Tuis

Linkshandigheid

Lewer kommentaar


13 Augustus vier ons Linkshandigheidsdag. Hoeveel kinders in die klas is linkshandig? Watter aanpassings maak julle?  Dink byvoorbeeld aan die volgende:

  • ‘n Skêr vir linkshandiges
  • Plasing in die klas:  Verseker dat outjie nie elmboë met ‘n regshandige outjie hoef te stamp nie.
  • Demonstreer skriflesse van aangesig-tot-aangesig, sodat jy onderstebo skryf – eerder as om langs die outjie te sit.

🙂

dames

3 Kommentaar


Besoedeling

Lewer kommentaar


Besoedeling is ‘n nare deel van ons samelewing wat ons algar moet beveg.  Luister gerus na die storie en liedjies en dink aan idees om jou omgewing op te pas.

Les idees: Graad 2, Graad 3, ‘n Leesstuk vir jong omgewingsbewaarders.

 

Voorspoed

Lewer kommentaar


100

2 Kommentaar


Mnr. Nelson Mandela sou vanjaar 100 jaar oud geword het.  Ons spandeer jaarliks 67 minute aan gemeenskapsdiens op sy verjaarsdag – 18 Julie.  Vanjaar kan ons dit sommer ‘n ronde 100 minute maak!

Hoe lyk ‘n 100?  Dis ‘n groot getal.  Vir die jonger outjies kan ‘n mens byvoorbeeld…

