Dis een van die dae Onbaatsugtigheidsdag – ‘n dag waarop ‘n mens ekstra deernis teenoor jou medemens kan toon sonder om ‘n teenreaksie te verwag.
‘n Mens sal vanjaar baie vindingryk moet wees, maar dink aan maniere om jou medemens te help sonder om die insluitings- of grendeltydreëls te oortree.
Skakel gerus organisasies of instansies wat dalk van behoeftes in jou area sal weet en hoor wat die riglyne tans is. Is daar mense wat eensaam is en ‘n oproep sal waardeer? Maak kontak met kennis en hoor hoe dit gaan.
Elders versier mense die vensters wat aan die straat grens ter ondersteuning en bemoediging van noodpersoneel en ander. Probeer gerus ‘n paar van hierdie idees:
Plak maskeerband om verskillende geometriese blokke te maak en verf die blokke met ‘n mengsel wasbare akrielverf en skottelgoedwasmiddel. Wissel die kleure af en verwyder die maskeerband sodra die verf droog is. ‘n Mens kan natuurlik ander boodskappe en prenteook verf.
Teken kleurvolle prente met bordkryt op sementtrappe of die inrit.
Sny kleurvolle harte uit en rangskik dit in die venster – in ‘n raampie of in ‘n boog.
Verf ou koerantvelle – elkeen in ‘n aparte helder kleur. Sny elke vel in eenderse stroke op en maak papierkettingsom in julle ruit te hang.
Versier die motordeur indien dit binne die grenslyne van die erf is.
Loer gerus na moontlikhede wat aanlyn beskikbaar is of wat ‘n mens tydens die grendeltydperk kan begin om na die tyd te volbring.
Letterland (Gratis toegang tot aktiwiteite en stories.)
Sny ‘n bladsy uit ‘n ou tydskrif of ‘n artikel uit ‘n ou koerant.
Hoeveel woorde met drie letters/klanke kan julle omkring?
Hoeveel woorde met die volgende klanke onderskeidelik – kan julle omkring?: aa, ee, oo, uu, ie, ei, ou, eu, ui, oe, aai, ooi, eeu, oei...? (In ‘n Engelse tydskrif of koerant: oo, ee, ea, ai, ay, oi, oy, oa, ow, oe, ou, ew, aw, au, ui, ue, igh, ie, ei…)
Lys die woorde op verskillende bladsye in ‘n boek en kyk of die outjie elkeen kan illustreer. Kan julle ‘n beskrywende sin vir sommige woorde skryf?
Magneetletters of Scrabble-letters: Bou 4 woorde uit elke lys – een-vir-een. As jy Scrabble-letters gebruik, tel elke woord se punte op. Watter woord tel die meeste in elke lysie?
As jy nie Scrabble– of magneetletters het nie, sny groot letters uit dosies soos papbokse en hou dit gereed vir woordbou takies.
Druk ‘n gratis 2020-Kalender uit. Dui die dag se weerstoestande en temperatuur in die onderskeie blokkies aan en skryf daaroor.
Tel die voëls in die tuin. Hoeveel hop? Hoeveel eet?
Sny herwinbare papier in stroke en maak ‘n ketting. Kan die outjie die ringe self kram of met kleeflint bind?
Teken ‘n prent of skryf ‘n brief vir ‘n maat, familielid of onderwyser. Vra ‘n ouer om ‘n foto elektronies te stuur – aangesien ons nie tans seëls of koeverte wil lek nie.
Gebruik verskillende Lego-stukke om in dikkerige verf of ink te doop. Druk dit soos stempels om prente te bou. Soek sommer allerhande proppies, doppies of speelgoed om te betrek.
Het jy verf oor? Druk verskillende kleure in verskillende bakkies van ‘n ysbakkie, steek ‘n stokkie (oorstokkie, roomysstokkie, takkie) in elke bakkie en vul met water. Vries tot hard. Plaas ‘n vel papier op ‘n skinkbord of ‘n bakplaat en verf met die blokkies daarop.
Plaas ‘n vel papier onder-in ‘n diep, plastiese houer of ‘n vlak dosie. Spuit dikkerige verf in lyne of kringe bo-oor die papier. Plaas ‘n albaster in die houer en beweeg die houer deur die kante heen en weer te swaai of te kantel. Laat die velle droog word en hou dit vir geskenkpapier later.
Loer gerus na Gratis opsies hier en tik gerus ook soekterme soos “klanke, hersien, flitskaarte, sigwoorde, syfers, sinne en paragrawe, stories, liedjies, rympies, leestekens, knip, lees, leeslys, leesreekse, biblioteek, boekmerk, e-boek…, app… herfs, Paasfees…tuis idees, studietegnieke, vraestelle, ATP, CAPS…Engels” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskeie idees en skrywes.
