Drukbare bladsye (printables)
Ek het begin om dokumente by die gewone skrywes in te voeg (soos die een met sigwoorde). As jy na die “search”-blokkie (sien regs bokant die lysie skakels) gaan, behoort jy verskillende terme te kan soek…of kontak my en ek sal help soek. NB. Die prente op hierdie blad dien slegs as voorbeelde van die dokumente wat gelys is 😉 Klik op die dokument se naam om dit af te laai.
Aflaaibare flitskaarte, woorde, klanke, drukskrif, lopende skrif, wiskunde werk, ens.
Taal / Geletterdheid:
Nog idees en take elders. Tik soekterme soos “sigwoord, klanke, abc, dubbelklank, tweeklank, drieklank, lees, skrif, skryf…” by die soekblokkie aan die regterkant in.
- Alfabet / Klanke: Druk dit uit en maak “robotkaarte” daarvan. Teken of plak ‘n groen kol waar die potlood moet begin en ‘n rooi kol waar die outjie moet eindig. (robotkaarte pdf)
- Klanke: Engelse en Afrikaanse enkelklanke
- Klanke vir die Jongspan
- a-ouditief-beginklanke, ander
- Alfabetiese woorde: inkleurprente
- klinker doolhof
- Toevallige Lees (Logos)
- b en d
- b-en-d
- b en d tafelblad
- Alfabetprettake
- Spel oefeninge
- skrif oefeninge – drukskrif (patrone)
- Skrif velle AFRIKAANS
- lopende skrif
- dubbelklanke (lyste met aa-, ee-, oo-, uu-woorde)
- dubbel-, twee- en drieklanke (prente en woorde om die geheue te verfris)
- tweeklanke-woordsoeke (verskeie)
- drieklanke (‘n legkaart per drieklank – skryf, kleur in, knip uit en bou)
- flitskaarte (dubbel-, twee- en drieklanke)
- hersiening-van-ie-en-ei
- Hier is ‘n paar letters of klanke om uit te knip en te gebruik in opskrifte of om in te kleur. Ek sou dit onder ‘n x-straalplaat wou plaas om na te trek met ‘n permanente veselpen. Knip die plaatletters dan uit en gebruik dit as template. Die “d” kan as ‘n “b” of “p” dien en die “n” as ‘n “u”. Trek die letters af om ‘n woord te vorm…speel met die gedagtes (letters).
- Muurkaart Engelse en Afrikaanse klanke
- muurkaarte dubbel-, twee- en drieklanke
- Die muurkaarte is in Engels en Afrikaans. Jy kan twee afsonderlike mure daarmee versier of dit in ‘n lêer liaseer. Die Afrikaanse klanke sluit klanke soos q, x en z uit, omdat die kleintjies dit nie werklik gebruik nie.
- alfabet-rympies, Juffer se alfabetrympies
- Woordeboek Afrikaans Engels (Gebruik as woordeboekies – vul aan soos nodig.)
- Sigwoord soektog
- Sigwoordjies
- Woorde (woordfamilies / flitskaarte)
- klanksamevloeiings
- geslag (manlik/vroulik – mens en dier)
- leestekens
- trappe van vergelyking
- dae
- dae take
- maande-van-die-jaar(Engels en Afrikaans)
- teenoorgesteldes
- Vir Skrif, kan jy soekterme soos “skrif, skryf, potloodgreep, abc skryf, lopende skrif…patrone” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Lopende Skrif flitskaarte om na te trek (Afrikaans/Engels)
- Naamkaartjies Deskplates
- Welkom Potlode
- Ken jou meneer
- Ken jou juffrou
- Januarie Verjaarsdaglys
- Februarie Verjaarsdaglys
- Maart Verjaarsdaglys
- April Verjaarsdaglys
- Mei Verjaarsdaglys
- Junie Verjaarsdaglys
- Julie Verjaarsdaglys
- Augustus Verjaarsdaglys
- September Verjaarsdaglys
- Oktober Verjaarsdaglys
- November Verjaarsdaglys
- Desember Verjaarsdaglys
- Drietalige verjaarsdaglys
Engels:
Nog idees en take elders. Tik soekterme soos “Engels” by die soekblokkie aan die regterkant in.
- Bookmark
- Names-and-sounds-of-letters
- Alphabet rhymes
- An ABC reinforcement book.
- Blends (vowel blends)
- Phonics-families-vowel-blends
- Words (word families)
- Spelling exercises
- sight words (High Frequency Words)
- Days-of-the-week
- handwriting-tracing-print
- Handwriting
- Vir Skrif, kan jy soekterme soos “skrif, skryf, potloodgreep, abc skryf, lopende skrif…patrone” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Cursive writing strip flash cards
- January BD
- February BD
- March BD
- April BD
- May BD
- June BD
- July BD
- August BD
- September BD
- October BD
- November BD
- December BD
Syferkundigheid / Wiskunde:
Nog idees en take elders. Tik soekterme soos “syfer, vorm, veelvoud, maaltafel, deling, woordsom, halveer, verdubbel, geld…” by die soekblokkie aan die regterkant in.
- syfers (kleur in, skryf en tel)
- getalname-syfers-en-voorstellings
- getalname
- syfers-pas
- syfers en getalname 1 – 100 oefen
- honderdblok
- Duisendblok, 1 000
- spinnekopsomme
- tyd-hoe-laat-is-dit
- wurmtel
- maats-van-kombinasies
- Wasgoedpennetjiesomme
- Vinnige somstrokies
- Syfer Legkaarte Number Puzzles
- plus somme Graad 1
- Plus somme Graad 2 dekades plus ene
- aftrekking Graad 1 minus onder 10
- aftrekking-10-tot-20
- aftrekking twee-syfer getalle 0 tot 100
- Hoeveel
- Hoeveel gevoel skoon takie
- Woordsomtake
- vorms
- deling-drie-syfer-deur-een-syfer
- deling-twee-syfer-deur-een-syfer
- vermenigvuldiging-drie-syfer-maal-een-syfer
- vermenigvuldiging-twee-maal-eensyfer-getal
- vermenigvuldiging-een-maal-een-syfer
- veelvoude-kaartjies
- veelvoude
- maaltafelwaaier
- vorms-en-verskillende-name (bv. seshoek/heksagoon)
- Posisie eerste…
- Posisie Ordinale Getalle (hoeveelste…)
- Meting: Die eenhede van massa, lengte en inhoud.
- Flardkaarte spreikaarte (Gebruik só)
Algemeen: Drukbare werkboeke: Graad 1 – 6 (Tale en Wiskunde)
- alfabetstrook
- spoghoekie A3 spoghoekie A4
- Verspotte Lopende Letters Alfabetstrook
- Tafelblad
- tabletop
- Skrif – Druk (druk skrif formasies)
- Skrif – Lopend (lopende skrif formasies)
- linkerhand-en-regterhand
- Beloningskaarte
- Drukbare waterbottelplakker
- Sertifikate vir voorskoolse kinders.
- Gradeplegtigheidvlaggies
- Sertifikate: Eng/Afr.
- Sertifikate: Kleur
- Alfabet inkleurprente
- vervoermiddels inkleurprente
- beroepe inkleurprente
- Vrugte en Groente Inkleurprente
Feb 04, 2010 @ 11:37:00
Dit is ‘n baie baie oulike webblad hierdie. My kinders is klaar met skool, maar die twee kleindogtertjeis bly in di ehuis, hulle is 2 en 5 jaar oud.
Soms nie geweet wat om met hulle aan te vang nie, maar nou kan ons lekker speel wnat hulle is versot op papiere.
Baie dankie vir hierdie handige webblad.
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 10:47:28
Die is so ver die wonderlikste weblad ooit, baie dankie vir al die goeie idees. Dit kom nogal soms tot my voordeel – om my te help om ook my gedagtes te laat gaan.
Ek is n 2de jaar student en swat nou grondslagfase en ek geniet elke oomblik daarvan. Vreeslik dankie vir al die raad, boodskappies en idees. Ek het nie veel nie maar as ek kan bydra laat weet.
Lekker naweek
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 17:02:43
Gits, Shelly…dankie 😉 Studente is mos gewoonlik meer ingelig oor die nuwe dinge…Ek sal graag wil hoor wat jou opinie oor die Foundations for Learning en al die nuwe “geite” is.
LikeLike
Feb 15, 2010 @ 14:10:02
Kan jy my asseblief weer help met wiskunde. Kan jy my asseblief voorbeelde gee van Getalkombinasies – Leertjies? En hoe kan ek dit aan Marene verduidelik dat sy dit maklik kan verstaan?
En verskil woordsomme en woordprobleme van mekaar?
Baie dankie.
Lekker dag.
Marriette
LikeLike
Feb 16, 2010 @ 18:49:57
Hello, Marriette
Woordprobleme en woordsomme is dieselfde ding. Die bewoording verskil maar net van juffrou tot juffrou (jy sal dalk PROBLEEMOPLOSSING ook iewers sien).
Een manier waarop ek getalkombinasies verduidelik het is met behulp van wasgoedpennetjies. Trek ‘n lyn bo-aan die bladsy en vou die papier in die lengte – in die helfte om ‘n T te maak. Skryf die getal (bv. 9) bo-op die T en knyp 9 pennetjies (oneweredig en “ongelyk”) aan weerskante van die bladsy vas. Tel die pennetjies saam met poplap. Bv. 3 hier en 6 daar. Hoeveel kry ons altesaam? 3…4, 5, 6, 7, 8, 9! Ja, dis dieselfde as die getal bo-aan…Wat gebeur as ek ‘n pennetjie oorskuif na die anderkant? 2 hier…7 daar…maak 9…skuif telkens ‘n pennetjie oor en wys dus dat die antwoord altyd 9 (bo-aan) bly. Skryf julle bevindinge neer. 9 + 0 =, 8 + 1 =…
Jy kan dit ook met ‘n papierbord doen…dan kan jy 3 + 6 wys en die papier onderstebo draai om te wys dat 6 pennetjies en 3 ook 9 maak…Laat weet my asb. of dit vir julle gewerk het 😉
LikeLike
Feb 19, 2010 @ 08:29:01
Hi
My dogterjie is nou in graad 4 en haar hand skrif is n nagmerrie met lopende skrif, ek laat haar gereeld haar letters en woorde oefen, maar ek sien glad nie n verbetering nie.
Ek het gewonder of daar nie dalk blaaie is met die letter op wat sy gebruik nie, of is daar dalk n ander manier om haar skrif te verbeter?
Dankie by voorbaat
LikeLike
Feb 19, 2010 @ 16:42:11
Welkom, Candice 😉
Ek het maar eers onlangs geleer hoe om bladsy as dokumente te laai, maar het vroeër idees op die hoofblad geplaas. Ek gee vir jou hier onder ‘n paar skakels, maar indien jy sekere aspekte benodig, kan jy die woord in die “soek”-blokkie in tik. Daar behoort iets op te kom 😉
Skrif 1
Stukkies oor skrif en skryfvaardighede…
Fynspier (handspiere) – jou e-pos adres is die wagwoord.
Ek sal probeer om gedurende die naweek werkvelle vir skrif op te stel. Mooi naweek 😉
LikeLike
Feb 10, 2012 @ 09:55:51
Hallo,
Baie dankie vir al die hulp en baie oulike webtuiste. Ek’t net gewonder, sien die a word geskryf soos rekenaar a, ipv die boepens a soos hulle in die skool leer?
LikeLike
Feb 10, 2012 @ 16:43:18
Middag, Liezl 😉 Gits, dit is moontlik dat ons twee se rekenaars nie dieselfde font lees nie – dat die twee nie compatible is nie. Dit moet die ronde outjie met die vet lyfie wees (om die sirkel op en af). 😉 Die kleingoed moet wel bewus word van die ander soorte formasies sodat hulle dit kan herken tydens lees.
LikeLike
Feb 27, 2010 @ 16:48:01
Hi daar.
ek is ‘n Gr1-juffrou en probeer so goed as wat ek kan vir die outjies van geld leer, maar dit is regtig vir my ‘n nagmerrie.
Het jy nie dalk oulike idees hieroor nie. Dit kom vir my voor of die konsep dalk nog te moeilik is vir hulle om te verstaan!!!
Groete
Chantal
LikeLike
Feb 28, 2010 @ 17:52:21
Hello, Chantal
Probeer iets soos ‘n winkeltjie in die klas. Maak kammageld (R1’e) en “verkoop” gemorsposprente. Dis ‘n lekker speletjie en die outjies moet dan kamma R5 of R6 aftel en betaal. Jy kan later R2’e en R5’e inbring. Maak net ‘n plakaat wat verduidelik dat 5 R1’e = R5 ens. Kyk of dit werk. 😉
LikeLike
Mei 10, 2014 @ 07:55:27
hi ek het n 5 jarige dogtertjie, ek wil net weet volgens die kleuterskool waar sy inis moet sy al tot by 100 en vn 50 af terug na 0 toe kan tel, en haar eie naam en van kan skryf. is dit reg so ek meen sy is nou eers 5.
LikeLike
Aug 27, 2018 @ 15:35:58
Hallo Juffrou.
Vreeslik dankie vir die beste webblad as dit kom om die kinders tehelp met hulle skoolwerk.
My dogtertjie is nou in graad 1, ek sukkel om boekies tekry dat sy vir my kan lees, sy sukkel nog met van haar klankies en dan om woorde uit tespreuk.
Het agter gekom dat die lees stukkie wat sy by die skool kry, nie voldoende is nie omdat sy dit onthou en naderhand net opsê en nie lees nie.
LikeLike
Aug 28, 2018 @ 00:24:10
Hallo, Vicki 😉
Probeer gerus om ‘n kombinasie te gebruik. Hersien die klanke wat hulle reeds behandel het – asook die korter sigwoorde.
Loer gerus ook by die biblioteek in en vra of hulle leesreekse het sodat julle verskillende vlakke kan probeer. Van die reekse het ‘n bekende/gewilde karakter en is baie lekker om te lees.
Ek het eenvoudige toeps/apps* geskep wat julle kan probeer om enkelklanke te hersien. Tik gerus ook soekterme soos “abc uitspraak, abc skryf, rympies, liedjies, stories…lees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Ek hoop dit kan help 🙂
*
Toeps / Apps: Skep ‘n gratis profiel op Tiny Tap en speel dan die gratis inligting deur hierdie skakel op jou tablet, ens.:
http://www.tinytap.it/community/profile/remediering/
Ander toeps: https://myklaskamer.com/tag/app/
LikeLike
Feb 28, 2010 @ 20:45:35
Beste Juffrou. Ek is ‘n leerondersteuningsonderwyseres! Wil graag bietjie raad he oor verskillende strategiee wat ek kan aanwend om leerders in Laerskool te help om hul Tale en Wiskunde te verbeter ?
Ek sal bly wees as u dalk raad vir my het wat interessant aangewend kan word ? Ek het planne maar dis nie genoeg nie.
LikeLike
Mar 01, 2010 @ 16:59:47
Welkom, Rianie! 😉 Ek sou sê dat jy die juffrouens moet laat fokus op die verskillende aspekte van taal / lees. Fonemiese bewustheid is ‘n bitter belangrike komponent van leesonderrig en word te dikwels agterweë gelaat. Die klanke moet goed vasgelê word en in woorde gebruik kan word. Ons lees tans woorde met bv. die aa-klank, kies twee of drie woorde en dink aan oulike sinne. Ongelukkig is my Graad 2’s nog ‘n bietjie stadig met die sinne skrywery en benodig baie hulp. Ek hanteer meer die taal-aspek by die skool, maar ons fokus tans op telling, kombinasies, veelvoude (en tafels). Woordprobleme / Probleemoplossing moet ook meer in diepte verduidelik word. Ek kan sien hoe die kleingoed sukkel met die woordeskat en stelwyses.
Wat ek tans doen is om ‘n standaard speltoets met die Graad 3’s deur te werk. Ek het die eerste klas vandag klasikaal “gegryp” en beoog om dan vir die juffrouens leiding te bied. Ek vra die woorde en die juffrou merk die toets. Dan kyk ons na die uitvalle en ruil idees uit om die speluitvalle te verbeter. Ons gaan dit met die wiskunde ook doen. Ons beoog sommer die een minuut berekeninge toetse…en as daar tyd is sal ons verdere toetse doen. Ons wil dan deur intervensie en ekstra vaslegging in die klas probeer om die LITNUM situasie te verbeter. Ek dink elke skool probeer sy eie ding…Ons Grondslagfasehoof het ons LO (en vir my) onlangs saam genooi na ‘n “kluster vergadering” van Graad 3 opvoeders in die omgewing en elke skool het sy wenresepte probeer deel. Dalk kan julle so iets probeer.
Lys ‘n klomp probleempunte…Bv. tweeklanke (ui, ei), woorde met e wat klink soos ‘n i (ver-, ge-, le-, be-…), f en v, d- en t-woordeindes…Saamvoeg woordprobleme…Sirkuleer die kwessies en vra dat elkeen hul blink idees moet saambring. Bind ‘n gidsie en versprei. Met die kurrikulum wat so ‘n bietjie vervaag het, is ons almal in die duister en moet ons almal saam probeer om “skrywers en ontwikkelaars” van die kurrikulum te wees.
As jy spesifieke aspekte wil naslaan, kan jy op die voorblad na die “soek” blokkie gaan. Daar is ‘n paar inskrywings oor wiskunde, lees en spelling (klanke)…bv. https://juffer.wordpress.com/2009/12/14/komponente-van-lees/
BAIE STERKTE! 😉
LikeLike
Mei 29, 2013 @ 07:08:42
More Juffrou ons het ‘n 11jr seuntjie en het hulp baie dringend nodig vir sy wiskunde . hy is in gr 1 deur ‘n gtoot drama slim maar afgebreek deur ‘n onderwyser wat geskors is na ons kind verwyder het , nou in gr5 het die onderwyser ‘n paar kinders in haar klas sommer na remskool verwys en franco is getoets en niks is verkeert gevind nie. hy is bo gemiddeld met al sy vakke en skielik die jaar sukkel hy omdat sy nie vir hom wou leer nie. sy is die oorsaak dat hy agter is en wisk. moet dringend aandag kry . Sy ouers kry swaar a.g.v. werk wat hy verloor het firma was in koerant en soek nou werk.
kan u my asb. help ek kan alleenlik help deur programme op internet te download want fondse is daar nie. ASSEBLIEF.wat kan ek doen ?
LikeLike
Mei 29, 2013 @ 18:27:52
Middag, Elsie 😉
Ongelukkig is daar min Afrikaanse gratis werk op die internet beskikbaar. Julle kan egter na die skakels hier aan die regterkant loer – onder “blogroll”. Daar is ‘n paar skakels met “wiskunde” gemerk – wat ‘n hele paar take sal hê.
Sou julle dalk plaaslik by ‘n instansie soos Master Maths of Kip McGrath kon aanklop vir ‘n borgskap?
Ek hoop iemand kan help 😉
LikeLike
Mar 01, 2010 @ 15:16:23
Hallo!
My seuntjie is in Gr. 1 en ruil soms sy letters om soos b en d. Ek het vir hom verduidelik dat die b moet vorentoe buk om sy veters vas te maak, en die d duik agteruit in die dam in. Dit het nogal vasgehaak! Gedink ander mammas sal dalk ook die raad handig vind.
Dankie vir die sigwoorde. Dis great.
Kan jy asb. vir ons skrifoefeninge laai?
Dankie,
Nadia
LikeLike
Mar 01, 2010 @ 17:14:53
Hello Nadia…Ja, dis ‘n oulike idee.
Kyk gerus ook hier…
Skrif
b en d
patrone
skrif weer
druk skrif / klanke
lopende / kursiewe skrif
😉
LikeLike
Sep 12, 2011 @ 20:28:41
ek soek asb idees vir n graad 1 les vir kuns wat die seisoenne van die jaar is
of n seisoen
LikeLike
Sep 13, 2011 @ 16:03:43
Middag, Elardi 😉
Kyk gerus na die inskrywings oor weer en seisoene:
somer (http://teacherinsa.wordpress.com/)
herfs (https://juffer.wordpress.com/2010/03/28/herfs/)
lente (https://juffer.wordpress.com/2010/08/28/lentedag/) 😉
LikeLike
Apr 21, 2012 @ 17:53:19
Hallo daar Juffer. Ek wil net vir jou sê dit is ‘n wonderlike blog hierdie van jou. Ek kom kyk gereeld hier. My dogtertjie is vanjaar in graad 1 en dis vir my nogal ongelooflik wat alles van hulle verwag word.
Ek wil graag iets by jou uitvind indien jy vir my raad kan gee.
My dogtertjie is volgens my en die sielkundige wat haar voorheen getoets het bogemiddeld, so dit was nogal vir my ‘n skok toe haar punte (mos nou uit 7 uit) verlede kwartaal nie so goed was soos wat ek verwag het nie. Blykbaar volgens die juffrou sukkel sy met Wiskunde (bv. wat kom tussen 7 en 9=8) en haar klanke is ook nie te goed nie. Wat my egter verstom is dat ons dit nog nooit agtergekom het nie. Sy ken altyd alles as ons huiswerk doen en volgens ons was ons nie bewus van ‘n probleem nie. Kan dit moontlik ‘n probleem wees dat sy nog bietjie sukkel om aan te pas in graad 1? Sy is ‘n baie selfstandige kind en was altyd baie voorwaarts, maar nou sê die graad 1 juffrou sy is baie stil, glimlag nooit (tensy sy sê sy moet) en dit is net vir my heeltemal anders as wat sy eintlik is. By die huis is sy egter nog dieselfde. Ek is net bietjie bekommerd, want dit wil vir my lyk asof my kind ‘n hele karakterverandering ondergaan het. Ek het haar uitgevra en sy sê juffrou skree vreeslik op die stout kinders, so miskien is sy half bang en wil nie in die moeilikheid kom nie. Sy het ‘n sterk persoonlikheid maar het ook ‘n sensitiewe sy. Sy is baie kunstig.
Die ding pla my nogal geweldig, want ek wil graag my kind help en van ouderdom 3 af koop ek al vir haar boekies met werkies om haar te help en sy het ook die “Big Boet” program wat sy gereeld doen. Ek sou graag wou weet hoe evalueer die juffrou die kind, want soos ek reeds gesê het by die huis ken sy alles. Die boeke wat huistoe gestuur is, is ook baie goed met byskrifte van die juffrou wat my laat dink het alles is in orde. Ek sal baie bly wees as u dalk vir my raad het.
LikeLike
Apr 23, 2012 @ 17:53:35
Middag, Noeleen 😉
Ai, dit is regtig nie lekker as ‘n mens sulke nuus kry nie. Dit kan wees dat die aanpassing van ‘n meer informele Graad R na die formele Graad 1 moeilik is om te maak. Die kurrikulum is nuut en vol vereistes, maar so het elke kurrikulum aanpassings en nuwe uitdagings. Ek weet dat die juffrouens die outjies gewoonlik eenkant toe roep om klanke uit te ken en om soortgelyke assesserings te doen. Dalk voel poplap effens “in die kollig” en maak dit haar gespanne.
Ek sou met die sielkundige gesels (wat haar getoets het) en die moontlikheid van spelterapie bespreek het. Dit is ‘n goeie manier om die emosies en vrese van jong kinders aan te spreek.
Hier is heelwat idees in verband met skrif, klanke, sigwoorde, lees en aspekte soos voor/na. Vir laas genoemde werk bordspeletjies soos slangetjies-en-leertjies goed, want ‘n mens moet die heeltyd bewus wees van die syfers en aantal blokke wat jy moet skuif. Tik gerus ook soekterme soos Graad 1, Graad R, VMI, ogies, abc, skryf, patrone, vorms, syfers, klanke…by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in om verskeie idees oor die onderwerpe te kry. Kyk of dit werk en as dit nie binne twee weke resultate lewer nie, kan ons aanpassings maak. Baie sterkte 😉
LikeLike
Mei 14, 2014 @ 20:26:28
Hi Noeleen ek sit met die selle probleem, ek kry my kind so jammer ek praat en verduidelik rustig dan begin sy te huil, ek gaan def juff se raad ook probeer. Alle sterkte
LikeLike
Mei 15, 2014 @ 20:24:30
Baie sterkte
LikeLike
Sep 12, 2012 @ 14:59:06
Hi ek het my seuntjie gewys om duime na bo sy vuis te bal en n bedjie met sy hande na mekaar te hou. as jy dit reg hou lyk dit soos n b en n d bd!
LikeLike
Sep 12, 2012 @ 18:18:05
Ja, Rozann 😉 Dit werk baie goed. Loer gerus ook na hierdie idees i.v.m. b en d en die moontlike verwarrings.
LikeLike
Mar 01, 2010 @ 18:42:00
Hi wil graag jou raad he omtrent sandputte by skole, hoe gereeld moet dit skoongemaak word,waarmee dit behandel moet word en watter sand die beste is om te gebruik in kleuterskole. danie
marieette
LikeLike
Mar 01, 2010 @ 19:59:48
Gats, Marieette…ek was so lank laas naby ‘n sandput…Ek het wel hierdie skakels vir jou gekry:
http://www.cyh.com/HealthTopics/HealthTopicDetails.aspx?p=114&np=305&id=1847
http://www.allsandboxes.com/sandboxes/sandboxsafearticle.cfm
Ons het van tyd tot tyd ‘n soutoplossing oor die sand gespuit en oornag laat lê…Die sand hou gewoonlik redelik lank as die kinders geleer word om nie gemors daarin te gooi ens. nie. Afhangend van jou sandput, kan jy ‘n heininkie om dit bou (animal proof) en ‘n skadunet dakkie bo-oor. Daar behoort genoeg sonlig te bak om die “kieme dood te bak”, maar die net beskerm die kinders teen die ergste son. Ek sal my ore oop hou vir verdere nuus.
LikeLike
Mar 04, 2010 @ 20:38:18
Ek is n eerste jaar student in grondslagfase en ek sukkel verskriklik om ideas uit te dink. Ons het nou n werkswinkel en ek moet ‘n skepende aktiwiteit doen, buitespel, n storie en besprekingskring doen oor speelgoed. ek het nie rerig idees vir my hooftafel in my skeppende aktiwiteit nie en ook nie vir my buitespel nie. ek wil dit graag baie interessant maak. Enige hulp?
LikeLike
Mar 05, 2010 @ 11:37:38
Goeie dag
Baie dankie vir hierdie wonderlike web blad. Sjoe het ek nou al vir jou gegoogle. My seuntjie is nou in graad 2 en is mal oor somme en skryf en alles. Hy self het my gevra ek moet ekstra somme vir hom maak, maar al hierdie inligting is wonderlik. Baie baie dankie.
Groete Monja
LikeLike
Mar 06, 2010 @ 13:51:43
Dankie, Monja 😉 Kom kuier gerus weer
LikeLike
Mar 15, 2010 @ 09:42:24
Goeiedag
My seuntjie is in graad 0 en sy juffrou het aanbeveel dat ek hom vir ‘n gehoortoets neem, aangesien hy nie reageer op opdragte, ens. nie. Dis lyk soms asof hy in sy eie w êreld is. Die gehoortoets het gewys my seun se gehoor is 100% normaal.
Ek vermoed sy ouditiewe persepsie/geheue kort aandag. Dis asof hy ook soms sukkel om sy aandag by iets te hou en te konsentreer. Dit beinvloed al die areas van sy lewe, bv. sport, buitemuurse aktiwiteite, ens.
Ek wil hom so graag help voor dit te laat is en hy ‘n agterstand het. Is daar dalk oefeninge wat ek tuis saam met hom kan doen om hom met sy konsentrasie/geheue te help?
Baie dankie by voorbaat!
Groete
Liesl
LikeLike
Mar 15, 2010 @ 17:24:23
Middag, Liesl en welkom 😉
Gee daardie juffrou môre ‘n stywe druk. Ek is so dankbaar as die juffrouens al voor die “groot skool” begin kyk na moontlike probleem areas. Dit sal goed wees as jy eers met ‘n paar luister oefeninge begin. Teken bv. 3 sirkels in ‘n ry. Vra nou dat jou seuntjie sy oë toe maak en luister na jou opdra. “Maak ‘n sirkel om die middelste sirkel.” As jy klaar gepraat het, mag hy die opdrag uitvoer. Brei dit uit na iets met 2 dele “Maak ‘n sirkel om die middelste sirkel en ‘n vierkant om die laaste sirkel.” Oefen die huis se telefoonnommer en die selfoonnommers. Leer dit vir hom met ‘n ritme aan bv. 024 …55 66 382. Die jonger outjies onthou iets beter as daar ‘n ritme of ‘n assosiasie aan verbonde is.
Legkaarte en “soek die voorwerp” speletjies is ook oulik om die konsentrasie te verbeter. Begin met eenvoudige legkaarte en brei dit uit na min of meer 100 stukke teen die einde van die jaar. 100 stukke is ‘n uitdaging vir sommige outjies en dus nie die norm nie. Dikwels is daar aktiwiteitsboekies waar jy die pad moet vind van punt A tot B. Die outjie moet eers die pad met ‘n vinger soek en dan met ‘n kryt.
Baie belangrik…kleintjies moet geleer word om te luister…Verseker dat hy oogkontak maak voordat jy ‘n opdrag gee. Vra dat hy die opdrag herhaal. Indien dit makliker is om toe oë te konsentreer, kan hy met geslote ogies na jou luister. Probeer dit en laat weet asseblief hoe dit gaan. 😉
Ek het ‘n paar idees oor ouditiewe persepsies geplaas…Kyk gerus hierna:
https://juffer.wordpress.com/2009/10/31/amper-in-die-groot-skool/
https://juffer.wordpress.com/2009/02/11/ouditiewe-tuisprogram/
Kyk ook na hierdie stukkie, maar moenie nou al daarop reageer nie. Ons moet eers seker maak dat die ogies en ore lekker ontwikkel.
LikeLike
Apr 19, 2010 @ 16:37:33
Hi Juffrou,
Baie dankie vir hierdie oulike web blad. My dogtertjie is nou in Gr1 en doen tot dusver baie goed. Ek wil graag vir haar meer oefeninge gee om te doen maar weet nie waar om te soek nie. Ek wil graag al begin met wiskunde, aangesien dit baie nuut is vir die kinders, en ek wil haar net voorberei.
Ook wat ek wil vra is, hoe kan ek laat sy woordtjies memoriseer. MAW sy kan die woord spel en dan uitmaak wat dit is bv b-a-l = bal. Maar sodra hulle toets skryf en die juffrou sê bal dan is dit asof sy “blank” slaan.
En wat kan ‘n mamma doen as ‘n juffrou na 4maande van skool alreeds ‘n gunstelling leerder het en dan beteken die res niks nie?
LikeLike
Apr 20, 2010 @ 19:16:37
Hello, Lea
Grawe gerus onder die “soek” blokkie. Tik terme soos abc, skrif, skryf, klanke, somme, Graad 1 in. Dit sal vir jou na verskeie opsies neem. Onthou op al die sintuie te probeer betrek by die aanleer van klanke en woorde. Laat haar woordjies met die vinger op die mat naskryf (altyd ‘n voorbeeld naby). Sê die woorde hardop terwyl jou dogtertjie skryf en laat haar prentjies teken om dit te illustreer – indien moontlik. Ek sou ook twee tot drie stelletjies met klanke gemaak het. Knip dit uit (ewe groot) en trek dit oor met plastiek of breë kleurlose, deursigtige kleeflint. Jy kan een stel maak met prentjies daarby…bv. ‘n bal in die b, ‘n dammetjie in die d se kringetjie…rol twee tot drie stelle af, trek oor met plastiek of lamineer en siedaar. Nou kan julle die kaartjies bespreek, versprei of oop pak en dan woorde bou.
Bv. Kom ons bou bal. Wat hoor jy eerste? Maak jou ogies toe en luister. Sit jou hand op my mond (of liggies op die keel en ken gedeelte) as ek die woord sê…soek die eerste klankie…Wat hoor jy in die middel? Wat hoor jy laaste? Skuif die kaartjies teen mekaar en beweeg ‘n vinger van links na regs onder die woord om die leesrigting aan te dui. Voel oor die klanke (skryf dus liggies met die vinger) en skryf dit dan met die vinger op die mat, in sand of op ‘n ander “voelbare” item. Skryf dit dan op ‘n papier en teken die prentjie. Jy kan elke woord op ‘n ander “voelbare item” skryf. Maak assosiasies soos “ek skryf bal op die gras, want dis waar ek daarmee speel”…Toets haar met die assosiasies…Wat het ons op die gras geskryf? “bal” Wat het ons op die voordeur geskryf? “hek” Dalk help dit haar om te onthou aan al die plekke en om dan die verbintenisse te maak.
Oor die gunsteling…ai…as ‘n mens sou kla sou dit julle dalk ongewild maak. Dis iets wat ‘n mens maar versigtig moet benader. Baie sterkte 😉
LikeLike
Sep 07, 2010 @ 15:23:19
Hi Juffrou
Eerstens wil ek net baie dankie sê vir dit wat jy hier doen! Dis so moeilik om hulp, werkkaarte, ens oor wiskunde en taal op die net te kry wat in afrikaans is! Veral om die Gr1’s en 2’s te help! Ek was baie bly toe ek hier uitkom!!
Ek help ‘n dogtertjie in Gr1 met tuisonderrig (home schooling). Sy kan die woordjie skryf as ek haar vra om dit te doen maar die probleem kom by klank en sê bv. as ek vir haar sê k-o-s kan sy nie vir my sê ‘kos’ nie. Sy sal bv. vir my die woord sonder die 1ste letter sê: ‘os’. Ek laat haar kyk na elke letter wat ek spel en probeer die woord selfs so spel sodat sy presies kan hoor wat dit moet wees. Of as ek haar vra om na die woord te kyk en dit vir my te spel sal sy sê ‘k-o-s ssslangetjie’. Dis asof sy heeltemal van die 1ste letters vergeet. Dit veroorsaak dan ook natuurlik probleme met die leesles.
Sy raak ook deurmekaar met K en T, B en D, P en G.
Ek probeer soveel moontlik konsentreer op die dinge wat ek sien ‘n probleem is maar niks lyk of dit werk nie. Sy was nie voorheen by my nie en haar ouers het uit radeloosheid na my toe gekom vir hulp. Wat kan ek doen om haar meer te help?
