Tuis

water

Lewer kommentaar


22 Maart

Dit is een van die dae weer WATERDAG.  Wees waterwys en wys die kleintjies hoe dit gedoen word.

Riley & Tiny

Lewer kommentaar


Op Boeke Dag het ek ‘n oulike stel leesboekies gekry vir die jongspan.  Die stel bestaan uit vyf verskillende stories met pragtige illustrasies.  Dit dek temas soos ‘n besoek aan die see, herfs, herwinning, kombuispret (bak en brou) en die dieretuin.

Die stel is ideaal vir voorlesing en ook vir outjies wat self wil probeer (Graad 2 en ouer).  Die reeks is tans net in Engels beskikbaar, maar die skrywer, Melanie Bosman, hoop om dit een van die dae in Afrikaans uit te gee.  Die bedrag is tans R150 vir vyf leesboeke, maar sluit ook ‘n kleurvolle kunsvlytboek (crafts) en posgeld in.

skrikkeljaar

Lewer kommentaar


Screen Shot 2016-01-27 at 15.33.08

Ons het nie juis inligting oor Skrikkeljaar en Skrikkeldag nie, behalwe dat jy baie gelukkig is om vandag te verjaar! Gebruik hierdie leesstukke, inkleurprente en aktiwiteite vir lekker besigbly-werk.

Koppel die inkleurdery dalk aan ‘n fondsinsamelingsprojek (skenk 50c per vel aan ‘n projek van jul keuse).

Kombinasies van 29

Artikel

Wêreld Boekedag, 1 Maart

Lewer kommentaar


wêreld opvoedkundige spele 2012

Lewer kommentaar


Die 1ste Maart is Wêreld Boekedag, die 6de is Wêreld Speldag, die 7de Wêreld Wiskunde Dag en die 8ste is Wetenskapdag.  Jy kan  jou klas op World Education Game se webtuiste registreer en dan teen internasionale teenstanders kompeteer om jou kennis te toets.  Indien jy nie aan dié speletjies wil deel neem nie, kan jy die dae steeds in jou klas vier:

Boekedag:

Kinders is nooit te jonk om meer oor boeke te leer nie.  Spreek aspekte soos die versorging van boeke aan en doen ‘n bietjie boekopvoeding…Wat is ‘n titel?  ‘n Outeur?  ‘n Illustreerder?  Hoe blaai ek deur ‘n boek en waar bêre ek dit?  Tel hoeveel van ‘n spesifieke klank jy in die leesboek kan kry of soek na spesifieke sigwoorde…

Onthou ook dat dit Biblioteekweek van 17 – 24 Maart sal wees…

Speldag:

Die Graad 1’s kan vaslegging van hul klanke doen deur middel van klank- of fonemiese bewustheidstake.  Fokus op die ouditiewe en visuele persepsies en maak seker dat die outjies die klanke reg vorm.

Graad 2’s kan hul kennis van dubbel-, twee– en drieklanke hersien.  Dit hoef nie formeel gedoen te word nie.  Inkleurtake of speletjies sal baie goed werk.

Die Graad 3’s het moontlik nog nie met taalleer of taalreëls begin nie.  Dalk kan ‘n mens een op hierdie spesiale dag aanspreek.

Wiskunde Dag:

Dit is ‘n goeie tyd van die kwartaal om basiese vaardighede vas te lê.  Tel aan en terug, besluit of ‘n getal ‘n ewe of onewe getal is, lê die wiskunde woordeskat vas (meer, minder, altesaam, * keer meer as…), tel in veelvoude, hersien maaltafels, stof ou spoedtoetsboekies af…

Wetenskapdag:

Besoek die skool se laboratorium of wetenskapklas.  Watter interessante eksperiment kan die onderwyser vir julle wys of wat kan die kinders self doen?

 

Onthou om spesifieke soekterme by die bruin blokkie aan die regterkant in te tik vir spesifieke skrywes (bv. maaltafel, abc, klanke, sigwoorde, biblioteek, boeke, wiskunde, Graad 1…).

moedertaaldag 2012

2 Kommentaar


unesco mother tongueDinsdag is dit weer Internasionale Moedertaaldag.

Eikestadnuus 20120217‘n Skrywe deur Dr. Marié Heese.  (Kliek om te vergroot.)

my valentyn

4 Kommentaar


http://www.thriftyfun.com/tf90299751.tip.html#

Dit is een van die dae weer Valentynsdag en tyd om jou klas of gesin te bederf…

Soentjies en hartjies:  Maak ‘n groot hart uit karton en verf dit rooi.  Trek ‘n groot hartjies en soentjies (kringetjies en kruisies) raamwerk en siedaar!  ‘n Vinnige speletjie.  Jy kan of los hartjies en kruisies knip vir die speletjie óf julle kan ‘n laag plastiek daaroor plaas.  Gebruik bloot ‘n witbordpen (koki) om die speletjie oor en oor te speel.  Indien ‘n klas dit sou wou maak, kan hulle dit as ‘n speletjiegeskenk vir die gesin maak.  Lamineer dan net die onderskeie dele.

Weef hangende hartjies.  Ryg dit in en hang voor die venster of bokant die swartbord.

Hartjiekryte:  Smelt alle los stukkies vetkryt in vormpies.  Gee vir elke kind ‘n kryt.

