Ontmoet vir Juffrou
Ek is ‘n laerskool-juffrou, met ‘n liefde vir Graad R, 1, 2 en 3 – werk as ‘n remediërende opvoeder vir Gr. R – 3 (Afrikaans/Engels) en het ervaring met leerders op die Outismespektrum, kinders wat hardhorend is (gehoorstukkies, FM-stelsel…) is en nou ook outjies met Downsindroom.
Ek is lief vir lees, die see en alles wat mooi is.
Vra gerus indien ek kan help met iets of stuur foto’s van jou eie blink idees. Snuffel gerus onder die skakels (Die “BLOGROLL” het verander na verskillende skakels…) vir skakels na bruikbare taakkaarte, idees, boeke en derglike skooldinge. (Ek sal gereeld nuwe skakels byvoeg.) Tik ‘n soekterm by die SEARCH blokkie aan die regterkant in. Dit lei na antwoorde op hierdie blog. Kontakbesonderhede van kundiges verskyn op die “Verwysings” bladsy. Laat weet my asseblief indien jy ‘n oulike terapeut of dokter teë gekom het.
‘n Skakel na hierdie blog sal gaaf wees. 😉 …of stuur die skakel aan na al jou mamma-, pappa- en skoolverwante vriende.
Jy kan ook subscribe tot sekere inskrywings of my bevriend op FACEBOOK. Ek plaas gereeld nuus daar. 🙂
Kom loer gerus weer in…
Sluit aan vir meer direkte skakels of snuffel gerus in My Klaskamer.
Sep 14, 2008 @ 10:47:00
Juffer, jy kom asof jy gestuur is. Ek sal definitief gereeld hier kom lees. Ek het ‘n amper 5 jarige, en jy spreek van my bekommernisse aan. Moet tog nie ophou nie! 😉
LikeLike
Sep 14, 2008 @ 13:55:31
Baie dankie en welkom, Boendoe. Ek hoop ek sal jou vrae kan beantwoord. As ék nie weet nie, sal ek vir jou uitvind. Vra gerus
LikeLike
Okt 26, 2011 @ 23:22:38
Ek wil graag weet op wat ek nou moet konsentreer i.v.m.wiskunde vir graad 1vir kwartaal vier asb en dankie Ek wil ook weet waar ek tuisoefeninge i.v.m.getalopbreuking kan kry asb en dankie
LikeLike
Okt 31, 2011 @ 18:40:41
Middag, Catharina
Hier is ‘n skakel na die Foundations 4 Learning inligting wat onderwysers tans besit. Kyk op bladsy 3 en 7 vir ‘n uiteensetting van die Graad 1-mylpale (wiskunde). Die tale verskyn laer af.
Ek is nie heeltemal seker watter getalle julle moet opbreek nie, maar ek gee nogtans die volgende skakels met idees. Vir Graad 1 hou ons die getalgebied eers tussen 1 en 10 en later van 1 – 20 😉
Click to access Grade3_booklet.pdf
http://www.sateacher.co.za/SATeacher-old/FoLearning/FlardCard.htm
curriculum.wcape.school.za/…files/121130655_01_Introduction.doc
LikeLike
Sep 14, 2008 @ 21:23:55
Welkom Juffrou
LikeLike
Sep 15, 2008 @ 12:45:41
Dankie, Adrie. Kom kuier gerus weer
LikeLike
Feb 19, 2015 @ 16:27:45
Hallo Juffer, ek is ‘n Voortrekker Offisier in die Paarl en het graad 2’s in my span ons leer lekker speel speel en probeer om nie te na aan die skool manier te werk nie, aar is egter party dae wat hulp baie handig te pas kom aangesien ons nie formele onderwysopleiding gehad het nie, ek is op die oomblik opsoek na maniere om die kindertjies van geld te leer en soek biejtie hulp, wat stel jy voor. Ek hou volgende Vrydag Winkel dag wat ek hulle dan “geprinte” geld gaan gee waarmee hulle moet koop en kyk hoeveel van hulle geld hulle kan spaar.
Ek hoor graag ook van jou idees
LikeLike
Feb 23, 2015 @ 00:10:44
Hallo, Magda 😉 Ek het geldtakies en sou voorstel dat julle gebruikte boksies en plastiek houers “herwin” deur winkel-winkel te speel. Gebruik eenvoudige pryse (sonder 99c, ens.) en gee vir elkeen ‘n banksakkie met sy note of munte daarin. Hou ook ‘n roomys-verkoping (suckers, bunnylicks) en laat hulle help met die transaksies. ‘n Mens hoef nie die regte items te hê nie – prente werk ook goed…MAAR hou dalk ‘n houer gereed as ‘n lafenis aan die einde van al die harde werk 😉 Die Paarl is mos ‘n warm plek in die somer.
LikeLike
Sep 16, 2008 @ 14:30:59
Juffer, jy is ‘n vars briesie in blogland, en daar is baie van ons bloggers wat baat kan vind by jou insette.
Doe zo voort!
(Terloops, ‘n baie MOOI ontwerp vir die blog ook, hoor!)
LikeLike
Sep 16, 2008 @ 19:52:47
Baie dankie. Ek probeer nog die blog baasraak. Dis een van die dae vakansie. Dan sal ek sommer nog ‘n hele paar dinge kwyt kan raak.
LikeLike
Okt 04, 2008 @ 18:49:28
…en nou is die vakansie ook verby…
LikeLike
Apr 23, 2014 @ 15:29:17
Hi juffer, my seuntjie word nou 8 jaar oud en is in Gr.2. Hy moet n mondeling doen oor sy gunsteling suiwelproduk, dit is sy eerste mondeling wat hy doen. As u my kan help sal ek dit baie waardeer. Ek het nie n idee waar om te begin nie.
LikeLike
Apr 23, 2014 @ 18:42:00
Middag, Wentzel 😉 Kan hierdie idees dalk help?
LikeLike
Okt 05, 2008 @ 19:11:36
Ek het 5 jaar vir Gr3 klas gegee- voor dit 9 jaar vir gr4-7…ek is mal oor gr3’s, hulle wil graag leer, net uit die “doeke” en is soos ‘n spons, suig alles baie vinnig op en gereed om nog meer op te suig…gr4’s was ook heerlik, ook nog baie gretig om te leer…sterkte!
LikeLike
Okt 05, 2008 @ 22:49:00
Ja, Juffer. Ons hier by die Gautengse kontingent is ook more terug in die tuig… gelukkig is dit ‘b kortetjie, dan is dit eksamen! Sterkte daar 😉
LikeLike
Okt 06, 2008 @ 19:41:13
Hi Nikita. Ek werk nou met Graad 1 – 5’s as remediërende juffrou. Die Graad 2’s en 3’s raak nou regtig oulik en tot my spyt toe – groter as ek – letterlik!
Nico: Ek tel die dae af tot die volgende vakansie. Vandag was vreeslik lank 😉 😆
LikeLike
Okt 06, 2008 @ 19:45:34
En so lees ek jou nou eers raak! Ek het nou nie meer klein kindertjies nie, maar ek sal beslis weer hier kom lees – oulike blog 🙂
LikeLike
Okt 06, 2008 @ 20:02:05
Hello, Sonkind! Welkom en kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Okt 06, 2008 @ 20:23:56
hi juffer
Nou maak jy my bitter jaloers as jy die woord “remediering” noem!! Ek het spesiaal ‘n ekstra diploma (“ou” dae MBD genoem en ons was die laaste groep om dit te doen (Pretoria)…toe noem hulle die kursus…Psigoneurologiese Leergestremdhede – 2 jaar) gedoen (ook RO as hoofvak op kollege gehad) om met daardie kinders te werk en toe word ek vir Gr3’s daarna gegee en hulpklasse is begin toemaak…en nog altyd my droom om met hulle te werk…tot ek die geleentheid hier in London gekry het om met ‘n klein groepie 13 jariges te werk – op die vlak van 8 jariges! – en was dit nou heerlik! dit was slegs vir ‘n termyn tot hulle juf teruggekom het van kraamverlof af…geniet dit!
LikeLike
Okt 13, 2008 @ 20:47:50
Gats! Ek het nou eers jou inskrywing gesien! Ek geniet dit baie, maar werk behoorlik laat dit bars. Ek werk met klein groepies van 2 tot 4 kinders in ‘n groepie en sien ongeveer 90 kinders per week! Hulle hou jou op jou tone 😉
LikeLike
Okt 13, 2008 @ 21:58:45
hi juffer..nou laat jy bars van jaloesie! 🙂 ek kan dink hoe hard jy werk, mense dink baie keer omdat jy in sulke klein groepies werk, dat jy “min” werk het, maar ek weet hoeveel jy moet insit vir daardie probleme en die kinders self… ek het hier vir 2 termyne met ‘n Down-kind gewerk..sessies 1-1 en was dit heerlik, sy (12 jaar oud) het haar ups en downs gehad, maar oor die algemeen was dit heerlik om met haar te kon werk, ek het vreeslik baie geleer oor die Downsindroom kinders. Ook met ‘n paar wat matig-outisties is gewerk. Ek weet nie of SA al dalk die term begin gebruik van “ASD”.. Autism Spectrum Disorder.. ek is so bietjie uit kontak uit met die SEN in SA.. maar die met wie ek gewerk het word ASD genoem. My voorlaaste inskrywing “Sea of dreams” het so bietjie oor die ASD ook in. Ook “werk” om met hulle te werk. Lekker week! (Ek het in 2001 twee groot groen asblikke – op wiele- vol RO goed weggegooi en so gewens ek het iemand gehad om die goed na aan te “pass”, het toe alreeds pakke daarvan ook by my skool se ouens gelos!)
LikeLike
Feb 04, 2010 @ 12:05:25
Nikita
Sal graag met jou kontak wou maak.
Had ook RO as hoofvak. Toe in Namibië en Suid-Afrika gewerk. Toe Eng. toe. Nou terug in die RSA…
_________________
LikeLike
Feb 04, 2010 @ 18:51:41
Welkom, Rhianon
Laat weet gerus wat jou inligting is as ek dit moet adverteer onder die verwysings 😉
Juffer
LikeLike
Okt 15, 2008 @ 06:35:53
Nikita, ek sit juis met twee boeties wat vermoedelik ASD het! Ongelukkig het die ouers dit nie breed nie en is die toetsings nogal duur. Ons help maar waar ons kan. Die Veraskool in die Kaap en ‘n vrou in Durbanville spesialiseer tans op ASD gebied. Dan het die Paarl-Skool vir Neurologiese gestremde kinders (in Brackenfell) ook soms plek. In SA is die SEN maar ‘n getjommel op die oomblik. Ons werk inklusief – wat beteken die opvoeders behoort hierdie outjie te kan akkomodeer, maar ken jy nou vir harde koejawel!?!?!
Ek sukkel self om my klomp juffrou-argiewe georganiseer te kry. My klassie is kleiner as die gemiddelde kinderkamer en is gepak van die dosies en kaste (sal eerder nie ‘n foto opsit nie 😆 – genoeg om skaam te kry). Wat is die met onderwysers en opgaar?…en die skole wil nie byt aan ordentlike kaste of rakke nie…
LikeLike
Jan 20, 2012 @ 22:35:15
Ek het lanklaas kom inloer, maar hier’s ek weer! 🙂 Ek het hierdie jaar ‘n Autistiese kind in my klas, nogal erg outisties – in vergelyking met ‘n vorige een wat ek gehad het. Dis nogal ‘n ‘storie’ om vir hom werk te ‘voorsien’, ek moet gedurig sy ‘mood’ in gedagte hou – mood verander en dan werk hy/of werk nie. Wens ek het ‘n mood-meter gehad om vooraf sy ‘moods’ te kon bepaal/meet! LOL!
LikeLike
Jan 21, 2012 @ 09:30:55
Môre, Nikita! 😉
Jy moet so ‘n bietjie op Twitter soek na #autism. Daar is geweldig baie gesprekke omtrent die onderwerp. Hier by ons is ‘n outjie met ‘n ligter vorm daarvan – meer Aspergersindroom. Hy is op die SOLISTEN/TOMATIS-program en die uitskakeling van eksterne geraas / gedruis het hom baie gehelp om te fokus. Dit het hom ook baie rustiger gemaak 😉 Baie sterkte met die nuwe uitdagings!
LikeLike
Jan 21, 2012 @ 17:14:03
Hi Juffer
Ek is juis aan twee ‘Autism’-twitter-ouens gelink, die een gooi net allerlei ‘tips’ op wat soort van ‘ok’ is vir die klaskamer, mens leer geweldig baie deur so ‘n kind in jou klas te he. Elke een van hulle is ook ‘anders’ en wat vir een werk, werk noodwendig nie vir die ander nie, nogal interessant om met so ‘n kind te werk. Hy kan bv. met tye geluide maak – maar slegs as die kinders besig is om iets met mekaar te bespreek [buzz], dit hang ook af hoe ‘hard’ hulle praat = met hul bepreking, hoe harder, hoe harder sy geluide! haha…ek se vir die kinders hulle is ‘n goeie barometer! Ek het in Aug geweldig baie gelees [toe ek geweet het dat ek hom gaan he], mens moet maar ook baie na die ‘mood’ kyk. Daar’s baie ‘ups’ en ook die ‘downs’ van sy gemoed. Daarby probeer mens ook nog aanpas. Dus, as ek vir om iets beplan, moet ek myself vra, ‘wat as hy in ‘hierdie’ mood is of ‘daardie’ mood… die dae van ‘n juf is nooit vervelig nie. 🙂
LikeLike
Jan 22, 2012 @ 07:48:04
Dit klink beslis nie vervelig nie! 😆 Ervaar jy dit ook dat die outjie met sensoriese integrasie worstel? Ek verneem dat die Aspergersindroom-outjies baie sensitief kan wees vir bv. harde geluide en teksture (veral in terme van klere en kosse). ‘n Arbeidsterapeut wat saam met my werk het selfs al voorgestel dat ons ‘n ruimte of vertrek inruim (sensory room). 😉
LikeLike
Okt 15, 2008 @ 08:38:29
hi Juffer…oor daardie “inklusief”…hier het hulle ook die beleid, ek weet presies waarvan jy praat, hulle het begin daarmee nog voor ek weg is in SA.. ek glo natuurlik die kinders kry meer “skade”, die down/autistiese kinders waarmee ek hier gewerk het is juis in ‘n hoofstroom-skool (hoerskool) en die onnies maak net glad nie voorsiening vir hulle nie. Ek het toe individueel met hulle gewerk omdat die werk vir hulle te moeilik is. Die regerings weet nie wat hulle doen nie…(dink ek nou aan Jesus se kruisigigingswoorde na ek dit getik het! 🙂 —- ) dis omtrent ‘n kruis vir daardie kinders! Sterkte daar!
LikeLike
Okt 15, 2008 @ 13:37:59
😆 gepraat van die regering: die nuutste is dat werkskedules terug kom, met ander woorde die opvoeder kry van 2009 af weer al die beplannings en dinge in die hand. Dan gaan formele spellesse en formele klanke lesse ook terug kom…Ek kan nie glo dat die klank- en spellesse ooit verwyder is nie! 😉 Juffer se dag is nog nie verby nie. Laat ek gaan werk
LikeLike
Okt 15, 2008 @ 17:08:11
Ai, hulle wou mos nie vir ons geluister het so paar jaar terug nie! Ek’s bly dit kom als terug, hier in Engeland het hulle dit ook teruggebring! 🙂 hulle het besef die kinders ken nie hul klanke nie! Sterkte daar, dit was my laaste vry dag vandag, die dat ek so saam kon kekkel…’n onnie se werk kom ook nooit klaar nie! Ek gesels weer wanneer ek kan!
LikeLike
Okt 16, 2008 @ 17:55:56
Lekker werk! 😉
LikeLike
Feb 06, 2009 @ 12:49:00
Hi juffrou ek studeer self onderwys en benodige so paar hand en vinger oefeninge om tydens die skrif lesse aan te bied…enige idees dalk??
LikeLike
Feb 06, 2009 @ 17:32:44
Welkom, Leandre!
Ek antwoord jou sommer op die tuisblad.
Vra gerus weer en vra sommer jou klasmaats om ook vrae te vra…
😉
LikeLike
Feb 10, 2009 @ 21:58:51
Hallo Juffer!
Ek kan nie genoeg “DANKIE” sê vir jou blog nie. Ek was al op moedverloor se vlaktes, maar voel nou stukke beter, vandat ek jou blog raakgeloop het.
In kort my seuntjie se omstandighede. Ons gesin (en ons hele familie aan albei kante) is Afrikaans. Hy het homself leer Engels praat, danksy die televisie.
Toe dit tyd word om hom vir skool in te skryf, was ons Engelse klassie vir Graad 1 reeds vol. Met die gevolg, my kind wat net Engels kan praat, is nou in ‘n Afrikaanse klassie. Ons woon in Mpumalanga op die platteland, en het net die een skool in ons dorp.
My kind se groot motories is agter, en nou het ons verneem dat hy moontlik leer probleme gaan hê. Ons doen die oefeninge wat jy voorstel met hom, maar hy sukkel baie daarmee. Maar ek moet sê, dit gaan al baie beter as wat dit drie weke gelede gegaan het.
Ons finansies laat dit nie toe om hom na ‘n buurdorp te neem vir afsprake met ‘n arbeidsterapeut nie. Mag ek jou asseblief om spesiale hulp vra? Ons skool het ook geen R.O. nie, so dit maak dit baie moeilik.
Baie dankie vir die goeie werk wat jy doen. Dit word raakgesien en baie waardeer.
Baie dankie
Runel
LikeLike
Feb 11, 2009 @ 19:11:40
Vra gerus, Runel 😉 Ek sal help soveel as wat ek kan…en baie dankie vir die mooi woorde
In verband met die taal…hou veral die oë oop vir storieboekies met ‘n kasset of cd daarby. Plaas versoeke op webwerwe soos http://capetown.gumtree.co.za/c-Stuff-for-Sale-stuff-wanted-Storieman-Storiemuis-W0QQAdIdZ93039006 en http://www.storiewerf.co.za/oond/vars_luister.htm of doen navrae by die naaste biblioteek. Hoe meer die outjie na die taal luister, hoe meer gemaklik raak hy in die taal van onderrig. Indien die boekies duur is, kan julle self stories op Grootman se boekrak opneem sodat hy later self kan “blaai en luister”.
Baie voorspoed!
LikeLike
Feb 13, 2009 @ 14:47:19
hallo!!! is al 13jr tuisskoolma. jongste nou 14. het hierdie jaar ‘n gr3 pleegdogter ryker geword. gr3 le, met ‘n kappie, so ver in die verlede! het nou net begin lees maar is al klaar dankbaar vir waardevolle raad!
LikeLike
Feb 13, 2009 @ 15:36:34
Baie geluk, Retha! Hulle hou ‘n mens jonk 😉 Vra gerus as jy hulp nodig het. As ek nie weet nie, sal ek hulp soek by ‘n kollega
LikeLike
Feb 17, 2009 @ 13:31:06
Hi Juffer, dit is ‘n baie cool website hierdie. ekt vandag vir die eerste keer dit op google ontdek. ek is ‘n 1ste jaar student vir grondslagfase by die NWU Vaaldriehoek kampus. hier is so baie dinge wat my sal kan help met als wat ek moet doen en weet. moet alfabetkaarte maak en het nou somer baie idees gekry. baie dankie
Jennifer Myburgh
LikeLike
Feb 17, 2009 @ 15:38:36
Welkom, Jennifer!
Maak elke taak en apparaat met ekstra moeite. Ek gebruik my kollege apparaat steeds daagliks. Dit kom regtig handig te pas. Het jy al by Depicta en Klanke Kalante se werwe gekyk? Hulle het ook oulike idees…asook Letterland
http://www.edufriend.za.net/klanke_kalante/klanke_kalante.html
http://www.depicta.co.za/store/1/32/44#717
LikeLike
Feb 17, 2009 @ 21:41:23
Hallo Juffer!
Mag ek asseblief vir jou foto’s mail van ons “klaskamer” by die huis? Beide ons kinders is geweldig opgewonde dat ons ‘n “klas” by die huis het. Hulle is so mal oor skool, in die oggende gaan hulle na hulle onderskeie skole, en in die middag hou hulle hulself in ons “klas” besig.
Ek het vandag ‘n afspraak by ‘n arbeidsterapeut in Middelburg gemaak. Sy is glo baie goed. Ek sal vir jou laat weet wat haar diagnose is. Maar ek vertrou dat alles wat ons nodig gaan kry, reeds op jou blog is.
Ons kinders geniet jou oefeninge en takies baie, en hulle leer sonder dat hulle voel hulle leer! Baie dankie vir jou moeite, dit maak ons lewens baie makliker!
Lekker dag
Groete
Runel
LikeLike
Feb 18, 2009 @ 15:06:30
Hello Runel
Laat weet gerus hoe dit gaan. Ek sou eerder voorstel dat die Arbeidsterapeut voorkeur kry 😉 Sy sal beter weet as ek, want hulle het ‘n meer kliniese en mediese benadering.
Ek sal graag van die foto’s wil sien en het sommer my e-pos adres hier bo geplaas. Kan ons dit vir die ander ook wys?
Lekker speel en werk!
LikeLike
Feb 18, 2009 @ 17:30:15
Ek wil graag weet of u my kan help – my kind is in graad 6 en ek het ‘n probleem dat ons onderwysers het wat net modules uitdeel en die kinders het nie boeke om die agtergrond van ‘n probleem te leer nie – hy moet net luister in die klas – volgens my is vaslegging nodig en kan jy nie net uit aktiwiteit boeke werk nie – is dit moontlik dat u my kan van raad dien oor handboeke wat ek kan aankoop om vakke soos veral wiskunde te verduidelik by die huis – programme wat skoolcor en wiskunde is pret aktiwiteitboeke ondersteun – by voorbaat dahkie
LikeLike
Mar 04, 2009 @ 19:37:09
Hello Jonita
Ons skool gebruik Future Entrepreneurs se modules :wink:. Probeer gerus:
http://www.graffitiboeke.co.za/soek.php?lys=soek_menu&kategorie=9&sub_kategorie=36 …
en
http://www.graffitiboeke.co.za/BoekInformasie.php?book_id=2924&show_multiple=no
PNA winkels het soms ouliker boeke – veral as ek dink aan die een in Somerset Mall. Vra ook vir meneer of juffrou of hulle nie vorige jare se werk het wat julle kan afrol vir ekstra oefening nie. As julle ‘n spesifieke program wil probeer, kan julle sentrums soos Master Maths, Cumon en Kip McGrath probeer. ‘n Tutor of ‘n remediërende opvoeder kan ook oorweeg word. Ongelukkig kos hierdie dienste geld, maar enige een tot een kontak is die moeite werd. Voorspoed 😉
LikeLike
Feb 19, 2009 @ 08:38:19
Baie dankie vir die raad, sal met als moeite doen! dankie vir die websites, sal sommer dadelik gaan kyk daarna. lekker dag 🙂
LikeLike
Feb 19, 2009 @ 15:13:56
Hello Jonita
Ek het vir my wiskunde kollega gevra om so ‘n bietjie deur haar boekrak te snuffel vir ‘n paar name. Sy behoort teen môre ‘n naam of twee te hê. Intussen het ek op Kenweb afgekom wat ook handboeke verkoop. Ek het nog nie self hulle boeke beloer nie…
Ek sal terug kom na jou toe.
http://www.kenweb.co.za/index.php?page=06Kwotasieversoeke
LikeLike
Feb 24, 2009 @ 13:49:41
Hi juffer, skies ek hoop nie ek pla nie. ek wil net weet waar kan ek gaan kyk vir voorbeelde van opdragte wat handel oor higiëne? hoop dit gaan nog goed. lekker dag.
Jennifer
LikeLike
Feb 24, 2009 @ 17:36:07
Geen probleem, Jennifer
Ek is nie seker van watter graad jy mee werk nie, maar het so ‘n paar skakels probeer opsoek. Sterkte ;o)
http://www.eslprintables.com/printable.asp?id=90726 (scroll af)
http://juniorsbook.com/kids_activity_list.asp?category=Download
http://www.hygiene-educ.com/en/home.htm
http://www.lessonplanspage.com/PEPersonalHygieneResponsibility3.htm
LikeLike
Feb 24, 2009 @ 15:04:55
Hi Juffer,
Ek is moedeloos, my seun is 7 jaar oud Hy is nou in Gr1, ons het hom ‘n jaar teruggehou, hy verjaar in laat Desember. Ek het altyd gedink as gevolg van sy ouderdom in die klas sukkel hy om by te hou. Maar nou met die Gr1 is ons in kennis gestel, hy onderbreek die klas, hy is baie besig , hy sit nie stil nie. Hy is ook by gevegte betrokke. Hy is volgens die Juff baie slim, maar hulle sukkel om hom onder beheer te kry. Nou wil ons hom maar toets vir ADHD. Ons bly in Centurion, ek is opsoek na ‘n neuroloog in die omgewing. DRINGEND.
Help asb.
LikeLike
Jul 31, 2009 @ 12:44:48
Hallo Santa, ek weet presies wat jy deurgaan en is ook in ‘n tweestryd oor my gr 1 seuntjie se moontlike ADHD. My oudste is 9 en in gr 4 – hy is by Dr Stacey Kretzner (Sunninghill hospitaal), sy is ‘n neuroloog wat werk met die kindertjies en is baie oulik.
Groete, Martie
LikeLike
Jul 31, 2009 @ 18:24:37
Hello Martie
Ek is bly dat hier iemand is wat dalk uit ondervinding met ons kan gesels. Kan die juffrou (en julle) ‘n verskil opmerk as jou Graad 4-outjie die medikasie gebruik? Ek dink dis dalk iets waaroor baie ouers wonder…
😉
LikeLike
Feb 24, 2009 @ 17:53:49
Hello, Santa
Ek het gou ‘n bietjie gesoek. (Het jy die stukkie oor ADHD/aandagafleibaarheid gelees? https://juffer.wordpress.com/2008/10/24/aandagafleibaarheid/)
Netcare se webwerf lys ‘n paar. Dr. Kritzinger is in die Pretoria area: Pretoria- Oos Hospitaal (012) 9988885
en dan word daar van ‘n nuwe eenheid gepraat waarby die Universiteit van Pretoria betrokke is. Prof Izelle Smuts is in beheer daarvan by die Steve Biko Hospitaal. Daar is ook ‘n Dr. Michael Lippert, Dr Wibrun Duim en ‘n lys op die MS webwerf : http://www.multiplesclerosis.co.za/Neurologist.html.
Indien jy hulle kantore kan skakel, behoort hulle vir jou in die regte rigting te kan stuur. Baie voorspoed met die afspraak 😉
LikeLike
Nov 17, 2009 @ 10:50:15
Kan Dr Lippert baie sterk aanbeveel. Moet net nie verwag dat hy gaan doekies omdraai nie. Hy sal jou baie gou laat weet as daar iets is wat jy kan doen wat nie gedoen word nie. Uitstekende kennis van sy vakgebied en WONDERLIK met kinders – Sag, toeganklik en gemaklik. Praat openlik met ouers en behandel jou nie soos ‘n idioot, soos party “dokters” en “spesialiste” doen nie.
LikeLike
Nov 17, 2009 @ 11:01:35
Baie dankie, Madi. Dis juis wat ek gewoonlik in mense waardeer – eerlik en goed ingelig 😉
LikeLike
Jan 08, 2010 @ 12:48:07
Kan Dr Mike Lippert ook aanbeveel. Besoek hom gerus. Hy is ongelooflik.
LikeLike
Feb 24, 2009 @ 20:24:49
Hi Juffer
Ek het vandag eers op jou website afgekom en ek dink dit is fantasties. Dit is boonop in afrikaans. Ek sal definitief baie gereeld inloer.
Mooi bly1
LikeLike
Feb 24, 2009 @ 21:19:59
hi Juffer/Santa
Ek het iewers op jou blog Dr Johan Erasmus genoem as Kindersielkundige/Neuroloog in Pretoria/Waverley. Sy spreekkamers is (was laas) by die Nuwe Moedersbond. Jy kan nie verkeerd gaan deur na hom te gaan nie. Ek het persoonlik ‘n “ondervinding” met dr Lippert gehad (met my eie kind – wat ek nie hier gaan bespreek/noem nie), maar ek kan dr Erasmus sterk aanbeveel. Hy spesialiseer in kinders met aandagafleibaarheid… Centurion is omtrent 10-15 min vanaf Pretoria, dis die moeite werd as dit jou kind is! Sy naam is Johan, ons – en baie ander mense- ken hom as Dr Rassie Erasmus. In die telefoongids sal jy hom as Dr JA Erasmus kry. Sterkte!
LikeLike
Feb 25, 2009 @ 16:38:38
Baie dankie, Nikita 😉
LikeLike
Okt 26, 2009 @ 15:50:00
Hi Nikita, ek het ook vandag eers dié site ontdek. Ek is op soek na iets spesifieks en toe ek hier af lees, toe kom ek op jou skrywe af. Op 5 jaar is my seun gediagnoseer met ADD en is hy behandel met Ritalin, maar steeds sukkel hy op skool. Ek was vir 5 jaar by dieselfde “fantastiese” kinderarts. Uiteindelik, Augustus hierdie jaar besluit ek om ‘n ander opinie te kry en vir die eerste keer moet ek hoor my seun het discalculia (sukkel met wiskunde en syfers) en is sy leervlak 2 jaar agter en moet in ‘n RO skool geplaas word. Nou die dokter wat uiteindelik die lig vir ons laat aangaan het, is toevallig Dr Lippert. Maar nou is ek baie bekommerd oor jou stelling, want ek moet elke 6 maande terug gaan na hom toe, maar as hy verkeerd handel, wil ek nie my seun deur nog meer sit as wat hy klaar deur is nie. Was die geval / ondervinding ernstig? Jy kan my mail by laura@webonlinemail.co.za as jy dit nie wil openlik bespreek nie.
LikeLike
Feb 25, 2009 @ 16:33:21
Hello Huibrecht en welkom! 😉 Kom loer gerus in en vra as jy onseker is oor iets.
;o)
LikeLike
Feb 25, 2009 @ 19:56:09
Dis ‘n plesier. My sus is ‘n suster by ‘n hospitaal in Groenkloof..Zuid-Afrikaans..en al die jare het ek haar genader as ek ‘n dokter/pediater/ginekoloog ens nodig gehad het en sy het elke keer die beste dokters vir my gegee. Die enigste keer wat ek haar nie gevra het nie, was die “geval” met dr Lippert. Niemand kan verkeerd gaan met Dr Rassie, ek het omtrent 6 kinders uit my gr3-klas oor ‘n tydperk van ‘n paar jaar na hom verwys en ouers was elke keer hoogs in hul skik met hom – en ek met sy verslae/terugvoer ens. Sy pa was ook ‘n Pediater in Sinoville/Annlin-omgewing jare terug en Onnies wat ek ken in daardie omgewing, praat ook met lof van sy pa (en oor hom). Ek is nie ‘n “agent” vir hom nie, ek gee wel om vir ouers/kinders en ek net se dat niemand verkeerd kan gaan as jy jou kind na hom neem nie. Lekker week verder!
LikeLike
Feb 26, 2009 @ 10:43:53
more Juffer, baie dankie vir die links. ek het iets gekry wat my kan help as voorbeeld vir ‘n werkkaart. ai ek hoop net dat ek ook eendag so slim sal wees en so baie sal weet soos jy. (jammer weet nie watter aanspreek form om te gebruik nie).
weereens baie dankie!
groete Jennifer
LikeLike
Feb 26, 2009 @ 15:38:04
Ek verstaan, Nikita. ‘n Mens weet mos waar die goeie resultate lê 😉
LikeLike
Feb 26, 2009 @ 15:39:08
Jennifer, moet asseblief nie “tannie” of “mevrou” gebruik nie. Dit klink veels te oud 😉 (“jy” is “fyn” :lol:)
LikeLike
Mar 06, 2009 @ 15:50:16
Het julle nie dalk al ‘n boek uit wat ek kan koop nie
LikeLike
Mar 06, 2009 @ 17:22:01
😉 😆 Nee, ek flans egter dinge en wenke saam uit dinge wat ek self deur die jare moes naslaan. Indien jy ooit ‘n boek deur Hauptfleisch en Grové raak loop – koop hom. Dié twee dames het verskeie gidse geskryf vir ouers en opvoeders van voorskoolse én skoolgaande kinders asook boeke met idees om probleempies aan te spreek. Dan is daar ook MW de Witt se boeke (op die personeel van UNISA as ek dit reg het). Dit hang af van die ouderdom van jou kinders…
Die ALLES-IN-EEN reeks het oulike idees vir ekstra vaslegging en het ‘n maklik verstaanbare opvoedersgids. Vra gerus as daar iets spesifieks is waarna jy soek 😉
LikeLike
Mar 12, 2009 @ 12:17:21
Hallo juffrou,
Wat op dees aarde is “styselpap”?
En baie dankie vir die oulike webblad.
Baie groete :o)
LikeLike
Mar 12, 2009 @ 15:02:36
Hello Omdat 😉
Styselpap is ‘n pastarige pappery wat met stysel en kookwater gemeng word. Dis dieselfde stysel wat ‘n mens in enige supermark se waspoeierrakke kry. Die poeier word met kookwater gemeng totdat dit so ‘n lekker gladde, dik gommerigheid word. Wanneer die afkoel, kan dit gebruik word vir kuns en skrif oefeninge. Party juffrouens gooi voedselkleursel en selfs blinkertjies by.
Kom loer gerus weer
LikeLike
Mar 13, 2009 @ 08:01:08
Dankie juffer,
Ek sal bietjie gaan “speel”
Groete
Omdat (God ons liefhet)
🙂
LikeLike
Mar 13, 2009 @ 18:25:59
😉
LikeLike
Mar 15, 2009 @ 16:23:17
Dankie!!!!!!!! Ek is ‘n nuwe OLSO juffrou en het nog so baie om te leer. Hierdie blog het my nou so opgewonde gemaak! Ek kan nie wag om more skool toe te gaan en als te gaan probeer nie. Jou idee’s is kreatief en ek gaan hul deel maak van my daaglikse beplanning van nou af. Dankie! Dankie! Dankie!
LikeLike
Mar 15, 2009 @ 16:34:38
Welkom, Janeen 😉
Kom loer gerus in en vra as ons moet help
LikeLike
Mar 17, 2009 @ 16:27:40
Hi
Kan enige iemand my asb help. Ek het nie ou tydskrifte by die huis nie, want ek koop dit nie, en Leany moet elke dag prentjies van die “letter” in haar klanke boek plak so ek probeer van die “net” af prentjies druk wat sy kan inkleur, maar ek kry nie ‘n afr site vir so iets nie! Net engels.
Groete
Henriette
LikeLike
Mar 17, 2009 @ 17:27:21
Hello Henriette
Ja, ongelukkig is die webwerwe vir Afrikaanse hulpmiddels skaarser as hoendertande. Die beste is om ‘n bladsy vol clip art te maak – sodat Leany dit dan kan inkleur…Bv. appels, anker, arm vir ‘n bladsy oor a …by, bal, beer, boot vir ‘n bladsy oor b…
Dalk is daar iemand wat vir ons so ‘n webwerf kan help skep? Dis regtig ‘n nood vir opvoeders en ouers.
Sterkte 😉
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 18:38:35
http://www.primarygames.com/science/butterflies/coloring.htm
http://www.crayola.com/free-coloring-pages/
http://www.dltk-teach.com/alphabuddies/letter-a.html
Hi Juffer…hier is drie links, alhoewel engels, maar mens kan maar die prentjies ook “format” om swart/wit te wees en selfs (as mense tyd het) gaan plekkies vul met wit en dit dan afprint. Ek weet daar is ‘n ander site waar jy prentjies kan afprint wat nie in kleur is nie, maar ek sal moet gaan soek vir daardie site. Hierdie “crayola” site se prentjies is regtig mooi en nie gekleurd nie.
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 18:43:13
http://www.enchantedlearning.com/crafts/
Hier’s die site waarna ek hierbo verwys! Ek het al op die site prentjies gekry wat ingekleur kan word…’n fantastiese site…
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 18:45:07
Baie dankie! 😉
Ons sal lekker loer.
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 18:45:32
http://www.enchantedlearning.com/subjects/butterfly/activities/printouts/index.shtml
Jammer Juffer vir al die links hier! Kyk bv na die link hier,(van dieselfde site pas genoem) daar is om in te kleur, maar dan moet ek noem dat vir sommige inligting op die site moet jy ‘n “member” wees en vir sommige info is dit gratis.
LikeLike
Mar 19, 2009 @ 14:11:33
Ek sluit ook nogal gereeld by sulke werwe aan. Hulle stuur dan gereeld nuusbriewe en ‘n skakel na ‘n gratis takie of twee toe. Selfs al kan jy net na ander juffrouens se idees loer, help dit ‘n mens om weer iets nuuts te probeer 😉
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 18:46:40
http://www.enchantedlearning.com/books/body/gingerbreadclothes/
Oulike een hierdie..jammer, ek vat nou my jas en loop! 🙂
LikeLike
Mar 19, 2009 @ 14:11:45
😆
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 18:57:56
Ek het net gou my handsak kom haal wat ek vergeet het! 🙂
hier is ‘n ander site…www.toondoo.com
ek het dit onder my “fun”-link op my blogrol. Gaan kyk bietjie, daar is stories wat kinders self kan “skryf” en hulle maak gebruik met agtergronde/karakters wat gegee word en jy kies wat jy wil he en maak jou eie storie op! Dit is in die styl van cartoons, maar baie oulik vir kinders wat “traag” is om hulle bietjie te motiveer. Jy kan jou werk save en na jou email laat stuur, ek neem baie keer sommer ‘n “print screen” en spaar al daardie ander moeite.
LikeLike
Mar 18, 2009 @ 19:00:37
dis een van my vinnige skeppings wat ek gemaak het toe ek die site geblog het, nie die beste nie, maar darem daar..om vir jou ‘n idee te gee
LikeLike
Mar 19, 2009 @ 14:15:29
Dit lyk oulik! Ek sal die naweek ‘n bietjie moet speel. My graad 1-herhalertjies begin nou oulik bykom en hou my besig met die stories skryf
LikeLike
Apr 18, 2016 @ 14:16:02
kan iemand asb help, my GR2 seuntjie moet n praaitjie doen oor n bouer, ek weet net nie waar om te begin nie
LikeLike
Apr 18, 2016 @ 14:48:03
Goeie middag, Marieta 😉
Ek het enkele idees vir ‘n mondeling. Begin by iets soos: Wat doen ‘n bouer? Watter opleiding/kwalifikasies word benodig? Werk ‘n bouer in ‘n kantoor of buite?
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Mar 20, 2009 @ 08:24:56
Dankie Dames
Ek het nou na al die webtuistes gegaan en op my “favorites” gesit, so die ma gaan nou ‘n plan maak! Ek leer altyd vir Lea ‘n boer maak ‘n plan maar ‘n boervrou maak twee. Haar Juf se sy gebruik dit gereeld in die klas as die anner kinders sukkel met iets.
Ek probeer baie moeite doen met en vir haar, want sy is so 10mnde terug gediagnoseer met ADHD. En sover was dit nog nie ‘n maklik roete nie! Ons probeer nou die homeopatiese manier want al daai anner “gif” (Ritalin, Concerta, Stratera) het eenvoudig nie die trick gedoen nie! Maar ek is eerlik met julle, om ‘n enkel ma te wees en met dit ook te cope is nie altyd aangenaam nie en bitter moeilik. Veral as die pa ding jy oordryf.
Maar Die Liewe Vader het haar vir my gegee om te versorg so sy maai! Ek sal dit maak werk!
Maar nogmaals baie dankie vir al die info! Ek gaan lekker speel!!
Heerlike dag vir julle
Henriett
LikeLike
Mar 20, 2009 @ 16:21:12
Hello Henriette
Ek weet dat sommige kinders BioStrath en EyeQ gebruik. Probeer dalk ook die LOW GI eetgoed. Dalk help dit vir julle 😉
Hou die blink kan bo!
LikeLike
Mar 24, 2009 @ 20:58:29
Hi! Juffer een van my kinders skryf van regs na links in sy boekie. Het juffer dalk oefeninge wat ek met hom kan doen? Is dit ‘n ruimtelike probleem?
Dankie!
LikeLike
Mar 25, 2009 @ 16:47:00
Hello Janeen
Ek sou ‘n oogtoets aanbeveel om die sig EN oogbewegings te toets. Wanneer die uitslae geen probleme toon nie, kan ‘n mens ‘n evaluasie deur ‘n arbeidsterapeut aanraai. Hulle kyk na die visuele persepsies en ook na die ruimtelike aspekte soos lateraliteit, middellynkruising, posisie in die ruimte en ruimtelike oriëntasie – wat alles dalk ‘n rol kan speel by hierdie tipe omkerings. As die ogies sukkel om te verstaan wat hulle sien, kan dit tot growwe spel- en leesprobleme lei. Daarom is dit goed om dit so vroeg as moontlik aan te spreek.
Sterkte! 😉
LikeLike
Mar 25, 2009 @ 20:20:31
Hallo daar Juffrou!
Jy het `n baie oulike website, geniet dit baie. Ek is `n gr. 3 juf en geniet my klas baie (29 en hulle is almal AFRIKAANS in `n gemengde skool!) Ek wou al baie keer die onderwys verlaat oor al die baie papierwerk en admin van die departement, hulle het lyk my nou hul mes in vir ons distrik waar ek skoolhou. Het jy dalk meer inligting oor hierdie nuwe “milestone assessering”? Ons het so half begin om dit nou te implementeer maar kom nog nie agter die kap van die byl oor hoe ons werkskemas ens. moet lyk volgens die benadering nie. En die portfolios – `n nagmerrie, hulle wil nou als verander dat dit amper soos `n vraestel moet wees en dat die leerders punte moet kry(nie net 1-4 skaal nie). Wil jou ook vra of jy nie dalk weet van oulike websites soos bv. “sparklebox UK” waar alles dalk in Afr is?
Dankie
Groete
Minette
LikeLike
Mar 26, 2009 @ 11:47:51
Hallo Minette
Ek dink elke juffrou moet deesdae die een of ander vorm van “lawe water” saam dra. Die hoeveelheid admin raak net erger. Ek het nie veel met die milestone assessering te doen nie, maar sal ‘n bietjie luister. Sover ek kan agterkom, sê die milestones net dat die kind aan die einde van ‘n kwartaal spesifieke vaardighede moes bemeester het. Ek sal my oor op die grond hou vir nog antwoorde.
Ongelukkig is Afrikaanse taakkaarte op die net skaarser as hoendertande en die Lotto-wennommers. Daar is betaalkanale soos kinderwerf…Werwe soos http://www.mes-english.com skep wel die geleentheid om jou eie taakkaarte te maak. Sterkte met al die admin en die “einde van die kwartaal” dinge! 😆
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 11:38:19
Hallo almal, ek het ook eers vandag op die webtuiste afgekom en ek dink dit is asemrowend.
Ek is ook besig om grondslagfase onderwys te swat en is nou 2de jaar en Juffer jy maak dit vir my net makliker om beter te kan doen in die tydperk. Vreeslik dankie.
Sal jy omgee as ek dalk jou webblad se skakel op my “blackboard” sit op die Universiteit se intranet? Dit is net om al my medestudente ook van jou webblad in te lig.
Ek weet ek leer nog, so ek weet nog nie veel nie, maar as ek sukkel om Afrikaanse werkkaarte te kry, maak ek my eie (amper met dieselfde konsep as die Engelse een, met ander prente en opdragte)of verander hulle sin net bietjie. (Hulle skakels en informasie bly aan die onderkant van die blad.) Microsoft Word is nogal nie te sleg nie, jy kan nogal baie ding op dit doen.
