Skryf in
28 Februarie 2016
Tik gerus soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed, skoolpligtig, vaardighede, ouditiewe, visuele, VMI, ogies, handspier, fynspier, potloodgreep, abc uitspraak, klanke, syfers, vorms, patrone, abc skrif, robotkaart, middellyn, spiertonus, posisie, linkshanding, knip, links en regs, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir enkele idees.
dae en tydsverloop
28 Februarie 2016
afrikaans, wiskunde 100, 12, 365, 52, dae, maande, tyd, weke Lewer kommentaar

‘n Prettige weergawe. Sien ook “Hoe laat is dit?”
7 dae week
Tik ook soekterme soos “kalender, hoe laat is dit?, skrikkeljaar, 12-12-12″ by die bruin soekblokkie in, vir voorbeelde van tyd, drukbare kalenders en ander werksvelle.

Skrikkeljaar
28 Februarie 2016
afrikaans 29, skrikkeljaar Lewer kommentaar
Dit is vanjaar Skrikkeljaar en ons kan die 29ste Februarie ekstra lekker maak. Doen unieke wiskunde werksvelle of deel die dag in periodes van 29 minute in. Hoe lank voel/duur 29 minute? Hoe lyk die getal? :wink:.
29 Eng.
29 Afr.
Teacha – Hoe maak ‘n mens?
23 Februarie 2016
flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, huiswerk, hulpmiddels, klaskamer, lees, school, skool, wiskunde alfabet, dekor, engels, flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, hulpmiddels, kalender, koop, plakkaat, taakkaarte, teacha, tema, weerkaart, werkboekies, werkkaarte, werksvelle, winkel 8 Kommentaar
Koekeloer, kies, klik, koop en druk uit. Ek het vele navrae ontvang. Laat weet gerus indien daar nog onsekerheid is 😉 Kyk na die naam onderaan die produk en tik dit op Teacha se soekspasie in.
My Klaskamer Produkte (winkelrak)
Pryse is aangepas…loer gerus…
Biblioteekweek
22 Februarie 2016
afrikaans biblioteek, biblioteekweek, lees 1 Kommentaar
Biblioteekweek duur vanjaar 10 dae – van 11 tot 21 Maart. Fokus op lewenslange leer en die bemagtiging van jong lesers.
- Besoek die dorpsbiblioteek en die skool s’n. Hoe vergelyk die twee en wat is anders? Kry jy soortgelyke boeke by soortgelyke aanwinsnommers?
- Neem ‘n selfie met jou gunstelingboek en maak ‘n muurcollage van die klas se foto’s.
- Selfie kunswerke gaan beslis die oog vang. Gebruik media soos pastelle om die bladsye helder en aanloklik te maak. Skryf die boek se titel en aanwinsnommer onderaan die kunswerk en versier dan die gange daarmee.
- Gebruik groot rolle/velle papier om bo-oor deure te pas. Teken ‘n groot boekomslag daarop en skryf as ‘n klas kort aanbevelings daarop.
- Gebruik ‘n toep en ‘n webwerf om QR-kodes te skep waar jong lesers na stories kan luister. Verskaf oorfone en tablette hiervoor.
- Betrek luisterstories – CD’s en boeke.
- Gebruik ‘n Kindle toep (of storie toeps) waar outjies saam-saam of alleen na stories kan luister.
