Tuis

amper daar

Lewer kommentaar


Die jaar begin stadig maar seker stoom af blaas.  Loer gerus na inskrywings oor rapporte, die versiering van rapportkoeverte, die moontlikheid van herhaling en Kersfees.  Tik gerus soekterme soos “Kersfees, Bybel, somer, die see, klanke, hersien, wiskunde huiswerk, vraestelle, JNA, studiemetodes, eksamen, CAPS” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer gerus ook na die onderskeie skakels wat aan die regterkant gelys is.

2017calendarVoorspoed met die laastes 😉afrkalender2017

2017 Kalender

Calendar 2017

Matriek

Lewer kommentaar


matriekmatric

*eksamen 1, eksamen 2, studiemetodes, leer

…die laaste kwartaal

4 Kommentaar


voorspoedlaastekwartaallaastekwartaal

Soktober

4 Kommentaar


soktoberr
Ons het almal verlore en verdwaalde sokkies iewers in ‘n laai.  Grawe hulle uit en skenk die onpare (of selfs nuwe pare) aan welsynsorganisasies.  ‘n Onpaar sokkies kan ‘n paar voete warm hou.

2veelvoud

Voorspoed

2 Kommentaar


cropped-klas.png

Voorspoed met die nuwe (en laaste) skoolkwartaal!

  1. kleur flitswoorde (nog)
  2. eu flits (nog)
  3. aa flits
  4. aai flits
  5. Woordsom 1 – 20 aftreksom (nog)
  6. Woordsom 1 – 20 optel
  7. maaltafelwaaier (nog)
  8. vermenigvuldiging-een-maal-een-syfer
  9. vermenigvuldiging-twee-maal-eensyfer-getal
  10. deelsomme-in-woordvorm (nog)
  11. iPad Apps / Toeps
  12. Android Apps / Toeps
  13. Nog oulike Apple en Android toeps/apps
  14. Leeslyste
  15. Studietegnieke/-metodes
  16. Huiswerk en roetine

Voorbeelde van soekterme om by die soekblokkie op My Klaskamer in te tik.  Loer gerus…

 

Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Wêreld Onderwysersdag word gewoonlik op die 5de Oktober gevier, maar aangesien ons nog vakansie hou, kan ‘n mens dit ook op die 10de Oktober vier.

Stuur gerus ‘n boodskap aan ‘n spesiale opvoeder   😉

onderwysersdagverskil5octteachersday

oogsorg

Lewer kommentaar


oogsorgmaandDit is oogsorgmaand en hierdie maand kan ons besondere aandag aan visie, oogbewegings en visuele persepsie skenk.

Loer gerus na hierdie skrywes en hou die pers dop vir gratis oogtoetse vir die jongspan:

  1. oogsorg
  2. lees, leer en die ogies
  3. Wat is ‘n “VMI”?
  4. visuele persepsie
  5. Oogprobleme en leerprobleme
  6. Oog- en fokus oefeninge
  7. Oogsorgmaand
Klik op die prent, “open image in new tab” en druk uit.

Lente

2 Kommentaar


lentedag

Lente

Boomplantweek

2 Kommentaar


boomplant

Boomplantweek word van 4 tot 10 September gevier.  Die wildepietersielie die gewone witbos, die Bosvaderlandswilg en die Knoppiesboontjieboom word as die bome van die jaar genoem.

Waarom vind ons bome belangrik?

Bome verhoed erosie, verskaf suurstof en skaduwee, word gebruik om papier te maak en hout word in meubels, geboue en bote gebruik.  Boomplantweek is ‘n gulde geleentheid om ‘n nuwe boom te plant, een te borg of om voeding en kompos by bestaande bome te voeg.

ou boom rympie

Spellys

10 Kommentaar


spellysteDie WOW Spellyste word deur die Universiteit van Stellenbosch op gestel.  Dit is op ‘n uitdagingsvlak.