Hoop dit help so bietjie, en baie dankie weereens.
Shelly
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 17:07:24
Ek gee nie om nie. Jy kan dit maar plaas…hoe meer mense antwoorde op hul vrae kry – hoe beter. Ek het nie al die antwoorde nie, maar sal beslis probeer help.
Ek doen dikwels dieselfde – pas Engelse taakkaarte aan en vertaal dit. Ek werk met Engelse én Afrikaanse kinders en die dubbele tale kan oorweldigend raak. Gelukkig is daar baie oulike werkstukkies en idees beskikbaar – danksy oulike en hardwerkkende opvoeders wêreldwyd. 😆
LikeLike
Mar 26, 2009 @ 14:32:56
Henriette , ek kan myself indink hoe jy voel , ek is myself ‘n enkel ma met ‘n seuntjie van 8 met ADHD,partykeer voel ek so moedeloos want ek dink die gewone stroom skole verstaan nie ons kindertjies nie . Ek is narstigtelik opsoek na ‘n skool in pretoria wat remedierende onderrig bied , spesifiek vir ADHD kinders. Sterkte , ek bid vir jou uit my moederhart want ek weet hoe jy voel . Hierdie pa is glad nie eers betrokke nie ….maar ons het ‘n Hemelse Pa wat my deur dra..
LikeLike
Mar 26, 2009 @ 15:07:58
Hello Karien
Ek het vir ‘n persoon of twee gevra om te help kyk na name van skole wat sal kan help. Volgens die staat se witskrif in verband met inklusiewe onderwys, behoort skole toeganklik te wees vir almal. Ongelukkig gaan die papierwerk nie altyd saam met die nodige opleiding nie (skoonma noem dit sommer opLYding). RemSpecEd is ‘n werf met nommers van terapeute en skole. Baie sterkte!
http://www.remspeced.co.za/Remedial/remedialtx.htm
LikeLike
Mar 26, 2009 @ 18:50:32
hi Juffer/Karien
Prospectus skool is ‘n goeie skool vir kinders met Leerprobleme ens ens ens. Hulle is in die Wonderboom-Suid-area. Hulle spesialiseer in Leerprobleme. Sterkte met jou kind!
LikeLike
Mar 27, 2009 @ 18:10:21
Dankie Nikita 😉
LikeLike
Mar 26, 2009 @ 18:51:16
Jammer, dis Prospectus Novus skool!
LikeLike
Mar 26, 2009 @ 19:56:43
Hi juffer! Baie dankie vir die raad, ek sal dit definitief aanbeveel! Het juffer nie dalk oulike aktiwiteite of idee’s vir om die syfer 2 en 3 vas te le nie. My kinders skryf veral die twee syfers verkeerd om.
Baie baie baie dankie!!!
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 11:53:30
Janeen,
Ek het nou Januarie weer by n Gr. 1 klas geproef en een van my lesse was – gesyferdheid, die getal twee. Ek het my lessie beplan en dit het nogal goed gegaan.
Na die les het die juffrou vir my so paar eksta wenke gegee:
Soos by een, wys vir hom n prentjie van n soldaat.
Twee – gans (op WORD kan die prent gedraai word sodat dit lyk soos n 2).
En voor jy hulle dit laat teken – laat hulle dit eers saam met jou in die lig doen (onthou net om, om te draai). Daarna kan hulle op mekaar se rue teken om die gevoel te kry. Die beste een natuurlik is om dit met kuns te integreer – elkeen het n karton met die syfer 2 – hulle smeer prit binne die 2 en gooi sand op. Sodra dit droog is kan die leerders met hulle vingers bo oor die 2 gaan om dit te voel en sien.
Daarna kan jy vir hulle wys hoe om dit te skryf op n bladsy – onthou die rympie (ronde koppie, skewe nekkie, plat voetjie). As dit nie werk nie, kan jy dalk vir hulle noem dat die 2 (gans), altyd weg kyk van die hand wat skryf (indien jy nie linkshandige kinders het nie). Anders kan jy se dat die 2 altyd na die rand van die blad kyk, hang af wat vir hulle gaan werk.
Hoop dit help.
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 17:12:45
Dís nogal oulik. Ek stem saam oor al die sintuie wat betrek kan word. ‘n Kind leer tog immers deur “ervaring” en deur deel te wees van die proses. Ek het agter gekom dat my tyd soms beperk is en dat ek nie altyd tyd het vir sand strooi ens. Ons skryf dan op die mat met die vinger, voel oor voorafgemaakte letters/syfers (uit geriffelde karton, ens.) of oor ‘n dik, swart gedrukte letter. Die drukker veroorsaak dat die letter/syfer gladderig voel teenoor die growwerige tekstuur van die papier. Ek het ook al vir die kinders gevra om oor die dik, gedrukte letter/syfer in te kleur en om hard te druk. Dit gee ook die effek van tekstuur. Dis natuurlik beter om meer konkrete middels (soos die sand) te gebruik. 😉
LikeLike
Mar 31, 2009 @ 11:28:32
Juffer, vertel gou vir my een ding wat my dronk slaan… Ek sien gister ‘n graad 1 tjie se huiswerk… 25 woorde om te memoriseer…. hulle word dan nie geleer om te spel/klank nie???? Kyk na die woord en memoriseer… Ek is stomgeslaan….
LikeLike
Mar 31, 2009 @ 18:13:28
Dis een van die dinge wat soms probleme gee. 25 is baie erg…
Die leesreekse is glad nie meer soos die Boet en Saartjie boeke waar daar baie herhaling in die boeke en opvolgende boeke verskyn het nie. Die juffrou word dus genoop om sekere woorde as ‘n sigwoord te hanteer en om dit ‘n “onthou-woord” te maak.
Die onthou-deel gaan egter gepaard met die aanleer van klanke en woordbou gebeur steeds. Dis net jammer dat die pas van skoolgee so drasties versnel en dat daar te veel “toetstye” vereis word.
Die ouer word al meer terug getrek na die tyd toe hulle smiddae moes help met die huiswerk…maar as die outjies elke dag oefen, kom hulle darem goed reg 😉 Daar is hoop!
LikeLike
Mar 31, 2009 @ 19:38:15
25 woorde is erg, maar was daar ‘n spel-patroon, bv. kat/mat/lat/…ens. as daar ‘n patroon is, dan help dit darem. “hierdiekant” het hulle begin terugbeweeg na klanke..omdat hulle begin besef het dat die kinders se spelling daaronder ly as hulle nie hul klanke ken nie. SA moet asb nie nou wegbeweeg van klanke leer of klink-lees nie.”Synthetic phonics” is vir die afgelope paar jaar ‘n “moet” hier in die laerskole tot en met omtrent ouderdom 6-7.
http://www.synthetic-phonics.com/
LikeLike
Mar 31, 2009 @ 21:04:48
My Graad 1-kollega’s glo vas in klanke en woordbou. ‘n Vermenging van die “ou” en die “nuwe” metodes word gebruik en as dit lyk asof ‘n outjie met die “geheellees” sukkel – word die klankmetode as kruk gebruik.
Wat ek agterkom is dat ouma’s en oupa’s (ens.) goedgunstiglik probeer help, maar dan van alfabetname gebruik maak. Dit skep verwarring (bad = bee-aa-dee teenoor bad = b-a-d) wanneer die klanke saam gevoeg moet word tot ‘n eenheid. Gebruik dus die klanke (kleinletters) so lank as wat nodig is – sommer tot aan die einde van die Grondslagfase! 😉
LikeLike
Apr 01, 2009 @ 12:54:29
Ek het gaan seker maak en daar is NIKS van klank in die skool hier nie!!! Ek het nou maar solank my ammunisie reggekry! Ouboet is oor twee weke 5 en heel gereed vir die groot stap… Ons gaan maar elke middag begin om te leer klank… Hopelik sal dit hom bietjie van ‘n voorsprong gee, of dink jy ek is te haastig???
LikeLike
Apr 01, 2009 @ 17:54:02
As julle speelsgewys na klanke kyk en as hy daarin belangstel, kan julle so bietjies-bietjies die saak aanraak. As julle byvoorbeeld die klanke in sy naam benoem (bv. Johan), kan julle dit in sy storieboeke soek…Kom ons kyk hoeveel o-klanke (wys) ons op hierdie bladsy kan kry…Teken ‘n o en kleur dit bv. oranje in. As hy hou van teken, kan hy nou prentjies teken van dinge wat met o begin (pyltjie wat op wys, ‘n mannetjie wat onder die tafel sit)…
Hou dit speels en laat hy aanvanklik baie na stories luister en prentjies kyk om assosiasies te maak. As ouboet ryp is vir lees, sal hy dit wys 😉
Baie sterkte en lekker partytjie reël!
Prentjies…
LikeLike
Apr 04, 2009 @ 19:18:39
hallo. my een dogter is link en regs handig. Sy sukkel soms met leerwerk. Die RO onderwyserres het gese ek moet vir haar baie laat lees en wiskunde doen. maar ek kry nerens wiskunde some wat ek net kan print vir haar op die net nie. sy is nou in graad 4. Kan jy my help met ekstra wiskunde wat ek haar kan laat doen.
LikeLike
Apr 04, 2009 @ 22:19:05
Hello Christa en welkom 😉
Dis nogal merkwaardig dat iemand ten volle “tweehandig” is. My standerd 6 wiskunde meneer het so met die linkerhand begin skryf en dan oorgeslaan na regs – sonder ‘n verskil in sy handskrif!
Jy kan jou eie werksvelle maak by die volgende webwerwe:
superkids
mathworksheetsite
aplus
wizard
lessoncorner
Begin maar eers met eenvoudiger getalgebiede en werk van daar af op. Die werwe werk baie lekker, want jy kan oor en oor terugkeer en elke keer iets nuuts opstel. Baie sterkte!
LikeLike
Mei 12, 2009 @ 13:50:37
Ek het jare gelede vir hoërskool leerders skool gehou en het verlede jaar `n grondslagfase sertifikaat by Unisa voltooi. Ek wil graag begin met onderrig van `n leesprogram vir grondslagfase kinders wat sukkel om te lees. Daar is so baie pakkette wat te koop aangebied word op die websites-hoe op aarde besluit ek watter een om te koop?Ken jy die “leer en doen program” om kinders te help leer lees?
LikeLike
Mei 12, 2009 @ 16:48:39
Hello A
Ek glo maar in die “boek in die hand” manier van lees. Hier in die Kaap is daar konsepte soos Wise Eye, Kip McGrath, Tina Cowley en Klanke Kalante. Die eerste drie is Franchise sentrums. As jy dalk vir my van die inligting kan aanstuur, kan ek daarna kyk vir ‘n opinietjie 😉 Ongelukkig is ek nie seker watter program dit spesifiek kan wees nie.
http://www.leerlees.net
http://klanklees.lampas.co.za/gpage1.html
LikeLike
Mei 12, 2009 @ 21:29:27
Baie dankie!Ek dink jy het `n puik website-doen so voort! Ek stuur meer inligting van die leesprogram sodra ek dit ontvang. Die lampas rekenaarprogram lyk oulik maar omdat ek minder bevoorregte leerders wil bereik sal dit moeilik wees omdat rekenaars nie by sekere skole beskikbaar is nie-tensy ek `n skootrekenaar aankoop.Is daar `n spesifieke leesprogram wat remediërende onderwysers gebruik of volg elkeen maar hul eie metode?
LikeLike
Mei 14, 2009 @ 16:05:04
Elkeen volg maar ‘n eie metode. Die beste is steeds vaslegging van klanke en sigwoorde, sinsbou, woordeskat uitbreiding, ontwikkeling van visuele en ouditiewe persepsies, ens.
Dis dalk ook goed om deeltyds by ‘n praktyk te werk waar jy saam met arbeidsterapeute, remediërende opvoeders en ander kundiges kan werk. Dis baie waardevol om met hierdie mense in aanraking te kom.
Nog taal en wiskunde boekies:
Die pryse lyk nie te sleg nie 😉
http://www.trumpeterpublishers.co.za/
LikeLike
Mei 18, 2009 @ 21:43:21
Hallo Juffer
Ek is ‘n tweedejaar student, besig met my B.Ed Grondslagfase. Ek het die artikel van Syfers (29 Maart ’09)deurgelees en gesien dat u die skrif van “Teachers Pet” aanbeveel.(Ek het nog nie self daarna gaan kyk nie). In my eerste jaar moes ek ‘n CD aanskaf met die korrekte skrif op: Eazywrite Complete. Dit is nogal duur, maar dit het alles op wat mens ooit vir skrif-werkkaarte nodig sal kry: Van drukskrif tot lopende skrif; met die drie lyntjies, letters en nommers net in kolletjies, patroontjies,ens. Baie handig om mee te speel, veral vir eie werkkaarte en plakkate.
PS. hoop dit kan van nut wees.
LikeLike
Mei 22, 2009 @ 17:40:05
Welkom, Studentejuffrou 😉
Gelukkig het ek my “fonts” gratis gekry. Ek ken nie die EAZYWRITE COMPLETE CD nie. Kan jy nog onthou waar jy dit gekoop het? Indien wel, kan ek dalk ‘n skakel op die blog voeg vir ander onnies.
😉
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 12:06:15
Juffer/Studentejuffrou,
Ek moes ook in my eerste jaar n skrig program koop sodat ek my hulpmiddels met die rege skrif kon doen – Prime Write is die CD se naam.
Ons koop dit direk by die Universiteit aan, maar ek sal uitvind oor n skakel vir dit.
🙂
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 17:13:53
Dankie…ja. As jy dalk ‘n kontak-telefoonnommer of e-pos adres het kan ek dit plaas.
LikeLike
Mei 09, 2012 @ 07:13:22
Ai wat ‘n wonderlike webwerf! Dankie! ek is ook op soek na die EazyWrite CD. Hul kontaknommer wat ek het bestaan nie. Sal bly wees as iemand kan help.
Susan Wessels
Laerskool Gerdau
LikeLike
Mei 09, 2012 @ 18:13:05
Dankie, Susan 😉 Ongelukkig het ek nie Eazywrite se besonderhede nie. Ek hoop iemand kan ons hier help 😉
LikeLike
Mei 19, 2009 @ 11:55:04
Welkom.
Ek wou altyd graag vir onderwys studeer, maar toe ek gematrikuleer het, was dit ‘n slegte tyd vir onderwys en het ek in ‘n sekretariele rigting gegaan.
Diep in my hart wou ek altyd graag klas gee vir Gr R tot Gr 3’s.
Ek het my opgesit om klassie te gee by die kerk. Nou gaan ek uithelp met die Graad R’s.
Op 35 jaar is dit te laat om rigting te verander en is sondag skool seker die naaste wat ek daaraan sal kan kom.
Ek sal gereeld kom lees vir “tips”.
LikeLike
Mei 22, 2009 @ 17:57:39
Hi Chantal
Dis nooit te laat vir leer nie! Daar het destyds ‘n 32-jarige vrou saam met met begin en in my Hons-jaar was daar selfs ouma’s! Graad R is egter ‘n oulike ouderdom – baie ontvanklik vir leer en gretig! 😉
As jy baie prente, kleur en visuele media gebruik om hul aandag te kry, is jou kop al 80% deur.
Voorspoed en vra gerus
LikeLike
Mei 27, 2009 @ 15:19:10
Baie dankie.
Blykbaar gee die jeugleier elke Sondag die volgende week se uitleg wat in die klas gedoen en bespreek moet word. So dit maak dit alreeds ‘n bietjie makliker. Ek begin volgende kwartaal.
LikeLike
Mei 27, 2009 @ 15:21:13
Ek het gewonder, moet ‘n mens voltyds vir onderwys (Gr 0)studeer of kan dit deeltyds gedoen word.
Indien wel, waar in die wes-kaap kan ek navraag doen.
LikeLike
Mei 27, 2009 @ 19:20:00
Hello Chantal
In die Wes-Kaap…Ek stel voor dat jy die Onderwyskollege op Wellington kontak. Ongelukkig weet ek net van voltydse kursusse. Die kollege staan nou bekend as die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en is deel van die Kaapse Technikon en Mowbray Kollege.
Bel gerus 😉
CPUT
Van Riebeek Street
Wellington 7655
South Africa
Phone : +27 21 864 5200
Fax : +27 21 864 5273
LikeLike
Mar 07, 2015 @ 12:10:24
Chantal, my passie was van ek kan onthou onderwys. Ouers albei onderwysers gewees en ek het skool-skool gespeel van ek kon onthou EN dit was ook nie ‘n goeie tyd vir my om onderwys te gaan studeer toe ek gematrikuleer het in 1995 nie. Het ook sekretarieel gaan doen en dit gehad. Ek het in 2012 ingeskryf en is hierdie jaar 4de jaar by UJ. Voltyds onderwys gaan swot. Mens kom net eventueel tot die besef dit waarvoor jy gebore is, gaan nie weg gaan nie. Ek’t ‘n job om te doen and come what may, I’ll do it.
Dit was ‘n rowwe 4 jr maar ek was nog nooit so vervuld in my lewe soos ek nou is nie. Ja, ek’t 3 kiddies ook en ‘n man, maar die sacrifice tot dusver was beslis die moeite werd.
Ek kan nie wag om my eie klas te he nie!
GO FOR IT, GIRL!!! Jy’s nooooit te oud nie. xxx
LikeLike
Mei 19, 2009 @ 23:35:34
Halo.
Dit is ‘n ongelooflike website ek geniet dit geweldig, ek is ‘n eerste jaar grondslagfase juf en doen tans my honeurs en ek het soveel ongeloofike inligting hier gekry, baie dankie.
groete
LikeLike
Mei 22, 2009 @ 17:54:50
Welkom, Nandi!
Vra gerus as jy hulp nodig het 😉
LikeLike
Mei 21, 2009 @ 16:19:52
Juffer, as jy enige oulike idee’s of raad het oor hoe om breuke vir ‘n kind aan te leer, sal dit wonderlik wees. (Op graad 3/4 vlak)
Dankie!
LikeLike
Mei 22, 2009 @ 16:17:24
Hi Janeen
Vir my studies moes ek ‘n wiskunde handboek genaamd EXCELL onderwysershandboek aanskaf. Tot dusver was dit baie handig. Dit bespreek verskeie aspekte van wiskunde en hoe jy dit aan die leerders leer. Dit bevat ook baie konkrete voorbeelde en aktiwiteite wat jy kan gebruik om die wiskunde aan te leer. (As jy dit in die hande kan kry, mag dit jou dalk net baie help).
Sterkte,
Studentejuffrou
LikeLike
Mei 22, 2009 @ 17:51:46
Ja! Pizza werk lekker 😉 Ook die ronde bakkies met die driehoek-kasies en Toblerone se stukke (sjokolade met gemerkte blokkies).
Kyk ook hier vir oulike taakkaarte en idees:
http://math.about.com/od/worksheets/a/fractions.htm
http://jamit.com.au/worksheets/
http://jamit.com.au/worksheets/fraction1.php
soek ook vir video’s en Power Point voorleggings soos:
http://math.pppst.com/fractions.html
Sterkte!
LikeLike
Mei 21, 2009 @ 18:06:41
hi Janeen…juffer sal ook seker vir jou goeie raad kan gee. Gebruik Pizza!(s) halveer/kwarte/hele ens. Bestel die heerlikste pizza wat daar is…en deel/besluit saam op die dele…enige ander vrug..appel ..kan ook gebruik word om te halveer. Dis maar net die begin van breuke. Doen alles prakties. Maar vat ook bv. 8 bakkies en besluit wat’s die helfte, kwart ens. Tafels link reguit aan breuke, maar eers vir gr4 en ouer.
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 12:13:44
Janeen,
As jy al die horlosie gemaak het as een van jou hulpmiddels kan jy dit ook gebruik om breuke voortestel. (veral as jy dit dalk in verskillende kleure geverf het.
LikeLike
Mei 26, 2009 @ 20:15:09
Hi Juffer!
EK het die fonts deur die kampus gekry. Ek het gelukkig ook hul kontakbesonderhede: Eazy Write, Posbus 716, Hartenbos, 6520. Ek het ook ‘n telefoon- en faksnommer hier, maar dis nou maar eenmaal die internet…
LikeLike
Mei 27, 2009 @ 14:22:32
Baie dankie! 😉
My e-pos is remediering@hotmail.com as jy die nommers wou stuur.
Ek sal die nommer vir so ‘n mensies by die werk gee. 😆
LikeLike
Jun 04, 2009 @ 17:15:48
Halou daar!
Op die oomblik is ek vasgevang in eksamens, maar het gou-gou hier kom inloer. Net ‘n opmerking oor voltydse of deeltydse onderwys… Ek weet nie van in die wes-kaap nie, maar ek studeer deur NWU, maar by ‘n tipe “satteliet kampus”. Ons draf net saterdae klas in Pretoria, en deur die week moet jy al jou opdragte voltooi en voorbereiding doen. Dit is presies dieselfde “kurrikulum” wat gevolg word as NWU, met die verskil dat daar baie meer selfstudie van jou verlang word. (m.a.w. kry jy ‘n week se NWU-kontaksessies in een dag!)Indien daar belanggstelling is, sal ek later kontakbesonderhede byvoeg. O, terloops, die eksamens vind 2 maal ‘n jaar plaas: Junie en November, en jy skryf dan reg deur die week eksamens (tot frustrasie van die skoolhowe waar die studente werk 😉
LikeLike
Jun 04, 2009 @ 20:45:28
😆 Die hoofde moet maar genadig wees as hulle oulike juffrouens wil hê! 😆
LikeLike
Jun 05, 2009 @ 08:17:30
Baie dankie
Ek sal hoor by die universiteite hier in die Kaap. Dit sal regtig wonderlik wees as ons hier ook so kan werk soos by julle.
Sterkte met die eksamens!
:0)
LikeLike
Jun 15, 2009 @ 17:31:19
Hi,
Ek het vanmiddag hulpmiddels gesoek vir ons NUWE “tuis klaskamer”. Ek het nou 2 maande terug ophou werk, en daarom genoodsaak om self my 5 jarige seuntjie te ontwikkel en voor te berei vir Gr0.
Ek het ‘n bietjie navorsing gedoen, en ek gaan veral konsentreer op groot en klein motoriese ontwikkeling en ander goedjies.
Het jy enige raad?
Hoe maak ek met die NUWE klas kamer? Op die oomblik is dit ‘n lee doek.
Moet ek fokus op;
Die alfabet
Syfers van 1 tot 20
Teenoorgestelde konsepte
Vorms
Dae
Maande
Ek wil baie graag plakate maak vir hierdie goed, maar weet nie WAAR om te begin nie, dis hoe hier by jou beland het.
Vriendelike Groete,
Natasha
LikeLike
Jun 15, 2009 @ 20:01:24
Hello Natasha en welkom 😉
Onthou dat jou kleinding nog jonk is en nie ryp gedruk moet word nie. Hou alle leerwerk spelerig en prettig. Moenie sommer vir hom die alfabet en dinge aanleer nie, maar as hy vra – kan jy maar antwoorde gee. Konsepte soos vorms en kleure is waardevol. Hou aanvanklik by die “golden oldies” soos reghoek, vierkant, sirkel en driehoek. Daarna kan jy uitbrei. Bespreek dinge soos teenoorgesteldes aan die hand van boeke en prente, bv. dag en nag, nat en droog, lig en donker en maak dan julle eie “woordeboek”. Praat ook gerus met ‘n kleuterskool juffrou. Moet egter nog nie aan leeswerk en somme raak nie. Dis op ‘n hoër orde denkvlak. Ons moet eers die spiere en dinge opwarm voordat Grootman die leer-wedloop aandurf.
Die Alles-In-Een reeks se Graad R opvoeders/onderwysersgids kan vir jou idees van oulike taalspeletjies en tema’s gee. Ek sal voorstel dat julle baie teken, uitgaan en dinge saam ervaar. Praat oor ‘n uitstappie en teken prente daaroor. Dan kan julle teen bedtyd vir Pagoed ‘n storie oor julle dag vertel.
Vir ‘n tuisklaskamer sal ek legkaarte, ‘n eenvoudige swartbord en blokke (enige bou-apparaat) voorstel. Moenie sommer enige duur speelgoed koop nie. Speletjies soos pick-up-sticks, dominoes en pennetjieborde word steeds hoog geag. Penneborde is die borde met gatjies waar jy verskillende prente op uitbou met gekleurde pennetjies. Jy kan ook spykerborde prakseer. Neem ‘n vierkantige plankie en kap rye en rye spykertjies in (in plaas van die pennebord se gatjies, het dié bord dus spykers). Nou kan julle prente maak deur gekleurde rekkies oor die spykers te hak. Julle kan ook prente op kaarte teken en Grootman moet dit nabou. ‘n Mens kry soms goedkoop penneborde by winkels soos die Crazy Store. Brainy Blocks is natuurlik die gekoopte en duurder weergawe. Tangramme is ‘n chinese legkaart – waarvan arbeidsterapeute baie hou. Koop ‘n gewone plastiekbal…mors lekker as julle verf, bak en brou…gaan speel baie in parkies vir die grootspier ontwikkeling…loop die gange van die plaaslike biblioteek plat en geniet dinge saam. Ek dink dis die belangrikste – dat ‘n mens dinge saam moet geniet en die band tussen ma en kind moet versterk – eerder as om te veel soos ‘n kwaai juffrou te wees.
Baie sterkte! 😉
LikeLike
Jun 16, 2009 @ 15:46:57
Ek is self ‘n assisstent by ‘n opvoedkundige speelgroepie (“educational playgroup”)vir 2-4 jariges. Ek wil net ‘n opmerking maak oor die leeswerk: Ons mag self nog nie die letters vir die kinders aanleer nie, maar wat wel belangrik is in hierdie stadium is om ‘n liefde vir lees by hulle te skep. Ons leer vir hulle rympies aan, maar lees ook envoudige kinderstories vir hulle voor, waarna die voorgeleesde boek en ander aan hulle gegee word om self prentjies te kyk. Een 3-jarige meisie hou nogal daarvan om dan op die juffrou se stoel te gaan sit en dit ‘voor te lees
‘ net soos wat die juffrou dit vir hulle gelees het (met die snaakste goed wat sy nadoen). Hoop dit help…
LikeLike
Jun 17, 2009 @ 15:41:43
Ja Juffrou…Jy’s reg. Die voorbeeld is belangrik. Dis bitter belangrik om rympies, liedjies en stories aan te bied – elke dag! 😉 Dit help die kleingoed om goeie taalstrukture te vestig en ontwikkel aspekte soos ouditiewe geheue. Broodnodig 😉
LikeLike
Jun 16, 2009 @ 22:02:14
Hallo!
Ek wil graag ietsie oulik doen vir vadersdag met my klas gr2’s. Enige idees?
leka dag
LikeLike
Jun 17, 2009 @ 15:45:38
gats….
Pa’s is mos nie altyd lief vir tierlantyntjies nie.
Wat van ‘n sleutelhouer? Jy kan die kleingoed help om growwe krale in leerriempies in te ryg en om dan ‘n sleutelring aan die punt te knoop. Dis iets wat hou en darem nie te “vroulik” is nie. Ook: “matjies” vir die wynglas. Laat hulle sirkels of vierkante uitknip, dit versier met ‘n prentjie en ‘n naam. Lamineer dit en siedaar. 😉 Ek sal nog moet dink…
LikeLike
Jun 23, 2009 @ 21:09:36
Baie dankie. Die matjie vir die wynglas het baie stunning uitgekom. Kinders het dit baie geniet.
baie dankie
Geniet die vakansie
LikeLike
Jun 23, 2009 @ 21:34:51
Fantasties! My kop is effens verroes so na die eksamens en verslag tikkery deur 😉 Ek hoop jy rus lekker gedurende die vakansietjie
LikeLike
Jun 17, 2009 @ 08:03:03
Ek het so bietjie van ‘n tammeletjie.
Ek ken ‘n graad 12 leerling wat swanger geraak het, en almal by haar skool het uitgevind, sy is tans in Graad 12 (onder die top 10 gewees in haar klas)
Sy wil glad nie terug gaan na haar skool toe nie, sy het gevra ek moet uitvind oor “homeschooling”
Haar vakke is:
Siviele tegnologie
Ingeneurs grafika
Fisiese Wetenskap
Wiskunde HG
Kan julle my enieg idees gee of net die regte rigting aanwys groot asseblief. Sy het geen van haar eksamens kon skryf sover die kwartaal nie.
Ek weet sy het die vermoë om alles in te haal, sy is regtig ’n slim meisiekind, en wil graag haar matriek hierdie jaar klaarmaak.
Baie blessings & dankie
LikeLike
Jun 17, 2009 @ 15:54:11
Ai, Omdat…dis nogal ‘n moeilike situasie. Probeer gerus “oor-die-pos-plekke” soos Intec. Ek sal voorstel dat sy ook kontak maak met die voorligtingsdepartement van haar naaste Universiteit om uit te vind of hulle die eksterne kollege’s se kwalifikasies erken. Vakke soos Ingenieursgrafika en siviele tegnologie is half vreemd vir my. Dis dalk nie so algemeen beskikbaar nie. Ek sal haar tog aanraai om ook kollege’s uit omliggende areas te kontak. Kontak ook die naaste OBOS (SKoolkliniek). Hulle behoort name van instansies te hê waar ‘n mens matriek kan klaarmaak. Daar is plekke waar jy slegs ‘n paar vakke per jaar hoef te kies – veral met die babatjie wat oppad is kan dit minder spanning veroorsaak. Dit hang natuurlik af van die area waarin sy woon. Daar ís plekke wat sal help. Sy moet net nie opgee en ophou leer nie. 😉 ‘n stywe druk vir haar…
LikeLike
Jun 26, 2009 @ 22:53:11
Hi, dames en mammas. Ek beplan om ‘n skool/sentrum vir kinders met leerprobleme/add/dislexia te begin of outjies wat net bietjie ekstra aandag verg. Klein klassie met maksimum 12 kinders en gaan fokus op gr4-7. Beplan die sentrum in Garsfontein omgewing in Pretoria. Ek is gekwalifiseerde onderwyseres met BA(Ed) graad in Opvoedkunde, 13 jaar ervaring waarvan 6 in buitengewone onderwys is. Het ‘n hart vir kiders wat nie inpas in die gewone “mold” nie want hulle is UITSONDERLIK! Kontak my gerus indien jul belangstel. ansubrink@yahoo.com
LikeLike
Jun 28, 2009 @ 13:40:26
Wat doen mens as jy ‘n onderwyseres (al 25 jaar plus in die bedryf) het wat glo jou kind se leerprobleme is die ouer se probleem en dat sy geen ekstra insette kan (of wil) lewer nie?? Ek dink sy het haar passie vir kinders en skoolgee verloor. Ek mag verkeerd wees, maar ek het haar gaan sien en sy het net haar skouers opgetrek en gese sy “weet nie meer wat om te doen nie.”
LikeLike
Jun 28, 2009 @ 17:52:18
Ai dis hartseer…
Skoolgee is immers ‘n proses waar die drie entiteite (skool, kind en ouers) saam werk om die kind op te voed en te onderrig. Kom ons hoop die juffrou was maar net ‘n bietjie pootuit na ‘n besige kwartaal 😉 ‘n Mens moet maar altyd versigtig wees vir hoe jy so ‘n kwessie aanraak. Die beste sal seker wees om weer te probeer praat en om daarna met die juffrou se direkte hoof (departementshoof) te gesels. Het julle ‘n diagnose vir die leerprobleem gekry? Het die skool julle al na kundiges verwys? Dalk kan ons hier ‘n paar idees vir julle gee om te help. Laat weet gerus waarmee jou kleinding sukkel
LikeLike
Jul 06, 2009 @ 10:23:20
Hi Juffer.
Ek is so dankbaar ek het by hierdie website uitgekom. Ek doen tans my RO Honeurs by die Universiteit van die Vrystaat. Ek sit met so klein probleem, ek het ‘n gidsleêr om te maak. Het jy nie miskien vir my ‘n paar webtuiste waar ek kan gaan kyk na oulike werksvelle ens nie? Ek het nou by ‘n paar uitgekom, maar meeste van die goedjies is in engels. As juffer miskien van iets weet, sal u dit miskien vir my stuur asb?
Baie dankie vir hierdie wonderlike webtuiste, dis fantasies!!!
Groete Willa
LikeLike
Jul 06, 2009 @ 23:59:00
Baie dankie, Willa! 😆
Tot my spyt is daar nie Afrikaanse webwerwe vir opvoeders nie (sover my kennis strek). Jy moet dalk vir EDULIS kontak of kyk by onnet. Kinderwerf kan ook idees gee. Ek maak maar gewoonlik my eie werkvelle of baseer taakkaarte op oulike Engelse idees. Indien jy op oulike werwe afkom, kan jy gerus laat weet 😉
LikeLike
Jul 06, 2009 @ 20:38:41
Hi daar,
Wil by jou uitvind of jy weet van `n website in SA wat oulike werkkaarte het in Afr. vir graad 3, bv oor al die aspekte bv. snw, werkwoorde ens. Daar is sulke oulike phonic werkkaarte op al die engelse sites.
Dankie
Minette
LikeLike
Jul 07, 2009 @ 00:00:27
Hello, Minette
Ek is jammer. Ek het nog nie sulke takies op die internet raak geloop nie. Miskien moet ons vra dat opvoeders oulike en oorspronklike werkvelle per e-pos aanstuur. Dan kan ek dit plaas vir almal se gebruik 😉
LikeLike
Jul 13, 2009 @ 22:15:57
Hallo Minette
Ek ken ‘n oulike webtuiste waarop hulle oulike kaarte en boeke adverteer. Miskien het hulle ook werkskaarte, of kan jy vanaf die muurkaarte idees kry vir jou werkkaart… dit is http://www.depicta.co.za ‘n Spesifieke “link waarna ek gaan kyk het vir die woordsoort-werkkaart is:http://www.depicta.co.za/store/1/32/47#467.
Ek hoop dit kan jou help, want dis al webtuiste waaraan ek kan dink wat jou dalk sal kan help.
Sterkte
Studentejuffrou
LikeLike
Jul 14, 2009 @ 21:28:36
Hallo daar,
Ek is tans besig met `n reeks waar ek werkkaarte saamstel (al 3 leerareas in Grondslagfase) wat direk gekoppel word aan die betrokke LU’s en AS’s. Dit word ook dan aangedui op die werkkaart – gereed vir gebruik. Hoop dit kan iemand help. Groete Minette
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 12:26:34
Minette,
Jy is n ster, ek dink nie iemand sal kla nie. As jy dit vir ons kan aan stuur sal dit een groot bonus wees.
Dankie
LikeLike
Jul 22, 2009 @ 12:10:15
ek is dringend opsoek na kuns aktiwiteite vir 3-4 jariges! ek is `n BeD kleinkindontwikkeling student by unisa en proef vir die volgende 15 dae. ek soek idees wat hulle aandag sal hou!
ek dink hierdie klaskamer is `n wonderlike plekkie vir my om te kom gesels oor my passie,kinders.
dankie daarvoor
groete
LikeLike
Jul 22, 2009 @ 18:24:38
Hello Anneke
Welkom! Wat is jou tema’s? Laat weet gerus en ek sal kyk wat ek vir jou kan uitdink 😉
LikeLike
Jul 25, 2009 @ 19:21:23
http://www.firstschoolyears.com/
Hi Juffer, ek dink jy sal ‘n “resources”/hulpmiddels-bladsy moet begin! 😆
Hierdie link is vreeslik oulik vir kinders tot en met so ouderdom 8, ek hou van die Wiskunde-link veral, daar’s allerlei PDF’s wat jy sal kan afprint en gebruik, die “number fans” werk ook lekker – as mens dit lamineer (of met dc-fix oortrek) dan hou dit nogal lank. Dit werk nogal lekker as jy tafels toets en baie ander hoofrekene-dinge. Ek hoop jy (of ander) vind dit bruiksaam. Ek onthou dat daar selfs skriflyne is om handskrif te oefen…ek dink nou aan ma’s wat tuisonderrig doen.
LikeLike
Jul 26, 2009 @ 13:53:52
Hi almal,
Ek het `n Afrikaanse Gr 3 klas en is op soek na `n boek wat ek kan aankoop of webwerf waar ek `n leerprogram vir Engels tweede taal kan kry. Ek wil weet wat die beste benadering is met tweede taal – klanke of letters van die alfabet? Ek soek veral na `n SA site wat volgens ons skoolstelsel saamgestel is.
Dankie!
Groete
Minette
LikeLike
Jul 26, 2009 @ 16:35:21
Click to access 9phonemes.pdf
Hi Minette

Ek het meer as 4 jaar hier in London in laerskole skool gehou, daar is geen verskil in die stelsel tussen hier in in SA, slegs die handskrif is anders hoe dit aangeleer word- op hierdie volgende link kan jy sien die lettertipe wat hulle die kinders leer..soort van ‘n los “aanmekaar”-letter en later word ..woeps, alles “bymekaar” gesit en siedaar..
Ek het ook vir 5 jaar in SA gr3’s gehad. Kyk na die heel eerste link. Dit is ‘n goeie hulpmiddel (alhoewel nie van ‘n SA site nie) en waarom kan jy dit nie gebruik nie? Gaan “explore” bietjie die site waar daardie link vandaan kom, gebruik wat jy kan, dit gaan jou ure spaar! Sterkte. Kinders word hier nou “phonices”/klanke gedril in die laerskool, iets wat hulle vroeër nie gedoen het nie en toe begin hulle agterkom dat kinders sukkel om te lees. Onderwysers is inderhaas op allerlei “phonics”-kursusse gestuur om te leer hoe om dit te doen en om dit reg te doen. Ek sou by klanke begin, soos jy met enige vreemde taal sou doen. Sterkte!
http://www.primaryresources.co.uk/
LikeLike
Jul 26, 2009 @ 23:45:19
Tel: 012 342-3263
Fax: 012 430-2376
Address: PO Box 13816, Hatfield, 0028
Minette, ek het nou vanaand weer byna 20 min gespandeer opsoek na websites oor waarna jy soek, sonder sukses, maar tog ‘n site gekry wat “Clever” se kontakbesonderhede gegee het en ek het baie van Clever se boeke gehou, nooit na hul Engels gekyk om te gebruik nie, slegs van die Wiskunde gebruik gemaak. As jy nie die sites wil gebruik wat ek gegee het nie -Juffer sal my nog gaan red in haar “spam”-filer 🙂 – kan jy bietjie na hul goed kyk, maar ek het geen idee hoe hul Engels is nie, ek het slegs nog net die Afrikaans/Wiskunde gesien, maar moet byvoeg dat dit nou ook al ‘n paar jaar terug was. In dieselfde asem wil ek noem dat – soos ek kan onthou – was hulle nogal oulik om gereeld by die kurrikulum aan te pas met hul boeke/werkskaarte. Ek het net gevind met die koop van ‘n “program” dat dit nie altyd voorsiening maak vir elke liewe kind in jou klas nie en dan moet jy ook maar self aanpas en veranderinge aanbring. Doen jouself tog ‘n guns en kyk na daardie “primary”-website. Daar is oulike goed wat mens vinnig kan aanpas vir die kinders voor jou en kurrikulum-gewys het ek geen verskil gevind tussen wat “hier” geleer word en in SA, dis net die metode wat in ‘n mate effe verskil, maar op die ou end op dieselfde neerkom. Jy sê dieselfde, maar trek net jou mond anders…as jy weet wat ek bedoel. 🙂
LikeLike
Jul 27, 2009 @ 19:34:51
Ek moet saam stem…’n Mens kry nie al die oulike idees in een boek nie. Dis soms wyd verspreid. Ek gaan dikwels na webwerwe, kry idees en pas dit dan aan vir eie gebruik. G’n wonder hulle noem ons die spoeg-en-plak onnies nie! 😆
LikeLike
Jul 27, 2009 @ 19:25:47
Hello Minette
Ek het nogal oulike idees by Carl’s Corner gekry. Dan is daar ook ‘n boekie-reeks vol stories, rympies en sinne wat met spesifieke “phonics” verband hou. Daar is ‘n hele paar boekies beskikbaar. Die skrywer is Miz Katz N. Ratz 😉 Kyk gerus by die webwerf vir oulike idees en aflaaibare boeke. Sterkte!
LikeLike
Jul 26, 2009 @ 18:38:48
http://www.schoolhousetech.com/
Juffer
Hierdie link het ‘n “download” vir wiskunde/wordsearch…ek het die Wordsearch lekker gebruik, selfs in SA vir Afrikaans/Engels..my kollega by my ex-skool in SA gebruik dit tans. Dis heerlik want jy sit jou eie woorde in en daar is die opsie om die “antwoorde” ook af te print. Ek kan dit regtig aanbeveel vir enige iemand wat werk met kinders in die laerskool. Selfs vir hoërskoolkinders (in die laer grade) as jy sekere vakterme wil inskerp so aan die begin/einde van jou les.
LikeLike
Jul 27, 2009 @ 19:26:36
Ah! Dankie 😉 Ek gaan so ‘n bietjie loer.
LikeLike
Jul 27, 2009 @ 23:21:36
hi Juffer, ek dink my boodskap was so effe verwarrend, die sagteware wat jy kan aflaai (gratis) is vir beide Wiskunde (om jou eie werkskaarte te genereer met jou eie getalle) en ook ‘n Wordsearch…met jou eie woorde..dus twee programmetjies wat goud werd is.
LikeLike
Jul 27, 2009 @ 08:13:36
Hey daar,
My meisiekind is 9 en in Graad 3. Haar laaste rapport verwys dat sy meer moet aandag gee aan Praktiese Wiskunde. Sy het 2 gekry en moet 3 of 4 kry.
Wat is praktiese wiskunde in Gr 3? en watter oefeninge kan ek haar gee om haar praktiese wiskunde te verbeter.
En haar kreatiewe skryfwerk is 3 en noem hul dat sy ook aandag aan haar kreatiewe skryfwerk moet gee.
Enige hulp hierin dalk?
Dankie
LikeLike
Jul 27, 2009 @ 19:42:43
hello Chantal
Praktiese wiskunde verwys na dinge soos om tyd te kan lees, mates te neem, items te weeg, grafiek te lees, ensovoorts. Ek stel voor dat jy vir die juffrou vra watter spesifieke aspekte aangespreek word. As jy weet dat tyd ‘n probleem is, kan julle byvoorbeeld by senteacher takies i.v.m. horlosies aflaai en aanpas. Ek het ook vroeër skakels na take oor horlosies op die blog geplaas. Tik “tyd” of “horlosie” by die search blokkie in. Laat weet gerus watter aspekte die juffrou in gedagte het en ek sal vir jou help soek na takies 😉
In verband met skryfwerk…’n 3 is goed. Dalk is die juffrou effens onrustig oor sinskonstruksies. Die kleingoed hou daarvan om stories te skryf, maar begin hul sinne dikwels op dieselfde wyse…”Ek het…en toe het ek…en toe het ek…” As jy dalk ‘n skandeerder het, kan jy van die stories vir my stuur (remediering@hotmail.com). Ek behoort dan meer spesifieke hulp te kan gee. Dit klink of jou meisiekind op haar kop is 😉
LikeLike
Jul 27, 2009 @ 23:23:15
Ek wonder of die term “prakties” reg is, is dit nie “toepgepaste” nie? of is ek al weer “uit die mode” met die nuwe “veranderinge” in SA? Hulle is mos so lief om te verander, ter wille van “verander”…(toemaar, hier ook nogal!)
