Die internet is vol webwerwe (Engelses) waar kinders hul maaltafels kan oefen. Van die maniere waarvolgens dit oorgedra word, is ‘n storie assosiasie, ‘n Grafiek, outomatiese flitskaarte, die drukbare vorm en prentjies. ‘n Vroeë stadium van maaltafels is om in veelvoude te tel. Dít word ingelei deur normaalweg in ene te tel en om die spesifieke veelvoude harder te sê terwyl die tellers aangeskuif word: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8 Skuif die krale een-een, maar as jy die getal hardop sê vat jy die laaste twee krale saam om te wys dat jy begin om in groepe te tel. Hoe meer dit gebeur, hoe makliker begin die kind die voorbeeld volg. Gebruik ‘n honderdblok – dit lyk soos ‘n slangetjies en leertjiesbord sonder al die prente en kleure. Vra dan die kind om elke tweede blokke in te kleur binne ‘n bepaalde getalgebied (bv. 1 tot 20). Is daar ‘n patroon. Ja, al die getalle eindig op ‘n 2, 4, 6, 8 of 0. As ek hierdie getalle tussen my en ‘n maat uit deel, kry ons ewe veel lekkers! Tel (lees) die getalle ritmies terwyl julle aksies doen soos hande klap, knieë tik, ens. Belewing help baie… Tel weer soos bo (op dieselfde ritme) terwyl jy tellers twee-twee van een posisie of houer na ‘n ander skuif. Dis goed as ouer en kind elkeen sy eie honderdblok en tellers het, sodat julle albei aktief besig is. ‘n Getallyn is ‘n ander manier om die skuif of aantellery aan te dui. Gebruik ‘n knoop of Monopoly-skuifstuk en hop na die getalle soos julle tel (Ma se maatband werk baie goed hier). Nou ‘n stappie verder: 2 x 3 = … 2 maal 3 beteken 2 keer 3…of 2 groepies van drie Pak nou krale in 2 groepe van 3. Tel: 1, 2, 3 en 4, 5, 6 Herhaal die proses en vat dan saam. “3 en 3 maak 6” 2 keer 3 gee vir ons (maak ‘n gebaar van samevatting of groepering bo-oor die krale)…6 krale. 2 x 3 is dus 6 Op die honderdkaart wat reeds die veelvoude wys, druk ons op die eerste “3” en dan op die volgende “3”. Waarop druk jy? 6! Ek het gevind dat ‘n verskeidenheid honderblokke – elk ingekleur volgens ‘n afsonderlike veelvoud (2, 3, 5, 10…selfs 4, 6, 7) ‘n goeie visuele hulpmiddel is en ‘n goeie verwysingsbron is – teen die muur. Oefen ook eers die patroon van: 2×1=2 2×2=4 2×3=6 en wys die kind daarop die antwoorde telkens “2 meer” is. Hou maar eers by ‘n spesifieke veelvoud per lessie en moenie die tafels sommer net meng nie. ‘n Mens moet darem die bult eers in ‘n laer rat op kruie voordat jy die langpad teen ‘n hoër rat aandurf!
Hier is ‘n paar konsepte waaraan die Graad 1-sillabus aandag gee. Veral in die eerste ses maande doen die kleintjies somme met tellers (koeldrankdoppies, knope, krale…). Hulle moet die apparaat fisies vashou en die som so uitwerk…
Mamma’s kan gerus met hierdie lysie na die juffrou gaan en vir ‘n paar gedagtes vra om dit aan te spreek tuis. Juffrou sal baie beïndruk wees.
TEL MET BEGRIP
· Aftel in ene tot 5 (…10…20) Tel fisiese goed soos knope, klippe, ens.
· Skat, neerskryf / teken, tel en bespreek (Ek skat dis 5, tel…ja, ek was reg…of nie…)
· Aantel (5, tel drie aan….5…6,7,8 )
· Terugtel
· Tel in spronge (2e, 3e, 5e, 10e)
WERK MET GETALPATRONE
· Bv. 5 10
15 20
25 30
· 2, 4, 6, 8
12, 14, 16, 18 (sien die ooreenkoms in die eindgetal)
LEER KEN DIE GETAL
· Hoeveel?
· Getalnaam (Hoe skryf ek dit?)
· Getalsimbool (1 – 5, 6 – 10) (Hoe lyk dit?
· Ewe / onewe (Kan ek dit uitdeel sodat Ma en ek ewe veel lekkers het?)
· Behoud van die getal (Maak nie saak hoe die patroon lyk nie, 7 kolle bymekaar beteken 7)
· Subitering (tot 6) (Kyk na ‘n items bymekaar en “raai” of “weet instinktief” dat dit 3, 4, 5 ensovoorts is.)
POSISIE VAN DIE GETAL
· Ongelykheid en gelykheid (afparing)
· (= teken)
· Ordening van getalle (1 – 5, 6 – 10)
· Stygend én dalend (leer ken ‘0’ as getal)
· Rangorde
· Posisiewoorde (voor, na, tussen)
· Rigtingwoorde (links, regs, ens.)
· Rangtelwoorde (eerste, tweede…)
· Kwantiteitswoorde (is groter as…)
· Vergelyking van getalle
· Begrippe: hoeveel, meer as, minder as, net soveel as, is gelyk aan.
Baie kinders met ‘n lae spiertonus kompenseer baie goed daarvoor en steek dit goed weg.
