Tuis

skool toe

Lewer kommentaar


‘n Nuwe skooljaar

6 Kommentaar


Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en heelwat nuwe juffrouens het gevra wat ‘n mens kan doen om die jaar met ‘n ekstra huppel in die stap aan te durf…

Aan die begin van ‘n skooljaar, is daar heelwat senuwees betrokke – vir die kinders, die ouers en die opvoeders.  Tree dus voorkomend op.

  1. Gaan deur die leerders se profiele en verseker dat dit met jou klaslys ooreenstem.  Is daar inligting in die profiele wat jy in die klas kan gebruik?  Indien ‘n outjie byvoorbeeld linkshandig is, kan jy sorg dat jy die korrekte skêre het.
  2. Beplan dalk stasies vir die eerste dag, sodat die outjies met die instapslag ‘n keuse van aktiwiteite (bv. inkleurwerk, rygwerk, kleispel, legkaarte, prenteboeke, leesboeke, perseptuele take, ens.) het om saam met hul ouers of klasmaats te ontdek.  Moedig ouers aan om foto’s te neem en gee dalk ‘n groot koevert met inligting en ‘n bederfie om saam te neem.
  3. Gee ‘n nuusbrief om te verduidelik hoe kommunikasie gaan plaasvind – hetsy deur middel van ‘n weeklikse huiswerkbrief, ‘n huiswerkboekie, ‘n kennisgewingsbord, ‘n klaswebblad, ‘n selfoonboodskap of ‘n toep (app).  Hoe kan die ouers met jou kommunikeer?  Laat hulle ‘n boodskap by die kantoor, skryf hulle ‘n briefie of kan hulle ‘n e-pos stuur?  Dink mooi voordat persoonlike foonnommers gedeel word.
  4. Indien jy ‘n toep soos SeeSaw kies, druk reeds vroegtydig die uitnodigingsbriewe en gee dit uit soos die ouers in kom.  Sodoende kan hulle registreer en reeds deur die loop van die dag ‘n foto of twee ontvang 😉  Onthou net dat skole deesdae toestemming verkry om foto’s op sosiale media of webblaaie te plaas.  Neem dus net individue af om die oomblikke privaat met hul ouers te deel.
  5. Loop deur die klas en skool om foto’s van belangrike kennisgewings en mense te neem.  Skep ‘n eenvoudige storie om dit te beskryf en plaas dit op die kommunikasieblad of -toep sodat die outjies na skool met hul ouers daaroor kan gesels.
  6. Weet die ouers waar die kinders gaan aantree?  Is daar klaslyste of kennisgewings beskikbaar?  Merk aanvanklik elke kind se naamkaartjie (op die bank, vakkie, tasrakkie, ens.) met ‘n unieke prentjie, kleur of vorm – sodat beide die kinders én die ouers vinnig die regte pak- en sitplekke kan vind.
  7. Aan die begin van die jaar, kan jy selfs die staanplekke in die ry só merk deur die naamkaarte met deursigtige verpakkingskleeflint (of kontakplastiek) op die vloer of teen die muur te plak (praat net eers met die hoof).  As jy gelamineerde kaarte met klitsgras (velcro) teen die muur plak, kan jy die volgorde gedurende die jaar in ‘n kits ruil – so ook op die banke.  (‘n Kollega plak die naam- en prentjiekaarte apart op en vra dan dat die outjies met die naam in die klas in kom.  Die name teen die muur, is dus die afwesiges.)
  8. Vra dat die ouers alle besittings merk – skryfbehoeftes, skoene, klere, tasse, onderklere, swemklere, kosblikke, sakke, ens.  ‘n Swart veselpen, maskeerband of ‘n papierstrokie wat met kleeflint geseël word is ‘n eenvoudige, maar effektiewe manier om besittings te merk.
  9. Wie moet smiddae op die bus klim of hoe gaan die outjies huis toe?  Plaas dalk ‘n klaslys of twee op ‘n tafel waar die ouers dit aandui.  Gebruik dan eenvoudige sleutelringetjies om die reëling aan te dui en aan die skooltasse te heg.  Dit mag dalk help om die outjies smiddae in die regte rigting te stuur.
  10. Die kantoor sal gewoonlik inligting soos kleredragreëls, tasreëls, ens. deel, maar dit is soms ‘n goeie idee om ‘n herinneringsboodskap hier en daar aan te bring.  Het julle riglyne vir die klaskamer?