LikeLike
Jul 28, 2009 @ 15:06:01
😆 Ja, die terme verander saam met die winde 😉
LikeLike
Jul 28, 2009 @ 19:30:12
http://www.storiewerf.co.za/jongklomp/vonkelfiksie.htm
Hi Chantal
Ek was so pas op hierdie link en daar is ‘n lysie van vorige jare se storie-wenners – jy moet net so bietjie afgaan ondertoe op die link.
Ek dink as jy haar baie laat lees, gaan haar verbeelding aangehelp word met die kreatiewe skryf. Jy kan ook speletjies speel in die kar soos julle ry, bv. jy kan ‘n “storie” begin en dan las sy ‘n gedeelte aan en so maak julle beurte – dit help om die tyd ook te laat verby gaan, veral as jy op die lang pad is. Kry boekies wat haar veral gaan prikkel en gaan maak dat sy die storie wil klaar lees, lees net die eerste 3-4 bladsye saam met haar – maar net so 2bl per aand – sy gaan dan self vinnig die boek wil klaar lees en dit gaan haar help in haar skryfwerk. As sy sinne-huiswerk doen, maar seker dat sy langerige sinne maak, maak seker dat sy byvoeglike naamwoorde gebruik, ten minste een per sin en miskien ‘n bywoord van plek. As jy die 5W’s kan ingedagte hou wanneer sy sinne maak en haar sover kan kry om dit self ook ingedagte te hou wanneer sy haar sinne “bou”. Sterkte!
LikeLike
Jul 29, 2009 @ 07:48:16
Baie dank. Ek het nou so bietjie begin lees by die werk sal die res vanaand lees. Ek het vir haar Saartjie boeke uitgeneem, maar die wat klomp reekse in een boek is. Sy het dit nie klaar gemaak nie. Ek sal dan laat sy een boek per slag uit die reeks lees. ‘n Dik boek kan dalk haar belangstelling laat verloor.
Dankie altyd vir jou oulike idees.
:0)
LikeLike
Jul 29, 2009 @ 12:29:25
hi Chantal, Ek dink op haar ouderdom moet jy dalk wegbly van die dik boeke, dit sit kinders geweldig af as hulle net kyk na daardie “dik” boek, die Saartjie Omnibus is nogal dik, as sy regtig van Saartjie hou, kry dan liewer een wat nie deel van die Omnibus is nie en lees jy dit saam met haar, die Saartjie-boeke is nogal fyn druk vir ‘n 9jarige en nie prentjies wat die teks bietjie meer verduidelik nie. Ek stel voor dat jy boeke kry wat bietjie groter teks het – as Saartjie – met so bietjie prentjies tussendeur (maak ook die storie meer interessant vir hulle en prikkel ook die kreatiwiteit as jy prentjies kan bespreek en vrae vra oor die prentjies, bv. kyk na die prentjie en voorspel wat jy dink gaan gebeur..ens. voordat hulle die bladsy lees). Ook as jy humoristiese boeke kan kry. Ek dink nou aan een,maar dink nie hy is meer beskikbaar nie, kyk of jy hom in’n bib kan kry…Anita du Plessis..titel is Koningskind..hierdie is ‘n puik boek vir ‘n 9jarige en jy lag dat die trane rol vir Keiser..die hond. ‘n Baie eenvoudige, maar puik storie is “Eendag die blou voël” deur Freda Linde..as jy die link volg wat ek hier vir juffer gegee het…”tinyurl…”…sal jy nog voorbeelde sien. As sy hou van die maklike, baie oulike boeke, sal sy makliker oorgaan na die moeiliker boeke sonder prente… prente is taamlik belangrik vir die jongerige kind, dit prikkel hulle en hulle kan afleidings maak, veral as hul lees nie goed is nie, maar jy weet op watter vlak haar lees is, kyk op daardie link is ‘n boek…”Miempie” deur Louise Prinsloo..Sterkte!
LikeLike
Jul 29, 2009 @ 19:39:18
Ek stem volkome saam. Bietjies-bietjies lyk vir die kleingoed makliker om te bemeester en is minder intimiderend. 😉 Sny ook strokiesprente (Liewe Heksie, Bollie) of stories uit ou tydskrifte (Baba en Kleuter het soms oulike stories). Dan kan julle die stories saam lees en weer lees. Jy kan dit in ‘n boek plak en prettake daarvan maak. Bv. as die storie oor ‘n ruimteman gaan, maak ‘n kreatiewe raam en gee instruksies sodat jou dogtertjie haar eie ruimteman moet teken…Die ruimteman het ‘n driehoekige kop met sirkels vir ore…Daar is geel kolle op sy lyf en drie pers tone aan elke voet…(Hoe interessanter die boek, hoe lekkerder word die gedagte aan lees…) 😆
LikeLike
Jul 29, 2009 @ 17:00:13
Chantal, Iets wat ek nou onthou het waarvan ek vanoggend vergeet het. Op ‘n stadium was daar sulke reekse beskikbaar…”kies-jou-eie-avontuur”. Die kind lees en onderaan die bladsy word ‘n keuse gegee van hoe die kind wil hê die storie moet verloop…dus ‘n hele paar stories in een boek, want elke keer kan jy teruggaan en weer ‘n ander bladsy kies en dan verloop die storie heel anders as die vorige. Kinders geniet dit ook op die ouderdom van 9-11. Vra die dames by die biblioteek om jou te help as jy nie self regkom nie. Ek het een van my eie gehad in my klas en die einde van die dag vir die kinders gelees en laat kies, hulle was nogal gek daaroor, veral die wat ook nie van lees gehou het nie was gaande daaroor.
LikeLike
Jul 29, 2009 @ 20:51:01
Ek het so pas die titel van die Afrikaanse boek gevind waarna ek verwys het…”Die geheim van Burgershof” (was my eie boek) en hy’s glo uit Engels vertaal…hier is die voorblad van die Engelse boek. Annatjie Louw is blykbaar die vertaalster van die storie.
LikeLike
Jul 28, 2009 @ 08:07:31
Dankie. Ek het ‘n afsprakie gemaak met die juffrou op 3 Aug die namiddag. Ek sal ‘n bietjie by haar hoor en dan terugvoering vir jou gee.
Lekker daggie.
LikeLike
Jul 28, 2009 @ 11:53:07
http://tinyurl.com/myspru
Juffer
Op hierdie link het ek vandag nog 12 PDF’s gaan oplaai met stories/gedigte. Van hulle het begripsvragies klaar by, maar ouens wat dit gebruik kan natuurlik hul eie ook uitwerk. Die vlak wissel van gr2 (baie sterk leser tot gr7 (swak leser). Ek het dit oorspronklik gebruik vir gr3 en gr4. Ek het ook die Font die SA gr1-font. (op my rekenaar is dit die HH-font – die “a” is die gr1-“a”). Ek weet nie of jy dit het nie, kan vir jou aanstuur as jy dit wil hê. Daar is omtrent 6-7 ander wat ek verlede jaar opgelaai het. Ek het tot gr6-Afrikaans op my ekstra harde skyf (van my skoolhou in SA- maar tyd is bietjie min om als op te laai, ons is in die proses van trek ook!). Ek sal soos ek tyd het, nog oplaai. Enige ou wat belangstel is welkom om af te laai en haarself (hom?) te help. Daar is ‘n San-storietjie ook o.a. en ‘n leeskaart oor Helen Keller. Ek hoop dit sal vir iemand van waarde wees.
LikeLike
Jul 28, 2009 @ 15:10:04
Dankie! Ek gaan vanaand so ‘n bietjie sit en lees. Lyk oulike 😉
LikeLike
Jul 30, 2009 @ 07:54:35
Nikita, sjoe baie dankie vir die oulike idees van boeke. Ek moet nogal sê dat ek ook maar verveeld geraak het met die omnibus dik boek.
Ek gaan vanmiddag sommer na werk ‘n draaitjie maak by ons biblioteek.
Ek dink hierdie site is so fantasties. Almal help mekaar en is uitstekend vir ons ouers wat maar sukkel met die verandering van skool kurrikulums vandat ek op skool was in 1990’s.
Baie dankie.
LikeLike
Jul 30, 2009 @ 11:27:08
Chantal, dis ‘n plesier…ek was 5 jaar voltyds ‘n bib-juffrou…en toe ‘n verdere 4 deeltyds (met Gr3)dit sê dalk als vir jou 😆 Ek help enige tyd enige iemand as dit kom by boeke/lees ens, ek wil nie Juffer se blog so spam met die idees nie, ek hoop nie sy gee om nie, maar voel welkom om op die link: http://tinyurl.com/myspru
vrae te vra, jy sal op die link ook ander links(skakels)kry van storieboeke en stories waaroor ek geblog het wat ek glo jy bruikbaar sal vind. Sterkte weereens. Ek sal nogal graag wil hoor as jy “Koningskind” en “Die geheim van Burgershof” kon kry. In daardie “Kies jou eie avontuur”-reeks was ook ‘n Maja-boek, ek kan nie die titel onthou nie.
LikeLike
Aug 02, 2009 @ 21:47:14
Hallo almal,
Kan iemand my dalk help: ek is op soek na `n 100 kaart tot ten minste 1000. Waar kan ek dit aflaai? Ek soek ook ook na die “font” vir lopende skrif – waar kan ek dit koop of aflaai?
Dankie!
LikeLike
Aug 02, 2009 @ 22:17:04
http://www.primaryresources.co.uk/maths/mathsB4.htm
Minette…hier is ‘n link met ‘n 100 square. Ek het so bietjie rondgesoek vir 1000, dalk het Juffer vir jou ‘n link. Die 100 kan ook uitgetipex word en gebruik word vir groter getalle. Wat jy ook kan doen, is om ‘n paar fotostate te maak van die een en dan die patroon vir die kind aan te leer..want als bly dieselfde na 100..die patroon word tog net weer herhaal – as jy verstaan wat ek bedoel, dis net die 1 van 100 wat bykom en die 1 wat na ‘n 2 verander by die 200-getalle en dan ‘n 3 word by die 300-getalle..ens ens. Ek hoop ek maak myself duidelik genoeg hier. Dis ‘n herhalende patroon, wiskunde is mos maar “patrone”..as hulle die klein getalle/patrone kan baasraak, is die groteres pret. Ek kyk intussen verder vir ‘n 1000-een, nie dat ek baie hoop het nie. 🙂
LikeLike
Aug 02, 2009 @ 22:23:55
http://www.apples4theteacher.com/math/games/1000-number-chart-10.html
Minette, hier is ‘n link met verskillendes wat jy apart kan afprint. Dis interaktief ook, gaan net bietjie af ondertoe, dan sal jy die links sien na die ander “charts” dis ongelukkig nie een met getalle 0-1000 nie, maar afsonderlikes – wat geprint kan word.
LikeLike
Aug 03, 2009 @ 19:33:54
‘naand, Minette
Kyk gerus hier ,strong>hier (onder Handwriting charts), hier (getalblok) of hier en hier. 😉
LikeLike
Aug 05, 2009 @ 16:15:52
Hi Juffer
Ek het ‘n 3jaar en 4maande oue dogtertjie. Sy is baie sku vir maatjies en dit neem haar maande om te ontdooi teenoor ander kinders. Sy het nie boeties of sussies nie en haar nefie (1jaar en 10 maande) het haar so week terug op die wang gebyt, sy het die volgende dag haar broek die heeldag nat gemaak (dit het daarna opgehou). My vrees is dat hierdie ervaring haar nog meer van maatjies af kan wegskram. Ons is ‘n baie hegte en liefdevolle familie en wil graag haar al die geleenthede vir groei bied. Hoe kan ek haar meer gemaklik oor maatjies maak? op watter wyse verduidelik ek vir haar dat haar nefie nie verstaan wat hy doen nie, en nie bedoel het om haar aspris seer te maak nie.
LikeLike
Aug 06, 2009 @ 20:16:29
Hello Mamsie en welkom! 😉
Ek gaan met jou eerlik wees en sê dat ek nie werklik ervaring het met outjies van daardie ouderdom nie. Wanneer kinders vreemde gedrag openbaar (soos om skielik die broekie nat te maak) moet ‘n mens bedag wees op die emosionele welstand. Praat met haar en bespreek die voorval op ‘n informele manier. Dit is dalk goed as sy verstaan dat haar nefie nie regtig lelik wou wees nie en dat hy nog moet leer hoe om maatjies te wees. Is sy in ‘n dagsorgklassie? ‘n Speelgroepie of ‘n aktiwiteitsklassie (kunslessies, ballet, Play Ball, ens) is dalk ‘n goeie plek om te begin ontdooi. Jou dogtertjie kan dan tussen ander kinders wees – terwyl elkeen sy eie ding doen. Sy kan dus daaraan gewoont raak om tussen ander te wees. Ek sal nie sommer na terapie toe gaan nie, aangesien sy nog klein is. Die dagsorgtannie behoort dalk net die regte “touch” te hê met ‘n gepaste storie of lessie. As dit nie werk nie, kan ‘n mens die kennis en leiding van ‘n spelterapeut raadpleeg. Baie sterkte!
LikeLike
Aug 13, 2009 @ 18:52:27
Hallo juf!
Ek is ‘n student wat BEd VKO studeer en is op die oomblik besig met ‘n groot opdrag oor storieboeke. ek is op soek na goeie Afrikaanse storieboeke (vir graad 1).
ek moet een boek vat en leerderaktiwiteite rondom die storieboek ontwerp. (Leeraktiwiteite vir elkeen die 6 LU van geletterdheid.)
Kan u dalk help deur vir my ‘n paar goeie Afrikaanse storieboeke se name te gee asb?
Baie dankie!
LikeLike
Aug 13, 2009 @ 20:27:00
Hello Studentejuffrou…
Is dit boeke wat die kind moet lees of jy vir hom gaan voorlees? Met ander woorde…is dit ‘n leesreeks boekie of ‘n lekkerlees boek? Die Ladybird-reeks se boeke is nogal oulik, maar dan kry jy regtige oulike boeke op ander plekke ook. Ek kan ongelukkig nie nou uit die vuis uit vir jou nuwe boeke opnoem nie. Dalk is daar mammas en juffrouens wat vir ons kan help 😉
Die rede hoekom ek na die Ladybird-boeke verwys, is omdat hulle boeke oulik is en dekades lank bestaan. Met REPELSTEELTJIE kan jy byvoorbeeld vir Graad 3’s werkvelle oor verkleinwoorde op stel (die boek bevat woorde soos mannetjie) of trappe van vergelyking. Fanie Viljoen het oulike boekies geskryf en ek sal voorstel dat jy op Graffiti-boeke sal lees oor die inhoud van verskeie boeke. Dit gee ‘n mens ‘n goeie indruk van die tipe boeke wat jy wil kies. Vra ook vir ‘n plaaslike bibliotekaris om vir jou die boeke te wys wat die meeste uit geneem word. Hulle sal vir jou kan wys of die kinders kleurvolle prente (ensovoorts) kies.
Sterkte!
LikeLike
Aug 13, 2009 @ 20:53:39
hallo juffer baie dankie dat jy so gou terug laat weet het! ek het gaan kyk na die ladybird boeke – dit lyk na oulike boeke! Ek gaan beslis kyk of ek daarvan in die hande kan kry! As u dalk later op enige nuwe boeke afkom sal u my asb laat weet? (of as daar enige iemand anders is wat weet van goeie gr 1 boeke)
Baie dankie!
LikeLike
Aug 14, 2009 @ 18:03:42
Ek het vandag ‘n boek genaamd Dr. Brom verstaan dit nie gesien. Dit lyk nogal oulik. Die storie is nie te lank nie, die prente is kleurvol baie goed sal verstaan dat ‘n man moeilik raak as hy nie sy rugby kan kyk nie 😆
LikeLike
Aug 16, 2009 @ 11:36:31
Hi juffer!
Sjoe ek het op die IBBY SA se web gaan kyk en ek het ure daarop spandeer! dis ‘n ongelooflike oulike website en dit het my BAIE gehelp (daar was so baie oulike boeke- my lysie is so lank ek gaan sukkel om net 1 boek te kies!)
Baie dankie vir jou hulp! ek gaan definitief weer hier kom inloer! ek het na die ander se vrae ook gekyk en selfs daar klomp “tips” gekry! Jy mag maar!!!!! *<]:o)
LikeLike
Aug 16, 2009 @ 15:24:10
Dis ‘n plesier :lol:. Laat weet jou “kollega’s” ook van IBBY SA. Sterkte met die taak 😉
LikeLike
Aug 25, 2009 @ 10:53:43
Juffer
Wat ‘n oulike en leersame blad! Ek het ‘n graad 1’tjie en het baie oulike idees gekry om hom te help met lees! Hou so aan! En dankie vir al die inligting
LikeLike
Aug 25, 2009 @ 17:37:59
Dis ‘n plesier, Lizelle! 😉 Vra gerus as daar iets is waarmee ons kan help. Sterkte 😉
LikeLike
Aug 26, 2009 @ 11:40:00
Juffrou
Ek is so bly ek het jou raakgeklik! My tweelingkleinseuns is 6 jaar oud en gaan volgende jaar skool toe. Hul kleuterskool juffrou glo nie dat dit nodig is om hul reeds voor skool te leer om hul name te skryf nie, maar kinders van hul ouderdom wat ander kleuterskole besoek kan dit reeds doen. Hoe leer ons hulle om hulle name te skryf en is dit gewens om hulle nou al te leer lees? Die een is verstrooid/aandagafleibaar en sukkel om te konsentreer en te luister. Hoe kan ons dit verbeter?
LikeLike
Aug 26, 2009 @ 17:33:36
Welkom, Marie! 😉
Ek het juis gister met ‘n ander mamma van tweelingseuns gesels…Wat gaan die outjies se ouers maak met die Graad 1-jaar. Gaan die seuns in een klas of in aparte klasse wees?
Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n tweeling-seuns gehad. Beide was so woelig dat die arme juffrou konstant hul name genoem het om hul aandag te bepaal. Hulle was Desemberbaba’s en het die jaar herhaal. In die tweede jaar het die skool besluit om hulle te skei en wonder bo wonder het dit baie beter gegaan met beide. Die enetjie gee steeds vir sy juffrou grys hare, maar die ander een is nou rustiger en presteer baie beter.
Vanjaar het ons ‘n identiese tweeling-dogtertjies – so identies dat ek dankbaar is dat hulle in aparte klasse is. (Ek voel skoon skaam as ek die verkeerde naam sê :wink:) Hulle was baie verknog aan mekaar en die enetjie het baie diep in sussa se skaduwee gestaan. Hulle is nou onafhanklik van mekaar. Alhoewel hulle in aparte klasse is, gebeur dit dat hulle gelyk die klas verlaat! Toeval? Ek dink dit het eerder te doen met die spesiale band tussen tweelinge.
Soos met enige ander kind, moet ‘n mens mooi na die individu kyk en nie die outjies vergelyk nie. Tweelinge is redelik uniek en ‘n ouer moet twee keer so hard werk om by te bly met die skoolwerk en skolastiese ontwikkeling. Dit is goed dat juffrou sê dat sy tevrede is.
Kyk gerus by die inskrywings oor skrif, die riglyne vir skrif, patrone, die aanvangs-vereistes vir Graad 1 en aspekte van skoolgereedheid.
Die skoolkurrikulum het al verskeie gedaanteverwisselings ondergaan en verwag dat die kleingoed verskeie dinge kan doen – wat ons eers veel later op skool geleer het. Dit sal wenslik wees om al die naam te skryf en om die naam met ‘n hoofletter te begin. Moet egter nooit die volle naam in hoofletters skryf nie. Kyk gerus ook by die bogenoemde skakels om te sien hoe die letters gevorm word. As julle dalk saam met die outjies stories lees kan julle soek vir lettertjies uit hul name. “Kyk die H vir Hasie is mos ook in Handré.” Speel ook ouditiewe speletjies soos om vir hulle te vra waarmee hasie begin. “Hasie…wat hoor jy eerste?”….h (noem die klankie en nie die alfabetletter nie). ‘n Mens kan “I spy with my little eye” in Afrikaans vertaal (Ek sien met my klein ogies…) en dit as ‘n lekker speletjie vir die langpad inspan. Hier is ‘n oulike vraelys om vir elke seun in te vul. (Dit is in Afrikaans beskikbaar – skakel gerus.)
Verstrooidheid / aandagafleibaarheid is ‘n perd van ‘n ander kleur. Kom ek stel dit so…as die outjie ‘n dromertjie is, is daar dinge waarna ‘n mens moet kyk:
Is sy dieet gebalanseerd? Indien nie, kort hy dalk Vitamine aanvullings?
Slaap hy genoeg en het hy ‘n goeie daaglikse roetine?
Maak hy oogkontak as julle praat? Vra hom om jou in die oë te kyk en raak liggies aan die ken om sy aandag te kry.
Vra hom om vir jou te kyk en dan te luister na wat jy vra. Oefen ‘n bietjie deur vir hom ‘n opdrag te gee soos: Maak die deur toe. Tel die boek op. Kielie vir Jannie. Brei dit dan uit na twee take: Skakel die lig aan en maak die deur toe. Tel die boek op en stoot jou stoel in. Brei dit stelselmatig uit na drie tot vier take deur die res van die jaar. Ek sal voorstel dat elke seun aparte tyd vir sulke oefeninge kry. Kleingoed kompeteer mos vir aandag as hulle saam is. As elkeen apart geneem word, kry hulle een-tot-een aandag en is daar nie ‘n spannings element betrokke nie. As die outjie sukkel met luistertake, sal ek voorstel dat ‘n mens ‘n spraakterapeut kontak. Voorskoolse kinders word gewoonlik gratis gehelp by staatshospitale, maar ‘n privaat persoon kan meer gereeld terapie gee (indien nodig). ‘n Konsultasie behoort waardevolle raad en hulp aan die ouers te bied. Baie outjies wat afleibaar is, sukkel met ‘n goeie postuur of met die fokus van hul ogies. Daarom sal ek die ogies laat toets en vir die Graad R-juffrou vra of hulle ‘n arbeidsterapeut kan voorstel. Sommige skooltjies reël arbeidsterapeute om vinnige siftings / toetsings te doen. Dan hoef die ouers nie die private kostes te betaal vir die groot toetsing nie. Optometriste (soos Spec savers) toets dikwels kinders onder die ouderdom van 12 jaar gratis. Soek gerus na sulke geleenthede. Moenie nou al aan formele lees werk nie. As die seuns vrae vra oor ‘n klankie kan jy die “kleinletter klankie” noem en dit vir hulle skryf / wys. Die juffrou sal in Graad 1 vir julle aan haar metodes bekend stel. “Lees” solank toevallig tekens soos Spur, Spar, Checkers, Edgars, Pick ‘n Pay, Smarties, Jelly Tots, Stop…Die kleingoed is baie trots daarop dat hulle hierdie tipe name al kan lees.
Hou al die oefeninge “lekker” en doen dit spelenderwys. Groot skool is darem eers oor ‘n paar maande 😉
Stywe drukkies vir die mannetjies 😆
http://multiples.about.com/cs/twinsinschool/a/twinsinschool.htm
http://parenting.ivillage.com/baby/bmultiples/0,,3wq1,00.html
http://parentingbytrialanderror.com/2009/08/12/back-to-school-with-twins/
LikeLike
Aug 27, 2009 @ 16:02:38
Dankie Juffrou!
Die tweetjies het definitief elk sy eie persoonlikheid en ons probeer hulle so individueel moontlik behandel. Ons wonder ook maar oor volgende jaar – die twee is omtrent by die heup aanmekaar en weier bv om in verskillende beddens te slaap. Hulle is identies en by geboorte was hulle mates en gewig presies dieselfde al is hulle op 34 weke gebore. Die besluit oor dieselfde/verskillende klasse is moeilik, maar die hoof van die skool waarheen hulle gaan is self een van ‘n identiese tweeling en hy glo nogal daaraan dat hulle saam moet wees. Kom tyd, kom raad. Baie dankie vir die inligting en al die skakels, ons sal dit definitief opvolg en jy het definitief nie die laaste van ons gehoor nie!
LikeLike
Aug 27, 2009 @ 18:34:34
Baie sterkte en stywe drukkies vir die mannetjies 😉
LikeLike
Aug 27, 2009 @ 14:10:09
Juffrou: Wat ‘n interesante kuierplek het ek nounet ontdek!!!! In my soektog na inligting oor taalonderrig ontmoet ek ‘n juffrou /en ‘n hele klomp ander omgeemense wat moontlik kan help met raad. Ons kleuterskool akkomodeer ‘n redelike aantal Setswana kleuters wat onderrig word in ‘n dubbelmedium (Afr / Eng) Situasie. Ek soek inligting wat my vermoede kan staaf dat dit beter sou wees om hierdie kleuters in net een van die “vreemde ” tale te onderrig, hetsy dan of Afr of Eng en nie altwee tegelyk nie.
LikeLike
Aug 27, 2009 @ 19:05:14
Hello Renske 😉
Ek kan vir jou ‘n paar skakels voor stel. PANSALB, PRAESA en ‘n paar ander webwerwe praat oor die taal van onderrig (ook bekend as LOLT). Daar is ook navorsing beskikbaar op die WKOD se werf.
Kyk ook na:
http://www.coursecrafters.com/ELL-Outlook/2004/jul_aug/ELLOutlookITIArticle1.htm
http://www.google.co.za/search?hl=en&source=hp&q=bilingual+classrooms&meta=&aq=0&oq=bilingual+class
Ek sou graag twee aparte klasse wou gehad het, maar ek besef ook dat julle moontlik nie die spasie en fondse het nie. Daarom sou ek aanbeveel dat julle dalk ‘n Engelse en ‘n Afrikaanse dag afwissel. Hang byvoorbeeld ‘n groot gekleurde a voor in die klas op as julle die dag net in Afrikaans kommunikeer en ‘n groot helder e as julle ‘n Engelse dag het. Gebruik dan daardie spesifieke kleure om die klas te verdeel. Maak met ander woorde ‘n uitstalling in Afrikaans teen (bv.) die geel muur en bring Afrikaanse byskrifte / opskrifte op geel aan en gebruik ‘n ander muur vir Engelse uitstallings (bv. oranje). Rooi en blou of pienk is dalk ‘n bietjie te alledaags. Hou die kleure relatief “neutraal” (dalk ‘n donker en ligte groen of blou). ‘n Ander idee is om ‘n neutrale besprekingsmuur / uitstalling te hê en om dit dan met die gekleurde flitskaarte toe te lig.
Sodra die een taal sterk en goed gevestig is, kan dit as ‘n verwysingsbron gebruik word om die ander tale te ontwikkel.
Kyk na hierdie oulike webwerf vir idees om woordeskat in die onderskeie tale uit te brei.
Kontak gerus die bogenoemde organisasies vir raad. Hulle is die manne met die kennis oor wetgewing. Sterkte 😆
LikeLike
Aug 29, 2009 @ 08:52:17
Dagse daar, My kind moet ‘n taak maak oor visvang. Ek kry nie die regte inligting nie. Kan u my help asb? Taak en mondeling.
Dankie vir ‘n interesante website.
LikeLike
Aug 29, 2009 @ 14:58:03
Hello, Martie 😉
Ek kan vir jou ‘n paar skakels voorstel:
ESA ANGLING bespreek aspekte soos jou vistas en wat jy daarin moet hê. Dan is daar ook inligting oor gesogte visvang plekke. Angling in South Africa vertel jou meer oor die vissoorte. Sealine is ‘n forum waar vrae oor visvang beantwoord en bespreek word. Die Gordonsbaai Visvangklub bespreek verskillende visspesies. SA everything vertel jou meer oor “flyfishing” en Fishingtackle gee vir jou prentjies van die visgerei. Hi Fly Kites bespreek ‘n hengelsoort waarby vlieërs betrokke is. Nog ‘n webwerf waar visspesies bespreek word is sccf. I&J het ‘n afdeling vir kinders met speletjies, ens. SASSI bespreek weer die bewaring van visspesies.
Ek sou voorstel dat julle kyk na wie almal visvang (bestaansvissers, maatskappye, vakansiegangers, sportmanne…), wat elkeen gebruik of benodig, die verskillende tipes visvang (kus, boot, “fly fishing”, vlieërs…), verantwoordelike hengel (bewaring)…
Stal ‘n vissak/-tas, visstok en hengelgerei uit vir die mondeling en maak ‘n “slide show”. Die tas kan dan uitgepak word soos die verskillende items aangespreek word en die foto’s kan gewys word. ‘n Ander gedagte is om elke hoofaspek bekend te stel deur ‘n prent (met magnete agterop) teen die bord aan te bring soos jy die aspek aanspreek…Dis nogal ‘n “wye” of “groot” tema. Afhangende van die ouderdomsgroep, sal ek die mondeling beperk tot ‘n spesifieke tipe hengel en sy onder afdelings bespreek.
Sterkte 😉
LikeLike
Sep 03, 2009 @ 12:15:45
Juffer, my 9 jarige dogter is beste maatjies met ‘n baie “competitive, bossy” dogter in haar klas. Ek moet sê haar punte het baie verbeter vandat sy vriende is met hierdie kind, maar sy is elke aand hartseer. Die kind stel nooit belang in wat belangrik is vir my kind nie en sy word afgekraak met alles wat sy sê. My kind het wel ‘n model kompetisie by die skool gewen waarin sy en die maatjie albei onder die 5 finaliste was, maar dis asof dinge nou nog erger is. Ek kannie vir my kind sê om nie met haar maatjies te wees nie, wat moet ek doen??
LikeLike
Sep 03, 2009 @ 18:31:50
Hello, Rene
Dit lyk vir my asof die kleingoed al vroeër begin moeilik raak. Ek beskou hierdie tipe gedrag as boelie-gedrag. Dit is ongehoord en behoort aangespreek te word.
Gesels met die klasjuffrou en deel jou kommer met haar. Dalk het sy ook voorstelle en idees.
Ek sou voorstel dat die juffrou daaroor sou praat in die klas. ‘n Fiktiewe karakter en fiktiewe situasies kan gebruik word om ‘n storie te vertel of om ‘n klasbespreking te hou.
‘n Mens moet hierdie situasie dop hou. Die maatjie dink moontlik dat sy niks verkeerd doen nie, maar jou dogtertjie vergewe haar ter wille van die vriendskap. So baie van ons doen dit. Dit is egter ‘n probleem, omdat jou dogtertjie seer gemaak word. Ek voeg vir jou ‘n paar skakels oor afknouery by. Daar is ook ‘n takie of twee vir die kleingoed by. Baie sterkte en pak die bul by die horings 😉
http://www.mieliestronk.com/boelie.html
http://www.docstoc.com/docs/2784494/Bullying-Worksheet
http://www.google.co.za/search?hl=en&q=bullying+worksheet&meta=
http://www.graphicinsight.co.za/schoolbullying.htm
http://www.elmer.ca/new/february-2009.php
http://www.elmer.ca/new/february-2009/colouring.php
http://www.elmer.ca/new/february-2009/parents-educators.php
LikeLike
Sep 07, 2009 @ 21:57:24
Hallo daar
Ek soek dringend hulp. My seun is in graad 5 en hul gaan toets skryf oor woordsoorte maar ek het net een voorbeeld om van te werk en dit is te min. Ek het al so baie Afrikaanse Taal boeke gekoop, maar dit help nie veel nie. Ek is opsoek na sommer baie voorbeelde.
Kan iemand my asb help!!!!
LikeLike
Sep 08, 2009 @ 17:57:48
Hello Retha
Dis nogal ‘n probleem op die internet: Afrikaans is skaars 😉 Daar is wel opvoeders wat op http://www.cnx.org werkvelle plaas vir almal se gebruik. Onnet het ook ‘n oulike werkvel of twee.
Die ATKV het ‘n oulike blaadjie.
http://www.onnet.up.ac.za/ugolesse.html#Taallesse
Click to access LC%20Grade%2011%20Afrikaans%20les%208.pdf
http://www.onnet.up.ac.za/laaste%20pruime.htm
http://cnx.org/content/search?words=naamwoord&allterms=weakAND
http://www.onnet.up.ac.za/woordsoorte.ppt#15
http://cnx.org/content/m26290/latest/
http://www.mieliestronk.com/antonieme.html
http://www.learn.co.za/LC/index.php?option=com_content&view=article&id=52&Itemid=58# Snuffel vir verklarings oor woordsoorte.
Snuffel gerus deur die skakels…ek dink daar is ‘n antwoord of twee op jou noodroep 😉
LikeLike
Sep 08, 2009 @ 16:30:43
Hello Juffer
Ek is ook nog hier..(Die BEd GSF-student..) Was net lanklaas op Internet.
Het juffer dalk ‘n oulike webtiuste vir my waar ek ‘n engelse storie kan kry, geskik vir English FAL graad 1 leerders “just starting to learn English”? EK moet ook ‘n sentrale tema daaruit haal, waar ek dan ‘n dialoog en speletjie (gebasseer op mondelinge instruksies) moet uitwerk, en ‘n gediggie en liedjie oor moet kry.
EK hoop regtig juffer kan my help, want ek het gister bietjie op internet gesoek, maar niks gekry nie…
Groete, Studentejuffrou (1)
LikeLike
Sep 08, 2009 @ 18:21:14
Hello Studentejuffrou
Die boek “The Mitten” van JAN BRETT maak ‘n oulike storie. Dit word ook op die internet bespreek. Daar is werkvelle, maskers en allerlei oulike idees oor die storie. Dit is ‘n ou verhaal en die boek is ook in Suid-Afrika beskikbaar (raadpleeg gerus jou naaste biblioteek).
Reading A-Z het ‘n kinder weergawe van The Mitten én werkvelle.
http://www.enchantedlearning.com/stories/folktale/mitten/
http://images.google.co.za/images?hl=en&um=1&q=the+mitten&sa=N&start=20&ndsp=20
http://images.google.co.za/images?hl=en&source=hp&q=the%20mitten&um=1&ie=UTF-8&sa=N&tab=wi
http://www.enchantedlearning.com/books/holiday/winter/mitten/
http://www.janbrett.com/mitten_masks_main.htm
Die boek is ook by Edulis beskikbaar. ‘n “BIBLIOTEEK” vir opvoeders. Hulle stuur die boeke vir jou…
abcteach het oulike leesstukkies. Sommige is lekker kort vir
http://www.rong-chang.com/qa2/
http://www.esl-storybooks.com/
http://www.readinga-z.com/samples/preview.html
http://www.starfall.com/n/n-info/level-1.htm?n=downloadcenter
LikeLike
Sep 08, 2009 @ 16:34:51
Hier is ek weer.
Net gewonder, is daar dalk ‘n manier waarop ons die inligting wat Juffer op die “Tuiste”-skakel plaas,kan kry vir persoonlike verwysings of klasgebruik?
Iets soos in cd vorm…..?
Laat weet maar…
LikeLike
Sep 08, 2009 @ 18:02:24
😉 Hello Studentejuffrou
As jy vir my kan sê watter artikels jy in gedagte het, kan ek vir jou probeer help met bronne. Stuur vir my ‘n e-possie na remediering@hotmail.com.
LikeLike
Sep 13, 2009 @ 22:09:29
Hello Juffrou
Ek is ‘n kleuter juffrou.
Ek begin more met ‘n graad 4 leerling wat in die middae na my toe kom. Sy het konsentrasie probleem wat veroorsaak word deur angs. Ek het biethie op die internet gaan kyk wat daar is wat ek als kan doen, ek sal dit waardeur as jy my kan help met bietjie ekstra riglyne wat ek kan volg om die bloeitjie te help.
Hoop om van jou te hoor, en om te sien wat jy voorstel.
Dankie
LikeLike
Sep 14, 2009 @ 18:59:12
Hello, Sonel
Ek sal voorstel dat julle begin deur te kyk na haar roetine. Kinders voel geborge in ‘n roetine en ‘n outjie wat sukkel met konsentrasie kan dalk met ‘n bietjie struktuur “doen”. Help haar om byvoorbeeld haar tas te beplan en om vir elke leerarea ‘n kleurkode toe te ken. Sy kan dan ‘n kolletjie op ‘n wit plakker maak en op die rûe van haar boeke plak (geel vir Huistaal, groen vir Tweede Taal, pienk vir Wiskunde, ens.). Hierdie kleure kan ook gebruik word om haar rooster in te kleur. Bespreek hoe sy haar kamer en lessenaar kan inrig om beter te studeer en hoe sy haar huiswerktyd kan inspan om aandag aan huiswerk te skenk. Plak ‘n kleurkode teen die muur op. Wanneer sy dus haar tas smiddae neer sit – kyk sy na die lys en haal sy haar boeke daar volgens uit. Dit behoort haar te help om goeie studie-gewoontes te kweek.
Begin vroegtydig hersien – spelwoorde, somme, leerareas, ens. Hou die hersieningsblaaie iewers op rekord – om later te gebruik as die toets of eksamens dit insluit. ‘n Roetine kan help om sekuriteit te skep en as julle vroegtydig begin hersien aan die leerwerk, kan dit haar meer gerus laat.
Kontak gerus ook Aandagafleibaarheids-ondersteuningsgroepe (sien die Verwysingsbladsy) – al is dit net om ‘n paar idees te kry.
Baie sterkte! 😉
LikeLike
Sep 14, 2009 @ 12:36:08
Beste Juffrou.
Dit is wonderlik om op so ‘n inligtingsblad af te kom ! Ek is self ‘n onderwyseres met ‘n passie vir leerders met leerprobleme. Het ‘n onderwysgraad en HOD, tesame met ‘n gevorderde diploma in leerders met hindernisse en ontwikkeling gedoen.
Voel egter ek kort nog meer inligting. Ek wil graag my eie remedieringsklassie in die middae begin, maar weet nie waar om te begin nie. Watter evalueringstoetse kan ‘n mens gebruik ? Ek voel dat daar in die kursusse nie genoegsame praktiese inligting gegee is nie. Is daar dalk erens ‘n univ of kollege waar ‘n mens nog RO-kursusse kan doen? Ek woon tans in die Suid Kaap.
Groete
LikeLike
Sep 14, 2009 @ 19:09:56
Hello, Rianie en welkom 😉
Die ou OKB / Onderwyskollege op Wellington bied Hons. grade aan, maar die beste ondervinding sal egter in die praktyk wees. Dit kan goed wees om met Leerondersteuningsopvoeders (ELSEN/ LSEN) kontak te maak – aangesien hulle dikwels voorbeelde van toetse het. Gewilde toetse is die IPV-speltoets, UK-speltoets (“UCT”) en ESSI-Speltoetse. Die ESSI-toetse is deur die Universiteit van Bloemfontein ontwikkel en kan by hulle bestel word. Dan is daar ook die wiskunde toetsings van Dr Vassilou.
Kyk gerus onder my Verwysingsbladsy vir nommers van praktyke. Hulle behoort vir jou fooie van die onderskeie RO’s te kan gee – sodat jy jou eie fooie kan peil.
Sterkte 😉
LikeLike
Sep 17, 2009 @ 13:42:56
Hallo Juffer
Baie dankie vir ‘n oulike webblad. Ek het nou baie lekker gelees!
Dit lyk asof dit hoofsaaklik jonger leerders se ouers is wat by jou inligting soek, maar die volgende splinternuwe webblad het pragtige werkvelle in Afrikaans beskikbaar vanaf 1 Oktober 2009 op ongeveer Graad 5-vlak. Daar is ‘n paar wat nou al reeds gratis afgelaai kan word. Selfs my hoërskoolseun het gisteraand lekker ge-woordsoek – hy het die A1-taak sommer op die skerm gedoen en dit was nie eens nodig om dit uit te druk nie!
http://www.thinkonline.co.za/afrikaans.htm
Groete en sterkte met jou liefdestaak – jy is ‘n inpirasie!
LikeLike
Sep 17, 2009 @ 18:22:03
Baie dankie en welkom Lizzie!
Ek plaas onmiddelik daardie oulik skakel op my blogroll :wink
LikeLike
Sep 18, 2009 @ 18:20:56
Wat ‘n fantastiese webblad!!! Ek het nie besef ons het sulke oulike hulpmiddels in Afrikaans nie!Knapgedaan – ek gaan beslis vir my kolegas van jou vertel:)
LikeLike
Sep 19, 2009 @ 07:14:29
Welkom, Marisca! 😆 en dankie 😉
LikeLike
Okt 03, 2009 @ 17:36:58
Halo juffer,
ek moet bietie meer uitvind oor graad R werkvelle en hoe dit die kind beinvloed, kan juf asb help.
LikeLike
Okt 03, 2009 @ 18:03:33
Hello, Nandi
Die academici glo nie in werkvelle vir Graad R-leerders nie. Ek het dit egter wel gebruik as ‘n aanvulling. ‘n Mens behoort jou skeppende werk en kreatiewe tafels só te beplan dat die kleingoed hul perseptuele vaardighede optimaal sal ontwikkel. (Baie vinger / hand / fynspier / oog-hand koördinasie / beplanningsvaardighede en -aktiwiteite.) Ek glo daarin dat die kleingoed nie te vinnig aan skriftelike werk blootgestel moet word nie – aangesien hulle eers die vaardighede konkreet moet aanleer en dan na papier kan oorslaan. Dit is soos om in 4de rat te wil wegtrek teen ‘n bult! 😉
Ek sou voorstel dat jy met ‘n paar gesoute Graad R-juffrouens kontak maak in jou omgewing. Ek vermoed hulle sal ook noem dat ‘n mens altyd eers ‘n fisieke aktiwiteit moet probeer voordat jy oorslaan na papier. Die nuutste SAT gidse en mylpale verwag al meer en meer van die kleingoed en daarom sal ‘n mens seker papierwerk moet benut. Ek het gevind dat dit ‘n goeie 4de of 5de tafel aktiwiteit was en het dit met opvoedkundige speletjies (legkaarte, Brainy Blocks, penborde, ens) afgewissel. Kyk ook hierna:
http://scholar.google.co.za/scholar?hl=en&q=worksheets+and+kindergarten
LikeLike
Okt 09, 2009 @ 10:04:29
Juffer kan jy raadgee met die volgende: Hoe gee ‘n juffrou aan ouers leiding wat hul kleuter te vroeg na GrR wil stuur, of te lank wil laat bly by die kleuterskool. In albei gevalle sou dit die “verkeerde” ding wees, volgens die juffrou. Het iemand dalk ‘n beleidstuk hierrondom?
LikeLike
Okt 10, 2009 @ 15:00:11
Hello Ronell
Ek het ‘n Departementele omsendbrief raak geloop.
As ‘n kind te oud raak vir Graad R (m.a.w die kind gaan 7 word in Graad R), moet die ouers kwytskelding om skoolpligtigheid of skoolbywoning kry. Dit word by die plaaslike skoolkliniek (MEED / EMDC / OBOS) gedoen. As ‘n kind te vroeg Graad R te gaan, is dit seker nie ‘n katastrofe nie. Indien die Graad R-juffrou agterkom dat die kleinding emosioneel nie “ryp” is vir die Groot Skool nie, kan sy die ouers na ‘n opvoedkundige sielkundige verwys.
Uit ondervinding weet ek dat kleingoed regtig swaar kry as hulle te vroeg skool toe gaan. Die outjies besef gou as die pas te vinnig versnel en kry dan groot emosionele probleme. Skool raak vir hulle ‘n nagmerrie en hulle ervaar dit ook as sulks. Indien die outjie vroeg Graad R toe gaan en nie gereed is vir Graad 1 aan die einde van die jaar nie, sou ek ‘n 2de jaar in Graad R voorstel – MAAR in ‘n ander klas en by ‘n ander juffrou. Sodoende ervaar hy nie die herhaling van Graad R as ‘n mislukking nie. Noem dit alles vir die ouers en noem aan hulle dat ‘n mens oop kaarte moet speel ter wille van die kind se welstand. Hulle kan dan ook natuurlik met die omliggende Graad R-skole gaan gesels en moet beslis meer inligting inwin voordat ‘n besluit geneem word. Graad R is nie net ‘n sommer-so jaar nie en moet beslis nie ligtelike opgeneem word nie. Dit is nie ‘n speelskool nie.