  1. ‘n 100 botteldoppies of -proppies in ‘n lang ry uitpak en hulle vra om die getalle daarop te skryf.  Maak ‘n ellelange slootjiekaart waarin julle die doppies kan pak en steek dit teen ‘n kennisgewingsbord vas vir herhaaldelike gebruik.  Kan julle patrone pak of dalk elke 10 in ‘n spesifieke kleurgroep rangskik?
  2. ‘n 100 wasgoedpennetjies gee om aan ‘n lang lint te knyp.
  3. ‘n 100 genommerde roomysstokkies gee om te orden.
  4. ‘n 100 skuifspelde gee om ‘n ketting te maak.
  5. ‘n bak vol ringvormige pap gee (bv. Fruit Loops) om in tiene te groepeer.  Verskaf ‘n toutjie en laat hulle die pap ryg om ‘n halsnoer te maak.  Eet dit later droog of met ‘n bietjie melk.
  6. ‘n houer met honderde krale sodat die outjies kan oefen om ‘n 100 krale te ryg.
  7. ‘n enorme skaap op ‘n A3-vel teken sodat die outjies ‘n 100 wattepluisies kan plak.  Werk in groepe om ‘n bietjie te bespaar.
  8. 100 saadjies in ‘n tuintjie saai.
  9. 100 pakkies groente en kruie saad verpak en aan die gemeenskap uitdeel.  Skryf ‘n mooi boodskappie daarby of dui aan wat in jou pakkie is.
  10. deur die buurt stap en opgewekte liedjies sing.
  11. ‘n enorme 100 op ‘n groot vel papier of plastiek doek trek (groot genoeg om die klasdeur te vul.  Sny die syfers uit en klim heeldag deur die getal om in en uit te gaan.  ‘n Plastiekerige doek sal dalk langer hou.
  12. ‘n strook karton met die syfer daarop gee.  Knip die binnekante van die nulle uit en maak ‘n bril deur ‘n stuk broekrek agterom die kop te meet en aan die karton vas te kram.
  13. drukwerk op t-hempies laat doen.  Plaas ‘n stuk plastiek binne-in ‘n hempie en gee ‘n bakkie met lapverf daarin. Druk 10 rytjies van 10 duimafdrukke, stempeltjies of selfs kurkproppies.  Gebruik ‘n spesiale lapveselpen en omskep die propkolle later in ogies of gesiggies.
  14. drukwerk op ‘n groot A3-vel laat doen.  Gee byvoorbeeld skakerings van helderrooi en donker rooi verf om lieweheersbesies te maak sodra die verf droog is.  Gebruik skakerings van bruin om later gesiggies te maak.  ‘n Mens kan ook slakkies maak of kolle teen mekaar druk om ‘n wurm te vorm.  Wat van geel kolle wat later bytjie sal word?  Lamineer die velle en stuur dit huis toe as plek- of skinkbordmatjies.
  15. ‘n uitdagingsperiode instel.  Kyk of julle 100 flitskaarte (bv. sigwoorde) kan lees.  Kan julle gesamentlik 100 storieboekies lees?  Probeer om 100 somme te doen 🙂
  16. 10 keer gedurende die dag stop om gesamentlik 10 sterspronge te doen, 10 treë te marsjeer of die hande te klap.
  17. spelenderwys hulself met ‘n toep soos AgingBooth verouder tot 100 jaar.  Stuur die foto’s per e-pos of met ‘n toep soos SeeSaw aan die ouers.
  18. vra dat elkeen 100 sent bring as ‘n donasie aan ‘n omgee-projek in julle stad of dorp.  ‘n Mens kan selfs mik om as ‘n klas R100 in te samel.
  19. ‘n groot 100-blok elk gee sodat hulle oor ‘n tydperk klein muntstukke (snoepie kleingeld) in die onderskeie blokkies kan plak.  Is daar ‘n nood in jul skool of klas?  Het iemand skoene, skryfbehoeftes, ‘n trui, ens. nodig?  Kyk hoe dié bietjies iemand kan help. [100 Madiba Spaar A3]
  20. vra dat elkeen ‘n donasie vir ‘n dierebeskermingsgroep bring.  Dink aan maniere om 100 vol te maak – 100g kos elk, ‘n 100kg kos altesaam, ens.
  21. vra dat elkeen broodsakkiekaartjies (ten bate van rolstoele) bring.  Mik vir ‘n 100 kaartjies as ‘n skool of ‘n klas.
  22. plastiekherwinningskissies installeer.  Vul plastiekbottels met plastiek om bakstene te maak en skenk dit.
  23. vra dat elkeen ‘n item met ‘n gewig of inhoud van 100 sal bring ten bate van ‘n welsynsorganisasie (bv. 100ml, 100g).
  24. woorde van hoop en gelukwensing op die bord skryf sodat hulle dit rond en bont op ‘n groot vel papier kan oorskryf.  Sodra hulle tevrede is, kan hulle dit met swart veselpen natrek.  Verklein dit in die vorm van kaartjies (op verskeie kleure karton) en gee dit in mini-pakkies van 5 aan die ouers om te gebruik.
  25. vra om hul name 100 keer op ‘n A4-vel neer te skryf.  Gebruik dit aan die einde van die jaar om ‘n klein onthou-geskenkie in toe te draai.
  26. ‘n honderdblok gee, sodat hulle die syfers kan natrek.
  27. ‘n honderdblok gee, sodat hulle die afsonderlike blokkies kan inkleur met verskillende kleure.
  28. ‘n meterstok gee om die millimeters te tel.
  29. in die sportstoor loer vir meetinstrumente om die rugbyveld te meet.  Hoe ver is dit van een doelpaal na die volgende?
  30. wys hoe lyk 100ml.  Kan julle 100 liter water insamel vir areas in nood?
  31. ‘n 100 keer met ‘n gatjiepons pons om konfetti vir die klas te maak.
  32. ‘n boekmerk gee om 100 snitte al om die rand te maak.
  33. help om papierlinte (streamers) in stroke van 100cm te meet en te sny.  Hang dit in ‘n kleurvolle mengelmoes aan die bokant van die deurkosyn.
  34. help om mini-kolwyntjies te bak.  Pak ‘n wafer en twee kolwyntjies op die bordjie om 100 te bou en sprinkel “hundreds and thousands” bo-oor die kolwyntjies se versiersel.
  35. 2 ronde koekies en ‘n wafer gee om 100 te bou.
  36. ‘n digitale kamera of ou selfone (met kamera’s) gee om ‘n 100 goue oomblikke af te neem.  Plaas dit op die klasblad of SeeSaw.

Madiba 100

Wat doen julle vanjaar?

Vadersdag

Lewer kommentaar


Vadersdag is op die 17de Junie.  Loer gerus na hierdie idees indien jy nog nie iets beplan het nie.  Knip die geskenkkaartjie of etiket uit om aan die geskenk te hang of daarop te plak.

Vir vorige inskrywings, loer gerus hier.

 

Kinderbeskermingsweek

1 Kommentaar


Kinderbeskermingsweek duur van 27 Mei tot 3 Junie 2018.

Weet die outjies wat om te doen om veilig te wees?  Ken hulle hul persoonlike inligting en noodnommers?  Herinner hulle gerus tydens dié week.

regte

Afrika

2 Kommentaar


 

Wat is Afrika Dag?  Toets gerus die outjies se kennis en geniet jou stukkie Afrika 😉

Lekker is net ‘n vinger lank…

Lewer kommentaar


Lekker is net ‘n vinger lank, maar ek het dit sommer maande lank laat duur.  My winkelrakpryse was in sommige gevalle vir meer as ‘n jaar lank verlaag, maar sal vandeesweek begin terug keer na die markverwante pryse.

