n pakket aan hul lede – wat opvoedkundige aspekte aanspreek. Kinderwerf het nou ook ‘n Engelse program ontwikkel om lewensvaardigheidslesse aan te vul en om die aanleer van phonics te ondersteun. Die programme is ideaal om die aanleer van ‘n huistaal én ‘n tweede taal te ondersteun. Gaan loer gerus by die Clever Kids Club in vir verdere inligting.
Bene: Druk die bene uit en skryf sigwoorde of klanke daarop. Gebruik dit as flitskaarte of vir speletjies soos ‘n geheuespel of “snap”. Jy kan selfs somme daarop skryf en die antwoorde agterop skryf, sodat die kleingoed hulself kan toets.
Bak-en-brou: Maak heilsame hondebeskuitjies vir die DBV.
Maak ‘n katkaartjie. Dit hoef nie op swart papier gedoen te word nie. Gebruik ‘n papboks en pastelle of vetkryt met voedselkleursel (eiergeel werk goed).
Deurkaartjie: Maak ‘n papierkat om aan die deur se handvatsel te hang of versier ‘n houertjie vir katkos.
Sny katstensils uit, trek dit af op ‘n ou x-straalplaat, knip uit en gebruik vir
spuitverfwerk,
spat verf met ‘n tandeborsel daaroor,
doen patroonwerk op ‘n vel papier (in helder kleure) en plak ‘n kat uit swart of bruin papier daarop.
Sny die buitelyne van ‘n vis op karton (of ‘n x-straalplaat stensil) uit. Maak twee identiese visse. Pons dan gate rondom die buiterand en ryg wol of tou daardeur. Teken patrone met vet- of uitdraaikryte op die visse (soos skubbe) en verf met voedselkleursel. Gebruik sommer verskillende blerste kleursel. Sodra die vis droog is kan jy dit met ou koerant of watte op stop. Hang dit naby ‘n venster sodat die vissie in die lug kan swem. Maak ‘n hele akwarium van die plafon.
Knip ook ‘n paar vissies uit en hang hulle aan ‘n vislyn op (in ‘n ry). Skryf dan sommer getalle, veelvoude, ens. daarop sodat die outjies die huidige relevante werk kan oefen.
Voëls:
Maak ‘n houer vir ‘n saadbederfie. Afhangende van die ouderdomsgroep, kan dit met skeur-en-plak werk of gom en blinkertjies versier word.
Sny voëls uit eenkleurige of “scrap book” papier en hang aan droë, skoon takkies.
Gebruik vilt of velt om kleurvolle voëltjies te maak. Gebruik dit later op die voorkante van Moedersdagkaartjies.
Hou ‘n troeteldierdag: Elkeen kan ‘n troeteldier – indien moontlik – of ‘n foto van ‘n troeteldier bring. Laat die outjies dan dinge oor die diere vertel (mondeling / “show and tell”).
Gebruik gesigverf en maak die gesigte soos honde, katte, ens. op. Dit behoort ‘n groot lekkerte te wees tydens fantasiespel (kleintjies).
Besoek ‘n troeteldierwinkel. Gaan vooraf na die winkel toe en kyk na die verskeidenheid diere sodat jy takies en vragies daaroor kan opstel. (Bv. Watter diere word in die winkel verkoop? Teken jou gunstelingvis…)
Maak rye voëls, katte en honde onderskeidelik. Vra dan vragies soos Hoeveel bene het 2 voëls? Hoeveel katte het ‘n bont pels? Hoeveel katte kyk na links? Hoeveel honde kyk na regs? Hoeveel honde staan? lê? Hoeveel ore het vier honde? Hoeveel diere is hier altesaam?
Betrek die gepaste woordeskat vir die onderskeie diere: kieue, vinne, werpsel, snor, blaf, miaau, spin, grom, poot…Wat beteken troeteldier? (Gebruik ‘n eenvoudige, groot skets ter toeligting – soos ‘n wetenskapprent.)