  11. Indien ‘n outjie badkamer toe wil gaan, gaan jy reël dat die outjie kom vra?  Sommige juffrouens gee ‘n sagte speelding om op die bank te sit of knyp ‘n naamkaartjie aan ‘n muurkaart vas.  Party gee ‘n bottel vloeibare seep om saam te dra.  As die item dus weg is, weet jy dat ‘n outjie die klas verlaat het.  As die noodklok lui, sal jy meer gereed wees vir die soekproses.  Neem maar aanvanklik die hele klas badkamer toe (voor of na pouses) totdat hulle die roete ken.
  12. Wat is jou skool se beleid ten opsigte van eetgoed?  Eet die outjies buite, binne of tydens klastyd?  Moedig julle gesonde kosblikke aan of berus die onus op die ouers?  Bring die kinders water of gaskoeldrank saam?  Hoe gemaak met ‘n klas waar ‘n kind ‘n neutallergie het?
  13. Hoe gereeld gaan die outjies die snoepie besoek en waar gaan die geld gebêre word?
  14. Waar hou julle noodhulp items soos pleisters, asmapompies of spuite (bv. Epipenne)?
  15. Gaan julle herwinning en waterbesparing aanmoedig?
  16. Wat is die selfoonbeleid en waar sluit jy kosbare besittings toe?  Bêre dalk eetgoed hier vir daardie dae wanneer jy langer moet bly of ‘n hongerkol ontwikkel.
  17. Hoe werk uitstappies?  Trek die kinders skooldrag of gewone klere aan?  Mag ouers saam gaan en word ‘n lysie met vrywilligers saam gestel?
  18. Gaan julle as ‘n klas of ‘n graadgroep naburige tehuise besoek of by gemeenskapsprojekte betrokke raak?  ‘n Mens kan dalk een keer per maand oorstap om stories te lees, speletjies te speel of liedjies te sing as ‘n groep.
  19. Wanneer is die eerste ouer- en inligtingsaande?  Gaan julle opvoedkundige sprekers reël?
  20. Maak verjaarsdae spesiaal deur ‘n verjaarsdagmuurkaart of -kalender met die spesiale dae teen die muur te plak en die name in jou nuusbrief te noem.  Besluit dalk in oorleg met die ouers en skoolhoof op ‘n tipe bederfie (bv. maksimum R10) of vra dat ouers ‘n bydrae tot ‘n verjaarsdagfonds lewer.  ‘n Mens kan dan aan die einde van die kwartaal ‘n klaspartytjie hou en storie– of feite boeke vir die klas se leeshoekie aan koop.  Indien jou klas rekenaars of tablette het, kan ‘n mens selfs die fonds vir opvoedkundige en aanvullende programme of toeps (apps) aanwend.
  21. Indien jy jou klas versier, gaan jy ‘n tema of ‘n kleurskakering kies?  Kies jy iets wat tydloos is of gaan jy jaarliks iets nuuts aanbring?  Is jou skryfbord skoon of kort dit ‘n was?  Reël dalk ‘n periode of ‘n tyd wanneer jy en jou kollega mekaar wedersyds kan help met die regruk werk.  As jou klas donker is, kies ligte gordyne en indien dit ‘n warm, sonnige klas is – wil ‘n mens dalk dikker lap (soos denim) kies.  Dink aan opsies wat dienlik én mooi sal wees.  ‘n Mens se begroting is maar dikwels beperk.
  22. Indien jy ‘n nuwe mat vir jou klas kies, dink hier ook aan aspekte soos vlekke, sand, modder en higiëne.  Watter opsies is sakpas en min moeite?
  23. Wat gebeur indien die outjies tande wissel? Hoe gaan die tand by die tandmuis uitkom? Party skrik groot en ander nie.  Hou gerus ook ‘n plan vir glipsies gereed.
  24. Hoe gaan jy jou flitskaarte stoor?  ‘n Hangende skoensak is nogal ideaal.  Indien die sakkies te breed is, kan ‘n mens dit deur stik.  Indien jy baie handig is, kan jy jou eie nommerpas stoorsak maak en dalk ‘n dun stokkie bo en onder span om die sak te verstewig.  Jy kan iets soortgelyks met deursigtige plastiek op karton maak – waarin jy sinne of flitswoorde kan bou of gebruik magnete teen die metaalbord.
  25. Indien jy jou muurprente A4 hou, kan jy dit in jou beplanningslêer liaseer.  Indien jy groter muurprente het, kan ‘n mens ‘n broekhanger of klampies en ‘n draadhanger inspan.  Die agterkant van ‘n kas, deur of boekrak is ‘n ideale weghangplek.

