Tuis

Heuningby

Lewer kommentaar


Wêreld Heuningbydag

Saterdag, 19 Augustus, is Wêreld Heuningbydag.  Neem gerus ‘n paar minute om na die bewaring, redes vir bewaring en die nut van bye te loer.

By raampie

Bye Bees (ontwerp)

‘n Tydskrif

Oulike inligting

Taaldag, 14 Augustus

7 Kommentaar


Taaldag2017Ons vier Afrikaanse Taaldag op die 14de Augustus om die ontstaan of erkenning daarvan in 1875 te vier.  Probeer om vandag suiwer Afrikaans te praat.  Is daar woorde waarmee jy worstel?  Skryf dit neer en wend ‘n poging aan om dit sinvol te gebruik.

Taaldagvlaggies

Taaldag Blokkiesraaisel

 

Vrouedag

Lewer kommentaar


Vrouedag

sinne en paragrawe

4 Kommentaar


Iemand het onlangs gevra hoe ‘n mens kan help om die jong outjies sinne te laat skryf.

Blaai deur ou tydskrifte en soek prente wat tot die belangstellings spreek.  Vra aanvanklik vir beskrywende woorde en skryf dit rond en bont op ‘n bladsy neer.  In Graad 1, sal die outjies geneigd wees om sinne herhaaldelik met dieselfde woorde te begin, bv. Ek sien… Dit is ‘n… Herinner hulle daaraan om eerder nie opeenvolgende sinne met dieselfde woorde te begin nie en verskaf voorbeelde of opsies om van te kies.

Kyk nou na die beskrywende woorde en vra dan dat die outjie ‘n sin gee om die prent of tema te beskryf. Bv. Die motor is vinnig. Vra nou vrae om die sin meer beskrywend te maak. Bv. “Hoe lyk die motor? Waar is die motor?”

Die rooi motor is vinnig…Die rooi motor (voor die boom) is vinnig.

Om die sin te laat oor gaan in ‘n paragraaf, kan ‘n mens nou aan meer besonderhede dink. Hoe vinnig versnel die motor? Wat maak die motor spesiaal?

Gebruik dan ook ander onderwerpe en artikels. Dink aan ‘n advertensie vir ‘n eiendom. Verskaf ‘n uitknipsel en vra dat die outjie dit in volsinne of meer beskrywend oor skryf. Bv. Hierdie huis het een verdieping en een motorhuis. Dit het drie slaapkamers en ‘n twee badkamers. Daar is ‘n swembad in die groot agterplaas en ‘n gevestigde tuin.
Verlig of omkring die vreemde woorde (“groot woorde”) en verskaf ‘n woordeboek, sodat die sinonieme op gesoek en vervang kan word.  Die outjie kan die nuwe woord in ‘n woordelys aanteken – met ‘n sinoniem tussen hakkies.

Om later ‘n opstel te skryf, gebruik heelwat mense die grafika of idee van ‘n hamburger. Probeer dit gerus.

paragrawe   sinbeginners  paragraphs

Nie noodwendig geïnteresseerd in opstelle nie? Skryf kort briefies aan penmaats.  Laat jou klas se graadvlak en adres in die kommentaarblokkie indien jy in ‘n penmaatklub belangstel.

Tik gerus ook soekterme soos “tydsvorme, Engels, klanke, hersien, woordsoort…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir soortgelyke idees. Ek hoop dit kan help 😉

 

Teacha Teaching Jobs (eens RSA Teaching Jobs)

Lewer kommentaar


Teacha Teaching jobs (eens bekend as RSA Teaching Jobs) is ‘n nuwe webblad waar skole onderwysposte kan adverteer en waar voornemende opvoeders kan loer na poste in hul veld.

werk

6 Kommentaar


Môre, Almal

Ek het onlangs nuwe bydraes op die winkelrak geplaas en daar is tans net so ‘n bietjie meer as 160 produkte in totaal.  Hier in My Klaskamer, is daar ‘n bietjie meer as dit om deur te snuffel.  Die inskrywings oor vraestelle en e-boeke is aangepas, omdat van die webblaaie hul inligting verander het en die adresse nie meer geldig is nie.  Indien julle besig is met die voorbereiding vir die assesserings-/eksamentydperk, loer gerus na die gratis vraestelle, studiemetodes en ou JNA-/ANA-toetse.

Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is.

