Tuis

My Regte

Lewer kommentaar


Menseregtedag word op die 21ste Maart gevier.  Vind hiermee ‘n paar riglyne om in skole te gebruik.

regteskool

  1. My Regte
  2. My Regte en Verantwoordelikhede
  3. Menseregte
  4. Wat sê die Grondwet?
  5. Kinderregte A
  6. Kinderregte B
  7. My rights … Eng booklet
  8. Health Rights and Responsibilities

Waterweek

Lewer kommentaar


 

Dit is binnekort waterweek – wanneer ons mekaar aan die waarde van water en die belangrikheid van besparing herinner.  Loer gerus na vorige jare se idees en ook na hierdie skakels vir meer inligting om te betrek.

 

Downsindroom

2 Kommentaar


Down

Hou ‘n fondsinsamelingsdag deur onpaar of helderkleurige sokkies te dra ten bate van Downsindroom SA of ten bate van hulpmiddels vir leerders met Downsindroom in jou skool.

Ondersteuning

Lewer kommentaar


Van my leerders benodig alternatiewe hulpmiddels en idees om hul skooldag makliker te maak.  Sommige outjies is tasdefensief en hou nie van sekere teksture nie (bv. etikette in klere, growwe papier, klei), ander hou nie van sekere geluide nie (bv. skril skree geluid van ‘n foutiewe klankstelsel of interkom), ander sukkel om te fokus, party benodig speelgoed om mee te vroetel, party kort bewegingsbreuke, ens.  Wat kan ‘n mens doen om die dag meer suksesvol te maak?

Heelwat kinders gebruik ‘n vroetelspeelding om die hande besig te hou.  Vir die outjies wat nie van sekere teksture hou nie, het ons slym of flubber gemaak en binne-in ‘n geseëlde sakkie* gebêre.  Hulle speel dus met die sakkie – eerder as met die slymerigheid self.  Soms lees die outjies die resep voor en ander kere gooi hulle die droë bestanddele by, maar hoe dit ookal sy…daar is blootstelling.  Die slym of flubber is ‘n snaaksigheid en die outjies geniet dit om die resepte vir die ander maats te maak.  Ons het onlangs ‘n druppel vanieljegeursel, kaneel, skeerroom en haaropknapper liggies of bietjie-vir-bietjie by onderskeie mengsels gevoeg en die outjies het beslis meer aandag aan die mengsels geskenk.  Nie net is die spelery ‘n goeie fynspier aktiwiteit nie, maar hou dit hulle gefokus tydens luistertake.  Elkeen kry ‘n stukkie om mee te speel.

‘n Mens kan natuurlik koekiedrukkers betrek, woorde met lettervorms bou of somme met syfervorms uitlê.  Indien die outjie lang wurms vorm, kan ‘n mens spesifieke letters, vorms, syfers, ens. probeer vorm. 

In plaas van die slym of flubber, kan ‘n mens meel met ‘n tregter in ‘n ballon ingooi en die ballon toeknoop.  Die outjie gebruik dit dan soos ‘n stresballetjie.  Gebruik ook gladde of stekelrige rubberballetjies, ryg krale aan ‘n tou-armband, rubber potloodgrepies of gebruik stukkies mediese/chirurgiese pyp of buise.  Die mediese pyp/buise kan ook om stoel- of tafelpote gebind word om teen te skop of om die voete op te rus – indien theraband nie beskikbaar is nie.

Jelliekrale is baie gewild.  Ons meng soms gelyke dele mielieblom en haaropknapper in ‘n kleinerige, waterdigte sakkie en voeg slegs ‘n paar jelliekrale by.  ‘n Mens kan ook ‘n doolhof buite-op ‘n groot seëlbare sak teken of met stroke maskeerband plak.  Maak dan slym met kleurlose gom en beweeg ‘n jelliekraal binne-in die mengsel en binne-in die sakkie deur die doolhof.

Vir die outjie wat gril vir die tekstuur van sekere boeke se blaaie, gee ons handskoene (met of sonder vingerpunte), ‘n knipbord om die boek mee vas te hou of ons plaas die los bladsye in ‘n lêersakkie.

Vir die outjie wat sensitief is vir harde of skril geluide, hou ons oorbeskerming naby of ons laat hom ver van die interkom af sit.