LikeLike
Sep 08, 2010 @ 18:52:51
Hello, Ankia. b / d verwarrings is nogal algemeen en dui op ‘n ontoereikende bewustheid van rigting (links / regs). K en t – kan op ‘n ouditiewe diskriminasie probleem dui. ‘n Gehoortoets kan dalk werk om te bepaal of die outjie die klanke kan hoor. Soek egter ‘n spraakterapeut en oudioloog (‘n spraakterapeut wat gehoortoetse kan doen) om spesifiek na die ontwikkeling van die dogtertjie se ouditiewe prosesseringsvaardighede om te sien. Dikwels is die probleem so klein as ‘n blokkasie in die middel-oor wat verwyder moet word. Bel ‘n bietjie rond (“fênsie” spreekkamers en staatshospitale) en vind ‘n naam of drie van die beste terapeute en verduidelik dan aan die ouers dat die dogtertjie ten spyte van jou oefeninge nie al die klanke reg hoor nie. Dit kan nie skade doen om so ‘n toetsing te probeer nie. Baie sterkte 😉
LikeLike
Mei 06, 2010 @ 09:26:09
Hi Juffrou
Baie dankie vir die lekker afrikaanse raad.
My seuntjie is nou 5 jaar oud, raak Desember 2010 6jr oud.
Hy sukkel met legkaarte bou. Hy teken pragtige prente van homself en ‘n boom, maar onderstebo.
Het jy enige raad.
Groete
Magdalena
LikeLike
Mei 06, 2010 @ 17:18:32
Middag, Magdalena 😉
Julle kan begin by baie besprekings…Blaai deur storieboeke en bespreek die prente. Waar is die bal? (soek dan kamma aan die verkeerde kant) O, aan die linkerkant! (en druk aan die linkerkant)…Waar is die kat? aan die regterkant (en druk daar). As julle iewers heen ry kan jy jou seuntjie as navigator “aanstel”. Hoe ry ons nou weer tot by die kafee? Ons moet regs draai hier…en links draai daar…sê die rigtingwoorde saam met die aksie. Doen die aksieliedjie “Hokey Pokey” – maar vertaal dit sommer in Afrikaans – sover ‘n mens kan 😆 Die aksie saam met die linker- of regterkant begrippe is ‘n goeie manier om die begrip vir rigting te ontwikkel. Ek het pas ‘n verskeidenheid weergawes op YouTube gekry – dus kan jy seker baie kreatief raak met die liggaamsdele en woorde.
Jy kan ook “na-bou” speletjies probeer. Brainy Blocks vra dat jy ‘n patroon nabou binne ‘n raamwerk. ‘n Mens kan met die eenvoudige patrone begin en stapsgewys moeiliker patrone probeer. Die blokkies is duursaam en kan vir allerlei takies in gespan word. Tangramme is ‘n soortgelyke speletjie uit die Ooste. Dan kry jy ook die pennetjieborde vol gaatjies. Die kind moet dan ‘n prentjie na bou met die verskillende pennetjies. Indien pagoed oulik is met houtwerk, kan ‘n vierkantige plank in blokkies verdeel word. (1,5cm x 1,5cm of dalk 2cm x 2cm) Daar word dan klein spykertjies op al die kruisings gekap – sodat rekkies daaroor kan haak. Teken dan prentjies wat jou seuntjie met die rekkies moet maak. Tricky Fingers oefen die vingers en die oriëntering van krale volgens ‘n patroon.
Het julle al sy ogies laat toets? Ek sou dit oorweeg het – net om gemoedsrus te kry. Hou jou outjie dop en indien die speletjies nie help nie, kan ‘n mens ‘n arbeidsterapeut middel tot einde Junie gaan spreek. ‘n Konsultasie kan ‘n mens se sak dalk skud, maar hoe vroeër ons die uitvalle aanspreek hoe kleiner is die “sneeubal effek” later. Baie sterkte en ‘n stywe druk vir boetman!
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 10:27:56
Baie dankie vir hierdie uitstekende webblad. Kan jy asseblief vir my raad gee oor hoe ek my seuntjie (Gr 1) kan help om sy werkspoed te verbeter. Hy is ‘n dromer, altyd in sy eie wereld. Hy doen baie goed op skool ons kan net die werkspoed nog verbeter.
Lekker dag en nogmaals dankie.
Elsje.
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 16:01:25
Welkom, Elsje 😉
‘n Arbeidsterapeut-vriendin het onlangs vir ons baie oulike idees gegee oor sensoriese integrasie, ens. Sy’t nogal genoem dat ‘n mens suur lekkers of “spicy” eetgoed moet probeer om die lyfie ‘n bietjie “skop” te gee. Ander kinders eet weer wortelstokkies om hulle te laat fokus of skop die voetjies teen ‘n broekrek wat tussen die stoelpote gespan is. Hoe is die outjie se postuur? Is hy dalk lêerig? Dan kan ‘n mens ‘n bietjie aan sy spiertonus werk. Laat hom op ‘n groot yoga-bal sit of op ‘n 3/4-opgeblaasde papsak. Hy sal dan daarop moet konsentreer om reg te sit en iets hê om hom “wakker” en gefokus te hou. ‘n Aanmoedigende maatjie kan ook help. Die idees klink dalk ‘n bietjie vreemd, maar ‘n mens moet maar met “trial and error” idees in die klassie werk. ‘n Mens moet maar kyk wat werk. Laat weet gerus of dit gehelp het. Lekker naweek!
LikeLike
Mei 11, 2010 @ 14:48:19
Hi, my seuntjie is in Graad 3 en ek is baie bekommerd oor sy lees. Hy laat die te, die ens in sinne uit, maak sy eie woorde op, draai die b & d om. Hoe kan ek hom help by die huis?
LikeLike
Mei 11, 2010 @ 19:41:07
Hello, Aldorette 😉 Dit klink dan nou vir my die outjie werk te vinnig vir sy eie gedagtes :wink:. Dit is nie abnormaal nie, maar behoort aangespreek te word. Vir die b en d verwarring kan jy hier loer. Doen ‘n bietjie ekstra werk om die sigwoorde uit te sonder – deur flitskaarte te maak of deur daagliks ‘n paar te lees. Die nut van hierdie woordjies is om as gom te dien om die storie te laat werk. Sonder hulle maak die volle prentjie nie altyd sin nie. Hulle is soos die lyne op ‘n rugbyveld – sonder hulle is die wedstryd baie deur mekaar. As jy hulle nie raaksien en na hulle luister nie, maak jy onnodige foute. Vra gerus sy juffrou vir ekstra oefeninge en leeswerk (sommer stok ou reekse uit die stoor). Maak stootkaartjies uit afval karton of papier en stoot die gleufie oor die woorde terwyl jou seuntjie lees. Hy word dus geforseer om op die woorde te fokus en kan nie iets uitlaat nie. (Die kaartjie skuif net as die woord gelees word – soos “magic” :lol:) ‘n Paar oogoefeninge elke dag kan ook van waarde wees. Baie sterkte!
LikeLike
Mei 11, 2010 @ 21:30:23
U is nou werklik my laaste hoop. My seun is 8 jaar oud en is in die SPO klas van ons plaaslike skool. EK weet regtig nie meer wat ek kan doen om hom te help met sy skoolwerk, maar veral wiskunde, nie. Dit is ‘n absolute nagmerrie. He kan die basiese berekeninge soos optel en aftrek glad nie doen nie, nie eers met behulp van sy telraam nie. Sy onderwyseres is ook al moedeloos en dreig om hom uit te haal sodat hy na ‘n skool toe kan gaan waar hulle uitsluitlik leer om met hul hande te werk. Ek vrees dit. Ek is seker dat hy slimmer is as wat hy voorgee en het al agtergekom dat hy slegs moedswillig is soms. Maar sy willetjie is regtig iets vreeslik. As hy nie sy werk wil doen nie, sal hy nie. Hy sal werk nou reg doen en 2 minute later weet hy nie hoe om dit te doen nie. Met sy leeswerk vorder hy baie goed, maar die syfervaardigheid is ‘n nagmerrie. Asb as u net kan help.
LikeLike
Mei 12, 2010 @ 18:14:27
Middag, Amanda
Is jou kleintjie al deur ‘n sielkundige getoets? Ek sou dit voorgestel het. Dit kan wees dat hy ‘n mate van aandagafleibaarheid het – baie sulke outjies kom moedswillig en hardekwas voor. Dit sal die beste wees om te kyk waar sy sterktepunte lê en om hom reg te diagnoseer. Ons as juffrouens is nie opgelei om dit te doen nie, maar kry gewoonlik ‘n “gut feeling” dat daar ‘n foutjie is. Indien die skool nie ‘n opvoedkundige sielkundige kan aanbeveel nie, moet julle die naaste skoolkliniek (MEED / MOOD) kontak en vra of julle hul sielkundige kan sien. Die skool moet egter die verwysing maak. Die sielkundige sal vir julle as ouers en vir die skool die mees gepaste raad kan gee om jou seuntjie te help. 😉
Intussen kan julle speletjies probeer. Gebruik items soos koekies of lekkers. Ons het 4 koekies. Verdeel dit gelyk op tussen ons twee. Een vir jou, een vir my, een vir jou, een vir my…Hoeveel het jy? 2 en ek? 2! Jy het 2 koekies. As jy een op eet, het jy 1! Gebruik later ‘n papierbord. Skryf byvoorbeeld 5 in die middel en trek ‘n lyn deur die helfte van die bord. Vra jou seuntjie om 5 wasgoedpennetjies af te tel en om dit op die rand van die bord te rangskik. Hoeveel is aan dié kant? 3 en daardie kant? 2. Skuif nou een pennetjie oor na die ander kant. Hoeveel penne is hier? 4 en daar? 1. Jy kan verskillende getalle so deurwerk van 2 tot 9. Dit help die kleingoed om ‘n “hoeveel gevoel” vir die getalle te ontwikkel. Later kan jy iets doen soos om ‘n bak aartappels op die tafel te sit. Vra dan dat hy dit tel (8). Kry nou ‘n aartappel vir elkeen in die gesin. 4. Hoeveel het jy geneem? Hoeveel bly oor? Aha! 8 minus 4 is 4. Jy het ‘n som gedoen!
‘n Mens moet die dinge maar baie spelenderwys en op verskillende kreatiewe manier probeer.
Op 8 jaar is ‘n verwysing na ‘n vaardigheidskool ‘n bietjie vroeg. Die feit dat die juffrou reeds besorg is is goed, want nou weet ons dat ons moet seker maak dat ons antwoorde kry. Baie sterkte!
LikeLike
Mei 14, 2010 @ 11:45:34
Goeiemore,
Ek is mal oor die webwerf en wens ek het al lankal op dit afgekom!!
Ek soek op die stadium vir my 9-jarige dogtertjie ekstra werkkaarte vir Engels. Ek sukkel om haar te help met die engels, omdat dit nie vir my lyk of hulle enigsins grammatika leer voordat (of terwyl) hulle Engels leer lees nie. Kan jy dalk help?
Dankie!
LikeLike
Mei 16, 2010 @ 11:28:31
Môre, Anelia en welkom
Ek gaan sommer vir jou ‘n paar skakels in ‘n inskrywing aanbring. 😉
LikeLike
Jun 16, 2010 @ 17:13:05
Hi juffer,
Ek glo jy kan my help?! My dogtertjie, nou 6 en in gr 1 sukkel met haar konsentrasie en taak voltooing. Sy word in Oktober 2010 7jaar oud en ek vermoed dat haar sensoriese integrasie nie is wat dit moet wees nie. Ek kry soveel raad uit verskeie oorde, party beveel arbeidsterapie aan, ander praat weer van “integrated learning therapy” en sommiges raai spel terapie aan. Ek is nie seker watter kant toe nie en wil nie van die een na die ander gaan as ek eintlik nodig het om net aan een deur aan te klop nie. Daarbenewens hou ek natuurlik koste effektiwiteit ook ingedagte! Alhoewel sy sukkel met haar konsentrasie lees sy baie goed en ken sy al haar klanke waar sy dit ook in woorde en sinne kan weergee. Sy het aanvanklik haar b en d omgeruil maar ek het gevind dat dit met die tyd beter geraak het, soveel so dat sy dit amper nooit meer doen nie. Het jy raad vir my asb? Baie dankie vir jou waardevolle raad en hulpmiddels, ek vind dit altyd baie behulpsaam wanneer ek hier kom inloer! Mooi bly, Nicolene x
LikeLike
Jun 19, 2010 @ 09:49:20
Môre, Nicolene 😉 As ek so na jou brief luister, is daar ‘n paar goed wat na vore kom…Jou dogtertjie verjaar laat in die jaar – dus moet alle betrokkenes besef dat sy ontwikkelingsgewys nie so “sterk” sal wees soos ‘n Januarie-baba nie. Dit klink dalk na ‘n nonsens storie, maar uit ondervinding het ons ontdek dat outjies wat vanaf September verjaar dikwels so ‘n treetjie uit ritme trap tot die Junie-vakansie. Daarna begin hulle in tyd en op die ritme van hul maats beweeg. Konsentrasie-uitvalle kan dikwels daarop dui dat die dieet verkeerd is vir die spesifieke lyfie, dat daar sensoriese integrasie uitvalle is, dat die spiertonus laag is, dat daar emosionele uitvalle is…Daar is baie redes 😉
Gebruik ‘n eier-wekker (egg timer) en gee ruim tyd om ‘n prent in te kleur of om ‘n legkaart te bou. Poplap moet probeer om vir die hele tydperk te fokus en kan dan ‘n lekkertjie kry (wat julle belonings ookal insluit :wink:)…Gee baie werkies soos doolhowe (soek die pad van die kat tot by die muis) of natekentakies. Sy moet eers met die vinger beplan en mag daarna die kryte inspan. Vra vir Poplap om elke dag ‘n storietjie te skryf. Spelfoute is nie ‘n probleem nie. Sy moet byvoorbeeld 4 sinne gebruik om iets te vertel. Jy kan die spelfoute klein en in potlood onder-aan die bladsy korregeer. Dit gaan daaroor dat sy ‘n takie binne die wekkertjie se tydperk probeer klaar maak…inoefening is ‘n goeie hulpmiddel en lekkertjies soos ‘n Smartie of ‘n Jellie Tot is ‘n lekker beloning. Doen “terloops” huistake waar jy jouself ook aan ‘n tydperk verbind en maak self ‘n paar foute. Bv. die hoop onderklere moet opgevou wees voor die wekker lui…Dit help soms as ‘n mens ‘n voorbeeld voorhou van hoe ‘n mens jouself moet aanwakker…en dat jy dan heerlik kan ontspan na die werkery.
Ek sou nie nou al spelterapie (berading deur spel) aanraai nie. Laat ‘n gesoute arbeidsterapeut ‘n deeglike evaluasie doen om seker te maak dat uitvalle vroegtydig aangespreek word. Sy sal vir jou ‘n tuisprogram kan gee indien die finansies ‘n bietjie lol. Arbeidsterapie duur gewoonlik 6 maande en lewer beter resultate in kinders van 6 – 8 jaar as in ouer kinders (die probleme is dan vas gelê). Ander hulp wat ‘n mens kan oorweeg is sport soos gimnastiek, perdry, tennis en swem. Dit word nogal redelik baie deur arbeidsterapeute voorgestel as ondersteuning vir outjies met koördinasie en spierbeheer uitvalle. Kyk eers ‘n bietjie of die eetgewoontes ‘n bietjie aangepas kan word, die roetine gevestig word en of arbeidsterapie ‘n opsie kan wees…Geniet die vakansie en moenie te hard werk nie! 😉
LikeLike
Jun 28, 2010 @ 19:31:38
Hi juffer,
Skies ek het so lank gevat om te leer, maar BAIE DANKIE, jy het weereens wonderlike raak! Dit help darrem so baie om net ‘n bietjie iemand anders se perspektief oor ‘n saak te hoor. Ek gaan beslis die praktiese dinge probeer wat jy voorgestel het. Verder gaan ek haar tog deeglik laat toets deur ‘n arbeidsterapeut, sou individuele terapie dan voorgestel word, sal ons dit defnitief sterk oorweeg. Het jy dalk enige web tuistes of boeke wat jy kan voorstel wat my kan help met haar dieet? Ek sal graag solank daaraan wil begin werk, siende dat sy ook ‘n ‘picky eater’ is. Nogmaals dankie vir jou, ek waardeer geweldig!! Ek is ook in die onderwys, maar ai, dis ‘n ander saak wanneer jou hart en emosies so nou betrokke is by jou eie klein lyfies… Ek voel soms heel magteloos wanneer dit by my eie kinders kom, die ander outjies is vir my heelwat makliker om te hanteer en mee te werk. Weet nie of dit vir jou sin maak nie?? Ons gesels weer, mooi bly en geniet jou ruskans xx Nicolene
LikeLike
Jun 30, 2010 @ 16:58:32
Hi, Nicolene Loer gerus na die inskrywing oor dieet en kosblikke. Dit behoort solank ‘n paar idees te gee 😉 Lekker rus!
LikeLike
Jun 22, 2010 @ 11:05:02
Ek is self ‘n onderwyseres…gee in engels skool. My seun is in Gr. 3. Hy sukkel op skool, maar het ‘n bo gemiddelde IK. Ek leen ‘n paar werkskaarte vir hom. Dankie.
LikeLike
Jun 22, 2010 @ 19:00:37
Hi, Lizette 😉 Grawe gerus en kyk veral na die lysie aan die regterkant (blogroll) vir verskeie skakels na oulike webwerwe.
LikeLike
Jul 08, 2010 @ 17:23:07
Enige inligting ivm musiek in die klaskamer – veral graad 2 en3, werkvelle???
Baie dankie
LikeLike
Jul 08, 2010 @ 17:47:46
Hi, Susan…Ek sal vir jou ‘n bietjie soek na idees…(Ek het bitter lank laas self musiek gegee :wink:)
Wat van:
http://www.lessonplanspage.com/Music23.htm (baie lesse klaar uit gewerk)
http://printables.kaboose.com/Music-Printables.html
http://www.allkidsnetwork.com/worksheets/music/ (Engelse woordeskat – instrumente)
LikeLike
Aug 25, 2010 @ 13:08:47
Goeiemiddag
Ek is opsoek na woordsomme, my seun is in Gr 2 en sukkel met die woorsomme so bietjie wat ons nou al gedeeltelik bemeester het.
Kan u asseblief vir my so iets aanstuur.
Groete
LikeLike
Aug 25, 2010 @ 17:46:24
Hello, Nelia 😉 Kyk gerus by die skakel oor woordprobleme vir ‘n paar idees.
LikeLike
Aug 27, 2010 @ 13:08:17
ek was nou op hierdie webblad en dit is ongelooflik ek is tans in my vierde jaar en doen ook nou aansoek vir werk…. het sommer ‘n klomp idees gekry vir volgende jaar vir my klas . uitstekende werk hous o aan
LikeLike
Aug 27, 2010 @ 16:55:08
Dankie, Comien! Sluit sommer as my Facebook-vriendin aan of skryf op die voorblad in vir kennisgewings van nuwe skrywes 😉
LikeLike
Sep 12, 2010 @ 14:27:12
Juffer, ek is ‘n Gr O Juffrou met my eie dogtertjie tans in die Graad. Ek besoek daagliks die webwerf en het al baie van die werksvelle en advies in my eie klas gevolg.
Baie dankie vir die wonderlike raad en al die moeite wat ons gespaar is deur van die aktiwiteite op die webblad te gebruik. Ek druk telkens van die “artikels” uit en het dit reeds in boekvorm vir myself gebind. Dit is van onskatbare waarde!!
LikeLike
Sep 12, 2010 @ 19:40:36
Ek is baie bly as ek van hulp kan wees, Phidelia 😉 Nooi gerus jou klas se ouers om ook te kom loer en om te vra vir raad 😉
LikeLike
Sep 18, 2010 @ 18:08:07
Hi Juffer
Ek gee “skills” klasse by my kind se skool en soek enige lekker web tuistes waar ek kan gaan rondsoek. Hulle kan nie baie doen nie, party van hulle kan nie eers op ‘n reguit lyn sny nie, ek wil tog iets met hulle doen om hulle ook te laat voel hulle kan ook iets regkry, ek wil dat die ander juffrouens kyk en se wow die kind kan dit nou regkry, het jy dalk idees …. ek het ook dan ‘n ander vraag, my kind raak bietjie verwar van tyd tot tyd as hy ‘n b of ‘n p in ‘n woordjie moet skryf … hoe maak ek dit vir hom makliker om te weet. Op die stadium sal hy my vra is dit b vir bal of p vir padda?
LikeLike
Sep 19, 2010 @ 09:55:12
Hello, Michelle 😉 Ek het verskeie vaardighede onder tema’s geplaas, byvoorbeeld herfs, lente, geskenke…
Jy kan soekterme aan die regterkant van die hoofblad in tik om verskillende tema’s te soek. Loer gerus ook na die lysie skakels onder “blogroll”- en “onlangs”-hofies. Daar is so ‘n paar gedagtes oor die verwarring van b en d en klanke. Tik ook woorde soos skrif, skryf en abc by die search blokkie in. Dit sal jou na verskillende takies en idees toe neem. 😉
LikeLike
Okt 05, 2010 @ 20:44:32
BAIE dankie vir hierdie webblad!!! Ek is getroud met ‘n Amerikaner en woon al 12 jaar in Connecticut. Ek tuisskool ons 5 jarige dogter (gr 1) en 7 jarige seun (gr 2) en het vanjaar met Afrikaans begin. Ek het die “Alles in een” program gekoop (my suster kom elke 2 jaar), maar het iets vir beginners nodig en jou skrif blaaie slaan die spyker op sy kop. As jy nog wenke of werkblaaie het vir buitelanders vir skryf en lees, sal dit wonderlik wees. In ons tuisskoolgroep is daar nog ‘n Afrikaanse ma wat naarstiglik soek na materiaal.
Groete
Marna
LikeLike
Okt 06, 2010 @ 18:15:25
Ag, lekker! Jy moet so ‘n bietjie na GRAFFITI en KLEUTERS.CO.ZA ook gaan kyk. Graffiti is ‘n aanlyn-boekwinkel met baie opvoedkundige boeke en dinge. Die Alles-in-een reeks se opvoedersgidse sal ook vir jou lekker leiding kan bied van hoe om die outjie in elke graad te help. Loer gerus na die lys van skakels aan die regterkant (blogroll) vir ekstra idees. Dan is daar ook die oulike webwerf genaamd cnx. Hulle het voorbeelde van lesse per graad en verskeie vakke. Ek stel voor dat julle “Huistaal”, die Graad en CNX “google”. Dit behoort vir jou by die regte blaaie “af te lewer”. Kyk ook na die boekies wat Mart Meij verkoop. (Hoofskrywer van die ALLES-IN-REEKS reeks.) Grawe verder lekker onder die “drukbare bladsye” en laat my waarmee ek kan help 😉
LikeLike
Okt 14, 2010 @ 19:23:26
Hope en emmers vol dankie!!!
Marna
LikeLike
Okt 15, 2010 @ 16:11:26
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Okt 14, 2010 @ 19:39:04
Wil net graag weet. My seuntjie nou 6 in gr 1 se leus is nie op par nie. Hy is volgens die leessentrum mense 9 maande agter met lees. watse oefeninge kan ek by die huis doen om dit te verbeter
LikeLike
Okt 15, 2010 @ 16:25:44
Hello, Erika 😉 en welkom
‘n Belangrike vertrekpunt vir die verbetering van lees en leesontwikkeling dek aspekte soos ‘n goeie begrip vir klanke (klank- of fonemiese bewustheid) en ‘n goeie kennis van sigwoorde. Maak seker dat die outjie sy klanke flink kan herken (enkel-, dubbel-, twee- en drieklanke). Die laaste twee (twee- en drieklanke) word nie juis in Graad 1 “getoets” nie, maar ‘n mens moet darem weet wat dit is om ‘n vreemde woord te probeer klank.
Hou die woorde sigbaar – teen ‘n deur of ‘n muur – en groepeer dit sodat hy al die aa-woorde, ee-woorde…ensovoorts bymekaar het. Laat hom sinne bou deur woorde van die muur af te kies. Motiveer hom om sinne met meer as 4 woorde te skryf en as hulle reg is, kan jy ‘n plakker plak. Hy moet dan die sinne self hardop lees en prente daarby teken. Voeg later moeilike woorde uit sy leesboekies of uit die aand se storievoorlesing by. Hoe groter die woordmuur, hoe breër raak sy leeswoordeskat en kennis.
Het julle al die ogies laat toets? ‘n Deeglike oogtoets om na die sig / visie én oogbewegings te kyk, kan baie waardevol wees. Soms beweeg die oogspiertjies nie egalig nie en sal die optometriste vir ouers oogoefeninge gee. Oorweeg dit gerus. Baie sterkte!
LikeLike
Okt 17, 2010 @ 20:27:26
Goeie naand ek soek hulp asseblief my kind is in Gr1 en sukkel met halveering wat is die maklikste manier om vir hom te help verstaan.
Dankie Miemie Pietese
LikeLike
Okt 19, 2010 @ 18:41:00
Hello, Miemie 😉
Halvering kan nogal moeilik wees om te snap, maar met konkrete of hanteerbare hulpmiddels (soos lekkers) sal dit beter gaan. Trek ‘n groot houer knope nader en verbeel julle dis vol lekkers. Gryp so ‘n paar en tel dit saam met grootman af. Vra dat hy die lekkers tussen julle twee verdeel. Halvering gaan immers daaroor om ‘n getal in twee te deel. Aanvanklik kan hy “een vir my, een vir jou” uit deel en dan tel hoeveel elkeen kry. Skryf elke keer die totaal met die helfte se getal langsaan neer. Indien daar ‘n lekker oorbly, moet julle dit ook aandui. Vind net by die juffrou uit wat sy met die orige enetjie maak. Sommige skole praat reeds van “‘n half” vir elkeen en ander gebruik eerder die term “res 1”. Die beste manier om wiskunde en wiskundige konsepte te hanteer is om maar terug te gaan na ‘n “laer rat” deur konkrete items te gebruik, later prentjies en dan die getalsimbole. Laat weet gerus as ek nog kan help 😉
LikeLike
Nov 09, 2010 @ 21:31:04
Hallo daar
Ek is raadop. My seuntjie in Gr 1 neem omega olies, doen karate, gebruik alergie mediekasie en n asma pompie. Hy is redelik intelligent, maar sukkel om in die klas omgewing aan te pas, met tye gaan dit baie goed en ander tye baie rof. Ek kry briefies van die juffrou dat hy nie sy werk klaar maak nie. By die huis het ons n streng roetine. Die juffrou wil graag he dat ons vir hom ritilin gee, maar ek voel nie dit is die regte ding om te doen nie. Help asseblief!!
LikeLike
Nov 10, 2010 @ 19:11:01
Middag, Anneke 😉 en welkom
As ek reg na die geleerde mense luister, is outjies met aandagafleibaarheid dikwels juis die slimmes…en dit sluit Albert Einstein in 😉 Ek gaan vra dat jy die stukkie oor aandagafleibaarheid en dieet lees. Vra gerus vir die juffrou om ‘n Connors-vraelys te voltooi (die skool behoort voorbeelde te hê…en beslis ‘n pediater). Indien dit lyk asof daar rede is om in te gryp, kan jy ‘n konsultasie met julle pediater oorweeg. Wys die inligting aan hom / haar en speel oop kaarte. Dikwels neem die outjies medikasie om vir die skooltyd / leertyd te fokus en spoel die liggaam dit heeltemal uit die lyfie na ‘n paar uur. Daar is verskillende medikasies en middels om te oorweeg…en dit is nie noodwendig net een wat werk nie.
Kyk gerus ook na my vriendelys op FACEBOOK (JUFFER JUFFROU). Daar is ‘n skooldokter, dr. Lawrence, wat aangebied het om raad te gee. Sy is baie gaaf en sal vir jou goeie raad kan gee. Dr. Jeeva het weer ‘n webwerf met ander interessante inligting.
Ek stem met jou saam…so ‘n keuse of besluit is iets wat ‘n mens baie mooi moet deur kyk en oorweeg…baie sterkte en ‘n ekstra skep roomys vir die kleinman!
LikeLike
Nov 16, 2010 @ 14:16:47
Hallo Juffer
Wat n wonderlike webtuiste!!! Wat is die beste manier vir dissipline in n klas? Veral vir die kleingoed, is dit soms moeilik om te weet watter maniere van dissipline werk die beste vir hulle, as jy my net raad kan gee sal ek jou ewiglik dankbaar wees.
Vriendelike groete
Marine
LikeLike
Nov 16, 2010 @ 16:36:38
O,gats… 😉 Dissipline is altyd ‘n tameletjie. Ek ken ‘n juffrou wat altyd met ‘n rustige stemtoon praat en nooit skree nie. Sy praat wel harder en met ‘n dieper stem om die outjies te laat weet “juffrou is nou keelvol”. Sy weier om haarself uit te put deur onnodig te skree en neem summier ‘n stout kind na die onderhoof of hoof vir ‘n “gesprek”.
Dit werk goed as ‘n mens ‘n besprekingsles het oor probleme in die klas. Bv. “Ek voel ongelukkig as die klas nie dadelik stilbly en luister wanneer ek wil praat nie. Wat kan ons doen om dit te verbeter?” Luister na die aanbevelings en bespreek die voor- of nadele. Kies ‘n idee en skryf dit neer: “As die klokkie lui, moet ek luister.” Bespreek ook ‘n geskikte straf. Na die tyd kan jy die “reëls” in groot skrif bo die bord aanbring, met die strawwe teenoor elkeen. Beperk die reëls tot 5 of 6. Pasop vir dreigemente wat nooit sal waar word nie…Bv. Meneer gaan nou hier in stap en dan gaan hy…Wees koel en kalm. Wys na die reëls en sê byvoorbeeld: As jy kies om nie te luister nie, kies jy om nie later ‘n langer pouse te kry nie….en pas dit toe.
Ander juffrouens deel weer ‘n A4-vel in blokkies of rytjies op. As ek reg onthou het dit ongeveer 31 blokkies – een vir elke dag. As die outjies die hele dag mooi gewerk het en goeie gedrag getoon het, kry hulle ‘n plakkertjie of ‘n merkie met ‘n veselpen (koki). As die gedrag swak was, kry hulle ‘n swart kolletjie, MAAR die kolletjie kan met ‘n plakkertjie verbloem word as hulle gedrag verbeter. Sodra die kaart vol is, word dit gelamineer en met seremonie oorhandig op ‘n Vrydagmiddag. Die kaarte is gewoonlik in die mooiste kleure en ouers loer eerste in daardie rigting as hulle by die klas inloer.
Ander juffrouens gebruik ‘n kamma-leertjie en los naamkaartjies. Hoe ouliker jy was, hoe hoër klim jou naam teen die leer op. ‘n Vriendin het weer genoem dat hulle ongeveer drie kleurkaarte het. Jou naam begin daagliks op die gematigde groen – met die woorde “Jy is ‘n sterkind.” daarop. As die gedrag of samewerking verswak skuif die naamkaart na oranje (“Jy is op dun ys.”) en die oortreffende trap is rooi – “Jou ouers word geskakel.” Jy kan natuurlik weer terug na die veiliger kleure skuif. Indien die outjie 3 maal “in die rooi” was, word hy / sy vir ‘n dag op detensie geplaas. Detensie is eintlik net vir die seniors, maar die kleintjies word so dan en wan vir ‘n pouse op detensie geplaas as hul ouers toestemming gee.
Die beste is om ook maar aantekeninge te maak van die kleintjies se gedragsuitvalle. Dalk kan dit op iets anders dui – soos taakvermyding (as dit te moeilik is) of dat iets gebeur het (pouse, tuis…). Doodgewone stoutgeit moet ‘n mens eintlik na regte ignoreer en ‘n mens moet slegs fokus op die positiewe dinge. Dalk kan jy die plakker-kaart probeer. Soek dan vir ‘n goeie punt om te beloon en maak ‘n bohaai oor die mooi gedrag. Indien die outjie ‘n swart kolletjie gaan kry, kan ‘n mens hom eenkant toe roep en die rede verduidelik – eerder as om dit voor die klas te noem. Indien iemand in die klas uitskree en daaroor praat, kan ‘n mens die outjie stil maak en bloot sê dat daar ‘n rede was en dat julle dit reeds bespreek het. Kyk gerus ook na clssp se inligtingspakket wat hulle aan die begin van die jaar aan ouers stuur – met ‘n dissipline-plan daarby. Juffrou Nelson het ook ‘n oulike idee.
Ek het agter gekom dat hoe blinker die beloning is, hoe makliker is dit om na juffrou te luister 😉 Dalk is daar ander juffrouens wat vir ons van hul oulike idees sal vertel. Baie sterkte 😉
LikeLike
Okt 07, 2011 @ 09:01:21
Hi! Ek het oor die jare heelwat idees beproef vir dissipline in die klas, want ek is ook nie iemand wat skree nie. Van die beste metodes wat vir my werk, is die volgende: 1. Ek hou ‘n geel stophorlosie op my tafel. Wanneer ek ‘n opdrag gee, bv. pak alles weg, dan se ek vir die leerders ek gee hulle een minuut, daarna sit ek die stophorlosie aan en die tyd wat verloop, m.a.w. wat hulle mors, neem ons weg van pouse. Sodra ek die geel horlosie optel, kry almal skielik woema en dan noem ek name: “Ek sien X het besluit om julle pouse korter te maak.” Almal gluur X aan en X reageer dan dadelik om nie in die maats se slegte boekies te beland nie.
2. Ek leer hulle van dag 1 af dat alles oor keuses gaan. As hulle gedrag goed is, wys hulle vir my dat hulle bv. graag pouse wil hou, maar as hulle gedrag swak is, dan het hul mos sommer in die klas al pouse gehou deur te gesels, te speel, ens. Dan wys hulle vir my dat hulle gekies het om nie nog ‘n pouse te he nie. Ek sal dan soms noem: “X, ek sien jy kies om nie pouse uit te gaan nie.” X se gedrag verbeter gewoonlik dadelik. Of: “X, ek sien jy kies dat ons vir jou ouers vandag ‘n briefie huis toe stuur / hulle gaan bel.” Wanneer ek soms dringend die klas moet verlaat, se ek ook dat ek met die inkomslag sal sien wat het hulle gekies deur hul gedrag: pouse, of nie. Dit werk vir my klasse regtig goed.
LikeLike
Okt 10, 2011 @ 17:15:44
Middag, Sanette 😉
Ja! Dít is nogal ‘n paar blink idees. Ek wonder watter ander idees ons mede-onderwysers met ons kan deel?