Pi Dag is op die 14de Maart. Die jonger grade weet nog nie wat dit is nie. Probeer gerus om tydens die komende week op allerlei ander wiskundige aspekte te fokus. Loer gerus dié week na toeps (Android, iPad, ‘n bietjie van beide) en webwerwe soos A+ Click, Math Seeds en IXL. Die volgende skakels dek vorige inskrywings hier in My Klaskamer.
Praat gerus oor waterbesparing, die gebruike van water, die belangrikheid van water en waarom skoon water so belangrik is. Waar en wanneer gebruik ons dit? Wie gebruik water en kan ons daarsonder?
Plant ‘n Spekboom of twee. Wat van ‘n heining of ‘n rytjie al langs die skool se grensdrade langs? Is daar waterbronne om skoon te maak (bv. spruite, rivierwalle, ‘n strandgebied)?
Bepaal dalk ‘n tydperk waar ‘n mens by die dag by die skool kan vier. Skakel die ligte af, skakel die elektronika af en raai die outjies aan om lanterns, kopligte of flitsligte te bring. Gebruik die uur om boeke te lees, bordspeletjies te speel of om tyd aan kuns en kunsvlyt te spandeer.
Hoe maklik of moeilik is dit om sonder elektroniese toebehore of elektrisiteit te wees?
Wêreld Boekedagis vanjaar op die 5de Maart en die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek sal van die 16de tot die 22ste duur.
Dink aan ‘n tema vir Biblioteekweek, bv. Skatte, Sprokies, ens. Stal al die boeke wat by die tema inpas uit en lees soggens ‘n stukkie uit ‘n boek voor vir ‘n reg-raai kompetisie.
Vra opvoeders om hul gunstelingsprokies, ens. te noem en hou ‘n kompetisie om te kyk of die kinders die opvoeder en boeke bymekaar kan pas.
Versier die gange en klasdeure volgens die tema.
Hou ‘n leesmiddag en trek volgens die tema aan.
Nooi gaste (bekendes, ouers, besigheidsmense…uit die gemeenskap) om boeke aan die kinders voor te lees.
Besoek naburige tehuise om boeke aan die inwoners voor te lees.
Maak kontak met buurskole om boeke daar voor te lees of skryf briewe vir mekaar. Hou julle van dieselfde boeke? Watter karakters is jul gunstelinge?
Biblioteke verskil van plek-tot-plek. Hoe verskil die dorp se biblioteek van die skoolbiblioteek? Gaan lê besoek af en loer gerus 🙂
Is daar outjies in jou skool wat soms aanvallekry? Verseker dat die personeel opgelei is in maniere om te help en vra gerus ook die ouers om idees te deel.
Luidleesdag is vanjaar op die 5de Februarie. Maak spesiale boekmerkies vir die jaar se lekker leestye of neem verskeie leesboeke op hierdie leeslyste uit en rangskik dit op ‘n interessante wyse in jou leeshoekie. ‘n Nuwe uitstalling sal beslis die nuuskierigheid prikkel.
Lees elektroniese boeke, rympies of lirieke. Luister na stories op die internet, oor die foon of na die voorlesing deur ‘n maat. Nooi verskillende graadvlakke om vir mekaar te lees of betrek selfs ouers en verskillende onderwysers om minstens ‘n periode lank ‘n boek saam te geniet.
Tik gerus ook soekterme soos flitskaart, sigwoord, lees, boeke, biblioteek, taaldag… by die soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Iemand het onlangs idees gevra oor die aanvullende dekor idees in die klaskamer. Vind hiermee dan so ‘n paar idees vir die nuwe skooljaar.
Gaan staan in die middel van jou klas en kyk na die uiteensetting van die banke of tafels en meubels. Besluit of elkeen goed kan sien en met gemak kan beweeg voordat jy aan die dekor dink.
Heelwat onderwysers hou van ‘n natuurtema wat met insekte, blomme of ‘n woud te make het. Dink aan ‘n kleurskema wat daarby sal pas – soos ‘n sagte groen en verskillende skakerings daarvan. Jy sal jou tema jaarliks kan verander – van die onderskeie insekte (bv. bye, lieweheersbesies…), na diere in die woud (bv. ‘n vos, ‘n beer, ‘n krimpvarkie, ens.), na uile, kabouters, feëtjies en blomme.