*Kenmerke:
·Eet slordig
·Loop op tone
·Laat mylpale – sit, kruip of loop later as ouderdomsgroep
·Die kind kom ooglopend lomp voor en sukkel met aksies soos sit, kruip, loop en hardloop.As baba skuif hierdie outjies eerder op die sitvlak rond.
·Probleme met nekbeheer.
·Kan nie maklik sywaarts of vorentoe rol nie.
·Indraai-tone, knik-knieë, stamp tone gereeld, val oor eie voete, loop op binnerande van voete.
·Tekeninge, letters en syfers word nie voldoende gevorm nie.
·Soms woelig en reaksies is relatief stadig by kinders wat oorkompenseer vir “slapper” spiere.
·Beweeg eerder aanhoudend as om spiere in te span.Die kind konsentreer dus om aanhoudend te beweeg en dit kan sy werkstempo benadeel.As die outjie ophou beweeg, is die spiere geneig om te verslap en sak hy inmekaar.Sy rug vertoon skeef en die ruggraat toon ‘n sywaartse kromming.Die inspanning om regop te bly, verg baie energie en dié outjies raak gou moeg en gefrustreerd.
·Sit kierts regop of heeltemal slap.
·Bang vir vreemde en onbekende aktiwiteite (bv. fietsry).
·Hiperaktiwiteit, konsentrasieprobleme, swak geheue en ‘n stadige werkstempo is kenmerke.Hulle word ook dikwels verkeerdelik as hiperaktief of kriewelrig bestempel.
·Hansford noem dat kinders met ‘n lae spiertonus ook dikwels gespanne is in die skool, speletjies en tydens sportdeelname.
Oefeninge:
Sit op voorste punt van ‘n kussing of lae bankie vir ‘n beter ewewig.
Staan op knieë by ‘n lae tafel wanneer speel of inkleur.Dit help met balans en die arms en hande is vry om te beweeg (inkleur, blokkies bou, pop speel).
Wanneer die outjie lees, moet die gesig parallel met die boek wees en die neus is ongeveer in die middel van die bladsy.Die kop en boek is ± 20 – 30 cm uitmekaar.
Sit-sit-so:heupe, knieë en enkels is almal in hoeke van 90° geknak en die voete is gemaklik op die vloer.Die lyfie lyk dus soos blokkies of trappies.
Hierdie outjie moet kort-kort ‘n afleiding hê (soos kleispel) om te ontspan.
Balanseer ‘n opgerolde sokkie (paar) op die kop en probeer daarmee loop.
Neem ‘n tennisbal (of opgefrommelde stuk koerant), tel dit met die knieë op en spring soos ‘n kangaroo.Spring stadig, lang spronge of sywaarts.
Loop op stelte.Gebruik klein, leë koffieblikke en ‘n ou tou.
Skop ‘n bal na ‘n teiken (in ‘n ou doos in) na aanleiding van opdragte (soos Simon Says).
Trek ‘n tou en die kind moet dit probeer raak trap.Eers met een voet en dan die ander.
Balanseer ‘n boontjiesakkie of ‘n sakkie vol sand bo-oor die enkel en kyk hoe hoog die been/voet gelig kan word.
Pak hoepels, buitebande of springtoue (in ringe) in ‘n kring, vierkant, ry, perdeskoen, ens. Spring dan met beide voete in aangeduide rigtings of volgens opdrag (blou hoepel, groen hoepel of nommer 1, nommer 3, nommer 2…)
Wipplankry
* Hierdie inligting is slegs idees. Die raad van en evaluasie deur ‘n Arbeidsterapeut is steeds nommer een as dit by spiertonus kom.
Hierdie vaardighede is belangrik in die gereedmaking vir die GROOT SKOOL. Dis ook dinge waarna die Graad 1-juffrou spesifiek kyk tydens die eerste paar weke van die jaar. Veral mamma’s van Graad R-kinders kan hierdie doelwitte in gedagte hou vir die einde van die jaar. Vra gerus vir Juffrou vir ‘n paar oefeninge om die vaardighede te verbeter.
OUDITIEWE ONTWIKKELING
• Kan geluide herken (wat raas so? watter geluid maak die koei? )
• Kan tussen geluide onderskei (Is dit ‘n motor of ‘n lorrie wat so dreun? )
• Kan ooreenkomste herken (Sannie sê sy sal…al die woorde begin met ‘n “s”)
• Kan instruksies uitvoer (Tel op jou sak, hang dit op en was jou hande.)