Kyk na die tuistes, gewoontes en versorging van die diere. Bv. die voël woon in ‘n hok of ‘n kou, die hond in ‘n hok en die vis in ‘n visbak of akwarium. Waar beweeg die diere? (land, lug, water) Hoe beweeg die diere? (swem, kruip, loop, hardloop, bekruip, vlieg, fladder…) Hoe eet die diere? (pik, sluk, skeur, byt, kou)
Onthou altyd om lekker kleurryke muur- of tema-plakate te maak en om konkrete items uit te stal. Die plakate kan op A4-karton gemaak word om later in jou lêer te pas. Gebruik die diere waaroor julle gaan praat en stal van elkeen se items (gegroepeer) uit.
Vandag is Menseregtedag. Dit is dikwels moeilik om dit aan jong kinders te verduidelik. Daarom sou ek eerder wou fokus op die medemenslikheids-aspek en op ‘n positiewe ingesteldheid teenoor ander.
Kyk na goeie gesindhede soos om om te gee, om behulpsaam te wees en om ‘n positiewe bydrae tot die samelewing te maak. Die regte tot ‘n beter lewe is immers nie net ‘n geval van “neem” nie, maar ook een van verantwoordelikhede.
Doen ‘n bietjie boek opvoeding, spreek die versorging van boeke aan en kyk na aspekte soos die “regte en verantwoordelikhede” van ‘n leser. Noem aspekte soos die Dewey-stelsel en verduidelik aan die outjies dat die boeke in afsonderlike groepe gepak word om navorsing te vergemaklik. Dalk kan die outjies in groepe verdeel en kaartjies maak om die verskillende Dewey-afdelings aan te dui. Dit kan ‘n lekker kleurvolle muur-collage word. Gebruik sommer swart veselpenne (koki’s), pastelle en helderkleurige voedselkleursel om die vaal syfers op te kikker.
Maak ook boekmerkies met die Dewey-stelsel daarop en versier dit met oulike inkleurprentjies. Dit kan sommer saam geneem word biblioteek toe en help met die kies van boeke.
Story Scarves is die naweek in die Kaap. Indien jy ou lappe of gare het en lus het vir ‘n inspirerende, kreatiewe dag kan jy vir Stacey kontak by info@storyscarves.org.
F het gevra hoe ‘n mens wiskundige konsepte soos meer as en minder as aan ‘n Graad 1’tjie kan verduidelik. Die maklikste is seker met behulp van lekkergoed. Trek ‘n pakkie Smarties nader vir hierdie een en druk die onderstaande werksvelle uit…
Begin eers deur ‘n getalgebied vas te stel. Bv. Ons somme strek van 1 tot 10.
Tel 10 lekkers uit. Tel hulle van 1 tot 10 en dan van 10 af terug tot by 1. Vir die laaste deel kan jy die lekkers byvoorbeeld op ‘n bordjie pak.
Kyk na die werksvel. Begin eers met een minder en meer as. Tel 8 lekkers uit. Wat is 1 minder? (Pak 1 lekker terug op die bordjie.) 7! Goed…en as ons 8 het en ons dit 1 meer maak beteken dit ons moet een meer by sit. Dit is 9.
Gaan deur die getalle en hou die proses telkens dieselfde. Druk op die prentjie met die min of met die meer lekkergoed – ter herinnering.
As die bewoording lol, kan jy drie hopies lekkers uittel. Bv. 2, 4 en 5. Gee die 2 aan die kleinding, gee die 4 aan pappa of ‘n boetie en hou die groepie van 5. Vra vrae soos “Wie het die meeste?”, “Wie het die minste?”, “Wie het meer as jy?”, “Hoeveel is dit meer as joune?”…Hier kan jy die groepies dan uittel en afpaar…Jy het 1. Jannie het 1. Jy het ‘n 2de lekker. Jannie het ‘n 2de lekker. Jy het niks meer nie, maar Jannie het ‘n 3de en ‘n 4de lekker. Hy het 2 meer as jy. Jy het 2 minder.
Goedkoop speletjies soos Slangetjies en Leertjies sal ook verdere vaslegging kan aanhelp, want die outjie moet ‘n sekere aantal plekke aanskuif of terug skuif (i.e. meer maak of minder maak).