Eet ‘n goeie ontbyt en gaan vroeg skool toe.  Gun jouself soggens ‘n geleentheid om aan jou dag te dink.  Dink aan idees om ‘n glimlag op ‘n bekommerde gesig te plaas, kry idees by die hulpspan, raadpleeg ‘n mentor in die skool en haal asem.

Stap gerus na skool om na ‘n kollega se klas vir ‘n vinnige geselsie voor jy die klas gereed maak vir die nuwe dag en onthou om jouself ‘n kansie te gun om te ontspan.  Jy gaan nie alles in ‘n dag gereed kry nie en dit sal dikwels ‘n paar jaar se probeer- en leerslae verg, maar jy gaan heel anderkant uitkom.

Mag jy ‘n baie suksesvolle jaar beleef.

 

matriek

Lewer kommentaar


Skouer aan die wiel

Lewer kommentaar


My Klaskamer word vanjaar 10 jaar oud! Kan jy glo?! 😀

Snuffel gerus deur die vorige inskrywings na velerlei gratis drukbare bladsye, muurkaarte, flitskaarte, kalenders en meer.  Voer jou e-pos adres by die E-pos subskripsie-blokkie aan die regterkant in om kennisgewings van nuwe skrywes te ontvang of sluit by my Facebookblad aan.  Ek probeer tans om meer van die gratis produkte op die Facebookwinkeltjie en –groep te lys.  Loer gerus in 😉

 

My Klaskamer Pryslys 2018

Blou Maan

Lewer kommentaar


Wanneer die volmaan twee keer in een maand skyn, word die tweede volmaan ‘n Blou Maan genoem.  Vanjaar skyn die Blou Maan op die 31ste Januarie én Maart.

Die helder lig is ‘n ideale geleentheid om ‘n skoolfunksie onder die sterre aan te bied.  Wat van ‘n Ken Mekaar Skoolbraai, ‘n atletiek aand, ‘n maanlig piekniek of ‘n “colour run”?   Dra blou en samel ‘n fooitjie in ten bate van die skool of ‘n ander organisasie.

Loer gerus hier na les idees in verband met die maan en die hemelruim.

2018 is hier!

2 Kommentaar


2018 is hier!

2018 A4-Kalenders met spesiale dae:  AfrikaansEngels

2018 A4-Kalenders (Blanko):  Uil, Owl, Appel, Apple

welkomwelcome

Welkomvlaggies

Voorblaaie (inkleur)

Snuffel gerus hier na idees en drukbare velle of loer na my winkelrak.

🤳📲😁 Loer na die kieslys op my Facebookblad (via jou slimfoon) vir Afrikaanse “Profile Frames” of snuffel tussen die Facebook fotoraam opsies op jou slimfoon.  Op die rekenaar kan jy die soekterm “klaskamer” gebruik.

nuusflits

10 Kommentaar


klaskamer copy 2Ek verneem dat een van die lede op My Klaskamer se “gratis items” Facebookgroep ander se produkte as haar eie verkoop (slegs die voorblad is verander) – dalk myne ook – aangesien sy gediggies gekoop het. Die persoon is verwyder.  Indien iemand van my produkte elders “te koop” sien, kontak my asseblief.  Ek is reeds van ‘n dame aan die Weskus (Laaiplek), Reebok, George, PE, Groot Brakrivier, Centurion, Pretoria (Villiera), Wesrand, ‘n Facebook Admin en een in Richardsbaai bewus.
Daar is ‘n groep wat ‘n Werkboek en CD-reeks in Reebok/Groot Brakrivier/Centurion/Pretoria (Villiera)/Wesrand (teen ‘n groot bedrag) versprei – met my gratis rympies daarin en -op. Die boekies het ook die gedrukte weergawe daarin.