Baie sterkte met die gesprekke 😉
LikeLike
Okt 13, 2009 @ 15:01:12
Ons gaan Stellenbosch toe verhuis volgende jaar , my seun en dogter gaan dan Gr2 toe. Ek sal graag wil weet hoe vergelyk die Kaapse laerskole met die van Gauteng (Hennopspark)? En is daar enige voorstelle vir laerskole in Stellenbosch?
LikeLike
Okt 13, 2009 @ 21:41:30
Beste Santie
Afhangende van julle taalvoorkeur, is daar drie gewilde skole: Laerskool Stellenbosch, Laerskool Eikestad en Rhenish Primary.
Volgens kennisse is elkeen van hierdie skole se standaarde van ‘n goeie gehalte. Welkom in die Kaap! 😉
LikeLike
Okt 14, 2009 @ 06:32:24
Goeiedag Juffer
Baie dankie vir die verkeer wat ons blad ontvang danksy u blog!
Ek wil net noem dat ons ‘n gratis inligtingstuk (met blokkiesraaisel) bygevoeg het oor Vuurwerke en die gevare daarvan. Dis bedoel vir graad 5 en hoër, maar inligting kan steeds met kleiner kinders behandel word – baie relevant vir hierdie tyd van die jaar!
Groete
Lizzie
LikeLike
Okt 14, 2009 @ 17:52:15
Ek is baie bly, Lizzie. Hoe meer oë dit sien, hoe meer kinders kry hulp 😉
LikeLike
Okt 14, 2009 @ 20:46:20
Dankie, dankie, dankie!!
Wat ‘n heerlike webblad. Ek is ‘n graad 0 juffrou en is al jare lank opsoek na ‘n afrikaanse webtuiste soos die. Ek maak redelike gereeld gebruik van soort gelyke nederlandse webblaaie. Kan ek van die Nederlandse “link” plaas? Wat stel jy voor?
Dit is ‘n wondelike inisiatief, baie waardevol en baie leersaam. Ek sal beslis gereeld hier kom loer ens.
So baie vrae in een klap beantwoord! 😀
weereens baie dankie!
vriendelike groete
Anita
LikeLike
Okt 14, 2009 @ 21:38:47
Welkom, Anita 😆
Jy mag maar gee en vra 😉 en vir ander nooi om dieselfde te kom doen.
LikeLike
Okt 23, 2009 @ 12:54:04
hallou!
ek is besig met ‘n notaboekie – Vrolike Vroulike Fieterjasies – kan nie anders as om jou website daarin te sit nie! So wonderlik wat jy hier mee besig is!
would like to share it
groete
yolande
LikeLike
Okt 23, 2009 @ 17:40:07
Middag, Yolande en Welkom 😉
Baie dankie! Ek voel regtig geëerd 😆
LikeLike
Okt 26, 2009 @ 14:12:36
Hi Juffrou
Ek wonder of u my kan help , my dogter is in graad 3 die jaar en sukkel met breuke kan n my asb help sodat ek haar kan help , ek was baie jare laas in die skool , en die brein wil nie lekker werk nie
LikeLike
Okt 26, 2009 @ 18:33:53
Hello, Lizell 😉
Gats, ek is nie seker waarmee jou dogter worstel nie. Wat belangrik is om te onthou, is om vir haar te wys dat breuke oor die “opbreek” van ‘n “hele item / getal” gaan. Die onderste getal in ‘n breuk wys vir ons in hoeveel stukkies die hele ding / getal op gebreek het. Die boonste getal sê vir ons hoeveel van die stukke ons mag inkleur of kry. 3/4 beteken dat die koek in 4 gesny is. Al die stukke is ewe groot. Ek mag 3 stukke uitskep. Ek het dus 3 van die 4 stukke geneem.
As ek ‘n koek in 8 stukke sny en 6 stukke mag skep, het ek net soveel geskep. Teken vir haar die prentjies van die koeke om die vergelykings te wys. Ek is nie seker wat sy nou in die klas doen nie. Laat weet gerus – dan verduidelik ek verder 😉
LikeLike
Okt 29, 2009 @ 11:30:42
Help asseblief. My gr. 3 dogtertjie moet ‘n ruimtetuig / vuurpyl / ruimteman uit afval materiaal bou. Ek is nie ‘n baie kreatiewe mamma nie. Het jy enige foto’s/ prente/ idees?
Groete en dankie
Laetitia
PS. By die e.mail adres moet die L ‘n hoofletter wees.
LikeLike
Okt 29, 2009 @ 18:33:44
Hello Laetitia 😉
Wat van hierdie outjies?
http://www.entropy.com.au/manufacturers/Crafty-Kids/crafty-kids-puppet-kit-spaceman-2663.php
http://www.dltk-kids.com/crafts/space/mastronaut.htm
http://www.4kraftykidz.com/OuterSpaceCrafts.html
http://www.makingfriends.com/space_crafts.htm
Ons het destyds die volgende gedoen:
Roer muurpapiergom in water totdat dit lekker slymerig en dik is. Skeur koerantpapier in repe en trek so 2 derdes oor ‘n plastiek bal – in die vorm van ‘n helmet. Plak verskeie lae oor mekaar – sodat die katoetie lekker dik en stewig sal wees. Wanneer die plaksel so 80% droog is, kan jy die versigtig van die bal af trek en dan verder laat droog word. Sny dit in die regte vorm, verf en vernis – as jy lus het vir ‘n bietjie glans. Neem ‘n ou doos – sny gate vir die kop en arms – en verf dit vir die lyfie. Soek ‘n ou swembadpyp (Creepy Crawly s’n) of enige ander pyp om tussen die doos en helmet te verbind – vir suurstof. As julle die sponserige gedeeltes van ‘n appeldosie (dié met die bakkies vir die onderskeie appels) of selfs baie eierdosies het, kan julle dit buite-om die doos plak en ‘n interessante kleur verf.
Wat daarvan as julle groot sterre op x-strale teken, uitknip en as stensil gebruik…natuurlik moet daar baie blink goed wees – tinfoelie, glitter, silwer goetertjies…:wink:
Laat weet gerus hoe die ruimtereisiger se finale produk gelyk het. Ek stuur die inligting sommer na jou e-pos toe ook…:lol:
LikeLike
Sep 10, 2011 @ 12:55:58
helo juf
Dankie vir al die wonderlike hulp en webtuistes. Ek waardeer dit so baie. Ek is op soek na n webtuiste wat n les aanbied oor boeke aan graad r leerders. Ek het dit ongelukkig nie op my komper gelaai nie. Help asb. Baie dringend.
weereens n duisend dankies
LikeLike
Okt 29, 2009 @ 20:15:08
Hallo almal,
Kan julle my asb. raad gee – ons skool se meriete aand se tema is maskers. Ek moet die eregaste se sitplek aanwysings kaartjies maak, dit moet in die vorm van `n masker wees met persoon se naam op. Die voorbeeld wat hulle aan my gegee het is, ongeveer `n A4, in die helfte gevou met `n gedeelte wat oplig wat dan die masker is. Enige voorstelle en idees sal baie waardeer word!
LikeLike
Okt 29, 2009 @ 20:27:22
Hello Minette
Wat van die volgende?
http://images.google.co.za/images?hl=en&source=hp&q=mask%20%2B%20invitation&um=1&ie=UTF-8&sa=N&tab=wi
Ek hou van hierdie een:
http://www.impressinprint.com/FILE-itemdetails_PID-15622.aspx
Jy kan die maskertjie los op die kaartjie plak en lig met “double sided tape” – vir diepte.
Sterkte!
LikeLike
Nov 03, 2009 @ 14:17:03
Hi, eks regtig baie opgewonde oor jou vandag. Ek wil weet of dit in enige gewone juffrou se broek sit om vir ‘n “mild” Autistiese kind van 3jaar oud te stimuleer?
Ek dink ek gaan jou nog gereeld besoek en vrae kom vra.
Baie dankie
LikeLike
Nov 03, 2009 @ 16:41:54
Hello, Celeste 😉
Dit is vermoedelik moontlik. Praat jy dalk van Asperger sindroom? Ek sou aanraai dan jy dieselfde roetes as gewone hulp volg. Die belangrike ding om te onthou as dat kinders met ‘n mate van outisme nie graag oogkontak maak nie. Dit kan nogal ‘n frustrasie wees, maar met die nodige geduld behoort jy die kleinding te kan help. Kyk gerus na my blogroll en ook die verwysingsbladsy vir verdere leiding. Moenie moed opgee nie en geniet die kleinding 😉
LikeLike
Nov 09, 2009 @ 12:39:14
Hallo Juf
Ek is besig met my honneurs in vroeekindontwikkeling en my onderwerp is breinkos ek het baie navorsing ens maar is opsoek na prente wat gesonde kos in ‘n klas uitwys bv hoe dit in die klas gedoen word ens. As juf dalk kan help, groot asb.
leka dag
groete
LikeLike
Nov 09, 2009 @ 17:54:13
Nee, gats
Nandi, jy sal maar spesifieke kosse moet opsoek op die internet. Ek weet dat as jy die spesifieke kossoort “GOOGLE” en bo aan die bladsy om “Image” druk, spoed dit vir jou al die prente uit waarna jy moontlik mag soek. Juffrouens soek gewoonlik maar self na spesifieke kosse en maak hulle eie plakkate. Jy kan dalk met ‘n dieetkundige, ‘n neuroloog en ‘n pediater onderhoude voer as jy spesifieke bronne wil aanhaal. Hulle is net die regte mense vir hierdie taak. Sterkte 😉
LikeLike
Nov 11, 2009 @ 11:25:32
Beste Juffer
Baie dankie vir hierdie wonderlike webblad. Ek soek inligting oor ruimtelike oriëntasie, presies wat dit beteken. My ma het vir my ‘n artikel gegee om te lees wat sy uit ‘n ou Leef tydskrif van 2007 gekry het en wil ek graag meer inligting hê, ek het oral op die web gesoek, maar kry geen inligting wat sê presies wat dit is nie. My dogter, Nina, is 6 en moet volgende jaar GR1 toe gaan, maar weens oogprobleme van baba af en ‘n mislukte oog operasie op 11 maande (wat ons eers Junie hierdie jaar uitgevind het) sal sy nie na ‘n gewone skool toe kan gaan nie. Ek het aansoek gedoen om haar in Wesrand Skool te sit volgende jaar, maar sy kwalifiseer nie om te gaan nie. Vir die 3 jaar wat sy in die Kleuterskool was en hulle bewus was van haar oogprobleem, het hulle ook nie enige aanbevelings gemaak nie en het my verseker as ek haar vir GR R in die Kleuterskool hou plaas van in ‘n GR R klas by ‘n Laerskool, sy definitief reg sal wees vir GR1 in 2010. Haar Juffrou by die kleuterskool het in die tweede kwartaal net vir my gesê haar verslag dui net probleme aan, weereens is daar nie gesê hoe die probleme opgelos kan word nie. Ek het haar na ‘n ander oogspesialis toe gevat en daar is gevind dat my dogter nog al die jare skeel kyk. Die vorige oogspesialis het dus nie die oogtoetse na die oogoperasie in 2004 deeglik gedoen nie en dit nooit opgetel nie. Dit het haar ontwikkeling gestrem en gemaak dat sy ver agter haar ouderdomsgroep is met alles. Na haar oogoperasie in Junie hierdie jaar, kyk sy nou vir die eerste keer vandat sy 5 maande oud is, reguit en gaan sy vir Arbeidsterapie 1 keer ‘n week vir ‘n halfuur. Die Arbeidsterapeut sê egter dat Nina veronderstel is om elke dag vir Arbeidsterapie te gaan. My medies is alreeds uitgeput en kan ek nie langer die halfuur sessie 1 keer ‘n week bekostig nie, wat nog te sê elke dag. Sy het intensiewe arbeidsterapie nodig. My kind wil so graag GR1 toe gaan volgende jaar, maar sal nie in ‘n gewonde skool kan funksioneer nie. In Krugersdorp is daar glad nie meer skole met remidiërende klasse nie en my enigste hoop was Wesrand skool en volgens hulle kwalifiseer sy nie. Hulle het haar nie eers getoets nie. Selfs die skoolgereedheidstoets dui dat sy moontlik kan skool toe gaan, maar met hulp, wat sy nie in ‘n gewone skool kan kry nie. Ek voel dat deure in my gesig toegeklap word en dat niemand bereid is om my kind te help nie en voel ek magteloos want ek wil alles in my vermoë doen om my kind te help. Toe my ma die artikel oor ruimtelike oriëntasie lees, toe sê sy, sy sien vir Nina, daarom sal ek dit waardeer indien u vir my meer inligting kan bekom en kan deurstuur sodat ek haar kan laat toets en sodoende hulp te kry vir my kind.
Groete
Elize Potgieter
LikeLike
Nov 11, 2009 @ 19:35:21
Elize, ek stuur vir jou ‘n e-pos…:wink:
LikeLike
Jan 08, 2010 @ 12:56:52
Elize,
Jou arbeidsterapeut moes al vir jou al die inligting gegee het – insluitende inliging oor ruimtelike oorsig.
Vra vir jou arbeidsterapeut om vir jou genoeg oefeninge/tuiswerk te gee wat jy elke dag met jou kind kan doen, dan hoef sy nie noodwendig in te gaan nie. Daar is so baie wat jy as mamma kan doen.
LikeLike
Nov 18, 2009 @ 09:40:46
Wat ‘n amazing website. Ek weet nie wanneer gan ek tyd kry om deur alles te lees nie. My oog vang so baie dinge wat ek meer in detail wil lees. My seuntjie is in graad 4 en gaan volgende jaar na graad 5. Ons bly in Pretoria. Sy juffrou het ‘n sterk aanbeveling (eintlik ‘n vaste versoek) gemaak dat ons hom in Prospectus Novus moet sit aangesien hy ADD, discalculia het met ‘n onder tot gemiddelde IK. Ons het hom ingeskryf en is hy aanvaar aangesien hy kwalifiseer om daar skool te gaan. Ek is geweldig op my senuwees omdat ek nie die skool ken nie en ken ook niemand wat se kind daar was of wat ondervinding het van die skool nie. Kan iemand my asseblief meer inligting gee oor die skool of wat ervaring / kennis het van hulle.
LikeLike
Nov 18, 2009 @ 18:16:59
Hello Laura en welkom 😆
Ek kry nogal gereeld soeke vir dié skool – dus moet dit ‘n gewilde skool wees. Ek ken nie die skool nie, maar is bitter bly dat julle ‘n kleiner-klas opset kon kry. Dit klink asof Boetman sal floreer in so ‘n plek! Ons hou al ons duime vas :wink:….lees en gevra gerus
LikeLike
Des 01, 2009 @ 16:28:44
Hallo juf!
Het juf nie dalk oulike idees vir bak en brou in graad R nie. nie die gewone marie beskuitjie vir alles nie iets interssant en genotvol vir die kinders.
baie dankie vir die ongelooflike website.
dit help ongelooflik baie
LikeLike
Des 01, 2009 @ 19:45:08
Hello, Nandi
Baie dankie vir die inloer…Ek moet erken dat ek ‘n vrot kok is. Kyk gerus by vlooi se blog en hier. Ek sal vir ‘n kleuterskooljuffrouvriendin vra vir so ‘n paar ander idees 😉
LikeLike
Jan 07, 2010 @ 15:17:01
Hi Juffer
Wat n wonderlike webtuiste! Jy verdien n medalje daarvoor. Dit was vir my n fantastiese ondekking. My dogtertjie begin oor n week met Graad 1, op dieselfde dag as haar sewende verjaardag. n Baie dom vraag. Daar is sekere berigte wat net gelees kan word as jy n wagwoord het. Hoe en waar kry ek n wagwoord? Laat weet my asb.
LikeLike
Jan 07, 2010 @ 15:51:59
Hello, Anna
Baie welkom. Ek sal vir jou die artikel per e-pos stuur. 😉
LikeLike
Jan 12, 2010 @ 21:03:06
Hey juffer
Sjoe wat ‘n fantastiese webtuiste!!! Ek is so bly ekt op die webtuiste uitgekom.
Ekt juffer (en dalk ander?) se raad nodig.
Ek is ‘n 3de jaar Bed VKO student en ek begin oor ‘n week proef by ‘n laerskool vir die graad 2’s. Een van die temas is “die wildtuin” Ek het begin beplan en het ‘n paar lesse, maar dit voel vir my dis te “boring” (bv om maskers van die diere te maak en dit dan later te gebruik vir dialoog) – ek is op soek na iets “wow”
Ek moet ‘n klomp geletterdheid, gesyferdheid en lewensvaardigheid lesse aanbied so dit maak nie saak watter tipe les dit is nie.
Kan juffer my dalk help met ‘n paar idees? Ek is al sif gedink en omdat ek self nog nie by die wildtuin was nie help ook nou nie veel nie! 🙂
LikeLike
Jan 15, 2010 @ 21:06:17
Goeie naand juffer
Baie dankie vir die wonderlike idees oor die wildtuin!!!!
Ek is op soek na kinderstories vir graad 2. Die tema is vliegtuie. Watter oulike stories kry mens oor vliegtuie? Ek kon net ” Biebie se vliegtuig” kry. Ek gaan die storie vir hulle lees so dis nie vir die kinders om te lees nie.
Dankie!
LikeLike
Jan 16, 2010 @ 11:48:49
Hi, Lily

Dis ‘n plesier – ek hoop daar was iets wat kon help 😉
Ek las vir jou die skakels na boeke toe aan…Dalk kan ‘n mens dit by die plaaslike biblioteek kry. Die “Barnie”-boek is dalk te eenvoudig, maar kan op ‘n uitstaltafel gelos word vir die nuuskierige outjie wat sukkel met lees. ‘n Ander boek is die Sterstoriereeks se ‘n Vliegtuig vir my (Graad 1, vlak 7)…en nou dat ek self moes soek, besef ek dat ons nie juis sulke stories in Afrikaans het nie! Gats…Dalk is daar iemand wat van ‘n boek weet…
http://www.jump.co.za/product/n-vliegtuig-vir-my-vlak-7-gr-1-leesboek-1693752.htm
http://www.graffitibooks.co.za/soek.php
loer ook na dié een (ek het dit nog nie ten volle onder oë gehad nie)
http://books.google.co.za/books?id=O1KnDseTQ6MC&printsec=frontcover&dq=vlieg+%2B+storie&source=bl&ots=oWhL98457w&sig=hu6w2Oz0JPl7mfyEFgew_WP0Ujs&hl=en&ei=jIhRS8n4GYXoM63B9PMP&sa=X&oi=book_result&ct=result&resnum=3&ved=0CBYQ6AEwAg#v=onepage&q=&f=false
LikeLike
Jan 16, 2010 @ 19:58:53
Hallo juffer,
Kan ek jou dalk vra (of al die juffrouens in Gauteng) of hulle my kan help. Ons skool het die nuwe stukke van die onderwysdepartement ontvang met die lesplanne, week 1-10 beplanning (eerste kwartaal 2010.) Dit is oulik uiteengesit maar die groot probleem is dat dit als in engels is en met die klanke weet ek nie wat om te gebruik nie, want al die phonics is mos nou uiteengesit in engels. Ek wil net hoor of daar enige juf. is wat dalk hierdie dokumente in Afrikaans het, of vir my kan sê wat ek kan gebruik vir `n leerprogram vir Afr. Graad 3 watter klanke ens. ek weekliks kan gebruik en ook dalk `n voorgestelde spelwoordelys vir Gr 3, ek het die sigwoorde wat vereis word vir gr. 3 maar is nie seker wat om te gebruik nie.
Baie dankie byvoorbaat!
LikeLike
Jan 17, 2010 @ 08:05:10
Hello, Minette…Ek sal vir jou uitvind – aangesien ek ook die Engelse gidse het…Ek sal by ‘n kollega aanklop 😉
LikeLike
Jan 17, 2010 @ 12:48:54
Wat ‘n oulike webwerf…ek sal ure en ure hier kan rondsnuffel…
Ek is opsoek na prente / werkkaarte vir Bybelonderrig….soek veral prente oor die skepping wat kinders dan self kan inkleur…en die 10 plae…
Ek het eens op ‘n tyd ‘n oulike boek gehad, Adventures through the Bible I, maar het my rug gebreek en kon nie verder skoolgee nie. Tydens my verblyf in die hospitaal het my man al my goed by die skool gaan haal, maar hulle het nagelaat om die boek en die prente vir hom te gee…nou is die boek uit druk uit en ek het intussen weer begin skoolgee en die ou skool het nie meer my boek nie…. Hoop jy of iemand anders kan dalk help…
LikeLike
Jan 17, 2010 @ 19:10:47
Hello, Madelene
Ek het ‘n oulike webwerf ontdek met oulike werkvelle. Christian Preschool Printables is nogal oulik. ‘n Ander webtuiste het uittreksels uit Adventures. Prente van die plae (sak af met die bladsy tot onder), ander verhale, nog prente…en Danielle se oulike idees. CPP het prente oor die Skepping en moenie van Bible Story printables vergeet nie. Ek hoop dit kan jou help 😉
LikeLike
Jan 19, 2010 @ 12:26:21
My dogtertjie is in graad 1. Sy het verlede week met skool begin.Die eerste dag was daar al “geheue woorde” soos Vlooi, Kalla ens. wat hulle moes ken.Sy het gister haar 2 de leesboekie huis toe gebring, en “lees” alles baie pragtig en 100% korrek, tot woorde soos graanvlokkies, tamatiesous, skoene en modder. As jy egter die prentjie toe maak, vergeet sy van wat het van “Kalla se skoene” geword,en kan nie die storietjie so mooi uitryg nie.Die woordjie “konfyt” word dan sommer “kwaai” en “gooi” word “gaan”. Dan is die storie rympie heel vergete. Ek weet dis n beproefde leesmetode,maar wanneer begin hulle dan om te klank? Is die basiese klinkers soos ‘a’,’e’ ‘i’ etc dan nie die basis nie? Of eenvoudige woorde soos “kat”,”mat”, “op”en “af” ens. Alhoewel sy n baie bekwame onderwyseres het, wat al donkiejare baie suksesvol graad eens onderrig, het hierdie metode my nogal onkant betrap en is ek tog n bietjie bekommerd. Ek het nie die mannemoed om die juffrou self te vra nie,bang dit klink of ek n beterweterige houding het. WAT KAN EK DOEN OM EKSTRA TE HELP,sonder om haar van die wal in die sloot te help? Ek is maar n ongeduldige mens en sou as remedierende onderwyser n totale flop gewees het.Dis waarom ek soveel respek het vir toegwyde onderwysers met n liefde en passie vir kinders. Ek werk voltyds en aandag aan huiswerk is maar beperk. Dan wil n mens veral in die begin, die huiswerktyd sinvol en selfs genotvol maak. Klasse is groot en onderwysers het nie altyd die tyd om aan elke kind baie aandag te gee nie. My kind ken die meeste van die klanke(phonics). Ek weet van soveel gevalle waar kinders in graad 3 kom en dan nog nie sonder n prentjie kan “lees”. En Suid-Afrika is juis laaste op die internasionale lys, wat leesvaardighede betref.Dis vir my baie belangrik dat haar grondslag moet reg wees.Enige bietjie raad sal wonderlik wees.
LikeLike
Jan 19, 2010 @ 17:41:41
Middag, Elizabeth 😉
Jy het die reg om te vra as jy bekommerd is oor enige aspek wat jou kind se opvoeding gaan raak. Die kleingoed gaan later blootstelling aan die klanke kry en ek vermoed dat die juffrou die kleingoed van dag een af opgewonde oor lees wil maak (Wow! Ek kan die woordjie herken.). Ons moet egter nie te veel afwyk van die juffrou se aanbieding nie aangesien sy ‘n plan het om die leesproses stap-vir-stap te ontsluit. Gebruik ‘n sleutelkaart om assosiasies vir die klanke te vind. As julle bv. konfyt moet lees kan jy daarop wys dat dit met k vir kat begin, dan o vir os…as ek na kwaai kyk…begin dit met ‘n k vir kat en dan ‘n w vir wol… Vergelyk die woorde en wys op die vangplekke…Trek ‘n streep onder die “aai” om die eenheid te wys en teken sommer ‘n bietjie konfyt in die “y” van konfyt om die verbintenis aan te dui. Jy is reg – die kinders steun soms te lank en te veel op die prente en op “papegaailees”. Die juffrou behoort egter ‘n proses te hê waarvolgens sy wil werk. As ons dit omver werp gaan ons slae kry. 😉
Dit behoort egter nie skade te doen as jy onthou-woorde in die huis op plak om toevallig te lees nie. Maak ‘n “ek”-plakaat teen die yskas en gebruik die skoolwoorde. Skryf die woord en illustreer dit sommer met tydskrifprente…bv. Ek (met ‘n foto van poplap), konfyt, tamatiesous, ens. Dan kan jy op ‘n volgende bladsy skryf: Ek hou van konfyt. Ek hou van tamatiesous. Ek hou van graanvlokkies…’n Volgende dag kan jy ‘n bladsy opplak wat ander sinne herhaal…Dit is konfyt. Dit is tamatiesous. Vra later vir Poplap om te tel hoeveel keer sy konfyt in die boekie gesien het. Sy moet die woorde tel en die getal neerskryf. Hoe meer sy dit sê, sien en ervaar – hoe beter. Jy kan selfs flitskaarte maak met die woord en prent daarop. Flits en lees dit totdat jou dogtertjie dit met selfvertroue kan doen. Trek later ‘n kartellyn in en knip die kaart deur sodat sy self kan oefen. Al hierdie “dingetjies” behoort jou te help om jou dogtertjie op ‘n prettige wyse te help.
Belangrik: Herhaling is ‘n wenner.
Ander belangrike punt: Hou lees lekker 😉
Voorspoed vir julle
LikeLike
Jan 20, 2010 @ 10:33:45
Goeiedag! My dogtertjie is vanjaar in Graad 2. Hulle begin sommer vroeg, vroeg met meervoude en verkleinwoorde. Kan jy my asseblief help met spelreels sodat ek haar mooi kan verduidelik en seker kan maak sy kry dit goed onder die knie. Baie, baie dankie.
LikeLike
Jan 20, 2010 @ 10:37:20
Goeiedag Juffer!
My dogtertjie het sopas 7 geword en is in Graad 2. Wil graag seker maak dat haar fondasie reg is in die grondleggingsfase van skool. Sal jy asseblief so gaaf wees en my help met spelreels van meervoude en verkleinwoorde en my paar oulike idees gee om dit aan haar oor te dra.
Baie, baie dankie
LikeLike
Jan 20, 2010 @ 16:37:13
Hello, Mariette
Daar is verskillende reëls verbonde aan verkleinwoorde en meervoude. Gee my ‘n bietjie kans om my goedjies te beloer en te organiseer…Dis snaaks dat die skool meervoude en verkleinwoorde aanleer…Dis mos nou basislyn assesseringstyd en hersiening van Graad 1-werktyd…:wink:
LikeLike
Jan 21, 2010 @ 18:12:44
Hi, Mariette
Ek het die inligting vir jou gestuur. Kyk ook na die skakel oor self oefen en lees. Spelreëls word eers in Graad 3 behandel. As jy die klanke goed vaslê, sigwoorde goed inoefen en die klanke in woorde + woorde in sinne gebruik, is die Graad 2-geletterdheid redelik goed hersien. 😉
LikeLike
Jan 23, 2010 @ 11:31:20
More juffer!
Ek is op soek noa ‘n oulike storie boek wat oor tyd gaan? Weet juffer dalk van ‘n oulike boek? (Ek wil vir hulle die boek lees so dis nie vir die leerders wat graad 2 is nie)
Baie dankie
LikeLike
Jan 23, 2010 @ 17:23:12
Hi, Lily
Wat van Tyd is om!
Keith Fulkner en Rory Tyger –
Iets oor “time travel” of seisoene (met kabouters) sou oulik gewees het… 😉
LikeLike
Jan 26, 2010 @ 20:04:53
Hi Juffer
Hoop jy kan my help, ek het ‘n seuntjie van 4jr 8mnde wat op 5mnde aangeneem is. Hy was baie verniel en verwaarloos,(hy het nie gereeld melk en kos gekry nie, is gereeld deur ouers in staatshospitaal ingeboek en gelos, is op treinspoor neergesit en is ook mishandel) hy het eers op 8/9mnde alleen begin sit, op 18mnde geloop en kry arbeidsterapie van 8 mnde af. Hy sukkel om te praat. Ons woon in Pta en hy is tans in skool waar hy 2x per week arbeidsterapie(by die skool) kry, in engels, dit help nie met sy spraakprobleem nie. ek is dringend op soek na ‘n skool/kleuterskool waar hy arbeidsterapie in afrikaans kan kry en wat hom ook sal help met sy spraak probleem. Hy het ook emosionele bagasie wat behandel moet word agv van die verwaarlosing en verwerping wat hy as baba deurgegaan het so as ek ‘n naam van ‘n goeie kinder sielkundige kan kry sal dit gaaf wees. Die skool waar hy tans is, is goed maar ek voel dat hy dringend meer aandag/terapie nodig het, dit voel soms vir my of hy nie aanvaarding/empatie daar kry nie maar net een van vele is, miskien is ek net oorbeskermend maar hy het liefde en aanvaarding baie nodig om sy selfvertroue ‘n “boost” te gee. help asb iemand as jul kan
dankie
nicolene
LikeLike
Jan 27, 2010 @ 17:43:28
Hello, Nicolene
Ek het my voelers vir jou uit gesteek en hoop op ‘n spoedige antwoord. Probeer intussen hierdie skakel. ‘n Opvoedkundige sielkundige (082 342 2868, Dr. Annelien Nieman) kan dalk ook ‘n antwoord bied.
Kom ons kyk wat ons kan doen.
LikeLike
Jan 27, 2010 @ 20:01:59
Hallo Juffer
Ons het vandag gaan skool “shopping” doen. Het besluit om hom uit sy huidige skool te haal en terug te neem na sy vorige arbeidsterapeut wat absoluut wondere met hom verrig het (Marie Greyling) en soek dus nou ‘n skool wat hom verder sal kan help. Het by die “Kransjakkers” by Skuilkrans NG Gemeente uitgekom wat wonderlik lyk, maar met JG se spraakprobleem glo ek nie hy is al reg vir hierdie skooltjie nie al sou ek hom vreeslik graag daar wou inskryf, alles is soos wat ons dit sal wil he, christelike waardes en ‘n regte plaasskooltjie in die stad. Die hoof het ons na Edu-excellence verwys wat iewers in Lynnwood is, hulle werk glo met kinders wat sukkel om te praat, hoor en aandagafleibaar is. Hulle het ook ‘n kleuterskool wat dan oorgaan na hulle eie laer en hoerskool. Ons gaan dit nou more soek, kon nie ‘n telefoonnommer kry nie dus gaan ons nou maar ry ek kyk. Ek hoop regtig dit is die regte plek vir JG, hy word April 5jr en moet nou dringend intensiewe spraakterapie kry sodat hy kan kommunikeer met maatjies en ook saam met hulle kan speel en nie langs hulle soos op die oomblik die geval is nie. Ek waardeer dit dat jy my geantwoord het en indien jy van enige ander skool / terapie hoor sal ek bly wees. Ek gee more terugvoering oor Edu-excellence.
baie dankie
Nicolene
LikeLike
Jan 28, 2010 @ 18:19:22
Hello, Nicolene
Ek dink jou seuntjie gaan as ‘n inspirasie vir baie ander ouers en kleingoed dien. Ek besef dat spraakterapie (alle terapië) geld kos en moeilik is om vol te hou. Ek sou wou voorstel dat jy by die Universiteit moet uitvind of daar nie dalk studente is wat spraakterapie kon aanbied nie. Dikwels is daar nagraadse studente wat hul navorsing of “prakties” moet doen. Hulle doen dit dan onder leiding van ‘n lektor / dosent en moet op “hul tone bly”. Laat weet asseblief hoe en waar julle reg gekom het. 😉 Sterkte!
LikeLike
Jan 28, 2010 @ 20:20:58
Hallo Juffer
Ons is op die oomblik by ‘n wonderlike spraakterapeut wat klas gee by die Universiteit. Ons was toe by Edu-excellence is dit lyk baie goed maar ongelukkig neem hulle eers outjies van 6jr in. Ons gaan dinsdag na Tomorrow’s People om daar te kyk, as iemand reeds daar was en vir my bietjie inligting oor hulle kan gee sal ek dit waardeer.
Baie dankie
Nicolene
LikeLike
Jan 29, 2010 @ 17:51:32
Nicolene, het julle al met die volgende skole gesels? Dalk kan hulle ook vir julle ‘n antwoord of twee bied. Intussen soek ons almal saam 😉
Pretoria: Academy of Excellence, te Lynnwood Glenn: (012) 803 0404 (Remediërende Skool)
CRA – http://www.cra-skool.co.za/
LikeLike
Jan 31, 2010 @ 11:00:40
More juffer!
Ek het juffer se hulp nodig… ek moet vir graad 2’s die dae van die week aanleer – hulle ken die dae ek moet dit nou vir hulle die regte volgorde leer en dan terme leer soos voor, na, tussen (wat kom tussen maandag en woensdag ens). Juffer weet nie dalk van ‘n oulike manier hoe ek dit vir hulle kan aanleer nie?
LikeLike
Jan 31, 2010 @ 17:31:25
Hi, Lily…
As ek vinnig moet dink sou ek sê dat jy 7 kinders in ‘n ry moet laat staan – agter mekaar. Elkeen kry ‘n groot flitskaart met die dae van die week daarop. Ek het altyd vir my kleintjies die dae van die week op die wyse van Twinkle Twinkle Little Star laat sing…Jy kan dit dalk ook probeer en die kleingoed deurmekaar laat staan. Die klas moet dan die liedjie sing terwyl een kind die “dae” in die regte volgorde moet kry. As almal in die regte volgorde staan kan jy vrae vra soos “wie staan voor?” “agter” laaste? eerste? Hulle mag nie die kinders se name gebruik nie – slegs die dae van die week se name. Laat weet my asseblief hoe dit gewerk het 😉
LikeLike
Feb 02, 2010 @ 20:24:47
hi, sjoe wat ‘n lekker webtuiste! Ek is dringend op soek na hulp/leermiddels vir my seun in Gr6, ai hy skop eerder bal voor hy leer, ek werk baie hard met my eie besigheid en tyd is min, so ek is op soek na vraestelle, enige iets om te help, ek is al moedeloos, hy is nie onnosel nie, luister en dink net nie, dis al, so ek het hulp nodig. ek wou al ai pair of iets kry, maar ek is sy ma en ek moet hom help, so waar kan ek hulp kry.
dankies
LikeLike
Feb 03, 2010 @ 17:44:50
Hi, Louise
Ai die manne…:wink: Kyk gerus by CNX (en Huistaal) en dan is daar ook skakels op my voorblad (regs – Blogroll) vir KENWEB en Grafitti. Hulle verskaf gidse.
Jy kan ook taaloord en think online probeer…en dan ‘n goeie soort gom vir die sitvlak 😆 Jy kan iets soos ‘n tutor oorweeg om jou seun te help met die huiswerk – indien dit moeilik is om ‘n oog oor die huiswerk te hou. Boeta moet egter weet dat Ma later na die boeke sal kyk…
LikeLike
Feb 04, 2010 @ 17:00:45
Ek het n dogter wat tans in graad 4 is met n wiskunde probleem. Sy is onlangs getoets deur Kip Mc Grath en hulle het gevind dat haar agterstand strek vanaf Graad 2. Ek wil haar graag help om die probleem te oorkom, maar kan nie ekstra wiskunde bekostig nie. Ek is self nie n wiskunde pro nie. Is daar dalk enige hulp of raad wat u aan my kan gee?
LikeLike
Feb 04, 2010 @ 18:50:36
Hello, Estelle en welkom 😉
Begin by baie telwerk. Tel in veelvoude van 2, 3, 4, 5, 6, en 10 tot bv 100 en terug. Oefen die maaltafels en loer onder my tuisblad se blogroll vir skakels na wiskunde takies. Afhangende van die probleemareas sal ek voorstel dat jy met die skool se graad 2 en 3 juffrouens gesels en ou werkvelle afrol. Die skool behoort ‘n ondersteuningspan te hê wat ook sal kan raad gee. Gee vir Poplap + somme en – somme (in die getalgebied 0 – 100) en x somme om haar tafels te oefen. Later kan jy die maalsomme uitbrei na ‘n tweesyfer getal x met ‘n eensyfer getal (20 x 3, 22 x 2…)…werk ook deelsomme in om die teenoor gesteld van die maaltafels te toets (9 x 3 = 27, 27 gedeel deur 3 = 9). 😉
Kyk ‘n bietjie by cnx. Hulle het oulike idees.
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 15:25:56
Ek is besig om idees te soek vir 2 ouer plakaate – doel 1 is om die ouers meer betrokke te kry by die skool en die die ander is om die ouers meer betrokke te kry by die kinders se leerproses, maar nog niks gekry nie.
Ek het wel iets gekry vir Gr. 6 – wat onderwysers saam met die leerders huis toe kan stuur vir die ouers se aandag (Werk wat ouers saam met hul kinders kan doen).
http://books.google.com/books?id=cIvH5kWfzc4C&pg=PA12&lpg=PA12&dq=ouer+plakkaat&source=bl&ots=W11ca2NBY8&sig=353wm9SEmqsvaE_GFWL5xCBwyOg&hl=en&ei=nBlsS9PdHMnu4gburriqBw&sa=X&oi=book_result&ct=result&resnum=1&ved=0CAcQ6AEwAA#v=onepage&q=ouer%20plakkaat&f=false
Ek hoop van harte dat iemand dit sal kan benut.
Juffer, jy het nie dalk idees of skakels waar ek idees kan kry nie? Laat weet ma
Dankie
Shelly
LikeLike
Feb 05, 2010 @ 17:22:26
Shelly, probeer gerus CNX.org vir idees. Dis ‘n webwerf waar opvoeders hul oulike les-idees plaas. Die beste is om ‘n onderwerp aan te spreek. In die Grondslagfase sou ek iets soos bv. oogsorg wou aanspreek. Bv. “Het my kind ondersteuning nodig?” …met waarskuwingstekens oor oog-/ gehoorprobleme, perseptuele probleme… of “Hoe kan ek ‘n liefde vir lees kweek?” “Hoe kan ek my kind se leesvaardighede opskerp?” “Hoe kan ek my kind se wiskunde vaardighede verbeter?”…gee dan oulike idees. Opvoedersgidse het dikwels sulke oulike idees (soos in die skakel wat jy gegee het) wat ‘n mens kan gebruik. As ek jou kan aanraai – maak die plakkaat ekstra netjies en hou dit. Jy sal dit beslis gebruik. Ek het nogsteeds van my take en plakkate. 😉
LikeLike
Feb 06, 2010 @ 13:19:40
Juffer,
Vreeslik dankie en ek sal beslis daar gaan kyk.
LikeLike
Feb 06, 2010 @ 20:13:19
Juf, jy is reg uit die hemel gestuur. Ek hoop jy kan help. Ek is opsoek na flitskaarte vir hoofrekene in gr 3. Ook enige idees om wiskunde meer prakties te maak. Ek is senior primer opgelei en gee nou vir gr 3 klas en sukkel nogal baie. Dankie vir hierdie wonderlike blad. Groete
LikeLike
Feb 07, 2010 @ 12:17:00
Welkom, Karin 😉
Probeer gerus Depicta of Tuishulp (daar is ‘n skakel onder die blogroll op die voorblad). Gewoonlik maak ons maar ons eie goetertjies en lamineer dit dan – om aan te pas by die behoeftes van die spesifieke klas, tema, ens. Ek sal nog ‘n bietjie loer vir idees 😉
LikeLike
Feb 07, 2010 @ 21:45:23
Toevallig op jou blad afgekom: baie oulik! Gee tans Gr. 3’s waarvoor ek nie opgelei is nie en sukkel om aan die klein mensies wat alllles wat hulle doen vir jou te wil wys, gewoond te raak! Ek sal beslis weer vir raad kom inloer!
Groete
Rina Greeff
LikeLike
Feb 08, 2010 @ 16:22:23
😆 Ja, dit moet nogal ‘n aanpassing wees 😉 Kom loer gerus in.
LikeLike
Feb 10, 2010 @ 12:38:34
Hallo Juffrou
Ai, ek is regtig baie beindruk met jou webtuiste. Ek soek raad. My dogter is in graad 1. Sy het plus(meer maak) en minus(minder maak) deeglik onder die knie, altans so het ek gedink.Ek kan selfs vir haar vra wat is byvoorbeeld “2 minder as 98″ of ” 4 meer as 42″ en sy sal op haar vingertjies tel en vir my male sonder tal die regte antwoord gee. Hoe groter die getal, hoe lekkerder vir haar. Haar klasjuffrou het in hul huiswerkboek verlede week geskryf ons moet begrippe soos bv.”hoeveel is 6 meer as 3″ (antwoord is 3, maar sy antwoord 9 )en “hoeveel is 6 minder as 8” byvoorbeeld met hulle oefen.
En net daar slaan my kind bot toe. As n mens dit op hierdie manier vra raak sy totaal en al verward. Ek het eers gedink sy is koppig of moedswillig( sterk eienskap by haar) want haar syfer insig en begrip is volgens my oordeel heel op n goeie standaard. Ek het met konkrete voorbeelde probeer verduidelik(blokkies) maar hoe meer ek probeer, hoe minder begryp sy. Op die ou einde het dit net by haar stres veroorsaak, waaroor ek baie skuldig voel. Gister het sy by my kom huil, haar 2 beste maatjies in haar klas verstaan dit, behalwe sy. Die juffrou het hulle glo gevra, en toe hak sy elke keer vas, en die twee maatjies moes die namens haar antwoord. Ek kry die gevoel dat ek dit die dag met my verduidelikings aan haar dit heeltemal verkeerd benader het. Sy kon die ongeduld in my stem hoor. Ek het letterlik later op my tande gekners.Haar klasjuffrou het nou gese ons moet dit maar net gedurig oefen, maar ek is glad nie lus nie. Volgens my doen dit nou meer goed as kwaad. Moet ek dit ignoreer, en maar net die plus en minus probeer versterk, of moet ek deurdruk tot sy dit begryp? Sy is baie skaam en ook nogal perfeksonisties met n baie broos selfbeeld, en ek wil nie dat so n insident haar selfvertroue verder kelder nie.
LikeLike
Feb 11, 2010 @ 18:09:15
Hello Lize
Jy is reg om te vra…’n mens wil nie hê dat die kleingoed ‘n weersin moet ontwikkel nie. Die nuwe of vreemde bewoording pla dalk…Gebruik ‘n speletjie soos slangetjies en leertjies (onder R10 by Crazy en soms by Shoprite / Checkers)… Bespreek die stappe die heeltyd. “Kyk, jy staan op 3. Hoeveel moet jy aan skuif? 4.” Druk met jou een vinger op 3 en vra jou dogtertjie om aan te tel. Tel hardop saam…1..2..3..4. “Waar staan jy nou? Op 7! Hoeveel blokkies het jy aan geskuif? 4…en waar het jy gestaan? 3. 4 blokkies meer as 3 …is 7…” ‘n Speletjie help gewoonlik en is minder stresvol. Slangetjies en Leertjies kan baie mooi help met die aantel en terug tel. Speel eerder (2 dobbelstene saam behoort tog ‘n paar maal op ‘n 6 of 7 te val). Julle kan selfs die “slim” bevindinge in ‘n boek neerskryf. 3 (ma skryf die “meer as” woorde) meer as 4 is 7… 4 meer as 3 is 7…
Pappa of ‘n boetie kan later ook saam speel en so is die leerdery nie ‘n pyniging nie, maar ook prettig. 😉 Laat weet my asb of dit jou kon help
LikeLike
Feb 12, 2010 @ 23:37:53
hello Juffer
Ek hoop jy kan my help.