• Ouditiewe geheue (onthou wat gehoor is – bv. telefoonnommer)
• Kan rympies en stories memoriseer (Oorvertel)
VISUELE ONTWIKKELING
• Kan verskille raaksien (Soek die verskille tussen twee eenderse prente)
• Kan ooreenkomste raaksien
• Kan legkaarte voltooi (bou sommer baie! 24, 50, 80, 100 stukke)
• Kan kleure identifiseer (swart, wit, bruin, primêr en sekondêr)
• Kan vorms herken (sirkel, vierkante, reghoek, driehoek)
• Visuele geheue: Kan eie naam herken
• Herken ander se name
• Herken logo’s, handelsname en advertensies (Checkers, Dettol, Edgars, Kellogs)
GROOT EN KLEINSPIERVAARDIGHEDE
• Kan groot voorwerpe hanteer – gooi van bal
• Voet-oog koördinasie – skop van bal
• Hand-oog koördinasie
• Ritme en beweging (aksies)
• Kan ‘n verfkwas hanteer
• Kan kryte hanteer
• Kan prente teken
• Kan prente voltooi
• Kan ‘n skêr hanteer (Knip)
• Kan ‘n potlood hanteer
• Kan kolletjies volg (dot-to-dot)
• Kan ‘n eenvoudige prentjie inkleur
GELETTERDHEID
• Kan sy/haar eie naam sê
• Kan sy/haar naam skryf (eerste letter is ‘n hoofletter en die res is kleinletters)
• Gebruik voldoende woordeskat (geen “babataal” meer nie)
• Gebruik logiese woordorde
• Kommunikeer vrylik
• Ken woorde van liedjies en rympies
• Vertel stories
• Kan prente interpreteer
• Kan liggaamstaal interpreteer
• Kan liggaamsdele benoem
• Links na regs oogbeweging
• Praat duidelik
• Kan uitdrukking gee aan opinies en idees
• Kommunikeer in volsinne
• Kan boeke, tydskrifte hanteer
LEWENSVAARDIGHEDE
• Ken ouderdom
• Ken telefoonnommer
• Ken adres
• Kan saamwerk met ‘n maat
• Kan onafhanklik werk
• Goeie aandagspan
• Kan probleme oplos
• Leierskap
• Selfvertroue
• Respekteer ander
Voor ons aan die kosblik raak, net eers ‘n paar belangrike gedagtes… Veral jonger kinders raak gou moeg en verloor konsentrasie as hulle nie gereeld ‘n versterkinkie neem nie. Baie outjies eet ontbyt voor 7-uur en eet dan eers weer om ongeveer 10:20 (pouse) en 13:00. Dis ‘n vreeslike lank tyd om honger te wees. Sommige juffrouens gee egter kleintjies in Graad 1 en 2 die geleentheid om ‘n “power bite” te neem om weer woema te kry. Sorg dus dat daar altyd ietsie is om te hap wanneer die nood druk. ‘n Klein koelsakkie is dalk ‘n goeie idee vir nasorg-kinders of in areas waar die sonnetjie warm kan bak.
Sorg dat die eetgoed maklik hanteerbaar is en nie vol fieterjasies is nie. Dikwels kan die outjie nie self ‘n sapbotteltjie, skyfiepakkie of selfs ‘n energiestafie oopmaak nie en is daar nie iemand naby om te help nie. Sny dus die pakkie oop en knyp dit met ‘n klampie toe. Verf en versier die klampie met kraletjies om dit ekstra spesiaal te maak (wasgoedpennetjies werk ook goed). Hoe minder moeite dit is om die kospakkie oop te maak, hoe vinniger word daar geëet en dan gespeel.
In plaas daarvan om ‘n toebroodjie (twee snye) of ‘n groot vrug in te pak, meet neute en rosyntjies in klein porsies af en verpak dit in klein bakkies of sakkies. Droë vrugte is ‘n gunsteling happie by baie kinders. Sny ‘n Snackertipe stafie in hapgroottes op of bak sommer jou eie Oatspap koekies.
Indien jy wel toebroodjies wil maak, gebruik oulike koekiedrukkers om prentjies uit die toebroodjie te druk. Dan is die porsies reeds afgemeet en vrolik. Die orige stukkies brood kan vir viskoekies of frikkadelle gevries word. Jy kan ook prentjies uit velle koue vleis of kaas druk en in lae pak. Kan ‘n mens nie sommer frikkadelle met die vormpies afmeet en dan gaar maak nie?
Hou die kosblik gesond en pak eerder water as gaskoeldrank in. Te veel suiker kan die aandagspan heeltemal omver gooi…
Onderwysers is amper soos die “hunter gatherers” van ouds. Ons is altyd opsoek na nuwe dinge en inligting en gooi min goed weg. Dis eintlik noodsaaklik om idees en hope papier te hou. Daarom is dit wenslik om dik ringlêers byderhand te hê waarin jy jou “oulike takies” en planne kan liaseer – volgens temas of kronologies vir die jaar. Op die ou einde kan jy twee tot drie lêers per kwartaal opbou. Indien die lêers (weens ‘n tekort aan spasie) nie werk nie, kan ‘n tweedehandse liaseerkabinet ingespan word. Soms verkoop winkels soos Game helderkleurige, plastiese trommels met liaseervakkies én ‘n deksel vir die stof. Wat jy ookal doen, sorg dat jy vir jou so ‘n mini-argief van idees opbou. Dis altyd handig – selfs al verander die kurrikulum.
Moet nooit ophou soek na nuwe inligting nie! Klop by kollega’s aan en loer in hul “argiewe”, deel jou eie idees met ander, gaan kuier by ander skole en fynkam die internet. Stoor die skakels van webwerwe wat jou interesseer en gaan weer terug.
Hou die klas georganiseerd en netjies. Sorg dat daar kapteine aangestel word om elke “stasie” of hoekie reg te pak en beloon hulle vir die werk. Dis egter onmoontlik om skoon en netjies te maak as daar nie pakplek of dinge soos lappe en besems is nie. Knip ‘n ou handdoek op in kleiner vierkante en stik dit om. Dan is daar genoeg stoflappe. Verdun skoonmaakmiddels en maak maar weekliks so ‘n Sunlight Liquid sousie in ‘n kleinerige botteltjie aan. Iets soos ‘n keelsproeibotteltjie het ‘n fyn spuitbuisie (nozzle) en mors dus nie te veel nie. Graad R en 1 dames is geneig om vreeslik aan die kant te maak en verbruik dus al juffrou se seep en dinge baie vinniger as wat jou beursie kan hanteer. Terloops, vra sommer of die ouers nie ‘n bottel Windowlene of Sunlight Liquid kan borg vir die jaar nie – al is dit ‘n kleintjie. Dan kan ‘n mens ordentlik skoon maak! (Die groot maat middels wat skole soms aanskaf is maar flou.)