- Rol die omslae van verskeie boeke af, laat die outjies dit inkleur en versier die gange. Dit behoort die belangstelling te prikkel vir later.
- Hou ‘n pajamadag of trek soos ‘n karakter aan.
- Laat die outjies kort dialoë oor ‘n boek skryf. Voer dit op of hou ‘n poppekas.
- Ouer kinders kan boekbesprekings hou. Verskaf dieselfde boek aan klein groepies en gee 15 minute sodat hulle daaroor kan gesels. Vra dat hulle na mekaar luister en indien hulle by die kommentaar of gedeelte aanklank vind, kan hulle ‘n bydrae lewer. (Watter deel was vir jou interessant? Waaraan het dit jou laat dink?)
- Deel klasse uit die verskillende fases by makker leesgroepe in en kies kort stories om aan mekaar voor te lees. Kies ‘n periode daarvoor en hou gereelde leestye.
- Hou ‘n “spog met ons leeshoekie” of “spog met ons biblioteek” aand. Nooi die ouers en gesinne (of selfs inwoners van ‘n plaaslike ouetehuis) om saam met ‘n graadgroep stories te lees, muurprente te maak, woordspeletjies te speel (soos Krabbel/Scrabble), ens. Vra vir ‘n vrywillige donasie waarmee die skool nuwe boeke kan aankoop.
- Biblioteekbronne
Sien ook: Biblioteekweek, Lees
#libraries4lifelonglearning
Moedertaaldag, 21 Februarie
19 Februarie 2016
Medemenslikheid en Internasionale Dag van Geluk
17 Februarie 2016
afrikaans dag van geluk, geluk, gemeenskapsdiens, medemens, omgee, payitforward, Random Acts of Kindness 4 Kommentaar
Vandag is Random Acts of Kindness Day en 20 Maart is die Internasionale Dag van Geluk. Ek sou dit egter nie tot een dag wou beperk nie…Hoe kan ons in het kleine iemand anders se dag opkikker?
- Gooi ‘n ekstra munt in iemand anders se parkeermeter.
- Het jy afslagkoepons iewers gekry? Plaas dit hier en daar op die winkelrakke vir ander om te kry.
- Laai ‘n ekstra pakkie koekies in die winkelmandjie vir die werkers by die skool of by die huis.
- Werk saam aan ‘n maaltyd (soos lasagna) en lewer dit by iemand af wat dit nooit sal verwag nie.
- Nie ‘n goeie kok nie? Steek ‘n blom in ‘n ou speserybottel en plaas dit op ‘n buurvrou se stoep of ‘n juffrou se tafel.
- Gooi die week se snoepiekleingeld in ‘n spaarbussie tot ‘n week voor die dag van jou/jul keuse. Tel dit en besluit op ‘n skenking – hetsy kontant of byvoorbeeld kos aan iemand of ‘n instansie.
- Is geld ‘n bietjie min? Verskaf jou dienste gratis – om byvoorbeeld ‘n buurman te help. By die skool, kan die klas die gang namens die opsigter vee of die dromme leegmaak.
- Skenk klere.
- Skenk orige verf om die klimrame te verf.
Tik gerus ook soekterme soos “hulp, pay it forward, omgee” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Luidleesdag, 2016
15 Februarie 2016
afrikaans, lees lees, luidleesdag 2 Kommentaar