Ek is n student wat graag idees wil he oor hoe om vir leerders tussen 11 en 13 jarige ouderdom (Realistiese stadium) te verduidelik oor toonwaarde en ruimte en dan op n praktiese interesante manier vir hul te demonstreer?
Help asseblief!
LikeLike
Feb 13, 2010 @ 11:49:29
Gats, Shirley…Vir watter leerarea is dit? KK? Ongelukkig het ek nie ondervinding met inhoudsvakke vir die Seniors nie…Ek hoop dat hier iemand is wat sal help 😉
LikeLike
Feb 14, 2010 @ 13:52:35
Hallo Juffer,
Ek is in die diepkant ingegooi die jaar. Ek was jare ‘n Graad 3 juffrou wat nou Graad 1 moet skoolhou. Ek geniet jou webtuiste vir al die wenke! Doen so voort. Laat weet gerus as daar raad is veral goed wat ek kan doen om die kinders makliker te leer lees en skryf. Ek hoop ek stel geen van die ouers teleur nie.
Sanet
LikeLike
Feb 14, 2010 @ 17:38:28
Welkom, Sanet!
Moedig aan dat die ouers elke aand stories lees, ‘n liefde vir lees aanwakker deur as voorbeeld op te tree en behou altyd ‘n element van pret. Wees sommer simpel en vrolik en die kinders sal die genotvolle sy van leer ervaar PLUS inneem 😉
LikeLike
Feb 16, 2010 @ 11:05:40
Ek het vandag op jou webtuiste afgekom en nuwe moed gekry. Ek het ‘n tweeling (seuntjie & dogtertjie)wat vanjaar Graad 1 begin het. Die skool het hulle evalueer en aanbevelings gemaak dat hulle albei na ‘n arbeidsterapeut moet gaan en getoets word vir ADD. Ek is ‘n enkel ouer en kan nie die uitgawes op hierdie stadium bekostig nie. Het jy dalk vir my enige raad hoe om dit te hanteer.
LikeLike
Feb 16, 2010 @ 19:14:41
Hello, Bernita…Jy het een geluk sommer dubbeld geslaan! 😆 Baie geluk met die tweeling
Ek is baie bly dat die juffrou so vroeg aandag aan jou kleingoed begin skenk het. Die eerste ding wat moet gebeur is dat die juffrou ‘n Connors-vraelys moet voltooi om te verseker dat die kleingoed oor minstens 3 tot 5 dae gemonitor word. Indien die uitslae problematies lyk, kan jy ‘n afspraak by ‘n pediater maak en die kleingoed (met die uitslae) na hom/haar neem vir ‘n tweede opinie. Waar ek werk, gaan die ouers dikwels na die staatshospitaal toe, want die “duur” pediaters werk op sekere dae van die week daar. Dus kry jy nie afgeskeepte diens nie 😉 ‘n Ander opsie is die skooldokter. Dit is ‘n dokter wat deur die skoolkliniek (OBOS) betaal word. Ongelukkig is hierdie dokters die slagoffers van ‘n oorlaaide stelsel, maar hulle harte is baie ruim vir elke outjie in hul area. Hierdie dokters sien kinders wat nie op ‘n mediese fonds is nie. Die ondersoek is by die skool en die dokter praat met die juffrou en ouers om die kind se vordering te monitor. Daar is gewoonlik een besoek per maand. Die voorskrif kan dan by ‘n dagkliniek (gratis) afgehaal word.
Wat arbeidsterapie betref. Dit is duur, maar indien jy naby ‘n universiteit woon, kan jy hulle skakel en vra of daar ‘n program beskikbaar is waarvolgens studente praktiese ervaring moet / wil opdoen. Jy kan dus vra of hulle terapie kan verskaf as deel van hul program of vir ‘n klein fooitjie. Die plaaslike staatshospitaal behoort arbeidsterapeute te hê. Ongelukkig mag hulle nie met skoolgaande leerders werk nie…’n mens kan altyd mooi vra.
‘n Ander opsie is om ‘n projek te reël in samewerking met die skool. Vind uit of daar ‘n plaaslike arbeidsterapeut is wat ‘n basiese siftingstoets by die skool sal afneem vir ‘n baie lae fooitjie. Elke outjie betaal bv. R50 – R100 vir ‘n toetsing. Dit lei weer tot baie verwysings en moontlike kliënte. As die terapeut dus met die probleempies vorendag kom, kan die juffrou (en jy) oefeninge doen om te probeer help. Dikwels kan die arbeidsterapeut tuisprogramme verskaf om tuis te volg of kan sy die kleingoed in groepies sien – teen ‘n laer tarief. Moenie tou opgooi nie. Daar is hoop. 😉
LikeLike
Feb 16, 2010 @ 13:50:27
Hi,ek wil graag he jy moet my met idees help. My dogterjie is nou gr 1 en moet mondeling praat oor die 1 van die vlg. onderwerp My mense
Lekker goed
Mors
Eintlik tipe van redenaars. Het jy dalk idees of raad.
LikeLike
Feb 16, 2010 @ 19:19:28
O gats…my mense…dink dalk aan komiese dinge van ouma en oupa…pa en ma…Wat doen Pa wat Ma frustreer? My pa is BAIE lief vir koffie en beskuit…volgraan beskuit…karringmelk beskuit…én mosbeskuit…maar as hy beskuit eet MORS hy ALTYD…Daar lê krummels op die tafel…krummels op sy skoot…krummels op sy ken en krummels op my ma se nuwe tafeldoek! Dit maak my mamma BOOS.
Gats, enige iets wat so reg in die kraal van ander sou pas – en wat komies is – sal werk…sterkte! 😉
LikeLike
Feb 16, 2010 @ 19:27:55
Hallo juffer,
Weet jy nie dalk waar ek `n mooi engelse gebed kan kry om vir `n graad 3 afr eerste taal klas te leer? Ek wil ook asb. weet waar ek die lopende skrif “font” kan aflaai.
Baie dankie
Minette
LikeLike
Feb 17, 2010 @ 15:04:35
Wat ‘n voorreg om iemand soos jy op te spoor. Ek is ‘n Gr 1 mamma, en het nogals baie keer raad nodig (al is ons nou eers in die 1ste kwartaal). Daar is so baie wat die kleintjies moet baasraak. Dank aan die Liewe Vader, dat Hy my oor jou pad gebring het.
LikeLike
Feb 18, 2010 @ 15:12:14
Dagse, Ek is ‘n tuisbly mamma met ‘n baie besige 3 jarige tweeling seuns. Hulle word Mei al 4 en ons het ongelukkig nie nou die finansies om hulle in die kleuterskool te plaas nie. Ek weet die kleintjies leer deesdae al van 3 jaar oud af en ek wil nie he hulle moet ‘n agterstand he as hulle uiteindelik eendag skool toe gaan nie. Ek het besluit om hulle tuis te onderig – kan juffrou my dalk help met ‘n webskakel waar ek die curriculum vir 3 jariges kan aflaai. Die wat ek al reeds gekry het is of engelse skakels of oorsese skakels en dit help nie veel met die afrikaanse outjies nie.
LikeLike
Feb 18, 2010 @ 16:54:25
Hi, Tersia. In Suid-Afrika is daar nie werklik ‘n kurrikulum vir voorskoolse (voor Graad R) leerders nie. Ek gaan wel vir jou ‘n nommer van ‘n Educare juffrou stuur sodat jy ‘n bietjie met haar kan gesels
LikeLike
Feb 21, 2010 @ 22:28:44
Hallo,
Ek hoop regtig dat jy my kan raad gee! Ek het ‘n Gr 1 wat glad nie geinteresseerd is om huiswerk te doen nie. Ek het al vir hom gese vir elke dag wat hy dit mooi en getrou doen sal ek hom R5 gee en dan kan ons die einde van die maand vir hom sy eie bankrekening oopmaak. Dit het vir 1 dag gewerk en nie weer nie. Dit is ‘n “gemoanery” van die begin tot die einde. Hoe maak ek dit vir hom lekker? Ek is so raadop ek kan oor die muur spring en skelm koekies eet….
LikeLike
Feb 22, 2010 @ 16:48:06
Hello, Estie en welkom 😉
Jong…op hierdie stadium sal ek voorstel dat jy met die juffrou gesels. Dalk kan sy ‘n bietjie “heuning smeer” en vir die klas vertel hoe slim hulle word as hulle huiswerk doen, ens. Dit werk nie met almal nie…Aan die ander kant is die manlike geslag dikwels meer stroom op as die dames. Vind gerus uit of die skool ‘n “leerondersteunings opvoeder (ELSEN)” het. Indien wel, kan sy / hy dalk ook ‘n bietjie gesels. Die groot ding van klaswerk én huiswerk is om die kleingoed sukses te laat ervaar. Spog baie oor sy slimgeit en vat hom vas as hy probeer wegkom met dinge…Die belangrikste is egter om die jongman te laat besef dat hy wel die konsepte en werk kan baas raak met ‘n bietjie ywer. Indien die teenkanting en verset meer aggressief van aard is, sou ek dalk ‘n sessie met ‘n opvoedkundige sielkundige wou voorstel. Dalk tel hulle iets op wat pla…Dis egter jou laaste opsie – as ouma en ma-goed se hulp nie werk nie 😉 Baie sterkte
LikeLike
Feb 22, 2010 @ 13:48:43
Hi Juffer
Duisend dankies vir al die mooi idees wat ek die afgelope tyd op jou blog kon kry.Kon baie my kollegas help wat probleme ondervind
LikeLike
Feb 22, 2010 @ 16:38:12
Dankie, Natalie 😉 Kom loer weer in
LikeLike
Mar 01, 2010 @ 20:35:11
Liewe Juffer!!!!
As daar al ooit ‘n engel was wat oor my pad gekom het, is dit juffer.
Ek het laas jaar klaar gestudeer, en is tans in my eerste jaar van skool hou. Ek is mal oor onderwys, ek lewe vir die kinders. Ek hou skool by n Plaas skool in die Karoo. Dit is ‘n lewenservaring. Ek het die Grondslagfase klas, d.w.s Graad 1, 2 en 3. Ek het 23 leerders in my klas. Dit is elke dag n groot uitdaging om vir hulle skool te gee, want hulle is baie “rou” kan ek amper sê. Hulle het nie voorkennis nie, so wat ek vir hulle leer, is wat hulle ken. Ek het ook nie ‘n mentor by die skool nie, want daar is net 2 onderwysers. Ek sal die ervaring wat ek die jaar opdoen vir niks verruil nie. Dit is n eenvoudige maklike lewe. Dankie Juffer vir die dae wat ek af is, of nie ‘n idee het wat ek met die leerders gaan doen nie, dan is U daar soos ‘n engel en help so baie.
Ek leer baie by Juffer. Juffer gee ‘n trotse gevoel in my onderwysers hart!!!!!
LikeLike
Mar 02, 2010 @ 13:54:22
Welkom, Elzane 😉 Baie sterkte met die drievoud! Het jy al kontak gemaak met die Sentrum vir Multigraad Onderwys op Wellington (Deel van CPUT). Jy kan vir Dr Joubert of Adrienne van As kontak. Hulle behoort vir jou uitstekende leiding te kan bied. 😆 Loer gerus weer in en vra gerus as ek kan help…
LikeLike
Mei 17, 2010 @ 15:37:01
Ons help waar ons kan! Kontak my gerus per epos (vanasa@cput.ac.za) en dan maak ons ‘n plan. Ons gaan nie altyd die antwoord hê nie, want in Suid-Afrika is daar nog nie klinkklare antwoorde en oplossings nie. Ons is besig met die ontwikkeling van tekste spesiaal vir julle (waarvan K.B Rekkel se weeklike KleinB uitgawe in Die Burger deel is).
LikeLike
Mei 17, 2010 @ 17:44:34
Bitterlik dankie Adrienne!
LikeLike
Mar 02, 2010 @ 13:52:06
Hallo
Ek is so dankbaar vir hierdie webblad, ek kom kyk daagliks vir nuwe inspirasie. Ek gee skool op die platteland en sit by tye met my hande in my hare. Ek wil graag hoor of Juffer nie dalk voorbeelde het van assesserings aktiwiteite, gepas vir Graad 3 vir Wiskunde en Geletterdheid nie. Veral met die opkomende sistemiese evauleering hierdie jaar wil ek graag so veel as moontlik voorbereiding doen, want die skool se slaagsyfer is nie wat wonders nie, so enige hulp sal ek vreeslik waardeer. Dankie vir alles wat hier verskyn dit is regtig ‘n lewensredder!
LikeLike
Mar 02, 2010 @ 20:18:48
Hi, Blondie…
Ek het ongelukkig nie voorbeelde van assesserings nie. Wat ek wel weet is dat ons GF-juffrouens baie presies is. Hulle tik die leeruitkomstes bo-aan elke assesseringstaak en dui onder-aan aan wat die kodes is. Tot einde 2009 is die take in ‘n boekievorm gebind en aan die einde van die assesseringstydperk aan die ouers gestuur. Die departement het egter versoek dat hulle dit nou in die boeke plak – sodat die los boekies nie verlore raak nie. ‘skuus dat ek nie nou voorbeelde het nie…Kontak gerus oud-mede-studente of vriendinne. Hulle het dalk beter inligting as ek 😉
LikeLike
Mar 02, 2010 @ 20:31:34
Dankie Juffer…
Dit help alklaar, ek voel maar party baie afgesonder vanweë die skool waar ek skoolgee. En dinge is bereik ons nie so vinnig soos in die stede nie. Baie dankbaar vir die raad…
LikeLike
Mar 03, 2010 @ 19:54:30
Dis ‘n plesier…kontak gerus ook die KB REKKEL karakter op my Facebook…Hulle is betrokke by die Multigraad Sentrum se mense. As jy aanhou soek na nuwe idees, sal jy waarskynlik uit styg as juffrou 😉 Moet net nie ophou ontdek en vernuwe nie 😆
LikeLike
Mar 12, 2010 @ 21:58:50
Goeienaand Juffer.
Ek wil bietjie raad hê. Ek is tans in ‘n OLSO pos betrokke en is besig met evaluering van leerders. Dis skrikwekkend dat baie van die leerders glad nie kan lees nie, spelling is ook ‘n erge probleem.
Ek probeer maar fokus op klanke, sigwoorde en perseptuele vaardighede.
Hoe kan ek dit interessant vir die leerders aanbied. Is daar dalk ‘n spesifieke webwerf waar ek inligting kan verkry oor die regte leesmetode. Op hierdie stadium voel ek skoon dom, aangesien die leerders groot agterstande toon. Sal bly wees as u dalk raad kan gee.
LikeLike
Mar 13, 2010 @ 12:02:48
Hello, Rianie…Ek fokus baie op die klanke. Veral in Graad 2 en 3 doen ek vaslegging van die klanke deur dit in woorde vir die kinders te gee. Ons lees bv. ‘n lys woorde met die oe-klank, kies ‘n woord of twee en kyk of ons spogsinne daarmee kan maak. Ons probeer om die sinne met beskrywende woorde in te kleur sodat die vergeetagtige juffrou darem vanaand kan onthou wat hulle wou sê. Dit help nogal in die uitbreiding van woordeskat, klanke, woordbou en sigwoorde. Ons lees ook mekaar se sinne hardop om te wys hoe oulik elkeen dink.
As ‘n kind sukkel met die visie en gehoor, sal hy sukkel om te lees en te leer. Kyk of jy ‘n persoon uit die gemeenskap kan kry om die kinders (met die ouers se toestemming) se gehoor en ogies te toets (noem dit sommer ‘n blitstoets of sifting – screening). Indien moontlik behoort die hele skool dit sommer te doen as deel van ‘n bewusmakingsprojek.
Ek glo was daarin dat die outjies die klanke moet ken. Kyk gerus ‘n bietjie na Deborah se webtuistes.
LikeLike
Mar 13, 2010 @ 18:11:04
Baie Dankie Juffer. Ek sal weer inskakel. Wonderlike naweek !
LikeLike
Mar 14, 2010 @ 12:44:09
Sjoe, dis vreeslik lekker om weer in Afrikaans van opvoeding te lees. Ons studente by die Windhoekse Onderwyskollege is gewoond aan Engelse terme. Die moedertaal sprekers sal baat vind. Dankie vir die skakels. Dit sal navorsing vir opdragte vergemaklik.
LikeLike
Mar 14, 2010 @ 18:49:50
Dankie, Eugenie. Julle moet gerus die Onderwyskollege op Wellington probeer kontak. Die biblioteek het gawe kundiges – wat my met my eie studies gehelp het. Mnr. Moll is baie behulpsaam.
http://www.cput.ac.za/library/branchwell.php
LikeLike
Mar 26, 2010 @ 22:41:13
Ons gr R juffies is ‘n besige spulletjie, maar dit
is die moeite werd. Ek is in my 50’s en het ‘n klein klassie van 33 leerdertjies wat al my aandag
verg. Ek is een van daai ou onnies wat glo dat die
fondasie wat ons lê, ‘n groot invloed het op elke
kind se sukses in hul toekoms, aldus poog ek om op hoogte van alles binne en buite Suid-Afrika te bly rakende 5/6 jariges. Vraag: ek is opsoek na interresante kuns aktiwiteite rakende die lestema’Herfs’.
LikeLike
Mar 27, 2010 @ 12:25:29
Gats, Karin. Jy sal my seker een voor wees met idees oor Herfs…gee my ‘n dag of twee kans. My lêers lê by die skool, maar gaan vir jou ‘n paar slim planne probeer bedink 😉
LikeLike
Mar 29, 2010 @ 21:44:45
Hallo Juf.
Ek sal net graag wil weet watter kwalifikasies moet mens he om RO te kan gee. Ek hou nou 14jaar lank skool en het bedank. Ek wil graag kwalifiseer in die
rigting. Ek het vandag al rond gebel dat dit klap, maar sonder sukses.
Dankie, Hali
LikeLike
Mar 30, 2010 @ 13:22:17
Hello, Hali
Kontak gerus instansies soos die ou onderwyskolleges. Probeer gerus KSUT in Wellington (021-864 5261 as ek reg soek). Hulle behoort vir jou raad te kan gee. Skakel in by ‘n praktyk waar sielkundiges, arbeidsterapeute en dies meer werk. Dit sal jou help om die verskillende dissiplines se “oogpunte” en toetsings te verstaan…en dit help met die verwysing van die kleingoed. Sterkte! 😉
LikeLike
Apr 06, 2010 @ 13:26:47
Hallo Juffrou 🙂
Ek tuisskool my kinders ….oudste word 5in September en boetman word 3 in Julie …wanneer sal n’ Goeie tyd wees om my kinders se vermoëns te laat assesseer?
Baie dankie
Jana
LikeLike
Apr 07, 2010 @ 19:15:53
Hello, Jana 😉
Dit hang af waarvoor jy jou tweetjies wil toets. Indien jy wil kyk of jou oudste enetjie se vaardighede op peil is vir sy ouderdom, kan jy ‘n arbeidsterapeut raadpleeg. Ek sal eers in die middel tot aan die einde van sy Graad R-jaar vir skoolgereedheidstoetse gaan (opvoedkundige sielkundige)…Die kleintjie hoef nie nou al te gaan nie. Dit is altyd goed om ‘n kind se ogies jaarliks te toets – aangesien dit voortdurend ontwikkel. Daar is plekke in SA wat die toetse gratis of teen verminderde fooie doen. Wag tot die Graad R-jaar voor jy die groot toetse aanpak. Baie sterkte 😉
LikeLike
Apr 18, 2010 @ 00:05:39
asb help ek is ‘n tweedejaar student en moet ‘n kritles aanbied oor die provinsies van suid-afrika vir graad 3. Ek is op soek na iets wat die leerders sal boei asook miskien voorbeelde van werkskaarte.
LikeLike
Apr 18, 2010 @ 10:46:36
Hello, Aletha
Trek die buitelyn van die SA-kaart na en knip die onderskeie provinsies uit. Jy kan prente bo-op elke provinsie aanbring (en dalk elke provinsie ‘n ander kleur gee). Bv. Die Wes-Kaap kry wingerde / druiwe, koring, Stormers…Gauteng het goudmyne, Bulle…Bespreek elke provinsie met die aspekte wat jy daar kry. Nadat julle die provinsies bespreek het, kan ‘n kind die provinsie op die groot kaart vassit. Later kan hulle die legkaart bou as vaslegging of die los prentjies by die onderskeie provinsies pas. Soek mooi kaarte van die land of selfs van elke provinsie – om deel van jou uitstalling te vorm…baie kleurvolle prente en boeke sal goed werk…en flitskaarte. As jy van wingerde praat – moet die woord “wingerd” iewers verskyn. As jy van goud praat – sit jy die woord by die prentjie vas. Sê sommer terloops dat jy ‘n vangplek in die woord sien – “Pas op vir die vangplekke…Wat hoor ons aan die einde van goud? Jy hoor ‘n t, maar skryf ‘n d.” As jou les ‘n SW-les is, moet jy nie te lank aan die vangplekke wy nie…Tik op die vangplek (of trek ‘n rooi lyntjie daaronder) en noem net dat daar ‘n vangplek is en dat ons later daarna gaan kyk. Gaan dan aan met die les en behandel die vangplekke tydens jou taallesse.
Het jy al die volgende skakels gesien?
http://countries.mrdonn.org/southafrica.html
http://www.south-african-homeschool-curriculum.com/free-printable-homeschool-worksheets.html
http://www.edhelper.com/geography/South%20Africa_map.htm
Click to access southafricanmap.pdf
http://www.enchantedlearning.com/africa/southafrica/mapquiz/
http://www.freeprintable.com/view/print.html?id=4772
http://www.awarenesspublishing.co.za/provinces_eng.htm
http://cnx.org/content/m27868/latest/
LikeLike
Mei 06, 2010 @ 11:19:19
Ek is tans besig om BEd(KO) deur UNISA te swot en het ‘n pos by ‘n kleuterskool aanvaar. My klassie gaan 3-4 jaar oud wees. Ek sien baie uit maar waar kry ek idees??? Help asb.
LikeLike
Mei 06, 2010 @ 17:23:39
Gats, Annie 3 en 4 jaar oud is ‘n bietjie klein vir my :wink:. ‘n Mens moet maar by ‘n Graad R-juffrou aanklop vir idees rondom temas en dit dan BAIE vereenvoudig. Snuffel ‘n bietjie rond vir ‘n oulike Educare-juffrou – aangesien hulle opgelei is om met die ouderdomme te werk. Hulle sal vir jou kan sê of jou werk te moeilik is vir die ouderdomsgroep – al dan nie…Wees baie kreatief en fokus om baie praktiese werk, “crafts” en kuns. Die outjies is te klein vir takies in boeke….baie opvoedkundige speletjies, bitter baie stories en rympies…en liedjies. Kom klop maar hier indien jy hulp benodig. Daar is altyd ander mense hier wat ook sal kan help 😉
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 12:46:46
Eerstens baie dankie vir die webblad – ek geniet dit baie. Op hierdie stadium verslind ek enige iets wat ek raakloop. Waar begin ek soek na ‘n Educare-juffrou? Ons bly op ‘n klein platelandse dorpie. Die naaste “groot” dorp is Bethlehem. “Juffrou” wees is vir my ‘n hele nuwe veld aangesien ek 18 jaar in die korporatiewe wêreld was.
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 16:04:33
O, gats Annie. Sover ek weet is Educare-juffrouens dikwels by die dagsorgsentrums of word hulle dagmoeders. Die kolleges stuur hul studente daarheen vir praktiese opleiding. Dalk het hulle vir jou ‘n lysie.
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 08:34:56
More, ek is vanoggend erg moedeloos. My meisiekind sukkel met konsentrasie en is die skool en sielkundige van mening dat sy ADH is en het hul vir my ‘n DVD gegee van ‘n Mnr Venter wat oor Ritalin en die verskillende vorme van ADH praat.
Ek het al Rescue en Biostrath probeer en nou begin sy met haar 1st groot eksamen (Graad 4). Ek is tussen 2 minds en weet ek nie of ek haar op Ritalin moet sit en of daar ‘n ander wonder middel is. Sy is erg bedrywig, sy kan nie wag om iets te se nie, sy gee gou op en kies goed wat makliker is om te doen, haar aandag word erg gou afgelei met ander goed. Sy vergeet maklik dinge ens ens.
Ek het leiding nodig en is maar skepties en bangerig.
LikeLike
Mei 07, 2010 @ 16:26:10
Middag, Chantal 😉 Ek verstaan jou bekommernis en vrese baie goed. Dit is nie altyd te sê dat die een spesifieke middel of hulpmiddel vir jou spesifieke kind gaan werk nie. Is die Mnr Venter dieselfde man wat op Carte Blanche was? Ek sal na sy videotjie moet kyk om ook te weet waaroor dit gaan. ‘n Vriendin verduidelik dat die dokter aan haar die volgende vertel het:
Kinders met aandagafleibaarheid het baie stofsuiertjies wat inligting soek om op te neem. Hulle fokus dus op verskillende impulse en kan nie op spesifieke take konsentreer nie. ‘n Middel kan help om die stofsuiers af te skakel sodat die belangrikstes op die taak fokus. Dit werk gewoonlik binne ‘n kwessie van 3 – 4 ure uit en as jy dan ‘n “drug test” doen, is die urine skoon. Dit is natuurlik “hoorsê” en ek sal vir jou meer daaromtrent uitvind. ‘n Mens kan ‘n toetsperiode deurgaan, maar dan sal ‘n mens nou al daarmee moet begin. Die kleintjies kry soms ‘n bietjie maagkrampe vir ‘n dag of twee. Die belangrikste is dat die medikasie daagliks (skooldae) geneem moet word en dat ‘n gesonde eetpatroon dit moet vergesel.
Ons het al gemerk dat sommige kinders geen verandering op medikasie toon nie. Vir dié wat wel ‘n reaksie getoon het, was daar ‘n pragtige verandering – juffrou kla nie meer so baie nie, die werk is klaar, die werk is netjies, die gesiggies blom en die punte styg. Ongelukkig moet ‘n mens maar eers ‘n ding uittoets om te kyk of dit vir jou spesifieke kindjie werk. Indien dit nie die gewensde oplossing is nie, kan ‘n mens neurofeedback terapie probeer (kyk regs onder my lysie “blogrolle”-skakels) of met ‘n pediater gesels oor ander idees. Ek las vir jou die skakel na inskrywings oor ADD / ADHD en eetpatrone hier:
https://juffer.wordpress.com/?s=aandagafleibaarheid
https://juffer.wordpress.com/2008/10/24/aandagafleibaarheid/
https://juffer.wordpress.com/?s=dieet
Baie sterkte – veral met die eksamen 😉
LikeLike
Mei 10, 2010 @ 08:19:42
Hi
Baie Baie dankie. Dit is dieselfde persoon wat op Carte Blanche daardie tyd was. En het hy ook in sy DVD ns Helderberg Ondersteuning presies ook gepraat van stofsuiers ens. En het hy ook die newe effekte genoem en ook die goeie gedeelte en dat dit oraal ingeneem nie enige gevaarlike impak op die kind kan he soos gewone dwelms nie. Ek sal vir klein Megan eers pediater toe neem sodat hul kan toets en dan besluit. Ek het so baie websites en bloggs en ander ouers se kommentaal gelees. Meeste is maar dieselfde – Toets eers die kind deur ‘n pediater/ sielkundige en begin met klein dosis en monitor vir die kleinding. Die Mnr Venter het ook gepraat van stofsuiers ens. en dat dit in sommige gevalle generies is. Hoe meer hy gepraat het, het ek myself gesien. Ek het oor al die jare maar net gedink dit is hoe ek is en gecope daarmee. Ek glo in 1974 op ‘n plattelandse dorpie is simptome van ADH nie so bekend as vandag nie.
Baie dankie – ek weet ek kan altyd na jou terugkom vir raad oor my kinders.
LikeLike
Mei 10, 2010 @ 16:31:55
Dis ‘n groot plesier, Chantal. Jare gelede was kinders met aandagafleibaarheid dikwels net as “stout” geklassifiseer. Ai, al die ettikette!
Jy moet gerus ook onder my vriendelys op FACEBOOK gaan loer. Daar is ‘n baie knap skooldokter wat aangebied het om te gesels (Dr Lawrence). Ongelukkig het ek nie ‘n e-pos adres of telefoonnommer nie, maar jy behoort haar op FACEBOOK te kan raadpleeg. Ek gaan my duime vir jou en vir Megan vashou dat die nommerpas besluit vir haar gemaak sal word en dat hierdie eksamen “kinderspeletjies” sal wees. 😉
LikeLike
Mei 11, 2010 @ 12:42:39
Goeie dag Juffer
My moeder is ‘n dagmoeder en wil graag vir die kindertjies prentjies gee oor Die Skepping wat hul self kan inkleur en so dan ook kan leer oor die Skepping. Het jy dalk enige idee waar mens so ietsie kan kry. Dit sal baie help as jy dalk oulike idees het van hoe mens die boodskap op ‘n speelvolle wyse kan oordra. Die kindertjies wissel van 2 tot 5 jaar. Baie dankie vir ‘n baie baie oulike webwerf. Groete
LikeLike
Mei 11, 2010 @ 19:19:42
Welkom, Anina
Probeer gerus die volgende skakels:
http://www.filefolderfun.com/
http://www.christianpreschoolprintables.com/
http://www.ebibleteacher.com/children/
http://www.quick-christian-resources.com/
http://archive.wels.net/sab/cb/
http://biblecoloringsheets.org/bible-coloring-sheets-christian-bible-coloring-pages-of-the-creation.html
Ek hou veral van die eerste twee. Jy kan inskakel of inskryf op hul nuusbriewe en forum om gereelde inligting en nuus te ontvang. Die idees is so reg in die kleintjies se kraal. Ek dink ons moet net grawe en soek vir meer eenvoudige prentjies. Bv. net ‘n son of ‘n maan in plaas van ‘n hemelruim vir die 2-jariges. Die heel kleintjies kan ‘n son of maan op ‘n papierbord maak terwyl die 5-jariges meer detail kan hê. Doen dalk stempelwerk met die kleintjies of gee die klaar uitgeknipte vorms vir die groot prent. Hulle moet dit dan nie plak – onder leiding en toesig.
Bv. Verf die helfte van ‘n bladsy swart en druk sterretjies met wit verf en sterrestempels (sommer uit ‘n halwe aartappel gesny) daarop. Die ander helfte kan hulle met wit en ligte poeierblou sponswerk bedek. Trek sirkels (sommer met deksels – van koffieblikke of botterbakke) en driehoeke af, laat die outjies dit uitsny en verf dit met geel en oranje. (Suiwer kleure is baie vervelig.) Plak die sirkel met die driehoeke rondom dit direk op die blou agtergrond of lig dit met ‘n stukkie spons of dik karton – vir diepte. Dit gaan meer as een dag neem om te maak – baie geduld 😉
LikeLike
Mei 12, 2010 @ 12:42:30
Juffer, waar op Facebook kan ek jou opsoek. Onder wat is jou naam gelys? Ek sien jou kommentaar op 10 Mei verwys jy na FB groep. Sou graag wou aansluit en sodoende meer mense bewus te maak van hierdie “website”.
Groete
LikeLike
Mei 12, 2010 @ 18:17:18
Hello, Laura
My naam op Facebook is Juffer Juffrou . Jy kan my opsoek en vriende word. Ek gebruik die “status updates” om vriende in te lig oor nuwe inskrywings op hierdie blog. 😉 …en stuur sommer my blog se skakel vir ander ook aan…hoe meer ons mekaar kan help hoe beter.
LikeLike
Mei 13, 2010 @ 19:59:36
Hi Juffer Juffrou! My dogtertjie het vandag ‘n verslag van die kinderkinetikus gekry wat by die skool was. Sy is nou 5 jaar en 3 maande en in Graad R. Sy is MAL oor skool en wil sommer naweke ook gaan. Die verslag se dat sy nog aandag moet gee aan Posisie in die ruimte verhoudings; asook Lateraliteit. Grieks vir my! Kan jy vir my se watter tipe oefeninge ek met haar moet doen?
LikeLike
Mei 14, 2010 @ 17:44:33
Middag, Anrietta
Lateraliteit verwys na die kleintjie se innerlike bewustheid van die kante van die liggaam. Met ander woorde haar begrip vir links en regs. Posisie in die ruimte handel weer oor die bewustheid posisies in ‘n ruimte of ten opsigte van ander voorwerpe. Dit dek die begrip van voor, agter, langs die…, agter die…
Vir ‘n kind van 5 jaar is dit normaal om nog hierdie konsepte te verwar. Jy hoef nie nou al bekommerd te wees nie, maar kan sommer wegspring met al die speletjies en oefeninge om die kleintjie se vaardighede te ontwikkel. Loer gerus by die skakels hierbo. Dit is fantasties dat iemand nou al vir jou kon sê waaraan jy kan aandag skenk – met die oog op skoolgereedheid! 😆 Sommer net vir die interessantheidshalwe kan jy na die skakels onder “blogroll” kyk. Gaan na Eye can learn en Skoolgereedheidsvraelys vir verdere riglyne, oefeninge en lekkertes. Mooi naweek en lekker speel 😉
LikeLike
Mei 21, 2010 @ 14:26:16
Hi, ek is raadop, en omtrent elke tweede maand in trane. Ek weet nie meer wat om te doen nie, my seuntjie is in Gr.1, hy doen baie goed en daar is glad nie aanpassings of ander probleme nie, die enigste GROOT probleem is sy netheid. Hy kleur ongelooflik lelik in, Sy werk is ‘n gekrap en sy boeke is onnet. Sy potlode en so lê glo die hele klas vol. Ons is nie so in die huis nie, inteendeel, ek is ‘n perfeksionis en dis nie dat hy nie weet hoe om netjies te wees nie. Wat kan ek doen?? Ek kan nie so aangaan nie, dit ontwrig die hele gesin as ek elke tweede maand by sy juffrou moet hoor hoe onnet sy werk is. Het jy vir my raad seblief!!
Dankie, lekker dag!!
Groete
Annalien
LikeLike
Mei 21, 2010 @ 14:37:14
Hier is net nog ‘n e-pos adres, die vorige adres blok die e-posse
LikeLike
Mei 21, 2010 @ 17:31:57
Hello, Annalien
Ai, jai jai…Het die skool niks aanbeveel nie? 😉 Kom ons kyk…As ek reg verstaan, is daar geen akademiese probleme nie. Grootman is net ‘n bietjie “buite die lyne”. Dit kan wees dat sy fyn motoriese of fynspier ontwikkeling net ‘n bietjie agter is. Met ander woorde die spiere wat help om goeie beheer oor die skryfaksie uit te oefen, is nog ‘n bietjie styf. Julle kan ‘n bietjie aandag aan die fynspiere gee (loer gerus by die skakel) om die spiere te oefen. ‘n Ander opsie is om ‘n konsultasie met ‘n arbeidsterapeut te probeer om te kyk watter raad sy dalk vir julle het. Arbeidsterapeute is goed opgelei om na die spiere (handspiere en groter liggaamspiere), postuur, spiertonus, skrif…ensovoorts te kyk. Seuntjies se fyn spiere is dikwels nog nie genoegsaam ontwikkel om die skryf- en tekentake aan te pak nie en daarom is die skryfaksies ‘n probleem. Foei tog…ek is seker dat hy glad nie onnet wil wees nie. Dalk is dit net die koördinasie en beplanning op die boek wat lol. Dis nie asprisgeit nie :wink:…MAAR dis ook nie ‘n teken dat hy groot probleme sal hê nie. Dis ‘n normale ontwikkelingsproses wat ‘n mens net ‘n bietjie moet aanwakker. Kyk ook na die skakel en inskrywings oor skrif (ignoreer die afdeling oor lopende skrif tot Graad 3). Tik woorde soos abc, skrif, skryf, klanke, ens. by die soekblokkie aan die regterkant in om nog artikels te kry rakende oefeninge en skryfwerk. Ek het ‘n stukkie oor oefeninge vir die handjies (wagwoord = die stukkie agter die @ van jou werkende e-pos adres).
Hoe is jou seun se aandagspan oor die algemeen? Verloor hy dikwels skryfgoed en kledingstukke? Luister hy dikwels nie as ma praat nie? Dit kan dalk ook ‘n rol speel.
My raad is om eers met ‘n paar takies en werkstukke (of -boeke) na ‘n arbeidsterapeut te gaan vir ‘n deeglike gesprek. As julle so ‘n konsultasie reël, kan die juffrou haar gedagtes ook neerpen en aanstuur. Die terapeute is aftrekbaar van die meeste mediese fondse, maar ‘n mens moet eers vooraf seker maak. Indien daar nie ‘n mediese fonds is nie, kan jy vir korting op kontant vra of die naaste skoolkliniek en hospitaal skakel. Staatshospitale se arbeidsterapeute is baie besig en sien die kinders nie so gereeld nie, maar sal minstens vir die ouers idees kan gee om tuis te probeer.
Moenie tou opgee nie – jou outjie klink oulik! 😉
LikeLike
Mei 26, 2010 @ 16:52:16
Baie dankie vir die raad! Ons het verlede jaar ‘n tuisprogram gedoen juis vir sy fynmotories, sal net weer bietjie dit nader en weer ‘n paar oefeninge met hom doen. Ek het dit nie in my vorige vraag genoem nie, maar ek het raad nodig oor ‘n ander aspek, en dalk oor jy ‘n juffrou is, kan jy dalk vir my raad gee. Ek het van die eerste kwartaal af bietjie my vertrou in my seun se juffrou verloor. Binne die eerste 3 weke van skool het ek ‘n RO briefie in sy tas gekry, dit was vir my ‘n skok, ek het regtig gedink my kind is gereed vir alles, maar ja. Ek het hom gestuur vir die RO klas, na die eerste klas het sy my laat weet dat dit nie mee nodig is nie, sy het hom weer getoets en hy is fine. Hy het nog Wiskunde RO gehad, en na 4 weke het daardie RO juffrou vir my gesê sy weet regtig nie hoekom sy voog juffrou hom gestuur het nie, want hy kry 4 vir al sy oefeninge en het dit regtig nie nodig nie. Die eerste 3 dae van die tweede kwartaal het ek hom een middag gaan haal en toe moet ek hoor my kind ontwrig die hele klas. Na ek en my man met hom gesels het, en vir hom belet het om met van die ander seuns maats te speel wat absoluut onmoontlik is, het sy my een middag voorgekeer, net om te sê dat sy jammer is, maar ek was die verkeerde ma teenoor wie sy afgegaan het. Ek het dit van die begin geweet, maar mens is mos nie heeldag daar om jou kind te dissiplineer nie. Verlede week het sy, sy werk vir my gewys en dit is waaroor my vorige vraag gegaan het. Die ding is, sy laat toe dat hy rondloop in die klas, my kind is nie hiperaktief of aandagafleibaar nie, daarvoor het ek hom laat toets by ‘n Opvoedkundige Sielkundige en Arbeidsterapeut om juis seker te maak hy is reg vir skool. Ons het oor die naweek vir die juffour ‘n brief geskry en gevra dat sy hom seblief moet ferm hanteer oor die rondlopery. Vandag weer het hy rondgeloop sy het dit nie hanteer nie en hy het nie sy werk vir die dag klaargekry nie – wat maak ek??
Die ander ding wat ook verkeerd gegaan het, my seun is links, aan die begin van die jaar het ek haar gevra om hom seblief aan die linkerkant van die tafel te laat sit. So vind ek Vrydag ook uit hy sit aan die regterkant van die tafel, en sodoende as hulle werk dan stamp hy en sy maatjie mekaar tien teen een, dis ook hoekom sy werk so kan lyk, en as hulle speltoets skryf, stamp hy teen die bordjie wat tussen hulle gesit word. Sy is self links en ek verstaan regtig nie hoekom sy hom aan die regterkant laat sit nie. Help asseblief, ek is raadop oor die situasie, ek vrees elke middag as ek my kind gaan haal, want wat volgende!! Ek is moeg om oor dissipline by die huis en skool te worry!!
Dankie vir die raad, die website is wonderlik, en dis so lekker om te weet daar is iemand wat mens kan help met mens se kinders op skool. Dinge het darem baie verander van ek op skool was!!
Lekker dag!!
Groete
Annalien
LikeLike
Mei 26, 2010 @ 19:10:32
Goeie-naand, Annalien 😉 Ek is bly dat ek kon help. As ek so na jou vertelling oor jou seuntjie kyk lyk dit asof alles goed gaan. ‘n Mens kan dalk vir jou seuntjie ‘n horlosie kry of ‘n “egg timer” wat hy moet opwen. Dit help sekere kinders om gefokus te bly op die takie wat binne 5 of 10 minute moet klaar kom. ‘n Mens kan ‘n gidsie op sy tafel plak wat bv. aandui hoe lank hy per taak kry om dit te voltooi. Probeer eers ‘n paar maal tuis…Teken ‘n horlosie en bedek dit met kleeflint (sommer ‘n breë strook of plastiek). Trek die huidige tyd sy armpies en gebruik ‘n ander kleur om die beoogde plekke te wys. Gee ‘n leesstuk of doolhof-aktiwiteit en kyk of dit werk. Die horlosie wat jy teken en die een waarop hy sy vordering kan dophou moet dieselfde soort wees (digitaal of ‘n opwen model). ‘n Mens kan dan aan die juffrou verduidelik dat jy hierdie metode by die huis volg – as dit vir julle werk. Gee dan vir juffrou so ‘n horlosie vir die tafel en ‘n witbordpen. Sy hoef dan net die lyne te trek en af te vee as jou seuntjie klaar is. ‘n Ster of ‘n glimlaggende gesiggie in die boek sal vir julle dan almal ‘n aanduiding wees dat dit telkens gewerk het en na ‘n sekere aantal gesiggies – volg ‘n roomys! 😆
I.v.m. die handigheid…ek gaan so ‘n paar skakels hier plaas vir ekstra inligting. Jy is reg oor die plasing by die tafels. Kan die twee maats nie net vir een dag plekke ruil vir ‘n proeflopie nie? Intussen sou ek by die huis voortgaan met die fynmotoriek oefeninge…Onthou dat jy nie papierwerk hoef te doen nie…skryf in room, skryf in sand, skryf in modder, klei, skuim, suiker, sout…op ‘n gewasemde ruit…vleg toue, vingerbrei toue…en vertel of wys vir juffrou wat julle van julle kant af doen. (Smoor die stories met julle bewyse :wink:) ‘n Mens moet maar die heuningkwas uit haal as dinge bitter raak 😉
http://www.lefthandedchildren.org/school-survey-results.htm
LikeLike
Mei 24, 2010 @ 11:21:06
Ons het idees nodig! Hoe kan ‘n skool/onderwyser sosiale en emosionele vaardighede by kinders ontwikkel? Die ontwikkeling van kinders se sosiale en emosionele vaardighede is krities vir verdere ontwikkeling – veral as jy kinders selfgerigte en lewenslange leerders wil maak. Wat sal deel wees van ‘n aksieplan vir ‘n skool en ‘n klas?