Kaartjies:  Hierdie skakel het verskeie oulike kreatiewe kaartjies.

Heel kleintjies:  Gee dikkerige verf in verskeie skakerings van pienk en rooi.  Laat die outjies dan met koekiedrukkers harte op papier druk om kaartjies of geskenkpapier mee te maak.

Swartbordharte:  Maak harte uit karton en verf dit swart.  Skryf dan met wit bordkryt daarop.

Liefdeslekkers:  Verpak lekkers in verskillende verpakkings.  Stik deursigtige paper in hartjievorms en vul dit met klein pienk, rooi en wit lekkertjies.

Vingers:  Sny gate uit groot harte sodat die vingers soos bene kan dans.

Verbind die kolletjies, vergelyk groottes en tel die harte.

1, 2, 3 houtwerk:  Teken die buitelyne van ‘n hartjie op ‘n afval stukkie plank.  Laat die outjie die agtergrond en hartjie met verskillende kleure verf.  Die tradisionele wit, pienk en rooi werk goed, maar jy kan selfs ‘n ligte blou hartjie op blou (ens.) maak.  Kap dan spykers op die buitelyne in of as die outjie behendig genoeg is kan hy dit self probeer.  Draai dan wol, tou, lint of dun draad om die spykers te verbind.

redenaars

3 Kommentaar


Ek is nie ‘n kundige op die gebied van redenaars nie.  Redenaars.co.za bied egter heelwat raakvat riglyne op die gebied en is selfs op YOUTUBE beskikbaar.  (Verskeie voorbeelde)

“Die temas vir die ATKV-Redenaarskompetisie vir 2017 is bekend gemaak. 

Die temas is soos volg:

Graad 1 tot graad 3

Graad 4 tot graad 5

Graad 6 en graad 7
Huistaal en Addisionele Taal

Graad 8 en graad 9
Huistaal en Addisionele Taal

Graad 10 tot graad 12

* Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Met ander woorde dit is ’n beredeneerde toespraak en nie ’n praatjie nie.

* Indien toesprake van vorige jare en/of gedupliseerde toesprake gelewer word, sal deelnemers gepenaliseer word.”

anna emm

Lewer kommentaar


Anna Emm se webtuiste bied ‘n verskeidenheid produkte – kinderstories op CD, boekies, DVDs, ens. vir gebruik in die grondslagfase klaskamer.  Hulle hanteer posbestellings regoor die land.

Anna Emm

herwin potlode so

4 Kommentaar


As die potlood korter as jou langste vinger raak, kan jy dit herwin!  Maak juweliersware, fotorame, kandelare of lampskerms.  So maklik soos dit!

potloodgreep

18 Kommentaar


Sukkel jou kind om ‘n potlood reg vas te hou?  Knoop ‘n sagte, handdoekstofrekkie in die vorm van ‘n 8.  Trek die  groter deel losserige oor die gewrig en steek die potlood deur die kleiner ring.  Dít help om die potlood te lig sodat dit meer korrek in die webspasie tussen die wysvinger en duim lê.

Staan die vingers in die lug?  Knoop ‘n oulike kraletjie aan die groter ring – wat die outjie dan onder die pinkie en ringvinger moet vasknyp.  Andersins werk ‘n los kraletjie, muntstuk, klei of wondergom ook goed.

As al die fynspier (handspier) oefeninge nie help nie, sal dit voordelig wees om ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut te reël om raakvat idees te kry.

potloodreëls

CAPS / KABV-dokumente, ens.

145 Kommentaar


caps-kabvjuff

**VOORGESTELDE AANPASSINGS:

Die Lewensoriënteringsgidse (CSE)

Die CAPS-kurrikulum is aanlyn beskikbaar.  Jy kan ook die departementele werkboeke vir gesyferdheid en geletterdheid aflaai.  Ons het gemerk dat die dokumente ingewikkelde terme rakende skrif gebruik…”arkade” en “guirlande” patrone.  Ek verstaan dit as volg:

Garlands/Guirlande is die rondings soos in ‘n “apieswaai patroon”.  Dit sinspeel op die “Garlands”, tinselof kersversierings wat ‘n mens kan drapeer.   Die Arkade patrone is die hoppies van ‘n “hasiehop” patroon (“arches”).

Die Aangepaste CAPS  (leerders met spesifieke/spesiale onderwysbehoeftes) – DCAPS:

  1. Wiskunde
  2. Wiskunde
  3. Wiskunde
  4. Eng. FAL
  5. Eng. FAL
  6. Eng. FAL
  7. Eng. FAL
  8. Eng. FAL CAPS
  9. Creative Arts R – 5
  10. KABV – Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Tweede Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede… (Intermediêre Fase)
  11. KABV – Grondslagfase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
  12. KABV – Intermediêre Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
  13. KABV – Senior Fase (Gehoorprobleme, doofheid) Huistaal
  14. DBE_Curriculum_Differentiation
  15. GUIDELINES FOR RESPONDING TO LEARNER DIVERSITY THROUGH CAPS (FINAL)
  16. SLES_BOOKLET_Apr_2014SLES BOOKLET Apr 2014_3TkbDx
  17. Differentiated CAPS

Die sewe-punt kodes:

Kodes

Die 2013 slaagvereistes (Wat is deur?)