  1. hulpmiddels
  2. muurkaart
  3. naamkaart
  4. eerste dag
  5. klanke
  6. abc uitspraak
  7. alfabet
  8. sigwoord
  9. dubbelklank
  10. tweeklank
  11. drieklank
  12. klanksamevloeiings
  13. hersien
  14. meervoud
  15. verkleinwoord
  16. leestekens
  17. flits
  18. oefen self
  19. e klink soos i (be-, ge-, ver-…)
  20. f en v
  21. omkering
  22. b en d
  23. woordeinde (-d/-t)
  24. woordsoort
  25. tydsvorm
  26. lees
  27. komponente
  28. rym
  29. rympies
  30. stories
  31. leesreeks
  32. biblioteek
  33. boeke dag
  34. boeke nag
  35. fondsinsameling
  36. liedjies
  37. e-boek
  38. toeps
  39. apps
  40. inklusiewe onderwys
  41. wiskunde huiswerk
  42. woordsom
  43. geld
  44. breuke
  45. voor en na
  46. meer en minder
  47. Hoe laat is dit? (tyd)
  48. vorms
  49. patroon
  50. patrone
  51. handspier
  52. skrif
  53. skryf
  54. lopende skrif
  55. abc skryf
  56. knip
  57. skryf stadig
  58. potloodgreep
  59. ogies
  60. oog
  61. oogsorg
  62. VMI
  63. visuele
  64. ouditiewe
  65. taal ontwikkeling
  66. woordeskat
  67. Graad R
  68. Graad 1
  69. voorskool
  70. posisie
  71. middellynkruising
  72. links en regs
  73. spiertonus
  74. tuis idees
  75. tuis oefen
  76. speel-speel
  77. Engels
  78. vraestel
  79. studietegniek
  80. JNA / ANA
  81. CAPS

Daar is heelwat tema’s* en ander idees ook beskikbaar.  Vra gerus 😉

*Bv. Suid-Afrika, wildtuin, troeteldier, plaasdier, beroepe, dokter, lente, somer, herfs, winter, weer, liggaam, skelet, higiëne, gesonde mond, die see, grond, herwin, water, groen…

 

Afrikadag

Lewer kommentaar


 Afrikadag54

Loer gerus ook na ‘n vorige inskrywing.

 

 

Loer gerus

Lewer kommentaar


Môre, almal

Vir die volgende week is ‘n bietjie meer as 116 produkte afgemerk van gratis tot R10 elk.  Daar is net so ‘n bietjie meer as 160 produkte om van te kies.

Loer gerus

 

Kinderbeskermingsweek

Lewer kommentaar


Kinderbeskermingsweek strek hierdie jaar van 27 Mei tot 2 Junie.

Klik gerus hier om verskeie inligtingstukke en noodnommers te vind om met die outjies te deel.

Denver Storie

beskerm regte

 

 

Voorskoolse jare – Wat word verwag?

Lewer kommentaar


Soos geplaas op Skool Toe

voorskoolse ideesIn die voorskoolse jare werk ‘n mens voortdurend informeel en soveel as moontlik spelenderwys.  Die leerwerk geskied deur middel van sintuiglike ervaring en papierwerk (takies) word sover as moontlik vermy.  Daar is egter aspekte wat ‘n mens wel deur werksvelle kan vaslê of moet demonstreer.