LikeLike
Mei 25, 2010 @ 17:44:20
Hello, Adrienne. Ek het die onderwerp op julle blog gesien. Dit hang natuurlik af van die ouderdomsgroep en die tipe emosionele ontwikkeling wat benodig word. Ek sou die kinders wou lei om ‘n stel beginsels op te stel vir die klaskamer. Bv. Hoe sou jy graag behandel wou word? Hoe moet ons fluksheid beloon? Hoe moet ons boeliegedrag hanteer? Hoe kan ons maats help wat hartseer voel?…Ek sou tema’s of idees gekoppel aan “omgee” en “bewustheid” wou gebruik. ‘n Mens kan die beginsels op groot harte bo die skryfbord aan bring en weekliks kyk of daar nog by gevoeg of verwyder moet word. Plaas byvoorbeeld een waaraan hulle nie kon voldoen het nie (in gevalle van bakleiery) op ‘n rooi kruis (‘n hospitaal) totdat die gedrag en begrip verbeter. Goeie vriendskappe of medemenslike gedrag (UBUNTU) kan beloon word met mooi woorde. ‘n Mens wil nie goeie optredes met monitêre pryse beloon nie. ‘n Goeie optrede regverdig ‘n goeie woord uit die hart.
Wat van stories oor inspirerende mense en hul lewens? …dink aan Nelson Mandela, Ghandi, Moeder Theresa…oudpresident FW de Klerk as spreker…sportmanne…
LikeLike
Mei 26, 2010 @ 21:16:03
Dankie, dankie, dankie… Ek kan dit nie genoeg se nie… My dogtertjie is in Gr1 en sukkel met dubbel en lang klanke en dit is verskriklik… Sy ruil ook haar b,d,p om.. Ek gaan nou al die hulp middels gebruik vir die vakansie en lekker hard saam haar werk…
Baie dankie (nog ‘n keer)
Amanda
LikeLike
Mei 27, 2010 @ 16:27:12
Dis ‘n plesier, Amanda 😉 BAIE sterkte…soek gerus met die “search” blokkie en onder die drukbares vir dinge oor b, p en d…:wink:
LikeLike
Mei 27, 2010 @ 10:59:57
Môre juffrou
Die sokkerkoors is hoog in my graad 3 klas. Leerders wil net skryf en praat oor Sokker. Ek is op soek na leesstukke / stories oor Sokker en ook prente oor hierdie sportsoor
LikeLike
Mei 27, 2010 @ 16:30:18
Middag, Gertie 😉 Ek het omtrent gesukkel om oulike goedjies oor die sokker te kry. Kyk gerus by die skakel. Ongelukkig is die leesstukke nog ‘n kopseer. Ek sal verder soek en plaas as ek ‘n paar kry 😉
LikeLike
Mei 31, 2010 @ 10:44:58
Juffer
My kind is nou in graad 1 en sover lyk dit vir my het dit in die skool goed gegaan. Hy lees al baie oulik en sy spelling is ook vlg my op standaard.Hulle het al die dubbelklanke soos ui, oe,ei, ee ens ook al in die klas onder die knie. Daar is natuurlik n 5 weke lange vakansie om die draai. Moet ek met hom hersiening en vaslegging gedurende die vakansie doen, sodat hy in oefening bly? Hiermee bedoel ek nou die hoe frekwensie woorde, basiese optel en aftrek en in twee ‘s, driee, viere ens tel. Ons albei het die begin van die jaar baie moeilik aangepas met die hope en hope huiswerk, die volgepropte dae en buitemuurse aktiwiteite, Is totale afskakeling van skoolwerk nie dalk beter nie? Aan die anderkant sien ek nie weer kans om na n luilekker vakansie te sukkel om my kind weer terug in n streng roetine te kry nie.
LikeLike
Mei 31, 2010 @ 17:52:40
😆 Alice, ek dink jy het jouself beantwoord :wink:. Jy is reg. Dis ‘n bitter lang vakansie en ‘n mens moet probeer verseker dat die outjies hul vaardighede handhaaf. Ek sou voorstel dat jy so elke tweede dag ‘n werkie doen – net ter verryking. Dit is immers vakansie en ‘n mens moenie die bietjie ontspanning inboet nie :wink:. Doen die werk “as ‘n verrassing vir juffrou”, maar nooit as ‘n verpligte meulsteen om die nek….Lekker rus!
LikeLike
Jun 02, 2010 @ 19:35:48
Hi Juffer!
Ek het sopas op hierdie werf afgekom en dink dis fantasties!! Ek het ‘n seuntjie wat einde September 4 word. Ons woon op ‘n plaas baie ver van die dorp af. Boetie en sussie (gr 6) is in die koshuis, op ‘n ander dorp. My vraag is nou, ek het gehoor dat Gr 0/R nou verpligtend is. Ek gaan dit nie oor my hart kry om my baba ook na die koshuis te stuur nie! Ek en my man het dit goed deurgepraat, en ons wil graag vir hom tuisonderrig gee. Ek is nie gekwalifiseerd nie, maar is bereid om te leer. Weet jy dalk waar kan ek werkstukkies/oefeninge/ idees kry om kleinman voor te berei vir grootskool? Wanneer en hoe begin ek. Wat is die reels vir tuisonderrig?
Ek sal enige hulp VERSKRIKLIK waardeer.
Petra
LikeLike
Jun 03, 2010 @ 19:14:18
Hello, Petra en welkom 😉
Ek het onlangs op ‘n “groep” afgekom vir ouers wat tuis onderwys probeer. Jy sluit basies aan d.m.v. ‘n yahoo rekening en ontvang daagliks briewe en inligtingstukke van ander lede. Dit kan dalk ‘n goeie hulpmiddel wees en kan vir jou baie hulp bied.
Sover ek weet is Graad R nog nie 100% verpligtend nie, maar is jou kanse vir aanvaarding in Graad 1 baie beter as jy Graad R het en skoolgereed is (in die voorstedelike areas). Die Graad R kurrikulum het verander in die afgelope 10 jaar en kinders moet nou meer vaardighede demonstreer as toe ons kleintyd aan die teenoorgestelde kant se oor moes raak of veters moes knoop. Ek verstaan jou situasie en dink ook nie dat jy nou al jou kleintjie in ‘n koshuis moet plaas nie.
Jy kan gerus op die kurrikulumwerf loer en die afsonderlike kriteria deur gaan. Kyk ook na werwe soos “tuishulp” en “kleuters.co.za” (skakels aan die regterkant van die blog se voorblad) vir idees om tuis te probeer.
Kom loer gerus weer in en vra weer as ek kan help…en indien ek nie kan help nie sal ons soek na iemand met meer kennis :wink:. Groete vir kleinman!
(Breinlyn het ‘n skoolgereedheidstoetsie wat ‘n mens kan druk en probeer – so teen Augustus / September van die Graad R-jaar.)
LikeLike
Jun 07, 2010 @ 14:12:43
Ek soek dringend hulp vir my seuntjie hy was laas jaar in gr1 en die skool het hom agter gehou omdat hy n spraak probleem het en nou is hy weer in gr1 hy doen nou beter in die skool maar op sy raport kry hy nogsteeds slegte punte omdat hy nie op standaard is nie is daar enige oefeninge wat ek kan doen met hom of is daar dalk raad ek is hardop
groete
chantal
LikeLike
Jun 10, 2010 @ 08:25:58
Hello, Chantal 😉 Gits, vrou. Ek is nie heeltemal seker wat die skool op die rapport gesê het nie. Het hulle jou al na ‘n spraakterapeut of ‘n opvoedkundige sielkundige verwys? Dit sal dalk goed wees om hom skolasties te laat toets sodat die skool (en julle veral) sal weet waar die uitvalle lê. Indien die probleem-area spraak is, kan dit sy spelvernuf beïnvloed. Sy wiskunde punte behoort steeds goed te wees. Jy kan altyd die rapportjie aan my stuur (086 566 1926 faks) sodat ek kan sien wat die juffrou gesê het. Ons moet eers weet wat die kwessies is 😉 Groete vir grootman
LikeLike
Jun 09, 2010 @ 14:42:14
Hi
Weereens dankie vir al jou raad!! Ek het net weer bietjie hulp nodig. My seuntjie het vandag sy rapport gekry, en dit lyk pragtig. Daar is net een punt wat nie te goed lyk nie, dit is onder die volgende beskrywing: “Los praktiese probleme op deur groepering en verdeling van heelgetalle waar die antwoord reste kan insluit”, ek is seker jy sal weet wat dit beteken. Is dit gewone deel somme? Kan jy dalk vir my sê waar ek voorbeelde hiervan kan kry, of waar ek ‘n boek met voorbeelde kan koop sodat ons die vakansie bietjie daaraan kan werk. Baie dankie vir jou moeite, en ‘n wonderlike site!!
Geniet die vakansie!!
Groete
Annalien
LikeLike
Jun 10, 2010 @ 08:50:39
Hello, Annalien 😉 Dit klink na die voorloper vir deling. Dit is nog nie formele deling nie en julle kan die somme sommer prakties doen. Hierdie deling dek die gebied waar die outjie moet leer lekkers uitdeel. Deel 10 lekkers tussen 3 kinders (een vir jou, een vir jou en een vir my….). Hoeveel lekkers kry elkeen? 3. Hoeveel lekkers bly oor? 1 hele lekker. Verdeel 7 balle tussen 2 kinders…Elkeen kry 3. Hoeveel bly oor? 1 hele bal. Die res is dus 1. Gebruik dus nie-opsnybare items (bv. ‘n bed, ‘n fiets, ‘n bal…)
Julle kan die somme fisies (met konkrete voorwerpe) doen en prentjies teken. Die delingteken is een van die laaste bewerkingstekens wat aangeleer word. Los dit eers as die juffrou dit nog nooit gewys het nie. Ek hoop ek het die rapport reg verstaan…:lol:
Baie geluk met die goeie rapport!
LikeLike
Jun 12, 2010 @ 20:16:48
Hallo juffer,
Ek is op soek na waar ek “lopende skrif” se font kan aflaai soos ons dit in SA gebruik.?
Baie dankie
Minette
LikeLike
Jun 15, 2010 @ 15:21:58
Hello, Minette 😉 Ek kon nog nie werklik lopende skrif op die net kry nie. Die “fonts” wat jy wel kry loop nie altyd aaneen nie – die skrif is los. Grawe gerus by die volgende adresse rond:
http://www.free-fonts.com/font/cursive.html
http://www.fontspace.com/
Baie sterkte 😉
LikeLike
Jun 16, 2010 @ 15:17:14
DIT IS ‘N WONDERLIKE WEBBLAD EK IS SO VERLIG DAAR IS IEMAND WAT ONS MAMMAS KAN HELP.
LikeLike
Jun 19, 2010 @ 09:22:56
Welkom, Ina 😉 Kom loer weer in.
LikeLike
Jul 11, 2010 @ 12:59:26
Geagte Juffrou
Ek het vir 12 jaar skool gehou en het verlede jaar opgehou met werk. Ek is gekwalifiseer in jp en pp. Ek en my man het n seuntjie 3 en dogtertjie van 1 ingeneem in ons huis saam met my twee baie ouer kinders. Skielik is ek so emosioneel betrokke dat my kop toeslaan oor alles wat hulle behoort te kan doen op die ouderdom. Die seuntjie is ADHD en jy kan dink, al die juffrouens by die skool kla, maar ek weier om hom op medikasie te plaas. Weet jy dalk waar ek kan raadsoek oor natuurlike produkte om hom te help met konsentrasie, of die uitweg wat ek eerder verkies is oefening daarmee?
Baie dankie
LikeLike
Jul 12, 2010 @ 17:48:17
Hello, Jo 😉 Baie mense probeer eers ‘n goeie daaglikse roetine en ‘n lae GI dieet. Woelige outjies moenie te veel suiker inneem nie en ‘n mens kan ‘n apteker of die pediater nader oor middels soos Omega 3-olies. Kyk gerus na die volgende skakels (klik op die opskrifte om oop te maak):
adhd
dieet
‘n Kind van 3 is darem ‘n bietjie te jonk vir ‘n diagnose…’n Mens moet eers die ogies deeglik laat toets (ja, baie kinders kompenseer vir onreëlmatige oogbewegings en visie probleme deur woelig te wees) en ook die spiertonus dop hou. Dit is nie noodwendig aandagspan-uitvalle nie 😉 Voorspoed!
LikeLike
Jul 21, 2010 @ 13:12:53
So baie dankie vir jou blad ek het soveel geleer. My oudste “kleintjie” gaan gr 1 toe en omdat ek effe las van lae spiertonus het is ek maar te bewus van die simtome en die gevolge. So ek maak dubbel seker hy gaan nie sukkel nie indien hy dit dalk geeerf het.
Baie dankie vir jou raad en al die praktiese inligting hier.
Vir die mamma hierbo kan ek ook die omega 3 produkte en gewone dolomiet aanbeveel, my seun is nie ADHD nie,maar het die hupstoot nodig.
Ook het ek gehoor van n produk Thinkwell wat weekliks gegee kan word, n vriendin met n ADHD seuntjie kry baie goeie resultate op dit. Ons is ook nie pro medikasie nie.
LikeLike
Jul 22, 2010 @ 18:05:21
Baie dankie, Irene 😉
Ja, medikasie is nie altyd die beste opsie nie en dikwels is daar gewone dinge soos ‘n goeie dieet en natuurlike middels wat kan help. Ek weet dat my kollega en vriendin daarin glo om altyd ‘n proteïen by haar kinders se etes in te sluit of om suiwelprodukte (soos jogurt) in die kosblik te pak….en vir ‘n woelige outjie is sport natuurlik ‘n wenner om ontslae te raak van al die energie 😉
LikeLike
Jul 22, 2010 @ 11:40:43
Hallo Juffrou
Sjoe elke keer as ek hier kom kyk kry ek soveel idees. Baie dankie! 🙂
Ek wonder of juffrou my dalk kan help. Ek moet ‘n klomp verskillende lesse/aktiwiteite uitwerk en my tema is padveiligheid. Waar kan ek interessante prente/inligting/aktiwiteite daaroor kry? Dit is vir gr R, gr 1, gr 2.
Baie dankie!
LikeLike
Jul 22, 2010 @ 18:16:02
Hello, Lily 😉
Ek het so ‘n tydjie terug ‘n paar skakels geplaas. Padveiligheid is ‘n lekker tema vir buitespel en liggaamsopvoeding. Maak hindernisse met verkeerstekens en lê “paaie” uit. Vir kuns kan die kinders hul maats op groot velle papier nateken. Laat die outjies verskillende handseine (soos in die reëlboek) maak. Die groepies kan die agtergrond met skeur-en-plak en die liggaam met pastelle “inkleur”. Die agtergrond kan met swart papier bedek word en die verkeersmanne kan ook met verfwerk ingekleur word…Plak die prente in die gange op. Vir ‘n skryf-aktiwiteit kan die outjies die verklarings van die handseine skryf, uitknip en onder-aan die prente aanbring…’n Mens kan ook die hindernisbaan se padtekens in die gange aanbring en ‘n skattejag / “Amazing Race” speletjie beplan. Spesifieke reëls soos “fluister” en “jy mag nie hardloop nie” moet ingeskryf word. Aanmeldpunte kan verg dat die outjies by onderwysers aanmeld met wie hulle dikwels in aanraking kom (sang-juffrou, koor-juffrou, rugby-meneer…). In die 80’s was daar baie padveiligheidsveldtogte en het die skole boekies en opvoubare plakate gehad. Gaan vra gerus vir die hoof van die Grondslagfase of vir die biblioteekjuffrou of jy na so ‘n paar voorbeelde kan kyk. 😉
Baie sterkte!
LikeLike
Aug 02, 2010 @ 08:51:41
Hallo juffrou ek is Brigette en ek studeer tuis ek is 7jaar oud en hoop dat ek so nou en dan kan kom hulp vra as ek vashak. Sover gaan dit goed.
Groete Brigette
LikeLike
Aug 02, 2010 @ 19:28:01
Jy mag maar, Brigette 😉 …en jou pappa en mamma mag ook 😆
LikeLike
Aug 04, 2010 @ 07:33:01
Baie dankie juffrou van mamma Edna.
LikeLike
Aug 04, 2010 @ 19:38:08
Dis ‘n groot plesier, Brigette. Kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Aug 04, 2010 @ 10:30:07
Hallo juffrou,
Ek wil graag weet , mag graad 2 kinders met assesering van syferheid hul telkaart van 200 gebruik as hulpmiddel. Hulle is tans besig met eienskappe van getalle. Die syfers is byvoorbeeld 45, 56, 89, 100. Hulle mag nie herbenoem nie. Soos ek verstaan mag hulle tellers(ronde gekleurde plaatjies) gebruik, maar my seun sukkel met die tellers, hy verkies om op sy vingers te tel. Ek probeer hom dit afleer deur met tellers te werk, maar hy tel vinniger as wat hy die tellers aftel. Ek het die telkaart uitgehaal en hy doen makliker die eienskappe van getalle nou.
So my vraag is , kan hy met die assesering vra vir die telkaart, in plaas van die tellers?
LikeLike
Aug 05, 2010 @ 16:49:09
Hello, Santie 😉 Ek het gou vandag soos in Oubaas se woorde “gekonfeddereer” met ‘n kollega. Sy het gesê dat sy dit toelaat, MAAR omdat die outjie nie ‘n hoeveelgevoel vir die waardes van die getalle het nie…kry hy dan ‘n laer kode. As die outjie dis nie die som op sy eie kon doen nie, maar eerder hulp (‘n krukkie) benodig het sal die punt strenger (2) wees. As die outjie sonder hulp die som kan doen, sal die kode ‘n 3 wees. Ek hoop ek het jou vraag korrek verstaan en beantwoord het. 😉
LikeLike
Aug 05, 2010 @ 18:35:13
Baie dankie vir die konfederasie. Jy het die vraag reg verstaan. Ons gaan nou elke dag eienskappe van getalle oefen. Dit is nou maar die enigste manier om dit onder die knie te kry, sonder hulpmiddels. Ons het dit vandag sonder die hulpmiddels gedoen, en hy het amper alles reg gehad. Probeer maar Kumon manier van elke dag oefen, al is dit Sondag of Saterdag.
Baie dankie vir die oulike webblad, ek gaan omtrent elke dag in om iets op te kyk!.
Groete Santie
LikeLike
Aug 05, 2010 @ 20:49:56
😉 Baie sterkte, Santie…en vra gerus vir jou seuntjie se juffrou om voorbeelde en aktiwiteite met julle te deel. Dalk het sy ‘n paar wenner-idees wat julle weer met ons kan deel :wink:. Kom loer gerus weer in…en lekker oefen!
LikeLike
Aug 06, 2010 @ 10:36:36
Hallo Juffer en Santie
Wat bedoel julle met die eienskappe van getalle, bv 45, 56,89 en 100? Dit sal vir my interessant wees om te weet, want my seun is nou in graad 1 en ek sal myself graag wil voorberei op wat volg. Gee net vir my een of twee praktiese voorbeelde. My kind het aan die begin baie gesukkel, en alles het nou in plek begin val. Ek doen baie moeite en ons werk op n baie gereelde grondslag aan die tellery en sommetjies. Ek sal ook graag wil weet of Kumon regtig nodig is. Ek het ingegaan op hulle webtuiste en ook twee konsultante geskakel, maar dit klink vir my regtig te erg om nog ook in n besige skedule in te pas. Die huiswerk en buitemuurse aktiwiteite is al klaar baie.Ek het ook met my kind se onderwyseres daaroor gepraat, en sy is van mening dat kinders dit verafsku omdat dit so gestruktureerd is. My seun is egter in n klas met 23 leerling en 9 van hulle doen Kumon. Dis baie hoog mode in die klas. Alhoewel my seun alles onder die knie het wat van hom verwag word, is die Kumon kindertjies by verre die uitblinkertjies en die ander stadiger outjies baie ver voor. My gemiddelde kind sit toevallig langs so n klein Einstein. Wat my eintlik bekommer is dat ek die afgelope tyd n onsekerheid by hom agterkom. Dis asof sy selfvertroue stadig begin minder word. Hy sal homself vergelyk met sy maatjie langs hom en vertel die ander kinders is bv, al op bladsy 12 en hy nou eers op bladsy 7 byvoorbeeld.Ek probeer altyd net oordra dat hy nie moet goed afjaag nie, en liewer deeglik moet werk. My kind beweeg toevallig tussen n groep besonder skrander en bevoorregte kinders rond, waar n hele paar al byvoorbeeld kon lees voor hulle met formele skool begin het. Is dit gesonde kompetisie tussen kinders, of is my kind maar net onnodig sensitief omdat hy nie so “slim” soos die meeste van sy klasmaatjies nie.Vir my is dit n sinnelose gejaag na wind, maar n mens wil nie he jou kind moet onnodig minderwaardigheidskomplekse ontwikkel nie.
LikeLike
Aug 08, 2010 @ 11:01:29
Hello, Alice 😉
Elke bietjie help, MAAR ‘n mens hoef nie geld te spandeer om ekstra werk te doen nie. As julle daagliks huiswerk doen en sommer self spelenderwys takies in ‘n ou kladboek (lynlose werkboek) doen, behoort julle nie probleme op te tel nie. Ek het ‘n basiese takie vir jou onder die “drukbares” se hofie gelys. Loer gerus 😉
LikeLike
Aug 06, 2010 @ 13:17:47
Hello Juffrou,
Vanmiddag is ek maar raad op, my seun se skrif. Dit is nou ‘n nagmerrie. Al sy inhoud van sy werk is korrek, hy kry elke keer 3/4 daarvoor , maar die netheid ‘n 2.
Hy skryf met ‘n potloodgreep,maar op die stadium in my opinie help dit niks. Ek weet nie meer hoe om te maak met sy skrif nie. Hy skryf elke dag sinne vir my, en ek moedig hom aan om netjies te werk, maar in die klas is ek nie daar om ‘n oog te hou nie. Ek is so bekommerd dat sy skrif sy algehele punt gaan beinvloed. Is daar enige raad en oefeninge wat ons kan doen.
Groete Santie
LikeLike
Aug 08, 2010 @ 11:09:08
Hello, Santie 😉 Doen baie handspier-oefeninge soos frommel, knip, knie, kleispel, modderkoekies bak, rygwerk…en loer ook by hierdie skakels in:
Algemene skrif
Handspier oefeninge (wagwoord = jou e-pos adres)
Die ontwikkeling van die spiere in die skouer-, arm-, gewrig- en hand-areas is baie belangrik om die spierbeheer te verbeter vir skrif…Ná die oefeninge kan jy die opgewarmde spiertjies ‘n bietjie laat skryf.
LikeLike
Aug 17, 2010 @ 09:58:37
Juffer
ASB waar kan ek meer inligting kry vir R/O, wat kan ek as ma doen om my kind te help. Sy is op die oomblik in die elsen klas en ek sien nie baie vordering nie.
LikeLike
Aug 17, 2010 @ 18:58:56
Hello, Sue en welkom 😉
Elsen-klasse word by verskillende skole op verskillende wyses behartig. By sommige skole woon die kind die klas voltyds by, by ander word die kind vir taal- en wiskundelesse onttrek en by ander skole gaan die outjies slegs vir 1 of 2 lesse (periodes) per week na die ELSEN-juffrou toe. Indien jou dogter in die laaste kategorie val, kan die moontlikheid bestaan dat die klas of groepie tot so groot as 10 leerders kan wees – aangesien die staat sulke groepe vereis. Dit is ongelukkig nie effektief vir outjies wat een-tot-een aandag benodig nie.
Ek sou jou aanraai om te begin by die basiese dinge soos die hersiening van klanke, sigwoorde, lees hardop saam met haar…tel hardop, tel in veelvoude, tel terug in veelvoude, doen eenvoudige somme met behulp van apparaat soos tellers…Ek is nie seker hoe oud jou dogter is nie, maar sal voorstel dat jy met juffrouens uit laer grade praat om te vra vir ou takies en idees. Ons, as hulpjuffrouens, gaan haal die outjies gewoonlik in ‘n “laer rat”. Met ander woorde – ons gaan terug na die vorige vlakke en werk van daar af op tot op die verwagte vlakke.
Tik gerus woorde in die “search”-blokkie in om te soek na voorbeelde en takies. Kyk ook na die afdeling oor drukbare werk en na die “blogroll” aan die regterkant van die voorblad vir skakels na ander werwe. Baie sterkte!
LikeLike
Aug 20, 2010 @ 08:57:07
Juffer
Baie dankie vir als wat jy vir my gestuur het dit gaan baie help. My dogter is nou 9 jaar oud. Sy het in Amerika groot geword en moes Afrikaans leer praat toe sy 3 was. So sy het nou bonop ‘n taal gaterstand. Sy gaan ook elke Woensdag na die PTA Universetein vit hulp en dit help baie. Ek sal na haar skool gaan en gaan vra vir ou boeke of werk stike, nog mals dankie.
Sue
LikeLike
Aug 20, 2010 @ 19:17:55
Dis ‘n plesier, Sue! Elke bietjie help 😉 Hou ook tweedehandse boekwinkels dop vir boekies 😉
LikeLike
Aug 17, 2010 @ 10:24:36
Liewe Juffer
My tweeling is in Graad 1 en moet vrydag mondeling doen en iets demonstreer wat hulle moet maak soos jellie, melkskommel, ens.
Het jy vir my enige maklike idees wat hulle kan doen?
Groete
Bernita
LikeLike
Aug 17, 2010 @ 19:16:19
Stap 1: Nooi vir Juffer 😆
Hmm Ek sou voorstel dat hulle prente maak van die verskillende stappe – ‘n tipe “prente-resep”. Druk gate bo deur die prente en “heg” dit met sleutelringe of toutjies. Maak ‘n staandertjie of gebruik ‘n ou lessenaar-kalender om die resep oor te laat hang. Die resepteboekie kan dan gebruik word as ‘n hulpmiddel – om die stappe te onthou- en om vir die klas te wys hoe julle dit by die huis gedoen het…(Ek dink die juffrou sal die kinders se eie sketse meer waardeer as foto’s.)
Oefen die hele resep deeglik by die huis en pak al die bestandele in afsonderlike houertjies – merk met ‘n prentjie en ‘n woord of ‘n nommer volgends die stappe. As die goedjies in die regte volgorde gepak kan word en die blaaiboekie langsaan staan, behoort dit die ergste spanning weg te neem EN die kleingoed kan die resepte vir later hou. 😉 Laat weet gerus hoe dit gegaan het.
LikeLike
Aug 18, 2010 @ 16:32:38
Hallo daar!
My naam is Johan Cilliers. Afrikaanse kinderstories…hmmm daar is inderdaad ‘n groot behoefte…maar ek het vir julle goeie nuus.
Ek is ‘n stemkunstenaar asook die skrywer en verteller van Kraakvars Kinderstories. Ek is reeds besig met Volume 3. In kort beslaan dit Afrikaanse kinderstories wat fokus op morele waardes en christelike lewenslesse.
Daarbenewens is die stories ook daarop gemik om ‘n kind te laat luister, sy/haar eie verbeelding te laat gebruik en net lekker te laat lag. Indien daar van julle is wat belangstel om my te kontak, is julle welkom. Ek laat my selfoonnommer na …072 680 7746. Bel gerus. Kraakvars Groete!
LikeLike
Aug 18, 2010 @ 17:04:54
Baie dankie, Johan! 😉
LikeLike
Aug 21, 2010 @ 17:43:27
Ek is mal oor wat juffer aanbied!!!!
LikeLike
Aug 22, 2010 @ 09:22:48
Dankie, Linda 😉 Kom kuier gerus weer.
LikeLike
Aug 21, 2010 @ 20:47:17
Ek wil graag verneem waar kan ek ‘n voorbeeld van ‘n vorderings verslag vir kleuters van 4- 5 jr kry.
LikeLike
Aug 22, 2010 @ 09:26:45
Hello, Leonie…4-5 is die jaar voor Graad R en ongelukkig is ek nie seker wat so ‘n outjie behoort te doen nie. Ek het egter die afgelope tyd met ‘n groot hoeveelheid Graad R-verslaggies te doen gekry…Loer gerus ook aan die regterkant (onder blogroll) vir die skakel na Kobus Weyers se skoolgereedheidslysie. 😉 Ek het ‘n tydjie gelede iets oor “kurrikulum” getik. Tik gerus die woord by die bruin search-blokkie in om die skakel te kry. Daar is twee dokumente – een vir taal en een vir wiskunde. Dit gee vir jou die presiese verwagtings per graadgroep.
Een ding wat ek dalk hier kan noem is dat die verslaggie ‘n kindervriendelike (cute) ondertoon moet hê, maar dat dit professioneel behoort te wees. Ouers van jong kinders waardeer ‘n verslag wat ‘n bietjie vertel en verduidelik. Dus kan jy dalk ‘n verklarende paragrafie per afdeling hê soos…Fynmotoriek: (Gee ‘n verklaring van wat dit is.) Ons het aandag geskenk aan die ontwikkeling van die handspiertjies deur kleispel, rygwerk, knipwerk…Jannie het soos volg presteer:
Knip op ‘n reguit lyn…(Gebruik gesiggies of simbole as kodes)…
Ek het Graad R-rapporte gesien wat al dekades lank oor en oor afgerol is en nog op die 80’s se kurrikulum gebaseer is. ‘n Ander een het genoem dat die outjie self toilet toe kan gaan… ‘n Mens moet ‘n rapportjie of ‘n verslaggie met moeite beplan en mooi dink voor jy skryf. Daardie rapportjie gaan baie moontlik saam met Graad R- en 1-aansoeke na ander skole gaan en dien as ‘n beeld van jou en jou skool. ‘n Netjiese, saaklike dokument skep ‘n goeie indruk en kan baie moontlik as bemarking vir jou skool dien…
LikeLike
Aug 25, 2010 @ 15:31:16
Hi Leonie
Ek sal bietjie vir jou gaan kyk ek het nog my seun se verslae, Ek sal dit aanstuur. Groete
Irene
LikeLike
Aug 25, 2010 @ 17:46:57
Dankie vir jou hulp, Irene 😉
LikeLike
Aug 26, 2010 @ 15:20:04
Hi Irene en Juffrou
Vreeslik dki vir jul moeite.
LikeLike
Aug 26, 2010 @ 17:44:54
Dis ‘n plesier!
LikeLike
Aug 29, 2010 @ 21:14:50
Hi,
Ek is ‘n OU grondslagfase juffrou met RO opleiding by Ficksburg primere skool.Ek sukkel om oulike begripstoetse vir Graad 2 te kry. Ek het al so baie self uitgedink ,maar die idees raak nou op. Kan jy dalk help ? en o ja, dis ‘n kwaai oulike website. Groete Christien
LikeLike
Aug 30, 2010 @ 16:52:51
😆 Dankie, Christien! Ek dink nou skielik aan die Rondomtalie-boekies van Wena Hartslief. Sy is ‘n knap remediërende opvoeder wat nog tot ‘n paar jaar gelede gepraktiseer het (dalk nogsteeds :wink:). Probeer gerus 021 975 5316. Sover ek kan onthou het sy ook wiskunde gidse.
Kom loer gerus weer in!
LikeLike
Aug 30, 2010 @ 22:25:56
http://cnx.org/lenses/siyavula/getintphaselang
Ek het so pas weer op die link afgekom – hoeveel vorige kere ook – en gedag ek bring dit nou vir jou, want daar’s heelwat Afrikaans ook, ek weet nie of jy dit op jou blogrol wil plaas nie, dit lyk asof dit ‘n uitgewer is wat dit oplaai en dit wil voorkom asof dit nogal oulik is.
LikeLike
Sep 01, 2010 @ 18:12:27
Ja, hulle is baie oulik en gee ‘n klomp idees 😉
LikeLike
Aug 31, 2010 @ 08:29:48
Juffer
Dik jy dit is goed as ons nou weer werk kry van gr1 sy is die oomblik in gr2 of moet ek maar as doen wat ek kan kry. Die skool juffer het gese sy sal vir my iest van als gee.
Dankie
Sue
LikeLike
Sep 01, 2010 @ 18:14:34
Sue, dis soms goed om meer eenvoudige werk te doen om die selfvertroue ‘n bietjie skop te gee. Dit help ook met vaslegging. 😉
LikeLike
Sep 01, 2010 @ 21:43:49
Hi Juffer
my naam is Adel ek is tans besig met my Gr R kursus ek is bly dat daar so n oulike web tuiste is waar ek dalk kan idees kry veral vir n gemengde klas my leerders se ouderdomme wissel van 2 jaar tot 6 jaar
dankie vir n besondere web tuiste
lekker werk almal
LikeLike
Sep 02, 2010 @ 18:18:43
Welkom, Adel 😉 Kom loer gerus weer in en vra as ek kan help.
LikeLike
Sep 03, 2010 @ 15:00:06
Hallo Juffer,
Broodnodig dat ons soveel skouers aan die wiel moet sit vir ons kinders se onderwys, as moontlik. Ek is ma van 3, en self in tersiêre opvoeding, maar ek ;leer van voor af met my oudste wat nou in Graad R is!!! My brein moet nou leer om vir klein mensies te leer!!
Is daar dalk hulpmiddels of raad met probleem van nommer herkenning. My dogtertjie kan knap tel, maar sukkel om ‘n 9 ,6 , 11 en 12 te identifiseer. Sy raai dan dikwels. Ons tel alles saam, maar sal jou kundigheid waardeer 🙂
LikeLike
Sep 03, 2010 @ 17:42:44
Welkom, Vi 😉 Gats, in Graad R sou ek die outjies net die syfers tot 10 laat uitken het. ‘n 9 en ‘n 6 kan verwarring skep, maar as julle byvoorbeeld dikwels verjaarsdagkaartjies moet maak vir 6-jariges, kan julle vooraf kreatiewe idees vir kaartjies “oefen”. Maak ‘n 6 met ‘n gomstiffie (soos Pritt) – begin bo – en vra jou dogtertjie om dit met “glitter” of gekleurde sand te versier. ‘n 6 begin altyd bo en daarom strooi ons van bo na onder soos ons skryf. Die 9 begin soos ‘n “a” – om die piering, op en af tot onder. Kyk ook na die stukkie oor lettervorming en skrif.
Intussen kan jy A4-grootte muurkaarte maak (sien die afdeling oor drukbare bladsye vir voorbeelde) en teen die muur op plak. As julle 9 items moet tel, kan jou dogtertjie van links na reg (1, 2, 3…) tel tot by die getal en dan die syfertjie met haar vinger skryf. As sy soveel voorwerpe moet tel, kan sy op ‘n afparingswyse (“pas” die items by die prentjies) die items aftel. Sterkte!
LikeLike
Sep 03, 2010 @ 17:03:21
Baie dankie, ek sal terugvoering gee.Ek gaan sommer nog baie op die webtuiste kom kuier. Groete Christien
LikeLike
Sep 03, 2010 @ 17:27:51
Kom loer gerus weer in, Christien 😉
LikeLike
Sep 04, 2010 @ 07:26:23
Juffer
Jammer dat ek weer vra, ons het my dogter by Dr Ford gehaat en hy se sy is baie sensetief. Maar ons het dit al agtergekom, en nou drink sy med elke dag. Maar ons oor weeg om van skool teverander wat waar sy nou is, is sy nie baie gelukig nie.
Sal dit wys wees?
Dankie
Sue
LikeLike
Sep 04, 2010 @ 08:32:50
Môre, Sue 😉 Dalk moet ‘n mens eers ‘n vorm van berading probeer sodat ‘n mens die oorsaak van die ongelukkigheid kan bepaal. Spelterapie (play therapy) werk dikwels vir jong kinders en help hulle om spelenderwys uiting aan emosies en frustrasies te gee. Opvoedkundige sielkundiges en baie maatskaplike werkers (vra gerus by die plaaslike ACVV) is opgelei hierin.
Wat het dr Ford gesê oor jou dogtertjie se akademiese sy? Indien die akademie en die groter klasse ‘n faktor is en probleme veroorsaak, sal dit dalk beter wees om haar in ‘n skool met kleiner klasgroepe te plaas. ‘n Mens moet egter mooi hieroor dink, want dit is reeds September en ‘n kleinding kan dalk moeilik aanpas in die middel van ‘n skooljaar. As julle ‘n skuif oorweeg, sal dit dalk goed wees om ‘n paar skole te besoek en deeglik te “beloer” 😉 ‘n Mens kan die skuif dan eerder in Januarie maak – ‘n nuwe begin…
LikeLike
Sep 07, 2010 @ 10:47:21
Hi Juffer kan julle asseblief help met die volgende ek het ‘n taak om te doen en sukkel om die nodige inligting te kry vir die volgende: Watter Positiewe invloed imitasieklere op ‘n Graad R (leerders) het en Hoe dit bydra tot die ontwikkeling van taal en kommunikasie vaardighede. Sal dit waardeer as julle my kan help of net in die regte rigting stuur vir inligting. Baie dankie Groete Zellie
LikeLike
Sep 07, 2010 @ 17:51:45
Hello, Chezel…Ek het gisteraand vir Herman ‘n stukkie per e-pos gestuur. Ek is nie heeltemal seker of dit reg is nie. Hoor gerus by manlief of hy dit gekry het. 😉
LikeLike
Sep 08, 2010 @ 11:05:10
Kan juffrou asseblief help? Hoe oefen ek my kind se luistervaardighede? Dit kom voor asof sy hoor wat ons sê maar nie die regtig luister nie, as u verstaan wat ek bedoel. Ons homeschool al drie ons kinders, een is in Gr. R, een in Gr. 1 en die ander een is nog regtig net op speel, hy word nou 3. Die oudste een verstaan al die werk en sukkel nie met skoolwerk nie, dit is net dat ons voel sy sukkel om te konsentreer, selfs vir 5 minute lank, en dit is asof sy ongehoorsaam is, maar ek dink eerder dit het iets met luistervaardighede te doen. Ek toets haar met `n kort sin of storie wat detail gee soos die kleur van `n kar en waarheen ons ry en wie ry saam. Ek laat haar toe oë lê en dan vra ek direk daarna bv. waarheen het ons gery. Dit is asof sy glad nie kan onthou nie, omdat ek dink sy weet nie hoe om ordentlik te luister nie. Dit veroorsaak dat sy baie opdragte in die huis omgewing nie uitvoer nie, soos as ons vra gaan bad, dan sal sy `n halfuur daarna nog nie in die bad wees nie omdat sy net afgelei is deur iets anders. Of sy sal net nie onthou dat ons dit gesê het nie en selfs stry dat ons dit nie gesê het nie. Kan dit wees dat sy net geen rede insien om gehoorsaam te wees nie omdat ons haar nooit ordentlik gedissiplineer het nie? Ek was strenger met my ander twee en ek het geen probleem dat hulle luister nie? Ek sal raad en hulp waardeer. Dankie.
Linda
LikeLike
Sep 08, 2010 @ 19:09:41
Ai, Linda. Ek het gister-aand ‘n elle lange e-pos getik en gestuur, maar HOTMAIL doen deesdae snaakse dinge. Dit het nie eens die e-pos in die “sent”-lêer gestoor nie!
Dit is moontlik dat jou dogtertjie ‘n blokkasie in die binneste oorkanale het en daarom nie luister na julle nie. Sy hoor moontlik nie al die stemtone nie en ‘n mens kan haar na ‘n oudioloog of spesifiek ‘n oor-, neus- en keel dokter neem om te koekeloer. ‘n Outjie wat hier by my op die moontlike herhalerslys was, se ore is gedurende die Junie-vakansie beloer en ‘n blokkasie is verwyder. Skielik kan hy al die klanke hoor, luister hy as juffrou praat….ag, dit was regtig net positief.
Aan die anderkant kan dit op ‘n aandagafleibaarheid dui. Dit is moontlik dat jou dogtertjie ‘n bietjie dagdroom en dus ‘n bietjie “weg raak” op verbeeldingsvlugte. Jou oefeninge is korrek en behoort normaalweg te help.
Indien jy “astrantheid” of “stoutheid” bespeur, kan dit wees dat jou dogtertjie gedragsprobleempies weens ‘n spesifieke rede ontwikkel het. Dalk is daar ‘n verandering in roetine of ‘n onreëlmatigheid wat haar vies gemaak het. (As ‘n gewone gesprek met haar nie werk nie, kan..) ‘n Mens kan ‘n spelterapeut kontak om spelenderwys berading te doen en om ‘n bietjie uit te vind wat die probleem is. Dikwels is ‘n buite persoon meer geskik, want dan is daar minder emosies betrokke. Maatskaplike werkers (soos dié by die ACVV of soms by kerke) en opvoedkundige sielkundiges is dikwels in spelterapie opgelei. Bel net eers ‘n bietjie rond om die “getuigskrifte” van ‘n paar persone te bekom. Die plaaslike laerskole behoort vir jou ‘n paar name te hê. Baie sterkte en stywe drukkies vir jou kleingoed!
LikeLike
Sep 10, 2010 @ 14:21:38
Hello juffrou. Ek is tans besig met ‘n taak oor hiperaktiwiteit en ek moet inligting gee oor hoe ek ‘n leerder met hiperaktiwiteit in my klas sal hanteer. As juffrou dalk bietjie raad het sal ek dit baie waardeer.
Dankie vir die “awesome” blog.
LikeLike
Sep 10, 2010 @ 20:40:13
Hello, Student. Probeer gerus die skakels oor spiertonus en hiperaktiwiteit.
In die klas is die spasie beperk en al sê dokters en sielkundiges dat hiperaktiewe outjies voor en in die middel van die klas moet sit, werk dit nie altyd nie. Daarom kan ‘n mens probeer om die outjies teen die kant en langs ‘n stiller maatjie te laat sit, sodat die versoeking vir klets minder is. Jy kan ook vir die outjie “vroetel-speelgoed” gee om hom besig te hou. Gee byvoorbeeld stresballetjies of rubber pypies sodat die outjie nie met ‘n liniaal of potlood sal sit en tik nie. Sommige juffrouens gee vir hierdie outjies ‘n groot plastiek bal (“gym” bal) of ‘n rubber kussinkie om op te sit. Dit veroorsaak dat die outjie moet fokus op die balansering en dus nie tyd kry vir kriewel nie. Hierdie gedeelte vloei nogal redelik sterk saam met die behandeling vir ‘n lae spiertonus…
Soms stuur die juffrouens die outjies met boodskappe, om vir juffrou water te gaan haal en om voorwerpe te dra. Arbeidsterapeute kan gerus gekontak word oor die proprioseptoriese sisteme. Dit het te make met die sensoriese stimulasie en oor die uitwerking van drukking en stimulasies. Soms is dit goed om vir ‘n woelige outjie te vra om die meubels reg te skuif of om die stofsuier nader te bring. Die bietjie weerstand of drukking het ‘n positiewe uitwerking om die lyfie.
‘n Mens kan die hele klas laat opstaan en ‘n beweging laat doen. Jy kan selfs ‘n klokkie lui of ‘n geluid maak waarna die hele klas ‘n ritme klap of ‘n dans-aksie uitvoer – net om die kop weer gefokus en wakker te kry. Braingym het oulike oefeninge om net weer die lyfies gereed te kry vir leer…
Dan kan jy ook versoek dat die hele klas suikervry bly deur die week en ‘n lekkertjie vir Vrydae toe laat.