Gee ‘n inligtingsbrief vir die ouers. Spesifiseer die skool se beleid en reëls rodom alles waaraan jy kan dink. Dit mag dalk oorbodig klink, maar is nie. Dinge wat jy in gedagte kan hou is goed soos
Skooltye
Waar en hoe kinders ontvang word (by die deur, in die klas, buite…)
Reëlings indien iemand anders die kind oplaai.
Verversings / Kosblik – Wat is vir jou aanvaarbaar? Mag die kosblik elke dag lekkers bevat?
Snoepgeld – elke dag of net een maal per week
Verduidelik hoe die dagprogram of rooster werk.
Kleredrag – verduidelik spesifikasies en dring aan op ‘n ekstra stelletjie “noodklere”. Veral aan die begin van die jaar is daar nog redelik angs oor al die nuwe dinge en gebeur glipsies gereeld.
Spesifiseer alle skryfbehoeftes en benodigdhede soos snesies (‘n doos per kind vir die klas se gebruik) of verskaf die bedrag wat dit sal kos as jy dit self wil bestel.
Vereis dat klere en persoonlike items gemerk word.
Speelgoed moet maar eerder tuis bly. Uit ondervinding werk dit beter as almal met die skool se speelgoed speel.
Verjaarsdae en partytjies. Wanneer, hoe…Koek? Geskenke? Gaste?
Verslaggewing: Hoe jy dit doen sodat daar nie verwarring ontstaan nie. Vra ook dat ouers (asseblief ) die skool op hoogte sal hou van eksterne ondersoeke, toetsings en terapie. Kopieë word in die kind se persoonlike lêer in die kluis bewaar.
Kunsuitstalling of uitstallings van die werk: Reël ‘n skemerkelkie later in die jaar en hou ‘n propperse geselligheid om die kleingoed se werke ten toon te stel. Maak kreatiewe rame (die kinders kan) en monteer die prente self.
Reël ‘n inligtingsaand en verduidelik al hierdie dinge aan die ouers (in Januarie nog!), sodat daar nie later onsmaaklikhede opduik nie. Moet egter nie militaristies wees nie en hou die trant van jou skrywe lig en vrolik.
Dis nou sommer so ‘n paar idees vir eers. Ek sal nog ‘n paar probeer onthou sodra die vakansieluim afval…
Loer sommer ook by hierdie skakels in vir ‘n paar oulike idees of tik soekterme soos “eerste dag” en “ken mekaar” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in:
Nikita het vroeër oor ‘n sindroom gepraat wat die leer- en leesproses beïnvloed. Ek help tans ‘n paar outjies met lees- en leerprobleme om eksamen te skryf. Dis alles deel van alternatiewe assessering – wat beteken dat hulle volgens die voorskrifte van ‘n sielkundige gehelp word om vraestelle te voltooi. Die vraestelle word weer en weer gelees en dan word die antwoorde gelees om te sien of dit verstaanbaar is (in terme van spelling). So baie keer wonder ‘n mens of die probleem nie dalk elders lê nie…Hier is nog ‘n paar dinge om te probeer om outjies te help wat sukkel met lees. Dalk het een van hulle Irlen-sindroom…
Symptoms of Irlen’s Syndrome
* Trouble reading words
* Headache while reading
* Weaker academic performance
* Weak concentration
* Complains of eye strain while reading
* Tires while reading
* Depth perception is much weaker
* Will also affect math performance
* Often exhibits sensitivity to lights especially fluorescent types
* Trouble focusing
* Weak/poor comprehension
* Difficulty tracking words on a line and will often skip words
* Reads in a strained word by word fashion and with great hesitancy
* Avoids reading
* Weaker written work
* Trouble copying
* Random spacing
* Ramdomletter sizes
* Writing up or downhill
* Inconsistent spelling
The reason for all of these symptoms is largely due to the fact that print looks different to individuals with Irlen’s Syndrome.
How can you help?
* Dimmer lights
* Natural lighting appears to help – sit naby ‘n venster
* Irlen lenses (coloured lenses, coloured overlays)
* Coloured paper for reading materials and worksheets – veral geel help blykbaar goed
* Additional time for reading assignments
* If lights can’t be dimmed, individuals should be allowed to wear a visor.
* Shorten time spent on reading – korter leesstukke, groter skrif en duideliker letterformasies
* Provide more frequent breaks
* Allow the child to use a ruler to ease the tracking of words while reading. – Gebruik ook ‘n kaartjie of een met ‘n venstertjie daarin om bo-oor die teks te gly.
Ek het vroeër vanjaar op hierdie juweeltjie afgekom. Hopelik kan dit ‘n juffrou of ouers help. Dit behoort goed te werk met die aandagafleibare outjies.
Caribbean Spelling – hands on hips, and swivel on each letter. On the word, say, “Woo!”
Sing opera style
Box It / Kickbox It – Correspond right/left arm/leg with vowels or consonants
Frisbee _ throw each letter as you would a frisbee
Yo-yo – bend your arms at the elbow and alternate your hands up and down as you say each letter.
