Die Krieket Wêreldbeker word vanjaar gesamentlik deur Australië en Nieu-Seeland aangebied. Weet jy hoe Australië en Nieu-Seeland lyk? Australië is bekend vir sy koala-beertjies, kangaroes en eendbekdiere. Nieu-Seeland is baie kleiner as Australië en lê suid-oos van Australië. Die land is veral bekend vir die kiwi vrug en die kiwi voëltjie. Loer gerus na ‘n wêreldkaart om te sien waar dié twee lande is en vind ‘n bietjie meer oor hul unieke eienskappe uit.
Suid-Afrika neem aan die Krieket Wêreldbeker deel. Jy kan die toernooi op jou Android of Apple toestel volg, maar dit bly altyd lekkerder om na die wedstryde te kyk. Loer gerus na die Afrikaanse terme vir veldplasings en kyk of jy dit tydens gesprekke kan gebruik.
Maklike springmielies: Skep ‘n 1/4 koppie springmielies in ‘n bruin papiersakkie. Rol die boonste rand twee tot drie keer om (rol en druk vas). Plaas die sakkie in die mikrogolfoond en druk die “popcorn” knoppie. Dit neem ongeveer twee minute en siedaar. Plak ‘n boodskap op die sakkie en gee dit aan ‘n spesiale maat. (Die kinders kan beslis self help.)
Gee ‘n toffie appel of ‘n vars appel met ‘n “oogappel”-boodskap vir elkeen in die klas.
Pons ‘n gat aan die een kant van die boodskapstrokie. Bind dit met ‘n rekkie aan ‘n stokkielekker vas.
Plak ‘n boodskapstrokie om ‘n spesiale potlood of op ‘n liniaal.
Versier elke klasdeur met ‘n vriendskaps-, Valentynsdagboodskap of ‘n Bybelvers (in verband met liefde: Die liefde).
Deel kinders volgens verskillende klaslyste in pare in. Skryf dan ‘n opbeurende boodskap, gedig of vers aan die maat, adresseer die koevert (bv. Johan Swart, 3A) en pos dit in ‘n Valentynsdagposbus (bv. in die voorportaal). Op Valentynsdag, kan die pos af gelewer word. Die koeverte of kaartjies kan dan in stroke teen die gangmuur geplak word as versiering.
Kry ouers of grootouers om storieboeke in verband met vriendskap of verhoudings in die gesin voor te lees. Hulle kan ook stories van hul beste herinneringe aan speelmaats deel. Skep ‘n halfuur op die rooster om dan na die stories te luister.
Tik gerus ook soekterme soos "valentyn" of "valentynsdag" by die bruin
soekblokkie aan die regterkant in vir idees uit vorige jare.
Sien ook “Geletterdheid/Taal” en “Hulpbronne” aan die regterkant of tik soekterme soos “e-boek, leeslys, iPad, Android” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke uitgawes.
*Aangesien Letterland ‘n Britse program is, is daar nie ‘n Afrikaanse opsie nie.
23 Januarie is Skrifdag in ander wêrelddele, maar kan beslis ook in Suid-Afrika gevier word. Vir die jonger outjies, kan ‘n mens fynspier oefeninge gee:
Bou eenvoudige prente, lyne, vorms, syfers of letters met ‘n pennetjiebord.
Vorm eenvoudige prente met rekkies op ‘n spykerbord. (Bou byvoorbeeld ‘n huisie uit vorms.)
Versteek klein speelgoed of albasters in ‘n kleibal en vra dat hulle dit uit haal.
Gee ‘n ou knoffelpers om klei wurmpies mee te druk. Gebruik die wurmpies in prente, syfers of vorms. Ouer kinders kan patrone, letters of selfs woorde probeer vorm.
Skep die geleentheid om te knip,pennetjies te knyp,met klampies te werk of om skroewe en moere vas te draai.
Gebruik ‘n papierpons (of een wat prentjies pons) om konfetti te pons.
Skryf met gom (naam, letters, syfers…) en strooi blinkertjies of konfetti bo-oor.
Hersien patrone. ‘n Mens kan dit ook met padverf op die muur of teeroppervlakte verf en daaroor voel.
Fokus op die potloodgreep en wys ook vir die linkshandige outjies hoe om te knip en hoe om potlode vas te hou.
Begin die skrifles met ‘n paar fynspier oefeninge.
Hersien die letterformasies en beginpunte. Neem kennis van uitvalle en omkerings…
Gee vir die ouer kinders verskillende skrif voorbeelde om te kopieer of sit die voorbeelde op ‘n tafel in die geletterdheidshoek – met interessante potlode en plakkers om die bladsye te versier.
Tik gerus soekterme soos abc, klanke, tweeklank, drieklank, dubbelklank, hersien, potloodgreep, sigwoord, lees, VMI, posisie, Graad R, Graad 1, woordsom, syfer, halveer, verdubbel, afrond, geld, maaltafel, deling, veelvoud, vorm, verkleinwoord, e klink soos i, skrif, skryf, engels, vraestel, aandagafleibaar, kosblik, eerste dag… by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in of kontak my direk met navrae.
Hersien die bewoording vir manlike en vroulike vorme. Maak groot muurprente op ongedrukte of gedrukte koerantpapier. Teken ‘n basiese uitleg van ‘n stamboom en voeg die flitskaarte as byskrifte by. Plak dit teen die muur op, neem ‘n paar treë weg en gooi ‘n boontjiesakkie toe oë na die prent. Skryf ‘n spogsin met die woord wat getref word. Gebruik ook die meegaande woord, bv. “Ek kuier graag by my ouma en my oupa.”