Minimum slaagvereistes 2012 Gazette

  1. Nasionale Protokol vir Assessering GR R-12 web 
  2. Assessment task guidelines 2018
  3. Foundation Phase: First Additional Language:  School Based Assessment (SBA)
  4. Foundation Phase: Home Language:  School Based Assessment (SBA)
  5. Foundation Phase: Mathematics:  School Based Assessment (SBA)
  6. Foundation Phase: Life Skills:  School Based Assessment (SBA)
  7. Foundation Phase: Grade R:  School Based Assessment (SBA)
  8. School Based Assessment (SBA) Exemplars:  Grade 4 – 12
  9. MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 1
  10. MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 2
  11. MetroEAST NORMS_for_EFAL GR 3
  12. SCREENING_FORM_FOR_EARLY_IDENTIFICATION_OF__AT_RISK_LEARNERS
  13. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Afrikaans HT
  14. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Wiskunde
  15. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3: Mathematics
  16. KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING Graad R-3:  English HL
  17. CAPS ENGLISH FAL GR 1-3 FS
  18. CAPS AFRIKAANS FAL GR 1-3 FS
  19. GRADE R REPORT (Voorbeeld van ‘n Graad R-rapport)
  20. Skoolgereedheidsvraelys
  21. Grade R Mathematics_TERM_1_
  22. Graad R_ WISKUNDE_FOKUSLESSE_KW2
  23. Grade R Home_Language_TERM_3
  24. Grade R Home_Language Term 4
  25. Voorbeelde van beplanning – Grondslagfase
  26. Motoriek Engels TERM_3 MetroEast
  27. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 1
  28. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 2
  29. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 3
  30. MOTORIESE PROGRAM Kwartaal 4

dbe-boeke2017

  1. 2020 – Boek 1 (Graad R – 6) 
  2. 2020 – Boek 2 (Graad R – 9)
  3. 2019 – Boek 1 (Graad R – 9)
  4. 2019 – Boek 2 (Graad R – 9)
  5. 2018 – Boek 1 (Graad R – 9)
  6. 2018 – Boek 2 (Graad R – 9)
  7. 2017 – Boek 1 (Graad R – 9) Boek 2
  8. 2016 – Boek 1, Boek 2
  9. Wiskunde Werkboeke: Antwoorde
  10. English First Additional Language Grade 1
  11. English First Additional Language Grade 2
  12. Maths Resource Grade 1 – 3
  13. Mathematics Grade 1 
  14. Mathematics Grade 2
  15. 2013 Werkboek 1
  16. 2013 Werkboek 2
  17. 2013 NW Werkboeke Graad 4 – 6 (aan die regterkant)
  18. Grade R Resource Kit (Big Books, Lesson Plans, Posters)
  19. Grootboeke, Muurprente, Werkboeke
  20. Graded Readers/Leesboeke
  21. Screen Shot 2016-06-21 at 13.23.45
Nog skakels na werkboeke is aan die regterkant gelys – sien Hulpmiddels.
  1. Instrument vir die Monitering en Ondersteuning van die Kurrikulum vir Distrikte en Skole Graad 1-6
  2. Moderation Tools Grade 4-9

Skrifdag

4 Kommentaar


23skrifdag2014

Amerika vier op 23 Januarie Nasionale Skrifdag en doen dit nes die Amerikaners kan.  Die groot vraag wat geopper word is of skrif (met die hand) nog relevant is in die moderne en tegnologiese gemeenskap.  Is dit dalk ‘n kunsvorm wat op sy geskuif sal word?  Volgens sommige studies stimuleer skrifoefening juis breinwerking en verbeter dit denkprosesse (kognitiewe werking).  Loer gerus hier na ‘n navorsingstuk oor die vroeë ontwikkeling van skrif.

Nou ja, wat kan ons doen om die konsep – SKRIF – te vier?

  1. Maak voorblaaie vir die skrifboeke:  As jy ‘n gelinieerde bladsy met donker lyne onder ‘n blanko vel inskuif, skyn dit deur.  Laat die kleingoed dan hul name oor en oor skryf, patrone trek of ‘n skrifles afskryf.  Dit werk goed as hulle eers in potlood skryf en bo-oor skryf met ‘n skerp uitdraaikryt (dubbele oefening!).  Verf ‘n lagie voedselkleursel bo-oor (effens verdun as jy verkies) en daar het jy sommer ‘n voorblad en ‘n skrifles in een!
  2. Kennisgewings:  Ouer kinders kan voorbeelde van goeie en netjiese skrif gebruik om plakate vir die Grondslagfasegang te maak.  Slagspreuke en sinne sal ‘n oulike uitstalling van die spesifieke benodigdhede en toelaatbare skryfbehoeftes afrond.
  3. Ligte:  Laat die ouer kinders groot letters op blokke dik karton (gesny uit verpakkingsdose) trek.  Druk dan gate eweredig al op die lyn langs (soos dot-to-dot).  Hang dié skerms oor of onder gloeilampe vir ‘n spesiale effek.
  4. Skrifpaaie:  Verander los letters in unieke paaie en ry daarop met kryte of klein motortjies.  (Sien “drukbares” vir voorbeelde van sulke los letters.)
  5. Kuns:  Gebruik skrif in kunswerke.
  6. Verf die alfabet (in Graad 1-skrif) op die speelgrond se teerblad.  Dui die beginpunte met ‘n groen kol en die eindpunte met ‘n rooi kol aan.  Nou kan die Graad 1’s en 2’s lekker daaroor loop en oefen.  (Sien “robotkaarte” onder die “drukbares” hierbo.)
  7. Skryfhoekie:  Rig ‘n spesiale skryfhoekie in waar verskillende potlode, kryte en papier reg lê vir oefening.  Voeg ook potloodgrepies of kort opdragte by sodat die outjies self hul fynspiere kan stimuleer.
  8. Op ‘n stasie:  Maak verskillende oefeningstasies waar die outjies op verskillende soorte papier en met verskillende kryte kan oefen.  As jy spesifieke verwarrings soos b en d in jou klas kry, kan jy vir elke klank ‘n unieke stasie skep.  Selfs syfers , patrone en vorms kan betrek word.  Stel ‘n egg timer of ‘n ander wekkertjie om na elke 10 of 15 minute te wek – sodat die groepe kan wissel.

