Watter tipe museums is in jou stad of dorp? Heelwat dorpe en stede het ‘n museum wat die geskiedenis van die dorp of stad vier. Sommige museums fokus op voertuie (bv. ‘n motor museum) en ander op unieke items soos speelgoed. Hoeveel museums het jy al besoek en wat was interessant in elkeen? Vertel gerus jou maats daarvan.
Bye dag, 20ste Mei
18 Mei 2021
2021 bye, bye dag, bytjies, insek, insekte Lewer kommentaar
Op die 20ste Mei vier ons Wêreld Bye dag. Versier gerus die klas, skryf die spelwoorde en somme op bytjie flitskaarte of gesels gerus oor die belangrikheid van bye. Luister na stories en sing liedjies oor bye.
Het julle blomme in die tuin? Plant gerus ‘n paar 🙂
Onderrigplanne/ATPs
28 April 2021
2021, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, vraestelle ATP, Basislyn, Onderrigplanne 4 Kommentaar
Die nuwe Onderrigplanne is einde April gepubliseer.
Grade 2 Life Skills: Die Onderwysdepartement het ‘n Wiskunde Onderrigplan gelaai.
Afslag
27 April 2021
Onbaatsugtigheid
18 April 2021
Pay it Forward Dag is een van daardie dae wat ‘n mens eintlik elke dag in gedagte kan hou. ‘n Mens kan mos maar altyd die deur vir iemand oop hou of ‘n kompliment gee. Met die huidige gesondheidsmaatreëls is die mededeelsaamheid effens moeilik, maar daar behoort tog iets te wees wat ‘n mens kan doen om ‘n glimlag op ‘n medemens se gesig te plaas.
- Help om die wasgoed af te haal of onderklere op te vou.
- Saai ekstra saadjies in ‘n potjie en laat dit met ‘n boodskap op die bure se stoep. Blomme en kruie is altyd welkom.
- Was die stort of bad uit.
- Droog die skottelgoed af.
- Dek die tafel.
- Steek ‘n paar blomme in.
- Pak die plastiekbakkiekas reg of help om die inkopies uit te pak.
- Bied gerus aan om die plante nat te lei. Hoor net hoeveel water elke plant nodig het voor jy begin.
- Was ‘n kombuislap uit en vee die toonbank skoon.
- Stof die oppervlaktes af.
- Vryf die spieëls op.
- Stofsuig. Dit help baie.
- Neem ‘n ekstra maaltyd na die bure of pak ‘n ekstra broodjie vir ‘n maat in skool toe.
- Help om nuwe beddegoed oor te trek.
- Skakel ‘n maat en help mekaar met huiswerk. Hoor net eers watter moontlikheid die beste en goedkoopste sal wees.
Dit maak nie saak wat ‘n mens vir die ander persoon gee of doen nie, solank jy nie iets in ruil verwag nie. Hou dit eenvoudig, haalbaar en goedkoop. Jy hoef natuurlik nie ver te soek nie. Daar is altyd iets in en om die huis waarmee jy kan help 🙂
Wêreld Boeke Nag
18 April 2021
2021, lees boeke, boeke nag, boekmerk, boekmerkies, lees Lewer kommentaar

Met Wêreld Boeke Nag, kan ons ‘n bietjie later wakker bly om ‘n gunstelingboek, rympies, lirieke en nog vele meer te lees. Maak gerus beurte en skryf alles neer wat julle kon lees.
Aarde dag
16 April 2021
Hemelvaart
13 April 2021
2021 Bybel, Bybelstories, Hemelvaart, lofsang Lewer kommentaar