LikeLike
Nov 17, 2010 @ 09:47:55
Goeie dag, My seuns is ondeskeidelik in Gr. 3 en Gr.4. Hulle altwee sukkel met spelling (afrikaans en engels) en wil nie boeke lees nie. Ek het Big Boet se nuwe program vir vir Snr. Maar dit lyk nie of die spelling verbeter nie. Watter kreatiewe idees kan jy dalk voorstel wat ek kan gebruik om hulle meer te laat lees.
Dan sal ek ook graag die volgende wil weet. Aan die begin van my seun se Gr. 4 jaar het ek hom vir studiemetodes geneem. Hy is onder die breinprofiel geklassifiseer as K. En daarvolgens moet hy op al drie maniere leer. Sy punte is baie goed maar ek sal graag hom op ‘n makliker manier wil laat leer. Ek het gewonder of jy nie dalk weet van ‘n webtuiste is waar ek meer oor “mind-mapping” kan leer nie.
Baie dankie vir u oulike webtuiste!
LikeLike
Nov 17, 2010 @ 17:53:12
Middag, Retha 😉
Ek kan vir jou ‘n skakel gee na ‘n remediërende opvoeder se webwerf. Sy verkoop gidse waarin kinders spelreëls, klanke, ensovoorts kan oefen. Ek gebruik self van haar gidse en vind dat dit baie lekker werk. ‘n Mens moet maar net so ‘n “loer”-afstand behou om te verseker dat die outjie regkom. Dit kan ook ‘n goeie verwysingsbron wees vir Graad 3 / 4 kinders. Kyk ook na webwerwe soos Think Online.
Baie mense verwys na mind-mapping as geheue kaarte of breinkaarte. Dit maak dit nogal moeilik om te vind. Kyk gerus na hierdie skakel. Daar is ‘n dokument wat seker meer vir ouers is en dan het ‘n skakel vir kinders gekry. Baie voorspoed aan julle 😉
LikeLike
Jan 03, 2011 @ 13:47:00
Ek is op soek na `n program wat ek kan aflaai vir lopende skrif, sodat ek werkkaarte kam maak vir Graad 3 .
LikeLike
Jan 03, 2011 @ 19:50:03
Hello, Wilma 😉 Ek sukkel self om ‘n lekker bruikbare skrif te kry. Ons skool gebruik een wat sulke klein gapinkies tussen letters het en dit lees eenvoudig nie lekker nie. Met behulp van ‘n paar Twitter-maats het ek vir jou die volgende twee skakels gekry:
http://www.edu-aid.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=4&Itemid=3
http://new.myfonts.com/search/tag:cursive/fonts/
Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Jan 04, 2011 @ 08:48:52
Wilma, ek het vir jou nog ‘n skakel gekry…
Click to access zb_ough_word_wall.pdf
http://www.educationalfontware.com/
Dit is nog nie die presiese skrif nie, maar vir outjies wat lopende skrif aanleer, is dit leesbaar 😉
LikeLike
Jan 14, 2011 @ 10:19:09
jou blog is amazing, ek kry net waarna ek soek!doen so voort. . . .suzette
LikeLike
Jan 29, 2011 @ 14:02:44
Ek is nou ‘n 4de jaar Grondslagfase student en het op die webblad afgekom! Dit het my soooo baie gehelp! Ek begin nou goed bymekaar maak vir my klas volgende jaar en ek bookmark verseker die webblad vir idees as ek vashak! Baie dankie!
LikeLike
Jan 29, 2011 @ 21:39:52
Baie dankie en welkom Louise! 😉 Loer gerus weer in 😉
LikeLike
Jan 31, 2011 @ 23:09:32
Beste Juffer
Kan jy asb vir my leiding gee waar ek meer oor ouditiewe persepsie te lees kan kry. My dogter, nou in gr. 4 sukkel om te lees. Dit wil ook voorkom asof dit wat sy hoor en dit was sy weergee nie ooreenstem nie.
LikeLike
Feb 02, 2011 @ 17:43:56
Hello, Eldine 😉 Ouditiewe persepsie of prosessering word gewoonlik grotendeels in grade R tot 2 aangespreek om die ontwikkeling van lees te ondersteun. Ek gebruik van die oefeninge en beginsels om ook met ouer kinders te werk (bv. Wat hoor jy eerste? Watter klanke hoor jy laaste? Wat rym met…?) As jy graag by die huis wil help sou ek hersiening van die klanke en sigwoorde doen en dan na die verskillende aspekte van lees ontwikkeling kyk. Vind gerus ook uit of daar ‘n remediërende opvoeder is wat julle ‘n bietjie ondersteuning en leiding kan bied.
Het julle jul dogter al na ‘n spraakterapeut en oudioloog geneem vir gehoortoetse? Dit kan dalk waardevolle inligting bied. Hoe vroeër ‘n mens in die jaar begin “ingryp” en help, hoe beter. Baie sterkte!
LikeLike
Feb 07, 2011 @ 12:57:09
Hallo juffer
Ek is ‘n onderwysstudent wat ‘n huiswerksentrum begin het waar ek kinders in die middae help om huiswerk te doen, help met spelling, wiskunde ens. Ek is op soek na wiskunde 1 minuut en lees 1 minuut toetsies waar ek die kinders se standaarde kan bepaal, dit is slegs vir kinders gr 1-4. Enige idee waar ek die goedjies kan opspoor?
LikeLike
Feb 07, 2011 @ 17:07:50
Hello, Lizahn 😉 Sulke toetse is gewoonlik by leerondersteunings-opvoeders, remediërende opvoeders en opvoedkundige sielkundiges beskikbaar. Ek stuur vir jou ‘n e-pos met meer besonderhede 😉
LikeLike
Feb 19, 2011 @ 10:29:25
Hi,
Ek is mal oor hierdie web blad! Ek is opsoek na oulike vingeroefeninge wat Gr.1’s kan doen net voor skrif. Enige idees?
LikeLike
Feb 20, 2011 @ 09:25:55
Hello, Jessica, en baie dankie! 😉
Skrif en vingeroefeninge is vir my ‘n belangrike aspek van skoolwerk. Miskien is dit omdat ek dikwels foutiewe lettervorming, omkerings en sulke dinge sien. Dit skep nie vir alle outjies probleme nie, maar dit gebeur dikwels dat verkeerde skryftegnieke moontlike omkeringsprobleme vererger.
Tik gerus terme soos skryf, skrif, abc, patrone, fynspier en handspier by die soekblokkie in of loer onder die “drukbare bladsye” vir nog idees. Daar is ook groot letter- en robotkaarte om oor die “voel” en te skryf. 😉 Sterkte met die lesse!
LikeLike
Feb 23, 2011 @ 11:23:31
Goeie dag juffer
My seuntjie is nou 5jr hy word 6 die 2de november 2011.
Ek wil graag net weet hoe gaan ek weet hy is emosioneel reg vir skool, en of ek hom ‘n jaar moet teug hou in graad r. Hy is tans in graad r.
Dankie.
LikeLike
Feb 23, 2011 @ 18:58:20
Hello, Maritsa 😉 ‘n Outjie wat aan die einde van die jaar verjaar sal moontlik ‘n bietjie later skoolryp of -gereed word, maar dit beteken nie noodwendig dat hy nie gereed sal wees om Graad 1 volgende jaar te begin nie. Praat met die klasjuffrou en benader die jaar asof hy volgende jaar Graad 1 sal begin. Doen dus aansoek by ‘n laerskool en indien die juffrou dan teen Augustus / September vir julle vra om die outjie meer tyd in Graad R te gun, kan julle bloot die laerskool in kennis stel van die besluit. Dit sal goed wees om dan ook ‘n opvoedkundige sielkundige te sien om die outjie te evalueer. Hulle sal kyk of die outjie skolasties en emosioneel gereed sal wees om die pas en druk van Graad 1 te hanteer. Februarie is ‘n bietjie vroeg vir ‘n besluit, maar dit is goed dat ‘n mens dit in die agterkop hou. Baie sterkte 😉
LikeLike
Mar 04, 2011 @ 12:58:38
Hi daar, ek wil graag bietjie raad hê aangesien my seuntjie nou in Gr.3 is maar geweldig sukkel. Hy is reeds ‘n jaar agter gehou en ek het nou die besluit geneem om met tuisonderrig te begin. Ek voel egter asof ek verdrink en ek weet nie waar om te begin nie. Het jy enige idees en raad vir my?
Baie dankie
LikeLike
Mar 05, 2011 @ 09:02:45
Hello, Liza 😉 Begin by die probleemareas. Gaan deur die dubbel-, twee- en drieklanke en kyk of hy dit ken. Fokus dan op die klanke waarmee jou seuntjie sukkel. Dink aan sowat 6 tot 8 kort woordjies, skryf dit op flitskaarte en lees dit saam met hom. Jy kan duplikaat-kaarte maak om “snap” of ‘n geheue-spel mee te speel. Bespreek die woorde en kyk of hy weet wat dit beteken. Motiveer hom dan om sinne daarmee te maak. Ek vra gewoonlik dat die outjies hulle eie sin maak, herhaal dit dan hardop (en korregeer sommer so per toeval die foutjies) en vra dan dat hulle die oulike sin neerskryf. ‘n Mens moet ook redelik visueel werk. Plak die woorde teen die mure op – as ‘n verwysingsraamwerk vir latere werk. Die outjies kyk gewoonlik vinnig vir nog ouliker woorde om te gebruik in hul nuwe werk.
Gebruik gerus soekterme soos lees, abc, skryf, skrif, sigwoorde, graad 1, graad 2, graad 3…
Vir die wiskunde deel kan jy baie telwerk doen – aantel, terugtel, oorslaantel (veelvoude). Kyk na die verskillende begrippe vir bewerkings (meer as, altesaam, soveel keer…) en woordsomme (ook genoem probleemoplossing en woordprobleme). Dus moet julle deur die Graad 2 en 3 werk gaan waarmee die outjie geworstel het om die kreukels uit te stryk. Tik gerus soekterme soos wiskunde, graad 1, graad 2, graad 3, kurrikulum en woordprobleme in die bruin blokkie in. 😉
‘n Webwerf met oulike lesplanne is CNX.org. Google cnx.org + Graad 3. Dit behoort vir jou op die regte plek te plaas. Dan kan jy ook na die Alles-in-Een reeks se opvoedersgids kyk en boeke soos die Clever- en Slimkoppe-reekse aanskaf. Daar is ‘n yahoo-ondersteuningsgroep vir tuisonderrig. Sluit gerus aan om ook met ander ouers te gesels.
Omdat die outjie reeds voorheen ‘n bietjie geworstel het, sal ek ekstra, eksterne hulp inroep. Probeer gerus remediërende onderrig of sentrums soos Kumon, Kip McGrath en Tina Cowley – wat ekstra ontwikkeling bied.
Baie sterkte! 😉
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 01:14:34
Haai.
Ek doen reeds twee jaar tuisonderrig en vind die IMPAK kursus materiaal uitstekend en besonder goed uiteengesit, met ouergidse en cd’s en telefoniese hulp beskikbaar.
Dit is ook gebasseer op christelike waardes en ook gerig op Afrikaanssprekende kinders. Sterkte dis ‘n moeilike en lang pad maar wel die moeite werd.
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 19:56:19
Baie dankie, Lida 😉
LikeLike
Mar 07, 2011 @ 21:27:53
Hello Juffer!
Sjoe! Ek is so opgewonde dat ek die webblad teegekom het! Ek is tans ‘n grondslagfase student en geniet elke oomblik van my studies. Ek wonder of Juffer my dalk kan help met enige idees om ‘n musiek instumente boks te versier?!
LikeLike
Mar 08, 2011 @ 17:01:45
Dankie, Melinda 😉 Moet jy die instrumente maak of net versier? Indien dit oor die versiering gaan, kan jy lekker kreatief raak.
Soek na oulike prente van musikante – met sterk buitelyne. Sny dit net so uit of rol dit af (swart op wit) voordat jy dit uitsny. Verf dan die houer een kleur en plak die figure rondom die houer. Gebruik aangemaakte muurpapiergom (los die poeier in ‘n bietjie kookwater op) om dit lekker stewig te laat plak en verf die houer met die gom vir ‘n seëllagie.
Verf ‘n pragtige prent of ‘n tema op die houer. Gebruik akrielverf vir ‘n bietjie glans.
Jy kan natuurlik ook verskillende musiekterme uitdruk (soos die figure), uit knip en met gom op die houer plak. Hoe eenvoudiger die kleurskema hiervoor, hoe meer treffend.
Gebruik musikante of sangers uit ‘n spesifieke era. Rol duidelike foto’s af en plak dit op die houer (gebruik eie oordeel).
As die houer ‘n bietjie langer as ‘n dag moet hou, kan jy altyd ‘n lagie deursigte vernis oor spuit of verf.
Ek hoop dit kan jou help 😉
LikeLike
Mar 12, 2011 @ 17:13:13
Hallo juffer
Ek is op soek na werksvelle vir lewensvaardigheid vir graad 2 leerders. Sal bly wees as jy my kan help om skakels daarvoor te vind. Baie dankie
LikeLike
Mar 13, 2011 @ 07:58:41
Hello, Tertia 😉 Ek loer gewoonlik na die CNX-lesse en soek ook volgens spesifieke tema’s. Die Get Ahead, Alles-in-Een en Cleverreekse het gewoonlik heel oulike werksvelle. Watter tema’s het jy in gedagte?
LikeLike
Mar 17, 2011 @ 12:00:37
Hi
My dogtertjie is tans 4 en word Des 5. Ek wil net graag bietjie uitvind oor wat presies die kriteria is waaraan hulle op die ouderdon moet voldoen. Sy gaan tans 3 keer ‘n week skooltjie toe. Ek wil net so bietjie meer weet oor emosionele intelligensie ook asb? Die jufrou het tydens ‘n ‘n ouer/juffrou gesprek die volgende onder my aandag gebring: sy eet stadig, praat te min en gee nie drukkies nie, sy dink sy is emosioneel nie op regte vlak nie. Wil net weet of ek kommer moet hê en of dit enige ontwikkeling kan beïnvloed? Ek sal graag net die beste vir my kind wil doen en haar wil help met enige iets waar ek kan.
Dankie
LikeLike
Mar 17, 2011 @ 19:36:46
Hello, Johanna 😉 Jou dogtertjie is ‘n paar maande jonger as die outjies wat vroeg in die jaar reeds vier word. Die kans is dus goed dat sy dus nog nie op dieselfde ontwikkelingsvlak as hulle is nie. ‘n Mens kan haar ook nie in ‘n rigting druk nie, want sy moet volgens haar eie pas ontwikkel. Volgens ‘n gids (De Witt, MW & Booysen, MI. 1994. Die Klein Kind in Fokus.) is die volgende geskik vir ‘n 5-jarige. Ek het ongelukkig nie die volle boek by my nie, maar hierdie stukkie behoort reeds te help.
Emosioneel:
Is emosioneel baie meer beheersd en oor die algemeen stabiel.
Vol selfvertroue
Spog graag
Is baie trots op dit wat hy bereik en geskep het
Hou van die beperkinge wat reëls op hom lê
Kan homself handhaaf in die afwesigheid van sy moeder
Kan al in geringe mate sy eie beslissings / besluite neem
Kognitief (denke):
Uiters weetgierig; hou nooit op vrae vra nie.
Sosiaal:
Tevrede om vir lang tydperke alleen te speel, maar speel ook met ander kinders.
Geniet fantasiespeletjies.
Verkies kompetisiespeletjies bo spanspeletjies.
Groepspeletjies benodig volwassenes om te arbitreer.
Basies afhanklik van volwassenes se goedkeuring.
Kyk dan ook na die mylpale vir 4-jariges. ‘n Mens kan poplap dop hou en indien sy nie gereed is vir Graad 1 aan die einde van Graad R nie, kan ‘n mens dalk ‘n ekstra jaar oorweeg om haar die kans te gun om skoolryp te word. Dis egter nog ‘n entjie weg en ‘n mens kan haar die geleentheid gun om haar voete te vind. Praat egter gereeld met die juffrou om te hoor hoe dit gaan.
Indien die gedrag (onttrekking) nie beter word nie, kan ‘n mens ‘n spelterapeut soek om ‘n sessie of twee met jou dogtertjie te hê. Spelterapie behels ‘n tipe berading deur middel van spel. Speelgoed word gebruik om die emosies te verwoord en werk baie goed met die kleintjies. Jy kan gerus by ‘n plaaslike opvoedkundige sielkundige of by maatskaplike dienste (ACVV, BADISA…) navrae rig vir die besonderhede van ‘n oulike terapeut.
Baie sterkte 😉
LikeLike
Mar 18, 2011 @ 09:29:19
Baie baie dankie!! Ek waardeer die wyse raad!!
LikeLike
Mar 18, 2011 @ 17:55:28
Dis ‘n plesier, Johanna. Kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Mar 28, 2011 @ 11:37:27
Hi
Ek soek ‘n maklike manier om vir my dogtertjie dae van die week te leer!
Groete
Janine
LikeLike
Mar 28, 2011 @ 16:54:15
Hello, Janine 😉 Ek het altyd die dae gesing op die maat van Twinkle, Twinkle little star – in Afrikaans en dan weer in Engels. Die deuntjie is redelik bekend en na ‘n paar herhalings kry die outjies die volgorde van die dae onder die knie.
Jy kan ook die “dae” takie (drukbare bladsye) uitdruk en teen ‘n deur vas plak. Plak die pyltjie op ‘n wasgoedpennetjie was en knyp dit langs die betrokke dag vas. Gebruik dinge (prente) uit jou dogtertjie se skoolweek om die oop blokkies te illustreer. Bv. Maandag het jy tennis, Dinsdag gaan ons biblioteek toe, Woensdag is atletiek, Donderdag maak pappa aandete, Vrydag is dit lekkertjie-dag, Saterdag speel ek en Sondag gaan ons kerk toe…
Na ‘n paar weke of dae van oefen, kan jy die lyntjies opknip en in ‘n koevertjie bêre. Jou dogtertjie moet dan elke dag die regte dag op die yskasdeur of kennisgewingbord plak. As sy deurmekaar raak kan sydie liedjie sing as hulpmiddel. As gister dan Maandag was, is vandag mos die volgende dagnaam…en dit is Dinsdag. Gebruik ook sommer woorde soos vandag, gister en môre om haar te help om die opeenvolging van dae (en tyd) vas te lê. Baie sterkte! 😉
LikeLike
Mar 29, 2011 @ 16:31:09
Hi!
Jou webblad is absoluut stunning! Ek weet omtrent nie waar om te lees en waar om te kliek nie!
My seuntjie word amper 5 en die juffrou kla dat hy nie wil stilsit en konsentreer in die klas nie. As hy besluit iets interesseer hom nie meer nie dan staan hy sommer op en gaan doen iets anders. Hy let wel op want hy onthou als wat hul in die klas doen. Ek is net bekommerd dat as hy volgende jaar graad R toe gaan, gaan hul verwag dat hy stilsit en dan gaan hy probleme optel. Is daar iets wat ek by die huis met hom kan doen om hom te help om bietjie langer stil te sit en om sy takies klaar te maak, maar op so manier dat ek nie hom forseer nie. Ek wil nie graag sy temperament soos hul se, knak of verander in iets wat hy nie is nie. Ek soek net maniere waarop hy sy potensiaal kan benut ten volle maar op ‘n manier wat vir hom werk en wat dalk nie so baie vir die juffrou pla nie.
Duisende dankies!
Charmaine!
LikeLike
Mar 30, 2011 @ 17:36:24
Hello, Charmaine 😉 Op 5 is dit nog aanvaarbaar om ‘n bietjie woelig te wees, want die lyfie ontwikkel nog. Kan hy legkaarte klaar bou of ‘n prent teken sonder om op te staan? Gee vir hom ‘n wekkertjie (“egg timer”) as ‘n uitdaging. Kom ons kyk of jy vir 5 minute kan legkaart bou. (5 minute, want jy is 5 jaar oud. :wink:) Merk die poging met ‘n sterretjie op ‘n kalender af. As hy vir 5 dae agter mekaar mooi kon werk kan hy ‘n DVD gaan uitneem of julle kan ‘n roomys iewers gaan eet. Later kan ‘n mens die doelwit ‘n bietjie verder maak. Bv. 10 minute vir 10 dae. So kan ‘n mens ‘n bietjie speel met die uitdagings en belonings (niks te groot / duur nie). Miskien kan sy juffrou dan ook voor julle vertel of hy hard probeer het. Konsentreer net eers op opbouende nuus en spogwerk. As dit lyk asof hy belangstelling verloor, kan ‘n mens ‘n ander opvoedkundige speletjie aanskaf of bordspeletjies as ‘n gesin speel. Buiten vir die opvoedkundige waarde geniet kinders die samesyn en saam wees. Dít op sig self is reeds ‘n beloning en behoort hom te boei.
As hierdie voorstelle nie werk nie, kan ‘n mens later kyk na dinge soos spiertonus. Dit is moontlik nie ter sake nie, maar ‘n paar “speel-speel” oefeninge kan dalk voorkomend gedoen word. Monitor die aandagspan en kyk so teen die middel van Graad R of dit nogsteeds steurend is. Indien wel, kan ons weer gesels. ‘n Stywe druk vir die grootman 😉
LikeLike
Apr 01, 2011 @ 14:45:25
Sjoe ek kon nie my geluk glo toe ek per ongeluk op hierdie blad afkom nie! Dit is voorwaar baie oulik en van groot hulp en waarde. Ek is tans ‘n student (grondslagfase) aan Unisa en vir my is hierdie besliks ‘n wonderlike fonds. baie dankie hoor.
LikeLike
Apr 01, 2011 @ 16:44:26
Dankie, Leonora…en welkom 😉 Kom loer gerus weer in.
LikeLike
Apr 03, 2011 @ 09:38:41
Die tuisblad is ongelooflik! Dankie vir al jou moeite met dit! Ek wil jou hulp vra. Ek is tans besig om onderwys te swot en moet inligting kry oor die “Perceptual Skills Excercises”.
*Gross motor Coordination
*Fine motor Coordination
*Eye-hand Coordination
*Visual foreground and background discrimination
*Bosy orientation
Kan j dalk ‘n paar webtuistes voorstel of idee’s?
Dankie 🙂
LikeLike
Apr 04, 2011 @ 08:58:24
Welkom, Mantoine 😉 Kyk gerus na eyecanlearn vir visuele oefeninge. Grof- of groot motoriese oefeninge sal klim en klouter, balans, balspele, ensovoorts insluit. Kyk na oefeninge vir spiertonus en middellynkruising. Jy kan fynspier oefeninge op verskeie plekke hier kry. Tik terme soos skrif, skryf, handspier, fynspier in vir nog idees. Liggaamsbeeld het te make met ‘n kennis van die liggaamsdele en die begrip vir wat dié liggaamsdele kan doen. Ruimtelike oriëntasie het te make met die begrip vir waar iets in ‘n ruimte is en waar jy in ‘n ruimte beweeg (voor, agter, links van…). Ek vermoed body orientation het te make met laasgenoemde. Soek gerus na boeke i.v.m. motoriese ontwikkeling en kinderkinetika vir meer akademiese inligting. Boeke soos “Die klein kind in fokus” (MW de Witt et al) en Hauptfleisch en Grové se boeke is ou staatmakers en behoort in die universiteit of kollege se biblioteek te wees. Baie sterkte 😉
LikeLike
Apr 10, 2011 @ 10:08:20
Baie dankie!! Dit help baie. 🙂
LikeLike
Apr 10, 2011 @ 15:46:49
😉 Plesier!
LikeLike
Apr 10, 2011 @ 14:12:43
ek begin more my gr 2 dogter tuis onderig dankie vir n lekker leer kuier plekkie kan sien jy gaan van groot hulp wees .by voorbaat dankie vir so puik aktiewe blaai
groete louise
LikeLike
Apr 10, 2011 @ 15:48:12
Baie dankie en kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Apr 11, 2011 @ 01:54:49
Helo! Ek is dringend opsoek na informasie oor Intervensie Strategie. Die verkillende handskrif fases wat daar is. Het jy dalk asb ‘n webtuiste waarna ek kan gaan kyk?
dankie 🙂
LikeLike
Apr 11, 2011 @ 05:48:01
Môre, Mantoinè 😉 Kyk gerus na die volgende skakels:
Skrif-ontwikkeling en skryfgereed
‘n Opsommende stukkie oor navorsing wat gedoen is.
Oefeninge en aspekte om na op te let
‘n Australiese gids oor die fases van skrifontwikkeling
Fases
Ek sal vandag kyk of ek nog inligting in my gidse kan opspoor 😉
LikeLike
Apr 11, 2011 @ 15:55:59
Hi
Ek het gewonder of jy dalk kan help, ek is opsoek na twee lewensvaardigheid lesse oor troeteldiere enige hulp?
Dankie 🙂
LikeLike
Apr 11, 2011 @ 20:30:18
Hallo, Jessica 😉 Gee my kans tot môre. Ek is besig met so ‘n paar gedagtes 😉
LikeLike
Apr 11, 2011 @ 19:36:37
Hallo daar. Baie dankie vir jou oulike webblad.
My seuntjie is amper 4 jaar oud en ons is nou so maand oorsee en dit sal seker nog 3 jaar wees voordat ons na SA toe terugkom. Ek wil graag my seun in afrikaans onderrig. Ons is vir nog 3 maande hier in Kanada en dan verhuis ons weer na Amerika, so om boeke van SA hierna toe te laat kom en dan weer daarmee te moet trek werk nie. Jou drukbare bladsye is dus ideaal vir my.
Baie dankie dat jy dit beskikbaar stel en dat mense soos ek wat in ‘n vreemde land wil tuis onderrig baie hierruit kan baat.
Miskien kan jy dalk vir my aanbevelings doen op afrikaanse leerplanne vir wanneer ek graad R met my seun wil begin.
Baie dankie
LikeLike
Apr 11, 2011 @ 20:33:57
Welkom, Tania 😉 Jy kan gerus ‘n bietjie snuffel. Tik terme soos “abc, handspier, spiertonus, middellyn, visueel, ouditief, klank…” by die soek-blokkie in. Daar behoort heelwat aktiwiteite op te duik. Jy kan ook na die webwerf kleuters.co.za en klein breintjies loer vir nog idees (beide is onder die blogroll gelys). Bevriend my op Facebook (Juffer Juffrou) of skryf in op die kennisgewingslysie (skakel bo-aan voorblad). Ek noem dikwels name van oulike webwerwe en skakels op FACEBOOK indien jy sou belang stel. 😉
LikeLike
Apr 12, 2011 @ 19:03:12
Baie dankie, ek sal so maak
LikeLike
Apr 12, 2011 @ 19:19:29
😉
LikeLike
Apr 12, 2011 @ 09:58:05
Baie dankie vir die fantastiese raad! Ek gaan dit beslis probeer! Skuus ek se nou eers dankie, dinge was bietjie dol. My seuntjie was intussen by ‘n arbeidsterapeut en sy se hy is hiperaktief en het ook probleme met sy spiertonus en als wat met dit gepaard gaan. Ek het ‘n hele lang lys van goedjies wat ek met hom moet doen by die huis. Ek is so bly vir jou website, ek kom loer gedurig in vir inligting en idees! Duisende dankies!
LikeLike
Apr 12, 2011 @ 16:57:15
Dis ‘n plesier 😉 Dis lekker as ‘n mens so ‘n klomp oefeninge kry om te doen. Lekker speel en oefen 😉
LikeLike
Apr 15, 2011 @ 08:21:24
Hi Juffer
Baie dankie vir jou oulike webblad. Ek wil net graag vra of jy nie dalk rympies het vir ‘n kleuter van 5 jaar nie. Ons kunswedstryd is om die draai..
Dankie 🙂
LikeLike
Apr 17, 2011 @ 18:22:10
Hello, Danielle 😉 Ongelukkig het ek nie so iets nie. Baba & Kleuter het egter ‘n paar gepubliseer. Sal hulle rympies dalk geskik kan wees? Sterkte met die oefenwerk 😉
LikeLike
Apr 19, 2011 @ 12:39:15
Hallo Juffer Ek het ‘n Graad 2 seuntjie wat nog sy b en d’s omruil maar wat ook sukkel in wiskunde met wat kom voor en na ‘n syfer, is daar iewers oefeninge wat ek vir hom van dit kan gee. Dankie ook vir die oulik webblad dit help al baie
Baie dankie
LikeLike
Apr 19, 2011 @ 18:37:35
Hello, Carlien 😉
Speletjies soos slangetjies en leertjies help gewoonlik, omdat die outjies vinnig leer wie voor loop en wie verloor. Kyk gerus ook na die inskrywing oor “meer as en minder as“. Dalk kan dit vir jou ‘n paar idees bied. Vir b en d, kan jy na die artikel kyk. Baie sterkte 😉 (Ek plaas vir jou iets op die voorblad.)
LikeLike
Apr 19, 2011 @ 20:34:39
Hierdie is ‘n wonderlike webblad, ek is ‘n 3de jaar grondslagfase student en het hierdie webblad al baie gebruik, dit help my ongelooflik baie.
Groete
LikeLike
Apr 20, 2011 @ 18:55:34
Dankie, Charney 😉 Vra gerus. As ek kan, sal ek jou probeer help 😉
LikeLike
Mei 03, 2011 @ 23:44:24
Hello, Juffer 🙂
Ek is `n 2de Jaars BEd student wat `n Besprekingskring moet doen Donderdag (5 Mei) oor “Ons land – Suid-Afrika”.
Ek weet mens kan oor die land se vlag praat, die Groot 5 of Die Nasionale Embleme. Maar ek is `n bietjie verlore. Al die ander temas wat ek al `n les oor gegee het was redelik maklik.
Maar ek het geen idee hoe om die les te begin nie.
Het half “Blank geslaan”.
Enige idees sal baie waardeer word! 🙂
Vriendelike groete
LikeLike
Mei 04, 2011 @ 19:53:12
Hallo, Cokie 😉
Ek is dalk ‘n bietjie laat vir jou laas, maar dalk kan dit help. Ek het ‘n tydjie gelede ‘n paar goedjies geplaas oor Suid-Afrika se embleme en dinge. Kyk ook na hierdie en hierdie skakel.
Dalk kan jy begin deur die vlag bekend te stel en vra of hulle dit herken. Jy kan verduidelik dat elke land ‘n vlag, ‘n naam en ‘n volkslied het wat uniek en spesiaal is. Dan kan jy dalk praat oor wat die land so spesiaal maak. Ons het ‘n Groot 5 – diere uniek aan Afrika – wat so spesiaal is dat mense ons land besoek om hulle te sien. Gee dan maskers van die onderskeie diere en laat die outjies die diere naboots ter afsluiting. Jy kan die kinders in diere-groepe verdeel om later skeppende werk te doen of om met die maskers tydens fantasiespel te speel.
Ek hoop dit kan help. 😉
LikeLike
Mei 05, 2011 @ 14:56:53
Hi
Ek wil net dankie sê vir die webblad want ek sit met ‘n dogtertjie wat 5 jaar oud is maar sy is nog breintjie gewys ‘n 3 jarige kind ek mut nou ekstra werk met haar doen want haar regte ma het net nie omgegee nie, sy is in pleegsorg by my. Het iemand daar buite nog ideas wat my kan help
LikeLike
Mei 05, 2011 @ 19:10:42
Hallo, Jacoline 😉
Kyk na skakels onder my “blogroll” met titels soos OT, Crazy OT, Arbeidsterapie, Klein Breintjies, Kleuters…Dit behoort prettige idees te gee vir wanneer julle met jou dogtertjie speel en sommer net gesels. Dan kan jy ook soekterme regs intik soos “skoolgereed, handspier, ogies, fynspier, Graad R, spiertonus, speel, skool…”. Daar is verskeie tema’s met opvoedkundige aspekte wat julle by die huis kan volg…soos lente, herfs, speelgoed, troeteldiere, wilde diere…Lees baie stories, sing liedjies en sê rympies op. Lekker en interessante werk behoort jou dogtertjie geïnteresseerd te hou.
Baie sterkte en ‘n groot druk vir jou poplap 😉
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 01:08:19
My dogtertjie s ook by ons in pleegsorg maar sy is reeds 12, sy is weggevat weens seksgeweld en is ook emosioneel agter, erger nog sy is nooit skool toe gestuur nie en is nou eers besig met gr2 (tuisonderrig) soms raak ek vreeslik moedeloos omdat ons so sukkel met die lees en om die totale agterstand in opvoeding en opleiding in te haal. Ding wat ons as kind as vanselfsprekend ervaar het is net nooit aangespreek nie, soos om te mag speel en om te gaan vakansiehou. Sterkte, ek weet waardeur jy gaan. As jy wil gesels kontak my gerus (boodskap met kontakbesonderhede direk gestuur).
LikeLike
Mei 10, 2011 @ 12:31:08
Goeie middag, jy het ‘n baie oulike webtuiste en goeie raad en hulp. My seuntjie is nou Graad 2 en wil nie lees nie. Ek weet nie meer wat om te doen om lees vir hom lekker te maak nie. Hy is baie goed in wiskunde en sukkel weer glad nie daar om die woord somme te verstaan of reg te lees nie. So hy kan lees, dis net dat hy nie wil nie of te lui is om te lees.
As jy miskien vir my kan raad gee wat om te doen
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 20:27:58
Hallo, Irina 😉
‘n Outjie wat luierig is vir lees moet maar op ander manier gelok word om te lees. Ek sien ‘n outjie vir wie die flitskaarte uitpak. Ons lees dan die flitskaarte saam. Dan maak ons beurte om die dobbelsteen te gooi, tel die kaarte af en maak ‘n sin met daardie spesifieke woord. Elkeen kry ‘n beurt om ‘n woord te kies en ‘n sin te maak. Die speletjie-aspek help darem om die outjie geboei te hou, want hy “wen” die meeste van die tyd sy juffrou.
Dalk kan julle verskillende leestakies op ‘n almanak in deel, soos lees ‘n storie, lees ‘n gedik, lees en sing ‘n liedjie, lees ‘n resep, doen ‘n leestakie uit jou werkboek (Alles-in-Een het kort leesstukkies in hul Geletterdheidsboeke), doen ‘n woordsoektog (word search – stel julle eie op of loer onder die soekterme sokker vir ‘n hele paar 😉 )…
Laat weet gerus hoe dit gaan 😉
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 01:03:00
Hallo,
Ek doen tuisonderrig met my dogtertjie, maar ons sukkel met die lees. Sy is ingeskryf by Tina Cowley leessentrum en doen nou gr2. Ons sukkel egter steeds om oor die spel van woorde te kom en haar sigwoorde is beperk. Ek is raadop en weet nie meer hoe om haar te help nie. Dis asof dit nie ingang vind dat die woorde ‘n geheel vorm om ‘n storie te maak nie. Enige idees?