Vir nog idees kan jy gerus soekterme soos skryf, skrif, patroon, potloodgreep, fynmotoriek, fynspier, handspier, syfer…by die soekblokkie in tik.  Lekker skryf!

Kersversierings

1 Kommentaar


Dis alweer Desember en boonop het die skoolvakansie vandag begin!  Hiermee sommer ‘n eenvoudige idee of twee om die kleingoed op ‘n bekostigbare manier besig te hou.

Ons het hierdie week Kersversierings gemaak:

Trek ‘n groot sirkel op ‘n stuk ou manilla/karton af en laat die kleinding dit uitknip.  Trek dan ‘n voorskoot aan of maak ‘n vinnige een uit ou boekplastiek of ‘n swart sak.  Ons het handafdrukke op A4-velle gemaak – sommer met seep, water en groen voedselkleursel (gebruik ook water- of poeierverf in ‘n pastadikte).  As dit droog is, kan die outjie self die hand uit knip – verkieslik só dat die afsonderlike vingers wys.  Plak die hande dan kloksgewys om die rand van die sirkel.  Jy kan die lae herhaal totdat die hande in al die windrigtings wys en ‘n groot strik bo-aan die kerskrans aanbring.  Siedaar!  ‘n Kinder-kerskrans vir die deur.

Rol klei in langerige wurmpies uit.  Ons het dit so ongeveer 12 – 15cm lank gemaak.  Druk drie wurmpies se bo-punte teen mekaar en vleg soos ‘n koeksuster.  Druk die onderste punte vas en buig die boonste stuk soos ‘n kierie om.  Ons het ‘n dik naald gebruik om ‘n gat vir die toutjie te maak en dit geknoop voordat die kierie kon droog word.  Na regte sou die kierie mooi gelyk het met wit en rooi strepe.

Ons het ook klei plat gerol, vorms met koekiedrukkers uit gedruk, gate in gedruk en ‘n blinkers oor gesprinkel. (‘n Soutpot werk goed vir hierdie taak.)  Die klei word sommer oornag droog.

Gebruik roomysstokkies om twee driehoeke te vorm.  Smeer gom, besprinkel met blinkers en vorm ‘n ster vir die kersboom.  As die een sy droog is kan jy die gom en blinkers aan die agterkant herhaal.

Vir die kleintjies kan jy skoon papier dwars draai (landscape) en in vier vou.  Jy het dus nou sommer vinnige skryflyne gevorm.  Laat die outjie oefen om sy naam te skryf, patrone te teken, syfers te vorm of om vorms te trek.  Gebruik uitdraai- of waskryte en laat hom effens harder druk.  Verdun dan voedselkleursel (rooi, groen of eiergeel) met ‘n bietjie water om bo-oor die skryfwerk te verf.  Dit behoort ‘n geskenk aan ‘n ouma of ‘n oupa net nog meer spesiaal te maak 😉

tuis idees in beeld

12 Kommentaar


Tuis idees in beeld

Ek moes die afgelope tyd my gedagtes weer reg aanskroef om ‘n jong leerder met fyn motoriese vaardighede en oog-hand koördinasie te help.  Hier is sommer so ‘n paar foto’s en oefeninge uit ons leersessies…