LikeLike
Sep 11, 2010 @ 13:52:31
Die rondstuur help – soos jy sê om water te gaan haal – oppas net vir die glas, gee ‘n plastiekhouer 🙂
Ek was gelukkig met my gr3’s, naby my klas was ‘n klein sirkeltjie en ek het ‘n outjie [ek het aan hom en die klas verduidelik waarom] 1x per dag uitgestuur om om die sirkel te gaan vir ‘n paar rondtes en dan sy gesig heerlik nat te gaan maak en omtrent ‘n liter water te drink. [nie regtig soveel nie]. Stuur hom met ‘n leë koevert [reël met ‘n kollega/kantoortannie en spreek af en maak asof daar ‘n nota in is] en vra hom om die “briefie” te gaan aflewer. Opdragte in klas moet kort/interessant wees en gedurig afgewissel word. Opdragte kan in die vorm van iets meer kreatiefs wees bv teken en daarby skryf [label] ipv lang paragrawe wat hom/haar gaan frustreer.[als hang af van die vlak waarop die kind funksioneer ook -ouderdom ook] Die kind kan ook “aan die kantmaak”-werkies kry bv potlode tel/wegpak ens aan die einde van ‘n les. Prys moet natuurlik aanmekaar deel wees van die kind se aktiwiteite en ietsie fisies soos ‘n sertifikaatjie/gesiggie ens.
LikeLike
Sep 14, 2010 @ 11:58:53
Hi Juffrou,
Ek het gewonder, wanneer `n kind graad 1 toe gaan, wanneer in die jaar begin hulle woordjies lees? Of boekies soos die ou Sus en Daan wat ons nog op skool gedoen het. Kry mens ooit nog die boekies en lees die kindertjies al in Graad 1, of leer hulle nog net al die klanke aan?
Linda
LikeLike
Sep 14, 2010 @ 17:44:18
Middag, Linda
Hier by ons kry die outjies op dag een reeds ‘n boekie om huis toe te neem – al is dit net ‘n prenteboek oor “die groot skool”. Die outjies leer die klanke stelselmatig aan, maar word vroeg in die jaar reeds aan boekies bloot gestel. Die klanke en sigwoorde word saam-saam behandel. Die outjies lees ook reekse (sommige skole gebruik die RIMPELREEKS, ander OXFORD-stories en ons skool gebruik STER STORIES). Die reekse begin by baie eenvoudige boeke en ontwikkel tot moeiliker boeke. Saam met elke boekie, kry die outjies lyste met die boek se woorde. Die woorde word geoefen en op geknip as flitskaarte. Dan word daar sinne met die los woorde gebou en uit eindelik lees hulle hul eie sinne na aanleiding van die bekende stories en sinne.
Ons knapies lees al…Ek weet nie hoe dit in ander lande gebeur nie. 😉 Ek weet dat sommige skole eers die klanke behandel en dan woorde bou. Sodra die outjies hul eerste woorde begin bou, leer die juffrou vir hulle sigwoorde aan en gebruik hulle die woorde in eenvoudige sinne. (Bv. Die bal hop. Die bal rol. Die bal hop op.) In baie gevalle meng die juffrouens die metodes omdat die kurrikulum so baie van die kleingoed vereis. Gesels gerus met die juffrouens in die omgewing om te hoor hoe hulle dinge doen 😉
LikeLike
Sep 15, 2010 @ 09:11:23
My kleinkind is in graad 3. Hy lees stadig, kan julle hom dalk help? Hy is met ADHD gediagnoseer.
Dankie
Elsabe
LikeLike
Sep 15, 2010 @ 19:54:11
Hello, tannie Elsabé
Dit is belangrik om sy kennis van al die enkel-, dubbel-, twee- en drieklanke te hersien en om seker te maak dat hy die basiese sigwoorde ken. Die vermoë om sigwoorde flink te lees help die leser om meer vlot en met meer begrip te kan lees. Gesien in die lig dat hy tans ‘n bietjie sukkel met die leesspoed en aandag, kan remediërende onderrig dalk baie waardevol wees om sy geletterdheidsvlakke te lig en om sy selfvertroue in lees en spelling te lig. Tik gerus woorde soos abc, sigwoorde, klanke… lees by die search-blokkie in of kyk selfs onder die “drukbare bladsye” hofie vir drukbare takies. Baie sterkte!
LikeLike
Sep 15, 2010 @ 15:03:50
ek soek graag inligting oor AD/HD en brone waar onderwysers kan inligting soek vir tips oor hoe om sulke leerders te hanteer in hul klasse,het enige iemand dalk vir my enige verwysings?
LikeLike
Sep 15, 2010 @ 19:53:40
Hello, Jacqi…Kyk gerus na die skrywes oor dieet en aandagafleibaarheid. Onder die hofie “verwysings” is daar ook skakels. Mooi aand! 😉
LikeLike
Sep 18, 2010 @ 21:06:50
Hello Juffer
Op watter ouderdom moet kleuters begin leer om in te kleur. Op watter ouderdom moet ‘n mens begin fokus op potlootgreep?
LikeLike
Sep 19, 2010 @ 09:42:05
Môre, Leser 😉 Die potloodgreep ontwikkel saam met die handspiertjies sy “rypheid” vir vashou en beheer. Die outjies gebruik gewoonlik eers stewige, dik vetkryte en later driehoekige (tripod) kryte en dik driehoekige potlode. Jy sal dikwels hoor dat kleuterskool juffrouens nie van inkleur-werk hou nie. Die kind moet nog kreatief wees en self sy prentjies kan skep.
Sommige kinders stel al van kleins af belang in tekenwerk en inkleur is tog deel van die skribbel en krabbel tye. ‘n Mens moet natuurlik die kinders ook die fynere kunsies van inkleur aanleer…soos dat ‘n mens in een rigting inkleur en dat ‘n mens moet probeer om nie wit spasies te los nie…Indien ‘n outjie teen die middel van die Graad R-jaar nog rof en onbeheersd inkleur, kan dit op toekomstige skrif-probleme dui. Die fynspier ontwikkeling kort dan verdere hulp.
Ek glo daarin dat ‘n mens van die begin van die Graad R-jaar maar die belangrikheid van korrekte potloodgreep kan verkondig…MAAR ‘n mens kan nie so iets net in woorde verkondig nie. Jy moet verseker dat jy elke dag fynspier-ontwikkelings oefeninge in jou lesse in werk. Daar moet gereelde kleispel, blokkies bou, rygwerk, knipwerk, klouwerk, frommelwerk, skeurwerk….wees.
Ongelukkig is my handleidings en gidse by die skool. Ek hoop egter al die skakels hier bo sal jou kan help. Tik ook woorde soos “skryf”, potloodgreep, fynspier ontwikkeling…by die “search”-blokkie aan die regterkant in vir nog inligting. 😉
LikeLike
Sep 23, 2010 @ 17:09:31
Juffer
Volgens DR Ford is daar geen fout met die bruin nie hy se hy kan nie iets sien nie net dat die hoe sensitiewetein die groot probleem is. Met die med wat sy nou drink gaan dit goed, huis werk is baie lekkerder en sy slaap ook baie beter. Sy loop nie meer in haar slaap rond nie en kners ook nie meer op die tande nie. So ons kan al ‘n bietjie verandering sien. Ons sal haar eer in die nuwe jaar skyf, soek nog ‘n skool wat ro aanbiet. Hulle is nou so 17 in die klas maar hulle wissel van 7 tot 12 jaar en dit maak dinge vir haar baie mooilik. Want die ouderdom groep van 9 is daar net 3 en daar is nou nie maats nie. Sy speel met kinders van 11,12 en hulle grooi is baie anders as haare en dit maak vir haar dinge baie deur mekaar. So ons wil kyk of ons nie ‘n skool kan kry wat ouderdom beperk in die klas is nie, nie so deur mekaar spil nie. Maar andersins het ek ook gehoor dat sy ook aan asperger sindroom ly weet U dalk wat dit beteken?
LikeLike
Sep 26, 2010 @ 15:52:16
Hello, Sue 😉 Asperger is ‘n sindroom wat dikwels as ‘n baie ligter vorm van outisme beskou word. Kyk gerus na die “verwysings”-blad vir skakels oor outisme en asperger. Kyk gerus na die skakels wat ek in hierdie skrywe vir jou plaas. Kontak die organisasies wat ingelig is oor Aspergers om ‘n diagnose te maak.
Baie sterkte! Ek is so bly dat dit al beter gaan met julle…’n stywe druk vir poplap 😉
LikeLike
Okt 06, 2010 @ 10:54:41
Hello julle bloggers. Het julle nie voorbeelde van sistemiese evalueringsvraestelle vir gr 3 & 6 nie, seblief toggie.
LikeLike
Okt 06, 2010 @ 18:16:20
Hello, Cornelis 😉 Ek soek self na voorbeelde. Dalk is daar iemand hier wat ons genadig sal wees.
LikeLike
Okt 26, 2010 @ 08:46:17
More Juffer.
Ek glo jy sal my kan help. My seuntjie sukkel met die r-klank. Het hom by ‘n spraak terapeut gehad, maar die huiswerk was net, ek sê woorde met ‘n r in en hy sê dit agter na. Of ek lees vir hom ‘n storie en hy moet vir my die r woorde herhaal. Ons het ook geoefen waar hy vir my moet sê waar in die woord hoor hy die r-klank, voor middel, agter. Het jy miskien vir my nog oefeninge wat ek met hom kan oefen om die r te kan sê. Hy kry die tril klank van die r al reg.
Ek wag in spanning om van jou te hoor.
LikeLike
Okt 27, 2010 @ 17:30:07
Middag, Elmarie 😉
Kleuters het ‘n tydjie gelede ‘n artikel i.v.m. die r-klank aangehaal. Dit het nogal oulike inligting daarin…Die aktiwiteite wat jy beskryf het is wat ons as juffrouens ook doen om die spelling van woorde te ontwikkel. Om die uitspraak te probeer aanwakker, kan jy dalk die volgende ook probeer…
Hou jou seuntjie se hand teen jou lippe terwyl jy die “r” sê. Dit is een van die plekke waar ‘n mens die vibrasie die beste voel. Sny ‘n “fotoraam” uit ‘n ou karton of papier en “raam” jou mond terwyl jy die “r” sê. Jou seuntjie moet dan kyk hoe jou mond lyk en dit self probeer namaak in ‘n spieël. Julle kan dalk langs mekaar staan met jul eie raampies. Maak ‘n lawwe rympie op of kyk hoeveel “r”-woorde julle kan opnoem. “Kom ons sê ‘n paar woorde wat begin met ‘n r….eindig met ‘n r…” Bv. rok, rek, rak, ruk, raak, rit, rat, red, rooi, raai, roei, rond…deur, keer, meer, meneer, seer, maar, naar, daar, oor, voor, koor, uur, vuur, muur, suur. Spreek die “r” met mening uit en oordoen dit 😉 ‘n Mens moet maar dikwels oefen en dit lekker hou. Ek hoop dit kan dalk ‘n bietjie help 😉
LikeLike
Okt 28, 2010 @ 19:09:43
Afhangende van die ouderdom van die kind, dink ek nie ouers moet so erg bekommerd wees oor die r nie, my eie kind het dit eers op 5 begin reg se, uit die bloute. Sy het ook die k vervang met t, dus haar oom Koos was oom Toos lol… ek het self die r gebrei toe ek in Gr1 was kan ek onthou en dit het vanself reggekom, ek het self nooit enige terapie gekry nie. Soms plaas mens te veel druk op die kleintjies as mens wil hê hulle moet dit in “jou tyd” reg sê en dan veroorsaak dit meer spanning by die kind – soos ek met my ander kind gesien het [seun] toe hy klein was en ek hom vir terapie gevat het [spraak]. Sommige kinders ontwikkel bietjie later as almal met als, selfs met een klankie soos die r. 🙂 Maar oefening kan nie skade doen nie.
LikeLike
Okt 29, 2010 @ 17:47:47
Ek stem volkome saam, Nikita 😉 Veral wanneer die outjies begin oplet na “wat juffrou sê”, begin hulle fokus op uitsprake en die gebruike van klanke.
LikeLike
Nov 01, 2010 @ 20:53:29
Hallo daar!
Wat ‘n heerlike plekkie om te gesels! Ek werk met graad 1’s by ‘n privaatskool en kan altyd doen met ‘n bietjie raad en idees. Die webwerf was nou werklik vir my baie interressant en insiggewend.
Groete
Jolande
LikeLike
Nov 02, 2010 @ 16:13:08
Welkom en dankie, Jolande 😉 Loer gerus weer in en nooi jou ouers of kollegas om saam te kuier 😆
LikeLike
Nov 07, 2010 @ 12:39:39
Hallo Jolande,
Ek het jou gespek met Juffer op haar web-tuiste gesien. Hoop die privaatskool waar jy werk is in Johannesburg omgewing? Is dringend op soek na 1, my kleindogtertjie moet volgende jaar Gr R oordoen, sal haar graag in ‘n privaatskool wil plaas.Indien jy nie in Jhb is nie, kan jy my dalk in kontak sit met so ‘n skool?
Dankbaar
Stella
LikeLike
Nov 09, 2010 @ 18:42:12
Hallo Juffer!
WOW, ek’s die gelukkigste arbeidsterapeut op die planeet op die stadium – en dit alles net omdat ek jou webtuiste raak ge-“google” het. (My ma sê altyd ek kan ALLES op Google vind, ek’t dan selfs my man op Google gevind ;-P ) Ek lees tot dusver nog net al die kommentaar wat hier gelos is, maar ek’s alreeds hoogs beïndruk deur alles wat ek lees. Ek sal nou-nou inloer by die res van jou blog!
Ek werk by ‘n skool vir fisies- en leergestremde kinders in Gauteng. Dis elke dag ‘n uitdaging, maar een wat ek met vreugde aanpak (wel, meeste van die tyd ;-). Ek het laasweek op ‘n ongelooflik webtuiste afgekom http://www.kleuters.co.za wat deur een van ons spraakterapeute aan my voorgestel is. Sy het ook gesukkel met Afrikaanse werkkaarte, maar met behulp van hierdie webwerf kan mens nogal baie hulpbronne aflaai. Ek’t gister die hele middag sit en al die werkkaarte wat ek my hande op kon lê van dié spesifieke webwerf afgelaai. Daar’s meestal inligting aangaande Gr.R onderrig, alhoewel daar ook skakels is na ander webtuistes / onderrig-areas naamlik lewensoriëntering vanaf Gr.1-5, kompleet met lesplanne!
http://www.yourparenting.co.za het ook baie oulike “printables” waar die een werkkaart op die vorige werkkaart bou. BAIE oulik!
Elk geval, nou gaan ek verder gaan rondsnuffel op jou blog. Ek is BAIE opgewonde oor die skatte wat ek séker is ek hiér gaan ontdek 😀
Mag dit juig in Jesus!
Ronél
LikeLike
Nov 09, 2010 @ 19:37:42
Goeie-naand, Ronél 😉 en baie dankie vir die komplimente!
kleuters.co.za ís baie oulik en doen moeite om ‘n verskeidenheid tema’s en aspekte aan te spreek. Jy kan ook onder die “blogroll” aan die regterkant van my blog loer vir skakels na verskeie ondersteunings-webwerwe. Kinderwerf, CNX en tuishulp is maar slegs ‘n paar van die oulike werwe wat werkvelle en / of programme verskaf. As ek dit reg het kan jy cnx.org + ‘n graad “google” en die regte graad (in AFRIKAANS) se huistaal of wiskunde programme kry. Ek geniet dit geweldig om oulike take en idees uit te snuffel en probeer om al die skakels hier te plaas. “The more the merrier” 😆
Vra gerus as jy iets hier soek of tik terme soos “abc, klanke, sigwoorde, middellynkruising…oog…” by die search-blokkie in. Lekker aand vir jou 😉
Juffer
LikeLike
Nov 11, 2010 @ 09:03:22
More Juffer,vanuit ‘n baie koue Jhb. Ek het ‘n vraag rakende my een kleindogtertjie. J het op 20 Okt 4 jaar oud geword, sy is in S S kleuterskool. Volgens haar Juffrou doen J baie goed. Gedurende Okt het hul ‘n Oupa en Ouma dag gehad. Ek het die voorreg gehad om vir J by haar klaskamer te gaan haal en die juffrou te ontmoet. Juffrou het vir my vertel dat J se werk die beste in haar klassie is. Gisteraand was oueraand, en dieselfde juffrou se vir my seun en skoondogter J moet Gr 000 herhaal omdat sy teruggetrokke is en nie saam werk nie! Sy huil as juffrou met haar praat, en luister nie na opdragte nie. Verstaanbaar is skoondogter, J, baie onsteld. J suig deesdae haar vingertjie. My gevoel is dat daar ‘n probleem by die skool is. J kuier dikwels by my, en ek let nie die probleme op waarvan juffrou praat nie. Sal graag u “input” wou he. Ekskuus, ek weet nie hoe om kappies op my e’s te sit nie. Dankie, en groete, Stella
LikeLike
Nov 11, 2010 @ 19:45:30
Goeie naand, Stella 😉 Ek ken ongelukkig nie die outjies onder Graad R-vlak nie, maar het vir ‘n tydperk langs so ‘n groepie gewerk. Dit is so dat outjies wat in die laaste drie tot vier maande nie altyd so ver ontwikkel het soos outjies wat aan die begin van ‘n jaar verjaar het nie. Die kleingoed ontwikkel elk volgens hul eie rypwordingsproses en moet die geleentheid gegun word om daardie unieke stappe van ontwikkeling deur te gaan…en dan tree die outjies dikwels anders in ‘n klas as by die huis op.
As juffrou kan ek verstaan dat ‘n mens eerder teenoor ‘n oupa en ouma wil spog, want die kleingoed se vordering en prestasies word eintlik as vertroulik beskou (tussen juffrou, skool en ouers). ‘n Duimpie is by sommige kinders ‘n troosmiddel, maar daar kan ook ander redes vir die gewoonte wees. Indien moontlik sou ek graag vir poplap na ‘n spelterapeut wou neem om te kyk waarmee die juffrou en die familie kan help. Spelterapie word dikwels deur onafhanklike spelterapeute of opvoedkundige sielkundiges behartig.
Kom ons gee eers vir J kans om te ontwikkel. Indien sy teen die einde van Graad R nie skoolgereed is nie, kan haar ouers altyd aansoek doen om vrystelling van skoolpligtigheid en terug hou….maar intussen is daar baie lekker dinge om te doen, slimgeit om te leer en ouma-bederwe om te beleef 😉
LikeLike
Nov 21, 2010 @ 21:01:14
Hi Juffer
Waar kan ek dieselfde tipe website kry met Gr 4-7 inligting?
LikeLike
Nov 22, 2010 @ 20:09:46
Hello, Liezl 😉 Jy kan gerus hier vra indien jy na iets spesifieks soek. Andersins kan jy die webwerf CNX.ORG of Think Online probeer 😉
LikeLike
Des 03, 2010 @ 18:46:51
Hallo Juffrou
Ek het nou toevallig op jou webblad afgekom, weet nog nie lekker waar ek moet begin of ophou lees nie – heel nuwe wereld wat vir my oopgegaan het!
Ek het jou raad dringend nodig asb. Ek het ‘n 4 jarige seuntjie met Down sindroom vir wie ek graag sal wil self ‘skool’ hou in die oggende. Ons het ‘n streng fisiese oefen program elke dag met hom, so om hom in gewone kleuterskool te sit werk nie vir ons nie. Wat ek egter wel wil weet is, is daar ‘n spesifieke program wat ek kan volg met hom, soos Kenweb of Impak byvoorbeeld, wat gemik is op voorskoolse outjies? Ek het nie formele kleuterskool opleiding nie (wens ek het gehad) en ek is gelukkig ‘n tuisbly-mamma. Ek het hom al leer lees (hy lees al Afrikaans en Engelse tuisgemaakte boekies, mits die font redelik groot is). Ek is egter op soek na ander aktiwiteite wat ons kan doen wat sy hand-oog koordinasie ens kan verbeter, ens. ens.
As jy enigsins kan help sal ek dit BAIE waardeer.
LikeLike
Des 04, 2010 @ 08:14:48
Môre, Anthone 😉 Dit klink asof julle reeds baie lekker leer! Vir outjies onder 7 jaar sal ek baie perseptuele aktiwiteite aanbeveel. Dit dek aspekte soos die groot spiere (arms, bene, spiertonus…), fyn spiere (hand-oog, handspiere…), ouditiewe vaardighede (Wat hoor jy eerste, laaste?), visuele vaardighede (Kan jy die verskil sien? Wat is weg? Wat pas nie? Kan jy die pad kry?…)…Hierdie vaardighede word voortdurend ontwikkel en maak ook deel uit van die “groot skool” take. Voorskoolse outjies werk nog baie konkreet en daarom sal ek voorstel dat jy soveel as moontlik voel-en-vatbare aktiwiteite sal probeer. (Die ontwikkelingsvlakke begin by konkrete (voel-en-vat…ervaar), semi-konkrete (prente) en dan abstrakte (simbole soos syfers, vorms, woorde) aktiwiteite.)
Tik gerus woorde soos “abc, handspier, skrif, spiertonus, middellynkruising” in die “search”-blokkie in om die opskrifte na skrywes te kry. Dikwels gee die een aspek aanleiding tot ‘n soektog na ‘n ander 😉
Ek sou voorstel dat jy ook na die volgende webwerwe kyk vir ekstra lekker idees:
Fyn motories…
Spesifieke aktiwiteite vir outjies met Down-sindroom (Kyk na die onderskeie hofies.)
Oefeninge en speletjies… (Jou e-pos adres is die wagwoord.)
‘n Mamma se blog
Down-Sindroom SA gee raad.
SAIDA…en ook http://www.kleuters.co.za
Ek sou nie nou al met ‘n formele program soos Impak of KenWeb begin het nie (‘n bietjie jonk / vroeg). Ontwikkel eers idees rondom tema’s soos “Wilde Diere“, “Somer”, “Water”…Praat met ‘n plaaslike Graad R- / Kleuterskooljuffrou om idees vir tema’s te kry en pas dit aan om jul eie skoolervaring nommerpas en lekker te maak.
Kyk gerus ook na wat vir skoolgereedheid benodig word en gebruik dit as die einddoelwit vir ‘n 6 jarige. Julle het nog baie lekker mors-, oefen-, speel- en ontdektyd oor voor dan 😉
Baie sterkte en lekker leer! Kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Des 05, 2010 @ 13:39:38
Dankie, jy is ‘n ster!
LikeLike
Des 14, 2010 @ 07:54:26
Hallo Juffer
My dogtertjie het nou pas klaargemaak met graad 1. Sy het volgens haar rapport n baie goeie punt gekry vir haar voorbereide en onvoorbereide lees, maar ek dink daar kan nog baie verbeter word. Sy lees byvoorbeeld baie sonder enige emosie en op dieselfde toon. Ook hak sy vas met woorde soos bedank, dikwels, verander, besig ens. Wat kan ek doen gedurende die lang vakansie om haar lees te verbeter. Is daar enige oefeninge of metode wat jy sal voorstel.?Sy ken al die sleutelwoorde/ hoe frekwensie woorde wat hulle die jaar moes leer, wel uit haar kop uit en lees dit sonder aarseling.Ek sal enige idees baie waardeer. Groete Alice
LikeLike
Des 15, 2010 @ 10:45:26
Baie geluk met so ‘n oulike rapport! 😆 Kinders volg die voorbeeld van ander. Hoor gerus by die dorpsbiblioteek of hulle dalk storie CD’s met boekies het. Gaan lê lekker saam met jou dogtertjie voor die CD-speler en “lees” saam met die CD deur die boekie. Julle kan vooraf die leestekens bespreek. Byvoorbeeld…Die kolletjie is ‘n punt en werk soos ‘n rooi verkeerslig. Jy moet stop en asem haal. Die komma gee jou ‘n bietjie asem om die res van die sin klaar te lees. Leestekens is egter nie ‘n “kom ons kyk hoeveel woorde ons kan sê in een asem” speletjie nie. Dit hou die gedagtes bymekaar. Die skrywer sit die leestekens op verskillende plekke sodat ons die storie beter kan verstaan en lees.
Maak beurte om boekies vir mekaar te lees – in verskillende stemme of stemtone. “Vandag is ek lus om soos die tannie op die CD te lees…of vandag gaan ek maak asof ek vir ‘n klomp klein kindertjies lees. Hulle raak gou verveeld. Dus sal ek my stem moet gebruik om hulle aandag te trek.” Groter woorde soos bedank en verander bevat aspekte en reëls (i- / e-verwarrings) wat eers in Graad 3 bestudeer word. Jy kan wel vir jou dogtertjie die vangplekke wys…Die e klink soos ‘n i in party woorde. Skryf die op ‘n spesifieke bladsy neer en omkring die vangplek. As dit sigbaar bly, sal sy vinnig die vangplek onthou…en as die uitdaging daar is om ‘n Graad 3-woord (WOW!) te lees sal dit nog vinniger gebeur. Sterkte! 😉
LikeLike
Des 20, 2010 @ 21:57:29
Hello
Ek stel belang in Groot Motoriese onderrig.
Weet jy miskien waar so ‘n kursus aangebied word?
Verkieslik Gauteng Pretoria
Dankie
LikeLike
Des 21, 2010 @ 13:38:36
Hello, Chris 😉 Jong, ek is nie seker in watter tipe veld jy presies belangstel nie. Arbeidsterapie dek groot motoriek en die kursusse word by Universiteite aangebied. Kyk gerus na die Universiteit van Pretoria se inligting oor hul kursus. Gimnastiek fokus ook op (onder andere) groot motoriek en Menslike Bewegingskunde word ook by UP onderrig. Indien jy meer op die ontwikkeling van ‘n program wil fokus, kan jy programme soos Monkeynastics bestudeer. Kyk ook na die skrywe oor Trudie van Veen se program.
Groot (ook GROF) motoriek vorm egter net ‘n deel van die groter geheel van liggaamlike ontwikkeling. Kontak gerus die Universiteit vir meer inligting oor die kursus se verskillende aspekte. Sterkte 😉
LikeLike
Jan 08, 2011 @ 20:40:04
Hallo Juffer
Na ‘n lange tyd kom ek weer inloer. Ek wil hierdie jaar, as deel van my finale jaar vir my onderwysgraad, graag verdere navorsing doen oor Linkshandigheid, veral hoe dit /die kind met linkshandigheid verskil van iemand wat regshandig is. As Juffer (of enigiemand anders =) op enige interessante (akademiese) artikels afkom, laat weet my asb.
Baie dankie vir die wonderlike juffrou-blog!
Studentejuffrou
LikeLike
Jan 09, 2011 @ 09:58:19
Ek sal so maak, Studentejuffrou 😉 Dit is nogal ‘n baie interessante onderwerp en daar is beslis te min (nuwe) navorsing daaroor beskikbaar. Daar is heelwat Nederlandse skrywes beskikbaar op die internet. Volgens die inligting is sowat 10% van alle mense linkshandig. Daar is ‘n Afrikaanse webwerf vir linkshandiges – met ‘n boek om te bestudeer vir jou taak. Baie sterkte en laat weet my hoe dit gaan met die navorsing 😉
LikeLike
Jan 10, 2011 @ 07:47:23
hi juffer
ek wil net graag raad he. my dogtertjie het in graad r spraak terapie onvang en sy sukkel nog om die ‘r’ reg te se. sy gaan hierdie jaar weer terapie kry. sy moet ook ‘n ontwikkelings pediater sien. my vraag is wat kan ek doen hierdie jaar om dinge vir my kind makliker te maak , bedoelende die huiswerk en terapie. waar vind jy ‘n middel pad? sy doen goed met die terapie en sy sukkel soms om die het en ge op die regte plekke te sit. sal dit met lees beter raak?
groete
natasja
LikeLike
Jan 10, 2011 @ 19:36:48
Hello Natasja 😉 Ek is nie ‘n kundige op die gebied van spraak nie. Dit is egter goed dat julle met die terapie sal voortgaan om verdere aandag aan die “r”-klank te gee. As jy self met die huiswerk gaan help, kan jy gerus in die soek-blokkie terme soos abc, klanke, sigwoorde, skrif (ens.) tik om by die onderwerpe uit te kom. Praat eers met die klasjuffrou om jou fokus meer spesifiek te maak. Aan die begin van Graad 1, kan jy wegspring met perseptuele vaardighede – soos in Graad R ook behandel. Hierdie vaardighede word aan die begin van die Graad1-jaar hersien om te verseker dat al die outjies op dieselfde plek is wanneer die leerwerk begin.
Indien dit lyk asof die huiswerkproses spanning tussen jou en jou dogtertjie gaan veroorsaak, kan jy die hulp van die skool se nasorgtannies of ‘n tutor / remediërende opvoeder inroep. Laasgenoemde gaan dalk ‘n fooitjie kos. Die belangrikste is om nie oorhaastig te wees nie en om (met die juffrou se hulp) ‘n daaglikse roetine te bepaal. Moenie die huiswerk te laat in die dag doen nie (17:00 raak al effe laat) en nie langer as 45 minute nie. Dit kan altyd met ‘n opvoedkundige (sommer selfgemaakte) speletjie afgesluit word – ter hersiening of net vir die pret. Die kleintjies raak gou moeg en benodig kort ruskansies. Jou dogtertjie sal self vir jou aandui hoe lank sy met die huiswerk kan uit hou. Baie voorspoed met die nuwe skooljaar! 😉
LikeLike
Jan 14, 2011 @ 08:53:52
Goeimore Juffer
Die skooljaar is al weer fluks aan die gang en ek moet ‘n woelige tweeling se gr 2 huiswerk behartig. Albei van hulle het verlede jaar ‘n 2 gekry op hulle rapporte vir ‘Datahantering’ en ek weet nie waarna dit verwys nie. Die res van die uitslae is meestal 4’s en ‘n 3 hier en daar. Kan jy asseblief vir my verduidelik wat dit is en hoe ‘n mens daaraan kan werk? Wanneer moet hulle nie meer op hulle vingers tel vir optel- en aftreksomme nie? Ek wil nie hê dat hulle moet agterraak nie. Dankie vir jou oulike blog!
LikeLike
Jan 14, 2011 @ 14:47:34
Hello, Marie 😉 Jou tweetjies se rapporte was sommer spoggerig!
Datahantering se verklaring in die kurrikulum is “Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteerer en te bepaal.”
Dit het te maak met die tel en sortering van voorwerpe en die vergelyking van inligting of versamelings. Die outjies sal byvoorbeeld die weerstoestande vir ‘n maand lank op ‘n kalender invul volgens aspekte soos warm, reën…bewolk. Aan die einde van die maand word elke weerstoestand getel en dan op ‘n grafiek aangedui. Bv. 7 dae reën, 20 dae bewolk…
Kyk gerus na hierdie skakel vir voorbeelde van verskeie grade se (gratis) werkvelle. Elke juffrou hanteer datahantering anders en op ‘n ander tyd in die jaar. Dit sal dus goed wees om ekstra voorbeelde of ou werksvelle aan te vra.
Voorspoed vir die jaar!
LikeLike
Jan 14, 2011 @ 14:47:34
Hello, Marie 😉 Jou tweetjies se rapporte was sommer spoggerig!
Datahantering se verklaring in die kurrikulum is “Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteerer en te bepaal.”
Dit het te maak met die tel en sortering van voorwerpe en die vergelyking van inligting of versamelings. Die outjies sal byvoorbeeld die weerstoestande vir ‘n maand lank op ‘n kalender invul volgens aspekte soos warm, reën…bewolk. Aan die einde van die maand word elke weerstoestand getel en dan op ‘n grafiek aangedui. Bv. 7 dae reën, 20 dae bewolk…
Kyk gerus na hierdie skakel vir voorbeelde van verskeie grade se (gratis) werkvelle. Elke juffrou hanteer datahantering anders en op ‘n ander tyd in die jaar. Dit sal dus goed wees om ekstra voorbeelde of ou werksvelle aan te vra.
Voorspoed vir die jaar!
LikeLike
Jan 21, 2011 @ 16:56:48
Hallo Juffer
My dogtertjie verjaar 30 Desember (sy het pas 5 geword), moet hierdie jaar eintlik in Gr R wees, ek het haar sommer uit die staanspoor vir Graad 00 ingeskryf. Sy is baie teruggetrokke en maak nie maklik maats nie, sy sal eerder op haar eie speel, alhoewel sy baie selfstandig is. Ek het net gevoel dat sy emosioneel nie reg is om Graad R toe te gaan nie. Sy was vir 3 jaar in ‘n klein speelgroepie en ek kan sien dat selfs Graad 00 vir haar ‘n aanpassing is.
Wetlik gesproke moet sy dus eintlik volgende jaar in Graad 1 wees.Moet ek haar dus al September hierdie jaar by ‘n opvoedkundige sielkundige laat evalueer en waar kry ek vorms van die Departement om aansoek te doen om haar terug te hou?
PS. Is ek wetlik verplig om aansoek om uitstel te doen?
Ons bly in Pretoria.
Dankie!
LikeLike
Jan 22, 2011 @ 08:32:40
Hello, Liza 😉
Die besluit om ‘n November-/ Desemberbaba later skool toe te stuur is ‘n moeilike een om te maak, maar in baie gevalle is dit ‘n goeie een vir die spesifieke kind. Ek raai ouers gewoonlik aan om die outjie wel in Graad R te plaas en dan na ‘n ander Graad R te skuif – indien die outjie nie skoolgereed is nie. Wanneer hy dan ‘n tweede Graad R-jaar by ‘n ander juffrou of skool begin, is dit immers ook ‘n soort bevordering. Daar is egter nie altyd genoeg skole of klassies in elke dorp nie 😉
Dit klink asof jy ook goeie navorsing gedoen het om inligting in te win oor die kwytskelding of uitstelling van skoolpligtigheid. ‘n Konsultasie met ‘n opvoedkundige sielkundige sal goed wees om jou versoek te staaf. Die skole doen dikwels aansoek om vrystelling (en kry die vorms in orde), maar julle kan die plaaslike skooldistrik / -kliniek ook direk kontak. Indien julle nie ‘n mediese fonds het nie, kan julle die skoolkliniek se skoolsielkundige versoek om ‘n evaluasie te doen. Die enigste probleem met so ‘n evaluasie is dat die persoon dikwels ‘n bitter groot aantal skole dek en dat die waglys baie lank is.
Die kind word nie verplig om skool te begin in die jaar waarin hy / sy 7 jaar oud word nie, maar ‘n mens sal wel later die rede vir vrystelling aan die skool moet noem.
“What is admission age for Grade 1?
The admission age of a learner to a public school to Grade 1 is age five turning six by 30 June in the year of admission.
For admission to Grade R it is four turning five by 30 June in the year of admission. Parents may however choose to send their children to Grade R and Grade 1 at a slightly older age, namely 5 turning 6 in the year of admission to Grade R or 6 turning 7 in the year of admission to Grade 1.” WCED
Voorspoed met die skooljaar!
LikeLike
Jan 24, 2011 @ 14:09:55
Baie dankie!
LikeLike
Jan 24, 2011 @ 17:45:09
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Jan 22, 2011 @ 12:21:34
Hi almal,
Weet iemand dalk van ‘n oulike leerprogram vir 4-5 jariges?
Ek is ‘n juffrou wat hierdie jr begin skoolhou het vir 4-5 jariges en is opsoek na ‘n leerprogram wat ek as ‘n riglyn kan gebruik.
Ek sal so bly wees as iemand vir my net ‘n naam of webwerf kan verskaf.
Ns: Ek geniet die webwerf baie!
Groete
Carla
LikeLike
Jan 22, 2011 @ 17:03:22
Hello, Carla 😉 Dalk kan iets soos Breinlyn of Klein Breintjies (skakel is onder die blogroll) werk. 😉
LikeLike
Jan 23, 2011 @ 22:12:31
Jy kom asof jy gestuur is! Ek het hierdie maand ‘n naskoolsentrum begin en het na idees op die internet begin soek om veral die grondslagfase outjies te help en natuurlik my eie twee in graad 3 en 6 onderskeidelik. Baie dankie vir die wonderlike webblad!
LikeLike
Jan 24, 2011 @ 17:44:26
Dis ‘n plesier, Ninna! Welkom 😉
LikeLike
Jan 24, 2011 @ 11:40:01
Hi Daar,
Sjoe is dit nou met geluk dat ek op die webwerf afkom of wat??? :):) Ek het nou ‘n dogter in Gr6 en ‘n seuntjie in Gr2 en ek soek asb HULP!!! Ek is al gaar gedink aan mondeling werk en weet nie meer wat om te skryf nie…my seuntjie Gr2 moet nou Vrydag praat oor My verjaarsdag partytjie…dit was ‘n onvergeetlike verjaarsdag partytjie ag asb as iemand my kan help asb!!!! Hulle het nou in Gr1 verlede jaar ELKE vrydag mondeling gepraat en ek weet regtig net nie meer wat om te skryf nie sal dit regtig baie waardeer enige hulp. Dankie dames
LikeLike
Jan 31, 2011 @ 09:00:42
My seuntjie is in Gr1 en moet ‘n redenaarstoespraak skryf. Die temas is: Geluide, Se nou, en Sorg. Ek is op soek na onderwerpe oor die Temas om die toespraak te skryf maar sukkel daarmee. Het jy dalk enige idees?
LikeLike
Jan 31, 2011 @ 16:20:36
Hello, Tia 😉 Redenaarstoesprake is dikwels vol kwinkslae en regtig goed geskryf. Ek het nie agtergrondkennis nie, maar sal voorstel dat jy skole kontak met ‘n ryk kulturele geskiedenis vir ‘n paar gedagtes. Ek stuur vir jou ‘n paar name per e-pos 😉
LikeLike
Feb 01, 2011 @ 09:02:29
Hi Juffer,
My seuntjie is nou 4 jaar en het ek hom verlede jaar oorgeplaas na ‘n ander dagsorg. Hul het my meegedeel dat hy nogsteeds agter is met knip en fyn motoriese take en sukkel hy nog met vorms en kleure. Dit blyk dat die vorige dagsorg die voorafgaande afgelope 3 jaar nie die kinders korrek geleer en gestimuleer het nie.
Hy gaan volgende jaar Gr R toe en moet ek hierdie jaar hard konsentreer om sy agterstand op te vang. Is daar enige voorstelle of takies wat ek met hom kan deurwerk om te help met bogemelde.
Bekommerde Mamma Chantal
LikeLike
Feb 01, 2011 @ 16:17:44
Hello, Chantal 😉 Op 4 jaar is die outjies nog lekker jonk en kan ‘n mens nog lekker werk om die hande te ontwikkel. ‘n Mens moet onthou dat die lyfie nog jonk is en dat die hande dalk te klein is om die knip-aksie uit te voer. ‘n Mens kan wel daaraan werk om die spiere te versterk en die outjie kans gee om genoegsaam te groei om later die aksie 100% uit te voer. Die Graad R-juffrou sal ook aan die fynmotoriese ontwikkeling werk. Indien sy teen April vir julle noem dat sy steeds bekommerd is, kan ‘n mens die hulp van ‘n kundige inroep. Arbeidsterapeute is opgelei om uit ‘n kliniese oogpunt na die outjies se ontwikkeling te kyk en om dan ‘n program uit te werk om die spiere te ontwikkel. Kyk gerus na die skakel hierbo, tik soek-terme soos handspiere, fynmotoriek, skrif, skryf…by die soekblokkie in…of loer onder die blogroll vir skakels na Arbeidsterapeute se blogs. As ‘n mens gereeld oefen, behoort julle die spiere sommer lekker sterk te kry. Baie sterkte! 😉
LikeLike
Feb 05, 2011 @ 09:15:19
Haai juff
ek is dringend opsoek na hulp, ek is ‘n kleuterskool onderwyseres vir 3 tot 4 jariges ons tema hierdie week is higiene en ek is opsoek na iets vir higiene wat ons as skeppend kan doen
groete
johlene
LikeLike
Feb 06, 2011 @ 16:40:41
Hello, Johlene 😉 Ek het vir jou sommer ‘n stukkie geplaas. Ek is nie seker oor watter gedeelte van higiëne julle dek nie, maar hopelik kan daar iets wees wat sal help 😉
LikeLike
Feb 21, 2011 @ 10:50:33
Waar kan ek kyk vir enkelklank woordjies. Ek was so gelukkig om op die hoë frekwensie/sigwoorde af te kom asook die dubbelklank woorde.
LikeLike
Feb 21, 2011 @ 18:54:26
Hello, Liezel 😉 Ek het nie juis die kort woordjies gelys nie, omdat daar so baie is om van te kies. Ek het wel plekke met idees om dit vas te lê of om daarmee te speel. Kyk gerus na die volgende skakels:
https://juffer.wordpress.com/2011/02/13/le-i-en-u-vas/
https://juffer.wordpress.com/2008/11/03/idees-om-spelwoorde-vas-te-le/
https://juffer.wordpress.com/2008/10/26/abc-uitspraak-van-klanke/
https://juffer.wordpress.com/2008/10/24/abcs-skryf/
https://juffer.wordpress.com/2009/02/23/idees-vir-die-tuis-klaskamer/
https://juffer.wordpress.com/2010/03/09/kom-ons-hersien-die-klanke/
https://juffer.wordpress.com/2010/02/17/b-en-d-verwarrings/
https://juffer.wordpress.com/2009/09/03/oefen-self/
Ek hoop dit kan jou ‘n bietjie help 😉
LikeLike
Feb 21, 2011 @ 21:35:14
Hallo daar!
Soek so bietjie hulp! Ek wonder oor die suiker inname van kinders met ADHD. As lekkers tydens skoolure verminder word, maar smiddae (wanneer huiswerk gedoen moet word) steeds vryelik ingeneem word, hoe affekteer dit hierdie outjie die volgende dag in die klas? Ek praat hier van ‘n graad 1 leerder. Weet jy dalk van ‘n goeie website wat feite kan gee oor spesifiek suiker inname van ADHD kinders? Dankie vir hierdie oulike blog! (Het so lekker geglimlag toe ek raak lees jy praat van Mnr Moll van die Onderwyskollege in Welllington. Het ook daar gestudeer!)
Groete j
LikeLike
Feb 22, 2011 @ 16:43:23
Middag, Jolande 😉 Ongelukkig is ek nie seker wat die gevolge kan wees nie. Ek wil jou egter vra om vir Dr. Estelle Lawrence (een van my Facebook-vriendinne en ‘n skooldokter) te kontak. Sy sal vir jou ‘n beter antwoord kan gee 😉
LikeLike
Feb 28, 2011 @ 19:51:28
Dankie vir jou moeite!
LikeLike
Feb 23, 2011 @ 14:42:45
Hi,
Ek tuisonderrig my kinders nou al vir 3 jaar, van preprimêr, voorskool en dan Graad 1. Weet iemand dalk watter tuisskool programme wettig in Namibië is. Ek het van ACE gehoor en ek kan daar by aansluit, maar ek sal graag wil weet watter ander opsies ook beskikbaar is.
Verder kan my oudste dogtertjie redelik goed die basiese goedjies begin lees, sig- en spelwoorde soos voorgestel. Ons wil graag begin om die kinders ook in engels op te lei, omdat baie van die tuisskool curriculum net in engels beskikbaar is, die materiaal en die eksamens. Kan iemand my raad gee oor hoe ons die oorskakeling doen sonder om die kind te ontwrig wat tans nog leer in afrikaans lees?
Hoop om gou van juffer toe hoor!!
Linda
LikeLike
Feb 23, 2011 @ 19:21:19
Hello, Linda 😉 Ek weet van Breinlyn, maar is nie ‘n kenner op die gebied van tuisonderrig nie. Jy kan dalk by die tuisonderrig-groep aansluit en ‘n bietjie navrae rig. 😉
LikeLike
Feb 23, 2011 @ 14:52:40
Hi Juffer
Ek soek hulp met my gr1. Hoop jy sal kan help.
Ons het met n baie besige 1st kwartaal begin en omdat dit my eerste is wat skool toe gaan oorreageer ek miskien.