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 19:51:21
Hallo, Lida 😉 Dit is moontlik dat poplap met ouditiewe prosessering of analise en sintese worstel. ‘n Mens moet maar baie speletjies speel soos om ‘n kort, drieletter woordjie te sê: bv. kat. Gee dan die opdrag “haal die t weg en sit ‘n s in sy plek. Wat kry jy?” kas. Begin eers deur die beginklank, dan die eind- en later die middelklanke te vervang. As die outjies sukkel om die aktiwiteit op gehoor te speel, skryf ek vir hulle die klanksom neer: kat – t + s = ……. Ek doen dit stap-vir-stap saam met die outjies en hulle geniet hierdie vreemde somme vreeslik.
Wanneer die woorde geklank word en weer saam gevoeg moet word (analise en sintese), benoem ons die klanke apart en “lees” ek die klanke met ‘n uitgerekte, stadige aksie. Dit klink soos die “slow motion replay” op televisie. Die klanke vloei dan meer in mekaar en as ons dit twee of drie keer gesê het, hoor die outjies die geheel beter. Probeer dit gerus ‘n paar dae lank. Indien dit regtig nie help nie, kan ‘n mens altyd ‘n spraak- en taalterapeut kontak vir ‘n konsultasie. Sulke terapeute toets baie spesifiek en sal vir jou ‘n tuisprogram kan gee om nommerpas vir jou dogtertjie te wees.
Vir sigwoorde, kan jy gerus hier en vir spelgoggas hier loer.
Baie sterkte 😉
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 12:20:52
Hi ek wil graag weet waar kan ek Gr R en Gr 1 se skedule of modules kry wil graag my kind tuis leer om seker te maak as dit tyd is vir hom om Gr 1 toe te gaan dat hy als kan doen of als weet wat hy moet kan doen. Ek wil dit in Afrikaans he. Hoop jy kan help. Dankie
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 20:03:24
Hallo, Zadie 😉 Jy kan gerus na die skakels aan die regterkant – onder die “blogroll” loer. Daar is skakels gemerk met skoolgereed, arbeidsterapie en kleuters – wat vir jou baie oulike idees kan bied. Die kurrikulum is gelukkig in Afrikaans beskikbaar. 😉
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 17:16:16
Hi juffer!Ek studeer tans grondslagfase. Ek is besig om te proef en my volgende les gaan oor persoonlike veiligheid. Enige oulike idees dalk vir my??:)
LikeLike
Mei 11, 2011 @ 20:17:41
Hallo, Blommetjie 😉
Dalk kan jy met Kinderregte, Kinderveiligheid en Padveiligheid wegspring. Ek is nie seker oor watter spesifieke veiligheidsaspek jy wil aanraak nie, maar dit kan altyd goed wees om die verskillende nooddienste aan te spreek, om te noem waarvoor ‘n mens hulle kontak en om die noodnommers te ken. Dalk kan julle ‘n lys van nooddienste en hul telefoonnommers illustreer vir die yskas of om naby die telefoon aan te bring. Is ons op die regte spoor? 😆
LikeLike
Mei 12, 2011 @ 13:18:08
Geagte Juffie
Baie dankie vir u hulp. Ek het twee seuntjies, een graad 1 en een graad 7. Graad 7 wil ek graag vra of u dalk my kan help met toetse van EBW, NW en Sw asb. Dit is sy sukkel areas. Graad 1 wil ek weet hoe kan ek my seun help met Letterkunde
LikeLike
Mei 15, 2011 @ 08:17:03
Môre, Daneen 😉
Ek het ongelukkig nie ‘n goeie kennis van Graad 7-inhoud nie, maar weet dat webwerwe soos Graffiti boeke verkoop met taakkaarte daarin. ‘n Mens kan ook kyk na studietegnieke kyk en ‘n kundige vra om hiermee te help. Dit is belangrik dat die outjie weet wat die vraag beteken, wat die onderwyser wil hê en hoe hy die vrae moet beantwoord. Kontak gerus die skool en ‘n opvoedkundige sielkundige of twee om verwysings na kundiges te kry wat met studietegnieke kan help. Dit sal dalk goed wees as die outjie vir ‘n paar lesse kan gaan – veral met die oog op die eerskomende eksamen.
Vir die Graad 1-outjie is daar verskillende inskrywings om te lees. Dit is egter belangrik om by die begin te begin deur te besef wat alles nodig is om die leesproses te ontwikkel. Tik soekterme soos abc, klanke, sigwoorde, lees…by die bruin blokkie (regs) in en dit sal vir jou ‘n paar skrywes gee om te lees. Ander webwerwe wat jy gerus kan besoek is aan die regterkant (onder blogroll) gelys. Loer gerus na kleuters.co.za 😉
LikeLike
Mei 21, 2011 @ 22:29:25
Ek is vreeslik beïndruk. Baie dankie vir die hulpmiddele en goeie idees.
BAIE DANKIE
LikeLike
Mei 22, 2011 @ 09:24:05
Dis ‘n plesier, Jackie 😉 Loer gerus weer in 😉
LikeLike
Mei 22, 2011 @ 18:31:29
Goeie naand
Ek is tans besig om te swot, my 2de jaar as “onderwys” student en en geniet dit absoluut baie!!! Ek is eintlik nou besig met ‘n afrikaanse taak waar en oor die jongste taalhandboeke van my fase (intermediêre) moet skryf, maar toe kom ek hierop af… Ek is absoluut mal oor jou passie om ouers, onderwysers, kinders en sommer almal te help soos wat jy doen. Dit is wonderlik om te weet daar is mense daar buite soos jy wat jou passie gebruik!!! Jy het my aand gemaak. (GLIMLAG)
Baie Dankie
LikeLike
Mei 23, 2011 @ 17:17:42
Welkom en baie dankie, Raina 😉
Kom loer gerus weer in en nooi sommer jou klasmaats om ook te kom kuier 😆
LikeLike
Mei 23, 2011 @ 12:38:37
My kind is in Graad 1 en sy se haar lees werk soos n gedig op hoe kan ek haar help
LikeLike
Mei 24, 2011 @ 18:41:00
Hallo, Gerda 😉
Sit die bekende boeke en prente eenkant neer. Neem van die woorde uit die bekende leesboeke en maak jou eie sinne op. Skryf dit lekker groot bo-aan ‘n skoon bladsy (of ‘n ou kladboek). Betrek sommer bekende dinge uit julle verwysingsraamwerk om die stories of sinne interessant te maak…bv. Jana eet graag geel lekkers op die stoep. Lees die sin dan saam en vra jou dogtertjie om ‘n gepaste prent by te teken.
Skryf verskillende sinne. As dit na ‘n nonsens-sin klink, merk sy dit verkeerd en as dit aanvaarbaar klink – merk sy dit reg. (bv. Daar is ‘n pers vliegtuig op die dak.) Die doel is om elke sin te lees om dit soos ‘n juffrou te kan merk.
Doen ook hersiening van die klanke. Gee ‘n klomp los klanke en kyk hoeveel woorde julle daarmee kan bou. Skryf die woorde neer en gebruik dit in sinne. As julle dit iewers teen die muur uitstal, is dit sommer gereed vir spog én om elke nou en dan weer te oefen.
Tik gerus soekterme aan die regkant in soos abc, klanke, sigwoorde, skrif, skryf, lees…om jou na verskillende inskrywings met idees te neem.
Lekker speel en lekker werskaf 😉
LikeLike
Mei 28, 2011 @ 11:46:45
Hi eks ‘n ma van 2 kinders. my meisiekind is in GR3 en my seuntjie is in voor skool.
hy gaan volgende jaar GR R toe.ek het hulp nodig. ek wil hul al 2 graag help by die huis.ek weet nie waar om re begin en wat om te leer vir my meisie kind nie. sy vorder okay maar wil haar meer help wat kan ek doen. dan my seuntjie sukkel om sy naam te skryf maar kan hom al herke.dan sukkel hy om sy vorms te herken en gitalle en sukkel met sy kleure.hou kan ek hom leer.asb gee my raad asb.
groete Ria
LikeLike
Mei 30, 2011 @ 19:21:46
Hallo, Ria 😉
Jy kan soekterme soos abc, skrif, skryf, skoolgereed, ensovoorts by die soekblokkie aan die regterkant in tik om na artikels met voorbeelde van klanke, letters, lettervorming, handspier-oefeninge en skrif te gaan. Dan is daar ook verskeie voorbeelde op die Drukbare Bladsye-afdeling.
Jy sal beslis ‘n paar idees vir jou dogtertjie kry as jy terme soos sigwoorde, hersien, dubbelklanke in tik. Vir nog werkvelle en idees kan jy na kleuters.co.za se bladsye vir Graad R en 3 kyk. Hulle het ‘n paar oulike werkvelle.
Baie sterkte 😉
LikeLike
Mei 28, 2011 @ 12:04:43
Skies en as jy dalk my kan help met werksvelle.Ek is baie bly ek het op die webblad af gekom ek hou baie daar van.baie dankie vir al jou hulp dit beteken baie vir ons as ouers. baie dankie.
LikeLike
Mei 30, 2011 @ 19:47:50
Hi
Ek is opsoek na inligting oor pedagogiese fatore wat kan bydra tot gedragsprobleme by leerders of dit veroorsaak, watter voorsorgmaatreels getref kan word deur die onderwyser en/of skool. Asook die positiewe gedragsversterking model.
LikeLike
Mei 31, 2011 @ 14:22:16
Hi, ek is opsoek na inligting oor pedagogiese faktore wat gedragsprobleme by ‘n leerder veroorsaak of daartoe kan bydra, watter voorsorgmaatreels deur ‘n onderwyser/skool getref kan word om om dit te weerle asook positiewe gedragsversterking model wat ‘n langdurige effek op ‘n leerder kan he.
Enige informasie sal baie help
Dankie
LikeLike
Mei 31, 2011 @ 19:26:07
Hallo, Jessica 😉
Dit klink asof jy met ‘n spesifieke navorsingstaak besig is. Ek gaan vir jou ‘n paar skakels na interessante artikels en navorsingsstukke plaas. Dalk kan dit vir jou meer lig op die onderwerp plaas 😉
tesis (meer hieroor), artikel, tesis, nog ‘n oulike onderwerp, tesis…Loer gerus na die die eerste hoofstuk of twee waarin die navorsers die probleemareas deeglik omskryf. Dalk kan jy ook in Sosiopedagogiek-gidse kyk. Ek hou ongelukkig myne by die skool 😉
LikeLike
Jun 03, 2011 @ 13:12:36
My seun is nou 7. hy baie lief vir somme maarhet geving hy baie huiwerig op lees klanke en skryf. so ek gaan nou gebruik maak van wat ek hier lees en op hom toe pas. ek will hom baie graag help.
sal almal op hoogte hou
LikeLike
Jun 05, 2011 @ 10:08:13
Môre, Melanie 😉
Tik gerus soekterme soos abc, klanke, sigwoorde, self oefen, hersien, skryf, skrif...by die soekblokkie aan die regterkant in. Baie sterkte en lekker oefen 😉
LikeLike
Jun 21, 2011 @ 23:31:40
Wat ‘n wonderlike site. Ons het ‘n pleegsorg facebook link geskep http://www.facebook.com/home.php?sk=group_178272495529160&ap=1 vir al die mammas en pappas wat pleegsorgkinders het. Vreeslik baie dankie vir hierdie ongelooflike werk wat jy in gesit het om hierdie vir ons beskikbaar te maak.
Dit is net ‘n aanwins vir al die pleegkindertjies. Ek het jou link al reeds op ons faceboek gesit.
Mariana
LikeLike
Jun 22, 2011 @ 19:47:16
Hallo, Mariana 😉
Baie dankie! Daar is so baie outjies wat liefde en sorg benodig. Pleegouers is besonderse mense 😉
LikeLike
Jun 23, 2011 @ 16:29:19
Goeie dag.
Ag ek wil net uitvind of iemand my dalk kan inligting en idees gee van wat my kinders moet kan doen op watse ouderdom(skool verband) aangesien ons in ‘n baie klein dorpie bly en die enigste kleuterskool vol is leer ek hul tuis. Help asb
Desperate mamma
LikeLike
Jun 25, 2011 @ 10:15:55
Môre, Mamma 😉
Jy kan gerus soekterme soos “ouderdom” by die die soekblokkie in tik om jou na ‘n paar inskrywings te neem. Jy kan ook na skakels soos klein breintjies en kleuters (kyk na die blogroll) gaan vir oulike idees en leermateriaal. As jy meer oor skoolgereedheid wil lees, kan jy na die skakels oor skoolgereedheid kyk of die term (bv. fynspier, spiertonus, Graad R, skoolgereed, VMI…) by die soekblokkie in tik.
Vir nog mylpale kan jy na die verskillende grade se kurrikulums of die kleingoed se mylpale loer. 😉
LikeLike
Jun 26, 2011 @ 21:13:55
Juffrou,
Ek gee tuis onderig aan my kinders in Swaziland, my seun is Gr 3 en sukkel met deel somme, veral die in hakkies. Sodra die som in hakkies is, raak hy heel deur mekaar. Is daar dalk ‘n oulike en ‘n maklike manier om dit te verduidelik?
LikeLike
Jun 27, 2011 @ 18:58:29
Middag, Adel 😉
Die rympie lui dat jy altyd by die hakkies begin. Die hakkies is jou belangrikste of kosbaarste gedeelte en dui gewoonlik aan waar jy moet begin dink. Dit sal gewoonlik vir jou sê hoeveel stukkies daar is om tussen hoeveel mense te verdeel (bv. 20 stukke om tussen 4 mense te verdeel). Jy werk dit uit en gaan dan voort met die res. Die volgorde van bewerkings word eintlik eers in later grade aangespreek.
Praat jy dalk van deling met die strepie soos ons dit altyd gedoen het? Gewoonlik word dit eers in die groter klasse bekend gestel…maar jy kan nogsteeds daarna wys en verduidelik dat die groot getal onder die dak deur die kleiner getal buite die gebou verdeel word. (Ook die geld in die bank word gelykop deur die getal buite die bank verdeel.)
Hou eers die deelsomme eenvoudig en lê die basiese kennis deeglik vas voordat julle die moeiliker take aandurf… Baie sterkte 😉
LikeLike
Jul 06, 2011 @ 01:55:26
Baie dankie vir al die inligting! My kinders geniet dit om afrikaans te leer in ‘n engelse land. Ons praat net afrikaans in die huis en dit maak al die lesse die moeite werd en hulle leer om nie net afrikaans te praat nie, maar te lees en skryf ook.
Groete,
Elouise
LikeLike
Jul 06, 2011 @ 08:33:08
Fantasties! Lekker leer en speel en kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Jul 11, 2011 @ 15:08:55
Ek is so verlig, om uiteindelik ‘n website te kry wat ouers kan help om hulle kinders te kan help met die gr 3’s. Ek het so gesukkel om iets te kry wat mens kan download en wat in afrikaans is.
LikeLike
Jul 11, 2011 @ 16:23:14
Welkom, Tanya 😉 Loer gerus weer in.
LikeLike
Jul 26, 2011 @ 10:18:12
Ek dink hierdie is uitstekend. My dogter gaan volgende jaar onderwys studeer en sommer dadelik as assistent by ‘n skool inval. Ek dink hierdie is fantastiese hulp vir ‘n groentjie. Baie dankie dat jy jou kennis met die res deel. Dis fantasties.
Elaine Grobler van Pretoria
LikeLike
Jul 26, 2011 @ 17:56:46
Dis ‘n plesier, Elaine 😉
Sy kan enige tyd kom inloer, vrae vra of ‘n Facebook-vriendin word. 😉
LikeLike
Jul 29, 2011 @ 13:04:06
Halo juffrou!
Ek is ‘n derde jaar student en werk al 3 jaar by verskillende skole. Ek moet ‘n krit les doen die 22ste oor karnivore met graad 3. Ek soek iets vars en nuuts om te doen maar die kop staan stil.
Enige hulp sal waardeer word.
Groete
Anna
LikeLike
Aug 03, 2011 @ 17:59:33
Hi. ek het n seun wat verlede jaar met ADHD gediagnoseer is. Dit was wonderlik toe ek per toeval op jul webblad afgekom het. Ek is altyd opsoek na ekstra werkskaarte en informasie wat my kan help om my seun te help. Hy is 10 en ons sukkel ongelooflik erg, Sy punte het hierdie kwartaal dramaties geval. Nou is dit harder werk en nog meer tyd spandeer aan skool werk. wat vir my wonderlik is dat julle al hierdie tot my bekikking het, dit is vreeslik moeilik om n kind te help as jy self nie weet hoe om die werk te verduidelik nie. Dankie ek dink dis n wonderlike hulpmiddel aan soveel mammas wat met dieselfde probleem sit.
Groete Bronwyn
LikeLike
Aug 04, 2011 @ 19:04:56
Hallo, Bronwyn 😉
Loer gerus enige tyd in en vra as jy na iets spesifieks soek. Intussen sluit ek vir jou ‘n skakel na aandagafleibaarheid en dieet in. Dalk kan dit nog lig werp 😉
LikeLike
Aug 08, 2011 @ 09:19:06
Vreeslik baie dankie. Ek waardeer die hulp baie. Defenitief goeie hulpmiddels. Ek gaan dit sommer dadelik toepas.
LikeLike
Aug 08, 2011 @ 14:12:46
;o)
LikeLike
Aug 08, 2011 @ 11:28:42
Goeie dag, ek het vandag op hierdie wonderlike webtuiste uitegekom . Ek het so rukkie gelede uitgevind my seuntjie het adhd. Omdat ons baie gesukkel het om kinders te he en 5 swangerskappe gehad het en ook eers ouer geword het voordat ons ouers geword het , het ek gedink hy is okay omdat hy soms so mal soos sy ma is en impulsiewe goed kan doen soos sy ma maar op skool het ek ook begin agter kom dat hy swaar kry soos wat sy ma swaar gekry het op skool maar ten minste is daar hulp ne. Thanx vir als wat jy vir ons almal doen en beteken.
LikeLike
Aug 08, 2011 @ 16:54:50
Middag, Sonnie, en welkom 😉
Blykbaar is ADD of ADHD ook in ouers of ander familielede teenwoordig (as ek dit reg verstaan)…Dus is daar ander wat sal verstaan hoe die outjie dinge ervaar. Dit maak julle oulike mense 😉
Hoe het dit met die ekstra jaar gegaan? Ek kan net dink dat die meer volwasse (“ryper”) outjie soveel meer selfvertroue het om al sy slimmigheite te wys. Geniet hom!
LikeLike
Aug 08, 2011 @ 11:29:41
O ja, ek het vergeet om te noem dat hy 7 is en dat ek hom terug gehou het in graad 1. Hy word eers einde van hierdie jaar November 8
LikeLike
Aug 12, 2011 @ 20:09:25
Baie dankie vir hierdie! Ons woon in Amerika en SAL verseker help om ons dogtertjie Afrikaans te leer praat, lees en skryf
LikeLike
Aug 16, 2011 @ 11:22:03
Baie dankie vir ‘n oulike website! Ek het ‘n vrae oor klinkers. My kop is nou skoon deurmekaar en ek kry nie die antwoorde opgespoor nie. Ek hoop dat jy my kan antwoord.
1. Wat is lang vokale?
2. Wat is tweeklanke?
3. Watter is die drieklanke?
4. Wat is diftonge?
Dankie by voorbaat.
LikeLike
Aug 16, 2011 @ 17:49:49
Middag, Hanlie
Daar is verskillende benaminge, maar dis beter om dit eenvoudig te hou in die Grondslagfase. Lang vokale is “uitgerekte” klinkers. Dit is aa, ee, oo, uu. Ek praat hier op die blog van dubbelklanke (dis immers twee van dieselfde klank) 😉
‘n Tweeklank is ‘n diftong en ‘n diftong is twee klinkers wat saam gesê word om een klank te maak. Dit sal klanke soos ei en ui dek. Ek praat hier van tweeklanke.
Dan is drieklanke die klank wat gevorm word as drie klinkers saam gebruik word: aai, eeu, ooi, eeu (soms ook aau soos in miaau).
😉
LikeLike
Aug 17, 2011 @ 10:48:31
Baie dankie vir jou antwoord. Ek verstaan nou dat dubbelklank, tweeklank en derieklank kan verskil van boek tot boek en dat dit so genoem word om die spelreëls, ens te leer vir die kinders.
Vlg woordelys en spelreels is diftong en tweeklank dieselfde en dis die opeenvolging van twee verskillende vokaalklanke( nie letters nie) wat as een uitgespreek word huis, gebou, laai, prooi, leeu. In my eie taal en verstaan … twee of 3 klinkers langs mekaar, maar wanneer jy dit uitspreek, hoor jy 2 klanke.
Watter klanke is dan die diftonge? Ek het dit as oei, eeu, aai, y, ei, ou, ooi en ui. Is dit korrek?
Die volgende klanke, alhoewel dit twee klinkers is, klink dit vir my soos een klank: ie, oe, eu, aa, ee, oo, uu en dit word dan verwys as lang vokale.
Is dit korrek?
LikeLike
Aug 17, 2011 @ 19:05:30
Nee, gits 😆 Ek hou my gidse by die skool en sal nou eers in diepte moet loop naslaan. Sover ek dit verstaan is diftonge klanke met ‘n effense verbuiging – asof jou mond van vorm verander terwyl jy dit uitspreek – volgens standaardafrikaans. Kyk gerus ook na hierdie inskrywings:
Diftonge 1
Diftonge 2
Vokale
😉
LikeLike
Aug 19, 2011 @ 11:14:10
’n Leuke Mamma wat ADHD aanbetref
Eerstens het ek nie besef hy het ADHD nie omdat hy enigste kind is waarvoor ek baie lank gewag het en omdat ek ook baie loud is, het ek die feit dat my kind so impulsief optree na myself verwys. Dit het my ook nooit gepla nie en ek onthou vandat hy ’n baba was, het meeste van die skole waar hy was gekla oor aandag gebrek. Ek het gereken as ’n juffrou van ’n kleuterskool kla oor ’n kind van 2 jaar se aandagspan, het daar vir my rooi ligte geflikker want hoe ver kan jy nou so kindjie stumileer. Noodeloos om te se, ek het op menigte male by die skool opgedaag en juffrou probeer oorreed hoekom hy nie so geklasifiseer moet word nie. Soms was ek sommer net vies oor die manier waarop hulle die boodskap oordra na ’n mens maar ja …
Hier sit ek vandag, my kind is 7 jaar oud en ’n engel reg uit die hemel . Ek het nie voor in die ry gestaan toe enige iets uitgedeel is nie, ek praat van lyf en mooi wees en wat ook al, ek het nie die memo gekry daarvoor nie maar ten minste het ek geduld gekry en met die geduld het ek besef dat dit die ding is wat my kind dra en myself ook dra maar snaaks genoeg noudat ek uitgevind het die outjie kry swaar, is besef ek eintlik hoe erg dit vir hom is en ook vir my.
Die tekens wat ek mis gekyk het.
1. Impulsiwiteit
2. Snaakse goed wat hy doen soos ’n regte egte hanswors
3. Omdat hy alleen kind is het dit my nie gepla as hy nie saam met ander kidz wil speel nie maar ek besef ook dat as die speletjie nie na sy wense is nie, is dit nie vir hom reg nie. Hy verdra nie stout kinders nie en moet hom ook nooit beskuldig dat hy gejok het as hy nie gejok het nie want dan verloor hy dit.
4. Alhoewel sy konsentrasie van so aard is dat hy ’n hele fliek (donker met popcorn) kan deursit en kyk besef ek hy is ’n buite kind. Hy het nooit van tafelwerkies gehou nie, hy wou net altyd buite speel!
5. Als wat in sy koppie en in sy wereld aangaan is vir hom nou belangrik, ongeag wat jy se of waarmee jy hom wil vermaak. As hy besluit het hy is vandag ’n wetenskaplike kan jy op jou kop staan maar hom saamsleep iewers heen is uit.
Ek skryf hierdie goed sodat ek kan leer uit my ervaring as ’n ma. Ek het geen papiere van enige aard wat my die skerpste potlood in die pakkie maak nie maar ek wil hom help en dalk iemand anders ook help en daarom doen ek bietjie navorsing hieroor en kyk wat ek daaraan kan doen.
Goed terug na boeta, so is ons gedurede sy graad 1 jaar van een punt na die ander punt gestuur, boeta is 6 en word eers November 7 maar hy sukkel. Skool is ’n breeze vir hom en lekker want hy besef nie die erns van die saak nie. Juffrou het moed opgegee want sy is oud, moes al afgetree het en sien nie kans vir ’n kind wat sit en droom nie, so elke 3de dag wil sy hom op medikasie sit maar weereens het dit gegaan oor hoe die boodskap oorgedra word.
Om voor almal te vra in die klas, … mamma, wanneer is jy van plan om hierdie kind op iets te sit. Hy dink Juffrou is uiters cool want sy roep hom om sommer heel voor te kom sit onder haar neus. Sjoe maar juffrou is mal oor my.
Nou wonder ek so in my stillegheid of ek dalk meer aandag moes gegee het aan Stimulasie? Moes ek meer blokkies geskuif het en meer geteken het? Ons het ure buite spandeer en soveel goedjies saam gedoen, fiets gery en geswem en ge karate en als wat jy aan kan dink. So by the way, my lyf is steeds rond, ten spyte van als wat ons al gedoen het wat lekker was?
Gedurende Julie het ek MJ by die beste pediater (en mooiste een ook) gehad waarna bepaal is dat hy wel ADHD is en die soos wat hy die punte opnoem is die enigste punt van die vrae wat hy vra vir bevestiging wat nee is … Is jou kind aggresief? Hy is die liefdevolste ding op hierdie aardbol!
In Graad 1 toe hy 6 was het hulle gereeld 2 min wiskunde toetsies gedoen en dan het hy 2 of 3 uit 10 gekry en dit het hom geensins gepla nie want joe, hulle was darem vir hom net te vinnig. As jy hom by die skool kom haal het, is die karre om jou al weg dan kom hy uit die vlaktes aangestap op sy tyd.
So hou ek hom graad 1 want hy word gelukkig eers einde van die jaar 7. Goed dit is nou 2011 en ons is weer graad 1. Hoe het hy gevoel??? Soos die greatste outjie op aarde want ek het die skoolhoof gaan sien en hy is gevra of hy asseblief kan agter bly om te help met die nuwe graad 1’s want hy is te jonk vir graad 1. Ek tjank toe natuurlik my ogies uit want waar het ek as mamma verkeerd gegaan. Ruk jouself reg, raas ek met myself en so oornag besluit ek om als van die vorige jaar in ’n sak te gooi en weg te gooi en oor te begin. ’n Nuwe begin. Pappa is toe natuurlik stom van verbasing oor ek huil want wat makeer jou nou? Hie hie. Aai die manne tog.
So nou is ons weer in graad 1 en 2 wiskunde toetsies in 2 weke albei 10/10. Hoe klink daai hoor??
Hoe voel ek? Steeds of ek die wereld vir hom wil versit .Elke middag as ek hom gaan haal wil ek so graag die maksimum huiswerk uit hom kry maar besef die arme ding is so moeg gewerk dat ek besef hy net ’n break nodig het . So waar trek ek die streep, Hy kry reeds RO by die skool na skool op Maandag en Woensdae en dan gaan hy karate toe Maandae en Woensdae in die namiddag.
So okay ons is nou op medikasie wat help, verseker, veral in die klas
Wat eet ons
So ek het hulp nodig en ek hoop ’n paar van ons kan dit saam doen?
Groete,
Sonneblom
LikeLike
Aug 19, 2011 @ 17:44:55
Hallo, Sonneblom
Eerstens dink ek dit is fantasties dat jou seuntjie so positief is en dat dit so goed gaan. Sport is ‘n wonderlike manier om van energie ontslae te raak en al die besigbly dinge gaan beslis help. Ek is nie ‘n dokter of ‘n dieetkundige nie, maar weet van ‘n paar voorstelle wat iemand gemaak het om die eetgewoontes aan te pas vir aandagafleibare outjies. Die belangrikste is seker ‘n gesonde dieet sonder te veel soetgoed en suikers. Dit maak die aandagspan tiekiedraai 😉
‘n Sielkundige het genoem dat van haar kliënte evening primrose olie gebruik om die eetlus aan te wakker as die outjies minder begin eet. Ek weet nie hoe dit werk nie, maar stel voor dat jy raad by ‘n dokter of apteker in win.
Die ekstra jaar in Graad 1 klink na ‘n goeie jaar. Onthou dat jou seuntjie hierdie jaar binne gegaan het as ‘n 7-jarige. Hy was dus meer “ryp” en ontvanklik vir die leerwerk en was beslis slag gereed om vir sy juffrou ‘n ding of twee te wys. Ai, daardie 10/10 was seker ‘n lekker gevoel! 😆
Ouers soos jy maak dit vir ‘n onderwys lekker om skool te gee. Die wete dat ‘n mens lekker kan saamwerk en dat dit ‘n hegte driemanskap is (kind, ouer en opvoeder) motiveer ‘n mens sommer om die ekstra myl te loop.
Baie sterkte en gee vir die grootman ‘n stywe druk van my af 😉
PS…Ek weet dat daar ‘n nuwe masjien of program genaamd SOLISTEN op die mark is…en ander bykomende hulp soos neurofeedback terapie en Brain Gain. Dalk kan jy my help met navorsing daaroor 😉
LikeLike
Sep 07, 2011 @ 17:19:47
Sonneblom, ek het vir jou nog skakels na oulike webwerwe (via Dr. Lawrence) gekry. Dr. Levin en health24. 😉
LikeLike
Aug 21, 2011 @ 20:02:12
My seuntjie is ook ADD, voeg daarby lae spier tonus, swak sig en tremore in sy hande en ons het ook n lang paadjie om te stap. Hy is erg opgewonde om volgende jaar Gr 1 toe te gaan, maar op hierdie stadium dink ek hy moet eerder weer Graad R herhaal. Sy juffrou voel ook so. ADD/ADHD kinders se emosionele intelligensie is gewoonlik nie op standaard nie. Ek het ‘n boek, Optimum nutrition for your child’s mind deur Patrick Holford gekoop. Dit is baie interessant. Bv. piesangs vir ‘n ADD kind is ‘n groot NO NO!! ‘n Eier ‘n dag is weer baie goed. Daar is baie raad in, en hy verduidelik hoekom sekere kos goed is en sekere kos sleg is. So ver moontlik moet hulle ‘n lae GI dieet volg. Jy kan ook aansluit by ADHASA. Hulle het ook n lys van kos wat goed en sleg is vir jou ADD/ADHD kind.
LikeLike
Aug 22, 2011 @ 18:19:20
Baie dankie, Helena! Dink klink nogal interessant. Ek het so ‘n tydjie gelede iets oor dieet (vir aandagafleibaarheid) geskryf, maar ken nie Patrick Holford se boek nie. Dis beslis ‘n loer werd. 😉
LikeLike
Aug 22, 2011 @ 17:28:30
Juffrou ek is absoluut mal oor jou webwerf, ek is dringend opsoek na hulp. My seuntjie is in Graad 2 en moet donderdag n monderlings doen oor my eerste seer ons is n klein skooltjie en dit is sy eerste praatjie , waar begin n mens en wat is belangrik vir n goeie punt asb. Ek was nooit goed met praatjies nie maar wil dit verander. Kan jy help asb.
LikeLike
Aug 22, 2011 @ 19:03:40
Goeie-naand, Marinda 😉 Ek is self nie lief vir mondelinge nie, maar het gelukkig op ‘n webwerf oor redenaars afgekom Hulle gee so ‘n paar oulike riglyne om argumente mee op te stel. ‘n “Seerkry” storie is nou wel nie ‘n argument nie, maar dalk kan die “praat-voorstelle” vir julle help.
Dalk kan julle begin met so ‘n klein inleidende “scenario”…Byvoorbeeld: “Verbeel jou jy hardloop kaalvoet oor die sagte seesand en trap met mening in ‘n vlymskerp stuk glas! Ei-na!” of iets soos ‘n kind wat met volle vaart van sy fiets af val – op teer of op gruis. Oefen die storie van die begin af met mening en gevoel sodat dit later soos tweede natuur kom. As daar dalk foto’s van ‘n gebreekte arm (of selfs ‘n oulike tekeninge) of seerplek is, kan dit die outjie help om die gebeure beter te verduidelik. Sluit goed in soos wat ‘n maatjie, ‘n oupa of ‘n ouer van die vreeslike wond of seer gesê het en hoe gaaf die dokter was. Dit moenie te lank wees nie. Dink aan dinge soos stemgebruik…praat stadiger en meer geheimsinning as julle ‘n gedagte (“net vir kinders”) wil deel en half grootpraterig as julle wil beweer dat jou seuntjie se seer die “grootste” was. Dit mag maar ‘n bietjie komies wees – ons juffrouens geniet dit 😉
Baie sterkte!
LikeLike
Aug 23, 2011 @ 08:32:35
Hallo!
Ek tuisskool my kinders in Mosambiek en het gewonder of jy raad het oor ‘n Afrikaanse kurrikulum vir hulle – net Afr as taal. Of sou ek dit kon saamstel soos hul Engelse vak? Sal raad waarder! Hul ouderdomme is 12, 10 en 9
LikeLike
Aug 24, 2011 @ 18:35:34
Hallo, Belinda
Die kurrikulum is nie baie fyn uitgewerk nie, maar jy sal beslis die basiese uitleg hier kry. Dit is dieselfde weergawe as wat juffrouens van die departement af kry. Kyk ook na die Foundations for learning-stukkie en laai vir julle die nasionale gidse (kleurvolle werkboeke) af. Daar is sommer gidse vir Engels en Wiskunde ook 😉
LikeLike
Sep 04, 2011 @ 22:00:48
Hello juf.