  • Die outjie sukkel met skrif en daarom het ek byvoorbeeld sy naam en syfers met kolletjieskrif getik en uitgedruk.  Die naam is met breë kleeflint oorgetrek en kan hergebruik word.  Hy skryf met ‘n witbordpen en dit kan herhaaldelik skoon gevee en weer gebruik word.
  • Druk die naam groot uit en skryf bo-oor die letters met ‘n gomstiffie.  Strooi of sprinkel blinkertjies, sand of poeier bo-oor.  Sodra dit droog is, kan ‘n mens met die vinger bo-oor voel.
  • Dan het ons ‘n plastiese sakkie met loperige seep gevul en deeglik geseël.  (Die seperigheid loop en gee mee terwyl hy skryf).  Hy het eers met sy vinger op die sakkie geskryf, maar nou plaas ons dit bo-op sy naam en trek hy sy naam daarop.  Sommige dae word die witbordpen ook ingespan.
  • Ek het ‘n oulike idee by Renee Lighton gesien – waar die outjies in room skryf.  Daar is mos maar altyd ‘n bietjie ou handeroom iewers in die huis en ons het lekker daarin geoefen.  Dan het ons sommer ook in sand geskryf.  Al hierdie sintuiglike ervaring het tot dusver gehelp dat die outjie met meer gemak skryf.  Ons hou die skrif egter groot.
  • Ons het ‘n gaatjiedrukker ingespan om gate om die rand van manilla / karton te druk en beoog om sommer ou polistereenbakkies vol gate te maak.  ‘n Mens kan die gate soos ‘n dot-to-dot takie inspan – eers met ‘n kryt verbind en dan knip om die knip aksie te verbeter.  As jy lus het kan ‘n mens wol, tou of lint deur die gate ryg.
  • Ons het lang wurms uit stywe klei gerol en sommer blinkertjies op die tafel gestrooi – vir die mooi.  Hierdie blink wurms is in spirale opgerol en kan as ‘n plekmatjie gebruik word.  ‘n Mens kan natuurlik die wurm met ‘n skêr knip – vir ‘n bietjie weerstand.
  • Rol klei in ‘n balletjie en druk dit plat.  Skryf en teken daarin.  Ons het ook die klei in ‘n slangetjie gerol en dan bo-op groot gedrukte syfers laat lê.  Daarna was dit makliker om die syfers oor te skryf.  As jy vas haak en vergeet, kan ‘n mens gou vinnig bo-oor die klei voel en weer probeer.
  • Los vorms is gesorteer volgens grootte, vorm en kleur.  Daarna het ons patrone na gebou en toe probeer teken.  Later het ons die vorms op ‘n pennetjiebord probeer bou en die fyn knypwerk was nogal rede vir groot inspanning.  Dan het ons sommer die los vorms met behulp van ‘n wasgoedpennetjie op getel en in die bakkie gebêre – omtrent ‘n storie!
  • Vir nog oog-hand koördinasie oefening het ons eenvoudige doolhoftake voltooi.  Die lynspasies was redelik reguit, eenvoudig en breed.  Die outjie het ‘n klein magneetjie bo-op die bladsy met behulp van ‘n metaalstukkie onderkant geskuif.  Na ‘n paar probeerslae is kryte in gespan.
  • Skryf syfers en klanke of teken vorms op polistereenbordjies en gee vir die outjie iets soos ‘n stomp borduurnaald om gate al op die lyn langs te druk.  As ‘n mens gate reg deur die bordjie kan kry, kan julle selfs later borduurgare daar deur ryg en eenvoudige prente maak.
  • Die stempels is gebruik om visuele oefeninge te voltooi.  Ons het die prentjie wat anders as die eerste een lyk met ‘n stempel gemerk.  ‘n Mens kan stempels vir patroonwerk ook gebruik en hoef nie gekooptes te hê nie.  Kurkproppe en knope werk net so goed.
  • Die vingerpoppie kom uit ‘n ou boek genaamd Doen dit vandag en is basies ‘n mannetjie sonder bene.  Jy kan enige mannetjie teken en gate vir vingers daarin knip.  Ons het sommer ons reeds voltooide doolhowe met dié mannetjie gevolg. Dit gee die vingertjies lekker oefening en een van die dae gaan ons die lengte van die klas plat draf.

Ten laaste is daar verskeie ander idees en oefeninge op hierdie blog.  Loer gerus na die “Drukbares” hofie of tik soekterme soos abc, skryf, skrif, syfers, patrone, vorms, fynspier, handspier…by die soekblokkie in.  Lekker oefen!

vervoer

15 Kommentaar


Screen Shot 2015-08-19 at 17.57.40 Adri het gevra oor ‘n paar idees i.v.m. vervoer…As ek aan ‘n les of ‘n tema rakende vervoer dink, wil ek hoofsaaklik op die drie “gebiede” van vervoer dink, naamlik:  Lug-, see- en padvervoer.

Koppel spesifieke kriteria aan elkeen soos spoed, grootte van voertuig, ensovoorts.  Reis jy vir die lekkerte, vir werk, vir plig, vir nood… vir beskerming?  Hoekom is daar iets soos ‘n wiel ontwerp?  Is die vorm van die wiel doeltreffend?  Hoe het voertuie of vervoermiddels ‘n honderd jaar gelede gelyk?  Hoeveel het die voertuie ontwikkel sedertdien?

Lugvervoer:

‘n Mens kan met groot, kommersiële vliegtuie van een stad na ‘n volgende én tussen lande vlieg.  As die Springbokke Wêreldbeker toe gaan, sien jy altyd die span op die lughawe.  Kies hier ‘n spesifieke vliegtuig wat julle dikwels op die naaste lughawe sien.  Afhangende van die ouerderdomsgroep kan ‘n mens woordprobleme opstel oor die hoeveelheid sitplekke wat benodig word vir ‘n netbal-, rugby-, krieketspan, gesin of ‘n skool om oorsee te vlieg vir ‘n toer.  Bv. Daar is * dogters in die netbalgroep, * seuns in die rugbygroep en * onderwysers in die toergroep.  Hoeveel sitplekke moet tannie Susan bespreek vir die toergroep?