‘n Hangmat werk goed vir ‘n paar minute se eie tyd en werk soms goed as ‘n binneshuise swaai.  Sommige outjies geniet ‘n hop– of ‘n groot jogabal (om oor te lê, te bons, op en af teen die muur te rol…) en ander wil net vir ‘n paar minute eenkant sit.  Die vollengte spieël kry baie aftrek en een outjie geniet dit om op ‘n balanseerbord te staan terwyl hy gesels.

Hierdie spesiale speeltye word gewoonlik beperk tot ‘n paar minute (2 – 5) wanneer die skoolwerk (of afdelings) klaar is.

Gesels gerus met ‘n arbeidsterapeut om idees nommerpas vir jou klas te beplan.  Watter idees gebruik julle?

*As die sluitaksie lek, vou dit om en seël met duct tape.

 

Gelukkig

Lewer kommentaar


DagvanGeluk

20 Maart is die Internasionale Dag van Geluk.  Fokus op emosies en op dinge wat ‘n mens se lewe verryk.  Wat laat jou voel asof jy behoort of inpas?  Wat kan jy doen om ander te betrek?

 

gelukkig

Skryf in

Lewer kommentaar


Gaan die outjie binnekort laerskool, hoërskool of na ‘n ander skool toe skuif?  Begin nou al ondersoek instel na die inskrywingsproses vir volgende jaar.  Dit begin jaarliks vroeër.

skryf-in

klanke, spelwoorde, syfers, vorms, patrone

Lewer kommentaar


hersiening

Probeer om soveel sintuie as moontlik te betrek en gee vir die outjie ‘n verskeidenheid maniere om die werk te hersien.

Ons skryf dikwels die woorde groot op “flitskaarte” (gebruik sommer ou papbokse en dergelike kartonnetjies) en verf dan pofferige verf met ‘n oorstokkie bo-oor. Die outjie kan dit self in die mikrogolfoond plaas en laat verhard (onder toesig). Sodra dit afkoel, kan hy bo-oor die woorde voel of ‘n bladsy bo-oor plaas en met ‘n vetkryt inkleur om ‘n afdruk te maak.

Plaas die woorde sigbaar teen die muur en gee vir hom/haar meel, suiker of klei om in/op te skryf of waarmee hy die woorde kan vorm en kopieer.  Skryf of teken die los letters, syfers, vorms en patrone groot op ‘n bladsy.  Trek dit na met ‘n gomstiffie en strooi dán die suiker of sand bo-oor.

Die los kaarte kan gekram word om dit sommer in die motor te hersien.

Die los letters van “Scrabble” werk goed. Kyk sommer hoeveel punte elke “Scrabble”-spelwyse tel vir ‘n bietjie wiskunde hersiening.

‘n Ander idee is om ‘n groot vel tinfoelie op ‘n skinkbord/tafel te plaas. Spuit skeerroom daarop (‘n bietjie) en laat die outjie dan die woorde daarin skryf – met die vinger of ‘n kwas.

Op SENTEACHER.org, kan julle jul eie “woordsoeke” skep, sodat die outjie sy woorde só soek en hersien. Fokus aanvanklik net op horisontale woorde, dan ook vertikale woorde en heelwat later – diagonale woorde.

Loer gerus ook na hierdie opsies en tik ook soekterme soos syfers, skrif, skryf, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiings, vorms, patrone, flits, sigwoorde, robotkaart…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

Idees vir die tuisklaskamer, Tuis idees, Hersien, Klanke

Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag

4 Kommentaar


luidleesmoedertaalboekedag

Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot:  Luidlees-Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas.

1.  Bou woorde met los kaartjies:

  • Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou.
  • Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of…
  • Plak die woordbouwerk op groot velle papier om die spogwerk teen mure aan te bring.
  • Bou die name van gunstelingboeke.
  • Bou kort gediggies.
  • Bou liedjies.

2.  Maak boekmerke:

  • Vir persoonlike gebruik.
  • Vir die klas se leeshoekie.
  • Vir die biblioteek.
  • Om aan ‘n ander klas of graadgroep te gee.

3.  Hou ‘n muntlegging vir nuwe leesboeke.

4.  Begin ‘n tradisie waar kinders leesboeke of ‘n geldjie skenk wanneer hulle verjaar.  (As die outjie 7 jaar oud word – R7, ens.)

5.  Sny oulike artikels uit ou tydskrifte om in ‘n leesbundel te bind of plaas dit in ‘n plastieklêer (flip file) in die leeshoekie.