Baie oulike site. Ek is ‘n Gr.1 juf by ‘n skool met baie leerprobleme veral die graad 1’s. Groot getal Fass en adh kindertjies. Sommige dae raadop met hulle, maar baie lief vir hulle. Ek is net altyd opsoek na oulike aktw. om hulle mee besig te hou. Kinders het ook baie gedragsprobleme ten opsigte van dissipline. Stuur vir my aktw. groot asb. en bietjie raad.
Groete June
LikeLike
Sep 05, 2011 @ 19:01:06
Middag, June 😉
Onder die hofie “drukbares” is daar heelwat “printables”, maar jy kan met liefde terme van jou keuse by die soekblokkie intik. Gebruik terme soos Graad R, Graad 1, skrif, skryf, middellynkruising, klanke, lees, wiskunde, abc…ook onderwerpe soos lente, boom, bome, herfs, wilde diere, rugby, sokker, krieket…Dit behoort vir julle lekker besig te hou 😉
LikeLike
Sep 08, 2011 @ 21:37:56
Ek weet nie of jy kan help – Ek is op soek na ‘n Space Orientation werkblad vir my kind – hul het ‘n prentjie gekry wat op geblokte papier geteken is – hulle moes dan dit oorteken soos per die blokke – maar sy het “big time” gesukkel – nou soek ek sulke bladsye waarop sy kan oefen – maar ek kry nie – Kan jy dalk help
LikeLike
Sep 09, 2011 @ 20:04:28
Hallo, Debbie 😉
Kyk na hierdie oulike visuele oefeninge en dan kan jy ook na die dik aktiwiteitsboeke loer wat ‘n mens by winkels soos Checkers en Pick ‘n Pay kan kry. Daar is soms kopiëringstake, doolhowe, soek die verskille…Best Coloring pages het verskeie voorbeelde van die kopiëringstake en gee vir jou soortgelyke take aan die linkerkant van die skerm. Ek het so ‘n boekie ‘n paar jaar gelede gekoop. Afhangende van waar jy dit kry is die pryse dikwels baie billik. (Kyk na squares to grow.) Lekker speel en werk!
LikeLike
Sep 13, 2011 @ 00:32:46
Hallo Juf,
Baie dankie vir hierdie fantastiese site, dit help BAIE!
Ek is op soek na begripstoetse in Afrikaans vir my dogter. Kan jy my dalk van hulp wees? Ek wil graag haar leesbegrip so bietjie opskerp.
Vriendelike Groete
Charmaine
LikeLike
Sep 13, 2011 @ 16:11:17
Middag, Charmaine
Dankie 😉 Jy kan gerus na die ALLES-in-EEN-reekse (http://www.graffitiboeke.co.za/BoekInformasie.php?book_id=3683&show_multiple=no) kyk. Dit is taalgidse wat taal en klanke dek, maar het ook ‘n paar leesstukke daarin (by PNA, CNA…). Dan het Mev. Wena Hartslief jare gelede die Rondomtalie-reeks geskep. Dit bevat verskillende leesstukke met graadtoepaslike begripstake. Ek hoop haar nommer is nog 021 975 5316. 😉
LikeLike
Sep 20, 2011 @ 20:08:13
Hallo Juffrou,
Ek wil net se hierdie is ‘n uitstekende webblad en wonderlike ondersteuning wat jy aan almal bied!! Baie dankie dat jy so iets bied vir almal!
Groete
Charlene
LikeLike
Sep 21, 2011 @ 18:41:46
Middag, Charlene 😉 Dis ‘n groot plesier. Kom loer gerus weer in.
LikeLike
Sep 22, 2011 @ 07:46:32
Dankie, en nogmaals dankie, jou aanbiedings is puik.
Doet so voort…………………en voort………..
LikeLike
Sep 23, 2011 @ 17:23:48
Baie dankie, Nellie!
LikeLike
Sep 24, 2011 @ 12:40:04
Hi juffer
Ek het ‘n taak oor die integrasie van syferkunde en geletterdheid. My boek is van die ster storie reeks en die naam is Wie is Drakie? Dit gaan oor ‘n draak wat uit verskillende 2D vorms gebou is. Ek moet apparaat maak wat aansluit by die leerders se leefwereld en interessant is. Ek sukkel om aan ‘n wow idee te dink wat die leerders opgewonde sal maak.
Ek hoop baie graag jy kan help!
LikeLike
Sep 26, 2011 @ 16:20:44
Middag, Jess
Ek het ongelukkig nie die boekie onlangs gelees nie, maar dink dat ‘n mens dalk iets met vorms kan doen. Ek het voorheen iets daaroor geskryf en onthou dat ek ‘n oulike dinosaurusprentjie raak geloop het. Dalk kan julle soortgelyke drake maak. Maak dalk ‘n groot handpop in die vorm van die draak om “vragies” te vra. ‘n Kennis van my het so ‘n klein sigaretaansteker in die vorm van ‘n blow torch. Dít sou nou ideaal gewees het om vlamme te maak. Dalk kan jy ‘n Chinese / Sjinese draak maak of koop om tydens aanbiedings te gebruik. Dalk kan dit al vir jou idees bied om tydens die les te gebruik…
LikeLike
Okt 03, 2011 @ 16:35:56
Hi Juffer
My susters kind is in gr 2 en sukkel met sy maal tafels en ook getal kombinasies tot 20. Enige idees om hom makliker sy tafels te leer? Ek het ook geen idee wat getal kombinasies behels nie as u dit aan my kan verduidlik en miskien vir my ‘n voorbeeld te gee.
Groete
Jolanda
LikeLike
Okt 05, 2011 @ 17:34:34
Middag, Jolanda 😉 Ek sit self met ‘n Graad 2-dogtertjie wat nie kombinasies verstaan nie. Een ding wat soms werk is as jy die hoeveelheid met wasgoedpennetjies uit beeld. Skryf bv. 16 bo-aan die papier en trek ‘n lyn deur die middel. Tel dan 16 pennetjies saam af, knyp die meeste aan die een kan en een aan die ander kan van die lyn vas. Skryf jou hoeveelhede neer: bv. 15 + 1 = 16. Skuif een pennetjie oor en skryf die som neer, bv. 14 + 2 = 16. So help jy met een of twee somme en gee dit oor aan die outjie om self aan te gaan. Die gedagte is dat hulle self moet raak sien dat die groot totaal dieselfde bly, maar dat jy die getal verskillend kan groepeer of bou.
Tafels is baie verwarrend as die outjie nog nie lekker in veelvoude kan tel nie. Oefen dus die veelvoude en doen daarna ‘n paar maalsomme. Kyk onder die drukbare bladsye vir idees i.v.m. veelvoude en maalsomme. Lekker leer en speel!
LikeLike
Okt 06, 2011 @ 15:00:45
Hi Juffer
Baie dankie vir die hulp ek gaan dit toepas en sien hoe dit gaan. Dankie vir al jou goei insette en tyd wat jy afstaan om te help! Dit word wardeer!!
Groete, Jolanda
LikeLike
Okt 10, 2011 @ 16:40:38
Dis ‘n plesier, Jolanda. Laat weet gerus of dit wel vir julle gewerk het 😉
LikeLike
Okt 10, 2011 @ 07:40:02
Goeiedag,
Ek is ‘n tuisbly mamma met ‘n dogtertjie van 2 ek wil haar graag bietjie meer stimuleer by die huis en dan ook begin met werkskaarte ens.
Enige voorstelle.
Groete Martie
LikeLike
Okt 10, 2011 @ 17:56:49
Middag, Martie 😉
Werkskaarte is miskien nog te “oud” vir ‘n 2-jarige. Op so ‘n ouderdom kan julle fokus op die aanleer van bv. kleur deur met verf te mors en te ervaar. Ontwikkel die spiertjies, woordeskat en liggaamlike vaardighede. Jy kan hier op my blog soekterme soos middellynkruising, ogies, spiertonus, fynspier, handspier, tuisprogram…by die soekblokkie aan die regterkant in tik om oefeninge te kry. Daar is ook inskrywings oor tema’s soos lente, herfs, plaasdiere, troeteldiere…beskikbaar. Kyk op Facebook na groepe soos PEUTERS en dan hier aan die regterkant vir skakels soos Klein Breintjies en Kleuters. Hulle het baie oulike idees vir voorskoolse outjies. Lekker leer en speel!
LikeLike
Nov 01, 2011 @ 15:38:31
Hi Juffer,
Ruhan is in gr1. Hy verstaan nie halveering nie. Hoe kan ek dit vir hom verduidelik??? As hy blokkies het en hoppies maak kom hy reg maar sodra hy dit self moet uitwerk, val die wiele af!!! Ek is raadop. Help asb
Marlize
LikeLike
Nov 02, 2011 @ 19:48:33
Hallo, Marlize 😉 Probeer gerus hierdie idees. Dalk kan dit vir hom help. 😉
LikeLike
Nov 02, 2011 @ 09:25:59
Hi Juffer,
Kan jy my dalk help, waarop word Gr1 geassesseer in die laaste kwartaal? Het jy voorbeelde wat ek met my kind kan oefen?
Groete
Marlize
LikeLike
Nov 02, 2011 @ 19:46:45
Hallo, Marlize 😉 Dit is basies die laaste deel van die jaar se werk en vaardighede wat gedek word. Ek heg vir jou drie skakel aan. Kyk veral na die tabelle in die Foundations 4 Learning dokument. Daar is ‘n spesifieke uitleg van die kwartaal se vaardighede – wiskunde en taal afsonderlik. Baie sterkte! 😉
Click to access Grade3_booklet.pdf
http://www.sateacher.co.za/SATeacher-old/FoLearning/FlardCard.htm
LikeLike
Nov 07, 2011 @ 06:10:22
Haai, my seun is nou 6 en in n engelse skool. Ons leer afrikaans by die huis, maar ek kry nêrens afrikaanse storieboeke wat ek gratis van die net af kan laai nie. Hier is nie by ons te koop nie. Kan jy dalk help?
Dankie
Sonja
LikeLike
Nov 09, 2011 @ 19:54:22
Hallo, Sonja 😉 Daar is mense soos Grafitti (hier aan die regterkant) wat boeke aanlyn verkoop – selfs die Goue Reeks met Boet en Saartjie! Ongelukkig sal jy min (indien enige) leesboeke in Afrikaans kan aflaai. As jy boeke met leesstukkies en werk soek sal jy die ALLES-in-EEN reeks (ook by Grafitti beskikbaar) kan kry. Dan verkoop Nokkie Hartman (regs gelys) werksboeke met takies oor klanke…en daar is die strokiesprente deur Nieltjie (al hierdie skakels is regs onder die “blogroll” gelys).
Baie sterkte!
LikeLike
Nov 21, 2011 @ 19:50:49
Hey Juffer
Ek maak volgende jaar n kleuterskool oop van 3maande tot grR, ek is op soek na n kurrikulum vir die verskillende ouderdomme….is daar iemand wat my kan help met so iets?
Groete Elna
LikeLike
Nov 24, 2011 @ 18:30:33
Middag, Elna 😉 Daar is nie werklik sulke kurrikulums nie, maar ek is seker dat kolleges vir jou kan help. Probeer kolleges opspoor wat Educare aanbied om idees te kry. Jy kan op die internet soekterme soos “milestones for 2 year old” in tik om te sien wat kinders min of meer behoort te kan doen vir die onderskeie ouderdomme. Die kurrikulum verander volgende jaar vir Graad R+, maar jy sal hier Graad R of kurrikulum kan in tik om voorbeelde van die huidige uitleg te kry. Onthou om jou Graad R-klas by die departement van onderwys te registreer sodat die juffrou oor al die nuutste inligting en werkswinkels ingelig kan word.
Jy kan ook na webtuistes soos kleuters.co.za, klein breintjies en peuters (op Facebook) loer vir nog inligting oor voorskoolse klassies.
LikeLike
Nov 23, 2011 @ 13:32:24
Hallo Juffer
Ek is opsoek na maniere op ‘n kind te leer wat die verskil is tussen seisoene, maande van die jaar, dae van die week, ure ens. Sy sukkel met begrippe soos “yesterday, today, early, next week, ens. As ek byvoorbeeld ‘n kalendermaand voor haar neersit en vra op watter dag van die week Valentynsdag is, sal sy antwoord Februarie, ens.
Jou blog is ongelooflik, baie dankie.
LikeLike
Nov 27, 2011 @ 19:11:18
Hallo, Suz 😉 Jy kan die onderskeie maande in volgorde teen ‘n muur aanbring en die maande volgens seisoene skakeer. Somer is byvoorbeeld oranje of geel, herfs is bruin, winter is blou en lente is pienk. Dit help reeds as die outjie besef dat die seisoene van warm na koeler en koud verander en dat daar ongeveer drie maande per seisoen is. As jy genoeg ruimte het of selfs buite wil probeer, kan jy die maande in ‘n kring pak sodat julle deur of om die jaar kan loop. Dit neem tyd om hierdie verloop van tyd baas te raak, maar hoe meer julle die terme gebruik hoe beter sal dit raak.
Jy kan hier aan die regterkant soekterme soos seisoen,weer, lente, herfs…kalender in tik vir drukbare idees.
LikeLike
Des 04, 2011 @ 19:02:24
Juffer, jy is ‘n skatttt! Ek is oud-onderwyseres….is skoon hartseer omdat ek nie meer skoolhou maar nou-ja ons horisonne verskuif en dan op ‘n dag stap jou kleinkinders met nuwe boekies onder die arm en vra “ouma, help asb.” ‘n Groot voorreg maar die nuwe metodes dreig soos onweerswolke op ‘n Vrystaatse plaas….gelukkig kry ek “juffer” se epos adres en skielik is daar lig in die langgggg tonnel!! Baie dankie en mag die Liewe Heer jou krag gee om hierdie kosbare en miskien net soms ondankbare takie, nog vir baie jare te mag doen……mag jy nooit moeg word vir ‘n grootse taak veral rondom die kleuterinligting….Prof Garbers het mos eenmaal gesê : “Kleuteronderrig is ‘n langtermynbelegging”…..en die stelling het vrugte afgewerp in ons gesin met ons drie dogters……………Geniet die feesseisoen en mag jy die nuwe jaar al huppelend indraf……groete sannie bosch x
LikeLike
Des 07, 2011 @ 18:45:03
Baie dankie, Tannie Sannie! 😉 Só ‘n brief gee ‘n mens sommer weer woema vir die laaste stukkie van ‘n lang skooljaar 😆
LikeLike
Des 09, 2011 @ 02:39:35
Soek werkboek vir Gr R het redes Alles in een en die ACE werkboeke gebruik. Lus vir iets anders. Dankie
LikeLike
Des 09, 2011 @ 09:41:53
Môre, Gina 😉 Die <a href="” target=”_blank”>Slimkoppe-boeke lyk nogal oulik en <a href="” target=”_blank”>Clever het altyd ‘n paar staatmakers. <a href="” target=”_blank”>Oxford het ‘n paar gidse en ook voorlopers vir die gewilde Storieboomreeks.
LikeLike
Des 13, 2011 @ 15:10:39
Hallo Juffrou,
Ek het al n paar keer op jou webblad afgekom en dis baie interessant.
Ek benodig hulp groot asseblief.
My dogter van 11 is die laaste paar maande op 3 tipes medikasie vir ADHD en tic-disorder asook ‘n anti-depressant. Van die medikasie is nuut en gebruik sy slegs ‘n paar maande. Jy weet hoe dit is met hierdie tipe medikasie: dis ‘trial and error’. Vir so 2 jaar het dit goed gegaan op 1 medikasie, maar hierdie jaar het sy gesukkel met maagprobleme en die eindjaar eksamen was ‘n disaster.
Sy het verskriklik gesukkel die laaste ruk om te konsentreer- ek het opgelet dat sy nie eens eenvoudige opdragte kan onthou nie. Sy het hard geleer vir die eksamen; maar as ek haar vra direk nadat sy ‘n stuk geleer het, dan weet sy niks. Ek het vermoed sy gaan sleg doen in die eksamen: en die bewyse is daar: van haar vakke is in die 60%, terwyl sy gewoonlik bo 85% kry. Sy is getoets as bo-gemiddeld. Die derde kwartaal was haar gemiddeld 90.4%. In die eksamen het sy 77% gekry.
Ek wil haar probleme uitgesorteer he voor sy hoèrskool toe gaan. Alles is negatief vir haar want hoe kan mens goed voel as jy vol pille gepomp word…mens voel daar is fout met jou en jy is anders en dom. Dit kan nie goed wees vir my kind nie? Dis deur ‘n kinder psigiater voorgeskryf. Dit kos my ‘n fortuin. ADHD word op geen medies as chronies goedgekeur nie. Ek is ook ‘n enkelouer.
Ek het gekyk na Edublox op hul website. Ek is baie beindruk met dit. Dis ten minste iets positiefs. Hul veronderstelling is dat sommige kinders se kognitiewe vaardighede nie ontwikkel is nie. Hul weeklikse lesse oefen hierdie vaardighede in.
Wat dink jy daarvan?
Ek sal enige hulp waardeer, ook raad. Ek wil graag my kind van al die pille af he, of ten minste net op een ligte ADHD pil. Ek wil he sy moet gelukkig wees en haar volle potensiaal uitleef.
Baie dankie!!
LikeLike
Des 15, 2011 @ 10:36:12
Middag, Tanya 😉
Ek kan jou (en jou dogter se) frustrasie verstaan. ‘n Mens kan altyd ‘n tweede opinie probeer of terug gaan na die psigiater en ‘n ander dosis probeer. Ons sien dikwels dat die uitwerking van die medikasies verander soos die kinders groei en wonder of die onderskeie medikasies nie teen mekaar begin werk het nie…Ek is ongelukkig nie ‘n mediese persoon nie en sal daarom voorstel dat jy met ‘n kundige gesels.
Daar is ‘n Dr. Gabriel Malherbe en ‘n Dr. Estelle Lawrence (skooldokter – ‘n Facebookvriendin van my) wat jou dalk kan help. Jy kan ook na iets soos SOLISTEN/TOMATIS kyk vir ‘n bykomende hulpmiddel. Dalk is daar iemand in jou omgewing wat ‘n toetsperiode kan bied. Ek het onlangs twee kinders daarop ervaar en goeie resultate gesien. ‘n Mens moet egter al jou opsies oorweeg en kyk wat vir julle sal werk. Baie sterkte!
LikeLike
Des 28, 2011 @ 23:46:19
hi juffrou
ek is n graad 5 onderwyser by n baie minder bevooregte skool in kaapstad.ek ht in 2010 kla gestudeer en is nuut in di beroep.eks op soek na verskillende hulpmiddels soos plakkaart enige iets wt my kan hlp om my klas op te helder en om dit netjies te mak.ek ht alreeds begin gbruik aan die oulike hulpmiddels vir my stadige kinders.BAIE DANKIE VIR DIE OULIKE WEB BLAD
Byvoorbaat
LikeLike
Jan 02, 2012 @ 16:13:50
Middag, Leoni 😉
Ek het maar altyd my eie hulpmiddels gemaak deur die bewoording uit swartpapier (letter-vir-letter) te sny en prente uit ou tydskrifte te versamel. Later het die rekenaar darem gehelp om die opskrifte netjieser te maak en om byskrifte by te voeg. Wat ook gewerk het is om die plakkate in A4-formaat te hou sodat jy dit in jou beplanningslêer kan liaseer. (Jy kan ‘n paar blaaie groepeer op die kennisgewingbord om ‘n eenheid te vorm.) As jy egter self wil prente koop, kan jy Graffiti (regs onder Blogroll) of Depicta probeer. 😉
LikeLike
Jan 03, 2012 @ 00:04:25
Dankie!
LikeLike
Jan 03, 2012 @ 10:59:02
Plesier 😉
LikeLike
Jan 05, 2012 @ 15:04:36
kan julle dit asseblief in ‘n ander vormaat oplaai sodat ek dit kan oop maak en of aflaai. Ek sal dit baie waardeer, my dogtertjie gaan vir die eerste keer Graad 0 toe en dit is ‘n groot stap vir haar.
Lekker dag
Tersia
LikeLike
Jan 05, 2012 @ 15:37:24
Middag, Tersia 😉 Watter bladsye benodig jy? Die meeste van hierdie dokumente is in Microsoft Word of PowerPoint geskryf 😉
LikeLike
Jan 07, 2012 @ 09:30:02
Dagsê Juffer,
Sopas op die werf afgekom in `n wilde web soeke na verkryging van tuisonderrig boeke.
Soos ek van bo af seker 1/10 gelees het, merk ek iets op…..
Jou bereidwilligheid om soveel as moontlik mense van hulp te wees!
Dankie vir wat jy doen. Ek glo dit word wyd waardeer
Jacques
LikeLike
Jan 08, 2012 @ 17:36:30
Middag, Jacques en welkom 😉 Vra gerus – ek help waar ek kan.
LikeLike
Jan 09, 2012 @ 14:59:41
Hi, wil; net graag weet hoe ek my seun wat die jaar in graad 4 is kry om die vakke in sy kop te kry siende dat hy met eksamens begin
LikeLike
Jan 10, 2012 @ 16:16:06
Middag, Marietjie 😉
Die beste en mees praktiese voorstel is om van dag een af ‘n huiswerk-/dagboek te hê waarin die outjie sy nuusbriewe bêre en huiswerk afskryf. Trek elke vak se boeke byvoorbeeld met ‘n ander kleur of soort papier oor sodat jou seun onmiddelik sy hand op die regte boek kan lê. Hy kan self kies of hy die boeke volgens vak (alfabeties) of volgens kleur in sy tas wil bêre. As hy tuis kom pak hy sommer die boeke in dieselfde volgorde op die bed uit en kyk of hy huiswerk vir die betrokke vakke het. Indien nie, bêre hy die boeke weer.
As julle ‘n huiswerkrooster opstel, kan julle ‘n maandkalender of ‘n weeklikse een gebruik. As julle dus ‘n taak oor Natuurwetenskappe (bv. groen) moet doen, merk julle die voorbereidings- en inhandigingsdatum met groen. Só kan ‘n mens met die eerste oogopslag teen die muur sien watter leerareas eerste aandag moet geniet of wanneer ‘n toets geskryf sal word. Daaglikse hersiening is belangrik, want deurlopende assesserings word gedoen en die hele jaar se werk word in ag geneem. Indien die juffrou nie al die werk in die klas liaseer nie (elke skool het sy eie stelsel), kan julle al die take, toetse, modules…in ‘n dik lêer liaseer – weereens volgens julle kleurkodes of stelsel. Dit maak die soektog net soveel makliker as die eksamen nader kom. Maak dit ook ‘n vaste roetine om elke dag na die outjie se huiswerkboek te kyk. Indien daar iemand is wat ‘n studietegniekkursus in jou omgewing aanbied, sal dit goed wees as beide – ouers en kind – dit kan bywoon. Indien daar nie so iets is nie, kan julle self een by die plaaslike skool reël 😉
LikeLike
Jan 11, 2012 @ 10:34:59
baie dankie sal dit beslis probeer. Ek moet net uitvind waar ek iemand kan kry wat my kan help met die studietegniekkursus.
LikeLike
Jan 11, 2012 @ 15:19:12
Dis ‘n plesier 😉 Kyk of jy by die skool kan uitvind van so ‘n persoon. Die leerondersteuningsjuffrou sal gewoonlik kan help 😉
LikeLike
Jan 12, 2012 @ 11:07:59
More ek soek ‘n gebed wat ek my 7jarige dogtertjie kan leer bid.
LikeLike
Jan 12, 2012 @ 17:48:15
Middag, Retha 😉 Ek sukkel om gebede vir kinders op die internet te kry, maar het vir jou ‘n paar gepaste skakels gekry. Ek hoop dit kan jou help:
Click to access Vroue-wat-bid_Leer_jou_kind_bid_en_Vader_leer_ken.pdf
http://leserskring.com/Leer-jou-kind-hoe-om-te-bid/Product.aspx/2740
http://www.graffitiboeke.co.za/soek.php?tipe_soek=s_author&sleutel_woord=Allan%20Parry&lys=soek_text
Loer gerus ook by die plaaslike Christelike boekwinkels. 😉
LikeLike
Jan 18, 2012 @ 16:20:37
Middag
My dogter (20) werk by ‘n kleuterskool (JHB) en vra my hoe om kinders wat suutjies praat meer selfvertroue te gee om hardop te gesels… Idees vir die skool of handleiding vir ouers…
Asseblief
Groete
Maree
LikeLike
Jan 21, 2012 @ 15:14:56
Middag, Maree 😉
Party kinders is meer terug getrokke as ander en ‘n mens kan dit verbeter deur die outjie voortdurend aan te moedig op ‘n subtiele wyse. As die outjie onhoorbaar fluister, kan ‘n mens hom eenkant neem en daar gesels. Hulle is dikwels bang / skaam dat die maats gaan lag. Ek destyds tydens sangtye sommer so vir almal vertel dat ‘n mens nie met ‘n fluisterstem kan sing nie. Ons het almal ons oë en ore toe gemaak sodat elkeen sy eie stem moes kon hoor en “sodat ons kon seker maak” dat die note reg gesing word. Dit het in party gevalle gewerk. Iets soos ‘n telefoon, bliktelefoon of geboë buis behoort ook te werk. Dit eggo die kind se stem en sodoende kan hy sy eie spraak / praatstem / leesles hoor.
In sommige gevalle is dit ‘n emosionele probleem van ‘n ernstiger graad en behoort dit eerder deur ‘n spelterapeut of ‘n opvoedkundige sielkundige aangespreek te word. As juffrou sou ek voortgaan met bemoediging en prysing – selfs al is dit net iets soos “Anneke het darem ‘n mooi stem” of “Ek hoor Nico ken al die woorde van die gedig! Mooi so.” 😉
LikeLike
Jan 23, 2012 @ 18:30:06
http://classroomtalk.com/?p=823&utm_source=twitterfeed&utm_medium=facebook&utm_campaign=Feed:+ClassroomTalk+(Classroom+Talk)
LikeLike
Jan 20, 2012 @ 10:51:31
Hallo Juffrou
Ek het 11Januarie’12 my seuntjie vir die eerste keer skool toe geneem, hy is in Graad 1. Baie dankie vir die wonderlike inligting. Ek het net gisteraand die inligtingsaand bygewoon en die inligting sal my as ouer baie help om sodoende my kind te kan bystaan.
LikeLike
Jan 21, 2012 @ 09:26:27
Môre, Sara en welkom 😉 Baie sterkte met die nuwe skooljaar!
LikeLike
Jan 24, 2012 @ 13:14:01
Ek het nou die dag ‘n vraag hier getik, maar ek dink nie dit het geregistreer nie. Ons is besig om te leer oor die nege provinsies. Enige oulike idees?
LikeLike
Jan 24, 2012 @ 16:05:44
Môre, Charmaine 😉 CNX het ‘n Afrikaanse kaart van Suid-Afrika. Hulle het ook oulike lesidees.
LikeLike
Jan 26, 2012 @ 17:05:42
Hi almal, verskoon maar ek is nog redelik nuut met die moderne tegnologie, en weet nie of ek op die regte plek is nie. Ek is BAIE dringend opsoek na n redenaars toespraak vir Gr2. My meisiekind wil bitter graag redenaars doen . ek het 2 geskryf maar is nie voldoende nie. Ek is al regtig moedeloos. As daar dalk iemand is wat my moontlik kan help sal ek dit hoog op prys stel.
LikeLike
Jan 28, 2012 @ 14:22:19
Middag, Theresa 😉 Loer gerus na redenaars.co.za. Jy kan ook op YOUTUBE na ‘n paar idees en riglyne kyk. Baie sterkte!
LikeLike
Jan 26, 2012 @ 20:56:16
Dankie vir die regte oulike idees. Self ‘n senior fase onnie en moet erken-jou webblad is ‘n GROOOOOOOOOT help. Ek gebruik dit vir intervensie en dis baie behulpsaam. Groot dank
LikeLike
Jan 28, 2012 @ 14:06:08
Dankie, Jonathan! 😉 Ek is baie bly dat selfs die ouer kinders voordeel daaruit kan trek. Kom loer gerus weer in.
LikeLike
Jan 28, 2012 @ 18:37:47
Beste Juffer
Ek het ‘n paar jaar gelede, toe ek nog studeer het die webblad ontdek en dit was toe reeds van baie groot waarde! Duisend dankies daarvoor!
Ek het hierdie jaar self begin skoolhou – sjoe, wat ‘n uitdaging! Ek het 26 Gr.R’e en hulle is die mees woeligste klompie! Ons het ‘n ingeruime rustyd, waar slegs een lyfie stil kan lê!! Enige idees hoe ek die res ook sover kan kry om rustiger te verkeer? Of om hul op ‘n rustige manier besig te hou? (selfs storielees en klasieke klaviermusiek is onsuksesvol…) 🙂
By voorbaat baie dankie!
Hou asb. vol met die oulike webblad! (ek het net nou ook oulike idees vir fynmotoriese oefeninkies gekry – dankie!)
Nuwe Juffie
LikeLike
Jan 29, 2012 @ 12:16:44
😉 Welkom terug en baie dankie, Nuwe Juffie!
Hoe om ‘n 5 jarige stil te kry? Sjoe 😆 Dalk kan jy iets sensories van aard probeer. Deel die kinders in groepe op (so 4 of 5) en gebruik iets soos ‘n aangepaste 9-blok rooster om die groepe daagliks te ruil. Elke groepie kry dan die geleentheid om iewers in die week op ‘n ander manier rustig te verkeer.
Gee vir hulle iets soos ballone wat met ‘n poeieragtige tekstuur gevul is (bv. sand, meel) en versteek ‘n verrassing daarin (dink aan die piepklein speelgoed in Kersfeesklappers, sade, ens.). Die outjie sal ‘n tydjie lank lê en druk en voel om te sien wat in die ballon wegkruip. Goedkoop (R5 en Crazy Store) winkels verkoop dikwels sulke speelgoed wat meer elasties en meer duursaam is. Dit dien ‘n dubbele doel deur die fynspiere te ontwikkel.
As jy dalk iets soos flitsende kersliggies (iewers teen die muur) of ‘n diskobal het, sal heelwat ogies dit dophou.
Oorfone met ‘n storie of klassieke musiek (soos Mozart) sal kan help. Miskien kan jy die ouers vra vir skenkings (ou walkmans, hospitaaloorfone…onbenutte items tuis).
Inkleur op die mat.
Waterspel: Daar is altyd een wat hou van skoon maak. Hou ‘n kom skoon water, ‘n handdoek, ‘n lappie en ‘n spons byderhand. Gee net spesifieke reëls oor hoe die skoonmakery moet verloop en hou ‘n ogie. Dit is soms net lekker om toe oë na water te luister 😉
Ek sal aan nog ‘n idee of twee probeer dink 😉
LikeLike
Jan 29, 2012 @ 19:43:59
Ek is desperaat opsoek na klankkaarte. Dit moet gewoon “a” met ‘n prentjie van ‘n appel. apie … ens. wees. Kan julle asb help?
LikeLike
Jan 30, 2012 @ 18:37:08
Middag, Marinda 😉 My drukbare voorbeelde hierbo het ‘n woord ook by en kan ingekleur word. Kinderwerf en Afriphonics verkoop kleurvolle kaarte. ‘n Mens moet net seker maak dat die klinkers nie soos ‘n dubbelklank klink nie, bv. a – arend (aarend). Ondersoek ook Tuishulp en Klanke Kalante se produkte. 😉
LikeLike
Feb 08, 2012 @ 17:22:42
Baie dankie vir n oulike blad ek soek graag werkies vir my dogtertjie sy is ADHD en herhaal grd1 want sy ht TB Meningtus gehad baie dankie
LikeLike
Feb 09, 2012 @ 16:50:52
Middag, Natalie 😉 Jy kan verskillende idees onder verskillende tema’s of opskrifte kry. Tik gerus soekterme soos abc, klanke, sigwoorde, skrif, skryf, patroon, vorms, syfers, middellynkruising, spiertonus, ogies, VMI…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in om na spesifieke idees te gaan. 😉
LikeLike
Feb 09, 2012 @ 02:05:46
Baie baie dankie!!!!
LikeLike
Feb 09, 2012 @ 17:01:14
Loer gerus weer in 😉
LikeLike
Feb 20, 2012 @ 20:09:20
Hierdie blad is vir my ‘n redding! Ons woon tans in Duitsland. My seuns gaan in Engels skool en neem Duits as ‘n tweede taal, maar ons praat Afrikaans by die huis. Hulle is in graad 3 en graad 5 onderskeidelik. Ons is al vir ‘n jaar en ‘n half hier, maar ons kom September 2013 weer huis toe as alles goed afloop. Intussen moet ek my kleinste leer om Afrikaans te lees en probeer om hulle albei min of meer op standaard te kry voor ons by die huis kom. Die sigwoorde en klankvelle is net wat ek gesoek het. Baie dankie!
LikeLike
Feb 21, 2012 @ 15:33:01
Middag, Melanie 😉 Welkom hier! Jy kan enige tyd inloer en gerus vra as daar iets spesifieks is waarna jy soek 😉
LikeLike
Feb 21, 2012 @ 17:46:58
Baie dankie vir al die wonderlike aktiwiteite en ander hulpmiddels.Ek is ‘n opvoeder by ‘n spesiale skool en dit help baie. Ek soek meer aktiwiteite oor klanke en leesstukkies vir die leerders op vlak 1-3. Dit sal baie help.
LikeLike
Feb 22, 2012 @ 17:35:19
Middag, Sharon 😉 Ongelukkig het ek nie oorspronklike materiaal om hier te plaas nie. Jy kan egter na webtuistes soos Graffiti, LeerAfrikaans123 en Selfie loer vir oulike leesstukkies.
Vir idees om in die klas te gebruik, kan jy soekterme by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik (bv. klanke, abc, skrif, skryf, patroon, sigwoorde, lees…). 😉
LikeLike
Feb 22, 2012 @ 09:05:03
Goeie dag, help asb!!
My seuntjie Janco is nou 2 jaar oud. Ek is baie bevoorreg om baie tyd saam hom te kan spandeer by die huis. Ek wil weet watse soort oeveninge en ontwikkelings take ek met hom kan doen? Hy begin nou al woorde se en babbel baie :o). Ek voel ek kan die tyd wat ons net sit en speel dalk meer opvoedkindig gebruik, maar hoe?
Dankie
Adri
LikeLike
Feb 22, 2012 @ 13:50:18
Middag, Adri 😉
Ongelukkig dra ek nie kennis van die heel kleintjies nie. Jy sal dit by ‘n dagsorgsentrum (‘n juffrou met Educare-opleiding) kan uitvind. Loer gerus ook na die Facebookgroep – PEUTERS – vir baie oulike idees.