Voices _ change your voice for each repetition: loud, soft, whisper, squeak, growl, baby-talk, etc.
Groups _ different groups cheer after each other (boys, then girls, then whole class)
Blast Off – start crouched at floor as you say each letter get a little higher, when jump into the air as you say the whole word I also use frog-jumps. They are similar to Blast-off. We start standing up. As we say each letter, we crouch down a little farther. Then, as we say the word, we “jump”.
Hand Jive – just like on the playground, pair up and clap hands for consonants and lap clap for vowels
Back Tracer – sit in circle and trace the letters as you spell on a partners back
Mouse -squeaky voice with hands curled up by face
Robot -in robotic voice with arms moving back and forth (“Danger! Danger! Will Robinson” style)
Fly it like a bird -arms flapping up and down
Chicken – arms folded up to make wings and head moving forward
Nose – hold your nose and spell it
Cheer It (Give me an “h” , etc.) Like a cheerleader.
Pat — pat our heads for tall letters, tummies for short letters and knees for ones that go below the line
Beat it on our Desks
Snap and Clap — We snap for the vowels and clap for the consonants.
Raise the Roof — We just push up toward the ceiling, one push for each letter.
Ketchup — Shake our hand like we’re trying to get ketchup out of a bottle.
Disco (Hand up for consonants, hand down for vowels) Pretend to be John Travolta.
Throw the Stars — Throw one hand at a time toward the ceiling for each letter.
Be the Letter (Body Language) — For “s” we slither down to the floor while saying “e-e-e-s-s-“.
Mexican Hat Dance (alternate feet in front)
Flapping and Nodding — Pretend you’re a bird and flap your wings and nod your head for each letter.
Stomping — Just stomp your feet for each letter.
Army _ march letters and salute on the word
Clapping Syllables — Just clap for each syllable
Explosion (Volcano) (whisper, normal, loud) They love to do this. Pretty self-explanatory.
Marshmallow Clap – Almost clap but stop before your hand touch. Say each letter.
Hula — hands on hips, swivel, hands in air to say word
Jumping Jacks — One letter for each movement. (sterspronge)
Toe Touches – touch your toes for each letter.
BATTER UP – We get into the batting position and swing on each letter as we say it
SLOW We hold the sound of the letter or a few seconds like sit…s……………i…………………t……………
Motorcycle – We just hang on to “handle bars” and pretend that we are doing wheelies..!
Dribble and Shoot — Dribble the letters and shoot the word.
Cowboy — straddle chair and lasso
Push-ups – or stomach crunches, bicep curls, etc.
Blowing Kisses — kiss for each letter and 2 hands kiss (extend both arms out and up) for the word
Pass the Ball – sit in circle and pass the ball. Last person says word and chooses the next word.”
You Know You’re a Teacher When…
You repeat everything you say to your friends at least
five times.
You tell your husband to spit out his gum.
Your favourite place to shop is the teacher’s bookstore.
You can eat an entire meal in 20 minutes or less.
The neighbour’s trash looks like something you can recycle for your classroom.
You count all your Valentine Day cards and smile.
You pick up a handful of napkins in a restaurant.
Your wardrobe is covered in paint.
You wake up in the middle of the night and say, “Who’s talking?”
Other people joke that it must be nice to have four
months of vacation.
You are afraid to take a sick day because the sub doesn’t know your kids like you do.
Johnny swears and you smile, because it was a grammatically correct sentence.
Die uitspraak van klanke gaan gewoonlik gepaard met ‘n assosiasie – a vir appel– en verskil van skool tot skool en van juffrou tot juffrou. Party skole gebruik Klanke Kalante – ‘n reeks wat prentjies op of om die klanke teken. Ander juffrouens gebruik geen spesifieke assosiasie nie. Hoe dit ookal sy – klanke en hul uitspraak is baie belangrik. Elke letter van die alfabet het ‘n naam en ‘n klank. Die naam vir “a” is A (“aa”). Die klank is die eerste klank en is die eerste geluid wat die stem maak wanneer die woord “appel” geuiter word (“a”). (Dink byvoorbeeld aan k-a-t = kat teenoor K-A-T. Ook: k-a-t = kat in plaas van kih-aah-tih.)
Wanneer jy die klanke sê moet jy dit baie saggies doen om die “uh” of “i” aan die einde te vermy. Die klank vir “k” is baie kort – net soos dit klink aan die einde van “rok”. Probeer om te vermy dat die klank na “ki” of “kuh” klink. Om die “i” of “uh” te vermy:
1. Sê die klank baie sag.
2. Stop byna onmiddellik nadat jy die klank begin uiter het.
Dit is baie belangrik dat jy die klanke reg sê – min of meer só:
‘n Interaktiewe video om te help. Laai die gratis TinyTap toep op jou foon of tablet en speel dan die bogenoemde video daarop (soek “klank” of kies die Suid-Afrikaanse vlag vir meer).
a soos die begin van appel
b soos in rob
c word in Engels uit gespreek C
d soos in dak
e soos in ek
f soos in fiets
g soos in gom
h soos in hoed
i soos in is
j soos in jas
k soos in kat
l soos in lepel
m soos in muis
n soos in hen
o soos in ot
p soos in pot
q soos die naam Q
r soos in roos
s soos in son
t soos in tand
u soos in rug
v soos in vis
w soos in water
x soos die naam X
y soos in ys
z soos in zet
Tik gerus ook soekterme soos “abc skryf, klanke, hersien, ouditiewe, handspier, fynspier, skrif, muurkaart” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die “drukbare bladsye”-hofie hier bo. ‘n Engelse weergawe is daar beskikbaar.