6.  Stel ‘n aftelwekker (timer) waartydens die outjies lees.  Indien hulle daarin slaag om stilletjies vir byvoorbeeld 5, 10, 15 of 20 minute te lees, kan Juffrou of die skoolhoof later in die dag vir die klas ‘n storie lees.

7.  Maak ‘n groot kopie van ‘n gunstelingboek se voorblad om op die klasdeur te plaas.  Die Grondslagfase kan byvoorbeeld boeke uit hul leesreekse kies en pastelle, vetkryt en verf gebruik om die groot deurprent mee mooi te maak.  Na afloop van die spesiale dae, kan die prente dan na die biblioteek skuif en gereeld om geruil word.

8.  Laat die outjies byvoorbeeld aan oulike plekke dink waar hulle graag sou lees (ook saam met wie, vir wie, wanneer, ens.).  Neem ‘n foto van die outjie, druk dit op ‘n bladsy (groot of klein) en voeg die sin by.  Bv. Ek lees graag op die swaai.  Ek lees graag op die mat.  Betrek bekende sigwoorde of gebruik selfs die tweede taal.  Bv.  Ek lees graag op die blou mat.  I love to read on the blue swing…Bring die mini-stories teen die gangmure aan of bind dit in ‘n boekie.  Indien dit op ‘n karton (manilla – dalk A6-grootte) gedruk word, kan ‘n mens die individuele foto’s of kaartjies as boekmerke gebruik.

9.  Daar is deesdae stories op Android en Apple toestelle beskikbaar – asook stories op die internet om vir die klas te speel.  (Loer gerus ook na hierdie e-boeke.)

10.  Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om  na die stories te kyk.

11.  Geniet die outjies rympies?  Vergroot die rympies tot een rympie per bladsy en lamineer of plaas dit in ‘n lêersakkie.  Sódoende kan dit apart of in ‘n lêer gestoor word.  ‘n Mens kan dieselfde met die lirieke van gunstelingliedjies doen.

12.  Het jul skool ou ensiklopedieë?  Merk bekende onderwerpe met boekmerke, sodat die outjies self kan lees.

Sien gerus ook vorige skrywes soos die volgende en tik soekterme soos “ABC, flits, sigwoorde, hersien, lees, Luidleesdag, Moedertaaldag, Boekedag, boekmerk” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees:

Lees: motivering en aanmoediging

I love to readEk lees graag, *a-z-kaartjiesVersprei die boodskap

Lekker lees en loer gerus weer in 😉

Valentynsdag

Lewer kommentaar


my-valentyn

  1. Vlaggies om jou klas te versier: Druk op rooi of wit papier en kram oor ‘n lintjie vas.
  2. Bou woorde met hartjie-klanke…om spelwoorde te oefen, plak op muurprente of ryg die woorde aan linte ter versiering…
  3. of hou ‘n veelvoudige keuse klasvasvra.  Gee vir die kinders die klanke of letters van A tot D en laat hulle die antwoorde oplig.                         [harte 1, harte 2]
  4. Ryg getalle in ‘n eie getallyn in.
  5. Flits vir die outjies somme binne die getalgebied 1 – 10 en laat hulle die antwoord vir jou wys.
  6. Joh 3:16
  7. Valentyn
  8. Valentine
Versierings (vlaggies), Wiskunde (+, -, x…) in die getalgebied 1- 10 en 1- 100, Klanke, Vriendskapswerk [Engels / Afrikaans]

Ouer idees:

My Valentyn: Werksvelle, Flitskaarte, Versierings

This slideshow requires JavaScript.

Biddag

6 Kommentaar


biddag

Biddag vir Opvoeding en Onderwys

Skrifdag, 23 Januarie

2 Kommentaar


skrifdag

Vind hiermee ‘n paar skakels in verband met skrif ingesluit.  Tik gerus ook soekterme soos “knip, perseptuele, skrif, skryf, handspier, patroon, patrone, syfers, tuis…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in (of loer na die “Drukbare Bladsye“-hofie) vir meer idees.