LikeLike
Feb 24, 2012 @ 10:34:50
Juffer
Ek is opsoek na knipwerk vir peuters. My dogtertjie is nou 3 jaar oud. ons het nou agter gekom dat sy nie mooi kan knip nie (vir haar ouderdom). Het jy dalk ‘n webtuiste wat ek kan gaan soek om extra knipwerk te kan kry vir haar.
Groete
Hermien du Preez
LikeLike
Feb 26, 2012 @ 16:19:55
Middag, Hermien 😉 Begin eers deur die fyn motoriese vaardighede te ontwikkel sodat die vinger- en handspiere sterk genoeg sal wees om die skêr te beheer. Knip of snipper dan eers net eenvoudige lyne en hou die lyne dik…Tik gerus soekterme soos handspier / fynspier / skryf / skrif om nog idees vir die fynspier ontwikkeling hier te kry.
LikeLike
Feb 28, 2012 @ 20:50:34
HI JUFFROU
Ek is ‘n gr 1 onderwyseres in ‘n plattelandse skool. Ek is dringend op soek na ‘n lesplan voorbeeld van die CAPS van al 4 leerareas. Ek soek ook ‘n praktiese voorbeeld van ‘n getallelyn om in die klas te gebruik. Ek sal so bly wees as u y kan help. Vriendelike groete Liztha
LikeLike
Mar 01, 2012 @ 16:54:41
Middag, Listha 😉 Ek het ongelukkig nie sulke voorbeelde nie, maar stel voor dat jy die naaste skoolkliniek se vakadviseurs kontak om vir jou voorbeelde te stuur.
Daar is verskillende variasies van getallelyne. Jy kry kan die ewe getalle byvoorbeeld blou en die onewe getaal blou maak…Koop vir jou ‘n getallyn of druk sommer een uit. 😉
LikeLike
Mar 08, 2012 @ 09:08:19
Wat ‘n heerlike ervaring om elke dag in jou snuffelhoekie te kuier.
Ek is tans besig om vier van ons vyf kinders tuis te onderrig. Dit is werklik ‘n belewenis met al die oppe en affe.
Ek is egter dringend opsoek na goeie gesonde bybellesse vir Graad 2; 6 en 9. Omdat hulle ouderdomme so uiteenlopend is, is dit vir my regtig ‘n uitdaging om die beste moontlike insette te lewer ten spyte van die ouderdomsverskille. Ek het ook ‘n twee jarige (drie in Mei) wat dit regtig vir ons moeilik maak om orde in die klas te handhaaf, het jy asseblief enige idees wat ek kan implimenteer om haar aandag te hou (en haar uit die kwaad te hou)
Baie dankie vir al jou pragtige idees en die mooi terugvoer aan al ons besorgde mammas.
Mag jou oes ryklik groot wees.
Groete
Yolandi van der Merwe
LikeLike
Mar 08, 2012 @ 18:24:22
Middag, Yolandi 😉 Daar is ongelukkig nie juis Afrikaanse Bybellesse op die internet nie, maar dalk kan die Engelse opsies jou motiveer om vir ons ‘n reeks te skryf 😉 Danielle’s Place is baie oulik, Little Blots, SSFZ en ook Honking Donkey.
Ongelukkig is my kennis oor die heel kleintjies baie beperk. Ek sou baie fisiese aktiwiteit probeer betrek het en dalk fantasie spel. Kontak gerus ook webtuistes soos kleuters.co.za in verband met jou heel kleinste. 😉
LikeLike
Mar 08, 2012 @ 19:49:27
Gaan kyk gerus na bybelklub vir kinders. Dit is n baie oulike afrikaanse webtuiste met bybel takies vir kinders.
LikeLike
Mar 09, 2012 @ 17:02:26
Baie dankie, Charmaine! 😉
LikeLike
Mar 09, 2012 @ 17:15:01
Ons sukkel om die grondslag goed vasgelê te kry vir my graad tweetjie. Dit kom al vanaf graad 1. Die b an d word omgeruil en so ook sekere ander letters veral as dit by die skryf kom. Die somme is ook probleem, toetse wys dat sy normaal behoort te vorder maar dit gebeur nie. Sy kan ‘n baie goeie gesprek voer oor moeilike onderwerpe en is vol self vertroue met voordra en op verhoog, maar die akademie sukkel. Sou jou Sou jou hulpmiddels en werksbladsye kan help en waar is die beste om te begin – woorde of syfers of albei gelyk>> Bietjie radeloos.
LikeLike
Mar 09, 2012 @ 17:37:35
Middag, Anton 😉
Hier is beslis ‘n paar idees om te probeer. Begin by die skrywes oor klanke en dubbelklanke, ook sigwoorde, lees, b / d verwarrings, skrif, skryf, links en regs, ogies…Tik jou soekterm by die bruin blokkie in om spesifieke inligting te kry. Baie sterkte en lekker leer 😉
LikeLike
Mar 13, 2012 @ 13:52:17
Middag,
Wat a great”blog”
My dogtertjie is in gr 3 – sy sukkel met deel – wat is die maklikste om te verduidelik bv 90 deel met 2 – hoe verduidelik ek vir haar om dit maklik uit te werk sonder dat sy op haar vingers tel tot 90 in 2’s
LikeLike
Mar 13, 2012 @ 17:29:45
Middag, Michelle 😉
In die geval van dekades (tiene) druk ek die nul toe en gryp ons die tellers nader. As ons 9 lekkers dus tussen twee mense moet verdeel kry elkeen 4 en bly een oor. Sit die nulle terug. Elkeen kry 40 en dan is daar nog ‘n 10 oor. Kan dit tussen twee mense verdeel word – ja! 5 vir elk.
Maak dit eenvoudig en prettig. Ongelukkig is oefening die enigste ding wat sal werk…en moenie van eenvoudige storiesomme vergeet nie.
LikeLike
Mar 20, 2012 @ 08:00:11
kan iemand asb help, ek is op soek na, hoe om musiekinstrumente te maak
LikeLike
Mar 20, 2012 @ 15:36:52
Middag, Elmarie 😉
Probeer gerus die volgende skakels:
bashthetrash
How stuff works
verskillende instrumente
LikeLike
Mar 31, 2012 @ 17:42:09
Haai.
Ek is dringend opsoek na webblaaie wat handel oor die transaksionele leesteorie. Ek weet nie of enige iemand my dalk sal kan help nie. Groot asseblief. Dis vir ‘n baie belangrike opdrag wat ek moet doen.
Byvoorbaat dankie.
LikeLike
Apr 02, 2012 @ 07:51:51
Môre, Maritza 😉 Dit klink na iets wat dalk in meer gevorderde gidse sal verskyn – soos Sake Afrikaans. Sulke gidse bevat voorbeelde van verskillende briefsoorte en kommunikasiemiddels wat ‘n mens in die besigheidswêreld (en moontlik skoolbestuur) sal gebruik. Loer gerus in die universiteit se biblioteek of kontak ook instansies wat in besigheidstaal spesialiseer. 😉 Sterkte met die taak!
LikeLike
Apr 09, 2012 @ 20:25:36
Thank you so much for this marvelous website. My daughter is in a remedial school and I have been creating sentences, and clipart pictures to match them, of the ‘klanke’ – hours of work! I’ve just found your website, and will definitely be using some of your material to aid her!
LikeLike
Apr 10, 2012 @ 16:58:55
Hi there, Libby 😉 and welcome
I work with English learners too. You are more than welcome to ask for support 😉
LikeLike
Apr 09, 2012 @ 21:05:54
Hi, Ek was so opgewonde toe ek op die webblad afkom, ek gee my dogter van 13 jr (7 jr) tuisonderrig, (gereg by dept), sy is verstandelik gestrem. Dit gaan baie goed, sy lees en skryf en stel baie belang om iets niets te leer. Wiskunde is ‘n baie groot probleem, maar ons sal aanhou daarmee. baie dankie hoor.
LikeLike
Apr 10, 2012 @ 17:00:42
Baie welkom, Annatjie 😉 Ek hoop dat hierdie skrywes julle sal kan help. Vra gerus indien daar spesifieke probleemareas is waarin julle hulp benodig. As ek nie weet nie, sal ek probeer raad kry 😉
LikeLike
Apr 17, 2012 @ 16:04:40
Goeie middag.
Ek het tans begin klas gee vir graad R leerders en ons is besig met die tema veiligheid. Weet juffer dalk waar ek stories oor veiligheid (polisie, brandweer, verkeers manne en veiligheid in en om die huis) kan kry. Byvoorbaart dank.
LikeLike
Apr 17, 2012 @ 17:00:02
Middag, Anneke 😉
Ek het vir jou idees om tydens buitespel te probeer. Dan is daar ook iets in verband met dokters en persoonlike veiligheid. Ek kan nie onmiddelik aan stories dink nie, maar stel voor dat jy na die Alles-in-Een reeks se werkboek, opvoedersgids en hulpbronne boek loer. Daar is heelwat inkleurprente en idees in 😉
LikeLike
Apr 19, 2012 @ 09:20:53
goeie more, ek is n eeste jaar student wat nou vir die eerste keer proef by n gr2 klas, ek soek asb idees om n les voor te berei oor natuur..
dankie
estelle
LikeLike
Apr 19, 2012 @ 16:23:04
Middag, Estelle 😉
Dit hang af wat jy wil aanspreek – bv. plante, diere, klimaatsveranderinge…
Ek sou bv. gekyk het na wat ons in die natuur kry – bv. water en plante. Water is belangrik vir diere en plante. ‘n Mens kry wilde diere en diere wat in wildtuine bewaar word. Van hierdie wilde eet plante en ander eet vleis (ander diere)…So kan jy idees oor verskeie vakgebiede of leerprogramme heen uitkring.
Sterkte!
LikeLike
Mei 01, 2012 @ 03:18:29
Ek het al ‘n paar keer na jou webblad gekyk en noudat my dogtertjie begin skoolgaan het gaan ek verseker van die oefeninge en idees druk en gebruik. Ons bly in NZ en hier gaan hulle skool op 5. Ek wil graag vir haar ook in afrikaans leer so ek het basies skoolmateriaal nodig in afrikaans – ma gaan afrikaanse skooljuffrou speel by die huis.
LikeLike
Mei 01, 2012 @ 18:33:06
Middag, Lydia 😉 Hier is heelwat idees waarvolgens julle jul eie leermateriaal relatief goedkoop kan skep. Tik gerus soekterme soos abc, uitspraak, skrif, klanke, skryf, potloodgreep, fynspier, handspier, visuele persepsie, ogies, ouditief, tuis, middellynkruising, spiertonus, woordeskat, syfers, patrone, lees, vorms…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in om verskillende skrywes op te spoor. Dan is hier ook tema’s soos herfs, troeteldiere, lente, wilde diere…en indien jy nie kry waarna jy soek nie, kan jy met liefde vra 😉
LikeLike
Mei 09, 2012 @ 22:54:35
Goeie naand. Ek is dringend opsoek na ‘n boek of kaarte om vir my dogtertjie die letters foneties te begin leer. So is ek toe baie bly toe ek op die blad af kom want om afrikaanse taal kaarte te kry is baie moeilik. Maar GROOT was my teleurstelling om te sien julle kaarte se letters en syfer vorming is totaal en al verkeerd. Die a is nie reg nie en ook nie die 4 en 8 nie. Ek weet dit is soms moeilik om die fonds te kry maar daar IS N GR1 skrif fond wat mens kan koop. Ek glo aan leer jou kind die 1ste maal reg en spaar vir almal baie tyd, moeite en drama.
LikeLike
Mei 13, 2012 @ 19:33:31
Hallo, Karin 😉 Dit is moontlik dat jou rekenaar nie die fonts het nie en dus anders ontleed. Ek stuur dit vir jou – dan probeer ons weer 😉 Hier is ‘n paar voorbeelde van die Graad 1-skrif en syfers.
LikeLike
Mei 15, 2012 @ 00:41:56
Hey juffrou eek is ‘n student by tukkies ons het ‘n taak nou gedoen wat ons met ‘n leerder moes lees en skryf ons moes ook die leerder toets om te sien op watter vlak hy is, ek het dit moeilik gevind om toetse te kry vir basislyn leesvlak sowel as die basislyn vlak van skryf, het juffrou dalk vir my sulke toetse of net n ide hoe mens dit kan toets? Ek het met my leerder die 1 min leestoets gedoen sowel as die woordherkinnings toets maar ek voel dis te min om ‘n leerder volgens dit te toets! Asb help!
LikeLike
Mei 15, 2012 @ 18:01:50
Middag, Leané 😉
Loer gerus in die biblioteek (of vra ‘n plaaslike gesoute juffrou) vir Hauptfleish & Grové se “Remediërende Onderwys in die Primêre Skool”, 1982. Dit verduidelik vir jou hoe om spel, lees en wiskunde te toets en te remedieer. Dan is daar ook basiese leesstukkies en -toetse in.
In Graad 1 en 2 sou ek beslis die enkelklanke toets. Sorteer die dubbelklanke, tweeklanke en drieklanke apart. Kyk dan watter of hoeveel die outjie kan benoem en bevestig met die juffrou watter klanke reeds aangeleer is of nie. Dié wat uitval vir die graad, moet aandag geniet.
Die 1 minuut leestoets is baie goed om sigwoordkennis te toets. In Graad 1 sal die outjies nog nie die UK-speltoets kan doen nie, want dit is ‘n bietjie vroeg in die jaar. Jy kan dit egter met ‘n outjie wat Graad 1 herhaal of ouer kinders gebruik. Probeer ook die IPV- en ESSI-toetse as jy kan.
Die basislyn-toetse sal jy by die plaaslike laerskole kan kry – aangesien die skole hul eie toetse opstel (ek werk nie daarmee nie). Baie sterkte!
LikeLike
Mei 17, 2012 @ 20:54:02
Hallo Juffer
Enige werkblaaie oor die olimpiese spele?
Vriendelike groete
Charmaine
LikeLike
Mei 20, 2012 @ 19:16:34
Dis oppad, Charmaine 😉 Ek skaaf nog ‘n bietjie aan ‘n paar idees, maar behoort dit eersdaags te plaas 😉
LikeLike
Mei 20, 2012 @ 23:32:25
Baie dankie. Ek het heelwat in engels gekry, maar niks sover in afrikaans nie. As jy wil kan ek vir jou van die engelse lesplanne stuur vir inspirasie as jy nodig het.
LikeLike
Mei 21, 2012 @ 19:17:43
Stuur gerus 😉 So deel ons hier weer die idees met ander 😉
LikeLike
Mei 23, 2012 @ 15:13:43
Hi. Enige idees vir ‘n lessie oor die lewensiklus van die sywurm? ‘n oulike storie dalk of ietsie om te doen vir die vaslegging/ toepassing?
LikeLike
Mei 23, 2012 @ 18:17:43
Middag, Nikki 😉 Buiten die basiese prente-diagramme, sou ek ook regte sywurms in die klas wou uitstal. Daar is aanlyn sywurm-woordspeletjies vir ouer outjies en ‘n storie om te lees. Dalk kan jy ‘n basiese bordspeletjie-uitleg gee – met “skuif terug 2 blokke” of “skuif 3 blokke vorentoe”. Die blokkies bevat dan kernprente van die verskillende fases en die meegaande byskrifte/flitswoorde lê eenkant. As die outjie op ‘n prent land, moet hy die byskrif langsaan pak. Vir ouer kinders kan jy geskrewe paragrawe in op die bord aanbring en die prentjies een kant hou. Hulle moet dan die paragrafie lees en die regte prent byvoeg. Jy sal hierdie speletjie op minstens ‘n A3-vel moet druk.
Span ‘n tou regoor die klas. Deel jou klas in groepies op om die verskillende fases van die siklus te maak. Een groep maak papies, ander die mot, ensovoorts. Verskaf prente en boeke waarna hulle kan kyk en hand die eindproduk kronologies op die tou. As jy wil kan jy selfs sê dat die tou ‘n sydraad voorstel 😉
LikeLike
Mei 28, 2012 @ 20:08:04
What is the rule of thumb in connection with assesment of writing reading and maths for grade 1 during the year in development and how do we know our children are meeting the criteria and when to worry if they aren’t
LikeLike
Mei 29, 2012 @ 18:20:08
Hi, Petra 😉 The children are assessed according to the information taught and discussed during the term. Depending on the area or school district the whole district’s might write the same assessment tasks or the schools would set up their own. You could look at the CAPS curriculum for a guide line of the minimum requirements. The standard is of course always a bit higher and each term’s requirements vary/differ – according to the progressing level of learning/acquirement of knowledge. I hope this helps 😉
LikeLike
Mei 28, 2012 @ 20:15:18
Hallo daar kan jy my dalk se my seuntjie is nou graad 1 hy skryf hy tel in twee’s tot vyftig en in vyfs hy lees n A4 folio op sy eie hy doen optel en aftrek somme partymaal sonder konkrete middels soos n telraam want sy juf se d maak hul lui wat moet sy vaardigheid teen d tyd van graad een wees daar word konstant vir hom gese hy kleur slordig in en en en ek wil weet waarna om te kyk sodat ek kan vasstel waar d probleem le Help (asseblief).
LikeLike
Mei 29, 2012 @ 18:25:16
Hallo, Petra 😉 Ek het vir jou ‘n skakel na die CAPS-kurrikulum geplaas waar jy kan loer na die vereistes vir Graad 1. Kyk ook na die gidse oor skrif. Jong kinders se skrif, potloodgreep en lettervorming is nog nie heeltemal netjies nie en daarom moet ‘n mens voortdurend die handspiere (fynspiere, fynmotoriek) ontwikkel en aandag aan die skrif skenk. Kom ons probeer dit ‘n bietjie en kyk of dit help. Indien nie, kan ‘n mens die outjie na ‘n gesoute arbeidsterapeut neem vir ‘n objektiewe opinie 😉
LikeLike
Jun 06, 2012 @ 07:39:35
Hi daar!Dankie vir die wonderlike blad!My seuna is nou in Gr.1.Ek soek asb raad oor hoe ek hom kan help met sy wiskunde,hy sukkel verskriklik baie om uit sy kop te dink.Sy juffrou wat hy gehad het is verlede maand oorsee en vandat sy weg is doen hy BAIE swak op skool!Ek is al moedeloos!
LikeLike
Jun 06, 2012 @ 19:31:28
Middag, Engela 😉 Dit hang af van waarmee hy sukkel. Oor die algemeen werk ons op drie vlakke: konkreet (fisiese tellers), semi-konkreet (prente simbole) en later abstrak (getalle, bewerkingstekens…). As die outjie sukkel met ‘n meer gevorderde vlak, kan jy in ‘n “laer rat” werk om die begrip vas te lê. As die outjie bv. sukkel om 3 + 5 te bereken, kan jy die prentevoorstellings daarby teken (bv. 3 lekkers en 5 lekkers). Dit help altyd om ‘n konkrete item aan die som te koppel – al is dit net ‘n mondelingse woordsom. Jy het 3 lekkers en koop nog 5 lekkers. Hoeveel het jy nou?
Doen ‘n bietjie invraging soos: Is jou antwoord ‘n ewe of ‘n onewe getal? Kan ons dit tussen twee mense deel?
Hoe lyk die getalnaam? Watter getal kom na *? en voor? So, tussen watter twee getalle staan *? Kan jy die getal 2,3,4…meer / minder maak? (Sorg aanvanklik dat die antwoord nie 10 oorskry nie.) Kyk na die stukkie oor syfers en vorms. Maak julle eie legkaartjies. Kyk of dit vir julle kan help. Baie sterkte 😉
LikeLike
Jun 11, 2012 @ 13:49:44
Liewe Juffer, wil net sê die klein- en hoofletter k is bleikbaar nie 100% korrek nie. Ons moes van ons skrifplakkate verander.
LikeLike
Jun 12, 2012 @ 16:40:18
Middag, Nansia 😉 Gits, nou het jy my benoud. Ek het al deur al my “Kaapse” boeke en handleidings gegaan…Is die k’s op hierdie bladsy (genaamd “Skrif – Druk” hieronder) ook verkeerd? Stuur asseblief vir my ‘n fototjie van die korrekte voorbeeld, sodat ons dit kan regmaak 😉 remediering@hotmail.com
LikeLike
Jun 12, 2012 @ 15:15:14
Middag
ek is so bly daar bestaan nog iemand wat wil help baie dankie, my seun is in gr 4 hy lees baie stadig en klank nog die meeste van sy woorde is daar ‘n probleem? hy sukkel ook vreeslik met engels en al skryf hy sy spelling van engels 50 keer uit kry hy nog steeds 0 hoe kan ek hom help?
LikeLike
Jun 13, 2012 @ 17:11:27
Middag, Linda :Wink: Die outjies behoort teen Graad 4 verkieslik nie meer hul woorde te klank nie. In die geval van nuwe en onbekende woorde is dit immers verstaanbaar. Probeer om die klanke eers te hersien – bv. eers die tweeklanke, dan f-woorde (reëls) en ook die v-reëls. ‘n Mens moet maar gedurig hersien van die spelreëls doen. Jy sal oulike gidse by Nokkie Hartman (sien skakel onder blogroll aan die regterkant) kan kry.
Soek ook soekterme soos abc, klanke, dubbelklanke, sigwoorde, lees…VMI …deur dit by die bruin soekblokkie aan die regterkant in te tik. Dit sal vir jou ‘n paar hersienings-idees kan gee. Sou dit moontlik wees om jou seun na ‘n remediërende opvoeder of ‘n leessentrum te neem? Dit kan beslis net voordelig wees en hom lekker besig hou in die vakansie 😉
LikeLike
Jun 12, 2012 @ 19:47:40
Hello, dis rapporte tyd en hak altyd vas met kommentaar wat ek kan skryf. Is daar dalk idees wat iemand kan/wil/sal deel?
LikeLike
Jun 13, 2012 @ 17:17:34
Middag, Jo-Mari 😉 Ek is nie seker hoe die rapport-kommentare gewoonlik lyk nie. Ek hoop iemand kan jou help 😉
LikeLike
Jun 18, 2012 @ 18:03:16
Liewe Juffrou,
Ek is een moedelose mamma en sit met trane baie vlak in my oe soos wat ek hier sit en tik.
Boetatjie word DV 6 op 24 Oktober (hy is tans in Graad R). Sy juffrou het aangedui dat hy konsentrasieprobleme ondervind. Ons het hom vir ‘n assessering na ‘n Arbeidsterapeut geneem wat ‘n hele rits probleme (meestal konsentrasie en motoriese vaardighede) geidentifiseer het (maar sy het ook genoem dat sy sterk daaraan dink dat hy ADD is – dis iets wat die juffrou ook genoem het). Ons het al baie mooi gevorder vandat hy die Paed gaan sien het en op Methylphenidate (generies van Ritalin) gesit is (hy drink tans ‘n halwe pilletjie in die oggend voor skool).
Ek het vandat sy rapport gekry. Boeta het ontsettend mooi gevorder (hy kon byvoorbeeld in die eerste kwartaal glad nie sy naam geskryf het nie) – dit was net ‘n “blob” van deurmekaar en agterstevoorom letters gewees. Hy skryf intussen sy naampie “Luke” so mooi (met hoofletter gevolg deur kleinletters).
Die volgende was probleemareas aangedui: hy sukkel om getalle te identifiseer en ook die getalname te identifiseer (alhoewel hy vlot tel).
Nog ‘n ding wat in sy rapport genoem is, is dat hy byvoorbeeld nie die beginklanke van sekere woordjies herken nie en ook nie herken dat “k-a-t” = “kat” is nie. Hy kan wel woorde wat NIE met dieselfde klanke begin, herken (byvoorbeeld mot, mes, mat, rak). Alhoewel hy mooi vir my uitspel dat sy naam van die letters “L-u-k-e” saamgestel is.
Hy kan ook nie skoenveters vasmaak nie en sukkel ook met gallop, alhoewel hy huppel, balanseer op voorwerpe en dan voorwerpe vang terwyl hy balanseer ens).
Ek voel so ontsettend moedeloos, want ek het AL die aanbevelings gevolg wat voorgestel is en nog steeds is daar probleemareas. Ek is veral bekommerd oor die feit dat hy sukkel om getalle te herken en beginklankies te herken (hy was vir ‘n volledige gehoortoets en daar is absoluut geen probleem met sy gehoor nie).
Juffrou, gee my asseblief goeie moed en bietjie raad, want ek weet nie meer watter kant toe nie. Dis terapie vir dit en terapie vir dat, maar ek kan as enkelouer eerlikwaar nie meer die mas opkom nie. As dit nou al so gaan in Graad R, hoe gaan dit later aan gaan?! Ek weet van ander kinders in sy klas wat ook probleme ondervind, so dis nie net hy wat hiermee sukkel nie (alhoewel mens as ouer voel jy het iewers gefaal).
LikeLike
Jun 19, 2012 @ 19:44:24
Goeienaand, Mamma 😉
Dit is nie lekker as ‘n mens sulke boodskappe kry nie, maar die goeie rapport is beslis ‘n roomys en ‘n vet druk werd!
‘n Mens moet elke aspek maar stuk vir stuk aanspreek en spelenderwys probeer verbeter. Kom ons begin deur na die doelwitte vir die jaar te kyk. Loer na die items onder Breinlyn se Skoolgereedheidslys gelys (sien SKOOLGEREEDHEID onder die blogroll aan die regterkant). Dit gee vir ‘n mens ‘n lekker omvattende idee van alles wat julle by die huis kan doen. Kyk ook na die Graad R-kurrikulum en tik soekterme soos skoolgereed, Graad R, Graad 1, ogies, VMI, spiertonus, aandagafleibaar, abc, klanke, skrif, skryf, fynspier, handspier, tuis idees, syfers, patrone…by die bruin soekblokkie (regs) in. Dit sal vir jou baie idees en hulp kan gee. Tesame met die medikasie en terapie, behoort al hierdie insette beslis te help.
Jou seuntjie is nog jonk en ontwikkel anders as ‘n outjie wat reeds in Januarie ses geword het. ‘n Mens kan dit in gedagte hou dat hy dus moontlik ‘n paar maande later sy mylpale sal bereik – bloot omdat hy later gebore is en slegs vir ongeveer een skoolmaand 7 sal wees. Dit werk nie dieselfde by alle kinders nie…
Ek sou skouer aan die wiel gesit het en alles probeer het, maar as jy teen Augustus wonder oor die vordering kan jy hom deur ‘n opvoedkundige sielkundige vir skoolgereedheid laat toets. So ‘n kundige kan vir jou ‘n volledige beeld van aspekte soos die skolastiese, emosionele, fisiese, perseptuele…ontwikkeling gee. ‘n Mens kan dan al die opsies mooi bekyk en besluite neem soos of dit beter sal wees om die outjie nog ‘n jaar in Graad R te gee of om hom met volle ondersteuning op skool te help. Hier by ons beskou ons dit as ‘n voorreg om meer tyd in ‘n graad te kry – veral as die outjie net daardie ekstra hulp nodig het om die jaar te bemeester. Dit is glad nie vreemd nie. ‘n Kollega skets altyd die prentjie dat ‘n mens nie die outjie wil ryp druk nie. As ‘n vrug nog nie gereed is vir ryp word nie – kneus dit. Gun die outjie dus die nodige tyd om gereed te word wanneer sy lyfie genoegsaam ontwikkel.
Dis nou sommer ‘n hele mond vol. Ek hoop hierdie idees gee vir jou meer gemoedsrus. Kom loer gerus weer in as jy enige vrae het. 😉
LikeLike
Jun 20, 2012 @ 08:49:02
Baie dankie Juffrou. Ek het weer nuwe moed gekry nadat ek gister met boetatjie deur beginklankies gegaan het (nuwe woorde wat hy nog nooit gehoor het nie en hy het hulle almal 100% reg gekry)! Ek het ook die syfers met hom gedoen en weereens het hy baie goed gevaar (en teen die tyd wat dit gedoen is, was die pilletjie al LANKAL uitgewerk). Persoonlik dink ek daar is ‘n probleem by die skool, want hy lyk vir my baie angstig in die oggende (wil nie my hand los nie). Dis van hierdie jaar af en ons het glad nie hierdie tipe probleem verlede jaar gehad nie. Persoonlik dink ek regtig hy is senuweeagtig vir die juffrou.
Ek het nuwe moed, want ek weet hy KAN dit doen. Dit was gister bewys.
LikeLike
Jun 20, 2012 @ 20:50:51
Wonderlik! 😆 Hier lê nou ‘n lekker vakansietyd voor – net reg vir al die lekker leer- en speelwerk 😉 Ek gaan my duime styf vas hou.
LikeLike
Jun 22, 2012 @ 11:19:54
Goeiedag,
My vriendin se dogter in graad 6 het die volgende leesprobleem:
Sy lees nie die woorde wat in die boek staan nie.Vir skepe lees sy skape, organe lees sy oranje.
Haar oe is getoets en sy het 100% visie.
Hoe kan ons haar help?
Dankie vir jou oulike idees!
LikeLike
Jun 23, 2012 @ 16:31:57
Middag, Tanya 😉 Is die oogbewegings ook getoets? Met ander woorde het die oogkundiges getoets of die oë egalig saam beweeg en korrek fokus?
Julle kan soekterme soos “lees, sigwoorde, klanke, hersien, omkering…” by die bruin soekblokkie (regterkant) in tik om ‘n bietjie meer oor lees en leesondersteuning te lees.
Ek sou voorstel dat sy by remediërende onderrig inskakel om ‘n beter begrip vir die taal- en spelreëls te ontwikkel. Plekke soos Kip McGrath/Tina Cowley kan dalk ook in haar geval help.
Hierdie verwarrings kan ‘n uitwerking leesbegrip en die beantwoording van vraestelle hê. As haar punte daar onder ly, sou ek graag ‘n volledige skolastiese evaluasie by ‘n opvoedkundige sielkundige wou laat doen. Hulle fokus op aspekte soos geletterdheid, wiskunde, aandagspan, emosionele welstand en kyk byvoorbeeld na die kind se VMI. Dit sal vir die ouers en die skool kan verklarings bied en raad gee – veral met die beplanning van die hoërskooljare.
Kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Jun 25, 2012 @ 08:22:40
Baie, baie dankie. Ek staan verstom oor jou kennis
LikeLike
Jun 26, 2012 @ 07:15:00
Dis ‘n plesier, Tanya 😉 Kom loer gerus weer in.
LikeLike
Jun 22, 2012 @ 15:16:08
Hi daar
Ek wil graag deel word van die blad. Mamma van 2 klein dogtertjies wat vinnig verveeld word. Ek wil uitvind of jy nie idees het vir die vakansie om hulle besig te hou en terselfte tyd leer ook. Ek soek ook n resep vir tuis gemaakte klei wat ek in die oond kan bak (foto raam). Asseblief? En enige ander interressante goed. Hoop om gou van jou te hoor
LikeLike
Jun 23, 2012 @ 16:41:32
Middag, Natasha 😉 Hier is verskillende idees wat gekoppel is aan ontwikkelingsaspekte. Jy kan tema’s soos olimpiese spele, sokker, rugby, krieket, lente, wilde diere, troeteldiere, herfs…by die soekblokkie aan die regterkant in tik. Ander soekterme om te probeer is handspiere, fynspier, skrif, skryf, tuis idees, skoolgereed, middellyn, spiertonus, ogies, visuele persepsie…
‘n Kleiresep:
“INGREDIENTS
1 cup salt
2 cups flour
1 cup water
2 tablespoons vegetable oil
water-based paints
Place dry ingredients in a bowl, add the water and oil, then stir until blended. Once the dough holds together, make it into a ball and knead it with your hands to make a smooth texture. Place the dough on a cutting board, and using a rolling pin, roll the dough out into a pancake shape that is a bit thicker than you would use for regular cut-out cookies. Cut out the ornaments with cookie cutters, design your own ornaments using a blunt knife, or shape dough with your fingers. Punch or carve a hole into the top of the ornament to thread a string through to hang the decoration.
Bake at 250 degrees until hard (for one to two hours).
Once cooled, paint with water-based paints if desired, or glue on glitter using white household glue. Thread a string or ribbon through the hole and hang the decoration on the tree or elsewhere in your home. These ornaments can be reused year after year.”
LikeLike
Jun 28, 2012 @ 14:07:14
Graad 2 sukkel om wiskunde te verstaan
LikeLike
Jun 28, 2012 @ 20:24:27
Hallo, Gertruida 😉 Wiskunde of die begrip daarvoor word gewoonlik in verskillende fases ontwikkel en aangespreek. Ons begin deur fisiese of konkrete voorwerpe te tel, later gebruik ons prente (semi-konkrete voorstellings) en heelwat later abstrakte simbole (syfers en bewerkingstekens). Gaan terug deur die jaar se wiskunde en stel julle eie voorbeeldsomme op. Trek ‘n klomp hulpmiddels (los tellers soos knope of krale, flardkaarte, honderdblokke…) nader en begin bereken. Kies bv. ‘n getal. Wat kom voor die getal? Wat kom daarna? Is dit ‘n ewe getal of ‘n onewe getal? Toets dit deur die getal af te tel (een vir jou en een vir my…). Hoe lyk die getalnaam? Hoe lyk die simbool/syfer? Kan jy die getal halveer? verdubbel? Kan jy in veelvoude tel tot by die getal? of terug? (Skryf ‘n bladsy vol vrae en rol sommer ‘n paar af vir toekomstige oefenwerk.)
As die outjie sukkel om getalle op te breek of nie seker is hoe om bv. tiene en ene op te tel nie, kan jy iets soos flardkaarte gebruik om getalle op te breek. Die kaarte verskil in grootte en as jy bv. 34 bou, plaas jy ‘n 4 bo-op ‘n 30. 34 bestaan dus uit 30 en ‘n 4. Die outjie kan dit fisies hanteer en sien. As julle bv. 34 + 32 moet bereken, kan julle beide getalle uitpak, opbreek (herbenoem) en die onderskeie dele optel (ene en tiene)…bv. 4 + 2 en 30 + 30.
LikeLike
Jul 05, 2012 @ 12:48:31
Ek soek raad asb.My seuntjie is nou 4jaar oud en ruil sy k met n t,hoe kan ek hom help met dit en moet hy gaan vir spraakterapie?