2019

  1. Graad 1
  2. Graad 2
  3. Graad 3
  4. Graad 4
  5. Graad 5
  6. Graad 6
  7. Graad 7
  8. Graad 8
  9. Graad 9
  10. Graad 10

EFAL

  1. Graad 6
  2. Graad 7
  3. Graad 8
  4. Graad 9

2018

  1. Graad 1
  2. Graad 2
  3. Graad 3
  4. Graad 4
  5. Graad 5
  6. Graad 6
  7. Graad 7
  8. Graad 8
  9. Graad 9
  10. Graad 10
  11. Gr 6 EFAL
  12. Gr 7 EFAL
  13. Gr 8 EFAL
  14. Gr 9 EFAL

2017

  1. Graad 1
  2. Graad 2
  3. Graad 3
  4. Graad 4
  5. Graad 5
  6. Graad 6
  7. Graad 7
  8. Graad 8
  9. Graad 9
  10. Graad 10

2016

  1. Graad 1
  2. Graad 2
  3. Graad 3
  4. Graad 4
  5. Graad 5
  6. Graad 6
  7. Graad 7
  8. Graad 8
  9. Graad 9
  10. Graad 10

2015

  1. Graad 1
  2. Graad 2
  3. Graad 3
  4. Graad 4
  5. Graad 5
  6. Graad 6
  7. Graad 7
  8. Graad 8
  9. Graad 9
  10. Graad 10

2014

  1. Graad 1
  2. Graad 2
  3. Graad 3
  4. Graad 4
  5. Graad 5
  6. Graad 6
  7. Graad 7
  8. Graad 8
  9. Graad 9
  10. Graad 10
Tik gerus soekterme soos “e klink soos i, kappie, meervoud, verkleinwoord, f en v, woordeinde, b en d, omkering, rym, Engels, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiing, klanke, hersien, sigwoord, flits” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir eenvoudige spelwyses en idees.

Woordfamilies met prente

‘n Paar Engelse opsies:

Spelling Bee (Beginners)

Word per grade

Boekweek & Geletterdheidsdag

Lewer kommentaar


Nasionale Boekweek vind vanjaar vanaf 5 tot 11 September en Internasionale Geletterdheidsdag vind op die 8ste September plaas.


boekweek

Pak letterstempeltjies, -plakkers en stensils uit, knip menigte tydskrifopskrifte op in woorde of letters, pak woord- en spelspeletjies uit en gee die geleentheid om muurprente te skep.  Skryf rympies, gedigte, trefwoorde of nuwe woorde se betekenisse.  Stel spesifieke leesperiodes in of leer woorde in ander tale.  Hierdie week is ‘n pretweek om boeke te geniet.

Tik gerus soekterme soos lees, boek, sigwoord, flits, boekmerk, rym, klanke, hersien, Engels, komponente, biblioteek…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees uit vorige vieringe.

 

Loslitdag

2 Kommentaar


loslitdag

 

Loslitdag is vanjaar op die 2de September.  Deel gerus in hierdie omgeedag.

Dag vir Linkshandige Persone

Lewer kommentaar


links

13 Augustus word al 25 jaar lank as die dag vir linkshandige persone gevier.  Loer gerus hier vir idees en aanpassings om in die klas in gedagte te hou.

potloodreëls

Sonneblom

Lewer kommentaar


sonneblom

Sonneblomdag vervang nou die bekende Bandanadag en word op die 16de September gevier.  ‘n Mens kan dalk sade of klein plantjies verkoop as ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van die Sonneblomfonds.

Ontkiem sonneblomsade in watte of grond binne-in ‘n oop glasflessie of deursigtige plastiekglasie.  Wanneer die plantjie sterk genoeg is, kan ‘n mens dit in die tuin of diep blompotte oorplant.

BoekmerkInkleurprentLewenssiklus (kleurprente)

Sonneblomme maak pragtige kunswerke.  Dink net aan Van Gogh se skilderye.  Gebruik pastelle of dik, pastaverf in skakerings van son- of eiergeel, grasgroen, koningsblou, bruin, swart en wit.  Teken die buitelyne met ‘n potlood en begin inkleur.  Werk in dieselfde rondings en rigting as die buitelyne en betrek verskillende skakerings van geel in die blomblare, skakerings van groen in die stingel en skakerings van bruin in die blomkop.  Gebruik skakerings van blou (met wit) in die lug en hou die kwashale of lyne skerp en duidelik.  Geen vermenging.