  1. Robotkaarte (drukskrif / lopende skrif)
  2. Potloodgreep
  3. Drukskrif Bladsy
  4. Handwriting
  5. Lopende Skrif Bladsy
  6. Cursive Writing
  7. ABC Skryf
  8. Graad 1 Handskrif (riglyne)
  9. Graad 2 Handskrif (riglyne)
  10. Graad 3 Handskrif (riglyne)
  11. Lopende Skrif
  12. Lopende Skrif Kleinletters
  • Maak vandag kleiwurmpies om verskillende klanke, patrone en syfers te vorm.  Ons het kleimatjies in lêersakkies gehou en dan die kleiletters daarop gevorm.
  • Maak soutkleiletters om name te vorm.
  • Druk die outjies se name in groot letters, verf met pofferige verf en trek met die vinger bo-oor die letters.
  • Gebruik flubber soos gewone speelklei.  Druk die week se woorde met koekiedrukkers of lettermagnete daarop en .
  • Tel speelgoed met ‘n tangetjie op.
  • Bou magneetwoorde op die skryfbord – na aanleiding van bekende getalname, lees- en sigwoorde.

 

skouer aan die wiel

2 Kommentaar


 

klas

Met die aanvangs van die skooljaar, is daar so ‘n paar nuwe goedjies beskikbaar – hier in My Klaskamer en ook in my winkeltjie.  Klik gerus op die volgende skakels en tik ook soekterme* by die bruin soekblokkie aan die regterkant van my blog in vir velerlei idees en drukbare opsies.

Voorspoed met die week en loer gerus weer in 😉

* soekterme soos:

  1. verjaarsdag,
  2. eerste dag,
  3. potloodgreep,
  4. handspier,
  5. perseptuele,
  6. knip,
  7. ABC skryf,
  8. skrif,
  9. skryf,
  10. ABC uitspraak,
  11. dubbelklank,
  12. tweeklank,
  13. drieklank,
  14. klanksamevloeiing,
  15. klanke,
  16. hersien,
  17. ABC,
  18. Engels,
  19. Bybel,
  20. breuke,
  21. hoe laat is dit,
  22. geld,
  23. wiskunde huiswerk,
  24. woordsom,
  25. veelvoude,
  26. maaltafels,
  27. uitdeel,
  28. deling,
  29. mondeling,
  30. redenaars,
  31. lees,
  32. nuwe leser,
  33. flits,
  34. sigwoord,
  35. tuis idees,
  36. omkering,
  37. oefen self,
  38. woordeinde,
  39. hulpmiddels,
  40. studiemetodes

Voorspoed

10 Kommentaar


voorspoed

Gereed vir 2017

Lewer kommentaar


gereed-vir-2017
Via Afrikaanse Hulpmiddels vir die klaskamer

afrkalender2017

Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar is gewoonlik verskeie dae om tydens die skooljaar te vier. Loer gerus na die 2017 Kalenderpakket vir ‘n rekenaar én ‘n drukbare weergawe om te volg. Hierdie kopie sluit ook verjaarsdagkalenders (12 Blamaande1-300x300dsye) as ‘n ekstratjie in. Hierdie kalenderpakket is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy ‘n veeltalige klaskamer het, kan jy ‘n drietalige een probeer (Engels, Afrikaans, isiXhosa).

15825835_1245607238819219_7806075403931762564_n

Kleurvolle dagprogramtydsgleufflitskaarte kan gebruik word om aspekte soos buitespel, peuseltyd, besprekingskring, ens. aan te dui, maar sluit ook naam- en rakkaartjies in 11 temas in.14750653_401733623283617_4509829494613213184_n

Kleurvolle klanke muurkaarte (ideaal vir die Grondslagfase-klaskamer) in Afrikaans en Engels, is as ‘n pakket beskikbaar.

Indien jy dit as skrif- of kleikaarte verkies, is daar kleurvolle kaarte in Enkelklankebeide tale beskikbaar. Soortgelyke prente (bv. a is vir appel) is in ‘n meer gevorderde Klankhersieningsboekie (vir die enkelklanke én klinkerkombinasies) beskikbaar – in Engels en Afrikaans onderskeidelik.

Meer ontwikkelings- en hersieningstake is in die Dubbel-, Twee- en Drieklanke of Vowel Blends pakkette beskikbaar.

15276405_1448305491864178_3853949913628934144_n
Die Enorme Klanke Mengelmoeskardoes dek die enkel-, dubbel-, twee- en drieklankgidse, asook kleurvolle geïllustreerde flitskaarte – ‘n bietjie meer as 400 bladsye in totaal.

My Klaskamer het ook woordelyste (woordeboeke vir beginners), sigwoordflitskaarte en oggendbundels vir Engelse én Afrikaanse leerders.