LikeLike
Jul 08, 2012 @ 19:17:28
Hallo, Jo-Anne 😉 Dit sal beter wees om hom na ‘n spraak- en taalterapeut te neem – aangesien hulle in hierdie uitvalle spesialiseer. Ek het ‘n paar idees vir woordeskat ontwikkeling en ouditiewe speletjies wat jy intussen kan probeer. 😉
LikeLike
Jul 18, 2012 @ 08:54:05
Juffer!!!!! Ek wil huppel en sing en dans van vreugde oor jou blog!!!! Iemand het my hierheen verwys na aanleiding van my soeke na leesmateriaal vir my Gr1 seuntjie. Ek sien reeds ek gaan nog ure hier spandeer!! Baie dankie vir jou liefde vir kinders en jou liefde vir onderrig en dan jou bereidwilligheid om jou kennis en ervaring en SUPER OULIKE idees te deel!!!!! Ek sal oogtande gee om my seuntjie in jou klas te kan hê! 😉 Baie dankie vir jou moeite met jou blog. Dit word uit my as mamma se hart opreg waardeer!
LikeLike
Jul 18, 2012 @ 18:13:33
Baie dankie, Vlerke :Wink: Vra gerus indien daar iets is waarna jy soek of tik die soekterme by die bruin soekblokkie aan die regterkant in :Wink:
LikeLike
Jul 19, 2012 @ 13:37:52
Hi Juffer, Ek wil baie graag die drukbare werkboekie aflaai, maar die skakel vat my na ‘n webtuiste waar ek moet in log om dit te kan doen, maar ek kan nerens op die webblad sien of ek ‘n apparte rekening moet skep daarvoor nie. Is ek super blond??? 🙂
LikeLike
Jul 19, 2012 @ 16:34:49
Middag, Estelle 😉 Ek het nou net self gekyk en dit vir die eerste keer gesien – dis iets nuuts. Probeer hierdie skakel.
LikeLike
Jul 23, 2012 @ 19:47:18
Hi ekt dringend hulp nodig. My seun is 8 jaar oud en adhd. Hys tans op concerta maar sukkel verskriklik met wiskunde. Ek weet nie hoe om die somme vir hom te verduidlik nie asook dat hy makliker kan onthou. Hul is reeds besig nou met vemenigvuldiging. Die plus en minus is ook maar ‘n storie vir hom. Die jufrou se hys bang vir wiskunde. Enige raad (asseblief). (ek is) so bang hy maak nie die jaar nie. Groete marlee
LikeLike
Jul 24, 2012 @ 19:51:17
Hallo, Mar-Lee 😉 Die uitwerking van die medikasie sal ‘n mens met behulp van waarnemingsvelle moet monitor en dan met die pediater/psigiater deel, sodat hulle aanpassings in die dosis (al dan nie) kan maak. Kyk ook na die inskrywing oor aandagafleibaarheid en hierdie skakels: : http://www.adders.org/drbilly6.htm en http://www.health24.com/medical/Condition_centres/777-792-4382-4384.asp
In wiskunde word kennis aanvanklik volgens vlakke bemeester – konkreet, semi-konkreet en abstrak. In die Grondslagfase werk ons meestal konkreet om konsepte te verduidelik – bv. tel die doppies, maak een meer/ minder, verdeel die doppies in groepies van twee/drie/vier… Later werk ons met prentjies (semi-konkreet) en daarna met syfersimbole en bewerkingstekens.
Begin by ‘n woordsom en ontleed die bewoording: Gaan ons meer maak of minder? Maak ons meer (+) of moet ons soveel keer meer maak (x)? As die outjie sukkel met bv. maaltafels, kan julle beslis baatvind by die gebruik van konkrete hulpmiddels soos doppies of droë boontjies om die som te doen. Teen die tweede of derde probeerslag begin die outjie gewoonlik verstaan en kan ‘n mens prente betrek.
As die outjie gespanne raak, kan ‘n mens speletjies betrek soos slangetjies en leertjies. Verdeel die pak kaarte in twee hopies, kies ‘n kaart van elk en kyk of julle ‘n x/-/+ som kan maak met die twee getalle. Kyk of julle in veelvoude van die onderskeie getalle kan tel en betrek ‘n 100-blok as hulpmiddel (of slangetjies en leertjies bord) as dinge lol. As ‘n mens beurte maak (en self ook “foute maak”) haal dit ook ‘n bietjie spanning weg. Gee ‘n lys van bv. 10 somme en gooi ‘n dobbelsteen om bv. 5 somme vir die dag te oefen. Ons tel gewoonlik oor en oor aan om somme te kies – totdat die vyf beurte verby gaan. So “kies” die dobbelsteen die werk en kan niemand kla nie 😉 Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Jul 28, 2012 @ 14:58:22
Middag Juffer
Ek wil weet of daar n maklike of eenvoudige manier is om my gr 2 seun te help om n horlosie te kan lees en te verstaan. Hy hoor 10 oor 3 maar kan nie begryp dat hy van die 12 af moet tel nie. Hy tel van die 3 af 10min aan, so sy wysers staan op die 3 en 5. Selfde met 10 voor 9 Hy tel terug asof die wyser nou 10 min voor die 9 moet staan Die wysers staan dus op die 9 en 7
Baie dankie ek waardeer dit.
Este
LikeLike
Jul 29, 2012 @ 18:16:35
Middag, Este 😉 Tyd is nogal ‘n moeilike konsep. Die belangrike aspek hier is dat ons bo – in die middel begin – waar die 12 staan. Dit is die wegspringplek en elke keer as ons met die lang armpie verby die 12 beweeg, gaan (“hop”/”spring”) ons ‘n nuwe uur binne. Die kort arm wys vir jou hoeveel uur verloop het of hoeveel keer die lang arm al verby die 12 beweeg het. Om dit makliker maak om die tyd af te tel tel ons in vywe. Daarom sal “10 voor” beteken dat ons tel totdat ons “10 minute” oor het voor ons die nuwe uur binne gaan.
Dalk kan ‘n mens ‘n lekker groot bordkrythorlosie op ‘n teer- of sementblad teken om fisies om en om te stap en om met stokkies die tyd aan te dui. Dit help regtig baie om moeilike konsepte op ‘n fisiese manier te beleef. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Aug 13, 2012 @ 10:12:30
Hello daar, ek wil net hoor het juffer dalk vir my ‘n oulike idee,miskien ‘n storie of gediggie wat ek in ‘n massa lessie kan implementeer vir ‘n Gr.r klassie?
LikeLike
Aug 16, 2012 @ 18:14:05
Middag, Neikie 😉 Ek het lank laas Graad R gegee, maar wonder of jy nie iets soos buitespel kan gebruik/betrek nie. Gebruik ‘n bekende items soos ‘n bottel water. Sit dit aan die een kan van die skaal. Kan julle items kry wat swaarder as dié bottel (500ml) weeg? en swaarder?
Gee dan vir hulle ewe groot dosies wat soos ‘n wiplank op ‘n halwe silinder / silinder lê. Die outjies pak dan spesifieke items in die onderskeie hoeke van die dosie – bv. koppie sand, hout blokkies, bakkie kryte, koppie water, ens. As julle meer as een stewige skaal het, kan hulle ook probeer om iets te kry wat net soveel as die bottel water weeg. 😉
LikeLike
Aug 14, 2012 @ 17:03:00
Middag Juffer. Ek het ‘n Graad R lessie wat ek moet gee oor groente waar die dosent gaan kom om my te krit. Het juffer dalk ‘n kort storietjie wat ek kan gebruik in my lessie. Het gedink om dalk in te kom met ‘n mandjie en vir die leerders te se iemand het dit vanoggend hier voor die klas gelos en ons moet nu se of dit groente/vrugte is? of so iets. Dis nou vir die eerste half uur, en dan vir die tweede halfuur moet ek 4 kreatiewe stasies he waar die leerders moet werk. soos bv klei- waar die leerders groente vorm , bladsye met verskillende groente op verf, of waar jy aartappel in verf druk en dan op bladsye druk… Nog enige interessante idees wat ek dalk kan gebruik? asb?
LikeLike
Aug 16, 2012 @ 18:38:32
Hallo, Nikki 😉 Wat van die storie van die klipsop? Die storie stel kort-kort ‘n nuwe groentesoort bekend en jy kan dan telkens die groentesoort uit ‘n mandjie haal en uitstal. As jy later lus het kan julle dit selfs naboots en vir die outjies ‘n pot gaar sop voor sit.
Daar is heelwat weergawes van die storie beskikbaar op die internet…
Die kleispel klink na ‘n oulike idee (wat van pottebakkersklei?). Hou ‘n uitstalruimte en kennisgewingbord gereed waar die outjies aan regte groete kan van en na deursneë kan kyk – indien jy bang is vir ‘n morsigheid.
Die inspanning van verskillende sintuie is altyd belangrik vir jong outjies: ruik, voel, sien, proe. Dalk kan jy die groente in jou storie uitstal sodat die kinders elk ‘n blokkie kan proe (bv. gaar blokkies aartappel – koud), kleure vergelyk, ens.
Vir die kunswerke kan drukwerk met patroonwerk vermeng word. Druk dan met gesnyde aartappels, maar skep verskillende drukkers/vorms. Die outjies druk dan hul eie patrone en skep ‘n groot vel as agtergrond. As jou vel ‘n dikkerige karton / manilla is, kan julle later ‘n plat groentevoorstelling uit pottebakkersklei daarop probeer monteer. Toets net eers.
-Laat die outjies papierborde met groen verf verf – beide kante. Vou dit in die helfte en kram die vou op die randjie vas – beide kante. Laat die kinders klein ballonnetjies op blaas en groen verf of frommel groen gekleurde koerante – om ertjies te maak.
-Gee halwe groentedele – met verskillende teksture – sodat die outjies bv. mannetjies en ander prentjies m.b.v. drukwerk kan skep. Knip dan later die prente uit om op die patroon-agtergrond te plak.
-‘n Mens moenie eintlik met kos mors nie – praat dalk eers net met die dosent/juffrou. Wat van eiervrug-pikkewyne?
-Sosatiestokkies met groenteblokkies? (sny die punte van die stokkies voor die tyd stomp.)
Hoop dit kan help 😉
LikeLike
Sep 04, 2012 @ 15:14:44
Hi there,
I am an English import struggling to help my kids with their afrikaans homework. Is there any website where I can get worksheets to help them with voorsetsels, voornaamwoorde, verlede tyd and vraagwoorde etc as I cant produce these myself!……
LikeLike
Sep 04, 2012 @ 19:06:28
Hallo, Sarah 😉 Tuishulp.co.za sells worksheets. You can also look at thinkonline or keep a lookout for a handbook/text book that might help in future. JPSblog is for Grade 10 and smartexhange is a site with a subscription aspect to it, but the short descriptive explanations might prove to be helpful. The text book could be a good option to help in translating (and understanding) the various concepts of “woordsoorte”.
[Also look for websites / information / books marked AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL.]
I hope this could be helpful 😉
LikeLike
Sep 12, 2012 @ 17:03:14
Hi Juffer, Ek wil net baie dankie se vir die blad. My kind is al ‘n jongman van 25, wat nog nie kan lees nie. Hy ken die alfabet, maar kan nie lees nie. Ek wil hom so graag help. Hy was gediagnoseer as verstandelik gestremd toe hy 6 was. Ongelukkig het ons, ons baie vasgeloop met die skole, waar hy niks geleer is nie. Hy werk reeds by ‘n vervoer maatskappy maar ek kry my arme kind so jammer omdat hy nie kan lees. Ek en hy gaan nou hierdie aandurf.
LikeLike
Sep 13, 2012 @ 18:17:12
Middag, Ina 😉 Tik gerus ook soekterme soos “lees, sigwoorde, klanke, dubbelklanke, abc, skrif, skryf, ouditief, VMI, visuele persepsie…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in. Dit behoort jou na nog ‘n paar idees te neem. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Sep 13, 2012 @ 18:28:04
Baie danki juffer. Ek gaan dit beslis probeer. Hy sukkel maar redelik met a en e of b en d dan ook die i en u.
Groete.
Ina
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!
LikeLike
Sep 13, 2012 @ 18:46:31
Hier is ‘n ietsie oor <strong>b/d</strong> verwarring en i/u. Baie sterkte 😉
LikeLike
Sep 18, 2012 @ 18:52:36
Naand Juffer. Ek het ‘n Graad R lessie wat ek moet doen oor Gesonde Omgewing. Enige idees asseblief?
LikeLike
Sep 19, 2012 @ 18:14:44
Hallo, Nikkie 😉 Gaan dit oor ‘n skoon en higiëniese lewenstyl (bv. skoon in die huis) of bewaring/herwinning. Ek is nie heeltemal seker nie 😉
LikeLike
Okt 06, 2012 @ 11:12:42
Helo Juffer. Ek benodig idees vir ‘n graad 2 les oor padveiligheid, het jy dalk idees vir my asseblief!
LikeLike
Okt 07, 2012 @ 02:40:11
Middag, Elizna 😉 Ek het ‘n tydjie gelede iets vir Graad R-vlak geskryf. Ek is nie tans (vakansie) by die huis nie, maar hoop dit kan so lank as inspirasie dien 😉
LikeLike
Okt 11, 2012 @ 16:01:45
Hi, my seun is in Graad 4. Ek wil graag weet of daar nie dalk ‘n paar ou wiskunde vraestelle is waardeur hy kan werk ter voorbereiding van toetse en eksamens? Sal dit baie waardeer, dankie Jurita
LikeLike
Okt 19, 2012 @ 19:55:39
Hallo, Jurita 😉 Ek werk ongelukkig nie met die ouer kinders nie. Loer gerus na die vraestelle en idees op tuishulp.co.za en amesa vir werk vir die senior grade 😉
LikeLike
Nov 16, 2012 @ 04:27:13
Hi Juffer. Ek is ‘n graad 3 juffrou. Ek is op soek na liedjies en aksieliedjies asseblief. Sal dit baie waardeer, Wilma.
LikeLike
Nov 19, 2012 @ 18:57:37
Middag, Wilma 😉 Ek het bitter lank laas sang aangebied, maar weet dat Besterklub, goggatjie en Anna Davel redelik nuwe liedjies op CD beskikbaar het. Jy kan ClamberCLub se DVD probeer. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Des 19, 2012 @ 19:27:25
Hi daar
Dankie vir al jou insette met die webblad – die idees is altyd oulik en toepaslik in my klaskamer.
Ek hoop jy kan my help. Ek begin Januarie by n Engelse laerskool as graad een juffrou. Ek wil graag net raad he hoe om die “phonics” vir hulle aan te leer. As ek begin en ek wil bv die “a” vir hul leer spreek ek die “a” as “rat” se “a” uit of as “A” soos die liedjie ABC? Hoop my vraag maak sin.
Groete
LikeLike
Des 19, 2012 @ 19:56:58
Middag, Cornell 😉
Daar is spesifieke uitsprake vir die klanke en soos in Afrikaans, gebruik ‘n mens die “sound names” in plaas van die “alphabet names”. Die verskillende spelreëls en “vowel blends/diagraphs” veroorsaak die onderskeie uitsprake van die klinkers.
Programme soos Letterland word in baie skole gebruik en elke klank het ‘n storie assosiasie – met liedjies en karakters. Jy sal hierdie gidse by winkels soos Exclusive Books kry (‘n muurkaart en die eerste storieboek, wat ‘n liedjie CD insluit, behoort ‘n goeie afskopplek te wees).
Progressive Phonics en Genki English het ook oulike idees.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jan 19, 2013 @ 08:59:55
Julle is so oulik!
LikeLike
Jan 19, 2013 @ 09:19:28
Dankie, Charmaine 😉 Ek stel die hulpmiddels gewoonlik vir eie gebruik op. 😉
LikeLike
Jan 20, 2013 @ 01:29:33
Ek maak ook taakkaarte en gee nie om om te deel nie. Ek sal kyk wat ek het en aanstuur vir jou. Laat weet waarheen ek kan epos.
LikeLike
Jan 20, 2013 @ 07:15:46
Baie dankie, Charmaine 😉 My e-pos adres is remediering@hotmail.com. Alles sal met erkenning (bronverwysing) geplaas word 😉
LikeLike
Jan 31, 2013 @ 10:23:16
Hi daar! ek is opsoek na ‘n oulike idee vir ‘n grondslagfase konsert? Ons het ongeveer 90 kinders!
Help my asb
Dankie
Elmarie
LikeLike
Jan 31, 2013 @ 20:42:14
Hallo, Elmarie 😉
Sjoe…wat van ‘n tema soos “Die sirkus” of “Karnaval van die diere”? Kry ‘n ringmeester wat verskillende tonele of groepe kan bekendstel en deel die klasse in groepe van byvoorbeeld diere, hansworse, gimnaste, dansers…kaartjieverkopers, ens. in. Die heel kleintjies (Graad R of 1) kan selfs snaaksighede soos spookasem of springmielies voor stel en die groter kinders kan spoggerige perde wees. Vind ‘n bietjie uit watter talente daar in die skool versteek is (bv. gimnaste) en gebruik selfs die afrigters om vir julle insette te lewer.
Lekker lewendige of nostalgiese musiek (uit die ouers se jong dae) is altyd ‘n wenner 😉 Kan dit werk?
LikeLike
Feb 05, 2013 @ 16:43:19
Hallo Juffer,
Baie dankie vir die oulike blog, die idees is baie insiggewend en gaan defnitief ‘n paar van hulle gebruik. Tristan is nou in graad 2, en doen speltoetse met dikteesin, het geen benul wat dit beteken nie, hoop jy kan my help.
Dankie
LikeLike
Feb 05, 2013 @ 16:53:44
Middag, Bernadine 😉 Diktee is wanneer die juffrou ‘n sin voorlees sodat die outjies dit moet skryf. Hulle moet luister, onthou en reg spel. Julle kan dit oefen deur die outjie sinne uit die leesboek te laat skryf. Breek dit in frases op om dit makliker te maak, bv.: Jan het die stoute hond…deur die bos…en deur die vlei…terug huis toe gejaag.
Dit is moontlik dat die juffrou die dag se spelwoorde in die sin sal gebruik. Maak dus sommer julle eie sinne met die woorde op. 😉
LikeLike
Feb 18, 2013 @ 11:15:55
Hallo Juffer,
Baie dankie vir die terugvoer, dit maak nou sommer die huiswerkies baie makliker. Groete
LikeLike
Feb 18, 2013 @ 14:53:37
😉
LikeLike
Feb 06, 2013 @ 07:59:26
Baie dankie vir die web met al die wonderlikke goed ons die kinders mee kan help dis puik van julle kant af. 🙂
LikeLike
Feb 06, 2013 @ 17:33:28
Dis ‘n plesier, Annatjie. Ek help waar ek kan 😉
LikeLike
Feb 06, 2013 @ 17:18:14
Baie dankie vir ‘n wonderlike fantastiese opvoedkundige blad! Ek gebruik dit daagliks vir my Graad 3-leerling (en verlede jaar met Graad 2). Is daar ‘n manier om die verskil tussen f en v te verduidelik?? Groete Christel
LikeLike
Feb 06, 2013 @ 17:35:13
Middag, Christel 😉 Ek het werksvelle vir die onderskeie reëls. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Feb 17, 2013 @ 19:05:14
Hi daar, waar kan ek voorbeelde van CAPS vraestelle vir Graad 4 in al die vakke kry?
LikeLike
Feb 17, 2013 @ 20:05:28
Hallo, Karen 😉 Ongelukkig is ek onkundig as dit by die Intermediêre Fase kom. Loer ‘n bietjie na education.gov.za se voorbeelde van die ANA-toetse, Impala en ekids se voorbeelde. 😉
LikeLike
Feb 19, 2013 @ 11:21:40
Hi, ek volg hierdie blad al geruime tyd en vind dit geweldig opvoedkundig. Ek is ‘n onderwyseres wat reeds sowat 17 jaar uit die formele onderwys getree het, maar ongelukkig geen grondslagfase agtergrond het nie. Het Senior Primere opleiding gehad en feitlik 20 jaar ervaring op Sekondere vlak. Tans help ek ‘n graad 3 leerder wat uitvalle in Wiskunde ervaar, hoofsaaklik a.g.v haar graad 1 jaar wat in ‘n ACE -skool (Engels) plaasgevind het, waar daar meer gefokus is op selfwerksaamheid eerder as konkrete vaslegging van syfervaardighede en het toe oorgeskakel na ‘n hoofstroom skool (Afrikaans). Sy sukkel met Afrikaanse terme, tel nog op haar vingers en kan nog nie abstrak dink nie. Ek sal graag ‘n evaluasie – toetsbattery wil bekom, gemik op graad 3 vaardighede om te bepaal presies waar haar probleem areas is en waarop ek moet konsentreer ten einde haar op standaard te bring sowel as die korrekte metodes om die basiese vaardighede in te oefen. Enige hulp in hierdie verband of verwysings na webblaaie sal waardeer word.
LikeLike
Feb 19, 2013 @ 15:13:32
Middag, Karin 😉 Die meeste leerondersteuningsopvoeders behoort voorbeelde van sulke toetsbatterye te hê. Gewoonlik word die 1 minuut Ballardtoets gebruik (4 hoofbewerkings)- asook die Schonell- en UK-woordsomtoetse. Daar is ook die Youngtoets en die Vassi-toetse. As jy nie hierdie toetse in die hande kan kry nie, kan jy altyd na die staat se ANA-toetse loer. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Feb 20, 2013 @ 13:44:37
Baie dankie vir die waardevolle inligting. Het reeds met Dr Colleen Vassiliou se webtuiste geskakel en behoort nou geholpe te raak. Sal beslis nog baie hier op jou blog kom raad vra en van die drukbare werkkaarte gebruik maak. Vind dit help my geweldig baie.
LikeLike
Feb 20, 2013 @ 16:44:38
Dis ‘n plesier, Karin 😉 Loer gerus weer in.
LikeLike
Feb 21, 2013 @ 15:08:15
Dankie, ek is daagliks hier! Jy maak ‘n groot verskil! xx
LikeLike
Feb 21, 2013 @ 16:46:41
Baie dankie, Karin 😉 Dit beteken baie.
LikeLike
Feb 26, 2013 @ 08:08:11
Hallo Juffer, dankie dat jy my baie help met die kinders. Ek wil graag weet watter mondeling temas het die graad 2, en hulle moet van nou af self hulle mondeling in die klas maak en dan praat. Enige raad en idees hoe om hulle te help. Baie dankie ek waardeer.
Groete
Anna
LikeLike
Feb 26, 2013 @ 15:59:43
Middag, Anna 😉
Die tema’s word gewoonlik uit die kurrikulum gehaal en in Graad 2 sluit dit onderwerpe soos grond in. Ek het ‘n paar idees in verband met redenaars, maar dit is effens anders as mondelinge.
Laat die outjie die kernpunte van die tema kies. Dan kan hulle prente en byskrifte vir elke hoofpunt maak en in volgorde pak. As die prent aan die voorkant is, kan hulle ‘n paar kernpunte agterop elke kaart plaas om die geheue te verfris terwyl hulle praat. As ‘n mens die kaarte nommer of aanmekaar heg/bind, keer dit dat die kaarte per ongeluk val.
Ek hoop dit kan vir julle ‘n paar idees bied 😉
LikeLike
Mar 11, 2013 @ 20:00:04
Goeie naand, dis ‘n vreeslike oulike blad hierdie. Ek sal graag ‘n voorstel wil maak om die blad nog beter te maak. Hoekom verander ons nie alle werkstukke na gr1 skrif nie ?
Lekker aand !
Juanita
LikeLike
Mar 11, 2013 @ 20:03:18
Hallo, Juanita 😉 Ek gebruik Graad 1-skrif vir Graad R- en 1-stukkies, maar blykbaar lees alle rekenaars dit nie. Iemand het vertel dat die skrif reg kom as die werksvel op die rekenaar gestoor word. Kyk of dit werk :wink
LikeLike
Apr 08, 2013 @ 18:22:39
Ek is mal oor die blad, ek is ‘n eerste jaar BEd Grondslagfase student wat more begin proef vir my eerste keer en die blad laat my baie meer gerus en voorbereid voel !
LikeLike
Apr 08, 2013 @ 18:26:46
Wonderlik, Carla! 😉 Ek is seker dat dit goed sal gaan. Ek hou duim vas 😉
LikeLike
Apr 10, 2013 @ 15:28:38
Hi.
Hoe kan ek ‘n Graad 6 Wiskunde werkboek kry?
LikeLike
Apr 10, 2013 @ 19:05:14
Middag, Rosie 😉 Klik gerus op die skakel: “departementele werkboeke” vir verskeie Graad 6 boeke 😉
LikeLike
Apr 13, 2013 @ 18:54:06
Middag juffrou, ek is raadop. Ek is ‘n derdejaar student. My ma is ook in die onderwys, maar vir groot kinders. Ek is by die grondslagfase. Ek moet ‘n les gee oor skatting vir graad 3. Wat kan ek as inleiding gebruik. My kop staan stil Dankie vir hierdie wonderlike webblad. Juffrou was en is ‘n fantastiese juffrou.
LikeLike
Apr 15, 2013 @ 17:49:03
Middag, Chantall 😉 Wat van iets soos ‘n “haastige” persoon wat ‘n handvol items skat en dan later tel. Bv. Mamma wil lekkers vir Jana se partytjie koop. Sy moet 44 lekkers koop en neem ‘n groot bak vol lekkers. Sy skat dat dit die regte hoeveelheid sal wees. By die toonbank tel die kassier die lekkers. Daar is 48. Hoeveel lekkers is dit te veel? / Te min?
Dink aan koopbare items vir ‘n spesifieke geleentheid…Kan dit werk? 😉
LikeLike
Apr 16, 2013 @ 08:39:41
Hallo daar.
Ek het toevallig op hierdie oulike webtuiste afgekom.
Hoe werk n pyltjie som? graad 3. Ek ken net die “ou” manier van hoe om maal en deel somme te doen, maar hulle moet dit op die pyltjie som manier doen?
Ek wil graag my dogtertjie hiermee help. Sy sukkel met haar wiskunde.
Vriendelike Groete
Monica
LikeLike
Apr 21, 2013 @ 14:35:18
Middag, Monica
Pyltjiesomme help die outjies om hul gedagtegang uiteen te sit. Loer gerus na bl. 290, 292 en 318 (in die kurrikulumgids vir Graad 1 – 3) vir voorbeelde. 😉
LikeLike
Apr 20, 2013 @ 10:10:30
hi daar, baie dankie vir al die kosbare inligting op die blad. dit help regtig baie. ek het ‘n kind 5 jaar wat sukkel om patrone te kopieer, bv. sirkel, driehoek, sirkel driehoek, dan kan hy dit nie kopieer of die patroon voltooi nie. het juffrou vir my enige raad
LikeLike
Apr 21, 2013 @ 14:45:46
Middag, Magda 😉 Probeer hierdie idees om die vorms en patrone by die huis vas te lê. Indien dit nie enige vrugte afwerp nie, kan julle altyd ‘n arbeidsterapeut raadpleeg om raakvat idees te gee.
LikeLike
Apr 24, 2013 @ 12:24:48
Ongelooflik baie dankie vir die gr888888888888888888 blad.
LikeLike
Apr 24, 2013 @ 18:41:20
Dis ‘n plesier, Chantell 😉 Loer gerus weer in!
LikeLike
Mei 11, 2013 @ 00:55:39
Goeie naand, vriende van my se seun is in Graad 4 en is ten volle tweetalig. Vir een of ander rede sukkel hy vreeslik met Engels (hy is in n Afrikaanse skool). Sy spelling is beroerd en hy sal bv n woord soms reg en soms verkeerd spel – partykeer in dieselfde sin. Van hulle maklike woorde wat hul al lankal geleer het. Sy ander vakke is bo-gemiddeld en hy doen rerig goed. My eerste gedagte was dat daar konsentrasie probleme is. Ons soek raad asb en ook idees hoe om Engels vir ‘n oorwegende Afrikaanse kind te leer.
LikeLike
Mei 12, 2013 @ 18:25:20
Middag, Linda 😉
Ek hou daarvan om terug te gaan nie “phonics” om die outjies bewus te maak van soortgelyke uitsprake en die verskillende spelwyses (bv. ou, ow, ow en au, aw). Ek sou die onderskeie “blends” of “phonic families” spelenderwys hersien het. Kyk na hierdie flitskaart-idees om met hierdie Engelse woorde/klanke/woordfamilies te probeer. Dit sal ‘n klein bietjie hersiening verg, maar sowat 20 – 30 minute per dag gaan beslis kan help. Hou dit lekker informeel en prettig. Sodra die werk “moeilik” begin lyk, kan dit die outjie afskrik. As hy wil sinne maak met moeilike woorde, skryf die woorde vir hom neer om later weer te gebruik.
As dit aandagafleibaarheid/konsentrasieprobleme is, kan die volgende stukkie dalk help.
Ek hoop dit kan hulle help 😉
LikeLike
Mei 18, 2013 @ 21:40:34
Baie oulike site! My kinders is 2 en amper 5.. En hier is baie idees wat my kan help!
Dankie v oulike mensies soos jy wat dit makliker maak!
LikeLike
Mei 19, 2013 @ 18:13:34
😉 Loer gerus ook na kleuters.co.za en Peuters (op Facebook) 😉
LikeLike
Mei 20, 2013 @ 20:01:30
Goeie naand
Ek is asb opsoek na biekie inligting wat ek kan gebruik vir ‘n lessie wat ek moet gee oor groente vir 2-5jariges,soos vraagies wat gevra kan word ens,enige hulp sal baie wardeer word.
lekker aandtjie verder
LikeLike
Mei 21, 2013 @ 19:32:55
Middag, Chrismari 😉
Kleuters.co.za het oulike werkkaarte vir kleintjies – spesiaal vir die jong klomp.
Dink aan beskrywings soos kleur, grootte, reuk en vorm. Afhangend van die ouderdomsgroep, kan jy vrae gebruik soos:
Watter groentesoort lyk soos ‘n boompie? Watter groentesoort is lank? kort? lyk soos ‘n ovaal/eier? Groepeer die groente volgens iets eenvoudigs soos kleur en bespreek, proe en teken byvoorbeeld ‘n paar groen groentesoorte, oranje groentesoorte…Maak klei vir die betrokke dae – volgens die verkose kleure – en laat die outjies die groentesoorte met die klei vorm.
Aan die einde van die week, kan ‘n mens die groentes na aanleiding van ‘n lekker storievertelling in ‘n “klipsop” gebruik en kan elkeen ‘n bakkie groentesop eet.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Mei 21, 2013 @ 19:52:43
Baie dankie dit help verseker baie
LikeLike
Mei 21, 2013 @ 20:05:40
😉 Dis ‘n plesier. Kom loer gerus weer in.
LikeLike
Jun 03, 2013 @ 16:45:44
Hallo Juffer
Dis bitter moeilik om Afrikaanse tweede taal oefeninge te kry op die web, vir my GR 6 en 7’tjies.
Jou webtuiste is SO ‘n plesier.
Het jy dalk raad vir my?
Groete
LikeLike
Jun 03, 2013 @ 18:19:35
Middag, Yolande 😉
Ek is ‘n bietjie onkundig as dit by die ouer kinders se kurrikulum kom, maar kan voorstel dat jy na ‘n graad jonger se huistaal loer. As jy na Graad 4/5/6 Afrikaans Huistaal werksboeke loer, behoort dit vir jou ‘n paar idees te gee. Vir basiese klanke, sigwoorde en spelling, kan jy soekterme soos abc, dubbelklank, tweeklank, hersien, drieklank, sigwoord, f en v, lees…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Kyk ook na die Woordeboek sonder Grense – vir tweede taal gebruikers – en pretmetafrikaans.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jun 06, 2013 @ 13:03:47
Goeie dag
Asb hulp nodig met wiskunde asb graad 5
LikeLike
Jun 06, 2013 @ 18:19:45
Middag, Ronel 😉 Ek fokus op die Grondslagfase, maar jy kan hierna loer:
“Die WKOD het vandag voorbeeldvraestelle na skole gestuur vir Wiskunde (Graad 4-7). As julle dit nie ontvang het nie, gaan na http://www.thinkonline.co.za – kliek op Free/Gratis en scroll ondertoe. Baie dankie aan Mnr. Leonard Africa!”
Kyk ook na die lysie skakels hier aan die regterkant – gemerk met “WISKUNDE”. 😉
LikeLike
Jun 19, 2013 @ 09:22:10
Goeie more! Ek opsoek na ” algemene opmerkings” vir Gr.R rapporte ! Baie dankie
LikeLike
Jun 19, 2013 @ 20:00:29
Middag, Yvette 😉 Ek het ongelukkig nie sulke opmerkings nie. Sou ‘n mens dit spesifiek en uniek vir elke outjie kon maak?
LikeLike
Jun 27, 2013 @ 08:22:25
Ek is op soek na die alphabetkaarte in Afr. ek sien die kaarte is baie oulik maar die letters is nie almal volgens ons departementele voorskrifte gevorm nie. Die a en die nr 1 by die robotkaarte. Ek sal maar my soektog voortsit.
LikeLike
Jun 27, 2013 @ 16:14:30
Middag, Amelia 😉 Dit is reg, maar die skrif mag dalk van jou rekenaar s’n verskil. “save” eers en kyk of dit dan herstel 😉
LikeLike
Jul 05, 2013 @ 18:24:56
Good day. I need some advise to help my child with concentration in school and at home
LikeLike
Jul 07, 2013 @ 08:59:32
Good morning, Mariaan 😉 I have some ideas regarding concentration difficulties, but would suggest that you schedule a consultation with a paediatrician if the difficulties has been influencing his/her school work. 😉
LikeLike
Jul 09, 2013 @ 10:30:14
Goeie more, ek is onderwyseres wat na jare van tuisbly ma wees, teruggekeer het na die onderwys. Ek is goed ingelig rondom die Caps. Hier en daar is daar tog goed waarmee ek sukkel. Ek het Graad 1 klas by ‘n onafhanklike skool wat in die begin van die jaar geopen het. Wil graag weet wat die Caps verwag van Handskrif in graad 1. Hoe en wanneer die leerders moet vorder van ongelinieerde boeke na 17mm lyne. Het prober uitvind by skole in die omgewing maar dit lyk vir my elke skool kan sy eie beleid rondom skrif volg, want ek kry by almal verskillende antwoorde. Party vorder van ongelinieerd na 17 mm lyne (eers waar die letters soos “h”in 2 lyne geskryf word en later in die helfde van die lyne waar “h” slegs bo en onder aan lyn moet raak en ‘n s slegs in die helfde van die lyn.) Sommige skole skryf slegs in 17 mm lyne tot aan die einde van jaar en vorder glad nie na 8,5 mm lyne nie. Ander skole gebruik wel die 8,5 mm lyne, Hoor graag van jou.