Die voorlopers vir formele skrif is gewoonlik in verskeie dele verdeel. (Dit sluit skribbel in.) Om ‘n kind gereed te maak vir skrif, word verskeie handspieroefeninge gedoen. Ure en ure word spandeer aan patrone en die kind maak later patrone in elke prentjie wat geteken word. Dit is alles belangrik om te “oefen” vir die “groot” skryfproses.
Dinge om te onthou:
begin gewoonlik met ‘n groot, dik kryt of verfkwas en ‘n groot vel papier (koerantpapier werk goed)
dik vetkryte en dik veselpenne (koki’s) kan volg
driehoekige potlode en vetkryte volg – daarom gebruik baie Graad 1-klasse uitdraaikryte (MonAmi)
a, d, g, c, o, q, s begin by ‘n denkbeeldige “twee uur” op die horlosie en die hand beweeg anti-kloksgewys om die letter te vorm. Moenie die hand lig voordat die hele letter voltooi is nie. Maak ‘n groen kolletjie waar die letter begin en ‘n rooie waar die skryfaksie (karretjie se roete) moet stop. Die brandertjie patroon (soos ‘n “c” in lopende skrif) word gewoonlik hier gebruik.
v, w en k se patroon is die wolftand patroon (zig-zag).
h, p, b, m, n, r se patroon is die hasie hop (lyk soos ‘n klomp n’e teen mekaar).
u, y, g se patroon is die Tarzan patroon (lyk soos ‘n klomp u-klanke teen mekaar).
a = om die piering, op en af(ek gebruik ‘n ou CD teen die bord)
b begin bo, b – vir bal: Los die bal…die bal bons, rol en lê.
d begin in die draai, d – vir draai: om die piering, op en óp en af
e = Die motor ry reguit en stop by die stopstraat. Moenie jou hand lig nie, want ‘n motor kan nie vlieg nie. Draai dan links om die piering en stop.
f = Staan op ‘n duikplank en duik met ‘n boog tot onder in die swembad. ‘n Voëltjie vlieg van links na regs verby.
g = Om die piering, op en af…en swaai die stert.
h = Los die bal. Die bal hop en gaan lê.
i = Die man staan regop soos ‘n reguit liniaal en sit ‘n hoed op sy kop – ‘n dotjie – nie ‘n donga nie!
j = Lyk soos i, maar glip verby en krul sy stert.
k = In die Kaap: Twee droë stokkies word opgetel. Die een lê ons reguit neer en die ander een knak ons met ‘n “k”-geluid sodat dit soos ‘n “v” lyk. Sit nou die hoekie teen die langbeen. Reguit af… lig die hand…skuins af, skuins af en op.
l = reguit en lank soos ‘n liniaal
m en n = Die haas hop met ‘n boog (af, hop, hop en af, hop)
o = om en om die piering
p = aaaaf, ôôôp en om
r = af, hop en hang
s = begin by twee uur – sê “ssss” terwyl dit gemaak word – soos ‘n slang
t = ‘n sambreel se steel kan geteken word – af, krul en ‘n voëltjie vlieg verby
u = af, om, op en af
v + w = skuins af, skuins op en stop / skuins af, skuins op, skuins af, skuins op en stop
y (Die Kaap gebruik die geronde een – ‘n kruising tussen “u” en “g”.) = af, om, op en af en krul die stert
Onthou om na die “Drukbare” bladsy te gaan vir drukbare bladsye.
Tik gerus soekterme soos “tuis idees, abc, skryf, skrif, klanke, syfers, patrone, potloodgreep, font, perseptuele, knip, robotkaart, Teacha” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Onthou asseblief dat die volgende inligting nie ‘n mediese kundige se skrywe is nie en slegs as ‘n inligtingstuk dien. Raadpleeg asseblief ‘n pediater indien aandagafleibaarheid vermoed word.
ADHD is die term wat onderwysers die meeste gebruik om ‘n aandagafleibaarheid te beskryf. (Dit staan eintlik vir Attention Deficit and Hyperactivity Disorder.) Dit dui gewoonlik daarop dat die kind nie op ‘n gegewe taak kan fokus nie. Aandagafleibaarheid kan met Hiperaktiwiteit (geweldig woelig) of Hipo-aktiwiteit (dagdromerigheid) gepaard gaan en word eintlik deur ‘n pediater gepeil en behandel.
Bekendes met ADHD/AAHS sluit Bill Cosby, Cher, Dustin Hoffman, Jim Carey,Kirk Douglas, Robin Williams, Steve McQueen, Sylvester Stallone, Will Smith, Leonardo da Vinci, Galileo, Albert Einstein en Benjamin Franklin in.