Ek vra by voorbaat om verskoning indien iemand jou so in geloop het.

 

‘n Geseënde Kersfees!

Lewer kommentaar


Baie dankie vir jou ondersteuning!  

Loer gerus na die Facebook foto opsies op jou slimfoon vir verskillende gratis feestydraampies in Afrikaans en Engels.  Loer gerus hier vir Kersfees idees om tuis te probeer.

 

spikkelskrif

4 Kommentaar


Iemand het onlangs na items in ‘n spikkelskrif gesoek.  Hierdie is die werksvelle wat die robotkaarttipe skrif bevat.  Dit is nie ‘n font nie.

Indien jy rekenaarskrif benodig, loer gerus hier: font

 

 

vakansie

Lewer kommentaar


Rekenaarwetenskappe

2 Kommentaar


Vandeesweek begin die Rekenaarwetenskappe week elders, maar dit sal ook interessant wees om dit jou eie klas of tuis te probeer.  Weet jy wie die rekenaarpioniers was?

The Hour of Code het interessante aktiwiteite wat die outjies spelenderwys leer om programme te skep…Loer gerus hier na oulike toeps,  e-boeke (elektronies boeke), Google aanvullings en hulp vir outjies wat alternatiewe hulpmiddels gebruik.

Scratch vir die jongspan

beplan

2 Kommentaar


Dis die einde van nog ‘n opwindende skooljaar.  Loer gerus hier na idees vir die nuwe jaar.

Uil Kalender 2018
Owl Calendar 2018
Kalender 2018 Appel
Calendar 2018 Apple
*2018 Pynappel Kalender met spesiale dae
*2018 Appel Kalender met spesiale dae
*Kersfees
*Spog- en Herinneringshorlosies
*Sertifikate
My Klaskamer Pryslys Maart 2018

Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is.

  1. hulpmiddels
  2. muurkaart
  3. naamkaart
  4. eerste dag
  5. ken mekaar
  6. boek oortrek
  7. klanke
  8. abc uitspraak
  9. alfabet
  10. sigwoord
  11. dubbelklank
  12. tweeklank
  13. drieklank
  14. klanksamevloeiings
  15. hersien
  16. meervoud
  17. verkleinwoord
  18. leestekens
  19. flits
  20. oefen self
  21. e klink soos i (be-, ge-, ver-…)
  22. f en v
  23. omkering
  24. b en d
  25. woordeinde (-d/-t)
  26. woordsoort
  27. paragrawe
  28. tydsvorm
  29. lees
  30. komponente
  31. rym
  32. rympies
  33. stories
  34. leesreeks
  35. biblioteek
  36. boeke dag
  37. boeke nag
  38. fondsinsameling
  39. liedjies
  40. e-boek
  41. toeps
  42. apps
  43. inklusiewe onderwys
  44. wiskunde huiswerk
  45. woordsom
  46. geld
  47. breuke
  48. voor en na
  49. meer en minder
  50. Hoe laat is dit? (tyd)
  51. vorms
  52. patroon
  53. patrone
  54. handspier
  55. skrif
  56. skryf
  57. lopende skrif
  58. abc skryf
  59. knip
  60. skryf stadig
  61. potloodgreep
  62. ogies
  63. oog
  64. oogsorg
  65. VMI
  66. visuele
  67. ouditiewe
  68. taal ontwikkeling
  69. woordeskat
  70. Graad R
  71. skoolgereed
  72. Graad 1
  73. voorskool
  74. posisie
  75. middellynkruising
  76. links en regs
  77. spiertonus
  78. tuis idees
  79. tuis oefen
  80. speel-speel
  81. Engels
  82. vraestel
  83. studietegniek
  84. JNA / ANA
  85. CAPS