Kom loer gerus die naweek weer in, want ek sal van 25 – 31 Mei aan Teacha se uitverkoping deel neem ter viering van hul 3de verjaarsdag.  Weens die volgende paar dae se ekstra uitverkopings, sal die pryslys teen 1 Junie verander word.

Kom loer gerus in 🙂 220+ opsies om van te kies!

ruskans

Lewer kommentaar


Geniet die ekstra rustyd!

Onbaatsugtigheid/Pay it Forward

1 Kommentaar


28 April is Pay it Forward Dag en is geskoei op die fliek met die gelyksoortige naam.  Die gedagte is om ‘n onbaatsugtige taak te verrig en te vra dat ander dit ook probeer om die beweging “aansteeklik” te maak.

Is daar iets wat julle as ‘n klas kan doen?  Kan julle iemand in die skoolgemeenskap help?  Loer gerus hier na vorige inskrywings en idees.

Tweede Kwartaal

4 Kommentaar


Loer gerus in of vra vrae.  Ek help graag 😉

ATPs / Onderrigplanne

25 Kommentaar


ATP

  1. Mediation ATPs & Baseline (F. Phase) ATPs or Recovery Plans – Grades 1 – 12
  2. Graad R – 3
  3. Graad 1 Huistaal
  4. Graad 1: Pasaanduiders Huistaal Kwartaal 1, 2, 3, 4
  5. Graad 1 – 3 ATP aanpassings 2020
  6. Languages 2020 Revised Curriculum and Assessment Plans Gr 1-3
  7. Mathematics 2020 Revised Curriculum and Assessment Plans Gr 1-3
  8. Life Skills 2020 Revised Curriculum and Assessment Plans Gr 1-3
  9. Graad 1 Afr. EAT
  10. Grade 1 Home Language  
  11. Grade 1 Eng. FAL
  12. Graad 1 Wiskunde
  13. Grade 1 Mathematics
  14. Graad 1 Lewensvaardighede
  15. Grade 1 Life Skills
  16. Gr. 1 isiXhosa
  17. Graad 2 Huistaal
  18. Graad 2: Pasaanduiders: Kwartaal 1, 2, 3, 4
  19. Graad 2 EAT
  20. Grade 2 Home Language
  21. Grade 2 FAL
  22. Graad 2 Wiskunde
  23. Grade 2 Mathematics
  24. Grade 2 isiXhosa
  25. Graad 2 Lewensvaardighede
  26. Grade 2 Life Skills
  27. Graad 3 Huistaal
  28. Graad 3: Pasaanduiders: Kwartaal 1, 2, 3, 4
  29. Grade 3 Home Language
  30. Graad 3 EAT
  31. Grade 3 FAL
  32. Graad 3 Wiskunde
  33. Grade 3 Mathematics
  34. Graad 3 Lewensvaardighede
  35. Grade 3 Life Skills
  36. Gr. 3 isiXhosa
  37. 2020 ATPs ECD & Gr. 1 – 12
  38. 2020 Math Grade 3 ATPs Final Term 1
  39. 2020 Math Grade 3 ATPs Final Term 2
  40. 2020 Math Grade 3 ATPs Final Term 3
  41. 2020 Math Grade 3 ATPs Final Term 4
  42. Aanpassings: ENGLISH FAL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN_GRADE 4
  43. AFRIKAANS HT_2020 HERSIENDE NASIONALE JAARLIKSE ONDERRIG PLAN GRAAD 4
  44. AFRIKAANS EAT 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 4
  45. Aanpassings: ENGLISH FAL_2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN_GRADE 5
  46. Aanpassings: ENGLISH HL_2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN_GRADE 5
  47. 2020 Grade 4 Mathematics
  48. 2020 Grade 5 Mathematics
  49. 2020 Grade 6 Mathematics
  50. 2020_National Content Phase Plans Grade 4-6 First Additional Language
  51. 2020 National Revised ATPs Grade 6 Home Language
  52. 2020 National Revised ATPs Grade 6 Non-Languages
  53. 2020 Geography ATP Mediation Grade 6
  54. 2020 History ATP Mediation Grade 6
  55. 2020 Home Languages and First Additional Languages ATP Mediation Grade 6
  56. 2020 Life Skills ATP Mediation Grade 6
  57. 2020 Mathematics ATP Mediation Grade 6
  58. 2020 Natural Sciences and Technology ATP Mediation Grade 6
  59. 2020 National Content Map Grade 4-6 Non-Languages
  60. XITSONGA HL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 6
  61. TSHIVENDA HL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 6
  62. SISWATI HL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 6
  63. SETSWANA HL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 6
  64. SEPEDI HL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 6
  65. SASL Sign Language HL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 6
  66. ISIZULU HL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 6
  67. ISIXHOSA HL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 6
  68. ATP SESOTHO HL 2020 REVISED NATIONAL ANNUAL TEACHING PLAN GRADE 6
  69. 2020 Grade 7 Mathematics
  70. 2020 Gr. 7 ATP EMS
  71. Grade-7-English-FAL
  72. Grade-7-Mathematics
  73. Grade-7-Natural-Sciences
  74. Grade-7-Social-Sciences
  75. Senior-Phase_Mathematics
  76. 2020 AFRIKAANS ATP EAT Gr 10
  77. 2020 AFRIKAANS ATP EAT Gr 11
  78. 2020 AFRIKAANS ATP EAT Gr 12
  79. Graad 12 aanpassings: Revised ATPs
  80. 2020 SGA EAT Finaal
  81. ATP English SENIOR PHASE
  82. ATP English HL SP
  83. ENGLISH FAL 8 Subject planning material