Dit gaan baie herhaling en konkrete werk verg, maar sodra die outjie die konsep begryp, is daar ‘n vuis vol lekkergoed as beloning! 😉 Baie sterkte!
Op die 26ste Maart, om 20:30, sal die wêreld weer hul ligte afskakel vir Earth Hour.
Maak lanterns uit ou plastiekbottels, hou ‘n kersligete op die voorstoep of speel al die bordspeletjies wat iewers in ‘n kas vergete geraak het.
Skakel die huis se krag summier vir ‘n uur lank af en gebruik dié stiltetyd om kreatiewe kunswerke uit herwonne materiaal te maak.
Maak kershouers of -staandertjies met ‘n boodskappie vir ouma of tannie. Gebruik ou teekoppies hiervoor of as jy dit tydens die earth hour wil maak, kan jy selfs ‘n vrug soos ‘n appel gebruik. Indien jy nog van die Kerstyd se sneeu sproei oor het, kan jy enige glas flessie in ‘n indrukwekkende kunswerk omskep.
Vir die skool kan ‘n mens dalk ‘n rol swartsakke ooprol en gate daarin maak om ‘n woord of slagspreek uit te stip. Maak ‘n prominente ruit heeltemal donker met nog swart sakke en skakel byvoorbeeld ‘n blou gloeilamp (of flitsende kersligte) aan sodat die bewoording aandag kan trek.
Gaan loer gerus na ‘n paar les-idees vir hierdie spesiale dag. Intussen kan julle met meer raakvat aksies begin soos om die klas se afvalpapier te herwin, herwinningsdromme op die skoolgronde aan te bring en om goeie gewoontes by die kleingoed te kweek.
Iemand (E 😉 ) het onlangs gevra hoe ‘n mens die i en u klanke kan vas lê. Dalk kan ander mammas ook hierdie idees nuttig vind…(Gemik op Graad 1-vlak.)
In die meeste gevalle hanteer ons die klanke wat verwar word apart van mekaar. “i” en “u” veroorsaak verwarring omdat beide klinkers is en dus net “uit die keel uit spring”. Ek verduidelik vir die kleintjies dat i ‘n skraal outjie is wat liggies gesê word (sê dus i in ‘n hoë stem). Die u lyk sommer moeg soos ‘n ou wat baie hard gewerk het. Hy laat my dink aan iemand wat sommer so ‘n diep duik op ‘n bank maak as hy lê. Hy sug en lê op sy rug.
Spandeer so tien minute aan die i en u afsonderlik. Gee vir die outjie die buitelyne van ‘n i en vra dat hy dit met wit papiertjies moet skeur en plak. (Daar is mos ‘n i in wit.) Hy moet dan prente rondom die klankie teken wat met ‘n i begin of waarin ‘n mens i kan hoor (in ‘n houer, ink, vis, bid, sit). ‘n Mens kry nie sommer ‘n i alleen aan die einde van ‘n woord nie (uitsonderings sluit “ski” in).
As julle die u moet inkleur kan julle ‘n donkerige kleur gebruik. As julle donker vingerverf het kan julle met ‘n vinger vol verf die u (in die skryfrigting) begin bedruk. Met elke druk kan julle “u” lekker diep sê. ‘n Mens voel maar lekker laf met hierdie dinge, maar hoe meer dramaties ‘n mens raak hoe makliker onthou die outjies dit. u is nooit alleen aan die begin van ‘n woord nie en klink ook nie soos ‘n u aan die einde van ‘n woord nie (eers later sal hulle aan woorde soos slu bloot gestel word). Dit staan meestal in die middel rond (rug, brug, sug, druk)
As julle prente uitknip en plak kan jy die i of u woord daarby skryf. Maak ook ‘n kolletjie weergawe sodat die outjie dit kan natrek. As jy die i woorde behandel kan jy flitskaarte maak en prentjies by teken om dit te illustreer (in, ink…)…Doen dieselfde met die u woorde. Julle kan dit afsonderlik flits, later ‘n tweede stel maak om snap te speel of om ‘n memory game te speel. Indien die outjie ander sigwoorde ken, kan julle sinne met die flitskaarte maak. Kyk na senteacher.org se literacy printables om ‘n basiese uitleg vir flitskaarte te kry. Jy tik die woorde, kies ‘n letterformaat en druk.