Ons vier Hemelvaart op die 13de Mei. Loer gerus hier na ‘n paar liedjies en idees vir dié spesiale dag.
Hemelvaart: Drukbare lesidee
Die Hemel: Oudioboek (vir kinders), Groter prente (inkleur), Kleiner prentjies
Heaven: Audiobook for children, Larger pictures to colour, A smaller version, Colour
Allerbeste Stories uit die Kinderbybel, Volume 3
Outisme Spektrum
2 April 2021
2021, Inklusiewe Onderwys, outisme outisme Lewer kommentaar
Outisme dek ‘n enorme spektrum – wat daarop dui dat elke kind met outisme, ‘n unieke kombinasie uitvalle en besondere talente kan hê. In Amerika, is die voorkoms van ASD (Autism Spectrum Disorder of Outisme) bykans 1 uit elke 58 kinders en wêreldwyd word soortgelyke statistieke gelys. Die moontlikheid dat jy waarskynlik kinders op die spektrum in jou klas kan kry, bestaan wel en alhoewel ons nie alles reg kan doen nie, sal ‘n bewustheid, deernis en aanpassings ‘n goeie beginpunt wees. Sover moontlik, sal dit altyd wenslik wees om as ‘n span saam te werk om elke kind se unieke vaardighede te ontwikkel en om hom of haar bes moontlik te ondersteun. Gesels met die ouers, betrokke terapeute en kollegas om te verseker dat almal saam werk om haalbare doelwitte te bepaal.
Hoe lyk outisme of watter kenmerkende eienskappe het jy al waar geneem?
- Beperkte oogkontak: Sommige kinders vind oogkontak problematies. Hulle vermy dit of vind soms ‘n fokuspunt elders op die ander persoon se gesig.
- Herhalende bewegings: Sommige kinders skud hul hande, trommel die vingers, loop in sirkels, hop of trap heen en weer wanneer hulle besonder opgewonde of gespanne raak. Sommige kinders sal lank met water of sand kan speel en kyk hoe dit deur hul vingers val – wat ‘n kalmerende effek kan hê.
- Unieke mylpale: Sommige kinders bereik hul mylpale vroeër as hul eweknieë en ander bereik die mylpale heelwat later. Sommige kinders begin eers heelwat later praat. Party kinders raak heelwat later onafhanklik in die badkamer. Sosiale bewustheid of die manier hoe sommige kinders uitreik na maats of speel, kan ook anders lyk. Skep ‘n bewustheid van insluiting en wissel groepe tydens klaswerk en pouses af, sodat daar ruimte is om met maats te speel of te gesels – al is dit in kort periodes.
- Spraak en kommunikasie: Party kinders begin eers heelwat later praat en ander herhaal woorde, sinne of frases (“echolalia”) wat hulle gehoor het, maar kan nie ‘n gesprek voer nie. Sommige kinders praat vlot en leer gou hoe om in verskillende situasies te kommunikeer, maar worstel met aspekte soos sarkasme. Party kinders gebruik eenvoudige prentjies (bv. Boardmaker, PECS) of toeps/apps om namens hulle te kommunikeer. Party kinders gebruik ‘n baie formele, gevorderde woordeskat en ander praat glad nie. Party kinders kan reeds van ‘n jong ouderdom af lees en spel en ander worstel om woorde te ontsluit. Sommige kinders gaan ‘n bietjie langer neem om ‘n vraag te verwerk, so gee hulle ‘n aanduiding dat jy graag hul mening wil hoor (bv. Louis, ek wil graag hoor hoe jy Vraag 4 bereken het, maar kom ons hoor eers hoe Tobie Vraag 1 bereken het).
- Motoriese vaardighede: Soos in die geval van elke unieke kind met outisme, is die motoriese ontwikkeling ook verskillend van kind-tot-kind. Party kinders kom lomp voor, maar het besondere goeie balans, oog-hand koördinasie en swem vaardighede. Sommige kinders kan netjies skryf en ander worstel weer om te knip en te skryf.
- Sensoriese vaardighede: Sommige kinders is sensitief vir harde geluide en ander het besondere goeie gehoor of luistervaardighede. Party kinders is ligsensitief en hou nie van skerp lig nie, terwyl ander weer lank na dowwe ligte kan kyk. Party kinders sit graag op wikkelkussings, stoele wat wikkel en wieg of loop heen en weer terwyl hulle na die onderwyser luister. Sommige kinders vind groepe (bv. in die sangklas of saalbyeenkomste) oorweldigend.
Praat gerus met ‘n arbeidsterapeut (wat opleiding in sensoriese integrasie het), om raakvat idees vir elke unieke kind te kry.
Ons gaan beslis nooit alles kan verstaan of reg kan doen nie, maar die bereidwilligheid om meer te leer, werkswinkels by te woon, verslae te lees en om ‘n pad met die leerder (en ouers) te stap – is reeds ‘n goeie tree vorentoe. Gebruik April (die maand ter bewusmaking van Outisme) om ‘n bietjie meer te wete te kom.
KABV-Werkboeke / CAPS Workbooks 2021 [Deel 1]
27 Maart 2021
2021, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, kurrikulum CAPS, KABV, reënboogboeke, werkboek Lewer kommentaar
Earth Hour: Ligte uit
22 Maart 2021
2021 earth hour Lewer kommentaar

Wat kan ‘n mens vanjaar tydens Earth Hour doen? Versier ‘n spesiale houer met aktiwiteite, versnapperinge en bederfies wat julle tydens Earth Hour en ander onverwagse tye kan inspan. Sluit gerus kerse, vuurhoutjies en ‘n lantern daarby in.
Steek kerse en/of lanterns aan waarby julle
- boeke kan lees
- speletjies kan speel
- kan inkleur
- kan gesels
- piekniek kan hou…en geniet die uur sonder elektroniese toestelle 🙂
Downsindroom
15 Maart 2021
2021 Downsindroom Lewer kommentaar