‘n Mens kan lekker speel-speel vlieg deur kaartjies te bespreek, uit te ryk, tasse volgens gewig te pak…Dink aan werkvelle waar jy woordprobleme dek soos Die tas mag nie meer as 30kg weeg nie.  Ma se tas weeg 54kg.  Hoeveel kilogram weeg Ma se tas te veel? …  Dit is nou 15:00.  Ons moet om 16:10 op die lughawe wees.  Hoeveel minute het ons oor om daar te kom?  (Hierdie tipe somme sal moontlik met ‘n sterk Graad 2-klas of Graad 3-klas gedoen kan word.)

Buiten groot vliegtuie kry jy ook ligte vliegtuie waarmee ‘n mens kan vlieg. Hulle is baie kleiner, weeg minder, kos minder geld om te onderhou…Hoeveel weeg die een vliegtuig minder as die ander? Hoeveel kos die een minder/meer as die ander? Die Cessna 182 kan * mense vervoer en die Boeing 747 kan * mense vervoer. Hoeveel mense kan die Boeing meer vervoer as die Cessna?  Moenie van die helikopter vergeet nie.  Hoe verskil die helikopter van ‘n vliegtuig?  Hoe vlieg ‘n helikopter sonder vlerke?

Dan kry jy ook vinnige vliegtuie. Hoekom is sekere vliegtuie vinniger as ander? Vegvliegtuie is vinnig om die teenstander te verras. Wat beteken dit om die klankgrens te oorskry? [Vreemde vliegtuig vrae, beginsel van vlieg, styg]

Buiten baie vinnige lugvervoer, is daar ook vreeslike stadige vlieënde tuie.  Dink maar net aan die lugballon.  Dit bestaan uit ‘n reuse ballon wat deur warm lug in die lug gehou word…en jy hang onder die ballon in ‘n mandjie!  In die ou dae was dit ‘n baie gewilde manier van vervoer, maar deesdae is dit ongelukkig ‘n romantiese luuksheid…

Padvervoer:

Hierdie tipe vervoer is meer bekend aan ons.  Dit behels voertuie wat op paaie beweeg soos vragmotors, taxi’s, busse, motors, motorfietse, fietse, ensovoorts.  Kyk na die outjies in die klas en kies dan vervoermiddels wat wydverwyderd tot na aan hul milieu is.  Bv. ‘n groot lang-afstand vragmotor, ‘n gesinsmotor / taxi en ‘n trapfiets.  Hoeveel wiele het elkeen van hierdie vragmotors? Hoeveel verskil die gewigte?  Hoeveel keer tel jy in tweë om die aantal wiele te tel?  Hoeveel wiele het 3 motors?  4 driewiele? 2 fietse?  Hoe beweeg elkeen?  (trap, enjin…met diesel, met petrol, met spierkrag…) Het jy al ooit gehoor hoe klink ‘n Ferrari, ‘n Bugatti, ‘n Rolls Royce of ‘n Porche? Skakel sommer self hierdie motors aan…

padamazon

Verskillende soorte padkleeflint – hoeke, draaie, reguit

Spoorvervoer:

Treine loop nie juis op die pad nie, maar val seker ook onder die afdeling van landvervoer.  Hier kan ‘n mens trokke tel en aspekte soos die spoed van ‘n trem, ‘n gewone trein en die Gautrein meet en bespreek.  As iemand ‘n treinstel het, kan hulle dit skool toe bring vir die uitstalling. In Gauteng kan julle ‘n rit mee maak en in plekke soos Kaappunt of Kimberley kan ‘n mens op die trem ry. Maak sommer ‘n ellelange trein vir die gang – met foto’s van die kinders se gesigte in die ruite.

Seevervoer:

Dink aan luukse skepe, olieskepe, vinnige skibote, seiljagte, kano’s…Sommige bote is so groot dat jy daarin kan slaap!  Ander is so groot dat jy ‘n kamer kan bespreek soos in ‘n hotel.  Sommige is net so groot soos die skepe waarin jy kan vakansie hou, maar word gebruik om goedere van een land na aan ander of tussen stede te verskeep.  Seiljagte gebruik seile om mee te beweeg as die wind waai, maar jy moet jou slag met ‘n spaan ken om ‘n kleiner bootjie – veral ‘n kano – aan die gang te hou. Beweeg bote of skepe net bo-op water?  Nee, duikbote duik en beweeg onder die water…

As jy na die verskillende afdelings kyk, kan jy beslis aan die afsonderlike woordeskat werk soos “verskeep, spaan, vlerk”.  Wend ‘n besliste poging aan om voorbeelde van die onderskeie vervoermiddels in jou omgewing te soek.  Soek ‘n vliegveld of ‘n lughawe, ‘n hawe of voorbeelde van bote, ‘n vragmotor, fietse, ensovoorts.  Julle kan plekke besoek of mense nooi om te kom gesels.  As jy ver van water is, is daar sekerlik ‘n inwoner van die dorp wat al op ‘n skeepsreis was of iemand wat by ‘n toerismeburo gewerk het.  Hou die koerante dop en loer na al die advertensies vir vliegkaartjies en skeepsreise.  Dit kan deel word van jou werskvelle.  Maak jou klas op soos ‘n toerismeburo…

veiligheid 

*Flitswoorde (spikkelskrif)

pad/baan kleeflint

vervoermiddels inkleurprente

Liedjie: Ons ou motorkar

  1. Ons ou motorkar
  2. Trein
  3. So ry die trein

onnies

4 Kommentaar


Uit “Hugs for Teachers”

You’re a banker and an artist,
You’re a sprinter and a florist.
You’re an actor. You’re a juggler.
You’re a queen.