Ek hoop die idees kan dalk vir julle ook help. Kyk ook na hierdie skakels:
Johlene het gevra vir ‘n paar gedagtes oor higiëne. Hiermee dan so ‘n paar idees…(vir voorskoolse kleintjies)
Wat daarvan as julle waslappies met patroonwerk bedruk? Sny ‘n handdoek in blokke op, stik om en bedruk met lapverf. Gee vir die outjies verskillende proppe, doppies en koekiedrukkers om die drukwerk mee te doen. As jy ‘n spesifieke patroon in gedagte het kan jy dit op ‘n papier druk en vra dat hulle dit moet probeer nadruk. As die lappies droog is kan jy dit in ‘n tuimeldroeër uitdroog. Dit is ‘n lekker funksionele “kunswerk” wat hopelik baie gebruik sal word 😆
Doen fynspier of handspier oefeninge deur malvalekkers met skoon skêrre te sny. Probeer ook iets soos malvalekker-glimlagte of
‘n tand-halssnoer uit harde klei…Die klei is gewoonlik beskikbaar by kunswinkels en is meestal verkrygbaar in helder kleure. Jy moet dit behoorlik knie en bewerk om sag te kry, maar as dit sag is kan jy iets soos tande daarmee vorm. Druk ‘n stokkie deur die tand om ‘n gat te vorm en ryg ‘n riempie daardeur as die tand verhard het. Om die tand wit te maak kan jy wit verf gebruik. Indien iemand ‘n pottebakster ken, kan die tande selfs van pottebakkersklei gemaak word. Soutklei werk ook perfek.
Verduidelik die redes waarom ‘n mens jou hande moet was.
Maak ‘n gogga- of kiemmonster: Gooi ‘n paar druppels voedselkleursel by seepwater (skottelgoed wasmiddel werk lekker). Laat die outjies dit met ‘n strooitjie blaas dat die borrels staan. Sodra die borrels lekker oor die rand peul, kan jy die strooitjie verwyder en liggies met ‘n vel papier daarop druk om die borrelpatrone “vas te vang”. Gebruik verskillende glasies met verskillende kleure om ‘n reënboog vel te maak. Gooi nou lekker tandepasta-dik blertse verf in ‘n plat bak. Laat die outjie sy hand daarin druk en uit haal. Druk dit op ‘n vel papier en as dit droog is kan julle dit uitknip en op die borrelpapier plak. Teken ‘n bang of angsbevange gesig op die monster se gesig. Die idee is dat monsters bang is vir seep.
Iemand het my daarop gewys dat hy “glitter” (of blinkertjies) op ‘n tafel sprinkel en los om te kyk hoe dit deur die dag versprei. Dit verteenwoordig die verspreiding van kieme. Dít is nogal ‘n blink idee 😉
Vou ‘n bladsy in die helfte en teken kinders met veselpenne (permanente koki’s) op beide helftes. Kleur hulle in met pastelle, sodat die blinkertjies maklik sal kleef of spuit haarsproei oor die hele bladsy. Sprinkel ‘n “knippie” blinkertjies op een gesiggie. Hou die bladsy effens gevou en hou ‘n strooitjie baie na aan die mond en blaas die blinkertjies rond. Gebruik twee of drie kleure blinkertjies.
Pons ‘n gat in een gesiggie se mond om ‘n hoesie voor te stel. Vou die prent liggies toe. Druk ‘n spuitbotteltjie (soos keelseermedisyne s’n) van agter in die gat en spuit twee of drie spuite flou voedselkleursel (eiergeel of groen) deur die gat. Toets dit net eers om tussen die opsies te kies.