Soos in baie ander gevalle, is een dag bloot te min om mense meer oor outjies met Downsindroom te leer. Wat maak hierdie kinders so besonders en hoe kan ons goeie maats vir hulle wees? Is daar skole of instansies in jou omgewing wat ‘n bietjie meer inligting kan deel? Is daar dalk ‘n klasmaat wat meer inligting kan gee?
Om aan die bewusmakingsdag deel te neem, dra ons onpaar of helder sokkies. Jy kan natuurlik jou skoolsokkies met linte en borsspelde versier of jou skool- en sportsokkies meng. Trek sommer jou sokkies bo-oor jou broekspype en gee ander ‘n rede om vrae te vra en om inligting met hulle te deel 🙂
Waterweek
14 Maart 2021
2021 water, waterdag, waterweek Lewer kommentaar
Waarom is daar ‘n waterweek? Hoekom leer ons daarvan?
Fokus gerus hierdie week op praktiese idees…Wat gebeur as die skool skielik nie water het nie? Hoe gaan jy jou hande was of jou dors les? Hoekom vra die grootmense dat rommel in dromme gegooi word? Wat gebeur as ons een dag se eetgoed papiere in ‘n houer water gooi? Sal jy die water wil drink? Dink net hoe ‘n dorp se water sal lyk as almal hul rommel rondstrooi. Hoekom moet ons oor water in plekke ver van ons af bekommerd wees? Hoe raak dit ons?
Verf vandeesweek ‘n bietjie meer en fokus op die waarde van water vir klein lyfies. Hoe gebruik ander mense water en hoe gebruik ons water by die huis? Is dit altyd spaarsamig of mors ons soms?
Ons kan beslis nie al die probleme oplos nie, maar ons kan die outjies so ‘n bietjie laat wonder.
Internasionale Vrouedag
8 Maart 2021
2021 vrouedag Lewer kommentaar

Wiskunde Dae, Pi Dag
23 Februarie 2021
2021, wiskunde Pi dag, wiskunde, wiskunde dag 2 Kommentaar
Die 3de Maart is Wêreld Wiskunde Dag en die 14de dien as beide Pi en die Internasionale Wiskunde Dag. Hoe en wanneer gebruik ons wiskunde? Hoe ver kan julle tel? Kan julle van daardie getal af terug tel? Hoe ver kan julle in verskillende veelvoude tel?
Verskillende idees vir Pi Dag.
Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant of tik soekterme soos ‘geld, tyd, voor en na, meer en minder, vorms, syfers, woordsom, wiskunde huiswerk, getallyn, veelvoude, uitdeel, maaltafels, deling…’ by die soekblokkie aan die regterkant in.
Moedertaaldag, Boekedag en Biblioteekweek
20 Februarie 2021
2021, lees biblioteekweek, Boekedag, moedertaal, moedertaaldag Lewer kommentaar

Moedertaaldag word op die 21ste Februarie gevier. Daarna volg Wêreld Boekedag op die 4de Maart en duur die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek van die 15de tot die 21ste Maart. Gebruik gerus hierdie volgende paar weke om klanke te hersien, flitskaarte te lees, sigwoorde te hersien, rympies, lirieke en stories te lees of om na stories te luister. Maak boekmerkies en vertel mekaar van goeie leesreekse of interessante boeke. Kan julle Afrikaanse en Engelse weergawes van dieselfde stories vind? Is daar weergawes in ander tale beskikbaar?
Stap deur die biblioteek en verduidelik weer aan die outjies waar om boeke te vind of hoe om spesifieke boeke op te spoor. Neem beurte om na voorlesings in die biblioteek te luister en deel gerus ook video opnames met die onderskeie klasse. Is daar ouers of lede van die gemeenskap wat sal deelneem en opnames deel? Dit kan ‘n lekker interaktiewe projek word.
Lekker lees!

My Valentyn
14 Februarie 2021

Wanneer laas het die skooljaar na Valentynsdag begin? Snuffel gerus hier na vorige jare se idees. Vanjaar sal ontsmettingsmiddels (met ‘n boodskappie) en elektroniese boodskappe veiliger wees.
Mag hierdie jaar besonders wees. Gesondheid en beterskap vir jou en jou geliefdes.
Makliker Terug Skool Toe
5 Februarie 2021
Snuffel gerus deur hierdie idees, maar loer ook na soortgelyke skrywes onderaan hierdie skrywes.
Boeke oortrek (idees en voorblaaie)
Naamkaartjies (etikette): 1, vissies, olifante, lieweheersbesies, bye, volstruise, uile, merk skryfbehoeftes.
Welkom vlaggies: Potlode, Blou,
Welkom raamlysie
Riglyne vir Virus veiligheid (meer)
Dekor en idees om jou klaskamer te versier

















































Woorde