Wat kan ‘n mens alles op Luidleesdag lees of doen?
- Knip en plak sigwoorde, rymwoorde en ander ouderdomstoepaslike woorde uit tydskrifte of bou dit uit los opskrifletters. Flits die woorde, plaas dit op die woordmuur, skryf dit oor in die individuele woordeboekies of tik dit oor tydens rekenaarlesse.
- Luister na voorlesings op die mat, e-boeke of op die rekenaar.

Tik gerus ook soekterme soos “luidlees, biblioteek, lees, geletterdheid” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die skakels onder die “Geletterdheid”-hofie.
uitdeel en deling
11 Februarie 2016
afrikaans deelsom, deling, uitdeel 3 Kommentaar
‘n Vinnige en eenvoudige manier om deling te verduidelik, is deur items uit te deel. Dié outjie het ‘n rits somme gekry wat hom oorweldig het. Dit mag dalk die konsep van deling óf die bewerkingsteken gewees het…Ons het watte en albasters byderhand gehad en dít as mense en lekkers ingespan.
Bv. Hoeveel lekkers is daar? 10 (albasters). Tussen hoeveel mense gaan ons die lekkers uitdeel? 5 (watte pluisies).
‘n Ander idee is om ‘n ou ysbakkie te gebruik – as die mense.
Dit het ‘n paar oefenslae geverg, maar teen die derde som het dinge voor die wind gegaan. Binnekort sal ons ‘n groter ysbakkie benodig 😉
deling VB
Deling skoon taak
Nog oulike Apple en Android toeps/apps
29 Januarie 2016
afrikaans AAC, android, app, Apple, Inklusiewe Onderwys, iPad, toeps, tyd, woordeskat Lewer kommentaar
Na aanleiding van versoeke, het die volgende toeps geplaas ter aanvulling van die skrywe oor Apple/iPad toeps.
Ek het onlangs op ‘n toep af gekom wat jou van gratis toeps inlig.
Appsgonefree gee jou ‘n daaglikse lysie om af te laai en te kies. Daar is dikwels iets vir ‘n bietjie intervensiewerk.
Clock Puzzle help met die uitleg van ‘n analoog horlosie.
DocScanHD is ‘n vinnige skandeermasjien – veral wanneer jy gou nota’s moet neem of huiswerk moet kopieer.
Indien jy dikwels na video’s, webtuistes, ens. verwys, kan jy die skakel by enige van die QR Kodemakers in tik en die kode in jou werksvelle druk. Die leerder(s) mik dan die QR Reader na die kode en word onmiddelik na die leesstuk of inligting geneem. Ek gebruik dit met outjies wat nie kan lees nie – asook ter verryking. [Android se weergawe]
Dragon Dictaion: Herken Engels en tik. [Android weergawe]

Writing Wizard gee vir die outjie die opsie om Engelse klanke, syfers, patrone en kort woordjies te “skryf” (na te trek). Daar is ook ‘n opsie om jou eie woorde (soos spelwoorde – ongeag van die taal) te tik, op te neem en te stoor. Die t het nie ‘n ronding nie, maar die ander letters is 99% korrek. [Android]
Letter School is ook baie vermaaklik en leer die outjies hoe om Engelse klanke (hoofletters / kleinletters) en syfers in ‘n keuse van 3 lettertipes (fonts) te skryf. [Android]
Khan Academy gaan vir jou lank besig hou met Wiskunde, Kuns, Geskiedenis, Musiek, Biologie, Wiskunde, ens. Loer gerus. [Android]
PRC Language Lab: Gebruik dit vir taalontwikkeling (Engelse woordeskat). Jy kan foto’s van familielede en klasmaats laai om die name te leer ken.

Animal Math 2 [Android] Patrone, Plekwaarde, Ewe/Onewe getalle, Groter as/Kleiner as…

Air Projector gee jou die geleentheid om inligting op jou foon of iPad met ander – op ‘n rekenaar – te deel. Dit is nie heeltemal so duidelik nie, maar as jy vinnig na iets wil verwys in ‘n vergadering/les/mondeling/aanbieding, sal dit deug.

Photomath bereken die som, sodat jy jou antwoorde kan vergelyk.
Mastermind Pro [Android weergawe]
Chatterkid – laat enige foto praat of opdragte gee.
Tellagami – skep ‘n karakter wat klas gee of mondeling praat – in jou eie stem!
Hidden Pictures [Android, Apple]
Letter Cross Tracking [Android, Apple]
Spatial Line Puzzle [Android, Apple]
Huiswerk en Roetine
21 Januarie 2016
afrikaans Graad 2, Graad 3, Graad 4, huiswerk, tas pak 4 Kommentaar