‘n Oorsese juffrou het laat weet dat sy baie graag ‘n uitruilprojek met ‘n Suid-Afrikaanse juffrou (-ens) wil reël. Hulle vier op die 16de Februarie ‘n 100 dae van skool en maak die dag jaarliks spesiaal. Vanjaar wil sy voorstellings van die getalle tot ‘n 100 voorstel. Dit behoort ‘n lekker uitdaging vir alle Grondslagfase-outjies te wees.
Die gedagte is dat julle enige getal van 0 tot 100 kies om visueel voor te stel. Neem soveel vingers, tone, pare hande, pare voete, ore, neuse, doppies, skoene, kosblikke, ens. af. Kies iets wat julle sommer vinnig kan reël of maak ‘n spesiale gebeurtenis daarvan. Gesien in die lig dat hulle nie ons land en sy mense ken nie, kan ‘n mens dalk ‘n aantal munte uit pak of Suid-Afrikaanse vlaggies uitstal. Laat die jaargroep ‘n getal op die sportveld uitbeeld (bv. 42 kinders staan of sit in die vorm van ‘n reuse 42) en neem dit af.
Ons oorsese juffrou-vriendin sou ook graag iets oor seisoene wou doen. Dalk kan die klas ‘n aantal reëndruppels uitknip (fynspier ontwikkeling) en ‘n winter collage maak…sirkels sny om sonne voor te stel (somer)…bloeisel of blomme maak (lente) of oranje, bruin en geel blare (herfs) maak. Speel lekker met die gedagtes en neem ‘n foto van julle projek. Merk dit asseblief met die klassie of skool se naam sodat ons daarmee kan spog.
Julle kan die foto’s via Facebook of na my e-pos adres toe stuur (remediering@hotmail.com of die oorsese juffrou: ssoltauheller@gmail.com).
It is summer in South Africa and we are halfway through the first month of the warm season. We experience summer in different ways, but two stand out. The areas to the north (Gauteng) receive a lot of rain during summer, whereas the Western Cape experiences warm, sunny days.
Herewith a couple of ideas to celebrate summer…
Make sun masks by painting a paper plate bright yellow. Add rays to the edge of the plate in various shades of orange and yellow. Always mix your powder paint until it has a thick, creamy consistency. When the plate is dry, you could add a handle and a face. Cut the eyes out and there you have a mask. If you don’t want to cut the eyes out, you could paint both sides and use the sun as a fan.
Make summer sandals: Buy cheap rubber sandals and bright beads or buttons. Stick these beads or buttons in a pattern (explain what a pattern is) and there you have your own designer shoes! You don’t always need to buy your craft material. If you’ve had a birthday party, you could tie burst balloons around the straps. What about all those ribbons that were used on the Christmas wrappings?
Those who live closer to the beach or who have collected shells during their holidays, can make ornaments or wreaths. Paint or spray the wreath in one colour (such as white). Use a lovely ribbon to hang it on your bedroom door.
Have a pirate party at the beach…and make a huge mural afterwards. Divide the class into groups to paint the background and to make the buckets (tear and paste) and spades. You could go as far as to sprinkle sand onto the beach area and to add cotton wool clouds to the sky.
Make a sea mural: Prepare large sheets of news or computer paper for the back drop by using different shades of blue (watery) paint. Give the children sponges with big holes to dry sponge the sheets. Make sure that the sponges are relatively dry and that they press lightly (more like a dab).
Add fish by having the children paint the soles of their feet in different colours. Step on a piece of paper, cut the dried prints out, add eyes and fins and there you have some fish. You could add starch or wall paper glue to the paint and have the children “draw” patterns in the wet paint before stepping on the paper. This should give the impression of scales….
Make jelly fish from old sponges and string (wool) to add to the sea…
Use broken sea and egg shells to sprinkle on the sea bottom. If you’d like, you could divide these onto several containers filled with food colouring. Dry the shells on sheets of news paper before sprinkling it on the sea bottom.
You could use the sea mural idea to make a summer mural on fabric – using fabric paint.
Paint flower pots for the windowsill. Choose a theme, picture, pattern or poem to decorate the pots with.