‘n Mens kan groot bladsye vooraf voorberei deur die lug en grond (gras) met dwars hale of lyne te bedek.  Teken of verf die sonneblomme apart, knip uit en plak dit bo-op die droë agtergrond.  In plaas van geverfde blomme, kan ‘n mens ook oranje en geel bottelproppies gebruik.  Vou koffiefilters herhaaldelik in die helfte totdat daar slegs ‘n smal strokie oor is,  vou dit oop en plaas op ‘n bord of ‘n plat bak met ‘n bietjie water daarin.  Drup eiergeel voedselkleursel (met ‘n bietjie bruin verf by gemeng) in die middel van die filter en kyk hoe dit versprei.  Gebruik die filterblomme bo-op die agtergrond sodra dit droog is.

Bedruk kurkdrupmatjies met verskillende skakerings bruin verf.  Knip sonneblomblare uit geel viltlap, vou die reguit randjie toe en gom of kram dit vas.  Knip ‘n stingel en blare uit groen viltlap.  Spasieer die geel blare en stingel om te drupmatjie en plak die matjie bo-op die lap.  ‘n Mens kan ook snesiepapier of gewone geel papier gebruik (skeur en plak).

Tik gerus soekterme soos “lente, bandana, bye…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

Vrouedag

Lewer kommentaar


vroudag vrouedag

twee

Lewer kommentaar


tweeling

Dit is tweelingnaweek!  Ken jy ‘n tweeling?  Is dit twee sussies, twee boeties of een van elk? Is hulle identies?  Wat beteken identies?  Hoeveel tweelinge is daar in jou klas of skool?

tweeling

 

Langnaweek

Lewer kommentaar


langnaweek1

TAAL- én Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag, 14 Augustus

2 Kommentaar


taaldag

Merk die 14de Augustus op jou kalender, want op hiérdie dag vier ons Afrikaans as taal en koop ons Afrikaanse boeke (lees-, werk-, e-, handboeke, ens.; oud en nuut).  Dit is ‘n Sondag.  ‘n Mens kan die dag van die Vrydag tot die Maandag rek.

Plaas nota’s op die kennisgewingsbord om die outjies te motiveer om verskillende boeke te lees en aan te beveel.  Maak ‘n afskrif van die boek se omslag en plaas dit daarby, plak die nota met maskeerband in die boek vas of plak dit op die klasdeur sodat ander kinders ook kan lees.

Watter boek het die outjies die meeste geniet?  Kan julle nog iets deur dieselfde skrywer opspoor?  Lekker lees!

taaldagnota taaldagnota

Tik gerus soekterme soos Boekedag, Boekenag, Biblioteek, Toep, e-boek, boekmerk, stories by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskillende idees.

skryfbord

2 Kommentaar


versorgbord

Versorging:

Die volgende voorstelle is deur die jare gevind – ook aanlyn.

  1. Was deeglik met warm water en ‘n sagte lap of spons en dan…
  2. As jy met bordkryt skryf
    • Was idees
    • Trek permanente lyne met ‘n wit of swart veselpen.
  3. Witbord
    • Witbordsproei/skoonmaakmiddel
    • Wit tandepasta
    • Gel Handwasmiddel (Hand Sanitizer)
    • Wit Asyn – verdun met water indien verkies
    • Haarsproei, Sproeibare Kookolies, Q20 of ‘n Sproeibare Antibakteriële skoonmaakmiddel
    • Klam Lappies (wipes)
    • Haal permanente veselpen (koki) af deur met ‘n witbordveselpen bo-oor te skryf/skribbel.
  4. Coke werk om beide skoon te maak.
  5. Trek lyne op ‘n swart-/groenbord:
    • met ‘n wit, permanente veselpen of ‘n wit verfpen – wat ‘n mens by skryfbehoefte of kunswinkels kan aanskaf.
    • Probeer ook dun/smal lynlint of -band – wat soos ‘n lang plakker geplak kan word.
    • Doop of week bordkryt in suikerwater.
    • Plak maskeerband in stroke (met ‘n dun spasie tussen-in) en verf te smal gapings met verf (bordkryt- of muurverf).
  6. Op ‘n wit bord, kan jy lyne met ‘n dun permanente veselpen trek.

*Ou bordskrifriglyne (Sketse, ens.)

Leestekens / Punktuasie

2 Kommentaar


leesteken

  1. Leestekens 1
  2. Leestekens 2
  3. Afkortings
  4. Toets jou kennis
  5. Afrikaanse Taalstudies
  6. leestekensMeer leestekens
  7. Engels
Depicta het oulike muurkaarte.
LEESTEKENS

Older Entries Newer Entries