  • Roetine en struktuur:  Dit skep ‘n bekende verwysingsraamwerk waarin die jong kind veilig en geborge voel.  Gesels oor die roetine van die dag (tuis en by die skool) en wat ‘n mens kan doen om aanpassings te maak.
    • Stel die dag se verloop visueel voor.
    • Wat gebeur as ek klaar ontbyt geëet het en aangetrek het vir skool?  Ek tel my tas op en wag by die deur.  Wie neem my skool toe?  Wie gaan my kom haal?  Wat doen ek as…?
    • Skep ‘n bewuswording van tydsverloop:  Gebruik woordeskat soos “ons gaan eers hande was, dan bid en daarna eet”.  “Ons gaan nou speel en later bad.” 
  • Ouditiewe speletjies:  bv.
    • Rymwerk:  Sê erkende rympies op of maak onsinrympies op.  Begin met ‘n rympie en laat die outjie die raaisel voltooi (bv. “Die bal is rooi en ek kan dit …”).
    • Identifikasie van die aanvangsklank:  Wat hoor jy eerste – aan die begin van…?  Werk aanvanklik met kort woorde wat met ‘n medeklinker begin.  Gebruik die klankname in plaas van die alfabetname (bv. “a” vir appel teenoor A wat soos “aa” klink).
    • Identifikasie van geluide buite en binne die vertrek:  Wat hoor jy buite die huis? Wat hoor jy in die huis?
  • Visuele oefeninge bv.
    • Die uitkenning van ooreenkomste en verskille in prente en simbole.  Aktiwiteitsboeke het dikwels twee byna eenderse prente – waar jy 5 tot 10 verskille moet aandui – of aktiwiteite waar jy ‘n soortgelyke simbool/prent moet soek.
    • Die begrip dat ‘n simbool deel vorm van ‘n geheel – soos ‘n legkaart, embleem, naam of woord):  Hierdie waarnemingsvaardhede help veral met die uitkenning van klanke en syfersimbole en verminder die verwarring van byna eenderse simbole soos b/d/p/q, t/f en h/n/u.
  • Wiskundige konsepte: 
    • Die begrip dat ‘n mens versamelings kan tel en dat die onderskeie woorde hoeveelhede voorstel, dien as die aanvangswerk vir wiskunde (bv. Ek is vyf vingers oud. So lyk 5.  As ek weer verjaar, sal ek ses jaar oud wees.). 
    • Konsepte soos eerste, laaste, voor, na, agter, tussen, baie en min, meer en mindergroot en kleingroter en kleiner en ‘n kennis van basiese vorms gaan baie handig te pas kom.
  • Taal-, spraak- en woordeskatontwikkeling gaan die kind se kennis van konsepte en begrip vir nuwe werk versterk en ook ‘n verwysingsbron skep vir die aanleer van ‘n tweede taal.  Dít kan deur voorlesings, liedjies, rympies en gesprekvoering (korrekte voorbeelde) ontwikkel word.
    • Kan die outjie die Afrikaanse enkelklanke benoem en vorm (gebruik kleiwurmpies)?  Hoe vorm ‘n mens al die klanke in die Wes-Kaap teenoor Gauteng?
    • Fokus op die korrekte woorde, bv. “slaap” in plaas van “noenoes”.
    • Bespreek prente in tydskrifte of storieboeke.  Gebruik beskrywende woorde soos kleure en groottes.
    • Skryf byskrifte by prente.
    • Benoem liggaamsdele.
    • As die outjie sy tale meng, herhaal die korrekte sin of frase terloops.  Bv. Die kind het “geswing”.  Het die kind hoog geswaai?
    • As die outjie ‘n uitspraakfout maak, kan ‘n mens die korrekte voorbeeld soos in die vorige voorbeeld voorhou.  Indien die uitspraak nie in die Graad R-jaar verbeter nie, kan ‘n mens met die klasjuffrou en ‘n gesoute spraak- en taalterapeut gesels.  Daar is egter sekere klanke wat kinders eers op ‘n latere ouderdom bemeester en waaroor ‘n mens nie hoef te kwel nie.
  • Liggaamlike of spierontwikkeling
    • Doen grootspier oefeninge soos
      • skop na ‘n teiken, groot balle en kleiner balle
      • gooi na ‘n teiken, groot balle en kleiner balle
      • vang groter en kleiner balle, boontjiesakkies, ens.
      • klim,
      • kruip,
      • klouter,
      • wip,
      • hop op een been of op ‘n hopbal
    • en ook oefeninge vir die fyner spiere, soos
      • frommelwerk,
      • knypwerk met klampies, wasgoedpennetjies, tangetjies
      • skroef-aksies met moere en skroewe of bottelproppe
      • vleg-aksies,
      • kleispel,
      • knip- en
      • tekenwerk.
    • Die ontwikkeling van die groter spiere help met die versterking van die liggaamsspiere en om die uithouvermoë vir sit- en skryf-aksies te verbeter. 
  • Die voortgesette ontwikkeling van die fyn- (of hand-) en armspiere help die kind om skryfaksies uit te voer en om die potlood met minder inspanning te gebruik.  Vir tekenwerk, gebruik ons aanvanklik dik kryte of veselpenne en later die driehoekige tipe (tri-grip) of ‘n dunner kryt.  Knip aanvanklik kleiwurmpies, snipper papier en knip reguit en kartellyne uit kartonnetjies.
  • Indien die outjie linkshandig is, gaan ‘n mens ‘n paar aanpassings moet maak ter ondersteuning.
  • ‘n Begrip vir rigting (bv. hier, daar, links, regs, bo, onder, middel) gaan beslis help om die kind op die bladsy te oriënteer in terme van waar hy of sy moet begin teken en skryf – asook om omkerings en verwarrings in die latere skryfproses te verminder.  Gebruik die rigtingwoorde tydens gesprekke, maar wys ook wat dit beteken.
  • ‘n Goeie kennis van persoonlike inligting (bv. naam, van, adres, ‘n telefoonnommer, verjaarsdagdatum, ouderdom) is waardevolle vaardighede en kennis om te hê.
  • Die herkenning van sy/haar naam is belangrik en in die voorskoolse fase gaan die outjies die ander inligting mondelings in plaas van skriftelik verskaf.
  • Weet die outjie wat hom/haar uniek maak?  Bv. haarkleur, die kleur van die oë, ens.