You’re a lawyer. You’re a manager.
You’re a nurse, and you’re a counselor.
You do more by noon
Than most have ever seen.

You’re a driver and a poet.
A politician (don’t you know it!)
You’re a botanist, a strategist,
And a judge.

You’re a mother and a father.
You’re a runner and a tightrope walker.
You’re a soldier fighting
In the war on drugs.
You’re a diplomat and an acrobat.
You’re a farmer. You’re a friend.
You tell stories. You mend fences.
You build dreams.

You’re an instructor and a trainer,
A communicator and demonstrator.
You’re a teacher! You’re incredible!
You’re supreme!

plaasdiere

8 Kommentaar


Screen Shot 2015-07-24 at 17.13.09

Op die plaas is daar baie diere, maar vir die kleinspan moet ‘n mens die getal verminder.  Ek fokus eers net op hoenders, perde, beeste / koeie, varke… ‘n Idee om die tema bekend te stel is om van die diere se geluide te speel sodat die leerders dit moet identifiseer (Wat maak so?).  Die kleintjies kan raai, maar vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n geheime koevert gee.  In Graad 1 is die koevert gevul met prentekaartjies (met die dier se naam daarby), maar in Graad 2 is die koevert gevul met prentekaarte en los klanke.  Die outjies moet in Graad 1 die prent wys en die naam lees, maar in Graad 2 bou hulle self die name en pas dit by die prente.  Die outjies kan in groepies of pare werk vir ‘n bietjie spangees.  Soos hulle die diere reg raai, kan jy die vergrootte prente teen die bord aanbring.  Smile het ‘n oulike legkaartstel (met ‘n kasset of CD vol dieregeluide) gehad.  Ek is seker dat hulle dit steeds verkoop. As jy die diere gaan bespreek, kan jy die onderskeie produkte op die plakkate aanbring of uit stal.

  • Koeie verskaf leer, vleis en melk…
  • Hoenders gee vleis en eiers…
  • Perde is ‘n vervoermiddel en is soms trekdiere weens hul brute krag…
  • Varke gee vleis…

Wat eet die onderskeie diere? Waar woon elkeen? Wat noem ‘n mens die mannetjie, die wyfie en die kleintjie?  Watter aksies voer hulle uit (wei, skrop, kekkel, snork, rol, gallop…)? Vir dialoog- of fantasiespel kan die outjies in groepe verdeel word en maskers gebruik om plaassake te bespreek.

Maak dalk julle eie maskers tydens die kunsles.  Vir varkmaskers kan ‘n mens mediese maskers pienk kleur (flou, rooi voedselkleursel) en ‘n snoet bo-op plak of met drukwerk aanbring.  Jy kan ook ‘n papiermasker maak vir die dialoog gedeelte. Koeie kan met swart kolle versier word en perde kan in bruin vingerverf getooi word. ‘n Skaap kan ‘n lagie wol uit wit watte kry. ‘n Hoender kan ‘n parmantige haan of ‘n sagte hen wees. As jy regte vere kan kry, plak dit bo-op die kop en verf die bel en kam bloedrooi. As jy reeds die maskers gemaak het, kan julle ‘n luisterspeletjie speel deur die onderskeie diere geluide te speel. As die outjie sy dier hoor, moet hy opstaan. Dit kan ‘n lekker uitvangspeletjie word.  Afhangende van die ouderdomsgroep kan die outjies wat opstaan die dieregeluide benoem, bv. runnik, loei, blêr, kekkel…

Vir oulike Engelse diere geluide en gedigte kan jy hier gaan loer. Hulle dek ‘n verskeidenheid diere en gedigte.

Tel die diere of leer om die dierename in Engels te skryf.

As julle ‘n muur collage wil maak met plaasdiere, skep eers die agtergrond. Verf ‘n groot vel papier in twee dele – blou lug en groen gras of selfs koringlande. Bring ‘n skuur aan en rig ‘n windpomp op. As julle tyd het kan die kinders die agtergrond met sponswerk bedruk voordat julle die skuur en die windpomp plak. Maak die diere van papierborde, die hoenders van uitgeknipte handafdrukke of uit papier. Knyp ingekleurde of geverfde diere in wasgoedpennetjies vas sodat dit sommer as bene dien of maak vingerpoppe of handpoppe van papiersakke.

Maak ‘n varkie deur kurkproppe as bene te plak en papier maché bo-oor ‘n ballon te doen. Dit neem lank om droog te word, maar sodra dit hard en droog is, kan jy die varkie verf en versier. Lekker speel en leer!

halveer

21 Kommentaar


 

J en H het onlangs navrae gerig oor die verduideliking van halvering vir ‘n Graad 1-outjie.  Hiermee dan my manier van verduidelik…

Die maklikste manier om halvering te verduidelik is met ‘n paar lekkers (of kamma-lekkers).  Bespreek die term “helfte” – iets word in twee ewe groot stukke verdeelHalveer is net die “doen-woord” en beteken dat jy iets in twee stukke gaan deel.  As ons na somme of getalle kyk, deel jy gewoonlik iets tussen twee mense uit sodat elkeen dieselfde hoeveelheid kry.