Om het al die (v l i s d b n t e)klank gedoen vir die 1 1/2 maand. Ek spandeer so wat 2-3 uur n dag aan die klanke en sinne wat juffrou vir ons huis toe stuur maar lyk nie of my dogtertjie verstaan nie. Sy kan die klanke wonderlik uitspreek en spel maar kan nie die woord se of in n sin gebruik nie. Is al raad op. Sy kan ook nie die voor geskrewe leesstuk lees nie.
Ek weet nie hoe kan ek dit vir haar makliker maak nie? ek sal jou insette werklik wardeer…
Dankie
Suzan
LikeLike
Feb 24, 2011 @ 18:19:48
Middag, Suzan 😉 Graad 1 is aanvanklik baie op ouditiewe en visuele vaardighede ingestel. Doen ‘n bietjie van die oefeninge wat by die skakels oor ouditiewe en visuele persepsie vervat is. Bespreek die probleem met die juffrou en vra of sy dalk ekstra lessies aanbied. Soms is dit nodig dat die juffrou net die aanbieding op ‘n ander manier herhaal.
Kyk na die stukkie oor sigwoorde om idees te kry om met die moeilike woorde te probeer. Tik gerus soekterme soos abc, klanke, sigwoorde, graad 1 by die soekblokkie in om nog idees te kry.
Ek raai altyd ouers aan om ‘n eksterne persoon te kry om te help indien die huiswerk spanning tussen ouer en kind veroorsaak. Indien dinge nie vinnig verbeter nie, kan ‘n mens die hulp van ‘n remediërende opvoeder inroep om ‘n “hands on” opinie te gee. Gelukkig is dit nog lekker vroeg in poplap se Graad 1-jaar en is daar nog baie tyd oor om haar te help en ‘n lus vir lees te ontwikkel. Baie sterkte 😉
LikeLike
Feb 23, 2011 @ 15:03:31
Juffer
Weet nie of jy al so iets teegekom het nie, maar ek is raad op en ek weet ek moet my kind help…hy het ‘n geskiedenis van adhd en gebruik concerta vir sy aandagafleibaarheid(14 jaar oud). Hy raak baie angstig oor toetse en nou die laaste tyd huiswerk…in so mate dat hy uitbarstings in die klas sal he, sooos in histeries raak…dan kan hy nie ophou om daaroor te kla of praat nie, soms huil…sy fokus is dan weg van sy werk en hy is nou al erg depressief en wil net opgee, hy krap sy voorkop stukkend dat die bloed loop. Soms in klas sukkel die juffrou met hom, want hy wil nie dat sy hom leer nie, veral as hy reeds begin skryf het sal hy sommer vir haar “sjuuut” se want hy is besig. Mense van buite sal dalk dink dis stoutheid, maar tuis is hy hulpvaardig en rustig en liefdevol.
Tans doen hy homeschool in n klein skoolgroepie, ek self is een onderwyseresse en nog n juffrou, sielkundiges is nie hier beskikbaar nie. Hy is intellektueel instaat en doen selfs goed in sy toetse….die probleem is sy gedrag…..ek wil nie die kind van n normale skoolloopbaan ontneem net daaroor nie???/
gogga
LikeLike
Feb 23, 2011 @ 19:40:28
Hello, Gogga 😉 Ek dink ook nie dat dit noodwendig stoutigheid is nie. Wil jy nie vir Dr Steyn (Kinderpsigiater, 021 887 2440) en / of ‘n sielkundige skakel en jou seun se gedrag verduidelik nie? Omdat die gedrag vererger onder spanning en met ouderdom ook, sal ek dit met ‘n kinderpsigiater en ‘n sielkundige wil “deur praat”. Ek is seker hulle sal vir jou na die regte kundige kan stuur of vir jou ‘n telefoonnommer kan bied. Hulle behoort ook vir jou riglyne te kan bied.
Die homeschooling blyk te werk en in baie gevalle is dit nommerpas vir outjies met aandagafleibaarheid. Baie sterkte 😉
LikeLike
Feb 24, 2011 @ 16:05:10
Hi Juffrou
Ek is baie bly ek het jou raakgelees. Ek het baie nuttige inligting gekry. Ek is ma van twee pragtige seuns van 24 en 18 jaar en het so 6 maande terug mamma geword vir ‘n pleegsorg dogtertjie wat 4 en ‘n half jaar is. Sussie is verwaarloos, misbruik en seksueel gemolesteer. Sy is egter ‘n pragtige, dierbare en kosbare dogtertjie. Aanvanklik het sy met niemand gepraat nie ens ens. Dit is nou al baie beter. Sy is vrolik, lag, gesels en het ook geleer speel. Ek het egter begin om die basiese goedjies vir haar te leer soos om te tel. Sy kon nie. Om kleur te onderskei ens. Ek het klomp oefeninge gekry soos bo oor ‘n stoel, onderdeur, spring eenbeentjie ens ens. Sy knip al mooi (al is sy links meeste van die tyd) maar weier om te probeer teken. Sy kan regtig nog nie eens ‘n mannetjie, kat, hasie enige ietsie teken nie en weier dat ‘n mens haar probeer help. Hoe kan ek haar motiveer en dit op pretige manier doen? Sy sukkel ook bv in te kleur. Sy krap alle kleure deurmekaar. Aanvanklik het sy net een kleur gekrap maar nou al allerhande kleure.
Help asb.
LikeLike
Feb 24, 2011 @ 18:01:34
Hello, Dorina 😉 Ek dink dit sal baie geduld kos. Is daar ‘n TV-karakter waarvan sy baie hou? Indien sy byvoorbeeld van Hello Kitty hou, kan jy kryte en plakkers in dié tema soek en in ‘n versierde konfytblikkie op ‘n tafeltjie bêre. Die gedagte is om haar te lok om te probeer teken en om in te kleur. Soek ook na inkleurboeke met groot, eenvoudige prente of selfs inkleurboeke met ‘n ingekleurde voorbeeld aan die een kant en ‘n skoon prent aan die anderkant. Dan kopieer sy basies die prent. Jy kan gerus by opvoedkundige winkels vra na sulke boeke.
Neem die dogtertjie na ‘n speelgroepie toe indien sy gereed is daarvoor. Dit kan dalk goed wees as sy tussen en saam met ander kinders leer. ‘n Kleuterskooltjie (voor Graad R) sal vinnig agterkom indien daar spesifieke probleme is in terme van haar skolastiese vordering. Die feit dat sy moontlik nooit vantevore iets geleer is nie, behoort nog reg gestel te kan word. Is haar maatskaplike werkster nog betrokke? Indien moontlik sou ek vir haar gevra het om gereeld spelterapie (berading met behulp van speelgoed) te doen of voor te stel, sodat ‘n mens die emosionele sy kan monitor.
Intussen kan ‘n mens maar aanhou probeer en die heeltyd praat en prente bespreek. Al wil sy nie die prente teken nie, kan ‘n mens maar gesels…Die kat se kop lyk amper soos ‘n sirkel en sy lyfie soos ‘n eier. Sy oortjies én sy neusie lyk vir my soos driehoeke…Teken dan ‘n eenvoudige prentjie (asof jy ingedagte “doodle”). Stal julle voorbeelde sommer so terloops naby die inkleurtafel uit. Dalk motiveer dit haar om self te probeer. Laat weet gerus of dit gewerk het of nie gewerk het nie. 😉 Baie sterkte!
LikeLike
Mar 01, 2011 @ 20:22:23
Wil net se dit is ‘n puik webblad. Ek het hierdie jaar van assistent in die kleuterskool gegaan van voltydse Afrikaanse (Tweede taal) Juffrou vir Gr 1-7 by ‘n privaatskooltjie in KZN. Ek het nog glad nie enige onderwys kwalifikasie nie en moet nou binnekort aansoek doen. ek is nie seker waar en hoe nie en ek is omtrent aan die diepkant ingegooi met die pos. Alhoewel ek dit VREESLIK geniet en dit ‘n gawe uitdaging is sukkel ek om enigsens beplanning te doen want ek is nie 100% seker oor wat se areas ek moet dek nie.HUidiglik werk ek uit die “Afrikaans Handbook & Study Guide van Beryl Lutrin” en het ek my week ingedeel in Taalperiode,Stelwerkperiode, Begripslees,Mondeling en Toetsperiodes. Is dit reg? Sal ek alle areas dek met so ‘n rooster? Ek voel soms of ek in ‘n muur vasloop en dan sukkel ek om daar verby te kom, vandag weer so daggie gehad! 😉 Ek verstaan OBE val nou weer weg. Hierdie kindertjies het die laaste 2 jaar Afrikaans gehad by ‘n Engelse juffrou en ek is al Afrikaanssprekende lid op die personeel so die Afrikaanse standaard is baie baie laag, ook is dit net Zulu en Indier kindertjies so hul verwysingsraamwerk vir die taal is baie swak.Kan iemand my raad en idees gee vir beplanning GROOT ASSEBLIEF!!Ek besef beplanning is soos “intellectual property” en “priceless” maar ek is absoluut desperaat vir hulp. Ons het ‘n baie gawe oopkop ouerige dame vir ‘n skoolhoof en sy hou van “thinking and working outside the box” wat baie help. As iemand my enigsins kan help my e-pos adres is blueberry12@telkomsa.net Ek sal dit so baie waardeer! Ek wil so graag hierdie kiddies help om Afrikaans onder die knie te kry veral omdat die Zulu kinders dit op Hoerskool kies as Tweede Taal ipv Zulu want dit is vir hul makliker om te slaag. Dankie vir die kans om hulp te vra!! HOu asb aan met die oulike blog!!
LikeLike
Mar 02, 2011 @ 19:26:54
Welkom, Karolien 😉 Dis ‘n groot sprong! Die ou OBE is met die HNKV vervang en intussen het die Foundations for Learning ook bygekom. In die Grondslagfase werk ons mos maar met vier aspekte: Praat, Luister, Skryf en Lees. As jy met beginners werk, sou ek klank- of fonologiese bewustheid doen en die klanke aanleer. Wat hoor jy eerste as ek “bal” sê? b Hoe lyk ‘n b? Skryf dit en haak vas by woorde wat met ‘n b begin. Werk deur die enkelklanke en betrek ook eindklanke en middelklanke soos hulle opduik. Hoe sterker jy die fondament en eenvoudige werk vaslê, hoe sterker sal die mure staan. Sodra die outjies so ‘n paar medeklinkers en ‘n klinker ken, kan julle woorde begin bou en na eenvoudige sigwoorde kyk. Sodra sigwoorde betrek word, kan julle eenvoudige sinne begin bou. Ek gee gewoonlik woordlysies (sien die drukbares bladsy) om in te plak of bring dit teen die bord aan. Ons lees en bespreek byvoorbeeld so ses na 12 woorde met ‘n aa daarin. Daarna kies ons ‘n woord en skryf ‘n spogsin daarmee. Aanvanklik bevat die sin so 4 woorde en mettertyd brei ons dit uit na sinne met 5 en meer woorde. Jy kan ook takies gee waar jy byvoorbeeld woorde aan die een kant het met hul prente aan die anderkant (in ‘n ander volgorde). Die outjies moet dan die woorde met die prente verbind. Daarna kies hulle ‘n woord om in ‘n sin te gebruik. Vir ouer kinders kan jy ‘n keuse van sinne gee om met ‘n prent te verbind. Bv. “Die man eet ‘n kas. Die man eet ‘n stuk kaas. Die vrou eet ‘n stuk kaas.” Hulle omkring dan die sin wat pas. As ‘n mens die enkel-, dubbel-, twee- en drieklanke aangeleer het, kan jy begin dink aan meervoude, verkleinwoorde en basiese taalreëls. Loer gerus na boeke soos die ALLES-In-EEN reeks, Clever Boeke en webwerwe soos Leer Afrikaans en CNX.org. Hulle het dikwels oulike takies en leesstukke. Ek het ‘n jaar of wat gelede op Trumpeter Publishers afgekom. Hulle verkies dat ‘n mens die boeke in sekere hoeveelhede aanskaf en ek het dus nog nie daarvan aangekoop nie. Hulle is in Durban gesetel. Dalk kan jy ‘n bietjie na hul boeke loer en vir ons daarvan vertel 😉 Intussen kan jy soekterme soos abc, klanke, sigwoorde, skryf, dubbelklanke, ensovoorts in tik om nog idees te kry. Baie sterkte en kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Mar 03, 2011 @ 13:30:24
baie dankie vir mense soos jy wat nog omgee en KEN van… en iets daadwerkliks DOEN om ons NIE-jufrou-mammas te HELP!!
my seun (13) is onlangs deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets en die bevindige was as volg:VERBALE VERMOëNS BAIE gemiddeld, op ‘n glyskaal van 1-20 word hy gemiddeld op 10-12 gemeet waar teenoor sy NIE-VERBALE VERMOëNS weer (volgens haar verslag)Hoogs Superieur toets op 20. My vraag ASB!!kan ons nog hierdie ouderdom WERK aan d verbale vermoë. daar word by die skool vir hom ge-transkribeer maar hy lees GLAD nie uit sy eie nie, hy vind dit net te moeilik maar kan as hy regtig MOET en GENIET dit baie as daar vir hom voorgelees of na audiobande luister.
WAAR SOEK EK HULP!
LikeLike
Mar 04, 2011 @ 14:45:29
Hello, Joanne 😉 ‘n Mens kan voortgaan met taalontwikkeling en woordeskat-uitbreiding. Het die sielkundige dalk gevra of hy al vir oogtoetse gegaan het. Ek begin gewoonlik met oog- en gehoortoetse en daarna kyk ons na intensiewe remediërende onderrig. ‘n Mens is nooit te oud om te leer nie en daarom sou ek remediërende onderrig (een-tot-een lees- en spellesse) minstens twee maal ‘n week probeer het. Ek is nie seker waar julle woon nie. Hoor gerus by die skool se Grondslagfase-juffrouens of hulle van oulike RO’s in die area weet. ‘n Mens kan ook later na ‘n skool met kleiner klassies kyk of na een wat spesifiek fokus op outjies met leesprobleme.
Baie sterkte! 😉
LikeLike
Mar 05, 2011 @ 10:08:52
Hi Juffer
Ek doen navorsing vir my IT-PAT…
Dit n groot deel van my matriek punt…
Ek sukkel om die nodige inligting te versamel…
Die PAT gaan oor dat ek n program moet ontwerp om afrikaners te help met hulle engels en anders om ook…
Dit is nie om hulle net die taal te leer nie, maar ook om hulle met uitspraak definisies, idiome, vergelykings ens. te help.
Dalk kan jy my help met n paar vrae wat ek het?
Wat is die aard en omvang van die taal probleem?
Ek kort n teiken groep… Van watse ouderdom tot watse ouderdom sal nog leerbaar wees vir n vreemde taal? Watse ouderdoms groep moet ek voor die program ontwerp?
Het jy enige voorstelle watse tegnieke sal effektief kan werk?
Bv. “Hangman vir spelling”?
Op wat reageer mense die beste, hoe leer hulle met sulke program die beste?
Grapperig. speletjies, kleurvol?
Watse moontlike algemene gestremhede kan veroorsaak dat n afrikaans spreukende persoon nie vlot engels kan verstaan en praat nie en anders om n engels persoon nie afrikaans nie?
En as jy dalk van n plek weet waar ek nog inligting kan versamel.
Want my program as hy goed genoeg werk kan hy vir mense wat dit kort voor gegee word. Dan kan die boerseun dalk poetry slaag….
Asb as jy kan help met my navorsing…
Dat ek net di nodige inligting kan versamel…
BAIE DANKIE
Ella
LikeLike
Mar 05, 2011 @ 14:22:31
Gits, Ella. Dis ‘n groot projek. Jy sal ‘n taalprobleem moet kies en dan op daardie aspek moet fokus. Wat van ‘n program om ongeletterdes te help lees of om hul lees te verbeter. Dan fokus die projek dalk op volwasse onderwys. Jy kan met die naaste skoolkliniek kontak maak om plekke te soek wat sulke klasse aanbied om oor hul spesifieke behoeftes uit te vind.
‘n Mens kan ‘n vreemde taal seker op enige ouderdom aanleer. Wat wel waar is is dat indien outjies onder die ouderdom van 7 nie aan taalontwikkeling blootgestel is nie of as hulle baie laat begin praat, is daar probleme gedurende die aanvanklike skooljare. Vir mense wat leer lees of ‘n taal moet aanleer sal ek prente en kleur gebruik. Hoe meer sintuie betrek word hoe beter.
Daar is neurologiese aspekte wat taalontwikkeling en spraak by sommige mense (weens spesifieke redes) belemmer. Kontak gerus ‘n neuroloog om meer spesifieke inligting te bekom.
Jy kan gerus soekterme by die bruin blokkie aan die regterkant in tik om meer oor klanke en die uitspraak van klanke te wete te kom. Gebruik woorde soos abc, skryf, klanke, uitspraak, ensovoorts.
Baie sterkte 😉
LikeLike
Mar 06, 2011 @ 17:35:44
Baie Baie dankie…
Dit sal baie help. Ek het nie geweet waar om te begin nie, maar ek het tenminste my eerste paar boublokke.
P.S. Die webblad rock
LikeLike
Mar 06, 2011 @ 18:21:06
Dis ‘n plesier, Ella 😉 Loer gerus weer in.
LikeLike
Mar 08, 2011 @ 23:10:24
Hallo daar juffer
Ek is ‘n baie bekommerde Mamma, my seuntjie is in Gr 2, oor die algemeen gaan dit met hom goed, sy onderwyser het ons ingelig dat hy baie aandagafleibaar is en nie klaar kry met sy werk in die klas nie, hy ruil se b en d en 5 om, hy lees stadig uit sy lees boek, maar as hy iets anders lees sukkel hy glad nie. Ek het vandag sy boeke terug gekry en geskok oor hoeveel werk hy nie klaar kry nie. Ek het al ‘n voorstel van ‘n vriendin gekry om hom te vat vir oogtoetse, maar is nie seker dit gaan die probleem oplos nie, hy is nie woelig of stout in die klas nie, sy gedagte dwaal net en werk stadig. Het jy enige raad, een ding wat ek wel agter gekom het (en hier om jou blog gesien het, wat ek nooit sou weet nie) is dat hy sy potlood verkeerd vas hou, daaraan het ek dadelik aandag gegee. Moet ek bekommerd wees of nie. Dankie vir jou fantastiese blog
LikeLike
Mar 10, 2011 @ 17:50:00
Hello, Mummyhart 😉
Ek sou graag wou aandag gee aan die outjie, want ‘n mens wil nie ‘n sneeubal-effek hê waaroor ‘n mens later spyt is nie. Indien die juffrou besorg is oor ‘n wisselende aandagspan kan ‘n mens gerus ondersoek instel. Dalk kan ‘n mens ‘n paar veranderinge aan sy dieet maak of vir ‘n konsultasie met ‘n pediater reël om enige moontlike probleme uit te skakel. Intussen kan julle sommer so gou as moontlik wegspring met lekker handspier-oefeninge om die potloodgreep te verbeter. Kyk ook na die stukkie oor b en d verwarrings. Indien die ekstra hulp nie ‘n verbetering tot gevolg het nie, kan julle met ‘n arbeidsterapeut praat. Hulle kyk na die outjie se spiere en liggaamlike ontwikkeling en sien dinge raak wat die ouer en juffrou nie altyd opmerk nie. Hulle help met uitvalle soos spieëlskrif, potloodgreep, spiertonus, postuur, ensovoorts.
Voorspoed met al die oefeninge. 😉
LikeLike
Mar 09, 2011 @ 20:39:47
hallo juffer, ek is tans n student by die potchefstroom universiteit en ek studeer grondslagfase. ons het n projek gekry om n speletjie te ontwerp wat die kind sekere waardes moet leer. . . . help asseblief met n paar blink idees en voorstelle. dit moet voldoen aan die waardes vir graad 2 leerders. baie dankie hoop om gou van mevrou te hoor!!
LikeLike
Mar 10, 2011 @ 17:56:22
Hallo, Elardi 😉 Wat van ‘n speletjie wat losweg op ‘n slangetjies- en leertjiesbord gebaseer is en wat oor goeie optrede teenoor maats gaan. As jy afknou en boelie, gly jy teen ‘n tou af. Maak dit lekker groot met verskillende kleure blokke (so drie). As jy dan op ‘n groen blok land tel jy ‘n leeskaartjie op met ‘n eenvoudige sin soos: Jy het ‘n maat getroos. Skuif twee blokke aan. As jy op ‘n geel blok land, lui die kaartjie iets soos: Jy het ‘n maat gestamp. Neem drie treë terug. Dan dek die speletjie goeie gedrag en betrek dit ook wiskundige konsepte (tel aan, terug…). As die speletjie groot genoeg is, kan die outjies dit op die mat speel. Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Mar 20, 2011 @ 19:13:56
Hi.
Ek was opsoek na inligting vir n redenaars praatjie vir my graad 2 dogtertjie, toe ek op jou afkom……dis n fantastiese idee wat jy hier beet het…
Ek het geen idee hoe om n redenaars praatjie te skryf nie, want dit moet aanhalings / spreuke / spreekwoorde in he asook gebruik van bronne….waar kry ek so iets op n onderwerk soos “geluide”?
Help asb. ek is desperaat.
LikeLike
Mar 21, 2011 @ 08:16:44
O, gaats 😉 Lana, ek is nie ‘n kenner op die gebied van redenaars nie, maar weet dat die praatjies dikwels ‘n kwinkslag of twee (op die kind se ouderdomsvlak) bevat. Dink aan klanke of geluide wat ‘n kind laat skrik, bang maak, rustig maak, irriteer of geborge laat voel. Bring komiese elemente in en dink aan aspekte soos stemtoon – soos wanneer ‘n gedig voorgedra word. Dalk kan die onderwyser wat die redenaarskompetisie by die skool hanteer vir jou ‘n paar voorbeelde gee…
Baie sterkte 😉
LikeLike
Mar 21, 2011 @ 10:22:35
Baie dankie, ek is seker ek sal iets uitgerig kry.. 🙂
LikeLike
Mar 23, 2011 @ 14:26:18
Juffer
Weereens wil ek vir jou komplimenteer met jou wonderlike webtuiste. Wil net so n bietjie raad vra. My dogtertjie is in Graad 2. Hulle doen nog die hele eerste kwartaal hersiening van graad 1. Dieselfde woorde, dieselfde somme as verlede jaar. Niks het meer geword of verander nie. Hulle kry nog gereeld huiswerk waar die plus en minus somme net van 1 tot 10 strek, of hulle moet maatjies van 10 noem of hulle moet in drie tel tot by 36. Tot by watter getalle moet kinders van Graad 2 kan hoofrekene doen aan die einde van die jaar? n Vriendin, wat n oud-onderwyseres was dink dit gaan tot by 35. Ek het nie die vrymoedigheid om dit vir my kind se onderwyseres te vra nie. Laat weet my asb wat vereis die kurrikulum.
My dogtertjie was ook gek oor skool in graad 1. En hierdie jaar het dit heeltemal verander. Sy doen nog haar huiswerk getrou, maar sonder enige entoesiasme, en huil elke Sondagaand.
LikeLike
Mar 24, 2011 @ 18:32:10
Baie dankie, Alice 😉 In elke graad doen die outjies maar hersien van die vorige jaar se werk om te verseker dat almal op dieselfde vlak is en dat die vaslegging voldoende is. In Graad 2 strek die bewerkings gewoonlik van ± 0 – 104, maar hulle tel baie verder. Die getalgebied hang ook af van die groepie of die klas se vaardighede. Hier by ons is die outjies nou besig met verdubbeling en halvering, maar ook met kleinerige getalle. Die leerkurwe sal egter in die tweede kwartaal met woema begin styg.
Prys poplap vir die oulike en slim werk en gee vir haar ‘n uitdaging of twee. Deel jou bekommernis met die juffrou. Dalk kan sy ‘n ekstra som of twee ter uitdaging gee. Loer ook na boeke soos Slimkoppe vir lekker werk en gee klein beloninkies (‘n mooi plakker, ‘n ekstra lekker lekkertjie, ‘n mooi haarrekkie…) vir dag of ‘n week se goeie werk. Ek hoop dat sulke dinge die hartjie se ligter maak. 😉 Baie sterkte en ‘n stywe druk vir poplap 😉
LikeLike
Mar 25, 2011 @ 15:42:07
Ek is so dankbaar ek het op hierdie webblad afgekom! Ek het 2 dogtertjies in Graad 1 en Graad 2. My jongste in graad 1 haat skool en sy weier om te lees en ek moet haar dwing om haar huiswerk te doen en ek sit pligsgetrou elke middag saam met hulle en doen huiswerk, maar dis ‘n optraande stryd met die klanke, maar sy is ‘n boffin met somme. Soms wonder ousus hardop wat is 7 + 6 en binne sekondes sal kleinsus die antwoord gee. Maar as dit kom bly lees en skryf is sy moeilik. Sy skryf ook soms spieelskrif en ons het haar laat toets en hulle se sy is regs alhoewel sy soms die potlood in haar linkerhand sit as haar regterhand moeg word. Sy skryf ook agteruit. As sy byvoorbeeld “kat” moet skryf begin sy met die “t” en skryf van regs na links. Ons het nou begin met arbeidsterapie en ek glo en vertrou dit sal help.
My ander bekommernis is dat sy elke dag “glipsies” by die skool het. Ons was al by ‘n uroloog en hy reken daar is fisies niks fout met haar nie. Dit gaan nou al vir ‘n jaar so aan. Al maak ek haar vier keer in die nag wakker op badkamer toe te gaan, maak sy nog steeds die bed nat. Haar pa dring nou daarop aan dat ons haar na ‘n sielkundige toe neem. Sy is op medikasie maar dit help glad nie. Is ‘n sielkundige my beste uitweg. Ons het al alles probeer van ‘n beloningstelsel tot alarmpies wat haar herinner sy moet toilet toe gaan, maar niks help nie. Ek is raadop!
LikeLike
Mar 27, 2011 @ 08:52:18
Hello, Linda 😉 Dit is fantasties dat julle so vroeg in die jaar reeds begin ingryp het. Op hierdie stadium sou ek baie ouditiewe (gehoor-) speletjies probeer. Speel speletjies soos “I spy with my little eye” (vertaal losweg in Afrikaans) om na die uitkenning van klanke te kyk. Gebruik eers net die klanke wat die juffrou reeds aangeleer het. As julle byvoorbeeld op “b” gefokus het, kan julle na die tyd die b-klank skryf en in ‘n paragraaf van ‘n storieboek soek. Knip prente uit wat met die klank begin en stal dit teen ‘n aansteekbord, die kamer- of yskasdeur uit. Hou dié prente op poplap se ooghoogte sodat sy “toevallig” daarna kan kyk en assosiasies kan maak. Nie alle kinders leer dieselfde nie en sommige outjies moet meer sintuie betrek. Daarom kan julle groot klanke uitdruk en as julle die klank bespreek het, kan julle dit inkleur, beplak met stukkes growwigheid, ensovoorts. Sodra dit droog is, maak ‘n mens ‘n “robotkaart” deur ‘n groen kol by die beginpunt en ‘n rooie by die eindpunt aan te bring. Soek na iets wat met die betrokke klank begin om die klank te vul. Byvoorbeeld borrelplastiek vir die b, sand vir s… As poplap dit klaar gemaak het, kan sy met die vinger van die groen na die rooi kol skryf en is daar ook die assosiasie van die betrokke materiaal met die klank. Goed, dít dek nou sien, hoor en voel. Wat van ‘n proe-aktiwiteit? Vir “s” kan jy die s met ‘n nat vinger op ‘n bordjie skryf en sout of suiker oor sprinkel. Poplap lek die s of “skryf” met ‘n nat vinger bo-oor die klank. Daarna kan sy die vinger lek om die smaak te proe…Praat die heeltyd terwyl julle so ontdek en leer. S vir soet, s vir suiker of s vir sout.
Om vaslegging van hierdie aktiwiteite te doen, kan julle prente daarvan teken of digitale foto’s neem. As julle later die klanke wil vaslê of toets, kan julle na die herinneringe op die rekenaar kyk. (“Onthou jy dié klankie? Wat was daardie lekker soet goed nou weer? Kondensmelk….Dit begin met ‘n …”) Wanneer julle die muurprente en uitstallings afhaal, kan dit in ‘n boek geplak word en vir hersiening gehou word.
Wanneer ‘n outjie sukkel met klanke en om dit in die korrekte volgorde te “hoor”, kan dit dalk daarop dui dat die ouditiewe vaardighede nie voldoende ontwikkel is nie. Dit kan probleme tydens spel-aktiwiteite meebring. Probeer eers die aktiwiteite hierbo. As julle ‘n woord moet skryf, sê dit hardop…kat. Wat hoor jy eerste? (maak die oë toe) Wat hoor jy laaste? Wat hoor jy in die middel? Dit wat jy eerste hoor staan links. Waar is links? (As jy jou hande langs mekaar hou – met die duimpunte bymekaar – vorm die spasie tussen jou duim en wysvinger ‘n hoofletter L…) Jy skryf en lees altyd van links na regs. So kan julle los klanke gebruik om die klanke op die regte plekke uit te pak. Indien die speletjies steeds nie ‘n goeie uitwerking het nie, kan ‘n mens ‘n spraak- en taalterapeut nader om uit ‘n kliniese oogpunt te kyk na die probleem. Arbeidsterapie gaan wonderlik wees om die begrip van rigting en skrif (en vele meer) te ontwikkel.
Julle doen reeds baie om die probleemareas aan te spreek en die uroloog het gelukkig geen probleme op getel nie. Pappa is dalk reg dat julle vir poplap na ‘n sielkundige toe moet neem. Die opvoedkundige sielkundige kan ‘n volledige evaluasie van die kleinding se skolastiese vaardighede en emosionele welstand doen. So ‘n persoon kan vir julle die beste raad en aanbevelings gee wat by julle dogtertjie sal pas. Indien spelterapie (berading met behulp van speelgoed en gesprek) nodig is, kan die sielkundige dit behartig. Die sielkundige se verslag sal ook aan die skool leiding kan bied (indien julle dit wil bekend maak) om poplap op ander maniere te help. Kontak gerus die skool en vra vir hulle watter sielkundiges hulle sal aanbeveel vir ‘n kleintjie. Baie sterkte en laat weet asseblief hoe dit gaan 😉
LikeLike
Apr 04, 2011 @ 02:14:11
Goeiemore, Ek woon tans in Australie en geniet jou inligting! Ek wil graag weet hoe ek my dogter die ‘r’ klank kan leer. sy se dit as “l”
Watter oefeninge kan ek gebruik? Sy sukkel ook met die ‘s’
LikeLike
Apr 04, 2011 @ 09:15:49
Môre, Elouise en welkom 😉 Ongelukkig kan ek net uit ‘n juffrou se oogpunt praat oor uitspraak en die aanvangsfases van klanke en spelling. Kyk gerus na hierdie artikel om te lees wat die spraakterapeute sê. Dan is daar ook ‘n paar oefeninge vir aanleer en ontwikkeling van klanke en ‘n paar idees op YOU TUBE. Lekker oefen 😉
LikeLike
Apr 07, 2011 @ 16:14:19
Ag ek is so bly ek het toevallig hier uitgekom. Ek het ‘n probleem wat my geweldig pla. My dogter is in graad 5 maar lees nie te waffers nie en spel is ‘n monster van ‘n ander aard. Ek voel dis grootliks as gevolg van die kyk en sê leesmetode wat hul in gr 1 mee begin lees in plaas van spel. Ek het by die vorige skool gereeld met die onderwyseresse daaroor gesels en hul stem saam dat dit ‘n onding is en dat hul tot met gr 7 uit baie sukkel met kinders wat nie kan spel en soms behoorlik lees nie. Hoe help ek nou my kind? Ons het weggespring en lees nou elke dag ‘n paar bladsye. Maar wat kan ek nog doen om te help? Ek laat ook dat sy lang woorde vir my in lettergrepe opdeel en help waar sy vashaak. Wat my pla is dat die kinders in gr 1 en 2 lees, dan in gr 3 en 4 niks hoegenaamd nie, ook nie spel oefen nie. Dis mos bitter verkeerd om nie daardie ouderdom kind te laat lees nie. Ek het nie besef dat ek maar self moes aanhou met dit nie. Ek het nie toe die waarde van maar self by die huis lees besef nie. Maar nou doen ek. Enige raad verder sal vreeslik waardeer word. Baie dankie.
LikeLike
Apr 07, 2011 @ 16:34:55
Dit klink omtrent na ‘n deurmekaarspul, Elize 😉 In alle gevalle waar ‘n outjie probleme ervaar, skuif ons die motor in ‘n laer rat om die bult te kan uit ry. Al is sy in Graad 5, kan ‘n mens ‘n bietjie hersiening van die twee- en drieklanke doen (bv. ui, oe, eu, ei, aai, oei…). Dan kan julle die sigwoorde hersien en na dinge soos taalleer kyk. Ek glo daarin dat as die outjies die “kode” of “sleutels” tot woordbou en spelling kan gebruik, kan hulle die woorde self ontsluit en lees. Hoe beter hulle die spelling en taalreëls verstaan, hoe makliker is dit om nuwe boeke en stories te ontsluit. Lees het verskillende komponente en ‘n mens moet aan almal werk om die mikpunt te haal.
Kyk gerus na reekse soos die ALLES-in-EEN reeks (graad 2 / 3) om hersiening van die basiese spelwoorde te kry en om
eenvoudige leesstukke te kry. Dan kan jy ook na die skakel op my blogroll kyk na Nokkie Hartman se webwerf. Sy verkoop gidse of handleidings wat taalreëls en vaardighede vir die jongspan vergemaklik…en moenie ophou lees nie 😉 ‘n Groot druk vir jou meisiekind 😉
LikeLike
Apr 08, 2011 @ 19:44:25
Hello Juffer,
Shoe wat ‘n fantastiese blad, ook nog nie veel tyd gehad om rustig deur te snuffel nie, maar ek kan sommer uit die oog af sien dit gaan baie help. My seuntjie is in Graad 3 die jaar en die groot sprong van grd 2 tot 3 vat nogal aan hom. Hy is in Grd 1 as ADHD geklassifiseer en tans op medikasie. Ons laat om privaat lees lesse neem en Arbeidsterapie. Sy Grd 3 juffrou het prontuit gese hy gaan nie graad 3 maak nie, wat ek natuurlik dink dit is ‘n bietjie vroeg in die jaar om so aanname te maak. Hy probeer regtig hard en ons gee soveel moontlik vir hom ekstra werkies/hulp in die aand (Ongelukkig werk ons altwee tot 5 uur) Die skool bied geen ekstra lesse aan nie. Hy sukkel geweldig met lees, skrif, wiskunde b & d ens. Sou u voorstel dat ‘n mens eerder moet fokus op remedieerend as arbeidsterapie? Baie dankie vir u belangstelling en die wonderlike blad. Met u toestemming sal ek regtig van die werkies wil probeer wat jy aanbied op die blad. Groete 🙂
LikeLike
Apr 09, 2011 @ 14:48:06
Hello, Anneke en welkom 😉
Graad 3 is ‘n lekker vas vat jaar en is belangrik vir vaslegging van die Grondslagfasejare. Outjies met aandagafleibaarheid doen beslis goed as werk in ‘n een-tot-een situasie verduidelik en hersien word. Daarom sou ek nie sommer die hulp los nie. Remediërende onderrig (RO) is meer effektief as dit individueel en minstens twee maal ‘n week aangebied word, maar as die outjie bereid is om skouer aan die wiel te sit, sal ‘n boek vol huiswerk (vasleggingswerk) ook help. Gaan gereeld biblioteek toe en hersien sommer die somme “toevallig” (Wat is 40 + 36 nou weer?). In Graad 3 hersien die kinders aanvanklik die klanke en behoort hulle al die dubbel-, twee- en drieklanke te ken. Daarna begin die basiese taalreëls (f / v, lettergrepe, meervoude, verkleinwoorde…) en eenvoudige leesbegriptakies om as voorloper vir begripstoetsies en leerwerk te dien. ‘n RO het ‘n goeie agtergrond van dít wat benodig word om die slaagvereistes te behaal en is dus ‘n goeie keuse. Arbeidsterapeute doen waardevolle werk om dinge soos skrif en omkerings te verbeter. Ek weet dat hul terapie (soos RO) in siklusse van ‘n sekere aantal maande werk. In die meeste gevalle word daar elke 6 maande ‘n hertoetsing gedoen om te kyk hoe die outjie gevorder het. Daarna word verdere aanbevelings gemaak.
Omdat die klasjuffrou reeds haar bekommernis uitgespreek het, sou ek van die huis se kant af voort gegaan het met alle moontlike hulp. Is die medikasie se dosis nog gepas of moet die dokter dit hersien? (Die Graad 3-seuns groei gewoonlik met mening van die tweede kwartaal af :wink:) Reël dalk ‘n groepsgesprek tussen die juffrou en terapeute sodat almal “op dieselfde bladsy” kan wees oor wat gedoen word en gedoen kan word om jou seun te help. Vra gerus ook dat die juffrou en terapeute met mekaar gesels – al is dit net ‘n SMS om te sê dat die outjie vandag netjies geskryf het. Die kleingoed floreer as hulle hoor dat daar met hulle “slimmigheid” gespog word – al is dit hoe klein. As die selfbeeld ‘n hupstoot kry, kan dit die outjie net gemotiveerd hou.
Wag tot die volgende arbeidsterapie-evaluasies voltooi is voordat julle verdere besluite neem. Jy het genoem dat jou seun in Graad 1 gediagnoseer is met ADHD. Is hy in daardie jaar deur ‘n sielkundige getoets? Indien die outjie nog nie tydens die afgelope 2 jaar deur ‘n opvoedkundige sielkundige getoets is nie, kan ‘n mens so ‘n evaluasie laat doen. ‘n Psigometriese evaluasie is basies ‘n IK-toets om te kyk waar die outjie se taal- en wiskunde vlakke lê, maar kyk ook na die leemtes. Die sielkundige kan dat verdere aanbevelings maak en raad gee om die outjie akademies en ook emosioneel te ondersteun. Met die oog op Graad 4 sou ek die basis lekker sterk wou maak.
Soek gerus in die bruin “search”-blokkie na terme soos abc, klanke, skrif, skryf, sigwoorde en druk die blaaie (drukbare bladsye) uit. Daar is baie skakels binne-in artikels wat jou na oulike webtuistes en idees sal neem. Probeer gerus ook die skakels onder die blogroll. Baie sterkte en kom loer gerus weer in 😉
LikeLike
Apr 12, 2011 @ 13:31:08
Hallo Juffer
Ek is nuweling en geniet jou blad baie. Jy het al so baie goeie raad vir ander gegee dat ek hoop ek kan ook n bietjie daarvan kry.
My bokkie is nou 9jaar en in Std 4. Sy is baie lang kind en dr meen sy gaan 2meter wees as sy uitgegroei is. Sy is het ook suikerprobleme en het kroniese blaas en nierpyp ontsteking.
Sy is n totale regterbrein kind en haar inligtingskanale (oog, oor, hand en voet) is almal geblok.
Haar stress vaktore is Skool, Beweging en Maats.
Haar gemiddeld vir kwartaal 1 was 72%. Die klas gemiddeld was 69%.
Ek gebruik prente, voorlees, plekke besoek, kleure ens om haar te help leer en ons doen nie te sleg.
Ons sukkel egter vreeslik met die tafels. Ek het tot al musiek probeer maar dit het glad nie gewerk nie.
Het u dalk enige raad asb.
Baie dankie.
alta
LikeLike
Apr 12, 2011 @ 17:44:42
Welkom, Alta 😉
Ai, ek hoop die gesondheidsaspekte kan eendag reg kom. Jou verduideliking van die ekstra leerwerk is perfek om jou dogter te help. Hoe breër die verwysingsraamwerk ontwikkel, hoe makliker is dit vir baie outjies om konsepte te verstaan.
Maak ‘n maaltafelwaaier (sien drukbare bladsye) om byderhand te hou. Gee die som soos 2 x 3 = ? Kyk na die voorste blaadjie en die getalle bo-aan die ander stroke. Soek 2 op die voorste papier en die 3-strook. Die antwoord is reg langs die 2 (6).
Druk ook ‘n paar 100-blokke uit (drukbare bladsye). Tel in veelvoude en kleur elkeen se veelvoude in. Skryf die getal bo-aan en hou dit in ‘n lêer of plak dit teen die muur vas. Oefen die veelvoude gereeld. Indien jou dogter dan sukkel om die maalsom te herroep, kan sy in veelvoude tel om die antwoord te kry. Gereelde oefening behoort dit makliker te maak. Baie sterkte 😉
LikeLike
Apr 12, 2011 @ 14:42:13
Hi
Ek is “gehook” op jou site! Ek leer baie hierso en dis lekker om te sien dat idees uit geruil word! As ek myself kry dan snuffel ek hier rond!
Ek is wel opsoek na n evalueeringskaart vir 4/5 jariges en het gewonder of jy my dalk kan help asb? Net n riglyn sal baie help bv: ken hy/sy kleure; vorms; maande van die jaar ens.
Baie dankie vir al die hulp ek kom loer elke dag hierso!!
Groete
Christell
LikeLike
Apr 12, 2011 @ 18:32:45
Hello, Christell 😉
Ek is ongelukkig nie kundige in vroeë kind ontwikkeling nie, maar sal help sover ek kan. Ek sou glo dat ‘n outjie die basiese kleure moet ken (rooi, geel, blou, groen, pers, oranje, bruin, swart, wit). Hy behoort vorms soos ‘n sirkel, vierkant en ‘n driehoek te ken. Selfs Graad R- en 1-outjies verwar reghoeke en dit is dus nie ‘n reuse probleem nie. As jy ‘n rapportjie wil opstel, sou ek na fisiese ontwikkeling, kognitief, emosioneel, sosiaal en normatief (waardes) wou kyk. Kyk gerus ook na boeke soos Die klein kind in fokus – wat ‘n staatmaker vir juffrouens van jong outjies is.
Kyk gerus na die volgende skakel wat onder my “blogroll” gelys is:
Skoolgereedheidsdokument (Dis hoe die outjie teen die einde van Graad R behoort te ontwikkel.)
Nog belangrike skoolgereedheidspunte.
Klein breintjies (Program)
OOK:
Pamflet (5 jaar)
Pamflet (3 – 5 jaar)
Tesis met ‘n stuk navorsing oor kleuters. (Punt 1.14.2 en dan ook Hoofstuk 2, vanaf bl.18)
Tesis 2
Ek hoop dit kan help 😉
LikeLike
Apr 15, 2011 @ 11:44:13
Hallo Juffrou
My dogtertjie is amper 5 en ek wil bietjie met haar die teenoorgesteldes doen soos koud en warm en winter en somer ens. Waar kan ek prentjies kry wat ek oor teenoorgesteldes kan aflaai. Ek weet nie eintlik watse teenoorgesteldes ek haar alles kan leer nie. Dit wat ek haar kan laat voel soos koue koeldrank en pa se koffie is warm sal ek so doen maar watse teenoorgesteldes moet ek haar alles leer en dan ook die verskillende groente en vrugte prente is ek opsoek na.
Dankie vir jou lekker blog.
LikeLike
Apr 17, 2011 @ 18:37:27
Hello, Dorina 😉 Jy kan gerus jou dogtertjie aan teenoorgesteldes bekend stel. Dit sal haar woordeskat én verwysingsraamwerk heelwat kan uit brei. Kyk gerus na webwerwe soos tuishulp en kinderwerf vir oulike flitskaarte.
Ek het destyds ‘n groot plakaat oor groente gekoop – vermoedelik by CNA. Jy kan egter ook drukbare prentjies op werwe soos CNX kry. Gebruik ook van hierdie prente:
prent 1, prent 2, prent 3 (inkleur)
LikeLike