Die simptome van aandagafleibaarheid word gewoonlik deur middel van ‘n Connors vraelys beskryf en gepeil. Die vorm lyk soos ‘n table en word gewoonlik in vyf dae opgedeel – met ‘n skaal van geensins, in ‘n mate, redelik baie en baie. Van die aspekte uit so ‘n vraelys sluit die volgende in:
Vroetel gedurig
Neurie en maak ander geluide
Eise moet dadelik bevredig word, maklik gefrustreerd
Swak koördinasie
Rusteloos of ooraktief
Prikkelbaar, impulsief
Onoplettend, aandag maklik afleibaar
Onvermoë om take te voltooi, kort aandagspan
Oormatig sensitief
Oormatig ernstig of treurig (“sad“)
Dagdroom
Somber of nors
Huil maklik en dikwels
Steur ander leerders
Twissiek (stry graag)
Gemoedstemming verander vinnig en drasties
Tree gevat op (acts “smart”)
Vernielsugtig
Steel
Vertel leuens
Woedebuie, opvlieënd en onvoorspelbare gedrag
Sonder homself af van ander kinders
Kom voor asof hy nie deur die groep aanvaar word nie
Skyn maklik voorgegaan te word (easily led)
Geen sin vir regverdigheid
Toon geen leierskap
Kom nie oor die weg met die teenoorgestelde geslag nie
As die antwoord op die meeste vrae in die redelik baie en baie afdeling val, dui dit gewoonlik op ‘n probleem. Die pediater of opvoedkundige sielkundige sal kan sê of die kind se optrede en gedrag werklik ‘n probleem is wanneer die skale bestudeer word.
Indien jy vermoed dat ‘n kind aandagafleibaar is:
Verminder die suikerinname en moenie soetgoed inpak skooltoe nie (sugar rush!)
Verseker dat die outjie ‘n goeie roetine én slaaproetine volg
Praat voortdurend met die opvoeder en vra dat ‘n Connors vraelys voltooi word. Neem die vorm saam na die pediater toe.
As medikasie (skedule tablette) aanbeveel word – doen navorsing daaroor en vra soveel vrae as wat jy kan. (Kinders kla soms gedurende die eerste week of wat van maag- of hoofpyn terwyl die liggaam aanpas.) Sodra die aanpassingstydperk verby is kan ‘n opvolg Connors deur die opvoeder voltooi word. Gewoonlik kan die verskil dadelik opgemerk word. Indien nie – raadpleeg dadelik weer die pediater.
Soek gerus Dr. Christopher Green se boek UNDERSTANDING ADHD op. Dit het oulike leesstukke in.
Na aanleiding van vele navrae het ek die volgende vir die klas saam geflans…Wat werk in jou klas?
Probeer gerus die skakels oor spiertonus…In die klas is die spasie beperk en al sê dokters en sielkundiges dat hiperaktiewe outjies voor en in die middel van die klas moet sit, werk dit nie altyd nie. Daarom kan ‘n mens probeer om die outjies teen die kant en langs ‘n stiller maatjie te laat sit, sodat die versoeking vir klets en die ontwrigting minder is. Jy kan ook vir die outjie “vroetel-speelgoed” gee om hom besig te hou. Gee byvoorbeeld stresballetjies of rubber pypies sodat die outjie nie met ‘n liniaal of potlood sal sit en tik nie. Sommige juffrouens gee vir hierdie outjies ‘n groot plastiek bal (“gym” bal) of ‘n rubber kussinkie om op te sit. Dit veroorsaak dat die outjie moet fokus op die balansering en dus nie tyd kry vir kriewel nie. Hierdie gedeelte vloei nogal redelik sterk saam met die behandeling vir ‘n lae spiertonus…
Soms stuur die juffrouens die outjies met boodskappe, om vir Juffrou water te gaan haal en om voorwerpe te dra. Arbeidsterapeute kan gerus gekontak word oor die proprioseptoriese sisteme. Dit het te make met die sensoriese* stimulasie en oor die uitwerking van drukking en sintuiglike stimulasies. Soms is dit goed om vir ‘n woelige outjie te vra om die meubels reg te skuif of om die stofsuier nader te bring. Die bietjie weerstand of drukking het ‘n positiewe uitwerking om die lyfie.
‘n Mens kan die hele klas laat opstaan en ‘n beweging laat doen. Jy kan selfs ‘n klokkie lui of ‘n geluid maak waarna die hele klas ‘n ritme klap of ‘n dans-aksie uitvoer – net om die kop weer gefokus en wakker te kry. Braingym het oulike oefeninge om net weer die lyfies gereed te kry vir leer…
Dan kan jy ook versoek dat die hele klas suikervry bly deur die week en ‘n lekkertjie vir Vrydae toe laat.
Juffrouens en ouers:
Loer gerus ook by die webwerf, ADDstudent, in. Die leuse is ADD + school = success…’n webwerf met ‘n positiewe ingesteldheid.
Dan is daar ook een vir mammas – ADDmoms – met idees oor alternatiewe hulp.
*Sensoriese Integrasieprobleme kom moontlik voor as die outjiesensitief lyk virsintuiglike ervaring soos aanraking, harde geluide, smake of teksture…Kontak ‘n SI gekwalifiseerde arbeidsterapeut indien so iets vermoed word.
Visuele oefeninge speel ‘n groot rol tydens die leerproses. Daarom maak arbeidsterapeute en opvoedkundige sielkundiges spesifieke melding van die VMI – ‘n telling wat bepaal of die kind se visueel perseptuele ontwikkeling op die korrekte vlak is. Dit is ‘n goeie indikasie of die outjie sukkel of sal sukkel met sy werk.
Dikwels word ‘n spesifieke leesprobleem ook aan ‘n lae VMI gekoppel. Indien die VMI onder die kind se kronologiese ouderdom is, word daar gewoonlik aanbeveel dat die kind terapie ontvang.