‘n Stamboom is nie nodig nie. Rangskik al die woorde in rye op die muur of mat. Rol ‘n dobbelsteen en tel aan. Soek die meegaande woord vir die een waarop jy land (bv. mamma en pappa) en skryf dit neer. Ander opsies is om die woordpaar in ‘n mondelinge sin te gebruik of om ‘n sin daarmee te skryf. Teken ‘n prent by die sin en bind al die sinne in ‘n boekie. Dit sal beslis oulik wees as die hele klas se sinne in boekvorm gebind word vir die leeshoekie.
As julle die woorde hersien, verdeel die woorde in twee stelle. Lees ‘n woord en laat die outjie dan die maat tussen sy woorde soek of speel speletjies soos “snap” of ‘n geheuespel. Wanneer julle laasgenoemde doen, sou ‘n mens verkieslik die woordpare verminder (sowat 8 – 10 kaarte op ‘n slag).
Graad R is die amptelike aanvangsjaar van die Grondslagfase – ‘n fase wat van Graad R tot 3 strek – en het ‘n volwaardige kurrikulum (KABV/CAPS). Gewoonlik woon kleuters Graad R by die jaar waarin hulle 6 jaar oud word, maar daar is ‘n uitsondering vir kinders wat voor Junie 5 jaar oud word.
Daar is ‘n verskil tussen wetgewing en die individu. As die kind regtig nie skoolgereed is nie, kan ‘n ouer aansoek om kwytskelding van skoolplig doen. Dit word amptelik by die plaaslike skooldistrikskantore gedoen. Loer gerus na die skakels aan die regterkant (in terme van emosionele welstand, skeidingsangs, skoolgereedheid) of tik soekterme soos Graad R, Skoolgereed, Graad 1 by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of kontak jou naaste laerskool en distrikskantore vir verdere inligting.
Tik gerus ook soekterme soos “abc, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die Drukbare Bladsye.
Druk op verskillende kleure A4-papier. Knip op die buitelyn en vou die klein randjie oor ‘n dun lint of tou. Plak vas. Versier ‘n deur, ‘n muur of ‘n venster. Gebruik blinkertjie gom om die prente te versier.
Druk op wit papier, kleur die prente met uitdraaikryte in (druk hard) en verf met ‘n lagie effens verdunde voedselkleursel. Dink aan kleure soos eiergeel, groen en rooi.
Knoop ‘n stukkie verpakkingstou met ‘n lussie aan die skroef-gedeelte van ‘n ou gloeilamp. Smeer die gloeilamp met wit gom/houtlym en sprinkel fyn wit blinkertjies bo-oor. Laat dit droog word…of
Maak ‘n bietjie muurpapiergom (poeiertipe) aan, verf die gloeilamp en laat droog word. Smeer dan blinkertjiegom (wit of ligte kleure) bo-oor die growwer oppervlakte. Laat droog word…of
Meng skoon seesand met fyn blinkertjies om ‘n vakansie element in te bring 😉
Verf die skroef-gedeelte met swart verf of laat dit net so. Gebruik swart lapverf in ‘n skerppuntbotteltjie om die ogies, knope en mond te maak. ‘n Permanente swart veselpen (koki) kan ook werk. Plak dun takkies met ‘n sterk gom aan die kant van die gloeilamp vas en gebruik ‘n pypskoonmaker of ‘n smal stukkie lap as ‘n serp.
Match the pictures and words. Roll a die, count the words and make a sentence with that word. Do this with each page.
In Grade 1: Write the sentence or chosen word at the top of a page and draw a descriptive illustration. (Write difficult words on a separate page for the learner to copy when writing his/her sentences.)
In Grade 2: Try to use more than one word in a sentence. E.g. The ant ran across the axe and the apple.
Jy het ‘n nuwe pos gekry of jou universiteitsjare staan einde se kant toe. Om gereed te maak vir ‘n nuwe klaskamer, kan jy die volgende items in gedagte hou:
Kies ‘n kleurskema of materiaal vir gordyne, kussinkies en ‘n tafeldoek – iets wat lank mooi sal bly. Kyk ook na jou graadgroep se kurrikulum en skep of versamel items wat spesifiek op dié groep gemik is, bv. flitskaarte van woorde, klanke, getalkombinasies…Onthou om die tale in jou provinsie in gedagte te hou (bv. Afrikaans én Engels) en om daarvoor voorsiening te maak. Hoe meer jy self versamel, hoe minder hoef jy oor te begin as jy na nuwe skole of klaskamers verskuif.
*Vinnige Gordyne: ‘n Mens kan tydelik gordynrek gebruik…of
Probeer ook ‘n reëling met gordynring klampies. Jy kan bloot die lap (platlaken, plastiek) van jou keuse om vou en vas knyp. Indien die rand uitrafel, kan jy dit omvou en vilene tussen-in vasstryk…
laat die kinders linte en stroke om ‘n rek/reëling knoop…
of laat hulle drukwerk (met lapverf) op ‘n platlaken doen voordat julle dit vasknyp.
spuitverf wit pvc-pyp of gebruik ou handdoekreëlings as gordynstokke
Daar is etlike voorbeelde hier op my blog beskikbaar. Tik soekterme soos “hulpmiddels, skrif, lopende skrif, klanke, muurprent, syfer, vorm, sakpas…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of selfs terme soos “beginner”, “eerste dag” en “tuis idees”.
*Teacha produkte word op jou rekenaar afgelaai, sodat jy dit oor en oor kan druk.
Pa/pappa vlaggie: Druk op kleur of verf met voedselkleursel. Hou die vlaggies groot of verklein, knip en plak die vlaggies op ‘n kaartjie of al om die rand van ‘n fotoraam.
Woorde