Hierdie is slegs ‘n tikseltjie van die aspekte wat in die voorskoolse fase aangespreek word, maar behoort as ‘n goeie wegspringplek te dien.

behulpsaamheid, onbaatsugtigheid…

2 Kommentaar


pif2

Pay-it-Forward Dag fokus op medemenslikheid, behulpsaamheid, waardering en onbaatsugtigheid.  Wat kan jy in jou alledaagse omgang met mense doen om hierdie eienskappe uit te leef?

  1. Lees vir ‘n maat of lees boeke vir die inwoners van plaaslike tehuise.
  2. Loop om die blok om rommel op te tel (in groepe).
  3. Help plaaslike organisasies, bv.
    • die dierebeskermingsvereniging (speel met die diere, versorg…)
    • tehuise vir bejaardes
  4. Hou die deur oop vir ‘n maat of kuiergas en groet vriendelik.
  5. Help iemand wat swaar dra.
  6. Gooi ietsie ekstra in kollekte blikkies.
  7. Help die werkers by die skool.
  8. Maak ‘n koppie tee, koffie of ystee op ‘n onverwagse tyd vir die personeel.  Wat van ‘n koekie of ‘n stukkie beskuit daarby?
  9. Sê vir mense (groot en klein) wat jy van hulle waardeer.  Dit beteken baie.
  10. Knap die speeltoerusting/-park buite op.
  11. Nooi beskikbare ouers en grootouers om by die skool te kom help (met bv. leesgroepies, wiskunde, breilesse, vaardigheidslessies, ens.).

Dink gerus aan nog ‘n paar idees 😉

Wêreld Boeke Nag

Lewer kommentaar


boeke nag

23 April is Wêreld Boeke Nag.  Besluit op ‘n leestyd van ‘n halfuur tot ‘n uur voor slaaptyd – waartydens die outjies kan lees of na ‘n storie kan luister.

Tik gerus soekterme soos “stories, toeps, lees, biblioteek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir heelwat soortgelyke idees.

voorspoed

Lewer kommentaar


Paasfees

Lewer kommentaar


Loer gerus na vorige skrywes en idees.