Have a baking day. Bake cupcakes and design summer collars for them. This should make a lovely and personal gift for someone special.
You could even make sunglasses from these muffin collars by sticking them onto party masks.
Make your own beach-in-a-box. Add glue to bottom of a small box (such as a shoe box), pour clean sand inside and shake it about to have the sand kling to the glue. Add a cocktail umbrella and towel fabric rectangles. This should keep the kids busy for a while…
Die skooljaar het al plek-plek begin en dit raak nou tyd vir boeke oortrek. In baie skole is daar spesifieke voorskrifte. As die skool dit toelaat, kan julle die volgende ontwerpe probeer…(Weereens voeg ek ‘n paar “groen” idees by om die beursies te laat asem haal.)
Die boeke:
1. Grawe in die motorhuis vir ou verf om hardebandboeke te verf. Plaas die boek oop – met die swart buiteblaaie na bo – bo-op ‘n ou koerant. Skuif ‘n koerantvel tussen die blaaie en die buiteblad in om die bladsye te beskerm. Gebruik lang hale van bo na onder en maak seker dat die verf nie tranerig voorkom nie. Jy kan verskillende kleure gebruik of sommer net een kleur. Sodra die boek droog is, kan jy dit met plastiek oor trek of met ‘n kleurlose vernis verf. Plastiek* bly egter ‘n wenner om die kleur skoon te hou en om te verseker dat die verf nie afskilfer nie. Akrielverf werk ook baie goed. (*Belê in duursame, dik oorglipplastiek wat jy in die toekoms kan hergebruik.)
2. Gebruik bruinpapier (of die gekleurde tipe) om boeke oor te trek – growwe kant na bo. Kies helder verf of kleure wat die outjie aan iets soos ‘n vakansie by die see (helder blou) sal herinner. As dit ‘n groot boek is (A4), kan Ma of Pa se hand geverf word. Druk ‘n handafdruk in die middel van die voorblad en een op die agterblad. Vir ‘n benoude outjie is ‘n herinnering aan sy mamma en pappa nogal gerusstellend. Gebruik die outjie se eie handpalm (of ‘n boetie / sussie s’n) vir A5-boeke.
3. Knip en plak: As jy baie kreatief wil wees, kan jy die bruinpapier met stukkies oorskiet geskenkpapier opkikker. Knip oulike prentjies uit en maak jou eie collage.
4. Rol- en drukwerk: Trek die boeke oor met een kleur. Sny ‘n kartelrand uit ‘n strook rubber, heg vas aan ‘n rollertjie (iets soos ‘n koekroller of ‘n glasbottel) en rol ‘n patroon oor die papier. As jy die driehoekige vlaggies gebruik, kan jy selfs ‘n naam in die vlaggies skryf.
7. Kies ‘n vel “scrapbook”-papier om ‘n vorm uit te knip soos ‘n hasie, vis of voëltjie. Sny dit uit en plak dit bo-op die bruinpapier as ‘n naamkaartjie.
Woorde:
Gebruik in jou eie voorblaaie. Kyk ook na boodskappies.
Pasop vir bonkige, knobbelrige etikette of lap-oortreksels. Wanneer die outjie moet skryf, kan dit ‘n tekstuur gee en inmeng met die netheid.
Is daar tema’s wat jou soms uitboul? Is daar soms ‘n leemte of ‘n gaping vir ‘n interessante aktiwiteit? Probeer gerus iets kreatiefs soos om bruikbare items uit gebruikte produkte te skep.
1. ‘n Pennetjiesak: Soek ou hand-naaimasjiene in die skool se stoor, stof hulle af en gee ‘n naaldwerkles. Vra dat die outjies ou, gebruikte kleintydrokkies of -hempies bring. Hang die kledingstuk op ‘n klein hangertjie (dalk een wat self van draad gebuig is), werk die onderste soom en moue toe en siedaar!