- Merk elke vak se boeke met ‘n kleurkol op die rugkant om dit makliker in die tas of kas op te spoor. Gebruik dieselfde kleure op die skoolrooster.
- Plak ‘n kalender en rooster teen die muur op. Merk inhandigings- en toetsdatums in dieselfde kleure as die boeke en steek die besonderhede teen die notabord vas. Maak nota’s op die rekenaar of selfoon se kalender om datums te onthou.
- Wys vir die outjie hoe om die tas volgens die rooster in te pak. Smiddae kan hy/sy die boeke daarvolgens uitpak en deurgaan om die huiswerk te voltooi.
- Sorg dat daar ‘n stil hoekie is om die huiswerk te doen. Geen gedruis, geen televisie en geen speletjies. Sagte musiek (sonder lirieke) help wel vir sommige outjies.
- Stel ‘n wekker (timer op die rekenaar of selfoon) om leer- of huiswerktyd af te baken (15, 20, 30…minute) en neem breuke tussen-in. Doen ‘n fisieke aktiwiteit (ry fiets, spring op die trampolien, loop om die huis, doen strekke), drink ‘n bietjie water en gaan voort.
- Let op na die onderwyser se vraagstelling in take of werksvelle, want dit duik dikwels in toetse op. Bespreek die woordeskat en maak aantekeninge (Bespreek beteken…, Beskryf beteken…).
- Hou nota’s en opsommings in ‘n lêer. Dit kan handig te pas kom tydens die eksamen.
- Hou ‘n eksamenblok, skoon blaaie, verligpenne (highlighters) en plakkerige vlaggies (sticky tags) byderhand.
- Maak ‘n tydlyn al om die muurrand as julle na iets uit die Geskiedenis kyk.
- Soek prente, diagramme, sketse, atlasse, boeke, ens. oor die onderwerpe sodat ‘n mens ‘n beter beeld oor bv. die bou van ‘n duif, kaarte, ens. kan kry. Die internet is propvol inligting.
- Gaan deur die opsommings en formules. Kan julle aan ‘n prettige kletsrymliedjie (rap) of ritme dink om die werk te onthou? Maak ‘n opname en hou dit gereed vir later.
- Is daar aspekte wat ‘n mens in die motor oppad huistoe kan oefen? Dink aan spelwoorde, veelvoude, ens.
- Maak flitskaarte van die woorde (twee stelle): trek na, speel “Snap” of ‘n geheuespel.
- Maak “self oefen” legkaarte van woorde, maaltafels, ens.
- As julle toegang tot tablette het, skep spelwoordspeletjies op forums soos TinyTap. Die outjie kan die woorde op die rekenaar, Android en/of Apple toestelle hersien.
- Onderwysers kan toeps (apps) soos SeeSaw of Google Classroom gebruik om ouers op hoogte van sake te hou. Neem ‘n foto van jou huiswerkbord en plaas eenmalig. Deel ook dokumente deur Google Classroom.
Tik gerus soekterme soos “huiswerk, vraestel, JNA, hersien, eksamen, leer…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die hofie “Vraestelle, Studietegnieke en Toetse” bo-aan die lysie skakels vir meer riglyne en idees.
Sakpas Doen-dit-self Hulpmiddels
17 Januarie 2016
afrikaans, herwinning hulpmiddels, jelliepan, jelliepanresep, woordmuur 3 Kommentaar
‘n Vinnige “werkende” woordmuur:

- Ons het ‘n ou lêertipe foto-album opgeknip en kaartjies daarin geplaas. Die outjies soek dan die letter/klank teen die muur, neem ‘n kaartjie, skryf die woord neer en bring dit terug. Hou kaartjies van verskillende kleure in die sakkie of bring meer as een sakkie onder elke letter/klank aan (vir die onderskeie tale).
- ‘n Aanpassing op die woordmuur: Ons het ou kartonvouers/-lêers in die helfte geknip, die enkelklank voorop geplak en ‘n woordelys binne-in. Dit gaan nou oor ‘n toutjie gehang word sodat die outjies die letter-/klankkaart kan afhaal om die woord op te soek.
- Gee vir elkeen sy/haar eie woordeboek – om woorde aan te vul soos nodig. Beskerm die bladsye in ‘n flip file. Hulle kan die woordmuur se woorde hierin oorskryf en die “woordeboek” vir langer as ‘n jaar gebruik.
‘n Permanente woordmuur:
- Druk sigwoorde (én ander flitskaarte) uit, lamineer en plak dit om die hoogste gedeeltes van die klasmure of hang dit aan ‘n draad dwars oor die klas.
- Druk die flitskaarte vir dubbel-, twee- en drieklanke uit en plak dit onder elke soort se muurkaart as ‘n vinnige verwysingsbron. Indien die muurspasie beperk is, kan ‘n mens hierdie velle ook in die flip file liaseer.
‘n Woordhospitaal:
- Lamineer ‘n groot, rooi vel en skryf kwelwoorde daarop neer (witbordveselpen). Gewone boekplastiek of ‘n lêersakkie werk ook goed. Die kinders teken dié woorde in hul eie woordeboeke/-lyste aan. Sodra die outjies dit reg kan spel, kan ‘n mens die woorde afvee (ontslaan).
Skrifvelle:
- Plaas skrifvelle in ‘n flip file om na te trek as deel van die huiswerk of intervensie. Gebruik verkieslik ‘n dun, witbordveselpen.
- Plaas ‘n natrekvel onder ‘n dik, plastiek tafeldoek in die Geletterdheidshoekie – vir outjies wat ekstra skrifoefeninge wil doen.
Doen-dit-self afskrifte (as die nood druk):
Jelliepan- Afrolmasjien (Hektografiese potlood)
- Hectograph/Jelliepan
- Nog ‘n resep
Mure:
- Skuif jy jaarliks van klas tot klas of het jy nie kans om te verf nie? Meet die lengte en breedte van ‘n muur, koop lap van jou keuse en dun plankies (selfs paletplankies). Rol die rand van die lap oor die plankie en kram (kramgeweer) of kap die plankie teen die borand van die muur vas. Steek jou muurprente met spelde vas of gebruik klitsgras (velcro). Hang ‘n dik plastiek doek – as ‘n impromptu witbord.
‘n Mens hoef nie aanvanklik alles te lamineer nie. Beskerm dit in lêersakkies of met boekplastiek totdat die geldsake beter lyk. Flitskaarte kan met breë, kleurlose kleeflint beskerm word.
Tik gerus soekterme soos “hulpmiddels”, “weer”, “robotkaart”, “tuis idees”…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Klik hier onder om deur die prente te blaai. Meer besonderhede en prente is by die skakels onderaan elkeen beskikbaar.
Bly koel
5 Januarie 2016
afrikaans afkoel, goedkoop, koel klas, oorleef die hitte, vinnig 4 Kommentaar
- Probeer dik, donker of enige sonblok gordyne.
- Maak al die vensters vroeg oop en draai die waaiers daarheen, sodat die benoude lug uitblaas.
- Trek die gordyne toe en indien daar lugversorging is, maak die vensters en gordyne toe.
- Vries blokke ys in 2l of 5l-roomysbakke en pak dit voor die waaiers. Laat die outjies waterbottels bring en hou dit bo-op die roomysbakke koel.
- Maak katoenlapserpe (sny lap in lang stroke), sit elkeen in ‘n sakkie en bêre oornag in die vrieskas. As die dag baie warm raak, hang die serpe om die nekke.
- Maak sponsies nat, bêre in ‘n seëlbare sakkie en vries. Trek die skoene onder die lessenaar uit en rus op die sakkie of plaas die sponse agter die nek (in die kraag). Dit werk ook sommer as ‘n goedkoop noodhulpyssakkie.