Paasfees

  • Oefen die outjies se knipvaardighede deur paaseiers of kruise op verskillende teksture soos karton, viltlap, snesiepapier (uit ou geskenkpakkies) en riffelkarton na te trek.  Hulle kan dit dan uitknip om versierings en kaartjies te maak.
  • As julle ‘n groot paaseier uitknip, kan ‘n mens dit met uitgeknipte patrone versier (bv. sirkel, driehoek, sirkel, driehoek).
  • Trek ‘n groot ovaal bo-oor ‘n gelineerde bladsy en rol dit af sodat die outjies hul patrone daarop kan oefen. Trek ligte potloodlyne op ‘n skoon (wit / gekleurde) bladsy of vou die bladsy om lyne te skep.  Doop die duim in pastadikte verf en druk ‘n ry “paaseiers” op elke lyn.  Die kleure kan afgewissel word om patrone to vorm.  Knip die patrooneiers uit en plak dit op die kleurvolle agtergrond, sodra die verf droog is.
  • PaasfeesOefen patroonwerk met uitdraaikryte (druk hard), verf dit met effens verdunde voedselkleursel en sny die eiers uit sodra dit droog is.  Plak twee eiers rug-teen-rug en hang dit aan ‘n lintjie of ‘n toutjie op.
  • Deel ‘n bladsy in vier gelyke blokke.  Skryf Bybelverse op ‘n eiervorm in elke blok en sny dit uit.  Trek patrone met blinkertjiegom op die keersy en gebruik dit as versierings wanneer die tafel gedek word.
  • Gom geknipte viltletters op viltpaaseiers en -kruise om as boekmerke te gebruik.
  • Tel droë takkies op en gebruik verpakkingstou om kruise te maak.  Los dit so of verf dit met wit gom en besprinkel met blinkertjies.  Hou dit vir die Kersboom.
  • Sny ‘n kruis of ‘n groot Paaseier versigtig in die middel van ‘n karton-/manillavel uit.  Sny dan lang stroke snesiepapier uit en plak dit dwars oor die gaping totdat die eier of kruis gevul is.  Hang dit voor ‘n lig of voor ‘n venster.
  • Sny ovaalvorms of kruise uit ou snesiepapier.  Verf dit liggies met olie en versier ‘n sonnige ruit.  Indien die olie ‘n bietjie grillerig klink, kan ‘n mens ‘n groot vel boekplastiek voor die ruit span en die versierings dan daarop plak.
  • Sny die geponsde rand van ‘n papierdoilie af en doop dit in ‘n vlak bakkie met effens verdunde voedselkleursel.  Sodra dit droog is, kan die dele effens oorvleuelend op ‘n kruis of ‘n paaseier geplak word.  Gebruik een kleur of verskillende kleure.  Draai die paaseier of kruis om wanneer dit droog is en knip dan die dele wat oorhang af.
  • Doop wit hoendereiers in asyn vir ‘n minuut en haal uit.  Smeer Orley Whip (of room in ‘n spuitkannetjie) in blertse oor ‘n bakplaat en drup helder voedselkleursel rond en bont daaroor.  Trek die wit eiers versigtig deur die mengsel, rol liggies of skep lepelsvol room liggies daaoor sodat dit heeltemal bedek is en laat dit net so op die plaat in die yskas staan vir ‘n halfuur tot ‘n uur.  Was die room af en gebruik die prettige eiers gedurende die Paasnaweek vir ontbyt en dies meer.
  • ‘n Mens kan ‘n leë hoender eier met wit gom of muurpapiergom verf en dan die gekleurde doiliepapier daaroor plak.  ‘n Lagie gom oor die droë eier sal help om ‘n glans effek te gee.  Vul ‘n klein mandjie vir die Paastafel.

‘n Geseënde Paastyd!

Outisme Spektrum

4 Kommentaar


Vandeesmaand is die maand ter bewusmaking van Outisme en die Outismespektrum.  Dra gerus blou of verf jou naels ter ondersteuning.

Outisme

Lewer kommentaar


ASD

‘n Bewustheidsdag vir Outisme word op die 2de April gevier.  Die statistieke verskil hier en daar, maar inligting dui daarop dat minstens 1 uit 68 kinders daardeur geraak word.  Die kenmerke verskil…

  • van verbale (wat kan praat) tot nie-verbale (spraak ontbreek of is uiters beperk) outjies;
  • van outjies wat vroeg reeds begin praat het tot outjies wat hul spraakvaardighede eers op ‘n latere ouderdom begin ontwikkel het;
  • van ‘n worsteling met persoonlike voornaamwoorde (ek, my…teenoor die naam gebruik) tot kinders wat met gemaak korrek na hulself kan verwys in gesproke taal;
  • van oogkontak tot geen oogkontak;
  • van outjies wat nie van persoonlike aanraking hou nie tot outjies wat “diep drukke” soos drukkies benodig;
  • van trommel- en wapperbewegings met die vingers of arms tot die afwesigheid daarvan;
  • van sensoriese sensitiwiteit (oormatig sensitief vir bv. skril, harde geluide, spesifieke reuke, growwe materiaal, rekke, sekere ligte, temperatuurs uiterstes) tot ‘n onbewustheid daarvan;
  • van ‘n oormatige bekoring met beweging (kan byvoorbeeld lank na die waaier staar, werk graag met masjinerie soos ‘n stofsuier of ‘n handdroeër, luister na dreunings, draai of tuimel graag in die rondte, swaai) tot geen belangstelling daarin;
  • van outjies wat ‘n vrees het vir hoogtes tot outjies wat geen vrese het nie en wat bo-op die boonste punt van ‘n klimraam sal staan;
  • van goeie grof en fynmotoriese vaardighede tot ‘n fisieke lompheid of skrif uitvalle…

‘n Gesegde lui dat as jy een mens met outisme ken, ken jy een mens met outisme.  Elke geval is uniek en kan nie oor ‘n soortgelyke kam geskeer word nie.  ‘n Beter begrip of ‘n bewustheid, kan egter help om die insluiting en ondersteuning van kinders op die Outisme Spektrum gladder te laat verloop.

Loer gerus na hierdie webblaaie vir meer inligting, raad en idees.