Kla jou kleintjie as hy moet lees? Is lees vermoeiend? Dan is daar ‘n moontlikheid dat die probleem by die ogies lê. Die oogspiertjies beweeg dalk nie egalig nie en veroorsaak spanning. Die ogies raak dus gou moeg en die leesproses bly ‘n pyn. Dit sal wenslik wees om die ogies te laat toets vir visie én vir onegalige oogbewegings.
Om die oogbewegings tuis te ontwikkel, kan jou kind Eye Can Learn se oefeninge volg. Die kop moet stil gehou word en slegs die ogies moet beweeg. ‘n Paar minute per week help reeds.
Indien jy herhaalde uitvalle soos die omkering vir syfers en getalle (bv. b/p/d, n/u, getalle in die spieëlbeeld) of die omruiling van posisie opmerk (bv. ou/uo, oe/eo), sou ‘n oogtoets wenslik wees om die oogbewegings en visie te toets. Skakel ‘n paar oogkundiges en optometriste in jou omgewing voor jy ‘n afspraak maak. Sommiges toets kinders jonger as 12 se oë gratis.
Sterkte aan al die mamma’s, pappa’s en onnies met die laaste paar weke van die skooljaar! Dis nou die laaste stukkie van die jaar en die ergste is verby. Daar is ongeveer drie volle weke voor die meeste skole se eksamens begin en die skoolvakansie begin al die 5de Desember in die “kus-provinsies”. Goeie nuus: as juffrou of meneer nie teen hierdie tyd genoem het dat daar groot rooi ligte flikker in die tonnel nie – behoort die jaar suksesvol af te sluit. Dit beteken nie dat ons al kan vakansie hou nie. Sit steeds skouer aan die wiel en werk elke dag om die eindstreep te haal.
Dis amper tyd vir die nuwe en laaste kwartaal in die Kaap. Hiermee dan ‘n gedagte vir die onderwysers. Onthou ook dat môre Onderwysersdag is. Maak solank die skoene skoon, pak die tas en maak die potlode skerp.
Ek het gevind dat daar heelwat leerders is wat sukkel om woorde te klank en dan weer as ‘n woord te lees. Hulle kan die woord klank, maar haak vas by k-a-t. ‘n Idee wat nogal vrugte afwerp, is om die woord uit te rek – soos ‘n stadige “replay” aksie op televisie. Byvoorbeeld: k…a…t. Die woord word dan weer en weer gesê – elke keer ‘n bietjie vinniger. As die woord op hierdie manier herhaal word, kry die kind die geleentheid om die woord te hoor en om dit in sy / haar gedagtes saam te voeg. SCRABBLE (Junior Scrabble) teëls of los klank kaartjies kan gebruik word om die woorde te pak. Pak die klanke apart en skuif hulle nader terwyl die woord op die “uit rek manier” gelees word. Dit klink vreemd, maar die kinders sal dit geniet.
As u kind ‘n nuwe boek huis toe bring:
Blaai saam met u kind deur die boek. Wat sien julle alles?
Vra hom / haar oor die storie. Wat kan jy onthou van die storie wat jy in die klas gehoor het?
Lees die storie saam met u kind en praat oor interessante of nuwe woorde. Bv. klein het ‘n “ei” in. Watter ander woorde het so ‘n klankie in?
Speel “soek die woord”. Noem ‘n woord uit die boek en vra u kind om die woord te soek. Hoeveel keer verskyn die woord in die boek?
Skryf julle eie stories deur woorde uit die boek en ander bekende boeke te gebruik.
Maak woordmure deur nuwe woorde teen die muur aan te bring – voeg prentjies by indien moontlik. Hou die woorde sigbaar en oefen dit sommer terloops.
Sigwoorde vorm ‘n brug tussen die aanvanklike “klanklees” tot by vlotlees. Hoe vinniger die kind dus daardie “tussen-in” woorde kan herken, hoe vlotter sal hy lees en dus sal die leesbegrip ook sterker wees.
Sigwoorde is al die kleiner en meer algemene woorde wat in die meeste graadtoepaslike leesboeke voorkom. Dit is woorde soos dae van die Week, maande van die jaar, tussenvoegsels, lidwoorde en voornaamwoorde. (Vra gerus jou kind se juffrou vir voorbeelde van hierdie woorde of kyk na die lys uit Hauptfleish en Grové se gidse hieronder.)
‘n Tuisprogrammetjie om sigwoorde vas te lê:
Slangetjies en leertjies: Plak kaartjies met sigwoorde op die speletjie vas. Lees sigwoorde by die leer se punt en slang se bek.
Hou ‘n Skattejag met raaisels rakende sigwoorde – veral getalname, dae en maande.
Bordspel: Elke blok het ‘n sigwoord. Lees woord waarop dobbelsteen land. Plak sommer die woorde bo-oor ‘n bordspel soos Monopoly sy straatname…of trek julle eie blokke.
Speel “snap” met flitskaarte van sigwoorde.
Vang vis met Sigwoorde: Skryf die woorde op kartonvisse en skuif ‘n skuifspeld oor die visse se lywe. Tel die visse dan met magnete op. Lees die sigwoord.
Leer klim: Sigwoorde is op die sporte en die leerder lees terwyl sy “klim”.
Bou ‘n muur: Lees flitskaarte een-vir-een en plaas ‘n flitskaart op elke steen op die prent – om ‘n muur te bou.
Woorde