Daar is heelwat tema’s* en ander idees ook beskikbaar.  Vra gerus 😉

*Bv. Suid-Afrika, wildtuin, troeteldier, plaasdier, beroepe, dokter, lente, somer, herfs, winter, weer, liggaam, skelet, higiëne, gesonde mond, die see, grond, herwin, water, groen, insekte…Kersfees, Paasfees…

Nuut op die winkelrak…

16 Dae

Lewer kommentaar


16 dae Des

Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) begin vandag.  Alhoewel ons voortdurend met die outjies daaroor gesels, kan ‘n mens weer die veiligheidsmaatreëls en aspekte soos noodnommers aanspreek.  Loer gerus hier:

Tik gerus ook soekterme soos “beskerm, noodnommer, veilig…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

 

13 – 17 November 2017

7 Kommentaar


Dit is een van die dae die Internasionale Boelie Teenkampingsweek.  Loer gerus hier na ‘n paar idees, artikels en beleide wat aanlyn beskikbaar is.

 

Insekte

4 Kommentaar


Insekte Insects [Inkleur]

Insekte

Insects

Insekte het 6 pote wat in pare verdeel is.  Die lyf het ‘n kop, ‘n borsstuk en ‘n agterlyf.  Sommige insekte het voelers (antennae), sommige het vlerke, sommige het ‘n angel en ander het ‘n kragtige stel kake.  Loer gerus na die bou van die onderskeie insekte.

Watter insekte sien julle dikwels in die klas, by die huis, in die veld of elders?

Wat lok hierdie insekte?  Is dit oorskietkos, krummels of suiker (lekkers)?  Wat kan julle doen om die insekte op ‘n omgewingsvriendelike manier weg te hou?

Betrek goggas in telwerk en perseptuele werksvelle, luister na stories oor Manie Mier, leer gediggies oor goggas en kleur hulle in.  Dis ‘n lekker kriewelrige tema 😉

Nog gediggies

Insekte:

Mier:

 

Tik gerus ook by en heuningby by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Redenaars 2018

10 Kommentaar


redenaarsDie nuwe temas is bekend.  Loer gerus ook hier na moontlike hulp en idees.

GRAAD 1 – 3

  • goud
  • druppeltjies
  • miere

GRAAD 4 – 5

Huistaal en Addisionele Taal

  • smaak
  • vingers
  • drup

GRAAD 6 – 7

Huistaal en Addisionele Taal

  • Uurglas
  • Hoop
  • Teken

GRAAD 8 – 9

Huistaal en Addisionele Taal

  • Hekkies
  • Simbool
  • Tralies

Graad 10 – 12

Huistaal en Addisionele Taal

  • Agenda
  • Baan
  • Kluis

Onderwysersdag, 5 Oktober

Lewer kommentaar


Onderwysersdag word wêreldwyd op die 5de Oktober gevier, maar aangesien Suid-Afrika se dag in die skoolvakansie val, kan ‘n mens dit ook op die 9de vier.

Klik gerus hier vir idees om die dag die vier.

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Dit is een van die dae Oogsorgmaand.  Herinner die outjies aan gesonde eetgewoontes en veiligheid.  Tik gerus ook soekterme soos oogsorg of visuele by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer ook na die Oog- en Fokus oefeninge wat help met die egalige beweging van ogies (oor die leesstuk).   Watter oogkundiges in jou dorp/area gee gratis oogtoetse aan jong leerders?  Stel gerus ‘n lysie op om met die ouers te deel om moontlike probleme uit te skakel.

September

2 Kommentaar


Hierdie week is Boomplantweek en Nasionale Boeke Week.  Internasionale Geletterdheidsdag vind altyd op die 8ste plaas en Bandanadag (nou Sonneblomdag) val op die 15de September.

‘n Mens kan hierdie dae verweef of apart vier.  Plant ‘n Blinkblaar-Wag-‘n-Bietjie of bome wat groot skadu’s kan gooi.  Plant sonneblomme vir die nuwe seisoen en skenk ‘n ietsie aan die Sonneblomfonds of hou muntleggings vir nuwe storieboeke.  Vier groei – die groei van kennis, gesondheid en plante.

Lente

Lewer kommentaar


Mooi wense vir die aanvangs van die Lente-seisoen!

Loer gerus hier en hier vir idees om die dag te vier.

 

 

 

Older Entries Newer Entries