14546840_1198774170166462_1639114435328999424_nWil julle graag op die visuele persepsies fokus? Loer gerus na die twee gidse in een pakket. Merk jy b/d-verwarrings? Loer gerus na hierdie werksvelle.

Vir skrifvelle, kan jy na die drukskrifvelle en lopende skrif velle loer. Die lopende skrif velle sluit ook lopendskrifnatrekmuurkaarte (‘n letter per bladsy) in of fokus op natrekwerk.

Beginners, kan aanvanklik na syfers en hoeveelhede loer (bv. prente en getalname) en ‘n getalnaamgidsie gebruik in hul werk. Loer ook na konsgetal1tot10epte soos “meer en minder”, “voor en na”, “halvering en verdubbeling”, “ewe en onewe getalle”, geld, tyd (en tydwerksvelle), woordsomme, maaltafels (en veelvoude), maal- en deelsomme en breuke. Die meeste van hierdie dokumente is onderskeidelik in Engels en Afrikaans verkrygbaar.

Kom loer gerus by My Klaskamer vir ‘n verskeidenheid van ongeveer 160 produkte in.

cover image.png

Nuwe Jaar

3 Kommentaar


2017nuwe

Kom loer gerus in en stuur ‘n kollega of ouers na My Klaskamer.  Ek help graag 😉

Kersfeeswense

4 Kommentaar


kersfees

 

pasella vir jou klaskamer

7 Kommentaar


Hiermee gratis hulpmiddels vir jou klaskamer.  Verklein die naamkaartjievelle tot twee op ‘n A4-bladsy indien jy dit so verkies 😉

voorblaaie (ander)

(tik besonderhede op ‘n skoon dokument en druk op die voorbladvelle)

klasree%cc%88ls

Klaskamer reëls, doelwitte

Classroom goals rules

dagprogram

welkomdagprogram

uiltjies-naamkaartjies

uiltjies-dagprogram

welkomby

bytjie-naamkaartjies

bytjie-dagprogram

volstruisdag

volstruis-naamkaartjies

volstruis-dagprogram

liewenheersbesie

liewenheersbesie-naamkaartjies

liewenheersbesie-dagprogram

welkomolifant

olifant-naamkaartjies

olifant-dagprogram

screen-shot-2017-01-09-at-19-26-09

vissie-dagprogram

vissie-naamkaartjies

toilet-posters

badkamer-muurkaarte

klas-verlaat-1

Tik gerus soekterme soos Hulpmiddels, Graad R, Graad 1, Eerste Dag, Naamkaartjies, Dekor, Teacha…by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Klik hier vir opsies in Graad 1-skrif.

dagprogram22

dagprogramtydsgleuwe

Vakansie

2 Kommentaar


vakansie

2017

Lewer kommentaar


2017

2017 is in sig.  Druk solank vir jou ‘n kalender vir jou nuwe skooljaar uit.

2017 A4-Kalender met spesiale dae:  Afrikaans, Engels (sluit twee in – soos in die voorbeeld hier onder; asook verjaarsdagkalenders – ‘n bladsy per maand)

2017 A4-Kalender (Blanko):  Afrikaans, Engels

afrkalender2017

Kersfees

Lewer kommentaar


kersfees

  1. Kersfees-woordsoek
  2. Kersfees woordeskat
  3. Kersfees as tema
  4. Kersfees aktiwiteite en kunsvlyt idees
  5. Kaartjies om op ‘n lekkerding te plak.
  6. Kaartjies, vlaggies, versierings
  7. Verskeie versierings en kunsvlyt idees
  8. Kersfees Koeverte
  9. Doolhowe
  10. Inkleurwerk
  11. Versierings om met vetkryt in te kleur (druk hard) en dan in die venster te hang.  Sny die ornamente uit en smeer kookolie met ‘n stukkie watte bo-oor die prent.  Laat dit intrek en plak dit teen ‘n ruit om ‘n sonvanger te maak.
  12. Perseptuele take
  13. Christmas comprehension
  14. Patrone: Wat kom volgende?
  15. Grafiek (data)
  16. Tema Papier

kersfeessw kersfeeschristmas

 

 

 

 

Screen Shot 2015-12-10 at 6.36.29Screen Shot 2015-12-10 at 6.41.08

Screen Shot 2015-12-24 at 7.20.24Screen Shot 2015-12-10 at 6.44.01

Older Entries Newer Entries