- Maak ou lakens nat, droog uit, vou op en bêre op ‘n skinkbord in die vrieskas. Hang voor die vensters gedurende die warmste tyd van die dag.
- Maak ysstokkies of klein yssakkies. Koop (of vra donasies) die vormpies of ysblokkiesakkies en deel ‘n ysie uit ná pouse of ‘n LO-klas.
- Gebruik oulike, klein vormpies om ‘n klein ysblokkie in die kies te gooi. Skud die blokkies in ‘n bak en deel die los blokkies uit.
- Koop water “coolers” by tweedehandse winkels.
- Probeer hierdie doen-dit-self lugversorger met ‘n toeklap krat of ‘n plastiese houer met ‘n deksel.
- Nommer of merk glasies en hou dit in ‘n mandjie of krat. Sodoende kan ‘n mens die mandjie vinnig na verskillende groepe aangee of uitdeel. Gee vir elke groep ‘n groot houer water (dié met ‘n kraantjie werk goed). Laat ‘n leiertjie water skink en aangee by die tafel. ‘n Vinnig glasie water voor of na pouse
- Moedig die klas aan om persoonlike, gemerkte waterbottels saam te bring. Hou die bottels op ‘n spesifieke plek in die klas en gee streng reëls (neem ‘n slukkie ver van papier en boeke. As jou bottel nie in die krat is nie, gaan dit terug tas toe….) om ongelukke te vermy.
Ken mekaar
3 Januarie 2016
afrikaans Ken mekaar, nuwe klas, ysbreker Lewer kommentaar
Dit is die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar sit ‘n nuwe groep leerders voor jou. Hoe gemaak?
- Stel jouself op ‘n prettige manier bekend.
- Gee vir elkeen ‘n persoonlike inligtingsvorm om te voltooi en neem foto’s om daarby te plaas. Plak dit teen die kennisgewingsbord in jou klas op of bind dit in individuele boekies.
- Hou “ken mekaar“-besprekingsgroepe of onderhoude. Hou ‘n stel vrae in ‘n houer, laat ‘n maat een trek en hardop beantwoord of stuur die kaartjie deur die klas, sodat elkeen sy antwoord verskaf (bv. “Wat is jou naam?” “My naam is…”).
[Engels]
- Ek is…/I am…
- Gee vir elkeen sy naamkaartjie en laat hulle dan die verjaarsdagdatums byvoeg en op die verjaarsdagmuur aanbring…of laat elkeen sy/haar naam en verjaarsdag op die verjaarsdagkalender aanbring.
- Gee vir elkeen ‘n rits vrae om vir die maat langsaan te vrae. Indien die klas ‘n ongelyke aantal kinders het, kan Juffrou of Meneer ook inspring. Bind die vraelyste en deel dit uit, sodat die outjies meer oor hul maats kan lees en leer. ‘n Mens kan heerlik verras word deur al die nuwe inligting.
- Neem van Dag 1 af dikwels foto’s van die klas en gebeure. Aan die einde van die jaar sal julle vir elkeen ‘n stel foto’s of ‘n CD met foto’s kan gee van “My jaar in Graad 3”.
- Welkomvlaggies
- Probeer ‘n klasjoernaal (soos Google Classroom) of ‘n individuele een (soos SeeSaw). SeeSaw werk veral goed in ‘n klas waar outjies nog nie goed kan lees en skryf nie, ‘n tweede taal klas of in ‘n klas vir outjies met spesiale onderwysbehoeftes. Die onderwyser skep ‘n klasprofiel en gee vir elke leerder ‘n profiel. Elke ouer kry dan ‘n kode om sy/haar kind se profiel te volg en die inligting bly privaat. ‘n Mens kan nou foto’s en video’s met die ouer deel en hulle kan daarop kommentaar lewer. Ek gebruik hierdie toep gereeld (kamera, selfoon, rekenaar, tablet).
Wat doen julle op die eerste dag?
Tik gerus soekterme soos “hulpmiddels, alfabet, abc, syfers, muurkaart, vorms, patrone, Engels, geld, tyd, flits, klanke…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer hulpmiddels en drukbare idees.
vakansie
7 Desember 2015




















































































































































Woorde