Indien jy self die mat kan kies, kan ‘n mens beslis iets dienliks kies om die stowwerigheid en kolle te verbloem of dalk na iets soos fopgras (sagte, kamma-gras of groen matte) loer. Indien jy groot rubber teëls kies, kan ‘n mens kyk na gepaste kleurskemas. Hardeware winkels verkoop swart teëls, maar ‘n mens kan dit met kleurvolle rubber teëls elders afwissel. Dit vee vinnig skoon.
Loer ook na moontlikhede soos die groot klitsgraskolle (velcro) wat aan die mat sal kleef. Jy kan dit lig en rondskuif om sitplekke aan te dui en om struwelinge op die mat te vermy.
Indien jou klas houtvloere het, kan ‘n mens groot vinyl-kolle plak waar elkeen op die vloer sal sit. Jy kan ook vinyl-vorms met die hand of met ‘n Cricut-masjien sny. Wat van vorms wat by jou tema pas – soos die insekte, paddastoele en blomme? As jou dakligte te helder is, kan jy ‘n plastiese bedekking met magnete bo-oor aanbring. ‘n Mens kry verskillende prente en temas aanlyn.
‘n Kollega het ‘n ou boomstomp in stoelhoogte stompe op gesaag en wieletjies aan gebring. Dit word nou as ekstra sitplek in sy klas gebruik. Watter alternatiewe (en sakpas) moontlikhede is daar in jou omgewing?
As jy van blou hou, kan ‘n mens iets soos vliegtuie, lugballonne, wolke, seevaart of die see betrek. Hang mandjies met toue aan papierlanterns van verskillende groottes om lugballonne te maak of omskep dit in kleurvolle visse.
Vir ‘n seetema, kan ‘n mens helder dakligte met seegroen of blou lap bedek. Steek silhouette van seediere bokant die lap in vir ‘n interessante effek. Maak jellievisse uit papierlanterns en hang linte van verskillende diktes onderaan. Versprei die visse regoor die plafon of hang dit voor, nader aan die venster.
Bind ‘n ou swemspons (pool noodle) in ‘n groot ring en plak dit met sterk kleefband vas. Draai wit, blou en rooi wol of tou om die ring totdat die spons verberg is en versier verder om ‘n reddingsboei vir ‘n seevaarttema te maak. Maak soortgelyke opsies en hang elkeen in die middel van ‘n venster of teen jou deur.
Saag ou stompe of houtpale in verskillende lengtes. Bind dit met rou tou vas as ‘n klasversiering of draai groot emmers en blikke in soortgelyke tou (van bo tot onder) toe. Sit ‘n neutrale kussing bo-op die deksel (bv. vlootblou) om stoel-stoorplek kombinasies te maak. Jy kan hiérdie tipe sitplekke ook met kratte of buitebande maak.
Besoek gerus tweedehandse winkels of vra kennisse om eers met jou te gesels voor hulle meubels weg maak. ‘n Mens kan altyd ou stoele, koffietafels en rakke verf of aanvanklik met ‘n lappie bedek.
In terme van gordyne, kan ‘n mense seker gordyne koop. Jy kan ook repe lap om ‘n gordynstok knoop of stroke kleurvolle net uit blikke laat hang – soos verf wat daaruit stroom. Hou aspekte soos privaatheid en ‘n helder son in gedagte as jy die tipe lap kies. Moet jy toe maak of kan jy die lig in laat?
Klik gerus hier onder vir ‘n paar GRATIS items en loer ook na die skakels in die skrywes heel onder. Daar is heelwat ander moontlikhede.
Vind hiermee ‘n paar goedjies waarmee jy jou klas kan optof. Vir werk en ander hulpmiddels, kan jy soekterme soos “klanke, lees, hersien, verwarring, flitskaart, sigwoord, lees, leesreeks, leeslys, stories, liedjies, rympies, wiskunde huiswerk, woordsom, meer en minder, voor en na, breuke…hulpmiddels, beplan…” by die soekblokkie aan die regterkant in tik. Loer ook na die “Drukbare Bladsye”- en “Produkte“-hofies.
Klaskamer Dekor: Temas: ‘n Verjaarsdagkalender, Vlaggies, Kalenderwoorde (dae, maande en 31 syfers) in flitskaartvorm…soms ‘n bietjie meer 😉
Dis byna Rekenaarwetenskapweek. Is daar iets waaroor jy nog altyd gewonder het? Vind meer oor die funksie of program uit en kyk of jy dit in die nuwe jaar kan aanwend.
Gesprekke oor goeie gedrag, medemenslikheid, vriendskap en anti-boelie gedrag vind voortdurend plaas. In November is daar ‘n internasionale week waar die aandag spesifiek op ‘n teenkampingspoging gevestig word. Wat is reg en verkeerd? Hoe kan jy beter keuses aanwakker en wie kan help?
Woorde