LikeLike
Jul 10, 2013 @ 15:24:15
Middag, Trudie 😉
My skrifgidse lê ongelukkig by die skool. Ek het in die NKV en CAPS-gidse geloer en kry niks oor die 8,5mm lyne (Graad 1) nie, maar weet dat sommige skole reeds dié lyne begin gebruik. 17mm lyne word gewoonlik in die tweede kwartaal en 8,5mm nader aan die einde van die derde kwartaal/vierde kwartaal gebruik.
In remediëring het ek nog altyd so lank as moontlik by ongelinieerde blaaie gebly en het eers onlangs met 17mm lyne (vir herhalers) begin. Hierdie outjies sukkel om oor lyne te skryf en daarom laat ek aanvanklik toe dat alles in een lynspasie staan. Daarna verwys ek na die voorbeelde bokant die skryfbord en noem dat sommige klanke nekke en ander weer sterte het. Almal sit egter op dieselfde tak en hul lyfies is ewe groot (raak bo en onder aan die lyne). Dit help ook om te sê “Die Graad 2’s skryf so…” 😆
Kyk egter hoe die outjies se ontwikkeling is en besluit dan hoe gereed hulle vir die nuwe vlak is.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jul 24, 2013 @ 09:37:59
GOEIE DAG, EK WIL GETAL KOMBINASIE FLITSKAARTE DRUK VIR MY GRAAD 2 DOGTER. HULLE DOEN AL TOT DIE GETAL VAN 20 PLUS EN MUNIS. ENIGE VOORSTELLE WAAR EK DIT KAN DRUK VAN INTERNET AF ASB.
LikeLike
Jul 24, 2013 @ 18:22:26
Middag, Heloise 😉
Loer gerus na hierdie outjies: wiskunde, wiskunde, wiskunde…
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Jul 24, 2013 @ 09:46:00
My tweede vraag is ek het ‘n seuntjie graad 2, ons moet met hul oefend maats van 5, 6 , 7 8, ens wat is dit. Ek verstaan gald nie.
LikeLike
Jul 24, 2013 @ 18:24:28
Middag, Heloise 😉 Elke juffrou het haar eie storie of beskrywing van ‘n tipe som. Ek vermoed dat dit die kombinasies van die getalle is, bv. “watter somme kan jy maak om 5 te kry? 2 + 3, 1 + 4…” Die maats is dus ‘n 2 en 3, 1 en 4, 5 en 0…Bevestig net of dit is wat sy verwag.
LikeLike
Jul 30, 2013 @ 18:03:46
Looking for help with maths for Gr 3 afrikaans please
LikeLike
Aug 03, 2013 @ 08:53:28
Good morning, Claudette 😉
I have ideas in Afrikaans – depending on the specific aspect…You can type key words such “deling, maaltafel, woordsom…” into the search block on the right-hand side, click on the links marked as “WISKUNDE” or look at the departmental work books. Are there any specific areas of concern? (e.g. skip counting, division?)
Kind regards, Juffer 😉
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 12:04:20
Hallo, kan jy my miskien help asseblief. Ek moet n wiskunde les aanbied vir /raad 1 klas!! Ek moet piramide somme aan hulle voorstel in n praktiese manier by die inleiding en dan werkkaart gee vir hulle om dit dan toe te pas!! Enige idees!! Ek weet nie hoe om dit te doen nie
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 14:20:12
Middag, Janine 😉
Dink aan die manier waarop bakstene in ‘n muur gebou/gepak word – twee onder en dan een bo-op hulle – bo-oor die las. In piramide-somme kan jy die boonste blok as die groot getal sien en die onderste twee as die dele of kombinansies van daardie getal beskou. So sal 10 byvoorbeeld bo wees en ‘n 4 en ‘n 6 in die onderste blokke. ‘n Verskeidenheid kombinasies word dan gebruik om stene te bou en die blokke vorm uiteindelik ‘n driekhoek/piramide.
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 15:56:57
Hoekom sukkel ek so om iets van hierdie webtuiste oop te maak. Ek wou na die knip oefeninge kyk, dan kry ek altyd “pop ups” of die server werk nie.
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 17:04:13
O, gits, Amelia 😉 Die blog is nie veronderstel om pop ups te kry nie. Ek kyk gou of ek die fout kan sien aan my kant. Probeer gou weer 😉
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 16:03:29
Baie dankie vir die verduideliking van die piramide somme en die werkkaarte. Kan jy my (asseblief) help met n idee hoe ek dit in n prakties aan die graad 1 klas kan voorstel!! Ek doen my prakties vir my studies oor dit!! Die toesig onderwyder wil he ek moet kinders betrokke kry dan hulle prakties kan verstaan!! N goeie inleiding voor ek hulle dit self laat doen!! Help asseblief
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 17:11:50
Wat van ‘n storie wat iets bekends soos die Drie Varkies betrek? Die drie varkies was dalk besig om ‘n muur te bou met stene wat op ‘n sekere manier gepak moet word. Gee dan los blokke met spesifieke syferkaarte daarop en laat die outjies die varkies help om die stene op die regte wyse bo-op mekaar te pak. As jy twee stene langsmekaar pak, moet die som van die twee syfers bo-op kom. Kies eenvoudige terme om jou storie te verduidelik…soos bv. “As ek 3 en 4 bymekaar tel, moet die antwoord bo-op hulle lê.” Oefen dit met ‘n paar spesifiek gemerkte blokke as ‘n hoofreken aktiwiteit. “Wie kan vir my sê wat die antwoord van 4 plus 5 is?”…en hulle moet die blok lig en bo-op jou rytjie kom pak. Maak net by die juffrou seker van die woordeskat wat sy gebruik en wat die kinders sal ken 😉
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 19:15:11
So as ek nou reg verstaan kan ek byvoorbeeld vir die kinders se ons gaan die 3 varkies nou help om n muur te bou wat die wolf moet uit hou! Ek begin op die bord met die onderste ry! Se maar 5 blokke!! 2, 4, 1, 3 en 5. Ek verduidelik dan vir kinders dat ons net n steen kan bak as ons die blokke se getel bymekaar tel. So bou ons dan die muur deur vir leerders te vra, 2 en 4 is? Dan moet leerder wat antw ken die blok met regte nr kom kies en op bord plak bo die 2 getalle! As ons die muur klaar gebou het gaan daar n groot 3 hoek weeop die bord! Moet ek dan aan leerders se dat ek nou vir hulle n werkkaart gaan gee waar hulle self moet probeer? Of is daar iets wat ek nog moet byvoeg?
LikeLike
Aug 05, 2013 @ 17:33:55
Begin met fisiese blokke – eers net drie – 2 onder en een bo. Daarna kan julle oorgaan na tekeninge op die bord (konkreet, semi-konkreet). As jy nie die syfers op konkrete blokke wil plak nie, kan jy die muur op die bord plak/bou. Vir vaslegging kan jy die werkvel gee 😉
LikeLike
Aug 05, 2013 @ 08:58:13
Hallo juffer. Baie dankie vir die oulike idee. Ek wil net seker maak ek verstaan mooi hoe om dit te doen.
Ek kan vir die leerders se dat ons die 3 varkies moet help om n muur te bou om die wolf uit te hou. Ek kan dan begin met die onderste ry wat klaar op die bord is. Bv 1, 3, 5, 4 en 2. Dan verduidelik ek vir die leerders dat ons net n baksteen kan op pak as ons die die 2 blokke se getalle bymekaar tel. So moet leerders hulle hande opsteek en die antw gee. As hulle reg is kan hulle die blokkie met regte antw op die bord kom plak. So gaan ons aan tot die piramiede klaar is. Laat ek dan die leerders na hulle tafels gaan en gee werkkaart sodat hulle dit kan oefen of is daar nog iets wat ek vir die leerders moet se of doen?
Soos n afsluiting vir lessie? Jammer dat ek so baie vrae vra. Dit is vir my prakties so ek wil he dit moet perfek wees.
Ek het gekleurde papier wat ek gedink het om te lamineer en dit te gebruik vir die bakstene en dan nommers te print wat die kinders dan op dit kan plak.
LikeLike
Aug 05, 2013 @ 17:35:48
Dit klink goed 😉 Ek is nie seker wat jou dosente sou verwag nie. Is daar dalk ‘n ouer student wat kan help?
LikeLike
Aug 04, 2013 @ 16:28:37
Ek soek iets vir n inleiding hoe ek die kinders se aandag kan trek voor ek begin verduidelik hoe dit werk!! Miskien iets met blokke!!! Ek net nie seker hoe om te maak nie. Dit is vir my prakties so voel baie benoud!!!
asseblief help!!
LikeLike
Aug 05, 2013 @ 21:08:14
Hi daar, baie dankie. Ek moet donderdag nog n wiskunde les aanbied oor geld. Die juffrou het voorgestel ek maak n winkeltjie oop en laat leerders by my items koop. Die werkvel wat sy gegee het, het popcorn en cupcakes op. ek gedink ek kan cupcakes bak en popcorn spring vir hulle om te koop. Ek weet net nie lekker wat om te doen vir inleiding om geld konsepnte verduidekik nie. Gee ek vir hulle gedrukte geld en dan? En dan vir hoofles, hoe sitt ek die winkel op. die konsep van n winkeltjie klink oulik maar om dit prakties uit te voer is nie so maklik. Is ek die verkoper of moet die leerders beurte maak?as leerder klaar gekoop het, wat doen hulle tot al die ander maatjies klaar is. Sit ek in jhoek van klas n winkel op? Wil net seker maak oor hoe so les sal verloop. Baie dankie, hierdie website is wonderlik. Ek so dankbaar ek het dit opgespoor.
LikeLike
Aug 06, 2013 @ 18:00:31
Middag, Janine 😉
‘n Winkel kan oulik werk. ‘n Mens moet net mooi besluit oor hoe jy die geld gaan hanteer.
Wat van iets soos ‘n lang toonbank met ‘n “take away”-winkel idee. Die outjies kry kamma-geld in koeverte om dan te gaan kos koop. Hulle koop spesifiek springmielies en cup cakes. Die groepies werk dan saam om uit te werk hoeveel items hulle met die geld in die koevert (beursie) kan koop. Gebruik eerder prente as regte eetgoed en beloon die outjies dan later met ietsie na die les.
LikeLike
Aug 06, 2013 @ 19:19:29
Kom die kinders fisies om goed by toonbank te koop of is daar advertensies en hulle moet kyk wat hulle kan koop ens? Leerder in klas het elk n beursie met munte wat ek kan gebruik. Is ek verkoper? Wat doen ek vir inleiding voor ons winkel winkel speel?
LikeLike
Aug 06, 2013 @ 21:13:25
Jy kan dalk ‘n “spyskaart” teen die muur aanbring – soos in die winkels en/of los spyskaartbladsye 😉
LikeLike
Aug 07, 2013 @ 18:26:03
Hallo, ek moet handskrif les aanbied oor die letter z. In engelse. Opsoek na oulike idees vir inleiding waar leerders vinger oefening moet doen, middellynkruising, potloodgreep en sit bouding. Daarna moet k leerders die letter laat oefen. Wat doen mens dan vir afsluiting …. Dankie
LikeLike
Aug 08, 2013 @ 20:02:27
Goeie naand juffer, ek wil net baie dankie se vir al jou hulp die afgelope week. Ek het baie goeie terugvoer gekry op my lesse!! Hierdie is n wonderlike “wepsite” vir studente wat nog baie het om te leer. Geniet die naweek. Xxx
LikeLike
Aug 08, 2013 @ 20:13:38
Wonderlik 😆 Baie geluk!
LikeLike
Aug 09, 2013 @ 07:58:34
Goeie more, nuwe week nuwe dinge. Ek moet n les aanbied vir graad 1 klas! Dit moet n tegnologie les wees. Die tema van die week by die skool is, life cycle of a butterfly. Ek het daaraan gedink om n probleemstelling te maak en se ons het n verjaardag partjie. En ons moet vir al die maatjies wat kom n snack maak!! Maar die snack moet by die tema pas! Dan vir hulle laat beplan op papier wat hulle gaan doen( teken ) en dan dit te maak! Ek verskaf vir hulle verskillende lekkers!! Ek wil net uitvind of dit as n tegnologie les gesien sal word en watse eetgoed ek vir julle kan gee om bv n skoenlapper te maak! Dink die kindertjies sal dit geniet! Miskien goed te vra soos: ons kan nie gom op kos gebruik nie! Wat kan ons gebruik om goed aanmekaar te plak? En dan is daar bv icing of iets wat hulle kan gebruik! Nog n probleemstelling?
Baie dankie 🙂
Janine
LikeLike
Aug 12, 2013 @ 20:52:25
Hallo, Janine 😉 Wees versigtig vir kos. Wat daarvan as julle as skoenlappers uit vorms bou of julle ‘n lewenssiklus wiel maak…
Die outjies knip dus twee sirkels uit – met ‘n keep in die boonste sirkel. Heg deur middel van ‘n “donkie-oor”-speld – sodat die boonste wiel kan draai en die fases van die siklus in die keep kan wys.
LikeLike
Aug 13, 2013 @ 15:14:31
Hallo. Kan u my moontlik dalk help. Ek is nie baie gelukkig met die vordiring van my 5 jarige seun by die skool nie. In vergelyking met die ander kleuterskole is my seun se klas agter ( hy is al van laas jaar af op ‘n wag lys). Watter aktiwiteite kan ek met hom doen om hom op standaard te bring.
LikeLike
Aug 14, 2013 @ 18:34:49
Middag, Charlene 😉
Is die outjie tans in Graad R? Die minimum verwagting van vaardighede word in die kurrikulum omskryf en is aanlyn beskikbaar. Ons mik egter altyd ‘n bietjie hoër.
Vir idees in verband met skoolgereedheid, Graad R en die oog op Graad 1, kan jy soekterme soos skoolgereed, Graad R en Graad 1 by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Loer ook na die lysie skakels aan die regterkant. Daar is ‘n paar skakels in verband met skoolgereedheid. 😉
LikeLike
Aug 14, 2013 @ 21:35:23
Hallo Juffer, hoop jy kan help 🙂
Ek is op soek na:
* Die skrif wat ek kan gebruik om my eie werkskaarte te maak – vroeer gesien dit word ‘Teacher’s pet genoem? Indien moontlik, kan jy dit vir my stuur?
* Het jy iewers dalk ‘n ‘robot’ skrifkaart wat met groen, oranje en rooi kolletjies werk (maw, reeds aangedui op die letter?)
Dankie vir ‘n baie oulike blog – ek gaan jou beslis op ons FB page ‘promote’!
LikeLike
Aug 15, 2013 @ 17:44:22
Middag, Ronelle 😉 Ek het robotkaarte onder die “drukbare bladsye” en sal gou vir jou die skrif aan stuur 😉
LikeLike
Aug 16, 2013 @ 10:58:03
Hi, ek is bly ek het op hierdie blad afgekom. My dogtertjie is nou in gr 1, ons woon in Namibia. Sy het die begin van die jaar by ‘n privaatskool in Windhoek begin met haar skooljaar, maar ons moes noodgedwonge die einde van Julie Walvisbaai toe trek. Sy is nou hier ook in ‘n privaatskool. In Windhoek het die juf met die oueraand vir ons gese daar is geen probleme nie en sy gaan goed aan, Nou by die nuwe skool se die juf sy is agter met haar klanke en kan nie gly lees nie. Verskil die leerplan dan so baie van skool tot skool? As jy raad het sal ek dit baie wardeur. Ons het nou vir twee weke vakansie so raai wat doen ons die vakansie….
Groete
Alma
LikeLike
Aug 18, 2013 @ 16:40:25
Middag, Alma 😉
Ek weet nie hoe die kurrikulum in Namibië werk nie, maar in SA het die kurrikulum wel tot enkele jare gelede van provinsie tot provinsie verskil. ‘n Mens moet in ag neem dat die outjie ‘n tydjie sal neem om by die nuwe omgewing en skool aan te pas en nuwe maats sal moet maak.
Vir die klanke, kan jy hier soekterme soos “Abc, klanke, hersien, dubbelklank…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Dit sal verskeie idees bied. Loer ook na die drukbare bladsy vir ‘n paar drukbare speletjies en idees. 😉 Ek hoop dit kan help.
LikeLike
Aug 18, 2013 @ 11:02:25
Die is wonderlikste webtuitse. Ek is onderwyser en ook besig met grondslag fase studies. Ek het my eerste klasie en te e gaan die webtuiste kan ek plakkaarte maak. ek wil deel dat leserskring verkoop oulikste held form plakaarte vir R58’n stel. Kinders leer better met voorbeelde. http://www.leserskring.com/Product/ProductDetail/505
LikeLike
Aug 18, 2013 @ 11:06:16
Geagte juffer is daar enige idees hoe .om vir 3-4 jariges te leer oor Groente.
LikeLike
Aug 19, 2013 @ 18:26:12
Middag, Odette 😉 Ek is nie seker hoe die heel kleintjies se beplanning werk nie, maar sou voorstel dat julle die sintuie inspan. Proe die groentesoorte en vergelyk dit met mekaar. Hou byvoorbeeld ‘n “oranje”-dag. Hoe lyk die wortel? en die pampoen? ‘n Pampoen het sade. Wat het ‘n wortel? Watter een is die grootste? Kleinste? Swaarste? Ligste? Sny oop en kyk daarna. Maak dalk ‘n gerasperde “butternut” en wortel slaai.
Loer gerus ook na Klein Breintjies en Kleuters.co.za se skakels hier aan die regterkant vir nog idees vir die voorskoolse outjies 😉
LikeLike
Aug 19, 2013 @ 10:44:33
Hallo, wil graag weet of daar maklike manier is om spelreëls vir gr 4 tot 7 te leer, en of oulike kaarte met prente op wat die reëls uitbeeld?
LikeLike
Aug 19, 2013 @ 18:28:50
Middag, Mariska 😉 Daar is. Dit hang net af van watter spelreëls ‘n mens soek. Nokkie Hartman het spesifieke gidse, Think Online ook…(skakels aan die regterkant) 😉
LikeLike
Aug 20, 2013 @ 19:41:00
Hallo, ek is opsoek na oulike visuele voorstellings van basiese Goeie maniere vir peuters en kleuters, kan jy dalk help.
LikeLike
Aug 21, 2013 @ 18:23:26
Middag, Mica 😉
Dalk kan hierdie prentjies vir jou idees bied 😉
Gewoontes
Gewoontes
Gewoontes/Maniere
Gewoontes/maniere
LikeLike
Aug 27, 2013 @ 14:58:03
Hallo, ek hoop regtig jy kan my help!!
Ek is opsoek na oefen toetse vir my dogtertjie in graad 2, vir Afrikaans, engels, wiskunde en lewensvaardigheid.
Baie dankie, dis ‘n baie oulike blad!!!
LikeLike
Aug 27, 2013 @ 17:26:02
Middag, Michelle 😉
Ek het takies en vaslegging-idees. Jy kan die spesifieke tema (bv. vervoer, wilde diere…) by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik – asook soekterme soos “abc, klanke, dubbelklank, hersien, omkering, sigwoord, lees, engels, halveer, wiskunde, woordsom…”. Dit sal jou na verskillende stukkies neem. Loer ook na die drukbare bladsye (hier bo) 😉
LikeLike
Aug 27, 2013 @ 20:00:54
Goeie naand!
Ek hou regtig baie van jou webtuiste! Dankie vir al die inligting! Ek is opsoek na 3D-vorms…. Ons Gr.2-seuntjie het sopas geleer van ‘n kuboid en daar is Ma skoon uit die veld geslaan! Dis Prismas en viervlakke en so veel meer aswat ek ooit kon verwag het! Het net gewonder; die “plakkate” wat geplaas is vir Volume, Afstand, Inhoud is so pragtig… Jy het nie dalk ietsie in die lyn van 3D-VORMS beskikbaar nie??? (Of soek ek weer net nie op die regte plek nie! HAHAHA -doen dit ook gereeld!) Vriendelike groete -ALTA Beukes
LikeLike
Aug 28, 2013 @ 18:54:22
Middag, Alta 😉
Ek het eenvoudige stukkie oor vorms geplaas. Depicta en Kinderwerf het ook prente van drie-dimensionele vorms. Ek sal kyk vir nog idees 😉
LikeLike
Aug 28, 2013 @ 11:59:18
Hallo Juffer!
Ek is mal oor jou blad, baie dankie 🙂 . Het jy dalk vir my enige raad oor hoe om my seun in gr.1 se lees-vaardighede te verbeter en dalk ook die skryf van sinne?
Juffrou se hy sukkel met die goedjies.
Hy is wel nog 6jaar oud, en word eers 18Desember 7jaar, so hy is nog klein, maar is hierdie jaar in gr.1.
Ons het skoolgereedheids-toetse laat doen verlede jaar en dit het gedui dat hy wel skool-gereed is.
Ek het hom vir oog-toetse ook laat stuur nadat ek sy laaste rapport ontvang het, en dit het wel gewys dat hy effens ver-siende is, maar nie soveel so dat hy ‘n bril moet kry nie.
Enige raad vir my asb?
LikeLike
Sep 01, 2013 @ 15:08:43
Middag, Izel 😉
Ek het vir jou idees in verband met lees, klanke en sinsbou. Loer gerus onder die “Drukbare Bladsye”-hofie vir drukbare idees en tik dan ook soekterme soos “abc, klanke, dubbelklank, hersien, b en d, sigwoord, flits, lees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant van die blad (onder die skakels) in. Dit sal vir jou na verskillende oefeninge neem. Tik gerus ook soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed” in om ‘n bietjie agtergrond-inligting te kry 😉
LikeLike
Aug 28, 2013 @ 15:41:17
wie kan my help ek wil dit download om me rond te speel
LikeLike
Aug 28, 2013 @ 18:42:46
Wil die dokumente nie oop maak nie?
LikeLike
Aug 29, 2013 @ 07:22:16
Baie dankie vir die terugvoering op 3D-vorms! Waardeer dit opreg! Lekker dag verder! -ALTA
LikeLike
Okt 01, 2013 @ 19:58:45
😉
LikeLike
Aug 29, 2013 @ 18:23:45
Hi Ek is Sandi.. Help asb ek soek die manier om wurmpie somme te doen vir n graad 3
LikeLike
Sep 01, 2013 @ 16:47:41
Gits, Sandi 😉 Verduidelik gou hoe dit lyk…Ek is nou onseker. (Ons gebruik dalk ander terme :wink:) Is dit dalk soos die treinsomme?
LikeLike
Aug 30, 2013 @ 13:14:45
Hi ek is opsoek na groter as en kleiner as werk blaaie vir graad 1 kind asb.
LikeLike
Sep 02, 2013 @ 19:42:29
Hallo, Yulandi 😉
Ek het tans net skakels na Engelse take, maar dit is redelik eenvoudig om te gebruik. Onthou dat die tekens met ‘n krokodil vergelyk kan word wat slegs die grootste getalle hap 😉
Takie 1, taak 2, taak 3
LikeLike
Sep 01, 2013 @ 20:38:07
Hi juffer, wil net hoor of juffer die rympie ken van soen die reus wat leerders leer van lettergrepe? Baie dankie
LikeLike
Sep 02, 2013 @ 19:29:55
O, gits. Ongelukkig nie, Janine 😉
LikeLike
Sep 17, 2013 @ 16:30:11
Ons wil graag die dame wat in ons huis werk leer lees! Hierdie is so lekker handig! En gratis. Duisend dankies!
LikeLike
Okt 01, 2013 @ 19:43:02
Dis ‘n plesier, Anina 😉 Vra gerus as ek met iets moet help.
LikeLike
Sep 23, 2013 @ 09:20:15
Hello
My dogtertjie sukkel met Afrikaans begripslees (Gr2). Waar kan ek vir haar ekstra begripslees kry?
My skoonsus se dogter wat gr 5 is sukkel met Begripstoetse. Het jul enige raad rakende dit asb.
Dankie Sumari
LikeLike
Okt 01, 2013 @ 19:56:36
Hallo, Sumari 😉 Jy kan Wena Hartslief (021 975 5316) i.v.m. haar Rondomtalie-leesbegripstake kontak. Sy het op ‘n stadium by KSUT (Wellington Onderwyskollege) klas gegee. Vra ook vir Nokkie Hartman (sien skakel aan die regterkant) of sy sulke gidse het. Vir ouer kinders kan ‘n mens na ONNET, thinkonline en loer ook hier aan die regterkant na die skakels wat met Vraestel gemerk is. 😉
LikeLike
Okt 03, 2013 @ 11:25:58
Hi, hierdie is regte n lekker web vir my…want partykeer weet ek nie hoe om my kind te help nie. En op die oomlik voel ek net dat die juffrou nie my veel help nie, dis altyd net gaan voort met wat jy doen, dis nie eintlik vir my n antwoord nie. My kind is nou in graad 1 en sukkel om die verskil tussen y en ei in woorde. Sy weet nie altyd watse een om te gebruik nie. Dieselfde is as dit kom by eu, ee, uu. Watse wenke kan jy gee dat ek haar meer die verskil kan verduidelik
LikeLike
Okt 03, 2013 @ 21:05:03
Hallo, Candice 😉 Ek het ‘n stukkie oor hierdie tipe klanke. Jou e-pos adres is die wagwoord. Tik dan ook soekterme soos “hersien, tweeklank, dubbelklank, drieklank” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die hofie “drukbare bladsye” hierbo vir nog ‘n takie of twee. Ek hop dit kan help 😉
LikeLike
Okt 08, 2013 @ 16:08:21
Goeie dag
Ek moet ‘n lessie uitwerk en beplan, die leerders moet hulle eie kreatiewiteit gebruik tydens ‘n kuns les? Kan juf my dalk help?
Ek het gedink dat ek gaan vir hulle wit papier gee en dan musiek speel en terwyl hulle besig is gaan ek die musiek harder en sagter draai, sodra dit harder is moet hulle vinnig iets uitdink? en as dit stadig is dan kan hulle weer mooi fokus? Ek weet nie of die les reg is nie dis vir my so bietjie vervelig! Enige raad asb?
LikeLike
Okt 10, 2013 @ 18:04:15
Middag, Alisna 😉 Watter tema gebruik hulle en watter graad is dit?
LikeLike
Okt 15, 2013 @ 08:58:53
Hallo ,
ek het dringend hulp nodig vir Graad 3 met die lang deel metode, my kind verstaan dit gladnie, kan julle my dalk help met ‘n stap vir stap verduideliking hoe om dit te beraken en vir hom te verduidelik
baie dankie
LikeLike
Okt 17, 2013 @ 18:17:53
Middag, Annelien 😉 Daar is verskillende metodes in die verskillende skole. Lang deling voorbeeld.
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Nov 04, 2013 @ 15:25:48
Hallo Juffrou , ek soek prentjies van die alfabet om maklike woorder
LikeLike
Nov 04, 2013 @ 18:14:48
Middag, Marilynn 😉 Loer gerus na die drukbare woordlyste en muurkaarte op die Drukbare Bladsy 😉
LikeLike
Nov 05, 2013 @ 08:14:27
Hallo Juffer,
hier is ek alweer , vandag het ek asb hulp nodig met die lang maal metode vir Graad 3, as jy asb weer vir my kan wys stap vir stap hoe dit werk . baie dankie vir jou wonderlike blad !!!
LikeLike
Nov 10, 2013 @ 13:32:12
Hallo, Annelien 😉 Daar is tans verskillende metodes vir lang deling. Ek ken die ou metode, maar het nog nie veel met die nuwe een gewerk nie. Ek sal egter ‘n voorbeeld probeer soek. Die ou metode verskyn egter in die CAPS-dokument vir die Intermediêre Fase (p.251).
LikeLike
Nov 05, 2013 @ 08:52:44
Baie Dankie !! My dogtertjie is engels en ek soek altyd na ekstra goed om met haar te doen , sy sukkel so n bietjie met digitale horlosies , hoe maak ek dit vit vir haar makliker . Regtig puik website !!
LikeLike
Nov 09, 2013 @ 17:33:40
Middag, Marilynn 😉 Loer ‘n bietjie hier...
LikeLike
Nov 11, 2013 @ 09:05:57
Baie Dankie Juffer
sal bietjie loer .
LikeLike
Nov 07, 2013 @ 23:27:37
hi daar ek het hulp nodig my dogtertjie van 3 1/2 jaar. sy was in n kleuterskool maar moes haar uit gehaal het. sy kan al baie doen veral die maande van die jaar en weeksdae opse en ook tot by 20 tel sy ken haar klere en oefen die 1-4 nr om te skryf sy ken haar vorm ook. wat is die volgende stappe sodat sy nie kan agter raak nie. sy is baie slim vir haar ouderdom volgens die skooltjie.
lekker dag tina
LikeLike
Nov 10, 2013 @ 14:51:31
Hallo, Tina 😉 As ek reg onthou, het ek op Facebook geantwoord. Laat weet gerus as dit nie jy was nie 😉
LikeLike
Nov 11, 2013 @ 12:42:24
Goeie middag. Waar kan ek vorige jare se Gr 5 vraestelle gaan aflaai? Net om vir boeta bietjie te help.
LikeLike
Nov 17, 2013 @ 16:21:53
Middag, Elize 😉 Ek het enkele skakels hier aan die regterkant. Loer na die skakels gemerk met “wiskunde” en “vraestel”…ook think online 😉 Ongelukkig is daar min Afrikaanse vraestelle aanlyn beskikbaar.
LikeLike
Nov 11, 2013 @ 14:37:38
Juffrou
Kan u asb vir my se waar kan ek die nodige reels en regulasies kan kry om ‘n dagsorgsentrum/kleuterskool te begin?
Dankie
LikeLike
Nov 17, 2013 @ 16:23:31
Sover ek weet val dagsorgsentrums onder die beskerming van maatskaplike dienste. Hulle hou ‘n ogie oor die heel kleintjies, maar die plaaslike onderwysdepartement kan help met die riglyne vir Graad R. Kontak jou naaste laerskool vir die telefoonnommers van die naaste kantore 😉
LikeLike
Jan 06, 2014 @ 14:59:45
Ongelooflike hulpbron. Ek tuisonderig en Afrikaanse materiaal is super skaars. Baie dankie vir hierdie waardevolle webblad.
LikeLike
Jan 06, 2014 @ 18:52:42
Dis ‘n plesier, Sandra 😉 Loer gerus weer in.
LikeLike
Jan 13, 2014 @ 20:16:56
Hallo Juffer,
Ek het n seun wat verbaal en nie verbale disfunksie het – hy sukkel vreeslik met sy tale – watter programme kan jy asb vir ons voorstel om te gebruik – die voorstel van die opvoedkundige sielkundige was dat ons weer begin by Gr 4 tale en ek het al oral op die web gesoek vir programme om te koop of af te laai wat hy ekstra werk kan insit.
Enige voorstelle asb
LikeLike
Jan 22, 2014 @ 14:42:05
Middag, Nicolette 😉
Loer ‘n bietjie na die lysie skakels hier aan die regterkant (gemerk as “blogroll”). Daar is skakels wat na die CAPS-kurrikulum vir Gr.4 – 6 gaan. Effens laer af is verdere skakels na Vraestelle en Werkboeke. Loer ook na die verwysingsblad vir die name van moontlike, plaaslike tutors/remediërende opvoeders. Opvoedkundige sielkundiges sal dikwels sulke persone kan voorstel.
Baie sterkte 😉
LikeLike
Jan 22, 2014 @ 12:30:19
Hallo juffer , ek soek bietjie hulp , my dogter graad 4 , is engels en is baie goed met haar engelse woorde maar sy sukkel met die afrikaans . sy is geneig om dan die engelse klank “c” in haar afrikaans te sit and maak die fout om e te verwar met n i . Dankie vir die puik webblad
LikeLike
Jan 27, 2014 @ 18:44:54
Middag, Marilynn 😉
Herinner daaraan dat Afrikaans net een k het – die k. Op Graad 4-vlak kom c net in name voor. In langer woorde is daar plekke waar jy i hoor, maar e skryf. Dit is meestal woorde wat met be-, ge-, re-, ver-, me- begin, aan die einde van die trappe van vergelyking (ste, er) en aan die einde van meervoude.
LikeLike
Jan 25, 2014 @ 07:56:08
Goeie More! wat n oulike blad! maar my seuns is al in gr8/9. Ek is opsoek na studiemetodies en rooster opstel. Asook waar ek tutors kan opsoek. Kan jy dalk help?
Dankie
LikeLike
Jan 27, 2014 @ 19:12:21
Middag, Lizelle 😉
Loer ‘n bietjie na die verwysingsblad vir moontlike leersentrums naby julle. Vir tutors kan jy hier loer. Sterkte met die leerdery 😉
LikeLike
Jan 30, 2014 @ 08:39:49
Goeie dag. My dogtertjie in Graad 2 sukkel baie met die “tipe ” sommetjies.
? -11 = 7, 10+ ? = 15 . Is daar ‘n metode wat haar kan daarmee kan help. Het dit altyd op honderd blok gedoen , maar mag nou nie meer die honderd blok gebruik nie. Baie dankie
LikeLike
Jan 30, 2014 @ 19:49:45
Middag, Celia 😉
Wys haar daarop dat + en – teenoorgestelde bewerkings is (inverse bewerkings).
As jy bv. * – 11 = 7 moet uitwerk, werk jy van regs af terug en tel die getalle op. Dus is 7 + 11 = *. Kry die antwoord en toets dit vir sekerheid.
10 + * = 15 word 15 – 10 = *
Toets met behulp van die honderdblok en neem die honderblok na ‘n som of twee weg. Gebruik dit soos die klein wieletjies op ‘n fiets. 😉
LikeLike
Feb 04, 2014 @ 09:05:41
More almal.
Ek kort hulp my seuntjie in graad R en moet prentjies kan vergelyk. Waar kan ek sulke prentjies kry. Bv as daar 5 verskillende vissies is en ek gee vir hom een prentjie moet hy kan se waar dit pas
LikeLike
Feb 04, 2014 @ 17:54:19
Middag, Jeanie 😉 Loer na eyecanlearn vir moontlike idees. Ongelukkig is sulke take meestal in boekvorm. Webtuistes soos kleuters.co.za het soms sulke take. 😉
LikeLike