2. Bekerrokkies of servetringe: Hierdie is iets wat ‘n mens as ‘n geskenk vir ‘n juffrou of mamma kan maak. Gebruik oorskietwol om ‘n breë strook te hekel of te brei (dik materiaal soos denim behoort ook te werk… dalk afgesnyde some). Sny ‘n hartjie, lippe of ‘n blom uit vilt en werk dit op die strook vas (met borduurgare). Dit kan nou as ‘n beskermer dien teen ‘n warm koffiebeker. Indien jy die strokie kleiner maak, kan dit as ‘n servetringetjie dien. ‘n Paar ringetjies in ‘n oulike verpakking sal ‘n oulike geskenk maak.
3. Kaartjies: Teken die buitelyne van ‘n groot varingblaar op die teksgedeelte van ‘n koerantartikel. Indien die vryhandmetode ‘n bietjie moeilik is, kan jy die blaar vooraf teken, vergroot en op ou x-straalplate afteken. Knip dit uit en gebruik dit as ‘n stensil. Om te verseker dat dit nie skuif nie, kan jy haarsproei agterop spuit of wondergom gebruik.
As die buitelyne op die koerantpapier getrek is, kan jy ‘n kartelrandskêr gebruik om die blare uit te knip. (Maak kepe van buite na binne.) Dit sal help om die kaartjie sommer baie spesiaal te laat lyk. Verf die blaar met ‘n ligte vernis of ‘n verdunde voedselkleursel voordat jy dit op ‘n harde agtergrond plaas.
4. Musiekjuffrou: Vra sommer vir ‘n paar vriende om al die ou kaarte uit hul beursies te haal vir hierdie projek. Ek sien jaarliks projekte waar die kinders musiekinstrumente uit afvalprodukte moet skep. Sny jou eie kitaar “pick” (plektron) uit ou krediet- en winkelkaarte. Hou die lekker bont oogplesiertjie in ‘n glasfles vir daaglikse gebruik of gee dit vir die kitaarfundi’s.
5. Goudvis: Soek na speelgoedvissies of lamineer en knip ‘n getekende goudvis uit. Plaas die vissie binne-in ‘n plastieksakkie en gebruik gesmelte, kleurlose seep (buise is by kunsvlytwinkels beskikbaar) om die sakkie halfpad te vul. Uit ondervinding het ek geleer om 2cm skywe in ‘n ou maatbeker te smelt (30 sek.). Die seep smelt vinnig en set ook redelik gou as jy dit in die ys- of vrieskas bêre. Die sakkie-idee is nog onbeproef, maar lyk oulik. Ek sou voorstel dat ‘n mens ‘n beker met die sakkie sou uitvoer (soos ‘n drommetjie) om te help met die warm seepgooi slag. Sodra die vissie en die seep in die sakkie is, kan jy dit toe bind met lap lintjie. Wanneer die seep gebruik moet word kan jy die sakkie afskil. Hierdie vissies kan oulike markdagprodukte maak.
Understanding and developing a sense of left and right is a struggle for many children. When they struggle to discern between the two sides of the bodies, they also tend to have trouble distinguishing between visual symbols such as b / d and p / q. A first step at helping them is to put visual reminders up against the wall.
Print the right hand on red paper and place it in the right-hand corner of the writing board. All the “r”-sounds should help to remember the association of right hand with red. The left hand can be printed on yellow or a colour like light green. These colours and visual prompts can be repeated on a smaller scale on the desks. It can be laminated or simply covered in a colourless, see-through sticky tape (cellotape). Also add the hand with the L near it to show that when you hold your left hand up, it actually forms a capital L in the web space between the thumb and forefinger. If the child is right handed, you can play on alliteration: “You write with your right hand.”
Pages to hand out, to put up against the wall or to stick on desks (resize)…
Die Wêreldbeker Kriekettoernooi begin in Februarie (19de) en duur tot die 2de April. Tooi hierdie kwartaal jou klas eg-Suid-Afrikaans op en herleef die opwinding van die 2010 Sokker Wêreldbeker. Die klas kan meer oor die Proteaspan leer.