  1. Verskeie gratis webinars (aanlyn praatjies/inligtingsessies)
  2. Outisme Suid-Afrika
  3. Dr. Griessel
  4. Praktiese Riglyne
  5. Artikel
  6. Introduction to Autism, the core areas of impairment and a way forward (Autism South Africa, ASA)
  7. Asperger
  8. Smooth Transitions
  9. Curriculum for Autism_sensory strategies
  10. Autism Awareness MiniReader Lesson Companion
  11. The Extreme Symptoms of Autism Spectrum Disorder

Screen Shot 2015-07-10 at 9.35.02  Screen Shot 2015-07-10 at 9.32.36  Screen Shot 2017-03-25 at 5.15.56 PM

Google Ekstras vir die klaskamer

Lewer kommentaar


Tegnologie (en aanlyn hulpmiddels) maak aanpassings en toeganklikheid vir outjies met lees en spel uitvalle ietwat beter.  Google Chrome se aanvullings bied spraak-na-tik, vertalingsfunksies, en dies meer.

Die Chrome Web Store verskaf verskaf verskeie gratis opsies soos Instant Translate wat ‘n webblad kan vertaal (en selfs lees).  ‘n Elektroniese stem lees die stukkie as jy op die luidspreker klik.  Die vertalings is nie altyd 100% korrek nie, maar gaan beslis die boodskap oordra.  Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Sesotho en Shona is beskikbaar.

Indien jy slegs die voorleesfunksie gebruik, haal dit die spanning uit al die moeilike woorde.  Vir meer lees-en-luister werk, kan jy Speak It installeer.  Verlig of kies die gedeelte waarna jy wil luister en klik op die luidsprekertjie.

As die outjies Google Docs gebruik, kan jy nou by die aanvullings ‘n stemherkenningsfunksie aanskakel en praat sodat die rekenaar die dokument tik.  Daar is opsies vir Afrikaans beskikbaar en wanneer jy jou boodskap op geneem het, sal die woorde in die dokument verskyn.  Klik op Add-ons, dan Speech Recognition (om die Suid-Afrikaanse aksent of opsie te kies) en Config om aanpassings vir die leestekens te maak.  ‘n Mens sal na afloop van die skryfwerk hier en daar ‘n aanpassing maak (bv. vraagtekens invoeg), maar die program maak die taak ietwat ligter.

Read&Write for Google Chrome sal Engelse webblaaie vir jou lees en Google Translate of Mate Translate sal ‘n verligte teks lees – Afrikaans ook.

Tik gerus gerus soekterme soos “toeps, apps, e-boek, inklusiewe, Google” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

Earth Hour

Lewer kommentaar


Op 25 Maart, vier ons Earth Hour.  Jy hoef nie al die ligte noodwendig af te skakel nie, maar wend ‘n poging aan om die skerms (rekenaar, televisie, selfone, tablette) af te skakel.

Wiskunde Week

2 Kommentaar


Elders in die wêreld, het die Wêreld Wiskunde Week pas met Pi Dag begin.  Loer gerus dié week na toeps (Android, iPad, ‘n bietjie van beide) wat op verskeie aspekte fokus.

Webwerwe soos A+ ClickMath Seeds en IXL is wel Engelse webblaaie, maar die outjies behoort dit met ‘n klein bietjie hulp te kan baas raak.  Loer gerus ook na die volgende skakels vir meer wiskunde werk.

  1. syfers
  2. vorms
  3. bewerkingstekens
  4. getallyn
  5. halveer
  6. verdubbel
  7. voor en na
  8. meer en minder
  9. wiskunde huiswerk
  10. vlinder-, trein-, spinnekopsomme
  11. woordsomme
  12. tyd
  13. geld
  14. veelvoude
  15. maaltafels
  16. uitdeel
  17. deling
  18. breuke 1
  19. breuke 2
  20. verskeie
  21. meer drukbare bladsye

Biblioteekweek 2017

Lewer kommentaar


Biblioteekweek strek vanjaar van 18 tot 26 Maart.

Weet jy hoe om boeke in die biblioteek op te spoor?  Ken jy die Deweystelsel?  Wat is ‘n outeur, ‘n titel, illustreerder en ‘n uitgewer?

Hoe bêre ‘n mens ‘n boek en hoe haal jy dit uit die rak? Wikkel jy die boek uit of haak jy jou vinger bo by die rug in?  Gooi jy boeke op die vloer neer of tel jy dit van die vloer af op?

Boekopvoeding

Klik gerus op die skakels in die skrywe vir meer idees en inligting.

Older Entries Newer Entries