2019

  1. Wiskunde Graad 1 – 3 2019
  2. Life Skills ATP Grade 1 Term 1
  3. Life Skills ATP Grade 2 Term 1
  4. Life Skills ATP Grade 3 Term 1
  5. Graad 1 – 3
  6. English FAL Grade 1
  7. English FAL Grade 2
  8. Maths Resource Grade 1 – 3
  9. Mathematics Grade 1
  10. Mathematics Grade 2
  11. Grade 4 2019 ATP
  12. AFR EAT Gr 4 ATP
  13. Grade 5 2019 ATP
  14. Grade 6 2019 ATP
  15. 2019 Programme of formal assessment for natural sciences and technology
  16. Graad 4 – 6
  17. Graad 4 – 6 2019
  18. Graad 6 ATP AFR EAT
  19. Grade 4 ATP’s and Reporting Tool
  20. Grade 5 ATP’s and Reporting Tool
  21. Grade 6 ATP’s and Reporting Tool
  22. Graad 7 – 9 [Afrikaans / Engels]
  23. Grade 7 SS ATP 2019a
  24. ATP 7 EAT 2019
  25. ATP 8 EAT 2019
  26. ATP 9 EAT 2019
  27. Graad 10 – 12
  28. Vaardigheidskole
Sien ook:
  • KABV (Kurrikulumbeleid, Assesseringsprotokol, Slaagvereistes, Departementele Werkboeke, Voorbeelde van Graad R-rapporte/”Resource Kit”)
  • Ou Vraestelle (200+ Gratis opsies:  Graad 1 – 12)

earth hour

Lewer kommentaar


Earth Hour is ‘n gulde geleentheid om as ‘n gesin die elektriese toebehore af te skakel en om tyd saam te spandeer.  Dink aan idees om “skermtyd” (tyd op die rekenaar, selfoon, television, ens.) te verminder of beter te beplan sodat julle projekte in en om die huis kan begin om herwinning aan te moedig of om daaroor te leer.  Het julle ou tydskrifte met relevante artikels?  Knip dit uit en steek dit teen die yskas vas.

Wat verbruik julle baie vinnig?  Is daar ander opsies?  Het julle houers om herwinbare items te sorteer?  Maak dalk ‘n etiket of twee en dink aan eenvoudige, haalbare idees.  Elke probeerslag – al is dit hoe klein, is ‘n tree in die regte rigting.

Gelukkig

2 Kommentaar


Wat maak julle gelukkig?  Is dit ‘n lekker broodjie, ‘n mooi boek, ‘n geselsie met ‘n oupa of ‘n ouma of selfs ‘n vinnige koeldrank saam met ‘n ouer of maat?