Afhangende van jou klas se ouderdomsgroep, kan jy aspekte soos reëls, kleredrag en die posisies op die veld bespreek. Met die kleintjies kan ‘n mens mini-krieket speel (indien jou skool dit nie reeds aanbied nie) en ‘n mini-Wêreldbeker reël aan die einde van die kwartaal. Aangesien al die outjies graag vir die Proteas sal wil speel, kan julle eerder die Grondslagfase in spanne verdeel en die klassies verteenwoordig. Dit kan groot pret wees en kan die Grondslagfase gees woema gee.
Integreer die vorm van die veld (ovaal), die kolfblad (reghoek) en die bal (rond) met jou wiskunde lesse. Tel in viere en sesse binne die klas se getal gebied. Maak “treintjiesomme” met kamma-lopies binne ‘n boulbeurt. Daar is mos ses moontlike balle. (Bv. Die kolwer teken 2 sesse en 4 lopies binne die boulbeurt aan. Hoeveel lopies is dit altesaam?…Jan en Wilbur het 50 lopies in ‘n vennootskap aangeteken. Wilbur het 31 lopies aangeteken. Hoeveel lopies het Jan aangeteken?…As Wilbur 4 sesse en 3 viere aangeteken het, hoeveel enkellopies het hy gekry?)
Die 2011 gelukbringer is Stumpy, ‘n 10-jarige olifantjie. Hy is versot op krieket en is besig om die kuns van konsentrasie te bemeester. Dalk kan ‘n mens die olifantjie as ‘n aansporing vir goeie werk gebruik. As die outjies (individueel of in ‘n groep) mooi gewerk het, kry hulle ‘n sterretjie (“lopies”) op ‘n grafiek of op die almanak. Aan die einde van die week kry die kind of groep met die meeste toekennings ‘n sertifikaat – ‘n Stumpy-toekenning.
Ander idees is om die kleingoed na ‘n stadion te neem vir ‘n uitstappie en om professionele spelers te ontmoet. Kry rolmodelle om vir hulle ‘n werkswinkel te hou (seuns én dogters) of kry ‘n krieket-legende om met hulle te gesels. Maak krieketkolwe en balle van afvalprodukte of probeer iets soos paper mache. Sny kolfvorms uit ligbruin viltlap en klein rooi hartjies (laasgenoemde moet ‘n juffrou maar self doen). Plak die hartjie op die kolf vas en ryg dit met swart gare vas. ‘n Kruisie kan mos as ‘n soentjie dien. Wys vir die outjies hoe om gare om die greep van die kolf te werk en siedaar! Nou kan ‘n mens dit op ‘n magneet of ‘n kaartjie plak – as ‘n geskenkie vir Valentynsdag…
Die moderne weergawe van die Afrikaanse Krieketveldplasingsterme is op aanvraag beskikbaar. Hierdie foto’s is deur ‘n vriend gestuur. Ongelukkig is die boek uit druk uit.
Die ANA is ‘n jaarlikse nasionale evaluering van Graad 3- en 6-leerders se vaardighede om die standaard te bepaal.
Foundations for (4) Learning is ‘n projek om die land se geletterdheids- en syferkundigheidsvlakke te lig sodat die leerders beter i.t.v. die ANA sal vaar. Dit bestaan uit beplanningsgidse vir geletterdheid en syferkundigheid.
Cecile het ‘n onderwerp geopper wat destyds in my studentejare ook bespreek is. Baie Graad R-juffrouens en -skole hou nie van inkleurprente nie en raai die gebruik daarvan af. Soos daar aan ons vertel is, beperk dit die kreatiwiteit van leerders en maak dit hulle lui om self na te dink oor vorms en figure. Die gebruik van inkleurboeke word as ‘n “besig-hou” aktiwiteit beskou om die tyd te verwyl eerder as ‘n leersame tydverdryf. Ander voel weer dat kinders minderwaardig voel as hulle nie soos die prentjie in die boek kan teken nie. Kyk gerus na die skrywes van John Funk en Victor Lowenfeld. Lowenfeld is ‘n kundige wat in die vroeë tot middeld 1900’s navorsing oor die ontwikkeling van kinderkuns gedoen het.
Woorde