Aanvanklik leer die outjies net om ewe getalle te verdeel.  Neem ‘n paar lekkers of tellers en verdeel dit gelykop tussen twee mense.  Volg die speletjie van “een vir jou, een vir my” totdat alles uit gedeel is.  Vra dan vrae soos hoeveel het jy? Hoeveel het ek?  Is dit dieselfde hoeveelheid? Speel met ‘n paar getalle tussen 1 en 10. Verdeel sommer ‘n papier om aan te teken watter getalle verdeel kon word en watter nie.  Alle skole leer nie dieselfde tipe terme vir die outjies aan nie, maar dit sal seker nie te voor op die wa wees om te wys na die ewe getalle en te noem dat hierdie getalle in “ewe veel vir jou en vir my” verdeel kon word nie.  Hulle is EWE getalle en die ander is ONEWE getalle. AS die outjies ‘n “res” moet verdeel, kan die lekkergoed in koekies verander.  Dan verdeel julle dus ‘n onewe getal tussen twee maats (maak sommer ‘n paar stories op) en as een koekie oorbly – deel hulle dit.  As jy 5 verdeel is dit dus 2 en ‘n half (of 2 en ‘n halwe koekie).

Alle wiskunde verduidelikings begin met fisiese of konkrete items, sodat die outjies dit kan skuif en manipuleer (by pak, weg neem, verdeel…).  Later teken hulle prentjies om die konkrete tellers voor te stel en heelwat later werk hulle net met syfers en simbole.  Dit is egter baie voordelig om maar altyd ‘n houer met tellers naby te hê om met die somme te help. Skryf so 3 tot 4 woordprobleme op ‘n bladsy neer en werk dit saam uit…(lees hardop saam in Graad 1)  bv.:

  • Pappa koop 4 stukke droëwors.  Hy verdeel dit gelykop tussen julle twee.  Hoeveel stukke kry elkeen?

Pappa: ___ Johan:  ___

  • Mamma koop 6 weense worsies.  Sy deel dit gelykop tussen julle twee.  Hoeveel worsies kry elkeen?

Mamma:  ___ Johan:  ___

  • Pappa koop ‘n pizza.  Daar is 8 skywe.  Hy deel dit gelykop tussen julle twee.  Hoeveel stukke pizza kry elkeen?

Pappa:  ___ Johan: ___

Laat weet gerus watter metodes vir jou werk…

Halveer

Halveer Semi-Konkreet

Halveer 0 – 10

Halveer dekades

Halveer 0 – 50 

Halveer 40 – 100

Verskeie blaaie met verklarende flitskaart.

vheo

Halvering in die groot getalgebiede:

Bv. 64.  Breek die getal op of trek die flardkaarte nader.  Is dit ‘n ewe of ‘n onewe getal?  Onthou dat ewe getalle op 0, 2, 4, 6 en 8 eindig.  ‘n Ewe getal sal gelykop tussen twee mense verdeel kan word en netjies kan halveer.

Bou die getal (4 op 60 en pas teen die regtersy) en trek dit uitmekaar.  Dit is nou 60 en 4.  Wat is die helfte van 4? 2.  Wat is die helfte van 60?  Hoe kan ek maklik tot by 60 tel?  Gebruik groepies of veelvoude van 10.  Daar is 6 groepies.  Wat is die helfte van 6 groepies? 3 groepies.  3 groepies van 10 maak 30.  Ons het dus ‘n 30 en ‘n 2.  Bou dit met die kaarte – 32.

Halvering met ‘n breuk:

Bv. 25.  Is dit ‘n ewe of ‘n onewe getal?  Onewe.  Trek die flardkaarte nader.  Hoe lyk 25?  Dit bestaan uit ‘n 20 en ‘n 5.  Kan ek 5 blokkies kaas gelykop tussen 2 mense verdeel? Amper.  Elkeen kry 2 en dan is daar 1 oor.  Ons kan daardie blokkie presies in die helfte sny, sodat elkeen ‘n halwe een kan kry.

Die helfte van 20…20 bestaan uit twee tiene.  ‘n Tien vir jou en ‘n tien vir my.  Die helfte van 25 is dus 12 en ‘n half (12 1/2).

Sien ook die stukkie oor deling en breuke.

 

boom

Lewer kommentaar


Dit is weer Boomplantweek en indien jy daarvan vergeet het, is ek seker dat jy heelwat kwekerye vandag sal oop vang!  Die Boom van die Jaar is die Pappea Capensis (doppruim) – wat rooi kersie-agtige vrugte dra.  As ek reg lees behoort dit heelwat voëls te lok en sal dit ook skadu bied.

As jy nie van die doppruim hou nie, kan jy ook ‘n ander boom koop. Wat van bome wat iets tot die gemeenskap kan bydra? ‘n Suurlemoenboom vir die kostafels, ‘n moerbeibos vir die sywurmseisoen, roosmarynbosse vir kleur en geur…Kruiebosse lyk nie net mooi nie – dit ruik heerlik en verg dikwels min sorg. Dink aan ‘n kolletjie in die skooltuin of op die rand van die skoolheining waar julle so iets kan plant.  Lekker spit!

Older Entries Newer Entries