Hoe kan jy ander in het kleine help om ‘n gelukkiger dag te hê?  Is dit bloot om iemand met ‘n glimlag te groet, ‘n potlood op te tel, ‘n swaar tas te help dra of om aan die klasreëls te voldoen?  Dink aan ‘n paar idees wat nommerpas vir jou dag sal wees. 😉

 

 

 

Biblioteekweek 2018

Lewer kommentaar


Biblioteekweek is ‘n ideale tyd om die dorpsbiblioteek te besoek.  Wat kan ‘n mens alles daar doen?  Lees ‘n mens slegs boeke?  Wat kan ‘n mens alles uitneem?

Kort die boeke in die skoolbiblioteek herstelwerk?  Kry vrywilligers om boeke te herstel, die rakke af te stof of om die vertrek ‘n bietjie reg te ruk.

Dink aan ‘n tema en betrek dit gedurende lesse en leestye.  Speel ‘n liedjie (wat by die tema aansluit) oor die interkomstelsel om ‘n leestyd aan te kondig en lees dan totdat die liedjie weer speel (bv. 10 minute lank).  Stal verskeie stories in verband met die tema uit en hou raaiselkompetisies waar kinders aanhalings uit die boeke oplos.  Nooi gaslesers (soos ouers, besigheids eienaars, ens.) om boeke aan individuele klasse of aan graadgroepe voor te lees.  Versier elke klas se deur soos die voorblad van ‘n storieboek en wees lekker kreatief.

Werksvelle
Tik gerus soekterme soos “biblioteek, lees, boekmerk, leeslys, leesreeks, rympies, luidlees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

water

Lewer kommentaar


Waterweek duur van 17 – 23 Maart en op die 22ste Maart sal dit die Wêreld Waterdag wees.  Waar kom jul skool of dorp se water vandaan?  Reën dit hoofsaaklik in die somer of in die winter?  Hoe bespaar die skool water en hoe kan ‘n mens ander dele van die land help waar daar nood is?  Is daar nood in jou omgewing en hoe kan ‘n mens help?

Blokkiesraaisel (raaisels)

Wiskunde Dag

2 Kommentaar


7 Maart is Wêreld Wiskunde Dag!  Betrek vandag speletjies soos

  • bordspeletjies, bv. slangetjies en leertjies
  • UNO
  • verskeie kaartspeletjies met ‘n tradisionele pak kaarte
  • dominoes
  • tangramme

Doen hersiening van bekende werk en konsepte, maar stel ook uitdagings beskikbaar.  Tel jul treë, plak maskeerband in vorms op die mat (om op te loop) of speel spring speletjies (soos hop scotch).

Geniet al die rekenwerk!

spelwoorde

6 Kommentaar


spelwoorde

Afhangende van die ouderdomsgroep, kan ‘n mens verskeie idees probeer.

  • Lees die woord en bou die woord dan met los kaartjies – een-vir-een.
  • Skryf die woorde met ‘n swart veselpen en lees dit saam.  Plaas ‘n papier bo-op en laat die outjie dit natrek.
  • Vou ‘n vel papier in die helfte (in die lengte) en dan weer om sodoende ag gelyke blokke te maak. Laat die outjie dan ‘n woord in elke blok skryf en maak ‘n duplikaat.  Sny die blokke op en speel ‘n geheuespel waar al die kaarte onderstebo is en dan twee op ‘n slag om gedop word. As dit ‘n paar is, hou dit of dop dit weer om as die kaarte ‘n onpaar is.
  • Maak ‘n waaier met een stel kaarte, trek ‘n kaart – lees dit, hou toe en probeer dit hardop uitklank. Gaan deur al die woorde op dieselfde wyse. As die woord reg is, sit dit eenkant. Indien die woord verkeerd gespel is, hou dit in die waaier.  Gebruik dieselfde gedagte om ook die woorde te skryf.
  • Maak weer ‘n groot vel met blokke en trek die gunstelingpotlode nader. Skryf die woorde in verskillende kleure – een per blok. Indien die woord “illustreerbaar” is, teken ‘n prentjie by.
  • Gebruik ‘n witbord veselpen om die woorde op ‘n plastieksakkie, op ‘n spieël of ‘n gladde teël na te trek.

Tik gerus soekterme soos “spelgoggas, spellys, dubbelklank, tweeklank, drieklank, verkleinwoord, meervoud, sigwoord, flits…klanke, hersien” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

Woordsoeke [Engels en Afrikaans]

Moedertaaldag

Lewer kommentaar


Moedertaaldag word jaarliks op 21 Februarie gevier.  Watter tale praat jou klasmaats tuis?  Praat julle almal dieselfde taal?  Probeer om die maats in hul eie tale te groet 😉

Older Entries Newer Entries